Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

1 Korintiërs 10:1-13 PowerPoint agtergrond

Similar presentations


Presentation on theme: "1 Korintiërs 10:1-13 PowerPoint agtergrond"— Presentation transcript:

1 1 Korintiërs 10:1-13 PowerPoint agtergrond
Ons fokusteks praat van die funksie van die wolk in die woestyn… Broers, ek wil julle daaraan herinner dat ons voorvaders almal onder die beskerming van die wolk was en almal veilig deur die see gegaan het (1 Kor 10:1). Ons kies vir ‘n wolk agtergrond, en voorsien 3 opsies. Titel: Combine Cloud, a unique combination of storm clouds and sunset light sneaking through them lit this cloud up to create an incredibly dramatic scene. I'm getting stoked for spring storms, I went to severe weather spotter training at the end of the ChaserCon convention and now feel equipped with the basic knowledge to chase storms more safely. Eiendom van “highstorm”, foto geneem op 17 Desember 2008 in Suid Australië met ‘n Canon EOS 450D, beskikbaar by Kopiereg gereël deur Creative Commons en laat slegs plasing toe. 1 Korintiërs 10:1-13

2 1 Korintiërs 10:1-13 PowerPoint agtergrond
Ons fokusteks praat van die funksie van die wolk in die woestyn… Broers, ek wil julle daaraan herinner dat ons voorvaders almal onder die beskerming van die wolk was en almal veilig deur die see gegaan het (1 Kor 10:1). Ons kies vir ‘n wolk agtergrond, en voorsien 3 opsies. Titel: UFO Cloud, Altocumulus Lenticularis Clouds. Palm Desert, CA. Eiendom van “watch4u”, foto geneem op 8 April 2008 met ‘n Olympus E-300, en beskikbaar by Kopiereg gereël deur Creative Commons en laat slegs plasing toe. 1 Korintiërs 10:1-13

3 1 Korintiërs 10:1-13 PowerPoint agtergrond
Ons fokusteks praat van die funksie van die wolk in die woestyn… Broers, ek wil julle daaraan herinner dat ons voorvaders almal onder die beskerming van die wolk was en almal veilig deur die see gegaan het (1 Kor 10:1). Ons kies vir ‘n wolk agtergrond, en voorsien 3 opsies. Titel: Clouds, While visiting Seven Mile beach on Grand Cayman Island, I saw this cloud formation. It was so cool in that it went from brilliant sunshine to heavy thunderheads across the sky. Eiendom van “Elessar” (Mike King), foto geneem op 17 Julie 2007 met ‘n Nikon D50, beskikbaar by Kopiereg gereël deur Creative Commons en laat plasing en verandering toe. 1 Korintiërs 10:1-13

4 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Die gebruik van ‘n hongerdoek in hierdie tyd pas by die aard van die Lydenstyd… Bybelmedia se Woord en Fees: Preekriglyne en Liturgiese Voorstelle vir formuleer dit soos volg in die basis liturgie: ’n “Hongerdoek” word in die liturgiese ruimte aangebring en lidmate word genooi om byvoorbeeld koerantuitknipsels en foto’s wat hulle herinner aan lyding in die wêreld daarop aan te bring. Lidmate wat vas, word ook aangemoedig om dit wat hulle prysgee tydens Lydenstyd met ’n nota op die hongerdoek aan te dui. Waar daar op barmhartigheidswerk gefokus word, word niebederfbare produkte en klere by die hongerdoek neergesit en later, na afloop van die diens, uitgedeel. Lied 164 Ons is almal hier tesaam vs 1,2 Aanvangswoord 2Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in ’n dor en droë land, ’n land sonder water. 3Ek wil by U in die heiligdom wees om daar u mag en grootheid te ondervind. 4U troue liefde is meer werd as die lewe... 7As ek aan U dink op my bed, oor U peins in die nag, dan weet ek: 8U is vir my ’n hulp, en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels. (Uit Psalm 63) Seëngroet 2Aan die gemeente van God in wat Hy vir Hom in Christus Jesus afgesonder en geroep het om aan Hom te behoort, en verder aan almal, waar hulle ook al mag wees, wat die Naam aanroep van Jesus Christus, hulle Here en ons Here. 3Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus! Lied 176 Halleluja, U is Koning vs 1 (Herhaal en vra die musiekleier om die lied 2 of 3 maal te moduleer) Verootmoediging Ons gebruik Jesaja 55 as oproep om na die Here toe te draai… Jesaja 55:1-9 Ek wil met julle ’n ewige verbond sluit 55 Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk. 2Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My, sodat julle kan eet wat goed is en versadig kan word met die beste wat daar is. 3Gee aandag en kom na My toe, luister, en julle sal lewe. Ek wil met julle ’n ewige verbond sluit, Ek wil my troue liefde aan julle betoon soos aan Dawid. 4Ek het hom ’n getuie gemaak vir die volke, ’n regeerder en gebieder van volke. 5Nou sal jy nasies ontbied wat jy nie geken het nie, en nasies wat jou nie geken het nie, sal na jou toe hardloop ter wille van die Here jou God, die Heilige van Israel, omdat Hy jou in eer herstel het. 6Vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy nog naby is. 7Die goddelose moet sy verkeerde pad laat staan, die slegte mens sy slegte planne. Hy moet hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom genadig wees; hy moet hom tot ons God bekeer, Hy vergewe altyd weer. 8My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; 9soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes. Skuldbelydenis Lied 247 Heer wees ons genadig Afr + Latyn Vryspraak 2 Korintiërs 5:17-21 17Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. 18Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. 19Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou. 20Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons ’n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het! 21Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees. Lof Lied 200 U goedheid Heer kan ons nie peil nie 1,2,3 God nooi ons uit en ons kom tot rus

