Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Efesiërs 3:1-12 1 Daarom bid ek vir julle wat nie Jode is nie, ek, Paulus, ’n gevangene deur my diens aan Christus Jesus. 2 Julle het tog seker gehoor.

Similar presentations


Presentation on theme: "Efesiërs 3:1-12 1 Daarom bid ek vir julle wat nie Jode is nie, ek, Paulus, ’n gevangene deur my diens aan Christus Jesus. 2 Julle het tog seker gehoor."— Presentation transcript:

1 Efesiërs 3:1-12 1 Daarom bid ek vir julle wat nie Jode is nie, ek, Paulus, ’n gevangene deur my diens aan Christus Jesus. 2 Julle het tog seker gehoor van die opdrag wat God in sy genade aan my gegee het in julle belang. 3 Hy het sy geheimenis deur ’n openbaring aan my bekend gemaak, soos ek dit hierbo kortliks beskrywe het, 4 en as julle dit lees, sal julle ’n begrip kry van my insig in die geheimenis van Christus. 5 Nog nooit tevore in die geskiedenis is die geheimenis aan die mensdom bekend gemaak soos God dit nou deur die Gees aan sy heilige apostels en profete geopenbaar het nie. 6 En dít is die geheimenis: deur die verkondiging van die evangelie en in hulle verbondenheid met Christus Jesus, word ook mense wat nie Jode is nie, saam met ons deel van die volk van God en lede van die liggaam van Christus, en kry hulle ook saam met ons deel aan wat God belowe het. 7 Van hierdie evangelie het ek ’n dienaar geword, ’n voorreg wat God in sy genade aan my gegee het deur sy krag in my te laat werk. 8 Hoewel ek die geringste van al die gelowiges is, het Hy aan my hierdie voorreg gegee om aan die heidennasies die evangelie van die onpeilbare rykdom van Christus te verkondig. 9 Ek moet aan almal bekend maak hoe God, die Skepper van alle dinge, nou sy verborge plan uitvoer nadat Hy dit deur al die eeue geheim laat bly het Maar nou het God die ryke verskeidenheid van sy wysheid deur die kerk bekend laat word aan elke mag en gesag in die hemelruim, 11 soos Hy Hom van ewigheid af al voorgeneem het om dit deur Christus Jesus, ons Here, tot uitvoering te bring In ons verbondenheid met Hom en deur ons geloof in Hom kan ons met vrymoedigheid en vertroue na God gaan.

