Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

2 Samuel 7:1- 11 en 16 Dawid wil vir die Here ’n huis bou

Similar presentations


Presentation on theme: "2 Samuel 7:1- 11 en 16 Dawid wil vir die Here ’n huis bou"— Presentation transcript:

1 2 Samuel 7:1- 11 en 16 Dawid wil vir die Here ’n huis bou
(Vgl 1 Kron 17:1–27) 7 Toe koning Dawid in sy eie huis woon, nadat die Here hom rus gegee het van al sy vyande in die omgewing, 2sê hy vir die profeet Natan: “Kyk, ek woon in ’n huis wat met sederhout versier is, maar die ark van God staan in ’n tent.” 3Natan het die koning geantwoord: “Doen gerus alles wat u in gedagte het. Die Here is by u.” 4Dieselfde nag het daar egter iets gebeur: die woord van die Here het tot Natan gekom en vir hom gesê: 5”Gaan sê vir my dienaar Dawid: So sê die Here: Wil jy vir My ’n huis bou om in te woon? 6Vandat Ek die Israeliete uit Egipte laat trek het tot nou toe het Ek nog nooit in ’n huis gewoon nie. Ek het in tent en tabernakel rondgeswerf 7saam met al die Israeliete. Het Ek ooit vir een van die stamme wat Ek beveel het om die leiding van my volk Israel op hom te neem, gesê: ‘Waarom bou julle nie vir My ’n huis wat met sederhout versier is nie?’ 8”Nou moet jy vir my dienaar Dawid sê: So sê die Here die Almagtige: Ek het jou uit die weiveld agter die kleinvee weggevat om oor my volk Israel te heers. 9Oral waar jy gegaan het, was Ek by jou; al jou vyande het Ek voor jou oë uitgedelg. Ek het jou so beroemd gemaak soos die grotes op die aarde. 10Ek het ’n woonplek aan my volk Israel gegee en hom gevestig, sodat hy sonder vrees in sy plek kan woon. Slegte mense sal hom nie meer verdruk soos voorheen 11toe Ek leiers oor my volk Israel aangestel het nie. Ek sal jou rus gee van al jou vyande. Ek maak aan jou bekend dat Ek vir jou ’n koningshuis gaan vestig. 16Jou koningshuis en jou koningskap sal vir altyd vas staan; jou troon sal altyd voortbestaan.” Agtergrond: God stop ons soms eers, sê dalk eers ‘Nee’ omdat Hy ’n beter plan het vir ons lewens.

2 Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

3 God sê soms ‘Nee’ omdat Hy ’n beter plan het
Vandag word ons in 2 Samuel 7 gekonfronteer met die feit dat God vir ons soms nee sê, omdat Hy ’n ander beter plan het. Soms is ons eie planne net te kortsigtig. Dit laat dink my aan Somerset Maugham se storie, The Verger: In die verhaal is Mnr. Foreman die opsigter van die St. Peter's Anglican Church in Engeland. Hy het van altyd af maar beplan om ’n kerk opsigter te word, omdat hy nie kon lees of skryf nie. Maar nadat die kerk ontdek het dat hy ongeletterd is, verloor hy sy werk en is hy gedwing om ’n ander werk te gaan soek. Hy maak ’n tabakwinkel oop en mettertyd verskeie ander. Hy word skatryk en suksesvol. Eendag kom sy bankbestuurder sy geheim agter en hy roep verbaas uit: “Jy wil vir my sê dat jy hierdie fortuin gemaak het sonder dat jy kan lees of skryf? Man, dink net wat sou jy gedoen het as jy kon lees en skryf?” Waarop Mnr. Foreman geglimlag en geantwoord het: “Ek sou die kerk opsigter van St. Peter's Church gewees het.”

4 Dawid wil ’n huis vir God bou en God sê ‘Nee’ omdat Hy ’n beter plan het… ’n liefdes-plan vir ons
Dawid wil ’n huis bou vir God. En God sê ‘Nee’. God het ’n beter plan... Sy Seun gaan mens word en tussen ons kom bly... dis Sy liefdes-plan vir ons.