5 God praat met ons en ons luister
Epiklese Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; 10laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; 11gee ons vandag ons daaglikse brood; 12en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; 13en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen. (Matteus 6, OAV) of sing Lied 266 Ons Vader wat woon in die hemel vs 1 Skriflesing 1 Korinthiërs 10:1-13 Prediking God praat met ons en ons luister

6 Familie-oomblik Familie-oomblik
Om kinders in hierdie teks se betekenis in te lei, sal dit moontlik die beste werk om een van die stories waarna Paulus waarskynlik hier verwys in meer detail vir die kinders te vertel. Die verhaal van die goue kalf (Eks 32) sal baie goed kan werk. Die dillemma van versoeking word uitstekend illustreer in ‘n video oor kinders en marshmallows, beskikbaar by Gebruik ‘n You-tube converter om die video af te laai. Familie-oomblik

7 1 Korintiërs 10:1-13 Fokusteks: 1 Korintiërs 10:1-13
Waarskuwing teen afgodery 10 Broers, ek wil julle daaraan herinner dat ons voorvaders almal onder die beskerming van die wolk was en almal veilig deur die see gegaan het. 2Omdat hulle almal vir Moses gevolg het, is hulle almal in die wolk en in die see gedoop. 3Almal het dieselfde geestelike voedsel geëet, 4en almal het dieselfde geestelike drank gedrink: hulle het gedrink uit ’n geestelike rots wat met hulle saamgegaan het. Die rots was Christus. 5Tog was God met die meeste van hulle nie tevrede nie, want hulle het in die woestyn omgekom. 6Hierdie dinge het gebeur as voorbeelde vir ons dat ons ons nie soos hulle deur sondige begeertes moet laat dryf nie. 7Julle moenie afgodsdienaars word nie, soos sommige van hulle oor wie daar geskrywe staan: “Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan en hulle aan uitspattighede oorgegee.” j8Laat ons ook nie onsedelikheid pleeg nie, soos sommige van hulle onsedelikheid gepleeg het, en op een dag het daar drie en twintig duisend omgekom. 9Laat ons Christus nie uittart nie, soos sommige van hulle Hom uitgetart het, en hulle het deur slange omgekom. 10En moenie teen God in verset kom nie, soos sommige van hulle in verset gekom het, en hulle het deur die engel van die dood omgekom. 11Hierdie dinge het oor hulle gekom as ’n voorbeeld vir ons en is opgeskryf as ’n waarskuwing vir ons wat die einde van die tye al beleef. 12Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie. 13Geen versoeking wat meer is as wat ’n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan. 14Daarom, my geliefdes, moet niks met die afgodsdiens te doen hê nie. 15Ek praat met julle as verstandige mense. Beoordeel self wat ek sê. 16Die beker van danksegging, waarvoor ons God dank, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie? 17Omdat dit een brood is, is ons, al is ons baie, saam een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood. 18Kyk maar hoe is dit by die Joodse volk. Kom daar dan nie gemeenskap tot stand tussen die offeraltaar en dié wat die offers eet nie? 19Wat wil ek hiermee sê? Dat ’n afgodsoffer of ’n afgod enige betekenis het? 20Nee, maar dat dié wat aan hulle offer, aan bose geeste offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê julle moet met bose geeste gemeenskap hou nie. 21Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van bose geeste nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van bose geeste nie. 22Of wil ons die Here uittart? Is ons miskien sterker as Hy? j Vgl. Eks. 32:6 1 Korintiërs 10:1-13

