Openbaring 7:9-17.

Slides:



Advertisements
Similar presentations
Efesiërs 5:8-14 8Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig. 9Uit die lig kom alles voort wat.
Advertisements

Hebreërs 11:1-3. Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God.
Wat maak ek met die gemors? `n Kragtige oplossing vir Oorwinning.
Ons nooi alle gelowiges in Suid-Afrika om deel
DIE ONTKENNING (NEGATIEF) Me. J. van Zyl
Daarom gebruik ons nie die volledige luister-siklus nie.
Ons aanbid saam!. Ons aanbid saam! Die belangrikste boodskap in die Bybel: God is lief vir jou!
Sagaria 2:1-13.
Johannes 8:12-30.
Dood vir die sonde, maar lewend vir God
Jesaja 60:1-9 Jesaja 60:1-9 Nasies kom na jou lig toe
Rondom My Dawie de Jager.
Johannes 14:8-17 en Agtergrond: “Jesus promised His followers that "The Strengthener" would be with them forever. This promise is no lullaby for.
Psalm 85 2U was goed vir u land, Here,
‘n Foto van die skryfster: Antjie Krog
MUNUS TRIPLEX Die oprig en herstel van die drievoudige amp
Jesus - Die Bevelvoerder van die Weermag
Ps. 107: “Party het in die donker gesit, in diep duisternis, hulle was gevangenes, in ellende en in boeie, want hulle het hulle verset teen die bevele.
II Tim. 2:22 “Vermy die begeertes wat 'n jongmens in gevaar bring, en streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede, saam met almal wat uit 'n rein hart.
Romeine 12:2 “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei.
Absolute oortuiging God bestaan?
ROETE 13 TIMOTEUS Vat voor!.
ONREGVERDIGE, ONEINDIGE
WELKOM! Matteus 13.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Do you need a miracle In your Life?.
Joh. 4:23 “Maar daar kom 'n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis.
Om te ONTVANG 1 Konings 3:2-15.
Krake 'n Baie hoë gebou was vir etlike jare in gebruik toe daar op 'n dag 'n gevaarlike kraak in die muur op die 42ste verdieping verskyn het. Die.
Phil 3:10 (NKJV) 10 that I may know Him and the power of His resurrection, and the fellowship of His sufferings, being conformed to His death,
Jou geskenk aan God die Kersfees!
Die KRUIS Gebedsreis.
GAL 2:20-21 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in.
II Kor. 5:21 “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek.
Tommy's Window Slideshow
Job. 42:5 “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien”
Luk. 11: “Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof.
Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie...”
Welkom Jeremia 1:4-10.
Johannes 6:56-71 PowerPoint agtergrond
Die wederkoms van Christus sal vooraf- CLICK TO ADVANCE SLIDES
I Kor 6:20. “julle is gekoop, en die prys is betaal
> God is heilig:. > God is heilig: Lev. 11:44,45. “Ek is die Here julle God Lev. 11:44,45 “Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees.
Titus 2:12 “Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige.
Geskape om vir ewig te lewe !
Hoe weerloos is jy....
Verbintenis tot God se heerskappy Verbintenis tot God se dienswerk Verbintenis tot God se boodskap Verbintenis tot God se middele Verbind aan God se.
Verstaan  emosies  wil
Hartlik welkom in die Erediens!
This is amazing, he died of pancreatic cancer in 2008, but wrote a book ‘The last lecture” before then, one of the bestsellers in 2007.  What a legacy.
MAAK OOP EN ONDEK JOU GESKENK
“True repentance shows itself in a thorough breaking off from sin
Die weg tot geregtigheid
Sessie 2: Oor die teenwoordigheid van die verhoogde Christus by ons
Hartlik welkom in die Erediens
Jak. 2:14 “Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red?
Kol. 1:16 “Alles is deur Hom en vir Hom geskep.”
Gen. 1:26-28 “God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Toe het God hulle.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
I Pet. 1: “Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees.
Tommy's Window Slideshow
Johannes 12 Daar was ook 'n aantal Grieke onder die mense wat fees toe gekom het om te aanbid. Hulle het na Filippus, wat van Betsaida in Galilea afkomstig.
LOFOFFER 2014 Romeine 12.
Barmhartigheid Hoekom? Wat? Waar?.
Taalkunde.
Rom. 7: “Ek, ellendige mens
Genesis 1 - Eerste dag Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en donker van.
WAARHEID MATT 28: Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak.
WEERSPIEËL SY LIG WEERSPIEËL SY LIG [SKYN SAAM] [SKYN SAAM]
Johannes 9 Hy het gegaan en hom gewas, en toe hy terugkom, kon hy sien.
Presentation transcript:

