Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Lukas 3:7-18 Die agtergrond wat hier gebruik word sinspeel op die teks wat sê ons moet vrugte dra.

Similar presentations


Presentation on theme: "Lukas 3:7-18 Die agtergrond wat hier gebruik word sinspeel op die teks wat sê ons moet vrugte dra."— Presentation transcript:

1 Lukas 3:7-18 Die agtergrond wat hier gebruik word sinspeel op die teks wat sê ons moet vrugte dra.

2 Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

3 - Derde Sondag van Advent -
Blydskap Sondag - Derde Sondag van Advent - Dit is vandag Blydskap Sondag, die derde Advent Sondag, waar ons die rooskleurige Advent kers aansteek.

4 ’n Noorse rolprent van ’n paar jaar gelede, The other side of Sunday, het gehandel oor ’n dogter in ’n pastorie wat in opstand kom teen die vreugdelose Christenskap van haar pa se gemeente. Sy wou God met vreugde aan die ander kant van ’n Sondag dien. Paulus roep ons ook in Fil. 4:4 op om te sê “Verbly jul in die Here”. Steek derde kers aan

5 Flam 103 Kersfees is ’n vreugdefees. Jesus is nou hier Hy wil by sy mense wees om saam met hulle fees te vier. Flam 103 – ’n Kinderlied vir Kersfees

6 Kersfees is ’n Christusfees as ons net verstaan, dat Hy nie net in ’n krip lê nie, maar ook aan ’n kruis moes hang.

7 Vir jou en my het Jesus mens geword. Hy het gely om ons die lewe te gee. Maak oop jou hart en laat Sy vrede in. Kersfees sal dan in jou begin.

8 Kersfees is ’n vreugdefees. Jesus is nou hier
Kersfees is ’n vreugdefees. Jesus is nou hier. Hy wil by Sy mense wees dat hul kan glo in Hom.

9 Kersfees is ’n vreugdefees as ons net verstaan, dat Hy nie net in ’n krip lê nie, maar ook deur ’n graf moes gaan.

10 Vir jou en my het Jesus mens geword. Hy het gely om ons die lewe te gee. Maak oop jou hart en laat Sy vrede in. Kersfees sal dan in jou begin.

11 Nie net een keer in ’n jaar nie! Kersfees elke dag heel jaar.

12 Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

13 Historiese agtergrond van Lukas 3
Tiberius Pontius Pilatus Herodes Antipas Annas en Kajafas Jy kan herhaal wat gesê is by Luk 3:1-6 Die historiese Johannes en Jesus was vir Lukas baie belangrik gewees. Daarom doen hy moeite om hulle bedienings histories te veranker. So vertel hy dat Tiberius met die begin van Jesus se bediening reeds vyftien jaar keiser van die Romeinse ryk was (d.w.s. die jare n.C.), Pontius Pilatus die goewerneur van Judea en Herodes Antipas koning van Galilea (4 v.C. tot 39 n.C.). Hy vermeld ook dat Annas (6-15 n.C.) en Kajafas (18-36 n.C.) die hoëpriesters was.[1] Johannes het dus sy bediening iewers tussen September 27 n.C. en Oktober 28 n.C. begin.

14 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

15 Johannes die Prediker! Jy kan gerus die opmerkings by Luk 3:1-6 onder “Luister na God se Woord” lees, wat ook hier van toepassing is. Johannes se Prediking: Ons ken Johannes na aanleiding van sy bynaam "Die Doper" (ωάννης βαπτίζων). Eintlik is dit ’n ietwat misleidende bynaam want eintlik is hy 'n prediker (vers 18). Hy is myns insiens ook eerder 'n politieke aktivis as 'n blote Baptis!

16 “Some assembly required"
’n Predikant skryf die volgende (vertaal maar self): The kind of tension I have experienced at Christmas has nothing to do with the texts that are set before us, but the tasks that are set before me on Christmas Eve after the 11:00 service. When my children were small, that was when I would head home and get their presents wrapped and ready. The most horrifying experience was to open a box and find a slip that read "some assembly required." Well, that meant to someone like me, "You are going to be up all night and lose any religion you got from that Christmas Eve service." Or on other occasions, I would find the instructions at the bottom of the box after having put most of the toy together. My kids still laugh to this day about the tricycle I was assembling that turned out to be a small swing set. The best story I have ever heard was about parents who got a tree house to assemble for their kids, but it had instructions enclosed for a sailboat. Apparently the company caught their mistake and put a last minute disclosure on the box. The slip read: "While we regret the inconvenience the mistake must have caused you, it is nothing compared to that of the man who is out on a lake somewhere trying to sail your tree house." The greatest stress of the season is often experienced just after the 11:00 service, especially when "some assembly is required."