8 Na-doodse e-pos... Preekriglyn
Teen 'n jaarlikse fooi van $19.95 kan jy e-posse stuur nadat jy gesterf het. Vir hierdie voorreg kan jy dr. David Eagleman, 'n professor in neurologie en psigiatrie te Baylor Skool vir Medisyne, bedank. Hy het Deathswitch, 'n outomatiese aanlyn e-posdiens geskep. Dit laat jou toe om na jou dood e-posse aan voorafgekose ontvangers te stuur. Dit bevat gewoonlik kritieke persoonlike informasie oor die oorledene. "Dit kan enigiets van geheime rekenaar wagwoorde, liefdesbriefies of die laaste sê in 'n argument wees," vertel Eagleman. Vir Eagleman is sy diens 'n manier om sterflikheid te oorbrug. Die idee vir Deathswitch is gebore uit sy liefde vir die internet en 'n soeke na maniere hoe dit mens-wees kan verryk. "Dit is so besonders om 'n e-pos te kry van iemand wat reeds oorlede is," sê hy. "Daar is nie enige waardigheid in stilte na die dood nie." Brian Rosenthal, hoofuitvoerende beampte van 'n konsultasiemaatskappy, Robocommerce, het aangesluit by Deathswitch. "Dit verbreed jou reikwydte," sê Rosenthal, "jy kan iets van jouself stoor wat 'n boodskap na jou dood bring. Jy kan anderkant die graf kommunikeer" Na-doodse e-pos...

9 Voortgaande boodskap Voortgaande boodskap
Mens kommunikeer inderdaad na jou dood. Eagleman se idee is dalk glad nie so revolusionêr as wat dit met die eerste oogopslag mag klink nie. In ons teks word die geskiedenis van ou Israel na hulle uittog uit Egipte onder Moses vir ons as voorbeeld voorgehou. Paulus skryf vir vroeë Christene dat hulle die boodskap uit die lewe van Israel moet onthou. Hulle optrede is opgeskryf as 'n voorbeeld, as 'n waarskuwing, sodat Christene in die hede reg sal lewe. Dis tot vandag toe waar. Millennia na die uittog uit Egipte, millennia na die lewe van die eerste gemeente in Korinte, kom daar 'n boodskap na ons toe. Onthou! Wees gewaarsku! Kies om reg te leef! Kies te alle tye om in 'n oop, geestelik gesonde verhouding met God te lewe! Voortgaande boodskap

