Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Sagaria 2:1-13.

Similar presentations


Presentation on theme: "Sagaria 2:1-13."— Presentation transcript:

1 Sagaria 2:1-13

2 Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

3 Jerusalem gaan ’n stad sonder mure word, so baie mense en diere
gaan daar in hom wees. Die Here sê: Ek sal ’n muur van vuur rondom die stad wees, my magtige teenwoordigheid sal binne-in hom wees.”

4 Juig, Sion, wees bly! Ek kom, Ek gaan binne-in jou woon, sê die Here.
Daardie dag sal baie nasies hulle aan die Here verbind: hulle sal my volk wees, en Ek sal in jou woon, Sion.

5 Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

6 Jy kan inkom, maar kan jy uitkom?
Almal kan inkom, maar Sy liefde en genade hou ons in die stad van God, Jerusalem – binne Sy teenwoordigheid  Familie-oomblik Kry 10 kinders (verkieslik seuns) en gee hulle die opdrag om in ’n sirkel te staan en bymekaar in te haak. Neem ‘n 11de kind buitentoe (dalk beter as dit ‘n meisie is), sodat sy nie kan hoor wat binne gebeur nie. Sê vir die 10 hulle moet die ander kind maklik by die kring laat inkom, maar op geen manier daar laat uitkom nie. Laat die 11de kind inkom en gee aan hom/haar die opdrag om in die sirkel te gaan staan en as sy/hy binne is, weer uit te kom. Sê dan: So werk die muur van God rondom Jerusalem. Almal kan inkom, maar Sy liefde en genade hou ons in die stad van God, Jerusalem – binne Sy teenwoordigheid.

7 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

8 Die Derde Gesig: Die Man met die Maatlyn
Die gesig sluit aan by die eerste wat daarvan melding gemaak het dat Jerusalem herbou gaan word. In die gesig begin die ballinge uit Babel (die noordland) terug te keer na Jerusalem (vers 6). Die vraag ontstaan egter of Jerusalem gereed sal wees vir die instroming. Daarom wil die landmeter (dalk 'n ISTJ ) in die naggesig dit met 'n maatlyn meet. Hy word egter verhoed om dit te doen omdat God self sal waarborg dat die stad die ballinge sal kan hanteer (vers 4). God se genade het nie grense nie. Dit vra ook nie om munisipale goedkeuring of menslike bouplanne nie. Verder sal Jerusalem ’n stad sonder mure wees omdat die veiligheid daarvan in die hande van God sal wees en nie mensgemaakte fortifikasies nie. Buite om die stad sal Hy ’n muur van vuur wees (vers 5). Soos dikwels in die OT is vuur hier ’n simbool van die Here se teenwoordigheid (Eks 3, 19, Hand 2). In die stad sal God self kom woon. God gaan by ons intrek. As ek dink hoe ons skarrel as ons familie ontvang wat by ons kuier, kan ek nogal dink aan wat ons alles sal weggooi as God by ons kom intrek (vers 10).

9 Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

10 Berlyn se muur is ’n perfekte illustrasie wat ’n muur aan mense kan doen. Berlyn is ná die Tweede Wêreldoorlog in twee dele verdeel – Oos- en Wes-Berlyn. Op 13 Augustus 1961 is die Berlynse muur tussen dié twee dele opgerig. Families is letterlik oornag van mekaar geskei en kon vir jare nooit weer by mekaar uitkom nie. Vir meer as 28 jaar het baie mense daar gesterf óf is hulle gearresteer omdat hulle van die een deel na die ander wou gaan. Uiteindelik is hierdie muur op 9 November 1989 afgebreek en Berlyn was weer een stad. Op 3 Oktober 1990 het Wes- en Oos-Duitsland dan ook weer een geword en Berlyn, sonder die muur, is weer die hoofstad van die verenigde Duitsland.

11 Die storie word vertel van soldate wat hul vriend wou begrawe in ’n begraafplaas. Maar omdat hy nie lidmaat van die kerk was nie, moes hy buite die wit hout heining van die begraafplaas begrawe word. Hulle het ook so gemaak. Maar die volgende dag kon die priester nie sy oë glo nie. Oornag het hierdie vriende van die oorlede soldaat die heining verskuif, sodat hulle vriend ook nou binne in die begraafplaas begrawe gelê het!

12 Mure is nog altyd deel van ons lewe
Mure is nog altyd deel van ons lewe. Dit is hoekom die jong man in Sagaria 2 besig is om opmetings vir ’n muur te maak. Van die eerste goed wat ons leer, is om mure te bou – kyk maar hoe lief is kinders om, wanneer hulle sandkastele bou, die kasteel met ’n muur te omring!

