Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Psalm 85 2U was goed vir u land, Here,

Similar presentations


Presentation on theme: "Psalm 85 2U was goed vir u land, Here,"— Presentation transcript:

1 Psalm 85 2U was goed vir u land, Here,
U het aan die nageslag van Jakob ’n nuwe toekoms gegee; 3U het u volk sy sonde nie toegereken nie, hom al sy skuld kwytgeskel.     Sela 4U het u woede laat bedaar, u gloeiende toorn laat afkoel. 5Ontferm U weer oor ons, o God, ons Verlosser, moet tog nie langer op ons toornig wees nie! 6Sal U dan altyd vir ons kwaad bly? Sal U dan u toorn van geslag tot geslag laat voortduur? 7Wil U nie weer die lewe vir ons nuut maak sodat u volk hulle vreugde in U kan vind nie? 8Laat ons u troue liefde belewe, skenk ons u reddende hulp, Here. 9Ek wil luister na wat God die Here sê, want sy woord bring vrede vir sy volk, vir dié wat Hom getrou dien. Hulle moet net nie weer afdwaal nie. 10Waarlik, uitkoms is naby vir dié wat Hom dien: Hy sal sy reddende mag in ons land openbaar. 11Liefde en trou sal mekaar ontmoet, geregtigheid en vrede sal mekaar omhels; 12trou sal uit die aarde uit opspruit, geregtigheid sal uit die hemel uit afkom. 13Die Here sal voorspoed skenk en ons land sal sy oes gee. 14Die geregtigheid sal Hom vooruitgaan en ’n pad maak vir sy koms.

2 Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

3 “I had ignored him but suddenly he was precious to me
“I had ignored him but suddenly he was precious to me. It appeared that I could not live without him.” ’n Aantal jare gelede het iemand die stad Washington DC, besoek. Hy was oppad na ’n museum, maar Washington se uitleg het hom verward gehad. Seker dat hy oppad was na die museum, het hy vinnig en dapper in die verkeerde rigting beweeg! Hy het bewus geraak van ’n baie kort swart man wat langs hom geloop en praat het. Maar die verkeer se geraas was oorverdowend en hy kon niks hoor wat die man probeer sê het nie! Hy het ook besluit dat dit waarskynlik iets was wat hy in elk geval nie wou hoor nie en het net vinniger gestap. Hy het by ’n besige oorgang gekom en moes toe noodgedwonge stop. Op daardie oomblik het die swart man voor hom gaan staan en sy hand op sy arm geplaas. Hy moes nou luister na dié man terwyl hy sy beursie probeer beskerm. Hy het geïrriteerd na die man afgebuk en toe gehoor wat die man vir hom probeer sê het: “Young man, I don't know where you are going, but I can assure you that this is the wrong way. You are headed into the wrong part of Washington and putting your life at risk. Turn around now and go back to where you came from.” Al wat die persoon wat verdwaal het toe opgemerk het, was dit: “I had ignored him, but suddenly he was precious to me. It appeared that I could not live without him.” Psalm 85 sê God kan ons help om weer op die regte spoor te kom as ons afgedwaal het (vs 9). Dit is wat Jesus kom doen het.

4 Die tweede kers van Advent
Laas Sondag het ons die eerste kers aangesteek - die kers van hoop. Vandag steek ons die tweede kers aan, die kers van vrede. Ons steek dit aan die brand met die wete dat vrede ontwykend is. In sekere dele van die wêreld is dit omtrent totaal afwesig. Maar ons weet dat God nooit van ons afwesig is nie. Hy is altyd besig om iets nuut vir ons voor te berei. Daarom bid ons (steek die tweede blou kers in die Advent krans aan): Liefdevolle God, ons dank U vir die hoop en die vrede wat U so getrou en onuitputlik aan ons skenk. Wys ons die kreatiewe krag van hoop, leer ons dat vrede kom van reg lewe. Berei ons lewens voor om deur U verander te word Sodat ons mag loop in die lig van Jesus Christus.

5 Die eerste kers van Advent
Johannes vertel ons dat Jesus Christus die ware lig is wat na die wêreld gekom het. In die viering van Sy koms as die ware lig, steek ons kerse aan die brand vir die volgende vier weke wat lei na Kersfees en dink so na oor Sy lewensveranderde koms. Tydens Advent dink ons aan Jesus se koms. Christus se koms is nie net eenmalig nie, maar is altyd besig om te gebeur. Daarom steek ons die eerste kers van hoop aan die brand, terwyl ons bid: Liefdevolle God, as ons hierdie Advent tyd binnegaan, maak ons al die donker plekke in ons lewens en ons herinneringe oop vir die heel makende lig van Christus. Wys ons, O Here, die kreatiewe krag van hoop. Berei ons lewens voor om deur U verander te word Sodat ons mag loop in die lig van Jesus Christus.