5 Die 4de Advent kers: Die kers van liefde
Ons het al in die Adventstyd drie kerse aangesteek - vir hoop, vir vrede, en vir vreugde. Vandag steek ons die vierde kers aan die brand - die kers van liefde. Hierdie kers is ’n simbool van God se liefde wat ons ter alle tye omring en vul, maar ons sien dit veral op ’n spesiale manier raak in die Kers-storie. Daar is geen groter mag as die liefde nie. Dit is sterker as regeerders en regerings, sterker as hartseer of wanhoop, sterker as die dood. Ons het lief omdat God ons liefhet. (Steek die kers aan die brand.) Kom ons bid saam: Liefdevolle God, ons maak ons oop vir U werking in ons lewe. U het ons gemaak om vreugdevolle lewens te hê. Wys ons die kreatiewe krag van hoop. leer ons dat vrede kom van reg lewe. Vul ons met ’n soort vreugde wat in toom gehou kan word, maar moet oorloop sodat dit gedeel moet word. Vergroot U onvoorwaardelike en onuitputlike liefde in ons Berei ons lewens voor om deur U verander te word Sodat ons mag loop in die lig van Jesus Christus. Amen.

6 Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

7 Hou vas!!! Om te kan staan as dit moeilik is Aktiwiteit: Balanseerbalk
Benodigdhede: ’n Paal tussen cm in deursnee en meer as twee meter lank ’n Paar “pre-teens” Nooi 3 -5 kinders om op die balk te kom staan. Dit behoort te moeilik te wees om te doen, want die balk sal die heeltyd bly rol. Kry nou nog twee mense om die balk te kom vashou. Ook dit behoort nog baie moeilik te wees. Laat die drie kinders wat op die balk staan nou aan mekaar vashou en dit sal baie makliker wees. Laat nou ook nog iemand langs die balk staan om die drie op die balk te ondersteun. Dit behoort aan dié op die balk genoeg stabiliteit te gee. In 2 Samuel 7 is Dawid bekommerd dat sy koningskap nie sal kan voortbestaan/ vasstaan nie, omdat daar nie ’n tempel gebou is nie. God kom sê egter aan hom dat Hy nie nou ’n tempel wil hê nie, want Hy hou ons vas (vers 8 ev). Dit leer ons dalk ook om mekaar beter vas te hou as ons die balans van die geloof probeer behou.

8 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

9 2 Samuel 7:1-11 en 16 God het nie ’n huis nodig nie
2 Samuel 7:1-11, 16: God het nie ’n huis nodig nie Hierdie gedeelte is van deurslaggewende belang in die Ou Testament. Dit vorm die hoogtepunt van Dawid se loopbaan as koning wat tot nou toe in 2 Samuel beskryf is en van die Deuteronomistiese geskiedskrywing. Dit is as 't ware die titelakte van die huis van Dawid (vers 16) en dien in die Nuwe Testament as die basis vir die verwagting dat die huis van Dawid herstel gaan word (vgl. Hebreërs 1:5 wat 2 Sam 7:14 aanhaal en 2 Kor. 6:16-18). In Handelinge 2:30 word hierdie gedeelte dan ook van toepassing gemaak op die Messias deurdat Jesus gesien word as die Seun van Dawid wat op die troon sal sit. Die gedeelte gee ook die rede waarom Dawid, anders as wat mens sou verwag het, nie van God die reg ontvang het om vir die Here ’n tempel te bou nie. Die gedeelte begin met Dawid wat uiteindelik kan rus na al sy oorloë (dit verwys in die sin na die tyd wat in werklikheid eers na hoofstuk 12 aanbreek), wat begin skuldig voel oor die feit dat hy in luuksheid woon (sederhout was kenmerkend van luukse afwerking, sien 2 Sam 5:11) terwyl die ark van die Here (en Hy daarmee saam) in ’n tent woon (vers 1). Daarom konsulteer hy sy geestelike mentor - die profeet Natan (waarna hier vir die eerste keer verwys word) - of dit nie ’n goeie idee sou wees om vir die Here ’n tempel te bou nie. Alle gode het immers tempels. Let op die profeet vind niks fout met die gedagte nie. Volgens hom sal die Here dit natuurlik goedkeur. Hy voeg selfs ’n seënwens by: Die Here is by u. Die Here het egter nie gedink dat dit ’n goeie idee is nie. Hierin is ’n belangrike les opgesluit - Die Here val nie maar goedsmoeds by ons planne in nie. Hy is soewerein. Profete is ook nie onfeilbaar in hulle eie oordeel nie. Hulle moet daarom na die Here se wil vra en nie hulle eie nie. Die Here se woord, wat hulle moet oordra, is ook meermale in stryd met hulle eie gedagtes. Die Here gee dan ook deur Natan aan Dawid so ’n moeilike Woord wat dit duidelik maak dat Hy nie rus nodig het nie - Hy sal eerder rus aan Dawid gee (vers 11). Hy het ook nie ’n huis nodig nie - Hy sal eerder vir Dawid ’n huis bou, naamlik ’n koningshuis. Die Here het immers nie ’n huis nodig nie, omdat Hy nie tot een plek gebind is nie. Alhoewel God Dawid se plan afgekeur het, maak die Deuteronomis dit duidelik dat dit nie was omdat die Here negatief oor Dawid was nie.[1] Inteendeel, die Here noem Dawid Sy dienaar. Vers 8 tot 9 bevat ’n kort CV van Dawid wat dit duidelik maak dat alles wat hy bereik het te danke was aan die Here se inisiatief. In vers 10 tot 11 word dieselfde van Israel gesê - alles wat hulle bereik het, was te danke aan God se goeie guns. [2] [1] Dit is interessant om daarop te let dat die Kronis ’n ander (negatiewe) rede gee waarom Dawid nie die huis mag bou vir die Here nie, naamlik dat hy te veel oorlog gemaak het (1 Kron. 22:8). [2] Bronne Anderson, A. A. 2 Samuel. Word Biblical Commentary Hertzberg, H W I & II Samuel (OTL)

