Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring

Similar presentations


Presentation on theme: "Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring"— Presentation transcript:

1 Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring
Nasionale Oriënteringswerkswinkel Tale Assessering en moderering Sessie 3.1– 3.2 Graad

2 Ysbreker

3 Wat is assessering? Assessering is ʼn beplande proses om inligting omtrent die kennis en vaardighede van leerders, soos dit deur hulle gedemonstreer is, ... te identifiseer, (kies werk deur leerders gedoen) te versamel (leerders se eie werk) en te interpreteer. (sien leerders se werk na)

4 Informele en formele assessering
Informeel Die doel is hoofsaaklik om vaardighede te ontwikkel en leerders kans te gee om dit in te oefen; kan deur leerder self of maat nagesien word; hoef nie aangeteken te word nie; word NIE vir bevorderingsdoeleindes in ag geneem nie. Terugvoering na leerder is belangrik. (Hoofsaaklik vir ontwikkelingsdoeleindes.) Formeel Word deur die onderwyser nagesien en punte word aangeteken: 10 take (HT, EAT & TAT) in die Assesseringsprogram. (Hoofsaaklik vir bevorderingsdoeleindes.)

5 Assessering Waarom assesseer? Wat word geassesseer? Wie assesseer?
Wanneer? Waar? Hoe assesseer ons?

6 Doel Ontwikkelingsdoeleindes:
om deurlopend inligting oor ʼn leerder se prestasie te versamel wat gebruik kan word om leer te bevorder. d.i. inoefening van vaardighede en toepassing van kennis, ens. Bevorderingsdoeleindes: om ʼn summatiewe beoordeling te maak van ʼn leerder se vermoëns bv. die gebruik van punte vir enige van die take in die formele assesseringsprogram

7 Ek het gesê ek het hom geleer. Ek het nie gesê hy hét geleer nie.
Ek het Kolle geleer om te fluit. Ek hoor hom dan nie fluit nie!

8 Reflektiewe onderrigpraktyk
Waarde in onderrig: Dit moedig ʼn mens aan om probleme uit verskillende perspektiewe te bekyk. In die reflektiewe praktyk leer mens uit jou foute. “ it either brings to light a new problem or helps to define and clarify the problem on which you are engaged. Nothing shows the trained thinker better than the use he makes of his errors and mistakes”

9 Reflektiewe onderrigpraktyk (vervolg)
Dit bevorder nadenke en doelgerigtheid en lig besluitmakers in. Dit voorsien geleenthede vir konstruktiewe terugvoering. Dit bied die geleentheid om oor eie optrede en die van ander te reflekteer en dit te evalueer.

10 Aktiwiteit 1: Reflektiewe onderrigpraktyk
Bestudeer die voorgestelde formaat vir reflektiewe onderrig in Bylaag E van die BRONMATERIAAL en maak gepaste aanbevelings.

11 Assesseringsprogram: Jaarlikse Assesseringsplan
Die ASSESSERINGSPROGRAM dui al die formele take aan wat deur die jaar per graad voltooi moet word. Die JAARLIKSE ASSESSERINGSPLAN spruit voort uit die assesseringsprogram en spesifiseer die take wat voltooi moet word. Dit sluit datums, take en die maksimum punte in. ʼn Jaarlikse ASSESSERINGSPLAN behoort aan die begin van die jaar vir die leerders gegee te word. Dit vorm deel van die groter plan van die hele skool en voorkom dat leerders op sekere tye oorlaai word.

12 Assesseringsprogram: Graad 12 HT
KWARTAAL 1 Taak 1 Taak 2 Taak 3 Taak 4 Taak 5 Mondeling Skryf: Opstel Transaksionele teks Toets 1: Leesbegrip, opsomming en taalstrukture en -konvensies KWARTAAL 2 Taak 6 Taak 7 Taak 8 Letterkunde Halfjaareksamen: Vraestel 1 – Taal in konteks + Vraestel 2 – Letterkunde + Vraestel 3 – Skryf (kan in Mei/Junie geskryf word) OF ʼn Geskrewe toets KWARTAAL 3 Taak 9 Taak 10 Voorbereidende Eksamen : Vraestel 1 – Taal in konteks + Vraestel 2 – Letterkunde + Vraestel 3 – Skryf