2 Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

3 Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

4 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

5 Paulus en God se geheim Paulus en God se geheim
 Vooraf (Efese): In Klein-Asië (vandag Turkye) het alle paaie nie na Rome gelei nie, maar na Efese. Die mylpale langs die provinsie se handelsroetes het naamlik telkens die afstand na Efese en nie, soos gebruiklik, die afstand na Rome toe aangedui nie. Efese het ’n bevolking van ongeveer ’n kwartmiljoen mense gehad en was die hoofstad van die rykste provinsie van die Romeinse ryk. Dit was veral bekend as die stad van die god Artemis. Rondom die Middellandse see was net Rome, Alexandrië en Antiogië groter stede as Efese gewees. Van die ongeveer 4 jaar wat Paulus se derde sendingreis geduur het (somer 52 tot Mei 56), spandeer hy byna twee jaar (laat somer 52 tot Pinkster 55) in Efese. Ten tye van Paulus was die stad egter reeds gedoem as gevolg van die hawe wat begin toeslik het. Konteks: In Efesiërs 3 skryf Paulus oor die wonder wat God in en deur hom bewerk het, toe Hy hom die apostel vir die nie-Joodse volke gemaak het. Eers verduidelik hy dat dit ’n voorreg is om die evangelie aan die nie-Joodse volke te verkondig (3:1–13), dan noem hy van sy gebed vir die lesers, dat hulle die liefde van Christus sal ken (3:14–19). Aan die einde van hierdie deel breek hy weer in ’n loflied uit oor God se groot genade (3:20–21). God se geheim Paulus was ’n man met ’n geheim. Telkens in die Efesiër-brief (1:9, 3:3, 4, 9; 5:32 en 6:19) verwys hy daarna. Anders as in die moderne wêreld waarin mense aanvaar dat hulle self elke geheim kan ontrafel, is in die antieke wêreld juis geglo dat niemand dit kon ontrafel nie. Al manier om toegang tot ’n geheim te kry, was as die persoon wat die geheim geken het dit bekend gemaak het (in Engels die verskil tussen ’n secret – wat jy kan ontrafel, en ’n mystery wat aan jou bekend gemaak moet word). Geheimenis in vers 3 verwys dus na die raadsplan van God wat geen mens kan ken nie en wat eers kenbaar word wanneer God dit self openbaar (Ef 1:9; 3:3–6). Paulus se aanspraak was dan ook dat niemand anders as God self sy geheime plan (Sien ook Matt 13:11, 1 Kor 2:10; 4:1, 1 Kor 14:2, 1 Kor 15:51; Kol 2:2, Kol 4:3, 1 Kor 2:1 en 1 Kor 2:7) vir die verlossing van die wêreld aan hom persoonlik bekend gemaak het nie. God het aan hom geopenbaar dat nie-Jode ook deel van die volk van God mag word (3:2–6). Die geheimenis hou in dat nie net Jode nie, maar ook nie-Jode gered word én dat al die gelowiges saam een nuwe mensheid vorm. Reeds in die Ou Testament is daar gesê dat daar vir die nie-Jode verlossing is (Jes 49:6; 56:3), maar daar is nooit gesê dat Jode en nie-Jode een volk sou wees nie. Paulus se roeping God het aan Paulus die vermoë gegee om die evangelie van Christus deur sy krag te kan verkondig (3:7). Vir Paulus was dit – ondanks al die ellende wat hom te beurt geval het – die grootste voorreg wat hy kon ontvang. Vir Paulus is dit ondenkbare genade dat hy - die geringste van al die gelowiges – dit kon doen (3:8). As Paulus se herkoms en vroeë oortuigings in ag geneem word (vandaar sy besef dat hy die geringste is), kom die vraag onwillekeurig na vore na wat - ’n vervolger van Christene laat sterf het as ’n Christen? - ’n Jood uit die stam van Benjamin meer as km te voet laat reis het na heidene? - ’n Fariseër en kenner van die Wet ’n verkondiger van versoening en vryheid gemaak het? - ’n Tentmaker uit Tarsus die eerste sendeling en kerk-planter in die geskiedenis laat word het? Paulus se antwoord in Efesiërs 3 is dat God hom geroep het om sy geheime plan met die ganse wêreld te deel. Dié roeping van Paulus (lw. nie net bloot sy bekering nie), word deur baie teoloë as dié belangrikste gebeurtenis na die geboorte, dood en opstanding van Jesus in die ganse geskiedenis van die kerk beskou. Dit is ’n verhaal wat só belangrik is dat Lukas dit drie keer vertel in sy geskiedenis van die vroeë kerk (Hand 9:1-19, 22:3-21 en 26:1-23)! Deurdat God sy geheime plan nie langer vir Homself gehou het nie, maar dit bekend laat word het, het Sy volk die instrument geword waardeur Hy sy wonderlike wysheid in hierdie huidige bedeling bekend laat word onder die hemelse magte en gesagsinstansies. Deur Sy kerk as volk van God, bring God nou onder die aandag van die heersers van hierdie wêreld—en daarmee onder die aandag van die wêreld self—wat Sy plan met Sy skepping is. Paulus het letterlik bedoel om dit aan almal (vers 9) bekend te gaan maak. Daarom moet die gemeente nie moedeloos raak oor Sy lyding nie (vers 13). Hy ly met vreugde tot eer van God! Dié wat op die Gesalfde en Sy heilswerk vertrou (geloof in Hom), mag met sekerheid (vrymoedigheid) en volle oortuiging (vertroue) na God toe gaan.