10 Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

11 Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor

12 Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

13 Is daar vrede in die huis?
Kort na die dood van die beroemde skrywer F. Scott Fitzgerald (van The Great Gatsby-faam), het van sy naby vriende deur sy papiere en manuskripte gegaan. Hulle het ’n aantal voorgestelde “plots” vir stories gevind. Een van die “plots” het gegaan oor familielede wat saam ’n huis erf. Maar die erflating het een voorwaarde gehad: Om die huis te besit, moes hulle almal in harmonie met mekaar saam leef. Dis nogal ’n voorwaarde en ’n half! Om in harmonie te leef, is geen maklike taak nie, maak nie saak hoe groot of klein die huis is nie. In Fitzgerald se voorgestelde “plot” word daar geen ruimte vir foute gelaat nie: Kom met mekaar oor die weg of uit is julle! Gelukkig vir ons en die res van ons groot mens familie, het God nog nie vir ons ’n uitsettingsbevel gegee nie. Dis hoe God se genade werk – dis die hele storie van Jesus - ’n storie van hoe geduldig God met ons is, ja, hoe lief Hy mense het.

14 Waar kan ek ’n genadige naaste vind?
Op hierdie Advent Sondag, waar ons fokus op die liefde val, kom daar ’n vraag na vore. As die groot vraag van die sestiende eeu was “Waar kan ek ’n genadige God vind?”, dink ek die vraag waarmee ons nou worstel, is “Waar kan ek ’n genadige naaste vind?”

15 Hierdie behoefte aan liefdevolle en genadige gemeenskap, leef in almal van ons. ’n Paar jaar gelede is ’n interessante eksperiment met kinders by die Universiteit van Louvain in België gedoen. Aan ’n groep kinders is 3 prentjies gewys van ’n verjaarsdagviering. Die eerste verjaardag prentjie was ’n kind wat alleen sit met koek, roomys en ’n hoop speelgoed. Die tweede prentjie het ’n kind met ’n pa en ’n ma, koek, roomys en speelgoed ingehad.

16 Die laaste prentjie het ’n kind gehad met ’n pa en ’n ma saam met ’n klomp ander mense rondom ’n tafel vol kos. Daar was egter geen speelgoed nie. Die kinders is toe gevra om in terme van hulle eie verjaarsdag te dink en te sê watter prentjie hulle sou verkies. Niemand het die eerste prentjie gekies nie. Omtrent een uit elke drie het die tweede prentjie gekies. 72% van die seuns en 69% van die meisies het die derde prentjie gekies. Hierdie kinders het net ’n universele behoefte beklemtoon. Ons almal is op soek na ’n omgee gemeenskap!

17 Maar ons soek dikwels ’n omgee gemeenskap soos ons dit verkies
Maar ons soek dikwels ’n omgee gemeenskap soos ons dit verkies. Dit is presies wat vandag se gekontroleerde en ommuurde ontwikkelings vir ons wil gee. Celebration is die dorp wat naby Magic Kingdom in Disneyworld ontwikkel is. USA Today het so daaroor geskryf: “Celebration is billed as a 19th-century town for the late 20th century, harking back to a time when lemonade stands, not crime, were on every corner. Disney is selling turn-of-the-century safety, charm and orderliness.” Rondom ons bestaan daar ook sulke plekke om in te woon – maar daar is ’n baie hoë prys aan die leefstyl verbonde en slegs ’n uitsoek- handjievol kan dit bekostig. God wil inklusief wees – maar Dawid se voorstel is eksklusief.