13 Assesseringsprogram: Graad 12 EAT
Kwartaal 1 Taak 1 Taak 2 Taak 3 Taak 4 Mondeling Skryf: Opstel Skryf: Lang transaksionele teks Toets 1: Leesbegrip, opsomming en taalstrukture en -konvensies Kwartaal 2 Taak 5 Taak 6 Taak 7 Taak 8 Letterkunde Halfjaareksamen: Vraestel 1 – Taal in konteks + Vraestel 2 – Letterkunde + Vraestel 3 – Skryf (kan in Mei / Junie geskryf word) Kwartaal 3 Taak 9 Skryf: Kort transaksionele teks Taak 10 ***Voorbereidende eksamen: (250 punte) Vraestel 1 – Taal in konteks (80 punte) Vraestel 2 – Letterkunde (70 punte) Vraestel 3 – Skryf (Kan gedurende Aug. / Sep. geskryf word.) (100 punte) OF ’n Geskrewe toets

14 Assesseringsprogram: Graad 12 TAT
Kwartaal 1 Taak 1 Taak 2 Taak 3 Taak 4 Mondeling Skryf: Lang /kort transaksionele teks Toets 1: Leesbegrip, opsomming en taalstrukture en -konvensies Kwartaal 2 Taak 5 Taak 6 Taak 7 Mondeling: Luisterbegrip / gesprekvoering / voorbereide toespraak / voorbereide hardoplees Letterkunde: Kontekstuele vrae Halfjaareksamen: Vraestel 1 – Taal in konteks + Letterkunde + Vraestel 2– Skryf (kan in Mei / Junie geskryf word) OF ’n Geskrewe toets Kwartaal 3 Taak 8 Taak 9 Taak 10 Skryf: Opstel ***Voorbereidende eksamen: (200 punte) Vraestel 1 – Taal in konteks en Letterkunde (120 punte) Vraestel 2 – Skryf (Kan gedurende Aug./Sep. geskryf word) (80 punte) OF ’n Geskrewe toets

15 Eksamens: Graad 12 HT Vraestelle Komponente Punte Tyd (uur)
Vraestel 1: Taal in konteks A. Leesbegrip B. Opsomming C. Taalstrukture en -konvensies in konteks (70) 10 30 2 Vraestel 2: Letterkunde A. Poësie B. Roman C. Drama (80) 25 Vraestel 3: Skryf Opstel Twee transaksionele tekste (100) 2 X 25 Vraestel 4: Mondeling Voorbereide toespraak Onvoorbereide toespraak Luisterbegrip 2 X (50) 15 Gedurende die jaar

16 Eksamens: Graad 12 EAT Vraestelle Komponente Punte Tyd (ure)
Vraestel 1: Taal in konteks A. Leesbegrip B. Opsomming C. Taalstrukture en -konvensies in konteks (80) 10 40 2 Vraestel 2: Letterkunde TWEE van die volgende: Poësie Roman Drama Kortverhale 2 x (70) Vraestel 3: Skryf A. Opstel B. Lang transaksionele teks C. Kort transaksionele teks (100) 30 20 Vraestel 4: Mondeling Voorbereide toespraak Luisterbegrip Voorbereide hardoplees / Onvoorbereide toespraak / Informele gesprek in ‘n groep (50) Gedurende die jaar

17 Eksamens: Graad 12 TAT Vraestelle Komponente Punte Tyd (ure)
Vraestel 1: Taal in konteks en Letterkunde A. Leesbegrip B. Opsomming C. Taalstrukture en -konvensies in konteks D. Letterkunde: Een van die volgende: Gedigte Kortverhale Novelle Eenbedryf (120) 10 40 (2x20) (40) Vraestel 2: Skryf A. Opstel B. Lang transaksionele teks C. Kort transaksionele teks (80) 20 2 Vraestel 3: Mondeling Voorbereide toespraak Gesprekvoering Luisterbegrip Voorbereide hardoplees (100) 25 Gedurende die jaar