6 Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

7 Wat doen jy as jy ’n nagmerrie kry?
Vers 9 sê: die Woord van die Here bring vrede. Om aan die kinders dit te illustreer, vra vir die kleiner kinders wie van hulle al ’n nagmerrie/ slegte droom gehad het. Wat doen kinders gewoonlik as hulle ’n nagmerrie het? Hulle roep vir pappa of mamma. As my kinders roep, strompel ek altyd in die donker na hulle kamer toe, maar ek begin dadelik net met hulle praat en hulle verseker dat ek wel kom en dat ek hulle gehoor het. Baie keer as jy dan daar kom, is jou kind klaar rustiger net omdat hulle jou gehoor het. So werk God se stem, sê vers 9.

8 As alternatief Kook pasta voor in die kerk. As dit lekker vinnig kook, begin dit altyd opkook en uitkook. Draai jou gasstofie so vinnig dat dit so begin opkook. Die vinnigste om dan te keer dat dit oorkook, is om op dit te blaas. As jy lekker sterk blaas, dan “kalmeer” die gekook oombliklik en kan jy tyd kry om dit van die hitte af te haal. [1] [1] Oefen by die huis en maak die water vooraf warm - want 10 minute tydens ’n preek kan laaaaaaaaaaank raak.

9 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

10 Ps 85 ’n Gebed om God se vrede
Psalm 85:1-2, ’n Gebed om God se vrede Opbou: Die Psalm bestaan uit ’n opskrif wat dit as een van Koragietiese Psalms tipeer (Pss. 84, 85, 87 en 88), ’n gebed in die tweede persoon (vers 2-8), gevolg deur ’n uitspraak in die eerste persoon (vers 9), waarna daar ten slotte in die derde persoon geprofeteer word oor hoe dit sal wees as God weer Sy volk sal kom red (vers 10-14). Die verwisselings in persoonsvorme laat verskeie uitleggers om een of ander liturgiese sitz im leben vir die Psalm soek (bv. ’n priester bid vers 2-8 en die gemeente antwoord met vers 10-14). Datering: Die datering van die Psalm is onseker. Volgens Kraus is dit waarskynlik post-eksilies deurdat dit om ’n tweede eksodus smeek wat weer ’n toekoms aan Israel sal gee. Teenoor hom beweer Mowinckel dat dit niks meer is as ’n Nuwejaar Psalm nie. Wat wel duidelik is, is dat dit in wese ’n gebed is waarin die Here versoek word om Hom weer oor sy volk te ontferm (vers 5). Soos in soortgelyke Psalms, (bv. Ps. 9) word die Here eers as't ware herinner aan sy trou en sorg in die verlede (vers 2-4) voordat Hy gevra word om Hom weer oor Sy volk te ontferm. In vers 1 word die Here bedank vir Sy goedheid teenoor Sy land. Al is dit hulle land (vgl. die “ons” in vers 13), herinner die digter sy hoorders hierdeur dat die land ten diepste God s’n is wat dit aan Sy volk geskenk het. Deur die geskenk het God aan hulle as ’n swerwende slawenasie ’n nuwe toekoms gegee (vers 2) deurdat dit aan hulle sorg (vgl. vers 13) en sekuriteit verskaf het. Die sonde van die volk het egter die situasie verander, sodat die Here se toorn op hulle kom rus het (vgl. vers 6). Daarom word die Here versoek om opnuut weer die lewe vir hulle moontlik te maak (vers 7). Die nuwe lewe is alleen moontlik op grond van die troue liefde en hulp van God waardeur hulle verlos is (vers 8). Na die gebed van vers 1 tot 8 speek die psalmdigter sy voorneme uit om te luister na God se antwoord (vers 9). Hy sal soos Habakuk (Hab 2:1) wag op die woord van die Here. Spesifiek wag hy op die woord van die Here wat vrede (shalom) bring. Shalom - “peace, salvation” must be heard in its comprehensive sense. It refers to an event that brings to the people as a whole and to every individual (cf. v. 9c?*?) everything they all need in order to be content, happy, and whole—and in such fullness that all have “enough” and they will never again return to the “foolishness” of their sin and their falling away from God (Hossfeld, Zenger, Maloney & Baltzer). Let egter op hoedat hy sy hart vashou dat sy volk nie weer moet sondig nie! In vers 10 tot 14 dra die digter die verlossingsboodskap wat hy ontvang het (of in die geloof antisipeer op grond van vroeëre profesieë - uitleggers verskil) in die derde persoon oor, soos die profete dikwels gedoen het (vgl. Amos 3:7–9). Hy maak dit duidelik die uitkoms is naby, want God sal handel, en mense sal sy reddende mag kan waarneem (vers 10b). Hy sal dus nie vir ewig afwesig wees nie. Wanneer die Here sy volk verlos, sal liefde en trou, geregtigheid en vrede mekaar vind en omhels. Die gepersonifieerde liefde, trou, geregtigheid en vrede, is wesenskenmerke van God se verhouding tot Sy volk (vgl. Pss 25:10; 33:5; 35:27; 51:3; 99:4; 122:7). Waar hulle tans net in die hemel saam dans, sal hulle dan op aarde hulle dans voortsit (vers 12). Dan sal God se vrede heers. Die vrede kan beskou word as die herstel van die skeppings harmonie tussen mens en God en tussen mens en mens; ook tussen mens en natuur. Só sal die land ook sy oes gee (vers 13). Dan is alles ook gereed vir die koms van die Messias (vers 14). Slotsom: Te midde van haglike omstandighede as gevolg van hulle eie sonde, bid die volk om “lewe” (vers 7). Die lewe waarom die volk smag, is niks anders as God se shalom nie (vers 9). Die aard van God se shalom word in verse uitgespel. As God se shalom aanbreek, sal liefde en trou mekaar ontmoet, en geregtigheid en vrede mekaar omhels, die land sal herstel word (vers 12 en 13) en God self sal na Sy volk reis (vers 14). [1] [1] Bronne Hossfeld, F., Zenger, E., Maloney, L. M., & Baltzer, K Psalms 2 : A commentary on Psalms (Hermeneia). Tate, M E Psalms (WBC). Kraus, H Psalms Die Bybel verklaar

