Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
Published byΆνθεια Γιαννακόπουλος Modified over 5 years ago
1
Handelinge 9:1-20 Oorsig Hierdie Sondag het weer 'n sterk lofkarakter met sowel Psalm 30 as die Openbaringteks wat God loof. In beide die Handelinge- en Johannestekste lees ons van mense se ontmoetings met die opgestane Christus en in beide hierdie tekste gaan dit ook oor roeping. Saulus word geroep om Christus te volg en Petrus kry opnuut sy roeping, nadat hy Jesus verloën het. PowerPoint agtergrond Grafika: ‘n Kunstenaar se voorstelling van Paulus. Dit is bekom met Google Advanced Search en geredigeer met Picasa III- beskikbaar by
2
God nooi ons uit en ons kom tot rus Rus Toetrede
Flam 18 Ek Kyk Op (met 2 alternatiewe tekste) Lied 406 Ons loof U, Vader, op die troon! Lied 168 Heilige Jesus Votum Openbaring 5:12-14 “Die Lam wat geslag was, is waardig om die mag en rykdom, die wysheid en sterkte, die eer, heerlikheid en lof te ontvang.” Die hele skepping, alles in die hemel en op die aarde en onder die aarde en op die see, ja, alles wat daar is, het ek hoor sê: “Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, behoort die lof en die eer, die heerlikheid en die krag, tot in alle ewigheid.” Die vier lewende wesens het gesê: “Amen!” En die ouderlinge het gekniel en God aanbid. Seëngroet Die Here groet julle vanoggend soos Jesus sy dissipels kort ná sy opstanding gegroet het: “Vrede vir julle!” Lofsang Psalm 30 Flam 21 In Die Hemel Is Die Heer [bekend] Lied 407 Triomf, triomf, Immanuel! Wet Ek is die Here jou God wat jou na Kanaän, na die land van melk en heuning, gelei het. Jy moet net vir My as jou God aanbid. Die een God – Vader, Seun en Heilige Gees – moet al jou eer en diens ontvang. Jy moet My liefhê, en Ek sal my liefde betoon aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en liefde teenoor die hele skepping bewys. Gebruik my Naam met eerbied, aan My kom al die lof toe. Geniet die Sondag as ‘n geskenk om ná ‘n besige week te rus, om die opstanding te vier en om tyd met geliefdes deur te bring. Jy moet eerbied hê vir jou ouers, vir elke vorm van lewe, vir die huwelik, vir die dinge wat aan ander mense behoort en vir die waarheid. Ek is die Here jou God wat jou uit genade gered het. Volg hierdie riglyne uit dankbaarheid. Ek sal jou seën. (“Wet as aanmoediging tot dankbaarheid” deur Cas Wepener in “Soos ‘n Blom na die Son draai”.) Verootmoediging en genadeverkondiging VONKK 175 Net Soos Ek Is [bekend – ou Halleluja lied] VONKK 268 Loof en prys Hom (Kyk die Lam van God) Lied 244 Alles, alles is genade Geloofsbelydenis Flam 483 Ek glo in God die Vader (Ek glo) VONKK 200 Daar Is ’n Verlosser [bekende melodie] Lied 453 Aan die Vader dank en ere
3
God praat met ons en ons luister God praat met ons en ons luister
Gebed Flam 87 Maak My Nou Stil, Heer [bekend] Skriflesing Handelinge 9:1-20 Familie-oomblik Preek
4
Handelinge 9:1-20 Fokusteks: Handelinge 9:1-6,(7-20)
Saulus se bekering (Vgl Hand 22:6–16; 26:12–18) 9 Intussen het Saulus soos 'n besetene voortgegaan om die volgelinge van die Here met die dood te dreig. Hy het na die hoëpriester toe gegaan 2en van hom bekendstellingsbriewe aan die sinagoges in Damaskus gevra. Sy doel was om al die aanhangers van die leer van die Here wat hy daar kry, mans sowel as vrouens, gevange te neem en na Jerusalem toe te bring. 3Toe hy op reis naby Damaskus kom, het daar skielik 'n lig uit die hemel op hom gestraal. 