18 Mondelinge assesseringstake: Graad 12 HT
Vraestel Besonderhede Punte 4.Mondeling Mondeling word intern opgestel en geassesseer en ekstern gemodereer Praat: Voorbereide toespraak Assesseer: Navorsingsvaardighede, beplanning en organisasie van inhoud, toon, praat- en aanbiedingsvaardighede, kritiese taalbewustheid, keuse, ontwerp en gebruik van oudio, en oudiovisuele hulpmiddels. 2X10 20 50 Onvoorbereide toespraak Assesseer: Beplanning en organisasie van inhoud, toon, praat- en aanbiedingsvaardighede, kritiese taalbewustheid 15 Luister: Luisterbegrip Assesseer: Luister krities vir begrip, inligting en evaluering.

19 Mondelinge assesseringstake: Graad 12 EAT
Vraestel Besonderhede Punte 4. Mondeling Mondeling word intern opgestel en geassesseer en ekstern gemodereer Praat: Voorbereide toespraak Assesseer: Navorsingsvaardighede, beplanning en organisasie van inhoud, toon, praat- en aanbiedingsvaardighede, kritiese taalbewustheid keuse, ontwerp en gebruik van oudio, en oudiovisuele hulpmiddels. 20 50 Voorbereide hardoplees / onvoorbereide toespraak / informele gesprek in groep: Assesseer: Inhoud, toon, praat- en aanbiedingsvaardighede, kritiese bewustheid van taalgebruik. Luister: Luisterbegrip Assesseer: Luister krities vir begrip, inligting en evaluering. 10

20 Mondelinge assesseringstake : Graad 12 TAT
Vraestel 3 Besonderhede Punte Mondeling Mondeling word intern opgestel en geassesseer en ekstern gemodereer Praat: Voorbereide toespraak Assesseer: Beplanning en organisasie van inhoud, toon, praat- en aanbiedingsvaardighede, kritiese taalbewustheid, woordkeuse Gesprekvoering Assesseer: Inhoud, toon, praatvaardighede, kritiese taalbewustheid, woordkeuse 25 100 Lees: Voorbereide hardoplees Assesseer: Inhoud, toon, praat- en aanbiedingsvaardighede, kritiese taalbewustheid Luister: Luisterbegrip Assesseer: Luister vir begrip, inligting en evaluering

21 Aktiwiteit 2: Toepassing van taksonomieë
Pas die verskillende kognitiewe vlakke soos in die KABV vervat, op ʼn voorbeeldvraag in die Selfstudiegids Letterkunde toe. Trek ʼn ontledingstabel wat die gewigswaarde van die kognitiewe vlakke aandui. Terugvoering.

22 Bespreking Vraagnommer Vlak 1 Letterlik Vlak 2 Herorganisasie Vlak 3
Afleiding Vlak 4 Evaluering Vlak 5 Waardering Maksimum punte % gewigswaarde Teiken 40% Teiken 20%

23 Taksonomieë: Barrett (leesbegrip)
Vlak Beskrywing 1 Letterlike (inligting in die teks) 2 Herorganisasie (analiseer, sintetiseer of organiseer inligting) 3 Afleiding/Gevolgtrekking (hanteer inligting in terme van persoonlike ervaring) 4 Evaluering (oordeel wat betref waarde) 5 Waardering (beoordeel die impak van die teks)

24 Taksonomieë: Bloom (hersiene model)
Vlak Beskrywing Onthou Herkenning en herroeping Verstaan Interpreteer, toelig, klassifiseer, opsom, vergelyk, aflei/kom tot ʼn gevolgtrekking, verduidelik Toepas Uitvoer, implementeer Analiseer Differensieer, organiseer en omskryf Evalueer Kritiseer, beoordeel, regverdig, aanbeveel Skep Genereer, beplan, produseer