11 Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

12 Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor

13 Luister weer na God se Woord
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

14 “Toe ek die foon hoor lui...”
[1] Iemand vertel dat hulle van hulle tienerseun verwag het om as hy iewers gaan kuier het, huis toe te bel. Deur die ritueel wou die ouers net seker maak dat hy tog veilig aangekom het. Natuurlik het hy al meer laks begin raak. Die eerste keer dat hy vergeet het, het die pa sy seun gebel om seker te maak dat hy veilig is. Maar daar is in geen onduidelike taal aan hom gekommunikeer dat as dit ooit weer gebeur, hy onmiddellik huis toe moes kom. ’n Paar dae daarna gebeur dit sowaar weer en die pa stap na die foon om sy seun se straf vir hom oor te dra - hy moes leer dat jy nie jou beloftes verbreek nie. As pa het hy groot asseblief gevra dat die Here tog ’n wag voor sy mond moes sit. Hy het die telefoon opgetel, maar na die eerste gelui het hy die telefoon neergesit. ’n Paar sekondes later het die foon gelui en dit was die seun: “Ek is hier, Pa!” “Hoekom het jy solank geneem?” vra die pa ferm. “Pa, ons het begin speel en ek het vergeet. Maar toe ek die foon eenmaal hoor lui, toe onthou ek!” [1] Dit kan ’n baie dramatiese begin van ’n erediens wees as mens op die begintyd ’n telefoon laat lui oor die klanksisteem.

15 Adventyd is luistertyd
Ek wonder hoeveel keer laat God net die “foon” een keer lui, met die hoop dat ons sal onthou om “huis toe” te bel? Advent tyd is luister tyd vir gelowiges, hoor jy die foon lui? In hierdie onseker tye kan gelowiges maklik God uit die gesig verloor, wanneer dit gebeur, is jy vasgevang, verlam in die hede. Jy word soos iemand sonder ’n verlede en sonder ’n toekoms, want al waaraan jy kan dink, is die hier en die nou. As jy dié foon hoor lui, aktiveer dit weer jou geheue - dan onthou jy wat God in die verlede gedoen het. En wanneer jy onthou wat God in die verlede gedoen het, kry jy weer egte hoop vir die toekoms. Want dan onthou jy weer wie God is en hoe God optree. Hoe die toekoms gaan lyk, word deur God se karakter bepaal (en dit is belangrik om dit te onthou). Dit is presies wat in Psalm 85 gebeur. Dit begin deur God se goedheid en vergifnis in die verlede te onthou. Meer nog, dit begin deur God daaraan te herinner. En as jy ’n verlede met God het, weet jy dat jy ook ’n toekoms het.