10 Waarom ’n waarskuwing? Waarom 'n waarskuwing?
Paulus wou die Korintiërs help om op koers te bly in hulle geloof. In ons teks gebruik hy daarom die voorbeeld van ou Israel, onder Moses, om die Korintiërs aan te spoor om reg te lewe. Die Korintiërs het nogal heelwat leiding, onderrig en selfs waarskuwing nodig gehad. Paulus raak in 1 Korintiërs 'n hele aantal groot vraagstukke aan, meesal sake wat oor die Christelike lewenswandel gaan. Dit is dinge waaroor Paulus hulle wil onderrig. Dat dit nodig was, spruit onder andere uit voortslepende impak van die heersende kultuur en godsdiens van die stad Korinte op die nuwe bekeerlinge. Die stad was op 'n strategiese handelsroete geleë. Dit was 'n groot handelstad (met bv. twee hawens), met 'n kosmopolitaanse samestelling. Mense van reg oor die Romeinse ryk het hierheen gestroom. Nie net was daar dus groot rykdom nie, maar ook baie gode en godsdienste. Sommige was moreel dekadent. 'n Voorbeeld hiervan is die Afrodiete-godsdiens (sy was godin van die liefde), met die groot altaar op die Akrokorinte berg. In haar hoogbloei was daar meer as 'n duisend prostitute in tempeldiens. Die term "meisies van Korinte" het 'n idiomatiese uitdrukking in ander stede geraak wanneer mense na prostitute verwys het. Geen wonder dat een van die roerendste gedeeltes in die Korintiërbrief juis die verheerliking van die liefde was, wat van God kom. Dit staan in direkte opposisie met die leerstellings van die heersende godin van die liefde van Korinte. Wat veral opmerklik is, anders as wat die geval was in Tessalonika, is dat hierdie kulture en godsdienste se idees nie net van buite af op die gemeente 'n impak gehad het nie. Dit is deur sommige lidmate van die gemeente aangehang. En hierdie mense het Paulus direk aangevat omdat hulle nie met hom saamgestem het nie. Paulus kan dus nie hierdie alternatiewe leringe en perspektiewe ongehinderd laat aangaan nie. Vandaar die berispende emosionele toon van sy brief. Let bv. op na die taal van konfrontasie (4:18-21), appèl (10:31v), sarkasme (6:5) en ironie (1:26-27) wat hy gebruik. En 2 Korintiërs wys dat dit eers slegter met hulle verhouding gegaan het, voor dit uiteindelik herstel is! Daar was ook groot leemtes in die praktiese Christenskap van die gemeente. Dit raak sake soos: verdeelheid en wysheid (1:10-4:21), bloedskande (5:1-13), hofsake (6:1-11) en prostitusie (6:12-20), waarskynlik ook die vraag na die hoofbedekking van vroue, wat saamhang met die vraag na die algemene rol van vroue in die gemeente (11:2-16), en die nagmaalviering (11:17-34). Paulus raak ook nog 'n klomp ander sake in sy brief aan. Dit gaan oor aspekte soos seks en die huwelik (7:1), ongetroudes (maagde – 7:25), offers aan afgode (8:1), geestelike gawes en die erediens (12:1), offergawes (16:1) en oor Apollos (16:12). Waarom ’n waarskuwing?

11 God se leiding en bevryding
In ons teks begin Paulus sy onderrig deur te verwys na God se genade en verlossing in die lewe van ou Israel in die woestyn. Hy herinner sy lesers (10:1) aan die boodskap wat oor die eeue uit die lewe van die volk kom. Verse 1 en 2 herinner hoe hulle onder die beskerming van die wolkkolom gereis en veilig deur die Rietsee, wat deur die oostewind oopgekloof is, voor Farao se leërmag kon trek. Paulus sê hulle is almal in die wolk en die see gedoop. Net soos die dopeling deur onderdompeling deur water omsluit word, is die volk deur die beskermende wolk en die genadige redding van die Here (die see) gedoop. Vir die Christelike gemeente is die doop die teken van God se geskenk in Christus. Die doop is die teken en seël dat God ons in Christus seën met al die seëninge wat daar in die hemel is. Israel se woestyn-ervaring kan ook met die nagmaal vergelyk word. Die eet van manna (Eks 16:4) en die drink van water uit die rots (Eks 17:6) verwys vir Paulus na geestelike kos en drank. "Geestelik" beteken hier dat die fisiese brood en water ook tekens was van God se sorg en leiding aan die volk. Dit het God se toewyding aan hulle bevestig. Vir Paulus is hierdie versorging iets wat kom uit die geestelike rots wat die volk vergesel het, t.w. Christus. Soos Christus deur die nagmaal teenwoordig en aan die werk is in die gemeente, net so was Hy ook die bron van die Israeliete se geestelike kos en water. Christus is (in die hede, soos ook altyd in die verlede) sowel in die hede as gedurende enige tyd in die verlede intens betrokke. Vader, Seun en Heilige Gees was betrokke by die lewe van die volk van God in die woestyn. God het hulle geseën en gedra. Net so doen die drie-enige God ook in die lewe van die gemeente in Korinte. Daarom is die gebeure in die volk se lewe, en hulle reaksie op God se genade, leiding en versorging van beslissende betekenis vir die Nuwe Testamentiese gemeente van die Here. God se leiding en bevryding