4Hy het op die grond neergeval en 'n stem vir hom hoor sê: "Saul, Saul, waarom vervolg jy My?" 5"Wie is U, Here?" vra hy toe. "Ek is Jesus," antwoord Hy. "Dit is vir My wat jy vervolg. x 6Maar staan op en gaan na die stad toe. Daar sal vir jou gesê word wat jy moet doen." 7Die mense wat saam met hom op pad was, het sprakeloos gestaan. Hulle het die stem gehoor maar niemand gesien nie. 8Toe Saulus van die grond af opstaan en sy oë oopmaak, kon hy nie sien nie. Hulle het sy hand gevat en hom na Damaskus toe gelei. 9Drie dae lank kon hy nie sien nie en het hy niks geëet of gedrink nie. 10In Damaskus was daar 'n sekere volgeling van Jesus met die Naam Ananias. Die Here het hom in 'n gesig geroep: "Ananias!" "Hier is ek, Here," het hy geantwoord. 11En die Here sê vir hom: "Gaan dadelik na Reguitstraat toe en vra by Judas se huis na 'n man van Tarsus met die naam Saulus. Hy is besig om te bid 12en hy het in 'n gesig 'n man met die naam Ananias sien inkom wat hom die hande oplê sodat hy weer kan sien." 13Maar Ananias sê: "Here, ek het al by baie mense van hierdie man gehoor en van al die kwaad wat hy die mense wat in U glo, in Jerusalem aangedoen het. 14En nou is hy hier met volmag van die priesterhoofde om almal gevange te neem wat u Naam aanroep." 15Toe sê die Here vir hom: "Gaan daarheen, want Ek het hom gekies as my werktuig om my Naam uit te dra onder die heidennasies en hulle konings en ook onder Israel. 16Ek self sal vir hom wys hoeveel hy vir my Naam moet ly." 17Ananias het toe gegaan en in daardie huis gekom. Hy het Saulus die hande opgelê en gesê: "Saul, broer, die Here Jesus wat aan jou verskyn het toe jy op pad hierheen was, het my na jou toe gestuur sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul kan word." 18Onmiddellik het daar iets soos skille van Saulus se oë afgeval en kon hy weer sien. Toe het hy opgestaan en hy is gedoop; 19en hy het geëet en sy kragte herwin. Saulus preek in Damaskus Saulus het 'n paar dae daar by die gelowiges in Damaskus gebly 20en dadelik in die sinagoges begin verkondig dat Jesus die Seun van God is. 21Almal wat dit gehoor het, was verbaas en het gesê: "Is dit nie die man wat in Jerusalem die mense wat hierdie Naam aanroep, wou uitroei nie? En het hy nie ook hierheen gekom om hulle gevange te neem en voor die priesterhoofde te bring nie?" 22Maar Saulus het al hoe kragtiger gepreek en die Jode wat in Damaskus woon, in die war gebring deur te bewys dat Jesus die Christus is. 23Na verloop van tyd het die Jode saamgesweer om Saulus te vermoor, 24maar hy het van hulle plan te hore gekom. Dag en nag was hulle by die stad se poorte op die uitkyk om hom dood te maak. 25Maar sy medegelowiges het hom een nag geneem en in 'n mandjie laat afsak deur 'n opening in die stadsmuur. x Enkele manuskripte voeg by: “Jy maak jou net seer deur jou te verset.”, vgl. Hand. 26:14
5
Familie-oomblik Familie-oomblik
Soos met enige narratiewe teks – vertel gewoon die verhaal dramaties. Jy kan ook video’s gebruik, soos hierdie een. By Kidswise kan jy ‘n video van Paulus se bekering koop vir $15 – jy kan ook een sonder vertelling koop, en die video wys terwyl jy die Skriflesing doen. As jy nie ‘n video gaan gebruik nie, kan jy die storie gewoon dramaties vertel of uit ‘n kinder-vriendelike Bybel voorlees. Hier is ‘n baie oulike idee en templaat waar jy die storie met ‘n gesig vertel met “skille” oor die oë, wat op dramatiese wyse afval op die regte plek in die vertelling. Hier is ‘n inkleurprent en doolhof om Ananias te help om by Paulus se huis te kom.