Openbaring 7:9-17

Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

Flam 21 In die hemel is die Heer Teks en Musiek: Tom Hiemstra Teks: [strofes 3,4 onbekend] © 2001 MAR Gospel Music Publishers (vers 1 en 2 opgeneem op Louis Brittz se CD “Ons Koning kom weer”) In die hemel is die Heer en sy glans is soos kristal. Hy’s die Heilige van God en Hy heers oor die heelal. Refrein: Daar is mag in Sy woord! Soos die waters druis sy stem. Soos die son op die see se blou, so die rykdom van sy trou. Want aan U is die mag en die heerlikheid en krag. En aan U is die eer en die lof, want U regeer. Miljoene in gereedheid, is die eng’le om sy troon. Verbysterend sy sieraad en die weelde van sy kroon. Driemaal heilig is die Heer, Hy wat was en is en kom. Hy’s die Alfa en Omega, almagtig en verhewe. Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam. Die heerlikheid en lof van nou af en vir ewig,

Flam 9 Ons redding kom van ons God Oorspronklike titel: Salvation belongs to our God Teks en Musiek: Adrian Howard & Pat Turner Afrikaanse vertaling: 2005 Faani & Hanneke Engelbrecht © 1985 Restoration Music, Ltd. (Opgeneem op ‘Roeping: Lof Flam, Vol 2) Ons redding kom van ons God, wat heers vanaf Sy hemeltroon. Hy is die Lam, wysheid, heerlikheid, sterkte en mag, lof, dank en eer net aan Hom. Refrein: Hy is die Heer vir ewig en ewig En Hy regeer vir ewig en ewig Hy is ons Heer vir ewig en ewig. Amen. En ons, die verlostes getuig, deur Woord en Gees lei Hy ons. en ons roep dit uit:

Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

Familie-oomblik Open 7:9-17 Na aanleiding van vers 14 kan jy die volgende visuele hulpmiddel gebruik. Benodighede: Maak ’n spons kruis met rooi spons (party van die opwas sponsies is van rooi spons gemaak) ’n Glas met water in Swart ink met ’n druppertjie ’n Bakkie met bleikmiddel in   Laat die spons in die bakkie met die bleikmiddel lê sodat die spons die bleikmiddel opsuig. Neem ’n glas water en verduidelik vir die kinders dat ons sonde soos die swart ink is wat ons lewens vuil maak en drup dan een of twee druppels swart ink in die glas sodat die water vuil word. Verduidelik vir die kinders dat Jesus deur dit wat Hy gedoen het aan die kruis, ons sondes kom vergewe en ons, soos vers 14 sê, wit maak. Neem nou die kruis en druk dit in die glas. Die bleikmiddel laat die ink verdwyn en na die tyd is die water in die glas weer helder. (Waarskuwing: oefen eers by die huis!)

Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

Hoop vir die kerk Om sin te maak van die gedeelte, is dit net weer nodig om kennis te neem van waar die gedeelte in Openbaring inpas (’n mens kan nogal maklik verdwaal in Openbaring, en dan byt iets leliks jou). Onthou na aanleiding van Openbaring 1:19 (”Skrywe nou op wat jy gesien het, wat nou daar is en wat hierna gaan gebeur") deel ek in navolging van Bauckham vir Openbaring in die volgende hoofdele in:   A. Inleiding (1:1-8) 1. “Wat jy gesien het” - Jesus se verskyning aan Johannes (1:9-21) 2. “Wat nou daar is” - Sewe briewe aan sewe gemeentes (2:1-3:22) 3. “Wat hierna gaan gebeur” - Die visioene van Johannes (4:1-22:5) B. Die slot (22:6-21) Openbaring 7 is dus deel van die reeks visioene van Johannes (4:1-22:5) wat beskryf wat nog gaan gebeur. In die aanloop tot hoofstuk 7 het ons in die troonsaal van God gesien dat God op Sy troon sit en regeer (hfst. 4) en dat die geslagte Lam ons verlos het (hfst. 5), waarna God se oordeel aanbreek met die oopmaak van die eerste ses van sewe seëls (hfst. 6). Dié oordeel wat sodoende aanbreek, is só erg dat Johannes in 6:17 vra wie staande sal kan bly in die lig daarvan. Anders gestel: Gaan die kerk dit maak? Om die vraag te antwoord, ontvang Johannes ’n blik op die kerk se toekoms voordat die sewende seël oopgemaak word. Terloops, na die ses trompette, wat ook op God se oordeel dui (hfst. 8-9), is daar ook ’n onderbreking in hoofstuk 10:1-11:14 voordat die laaste trompet blaas. Soos die geval met hoofstuk 7, dien dit om die kerk te verseker dat hulle nie hoef te panic nie – God sal hulle veilig bewaar! In 7:1-8 kry Johannes die versekering dat die kerk op aarde (vers 1) deur God verseël is (vers 3). Alle gelowiges – die 144 000 dui op die 12 stamme wat die OT simboliseer x die twaalf wat die NT kerk simboliseer x die getal van volkomenheid (1000) – sal veilig bewaar word. Hulle hoef nie te vrees nie. In ons gedeelte (7:9-17) word Johannes verseker dat die kerk wat reeds in die hemel is, ook veilig is. Sowel die aardse as die hemelse kerk is dus veilig in die tyd waarin God se oordeel op die aarde uitgeroep word. ’n Mens kan ook argumenteer dat dit eintlik dieselfde groep is wat vanuit ’n teenwoordige (nog op aarde) en ’n toekomstige (wanneer hulle eendag in die hemel is) perspektief beskryf word. Hoe gaan dit met die verheerlikte/hemelse kerk? Vers 9 - Hulle is ontelbaar en kom uit elke denkbare stam, taal, volk en nasie. As sulks is hulle Abraham, die vader van baie nasies (Gen 17:4-6), se ontelbare nageslag (Gen 16:10). Alle gelowiges is met ander woorde daar en hulle is gereinig en geregverdig deur die Lam (gesimboliseer deur hulle wit klere - die hemel se dress code is nie smart-casual nie, maar skoon-en-rein). Vers 10 - Hulle vier die oorwinning van God en die Lam (gesimboliseer deur die palmtakke in hulle hande. Palmtakke was naamlik simbole van God se sorg en beskerming van Israel soos tydens die uittog uit Egipte) deur hard uit te skree dat hulle deur die Lam gered is. Die oorwinning wat hulle hier vier, is hulle redding uit die groot verdrukking uit. Vers 11-12 - Saam met die engele, ouderlinge (kerk) en vier lewende wesens (die skepping) aanbid hulle God (gesimboliseer deur op hulle gesigte op die grond te val (contra die NAV se kniel) en sing hulle 'n re-mix[1] van Rigters 5 en Eksodus 15 as ’n oorwinningslied tot eer van God. Vers 12 is niks anders as 'n sewevoudige doksologie nie. Die engele kniel egter nie. Hulle sit ook nooit in Openbaring nie. Want hulle kan nie – volgens die Jode het engele nie knieë gehad nie! Die arme goed kan dus nie sit of kniel soos die ouderlinge (4:4) nie! Hulle bene is net reguit (sien Eseg. 1:7). Daarom val hulle op hulle gesigte voor God (καὶ ἔπεσαν ἐνώπιον - vers 11b NA26)! (As iemand ooit Who wants to be a Millionaire met die nuttelose inligting wen, wil ons die helfte hê.) Vers 13-14 - Dan vra een van die ouderlinge vir Johannes wie die mense met die wit klere is en waar hulle vandaan kom (vers 13). Dit is interessant dat Johannes – tipies man - in die hele Openbaring nooit vra wat iets beteken nie. Ander ouens, soos die ouderlinge, volunteer egter telkens informasie. In die reël word hemelse wesens nooit as dof uitgebeeld nie. Johannes sê hierop vir die ouderling om sy eie vraag te antwoord. Hy doen dit dan ook deur daarop te wys dat hulle uit die groot verdrukking kom - vers 14. Ek hou van Aune se vertaling daarvan as die "eskatologiese oorlog"). Die groot verdrukking verwys na die skrikwekkende voltrekking van God se oordeelsontplooiing (vgl. Dan 12:1; Matt 24:21) voordat die finale einde aanbreek. Hulle het die tyd oorleef omdat hulle die offer van die geslagte Lam aanvaar het – hulle het hul in Sy bloed laat reinig. Jesus se bloed vlek nie – dit haal eerder sonde vlekke uit (Aune noem dit 'n paradoksale metafoor). Daarom het hulle wit klere aan, gewas en wit gemaak in die bloed van die Lam (vers 14). Vers 15-17 - Hulle klere pas by hulle nuwe werk – hulle dien God dag en nag in Sy tempel (die hele hemel is ’n tempel en dis nie ’n 7/11 tempel nie, maar ’n 24/7- 365 een). Hulle het die ongelooflike troos dat God by hulle bly (Eseg. 37:27) en danksy die Lam se teenwoordigheid daar, geen meer honger, dors, sonsteek of hartseer nie. Jesaja 49:10 se voorspelling word dus hier verwesenlik. As regverdiges ondervind hulle eerder die volkome teenwoordigheid van God deur die Lam wat hulle Herder is. Hy troos hulle deur hul trane af te vee (vers 17 – vgl. Jes. 25:8) en deur aan hulle die ewige lewe te gee (gesimboliseer deur die fontein van die water van die lewe). Slotsom. Die kerk op aarde kan dus moed skep – tydens die verdrukking op aarde kan hulle weet hulle is reeds deur God verseël en hulle kan weet hulle ewige erfenis is veilig vir hulle voorberei. Dis die goeie nuus – die slegte nuus is dat daar ’n ontelbare skare van martelare vir die kerk gaan wees... "In Tacitus’ account of the Neronian persecution, he claimed that “vast numbers” (multitudo ingens) were convicted and executed under Nero (Annals 15.44)."[2] [1] ’n Bygewerkte uitgawe van die lirieke [2]Aune, D. E. 2002. Word Biblical Commentary : Revelation 6-16. Word Biblical Commentary. Vol. 52B (466). Word, Inc.: Dallas

Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

Vertel mekaar van ’n keer toe God jou deur mense (vriende, wykslede, selgroep lede, bure, familie) getroos het of toe jy vir ander tot troos was.   Vertel mekaar van ’n keer toe God jou deur mense (vriende, wykslede, selgroep lede, bure, familie) getroos het of toe jy vir ander tot troos was.  

Luister na ander en die tye Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor

Don't even try to sympathize. Don't say you understand Don't criticize. Don't analyze. Don't even try to sympathize. Don't say you understand because you don't. Just hold me in your arms for once. And love me as I am. Like my mommy used to do before the world grew up on me. ’n Jong tienermeisie het hierdie kort gedig geskryf: Don't criticize. Don't analyze. Don't even try to sympathize. Don't say you understand because you don't. Just hold me in your arms for once. And love me as I am. Like my mommy used to do before the world grew up on me.

Luister weer na God se Woord Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

Coram Deo Die heiliges staan in die teenwoordigheid van God en verkondig dat die redding kom van die God en van die Lam. Daar is ou Latynse uitdrukking vir hierdie posisie wat die mense in Openbaring inneem: “Coram Deo” wat beteken: “voor die aangesig van God.” Coram Deo beteken om bewus te wees van God se teenwoordigheid en om sensitief te wees vir God se betrokkenheid in die lewe. Om Coram Deo te lewe is om te besef dat God ons wil vergewe, heelmaak, versterk en red. Coram Deo maak jou sensitief vir een van die deernisvolle beelde in die Bybel: “God sal al die trane van hulle oë afdroog...”

God droog al die trane af… As jy een van die duidelikste standpunte in die hele Bybel soek oor die karakter van God, sal jy dit vind in hierdie gedeelte in Openbaring. Na die wonderlike beskrywing van die engele en die “saints” wat rondom die troon van God bymekaar is, lees ons hierdie laaste woorde: “God sal die trane van hulle oë afdroog.” Oordink dit vir ‘n oomblik. God die outeur van die hele skepping – Hy wat die planete op hulle bane geplaas het en wat die sterre laat vonkel in die heelal, wat die grond is vir alle lewe – hierdie grote God buk af en vee die trane van Sy kinders se oë af! Wonderlik! Ons deernisvolle, sagte God droog ons trane af ...  