6 Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

7 Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor

8 Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

9 Shelley Jackson het blykbaar meer as 2,000 vrywilligers nodig gehad om haar kort verhaal te publiseer. Dit was waarlik “an incarnational event” soos iemand dit beskryf het. Shelley Jackson wil ’n kort verhaal publiseer, maar jy sal dit nie in ’n boek of tydskrif kan lees nie. In plaas daarvan moet jy op die liggame van “random” mense rondom die wêreld kyk. Jackson se storie is met menslike vel geskryf! Dis nie ’n grap nie! Om aan te haal: “Appropriately entitled ‘Skin’, the 2,095-word piece of fiction is the basis of a very unusual project. More than 2,000 volunteers are getting one word from the story tattooed on their bodies. Each person bears one word only, and the full story will be distributed only to participants.” Rob Poulos, byvoorbeeld, dra die volgende woord op sy linker gewrig “back”. Hy het gehoor van die projek by sy professor wat ook besluit het om deel te neem en het die woord “pen,” gevolg deur ’n vraagteken, getatoeëer op sy vel. Shelley Jackson noem haar storie ’n “mortal work of art,” en sê dit sal elke deelnemer verbind aan 2,094 ander mense. Jackson was die eerste persoon wat getatoeëer is, wat die titel van die storie op die onderkant van haar gewrig geskryf het. Gou het sy genoeg vrywilligers gekry om deel te neem. As jy hoop om deel te neem…is jy te laat! Al die woorde is geneem van lande sover as Jordanië en Japan!

10 “Is this bizarre. Absolutely. Impulsive and foolish. Quite possibly
“Is this bizarre? Absolutely. Impulsive and foolish? Quite possibly. But let’s suspend judgment for a minute and think about it. The church is also a “mortal work of art” that enfleshes the gospel so that it is visible to an observing world!” Maar soos iemand op grond hiervan gesê het: “Is this bizarre? Absolutely. Impulsive and foolish? Quite possibly. But let’s suspend judgment for a minute and think about it. The church is also a “mortal work of art” that enfleshes the gospel so that it is visible to an observing world!”

11 Ons is ook verbind aan miljoene Christene, in 238 lande, reg rondom die wêreld
In Efes 3 praat Paulus van ’n geheimenis - “mystery”, wat ook deur mense uitgedra word. Ons is nie net verbind met 2,094 ander mense met getatoeëerde woorde op hulle gewrigte soos Skin nie, maar ons is verbind aan miljoene Christene in 238 lande rondom die wêreld en oor alle tye heen.

12 Wat is die geheimenis/mystery wat ons uitleef
Wat is die geheimenis/mystery wat ons uitleef? Die kerk is meer as die plek waar vreemdelinge nie vreemd hoe te voel nie. Die kerk is die plek wat geen vreemdelinge ken nie. “No Stranger Danger Here”. Die bordjies by die kerk lyk so: “Reg van toegang word nie voorbehou nie”. Almal is God se familie - ons is oop vir almal! Dis almal se plek!

13 I neither go too far in, nor stay too far out,
I stand by the door. I neither go too far in, nor stay too far out, The door is the most important door in the world – It’s the door through which men walk when they find God ... You can go in too deeply, and stay in too long, And forget the people outside the door. Daarom het ons ’n belangrike taak volgens Paulus om, aan die nasies wat dit nog nie snap nie, hierdie wonderlike nuus te verkondig! Dadelik dink ek aan Samuel Shoemaker se aangrypende gedig wat ’n geweldige effek op my lewe gehad het, veral op die rol wat ek in hierdie lewe wil speel. Hy verbind sy gedig aan Psalm 84. Hier is ’n uittreksel uit die gedig: Skyfies 13, 14 en 15 I stand by the door. I neither go too far in, nor stay too far out, The door is the most important door in the world – It’s the door through which men walk when they find God ... You can go in too deeply, and stay in too long, And forget the people outside the door.

14 I shall take my old accustomed place, Near enough to God to hear him,
As for me, I shall take my old accustomed place, Near enough to God to hear him, and know He is there, But not so far from men as not to hear them, And remember they are there, too. Where? Outside the door – Thousands of them, millions of them. Res van gedig:  As for me, I shall take my old accustomed place, Near enough to God to hear him, and know He is there, But not so far from men as not to hear them, And remember they are there, too. Where? Outside the door – Thousands of them, millions of them.