13 “Good fences make good neighbours”.”
Jy leer ook om met mure te “deal”. Agter sekere mure is daar vrugte bome… Somtyds is die mure sigbaar , maar soms is dit onsigbaar - mure skep grense! Sover mag jy nie gaan - dit beskerm ons. Die Engelse gesegde lui: “Good fences make good neighbours” Mure skep ongelukkig ook skeiding tussen mense – ons dink hier aan die skeidingsmure van godsdiens, ras, klas, opvoeding... jy noem dit en ons kan dit kry. ’n Muur vertel vir ons wie is in en wie is uit - wie ons kan vertrou en wie ons nie kan vertrou nie!

14 “Good neighbours make good fences”
Mure word om verskeie redes aangebring, maar hulle kry dan ’n lewe en storie van hulle eie! Maar soos Frost sê: “Something there is that doesn't love a wall...” God hou nie van mure nie - dit kom skerp in Sagaria na vore. God wil eerder sê om Frost se woorde te gebruik: “I’ll be your fence. I make a good fence. Good neighbours make good fences.” Mure moet nie gebou word nie; mure tussen mense moet eerder afgebreek word. Dit is wat Efes 2:14 juis kom sê, dat Christus alle mure wat daar tussen mense was, kom afbreek.

15 Mense is vel honger – ons het ’n behoefte aan die gemeenskap van gelowiges
Daar is ’n wetenskapfiksie ‘classic’, geskryf deur Isaac Asimov, The Caves of Steel, waar alle mense op aarde bly in sulke reuse “byekorf” stede, waar stede ommuur en bedak is. Omtrent niemand gaan ooit buite nie. Wanneer die held van die storie, Lije (Elijah) Bailey, buite gaan en omring word deur oop velde, word hy hulpeloos gemaak deur “agoraphobia”- vrees vir oop ruimtes! Isaac Asimov beweer met sy boek dat ons mure bou, omdat ons bang is vir God se oneindige oop ruimte “endless open space”. Asimov het ’n opvolg geskryf, The Naked Sun, waar Bailey na ’n planeet reis met ’n klein bevolking. Almal is superryk. Elkeen het sy eie groot huis, waar hulle alleen bly, bygestaan deur eindelose robotte wat alles vir hulle doen. Hulle kommunikeer deur middel van prentjie fone, maar sien mekaar nooit in die vlees nie. Hierdie mense het ook mure tussen mekaar gebou... ‘scary’ naby aan die waarheid, dink jy nie... selfone, e-pos, ens. is alles moontlike nuwe mure om nie “vel kontak” met mekaar te hê. Mense is vel honger - God het ons so gemaak - ons het ‘n behoefte aan “community”.

16 ...ons sal na hom toe kom en by hom woon
Jesus, Joh 14:23. God is die muur vir ons. Hy is ons beskerming. Net mooi niks kan ons skei van Hom nie. Verder is Sy teenwoordigheid daar binne in die stad. Mens hoor hierdie teks eggo in Jesus se woorde in Johannes 14:23: “...ons sal na hom toe kom en by hom woon.”

17 Somtyds as ons in ’n pragtige plek kom, dan sê ons “Dis God se eie plek” – “God‘s own country”. Ons is God se huise. Die mooiheid en die skoonheid van die hemel skyn deur ons en in ons. Hulle vertel dat die Matterhorn in die Alpe ’n pragtige uitsig is. Maar die beste uitsig daarop kry ’n mens van Zermat, ’n klein Switserse dorpie. Die beste uitsig daarop kry ’n mens blykbaar op die trappe van die kerk! Ons gelowiges gee vir die wêreld die beste uitsig op God en van God ! (Die foto van die Matterhorn is vanaf die dorpie, Zermat in Switserland geneem – dalk selfs vanaf die kerkie se stoep!)

18 Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagte kante af te hoor

19 In Amerika is daar ’n nuwe woonbuurt – met, op die oog af, geen heinings nie! Snaaks genoeg bly die honde van daardie buurt nog steeds net binne-in hulle erf. By nadere ondersoek sal jy sien dat al die honde ’n halsband om hul nek dra. Onder die grond, onsigbaar, is daar ’n elektriese stroom en wanneer die hond oor die grenslyn beweeg, word hy geskok. Alhoewel daar dus op die oog af geen mure of heinings is nie, is daar wel onsigbare lyne wat die erwe verdeel. Is daar nie rondom ons ook sulke onsigbare grenslyne wat ons nie durf oorsteek nie? Ons bou mure óf om iets of iemand binne te beskerm óf om te verhoed dat mense van buite af kan inkom.