6
Paulus… Preekriglyn Paulus is gebore in Tarsus in Silisië (Hand 22:3, 28; Fil 3:5) tussen ongeveer 1 tot 5 nC. Hy was 'n Jood, met die Hebreeuse naam Saulus (dit beteken begeer), uit die stam van Benjamin. Hy het egter ook Romeinse burgerskap gehad, met die Latyns-Romeinse naam Paulus (dit beteken klein). Sy familie het kort na sy geboorte na Jerusalem verhuis, toe Jesus so ongeveer 5-10 jaar oud was, waar hy grootgeword en opgevoed is aan die voete van die Fariseër Gamaliël (Hand 22:3). Hy was goed bekend met die situasie in Jerusalem, en die Jode het sy storie goed geken (Hand 26:4 vv). Sy pa was immers ook 'n Fariseër (Hand 23:6). Trouens, hy was 'n vertroueling van die priesterhoofde. Hoewel hy 'n bietjie jonger as Jesus was, was hy waarskynlik bewus van die gebeure rondom Jesus in dié se verhoor in Jerusalem, soos sy betrokkenheid by die steniging van Stefanus 'n paar maande later getuig.
7
Vestiging van die kerk Vestiging van die kerk
Waar die verhaal van die vestiging van die kerk in Jerusalem by Pinksterdag begin (Handelinge 1 en 2), begin die verhaal van die vestiging van die kerk in die wêreld by Saulus se bekering en die klein Pinksterdag in die huis in Reguitstraat in Damaskus, Sirië (Handelinge 8 en 9). Sirië is nie net bekend vir die onrus wat daar oor die eeue heers nie, maar ook vir die bekering van een van die grootste stigters van die kerk, soos ons dit ken. Dit is belangrik om te besef dat die kerk in die wêreld nie eers met die sendingreise van Saulus uit Antiogië begin nie, maar reeds hier in die midde van die stryd om die hart van 'n vervolger van die Christendom, Saulus. Saulus se verhaal, sê vir ons drie dinge:
8
1. Die verhoogde Jesus sit Sy bediening op aarde voort
Een: Die verhoogde Jesus sit sy bediening op aarde voort In Handelinge 1:9-11 neem die dissipels afskeid van Jesus tydens sy hemelvaart. Maar regdeur die boek wys Lukas ons daarop dat Jesus, nou verhoog aan die regterhand van die Vader, steeds met die bediening, eintlik SY bediening, op aarde voortgaan. Hoewel Jesus vir ons oë verskuil is, word die hemelse gordyn van tyd tot tyd weggeskuif sodat ons die voortgaande aktiwiteit van God die Vader, Seun en Heilige Gees op aarde sien. 'n Voorbeeld: in die oomblikke van sy dood kyk Stefanus, vol van die Heilige Gees, op na die hemel. Hy sien die heerlikheid van God, en Jesus wat aan die regterhand van God staan. Hy roep: "Here Jesus, ontvang my gees!", en bid dat die Here die sonde van sy steniging nie aan die Joodse leiers moet toereken nie. Paulus se bekeringsverhaal is nog 'n voorbeeld van Jesus se werk op aarde. Jesus stuit Paulus in sy spore, en praat met hom: "Saul, Saul, waarom vervolg jy my?" (9:4). Jesus stel Homself ook aan Paulus bekend: "Ek is Jesus, dit is my wat jy vervolg (9:5). Jesus tree hier in namens sy liggaam, die kerk. Wie die kerk vervolg, vervolg ook die Here van die kerk. Hierdie Here is betrokke by die lewe en werk van die kerk. In Handelinge 9 red Jesus die kerk van vervolging deur die hoofvervolger te omskep in die hoofverkondiger van die evangelie. Daarna verskyn die Here in 'n gesig aan Ananias en stuur hom na Paulus toe (9:10-16). Dieselfde patroon herhaal hom in die volgende verhaal in Handelinge 10, wanneer die Here deur 'n gesig met Petrus praat. Toepassing Die opkoms van wetenskaplikheid het God vir baie Westerse Christene uit die sentrum van die werklikheid geskuif. Hierdie sentrum is gevul deur die gemeente en deur onsself. God is eintlik prakties afwesig. Baie dink, as daar iets in terme van Christelikheid behoort te gebeur, moet ons dit maar doen. Ons dink, alles hang van ons af. Die bevrydende perspektief uit Handelinge 9 is dat God die Vader, Seun en Heilige Gees aktief op aarde teenwoordig is. Jesus doen hier wat geen mens kan doen nie: Paulus, die besete vervolger uit Jerusalem, word in sy spore gestuit, en in 'n oogwink van 'n vervolger tot 'n sendeling omskep. Die vraag is of ons sou kon leer om raak te sien waarmee God rondom ons besig is? Wanneer mens met God rekening hou, en Hom navolg, is daar geen grense vir wat jy kan hoop of bid nie. Hoeveel is jy bereid om van God te verwag? Laat ons vir meer hoop en bid. God is naby.