12 Israel se reaksie Israel se reaksie
Vers 5 vertel dat God nie met die volk tevrede was nie. Daarom het hulle in die woestyn omgekom. Waarom was God nie tevrede nie? Die volk het nie binne die ruimte van die verhouding met God gebly nie. Paulus spel ou Israel se reaksie op die Here se genade in groot detail in verse 6 tot 10 uit. Hy verwys hier terug na 5 gevalle uit die geskiedenis van Israel in die woestyn tydens die Uittog, wat vir die Korintiërs as voorbeeld en waarskuwing moet dien: vers 6: sondige begeertes (Num 11:4–35 – waar die volk gestraf word by Kibrot-Taäwa weens hulle lus vir vleis wat hulle in opstand teen die Here laat kom – die Here stuur wel kwartels, maar straf hulle vir hulle gulsigheid – ’n oortreding van die tiende gebod); vers 7: afgodsdiens (Eks 32 – die bekende verhaal van die goue kalf waar die volk die goue kalf as God aanbid het en losbandig te kere gegaan het – net Moses se tussenkoms keer dat die hele volk uitgewis word – ’n oortreding van die eerste twee gebooie); vers 8: onsedelikheid (Num 25 – die verhaal van die Israelitiese mans wat met Moabitiese en Midianitiese vroue seks gehad het as deel van die offers aan Baäl-Peor en deur die Here gestraf is – ’n oortreding van die sewende gebod. Terloops, Moab was een van die kinders van Lot by sy dogters [Gen 19:37]); vers 9: uittarting van God (Num 21:4–9 – die verhaal van die ongeduld van die volk teenoor die Here toe hulle by die Horberg verbygetrek het, en Hom verkwalik het vir die Uittog, en waar die Here giftige slange gestuur het om hulle te straf, maar daar redding was deur die koperslang wat Moses gemaak het); vers 10: verset teen gesag/God (Num 16 – die opstand van Korag, Datan en Abiram teen Moses en Aäron dat hulle gesag as leiers, maar hulle eintlik teen die Here en sy keuses verset, en die Here wat hulle uitwis deur die aarde wat hulle insluk). Hierdie dinge het die gemeenskap tussen God en volk, wat ten alle koste beskerm moet word, in gedrang gebring. Die volk Israel het met sonde, uittarting en opstand op God se liefde gereageer. God het hulle daarvoor verantwoordbaar gehou. Die ongehoorsaamheid het op ramp en ellende uitgeloop. Israel se reaksie

13 Voorbeeld en waarskuwing
'n Voorbeeld en 'n waarskuwing In vers 11 sê Paulus dat die eeue en eras met mekaar praat. Dit wat met die Israeliete gebeur het, is 'n voorbeeld en 'n waarskuwing vir die gemeente van Korinte. Die omstandighede kan moeilik meer uiteenlopend wees : 'n Joodse volk-in-wording in die woestyn, versus Grieksprekende nie-Jode in 'n ekonomies bloeiende samelewing. 'n Eensame, dorre berglandskap versus 'n handelsroete van formaat. Mens kan die lys verskille baie lank maak. Tog is God dieselfde God wat 'n verbond van genade met sy volk gesluit het, waar sy volk verantwoordbaar is oor die wyse waarop hulle in dankbaarheid vir die genade leef. Paulus huiwer nie om die Jode die voorvaders (10:1) van die Korintiërs te noem nie. Die Korintiërs is die geestelike nasate van die volk in die woestyn., Hulle is deel van die eeue-lange beweging van 'n genadige God na die wêreld. Hulle is die wilde olyf wat op die wortel van die mak olyf (Israel) ingeplant is, en steeds vanuit God se genade lewe. Daarom moet wat gebeur het met ou Israel as voorbeeld en as waarskuwing dien. Paulus se motief is om die Korintiërs tot gehoorsaamheid aan te moedig. Daar is 'n dringendheid in sy stem, want die Korintiërs leef al in die einde van die tye. Terwyl Israel in die begin-era van God se aksie in die wêreld geleef het, leef die Korintiërs in die era waar God 'n pad met die volk geloop het sy Seun gestuur het, die Heilige Gees uitgestort het, en sy volk fokus op die eindbestemming van sy bedoelinge met die wêreld. Die insig en ervaring van God se genade is soveel groter. Daarom ook die verantwoordelikheid. Voorbeeld en waarskuwing

