Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Ons nooi alle gelowiges in Suid-Afrika om deel

Similar presentations


Presentation on theme: "Ons nooi alle gelowiges in Suid-Afrika om deel"— Presentation transcript:

1 Ons nooi alle gelowiges in Suid-Afrika om deel
te wees van

2 Wat is die doel van 40 Days of Worship?
Aanbidding is nie beperk tot lofliedere nie – dit kan ook beteken om kos te gee aan armes of jou plaaslike rivier skoon te maak! 40 Days of Worship wil alle Christene bemoedig om op te staan en te aanbid op kreatiewe en dinamiese maniere – in groepe of as individue vanaf 24 September tot 3 November Days of Worship is dus nie ’n vertoning of ’n program nie – dit is eerder ’n gratis platform wat Christene toerus om ’n leefstyl te kultiveer en die naam van Jesus te verhoog deur dade van aanbidding. Gedurende die 40 dae sal daar georganiseerde gebeurtenisse plaasvind in Kaapstad – maar voel vry om jou eie spontane kreatiewe aanbiddingsaktiwiteite te skep en met ander op jou aanlynplatform te deel. Deelname aan gebeurtenisse is gratis. 

3 24 September 2017 - 3 November 2017 Waar?
Organiseer jou eie gebeurtenis daar waar jy is! Kultiveer ’n lewenstyl van intensionele aanbidding by jou huis of werk, en orals tussenin. Jy kan ook deelneem aan die aktiwiteite wat in en rondom Kaapstad gereël word. Sien ons aanlyn-kalender vir aanbiddingsaktiwiteite naby aan jou.

4 Wie? Almal wat glo dat Jesus Christus die Seun van God, die Koning van konings en die enigste Een wat waardig is om aanbid te word. Hoekom? In hierdie tyd roep die Here sy Bruid om op te staan in ware aanbidding. Die 40 dae sal die liggaam van Christus voorberei, toerus en aktiveer om ’n lewenstyl van aanbidding na te streef. Die visie is dat elke gelowige Jesus Christus in gees en in waarheid sal aanbid. Mense sal hulle tyd en harte prioritiseer en toewy aan die aanbidding van die Here. In die proses sal hulle nie net meer aan sy beeld gelyk word nie, maar ook aan die wêreld getuig dat Hy die enigste Een is wat waardig is om aanbid te word. 

5 Hoe gaan dit gedoen word?
Gedurende die 40 dae gaan verskeie spanne georganiseer word om aanbiddingsaktiwiteite te lei. Hulle gaan ook beskikbaar wees om plaaslike kerke se bedieningspanne vryelik by te staan sou hulle hierdie hulp versoek. Plaaslike gemeentes word aangemoedig om hierdie visie te ondersteun en hulle eie kreatiewe aanbiddingsgeleenthede te skep. Op die webwerf sal daar kalender-gebeurtenisse, opleidingsmateriaal, getuienisse en geleenthede beskikbaar wees waar mense hulle hulp kan aanbied met die beplande gebeurtenisse. Nogtans maak ons nie staat op digitale platforms nie – ons maak staat op die Heilige Gees in elke gelowige om die liggaam van Christus op te roep om Koning Jesus te aanbid. Hierdie is dus ’n tyd en geleentheid vir elke volgeling van Jesus om hulself toe te wy aan gebed en aanbidding in reaksie op sy glorie en goedheid.

6 “40 days of Global Worship”
Vir meer inligting, besoek “40 days of Global Worship”


Download ppt "Ons nooi alle gelowiges in Suid-Afrika om deel"

Similar presentations


Ads by Google