9
2. Paulus sien die heerlikheid van God
Twee: Paulus sien die heerlikheid van God Die gerespekteerde Nuwe Testamentikus NT Wright stel voor dat ons Paulus se bekering verstaan teen die agtergrond van 'n troongesig-meditasie, 'n geestelike dissipline wat Paulus as toegewyde Fariseër ongetwyfeld sou beoefen het, waarin Esegiël 1 'n belangrike rol gespeel het en op God se heerlikheid gefokus is. Stel jou nou voor, skryf Wright, dat Paulus op die lang reis na Damaskus hiermee besig was. Die reëlmatige geklop van perdehoewe sou die ideale geleentheid bied: You might then be able to grasp the impact of what happened to him. He was on his way to act for the glory of God, the glory which he believed was being besmirched by these crazy followers of Jesus. He needed to keep that glory firmly before his eyes, to make sure his zeal was properly fired up and rightly directed. […] Imagine his excitement as, in the depth of devout meditation, he saw with the eyes of his heart, so real that it seemed as though he was seeing it with his physical eyes, the form, the fire, the blazing light, and – the face! And the face was the face of Jesus of Nazareth. In 'n oogwink is Paulus se wêreld omgekeer, en van binne na buite gekeer. Niks sou weer dieselfde wees nie. Jare later sou hy skryf van "die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal" (2 Kor 4:6). Soos Stefanus in sy sterwensoomblikke, het Paulus Jesus gesien op 'n manier wat hemel en aarde aan mekaar bind: aardse oë wat 'n hemelse werklikheid sien. "Het ek nie vir Jesus, ons Here, gesien nie?" (1 Kor 9:1). Hy sien alles wat God altyd belowe het, en wat hy as Fariseër so goed bestudeer het, dit het God kom doen in die persoon van Jesus van Nasaret. In 'n oogwink is Paulus se lewe oorgeplant in die lewe van Jesus van Nasaret. Hy word deel van Jesus se liggaam, 'n medewerker wat Jesus se werk voortsit. "Ons noem hierdie gebeurtenis 'n bekering", skryf NT Wright, "maar dit was meer soos 'n vulkaniese uitbarsting, 'n donderstorm en 'n getygolf wat kragte saamsnoer. Indien die dood en opstanding van Jesus die skarnier was waarop die groot deur van die geskiedenis oopgeswaai het, was die bekering van Saulus van Tarsus die moment toe al die beloftes van God saamgebundel is, hulself in 'n groot bal opgewen het, en deur daardie oop deur in die wye wêreld uitgebars het".