14 God gee krag tot gehoorsaamheid
Paulus skets ook die pad uit die versoekings in vers 12. God sal nie toelaat dat ’n mens versoekings kry wat jy nie in staat is om te weerstaan nie, want Hy sal saam met die versoekings ook die uitkoms gee, sodat hulle dit kan weerstaan. God gee ook die genade om versoekings te weerstaan. God se genade is genoeg. Sy genade tot gehoorsaamheid help ons om in gemeenskap met Hom te bly lewe. Niks mag met God in jou lewe kompeteer nie, nie jou eie begeertes nie, nie jou gedrag nie, en ook nie jou (af)godsdiens nie. Ook ons, wat deur die doop in die lewe van Vader, Seun en Heilige Gees ingelyf is, en deur die nagmaal telkens weer deur die genade van God bedien word, kan vanuit hierdie krag tot gehoorsaamheid lewe. God gee krag tot gehoorsaamheid

15 Om besluite te neem Om besluite te neem
Die Bybel vir die Lewe 24/7 (2006: Lux Verbi.BM) gee ’n interessante lysie uit riglyne wat in hoofstuk 10 voorkom, wat jou kan help wanneer jy besluite moet neem: Is dit waaroor ek moet besluit goed en opbouend? Is dit tot eer van God? Sal dit ander laat struikel of aanstoot gee? Volg ek Jesus se voorbeeld hierin? Het ek vrede in my hart of bly ek twyfel? Wat sê my gewete? Om besluite te neem

16 Jy kommunikeer Jy kommunikeer
Besluite is belangrik. Ons keuses kommunikeer. Mens kan gerus onthou dat jou lewe 'n boodskap uitstraal. Ook na jou dood. Blykbaar wil baie mense nie inteken op Deathswitch nie. Mense hou nie daarvan om aan hulle dood te dink nie. Wat nog daarvoor te beplan? Wat nog om te onthou dat hoe jy vandag lewe 'n boodskap dra wat ook na jou dood sal voortbestaan? Paulus nooi ons uit om so te leef en so te kies dat ons lewens 'n heilsame boodskap bly kommunikeer. Vir nou, maar ook vir die geslagte en tye wat kom. Jy kommunikeer

17 God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed
Geloofsbelydenis Die Geloofsbelydenis van Nicea Ons glo in een God, die almagtige Vader, die Skepper van hemel en aarde, van alle sigbare en onsigbare dinge; en in een Here Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, voor al die eeue uit die Vader gebore: Hy is God uit God, lig uit lig, ware God uit ware God, gebore, nie gemaak nie, een in wese met die Vader, deur wie alles tot stand gekom het. Hy het ter wille van ons, mense, en ons saligheid uit die hemel neergedaal en het deur die Heilige Gees uit die maagd Maria vlees geword; Hy het mens geword; onder Pontius Pilatus is Hy gekruisig; Hy het gely en is begrawe. Op die derde dag het Hy volgens die Skrifte opgestaan, en Hy het na die hemel opgevaar. Hy sit aan die regterhand van die Vader, en Hy sal met heerlikheid terugkom om die lewendes en die dooies te oordeel. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie. Ons glo in die Heilige Gees, wat Here is en lewend maak. Hy gaan van die Vader en die Seun uit, en Hy word saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik. Hy het deur die profete gespreek. Ons glo aan een, heilige, algemene en apostoliese kerk. Ons bely een doop tot vergifnis van sondes. Ons verwag die opstanding van die dooies en die lewe van die toekomstige bedeling. Amen. Offergawes Wegsending Lied 500 God’s dade is volmaak en goed vs 1,2,3 Seën Numeri 6:24-26 24Die Here sal julle seën en julle beskerm; 25die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; 26die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! Amen Musikale Amen Lied 312/313/314/315/ of F361. Laat Dit So Wees (Amen) (RUBRIEK: Kersflam – Gebed) Teks en musiek: Neil Büchner Kopiereg:  Flam Musiek-Uitgewers Laat dit so wees, Here, Amen. Heer, laat ons leef soos U leer Here, Amen. God stuur ons om te leef

18 Volgende erediens: 2 Korintiërs 5:16-21 Volgende erediens
Liturgie, Familie-oomblik en Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk

19


Download ppt "1 Korintiërs 10:1-13 PowerPoint agtergrond"

Similar presentations


Ads by Google