16 God se goedheid het vlees geword
Die gelui van die Adventfoon gee jou kans om daaraan te dink. Want ons het nog ’n voordeel bo die Psalmdigter: ons weet immers God se goedheid en vergifnis het in Jesus vlees geword en hier rondgestap.

17 “I’m not OK, you’re not OK, and that’s OK!”
Daarom kan jy en ek met die gelui van die foon soos William Sloane Coffin, wat toe hy gedink het aan die stukkendheid van die mensdom, gesê het: “I'm not OK, you're not OK, and that's OK!” Alles is OK, al is almal nie OK nie, want Jesus het gekom...

18 “Wil U nie weer die lewe vir ons nuut maak nie?”
Omdat elke gelowige ’n vergeefte verlede saam met God het, en ’n hede en ’n toekoms, kan ons ook vir God vra as ons die foon uiteindelik optel: “Wil U nie weer die lewe vir ons nuut maak nie sodat die volk weer hulle vreugde in U kan vind nie? Laat ons U troue liefde belewe, skenk ons U reddende hulp, Here” (Psalm 85:7,8).

19 Why not help us make a fresh start - a resurrection life
Why not help us make a fresh start - a resurrection life? Then your people will laugh and sing! Show us how much you love us, GOD! Give us the salvation we need! Of soos die Message dit pragtig stel: Why not help us make a fresh start--a resurrection life? Then your people will laugh and sing! Show us how much you love us, GOD! Give us the salvation we need!

20 Ons kan anders lewe As jy besef dat Jesus dit reeds kom waar maak het, vir ons uitkoms kom gee het (vs 10), dan kan jy en ek as Sy volgelinge anders lewe.

21 “Love and Truth meet in the street
“Love and Truth meet in the street. Right Living and Whole Living embrace and kiss!” Daarom is vers 11 so belangrik op hierdie 2de Adventsondag, waar ons dink aan die vrede wat Jesus met Sy eerste koms vir ons gebring het: “Liefde en trou sal mekaar ontmoet, geregtigheid en vrede sal mekaar omhels.” Die Message vertaal vers 11 so: “Love and Truth meet in the street,  Right Living and Whole Living embrace and kiss!”

22 Geregtigheid en ‘Right Living’
Die Hebreeuse woord wat ons vertaal met geregtigheid is ’n koffer-woord, jy moet die koffer uitpak, omdat die woord vol van betekenis is. Dit is ’n woord wat regte en gesonde verhoudings in elke area van my en jou lewe beklemtoon. Om in elke verhouding waarin jy staan, ’n klein Christus vir ander te wees- “Right Living”!

23 Vrede en ‘Whole Living’
Vir die Israeliete het vrede baie meer beteken as die afwesigheid van oorlog. Dit het beteken “Whole Living” (soos The Message “vrede” vertaal) met ander woorde, dit het jou totale menswees geraak!

24 Vrede = ‘rys in jou mond’ ‘dak oor jou kop’ ‘twee harte wat saam klop’
’n Ander taal kan ons nog verder help. Die woord “vrede” in Mandaryn kan letterlik vertaal word met “rys in jou mond” of “dak oor jou kop”, maar daar is ’n derde betekenis daarvoor- “twee harte wat saam klop in begrip, vriendskap, harmonie en liefde”.

25 As God ons lewens oorneem...
Psalm 85 sê as God in ons lewens oorneem:

26 omhels en soen vrede en liefde mekaar
… dan omhels en soen vrede en liefde mekaar….

27 en liefde en waarheid gesels land en sand in die strate

28 “Daar sal geen heidene wees as Christene leef soos die Here sê nie”
Geen wonder ’n Pous het op ’n keer gesê: “Daar sal geen heidene wees as Christene net leef soos die Here sê nie.”

29 Ignoreer ons dit as Hy lui, of aktiveer dit ons geheue?
God laat ons fone lui... hoor ons dit, ignoreer ons dit of aktiveer dit ons geheue?

30 Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

31 Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

32 Volgende week: Luk 1:46-55 Volgende week: Luk 1:46-55


Download ppt "Psalm 85 2U was goed vir u land, Here,"

Similar presentations


Ads by Google