10
3. Roepingsverhaal Drie: Roepingsverhaal
Ons het hier 'n roepingsverhaal: "Daar sal vir jou gesê word wat jy moet doen" Wat gebeur met 'n mens wat die heerlikheid van God sien? Sou ons die verhaal moes oorvertel, sou ons waarskynlik Paulus se bekering as 'n verdiende nederlaag beskryf. Die vervolger kyk op sy neus! Hy is oorwin! Of ons sou dit as 'n vorm van geregtigheid wat seëvier beskryf. "Dit help nie om teen God in opstand te kom nie, die Here sal jou neervel," kon ons dalk sê. Jesus hanteer Paulus heeltemal anders. Selfs die eerste woorde, "Saul, Saul…", is die taal van 'n besorgde moeder wat 'n kind wil reghelp. En dan die opdrag: "Maar staan op en gaan na die stad toe. Daar sal vir jou gesê word wat jy moet doen." Só word hierdie bekeringsverhaal eintlik 'n roepingsverhaal, wat mens nogal aan die roepingsverhale van die Ou Testamentiese profete laat dink (bv. Esegiël 1-2). In die volgende episode kry Ananias in Damaskus opdrag om na Paulus toe te gaan en vir Hom te bid, want, sê Jesus, "Ek het hom gekies as my werktuig om my Naam uit te dra onder die heidennasies en hulle konings en ook onder Israel. Ek self sal vir hom wys hoeveel hy vir my Naam moet ly" (Hand 9:15-16). Die vervolger sal ook die vervolgde word, soos iemand dié week in 'n Bybelstudiegroep gesê het. Toepassing Jesus sorg vir ons. Dit moet ons goed weet. Dit is wat Paulus se bekerings- en roepingsverhaal illustreer. Jesus versorg sy liggaam, die kerk. In die felle oomblikke van vervolging, bewaar Jesus die kerk en voorsien 'n getuie wat die boodskap na die uithoeke van die wêreld dra. Paulus word die stigter van die eerste gemeente op Europese bodem (Filippi), waarvan die evangelie ook later ons voorouers in die noorde en weste van Europa bereik het. 2. Jesus gebruik leiers. Paulus se lewensverhaal illustreer die waarde van innoverende leierskap in die kerk van die Here. Paulus was 'n uitmuntende leier, vol energie, geesdrif, en die vermoë om ander te besiel en te lei. Hy het die nodige gawes by die Here ontvang, en sy lewensverhaal het hom gevorm om die Grieks-Romeinse wêreld te betree en mense te help om die Here te vind. Hy was 'n egte apostel – iemand wat grense oorgesteek het en nuwe, brandende gestaltes van geloof aangevuur het in die gemeentes wat hy gestig het. Ons kerk moet 'n kultuur skep waarin innoverende leiers, soos Paulus, bemagtig word. Ons Gereformeerde geloofstradisie is soveel verskuldig aan leiers soos Johannes Calvyn, Martin Luther en andere. Tog is dit ook deel van ons tradisie dat leiers afgekraak en ontmagtig word. Dit geld leraars, maar ook ouderlinge, diakens en bedieningsleiers. Ons gee moeilik geleentheid aan mense om in terme van hul roeping uit te styg en te presteer. Ons moet die Here bid om ons oë oop te maak vir die waarde van leierskap. Ons het leiers nodig wat nie wil heers nie, maar ter wille van die evangelie dien. 3. Hierdie gedeelte leer ons anders dink oor teëstanders van Jesus Christus. Dit is binne Jesus se mag om teëstand in 'n oogwink uit te wis. Dié teenstand kom dikwels uit die kring van gelowige mense, soos Paulus vroeër, wat groot passie vir God het, maar mislei is en die passie of energie verkeerd rig. Mens kan godsdienstig baie opreg wees, maar tegelyk baie verkeerd. Daarom wil ons natuurlikerwys ons blootstelling aan andersdenkendes beheer. Daarom vermy ons konflik-situasies met mense wat van ons verskil, veral waar hulle openlik vyandig is teenoor ons. Daar kan egter geen verandering en versoening kom as ons nie die grens ook na ons vyande oorsteek nie. Dít wys Jesus ons in sy gesprek met Saulus. Dít wys Ananias ons in sy gehoorsaamheid aan Jesus se opdrag om met Saulus te praat. Dít wys Barnabas in sy ontferming oor Saulus deur hom na die apostels toe te vat. Henry Nouwen (Reaching Out) noem dit die beweging van "hostility" (vyandigheid) na "hospitality" (gasvryheid) waar die vreemdeling-vyand met sy andersheid ontvang word en eintlik 'n kans gegun word om 'n medemens te word; waar die andersheid nie meer die verhouding definieer nie, maar die aanvaarding. Dit is uiteindelik ons roeping: om van die "hostis" 'n "hospes" – van die vyand 'n gas – te maak. Soos Jesus dit vir ons gedoen het, só moet ons dit vir ander ook doen.
11
God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Dankoffer
Slotsang Lied 585 O Jesus, laat ons nooit vergeet of Lied 505 Jesus, U gaan voor Seën Respons Lied 406 Refrein
12
Volgende erediens: Handelinge 9:36-43 Volgende erediens
Liturgie en familie-oomblik: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk
Similar presentations
© 2024 SlidePlayer.com Inc.
All rights reserved.