18 “Moenie My in ’n boks plaas nie
“Moenie My in ’n boks plaas nie. Wanneer het Ek vir jou gesê dat Ek ’n huis nodig het?” Miskien is die probleem wat God met Dawid se plan verder gehad het: hy wil vir Hom ’n tempel bou soos wat hy dink God moet hê... Die ding wat Dawid sowel as ons maklik vergeet, is dat God ’n God van vryheid en genade is. God sê eintlik vir Dawid (en vir ons): “Moenie vir My in ’n boks plaas nie. Wanneer het Ek vir jou gesê dat Ek ’n huis nodig het?” God wil eintlik vir Dawid herinner Wie in beheer is.

19 “Ek soek iets goedkoper…”
Dit laat dink my aan hierdie storie... ’n Man besluit om vir sy vrou ’n geskenk te koop. “Wat van parfuum?” het die man vir die verkoopsdame gevra. Sy het ’n botteltjie parfuum van R500 gebring. “Dis ’n bietjie baie duur.” Toe het sy teruggekeer met ’n kleiner botteltjie vir R300. “Dis ook ’n bietjie kwaai!”. Toe bring sy ’n piepklein botteltjie van R150. “Nee... ek soek iets baie goedkoper!” Die verkoopsdame het ’n spieël opgehou: “Hier, jy soek waarskynlik hierna!” het sy gesê terwyl die man vas in sy eie gesig gekyk het! Daar is ou gesegde wat sê: “Dis nie die geskenk nie, maar die gedagte wat tel.” Maar dikwels skuil daar agter die gesegde ’n gesindheid soos wat hierdie man in ons storie gewys het.

20 Dit gaan nie oor ‘my’ nie, maar oor God
Dawid wil vir God ’n geskenk gee. Maar God sê vir hom nee! Die rede? As daar ’n bouery in Jerusalem is, sal almal praat oor wat Dawid doen en nie oor wat God doen nie! Hier leer ons weer die geheim van die lewe: 24/7 gaan dit nie oor my nie. Dit gaan oor God. Heeldag. Aldag. Oor Hom as ’n God van liefde.

21 Ons moet UITstaan Dawid - en ook ons - leer dat God ander planne het. Hy soek ast'ware ’n gemeenskap wat in dié omgewing sal UITstaan omdat dit God se waardes deel en uitleef...

22 Advent herinner ons weer dat God Sy belofte aan Dawid gehou het
Advent kom ons weer herinner dat God Sy belofte/plan aan Dawid waar gemaak het. God self het in ’n mens-tempel met die Naam Jesus kom woon, is vasgehou in die arms van ’n versorgende ma en pa... die Woord het vlees geword... want so lief het God die wêreld gehad...

23 Geloofs-amnesia Ons vergeet dit so maklik; ons ly so maklik aan “geloofs-amnesia”...

24 God bestaan! Dit laat dink my aan die boek 100 Years of Solitude van Gabriel Marquez waar al die mense in ’n dorpie aan ’n aansteeklike vergeetagtigheid/amnesia ly. Die siekte, wat soos ’n plaag onder die mense versprei, laat mense die mees voor die hand liggende goed se name vergeet. Een jong man wat nog nie die siekte het nie, probeer die skade verminder. Hy plak etikette op alles: “hierdie is ’n tafel”, “hierdie is ’n venster”, ens! By die ingang van die dorp sit hy twee groot tekens: ” Ons dorp se naam is Maconda” en op die groter teken staan: “God bestaan!”

25 Alles en almal is ‘Holy space’
Dis die boodskap van Advent: alles en almal is holy space... want Christus is alles en in almal (Kol 3:11).

26 God is liefde God woon in ons
Miskien is dit wat ons as gelowiges op hierdie vierde Advent Sondag moet doen, orals plakkate opsit – of liewers nog beter - self bewegende plakkate word, waarop voorop staan: God is liefde en agterop God woon in ons!

27 God se beter bouplan: mense wat onvoorwaardelik liefhet
Dit is God se beter bouplan vir die lewe: mense wat onvoorwaardelik liefhet, nes dié God wat hulle volg in Jesus vir die wêreld kom wys het.

28 Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

29 Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

30 Volgende week: Joh 1:1-14 Volgende week: Joh. 1:1-14


Download ppt "2 Samuel 7:1- 11 en 16 Dawid wil vir die Here ’n huis bou"

Similar presentations


Ads by Google