“Crying is common in this world “Crying is common in this world. It does little good to ask the reason for it... Laughter can be heard here and there, but by and large, weeping predominates. With maturity the sound and reason for crying changes, but never does it stop. All infants do it, everywhere even in public. By adulthood most crying is done alone and in the dark. Weeping, for babies, is a sign of health and evidence that they are alive. Isn't this a chilling omen? Not laughter, but tears is the life sign. It leaves weeping and being synonyms.” Calvin Miller Calvin Miller het ’n diep ding oor huil geskryf: “Crying is common in this world. It does little good to ask the reason for it... Laughter can be heard here and there, but by and large, weeping predominates. With maturity the sound and reason for crying changes, but never does it stop. All infants do it, everywhere even in public. By adulthood most crying is done alone and in the dark. Weeping, for babies, is a sign of health and evidence that they are alive. Isn't this a chilling omen? Not laughter, but tears is the life sign. It leaves weeping and being synonyms.” God sal ons trane afdroog...

Die wêreld het nie ons oordeel nodig nie, maar dat ons hul trane sal afdroog en hul hande sal vashou Daarom roep hierdie teks ons ook op om “trane af te droog”. Die wêreld het nie oordeel nodig nie, maar die afdroog van hul trane, hande vas te hou en om empatie te toon.

Fokus op wat God nou doen Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

"Dit was een van die slegste dae in my lewe” skryf Clara Null “Die wasmasjien het gebreek, die telefoon het aanhou lui, my kop was baie seer, en daar was ’n rekening in die pos wat ek nie kon betaal nie. Ek was op breekpunt, toe ek my eenjarige seuntjie in sy eet stoeltjie in tel, het ek my kop op die stoeltjie gesit en net onbedaarlik begin huil. Sonder ’n woord het my seun sy “dummy” uit sy mond gehaal en in my mond gesit.” Baie van ons was al op die punt... Is dit nie ’n mooi beeld van die kerk nie - sonder woorde net daar vir mekaar. God sal al ons trane afdroog...

Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

“Watter uur jy ook al hier opdaag, jy sal lig, hoop en deernis hier vind!” Miskien moet ons doen wat Albert Schweitzer na bewering gedoen het! Hy het ’n lamp voor sy hospitaal gehang wat helder geskyn het in die donkerte van die oerwoud. Die lig het ’n teken van hoop en genesing geword vir die area se siekes en sterwendes. Daar word vertel dat hy onder daardie lamp hierdie teken gehang het: “Watter uur jy ook al hier opdaag, jy sal lig, hoop en deernis hier vind!” Elke kerk behoort dit te doen...

’n Gebed vir Deernis ’n Gebed vir Deernis. (Vertaal self) Heavenly Father, help us remember that the jerk who cut us off in traffic last night is a single mother who worked nine hours that day and is rushing home to cook dinner, help with homework, do the laundry and spend a few precious moments with her children. Help us to remember that the pierced, tattooed, disinterested young man who can't make change correctly is a worried 19-year-old college student, balancing his apprehension over final exams with his fear of not getting his student loans for next semester. Remind us, Lord, that the scary looking bum, begging for money in the same spot every day (who really ought to get a job!) is a slave to addictions that we can only imagine in our worst nightmares. Help us to remember that the old couple walking annoyingly slow through the store aisles and blocking our shopping progress, are savoring this moment, knowing that, based on the biopsy report she got back last week, this will be the last year that they go shopping together. Heavenly Father, remind us each day that, of all the gifts you give us, the greatest gift is love. It is not enough to share that love with those we hold dear. Open our hearts not to just those who are close to us, but to all humanity. Let us be slow to judge and quick to forgive, show patience, empathy and love.  

Dalk kan jy dit iewers gebruik

Week my sonde en skuld in die bloed van U Seun Flam 69 Was my skoon Teks en Musiek: Hannes Gräbe © MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Nuwe Lof met Louis Brittz)   Kom en reinig my o Heer Week my sonde en skuld in die bloed van U Seun Ek staan skuldig voor U Heer Die verlore kind kom vra ‘n tweede kans Was my skoon maak my rein Laat U lig weer deur my skyn Neem my hart maak dit nuut Laat my lig na ander skyn Laat U lig weer deur my skyn  Laat U Gees my siel deurspoel Bring U vrede en rus, U genade oor my Maak my wit net soos die sneeu Ek wil heilig leef, gewy aan U my Heer