15 But – more important for me – One of them, two of them, ten of them,
Whose hands I am intended to put on the latch. So I shall stand by the door and wait For those who seek it. “I had rather be a doorkeeper ...” So I stand by the door. (Samuel Shoemaker uit Guide for Prayer, Upper Room, Nashville,1990) Laaste deel van gedig:  But – more important for me – One of them, two of them, ten of them, Whose hands I am intended to put on the latch. So I shall stand by the door and wait For those who seek it. “I had rather be a doorkeeper ...” So I stand by the door. (Samuel Shoemaker uit Guide for Prayer, Upper Room, Nashville,1990)

16 Word ’n deurwagter! “Ek staan liewers by die drumpel” of “Ek is liewers ’n deurwagter” laat my dink aan iets belangrik. Gelowiges moet mense wat daar op die drumpel staan, met oop arms verwelkom. Ek dink nogal dis ’n goeie werk om te doen! Wanneer mense in ’n kerkgebou kom aanbid, mag hulle ’n mooi gebou, ’n heilige ruimte ontdek. Maar dan moet hulle daar ook “deurwagters” ontmoet wat hulle aanvaar en geliefd laat voel. Eers dan sal hulle welkom voel by God – omdat ons hulle laat welkom voel. Eers dan, as hulle liefde by ons, Sy kinders, ervaar eers dan sal hulle glo dat God liefde is. Daarom, wil jy my nie “join” om te maak soos wat Samuel Shoemaker voorstel, en ’n deurwagter word nie. Wanneer mense na ons velle (lewe) kyk, na ons deurwagter-lewens, moet hulle die goeie nuus van Jesus kan sien.

17 God met ’n vel om Sit ons nog goed in ons velle? Of liewers sit Jesus nog goed in ons velle? Hier is ’n storie, uit Anne Lamott se Blue Shoe, wat dit nogal goed verduidelik: “Terwyl Mattie vir Ella skool toe neem, onthou sy skielik die storie van die dogtertjie wat in die nag gehuil het. Toe haar ma haar kom troos, sê die dogtertjie dat sy te bang was vir die donker om te kan slaap. “Maar God is by jou, Hy beskerm en bewaar jou,” het die ma probeer troos. “Maar ek het iemand nodig met ’n vel om.” het die dogtertjie hierop geantwoord. Mattie het besluit dit is wie sy graag wil wees in hierdie wêreld, God met ’n vel om, iemand wat sal opdaag en luister, wat vir jou ’n glas water bring as jy dors raak.

18 Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

19 Familie-oomblik Neem enige twee handpoppe (dit kan ook sommer twee sokkie-poppe[1] wees). Vra ’n kind om jou te help. Sê vir die kinders julle gaan vandag kyk watter een van die twee poppe die sterkste is. Laat die kind dan iets met die pop se mond ‘vasbyt’ want die ‘mond’ van die pop is baie keer al wat jy kan gebruik om iets mee vas te hou. Doen jy dan dieselfde met jou pop. Gaan dan al hoe swaarder tot dat jy swaarder goed kan optel as die kind. Haal julle hande uit die poppe uit en hou die twee slap poppe op en vra dan vir die kinders wie se pop die sterkste is. Vra ook waarom jou pop sterker is as die kind se pop. Druk dan jou hand weer in die ander pop en tel dan weer die swaar ding met die ander pop op. Vers 7 sê: Van hierdie evangelie het ek ’n dienaar geword, ’n voorreg wat God in Sy genade aan my gegee het deur Sy krag in my te laat werk. [1] Neem ’n gewone sokkie (skool sokkie of sport sokkie) en plak karton ogies op hulle.

20 Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

21 Nuwe luister-produk God praat – leef luisterryk
Vir gesprek oor sensitiewe kwessies + DVD Praat saam oor 15 issues wat krap Op die punt af In die kol Bestel by: 0860 BMEDIA Prys: R79.95


Download ppt "Efesiërs 3:1-12 1 Daarom bid ek vir julle wat nie Jode is nie, ek, Paulus, ’n gevangene deur my diens aan Christus Jesus. 2 Julle het tog seker gehoor."

Similar presentations


Ads by Google