25 Gewigswaarde van kognitiewe vlakke
Aktiwiteit % van taak Letterlike (Vlak 1) Herorganiseer (Vlak 2) Vrae oor inligting wat direk in die teks voorkom: • Gee/noem die feite, redes, punte, idees, … Vrae wat vereis dat inligting wat direk in die teks voorkom, geanaliseer, gesintetiseer of herorganiseer moet word: • Som op: hoofpunte/idees/voordele/nadele … Vlak 1 en Vlak 2: 40% Afleiding/ gevolg-trekking (Vlak 3) Vrae wat vereis dat kandidate inligting wat direk in die teks voorkom, vanuit hul eie persoonlike ervaringswêreld hanteer: • Verduidelik die hoofgedagte … Vlak 3: 40%

26 Gewigswaarde van kognitiewe vlakke (vervolg)
Aktiwiteit % van taak Evaluering (Vlak 4) Waardering (Vlak 5) Hierdie vrae het betrekking op die beoordeling van waardes. Dit sluit in beoordeling in terme van werklikheid, geloofwaardigheid, feite en menings, geldigheid, logika en redenasie, asook kwessies soos die wenslikheid en aanvaarbaarheid van besluite en optredes rakende morele waardes. • Is die skrywer/spreker se argument geldig / logies / omvattend … Hierdie vrae is bedoel om die sielkundige en estetiese impak van die teks op die kandidaat te assesseer. Dit fokus op die kandidaat se emosionele reaksie/respons op die inhoud, identifisering met karakters of gebeure en die skrywer/spreker se taalgebruik (bv. woordkeuse en beeldspraak). • Bespreek jou reaksie op die teks / insident /situasie / konflik / dilemma … Vlak 4 en Vlak 5: 20%

27 Hoe om ʼn formele taak te ontwikkel
Deeglike beplanning vir en kreatiewe denke oor: Wat wil ek assesseer, meet of beoordeel? Wat is die beste metode om te volg, ten einde te bereik wat ek wil bereik? (Voorbereiding) Wat sal die kriteria wees? Hoe lank sal dit neem? Watter soort assesseringsinstrument gaan ek gebruik? Kognitiewe vlakke? Waar pas taksonomieë, bv. Bloom / Barrett in? Diepte/omvang van die taak? Is dit haalbaar, vir sowel onderwysers as leerders? Is dit sinvol/betekenisvol? Terugvoering.

28 Moderering: Mondeling
Elke mondelinge taak wat deel uitmaak van die Assesseringsprogram, moet gemodereer word VOOR leerders dit doen. Onderwysers assesseer die mondelinge assesseringstake. Die Vakadviseur modereer ʼn sekere aantal van die mondelinge take tydens skoolbesoeke, ten einde die standaard van take en interne moderering te verifieer.

29 Moderering: SGA Departementshoof of Vakhoof, as die Departements-hoof nie ʼn vakspesialis is nie. Alle formele take wat deel is van die Assesserings-program. Die Departementshoof modereer take VOOR dit aan leerders gegee word. Die Departementshoof modereer ʼn sekere aantal van leerders se werk (formele take). Die Vakadviseur modereer ʼn sekere aantal van die formele take tydens skoolbesoeke, ten einde die standaard van take en interne moderering te verifieer.

30 Aktiwiteit 3: Vlakke van moderering
Bespreek die vereistes vir die moderering van SGA en Mondeling. Bespreek die vlakke van moderering vir SGA en Mondeling. Bespreek uitdagings rakende moderering asook aanbevelings om dit aan te spreek. Terugvoering.

31 Aktiwiteit 3 (vervolg): SGA en Mondelinge vereistes vir moderering
Beskryf die modereringsproses wanneer jy besig is om ʼn mondelinge taak te modereer. Bespreek die uitdagings en moontlike oplossings rakende moderering. Terugvoering.

32 Moderering: Waarna kyk ons?
Tydsduur en lengte. Gewigswaarde(s) van inhoud. Gewigswaarde(s) van kognitiewe vlakke. Taalgebruik: vakspesifiek vs. omgangstaal. Gebruik van tekste, prente, diagramme, grafieke om taal te fasiliteer. Moeilikheidsgraad.

33 “Ek verwag van julle om onafhanklike, kreatiewe en kritiese denkers te wees, wat presies doen wat ek sê!”


Download ppt "Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring"

Similar presentations


Ads by Google