20 Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

21 “Something there is that doesn't love a wall... He only says,
'Good fences make good neighbors'. Spring is the mischief in me, and I wonder If I could put a notion in his head: 'Why do they make good neighbors? Isn't it Where there are cows? But here there are no cows. Before I built a wall I'd ask to know What I was walling in or walling out, And to whom I was like to give offence. Something there is that doesn't love a wall, That wants it down… Robert Frost, die Amerikaanse digter, het ’n wonderlike gedig geskryf wat juis ons as mense se beheptheid met mure briljant beskryf. “Something there is that doesn't love a wall... He (verwys na Frost se buurman) only says, 'Good fences make good neighbors'. Spring is the mischief in me, and I wonder If I could put a notion in his head: 'Why do they make good neighbors? Isn't it Where there are cows? But here there are no cows. Before I built a wall I'd ask to know What I was walling in or walling out, And to whom I was like to give offence. Something there is that doesn't love a wall, That wants it down… Die Here se opdrag in Sagaria is moenie eers bou nie. Kerke is plekke sonder mure, want mure hou mense uit - veral hulle waarvan ons nie hou nie. Kerke is eerder parkies waar mense saam kan speel...

22 Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

23 God sal Sy volk beskerm omdat hulle Sy oogappel is
God sal Sy volk beskerm omdat hulle Sy oogappel is. Ek moet erken dat ek nog nooit gedink het oor wat presies ’n oogappel is nie! Blykbaar verwys dit na jou oë self! Die gedagte is dat iemand net so kosbaar vir jou is soos jou eie oë. Vers 10 tot 13 gaan oor die volk wat reeds teruggekeer het, teenoor vers 6 tot 9 wat die volk nog in die verstrooiing teken. Let op die feit dat God se sorg nie net tot Israel beperk is nie (vers 11). Ook ander volke en nasies deel in Sy liefde en beskerming. Ander nasies word deel van die verbond wat die Here met Sy volk het. Dis belangrik om te besef dat Paulus nie beweer dat die heidene deel van God se raadsplan word deurdat Hy Sy eerste verbond opskeur en ’n nuwe een skryf nie. Hulle word gered deur die vervulling van die eerste deur Jesus, asook diegene wat uitreik na die nasies. Lees maar in Gen 12 hoedat aan Abraham gesê word dat in hom die nasies geseën sal word. Die Ou Testament voorsien dus reeds dat heiden nasies hulle tot die Here sal bekeer. Vers 13 - Die koms van die Here, wat in vers 10 aangekondig is, is hier aan die gebeur. Hy kom uit Sy heilige (hemelse – vgl. Deut. 26:15; Ps. 68:6) woning om Sy heerskappy in die nuwe Jerusalem te bevestig. Die gesig maak dit net duidelik dat God groter as ons dink. Nie net sal meer van Sy volk terugkeer nie, maar die nasies sal ook tot inkeer kom. God se genade is hier letterlik onmeetbaar.

24 Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

25 Hierdie kinderlied kan lekker werk.
 Flam 102 Ek Is Veilig Ek is veilig, veilig in die Here As ek bang is in gevaar weet ek God is altyd daar Ek is veilig, veilig in die Heer Die Here is ’n rots en ’n skild vir my ’n huis en ’n skuilplek waar ek veilig kan bly Hy’s ’n muur van vuur en ’n toring wat staan en ’n engele-mag wat rondom my ’n laer opslaan Die Heer is soos ’n hen wat haar kuikens toevou soos ’n arend wat sy vlerke vir sy kleintjies oopvou Die Here is ‘n held; ’n redder is Hy As ek Sy Naam aanroep, dan beskerm Hy my As dit donker is om my weet ek God is naby my

26 Flam 102 Ek Is Veilig Ek is veilig, veilig in die Here Ek is veilig, veilig in die Here As ek bang is in gevaar weet ek God is altyd daar Ek is veilig, veilig in die Heer  

27 Die Here is ’n rots en ’n skild vir my ’n huis en ’n skuilplek waar ek veilig kan bly Hy’s ’n muur van vuur en ’n toring wat staan en ’n engele-mag wat rondom my ’n laer opslaan 

28  Die Heer is soos ’n hen wat haar kuikens toevou soos ’n arend wat sy vlerke vir sy kleintjies oopvou Die Here is ’n held; ’n redder is Hy As ek Sy Naam aanroep, dan beskerm Hy my

29 Ek is veilig, veilig in die Here Ek is veilig, veilig in die Here As dit donker is om my weet ek God is naby my Ek is veilig, veilig in die Heer


Download ppt "Sagaria 2:1-13."

Similar presentations


Ads by Google