17 Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

18 Hoekom is jy nou so stil? Hulle vertel die storie van die prediker wat die uitdagende preek gehad het; Hy’t gesê dat as jy twee huise het, dan vra die Here jou om een huis weg te gee. En as jy twee motors het, dan vra die Here jou om een weg te gee vir die Here. Elke keer skreeu die gemeente “Amen”. Veral een ou was baie luidrugtig en oënskynlik meegevoer deur die preek. Toe sê die prediker: “En as jy twee hemde het, gee dan die een weg vir die Here”. Die keer was die man stil, daar was geen “Amen” nie. Die prediker vra toe: “Hoekom is jy dan nou so stil, broer?” Waarop die man antwoord: “Want ek hét twee hemde”.

19 Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor

20 Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

21 Kan mense sien wie se Naam jy dra?
’n Joodse paartjie was aan die stry oor die naam vir hulle eersgeborene. Uiteindelik moes hulle die rabbi vra om tussenbeide te kom. “Wat is die probleem?” het die rabbi gevra. Die vrou het eerste gepraat: “My man wil ons seun na sy pa vernoem en ek wil hom na my pa vernoem.” “Wat is jou pa se naam?” het hy vir die man gevra. ”Josef.” “En wat is jou pa se naam?” het hy vir die vrou gevra. Die rabbi het verslae gevra: “Maar wat is die probleem dan?” Dit was weer die vrou wat geantwoord het: “Sy pa was ’n perdedief en my pa was ’n regverdige man. Hoe sal ek weet my seun is na mý pa vernoem en nie na syne nie?” Die rabbi het lank nagedink en toe geantwoord: “Noem die seun Josef. Kyk dan of hy ’n perdedief of ’n regverdige man word. Dan sal julle weet wie se naam hy dra!” Om jouself ’n kind van God te noem, is een ding. Om ’n kind van God genoem te word deur diegene wat ons dophou, is geheel en al iets anders!

22 “Wat moet ons doen?” Ons het waarskynlik dieselfde behoefte as wat die mense van destyds gehad het - in vers 10 staan daar: “Wat moet ons doen?” Hoe moet ons leef aan die anderkant van Sondag? Johannes kom met baie praktiese raad in vers 11 tot 14 - dinge wat binne ons bereik is.

23 Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

24 Johannes was Jesus se voorbereider Johannes is ondergeskik aan Jesus
Johannes en Jesus Johannes was Jesus se voorbereider Johannes is ondergeskik aan Jesus Johannes en Jesus: Ons kan Johannes nie sonder ’n verwysing na Jesus verstaan nie. ·        Johannes die Doper is in woord en daad die voorbereider vir Jesus. Hy is Elia-redivivus wat gestuur is om die volk van Israel voor te berei vir hulle ontmoeting met die komende Messias. Só antisipeer Johannes se oproep tot bekering Jesus s’n, terwyl sy doop die dopelinge vir die bediening van Jesus voorberei het. ·        Johannes is te alle tye ondergeskik aan Jesus deurdat Hy as voorbereider vir Jesus nie sy gelyke is nie. ·        Daar is duidelike ooreenkomste tussen Jesus en Johannes, maar ook besliste verskille. Die belangrikste ooreenkomste tussen Jesus en Johannes is ten opsigte van hulle boodskap. Beide word geopponeer deur die Fariseërs en die Sadduseërs. Beide vra om bekering en tree met die gesag van die hemel op. Al twee word as profete beskou, en word verwerp om soos misdadigers tereggestel te word, waarna hulle deur hul dissipels begrawe word. Die verskille tussen Jesus en Johannes: Jesus het met sondaars omgegaan, terwyl Johannes ’n askeet was. Johannes verkondig verder oordeel, terwyl Jesus die koms van die koninkryk van die hemele verkondig het. Waar Johannes in die teken van die verwagting van God se koninkryk optree, tree Jesus op as die vervulling daarvan. ·        Vir Johannes was God se oordeel naby gewees. Die byl was teen die boom se stomp. God se oordeel kon nie ontvlug word, of afgemaak word as gevolg van herkoms nie. Die enigste gepaste reaksie was daadwerklike bekering.

25 Johannes en Jesus Boodskap stem baie ooreen Albei is profete
Sterk opposisie van geestelike leiers Beide roep mense tot bekering Gesag uit die hemel Johannes en Jesus: Ons kan Johannes nie sonder 'n verwysing na Jesus verstaan nie. Johannes die Doper is in woord en daad die voorbereider vir Jesus. Hy is Elia-redivivus wat gestuur is om die volk van Israel voor te berei vir hulle ontmoeting met die komende Messias. Só antisipeer Johannes se oproep tot bekering Jesus s'n, terwyl sy doop die dopelinge vir die bediening van Jesus voorberei het. Johannes is te alle tye ondergeskik aan Jesus deurdat Hy as voorbereider vir Jesus nie sy gelyke is nie. Daar is duidelike ooreenkomste tussen Jesus en Johannes, maar ook besliste verskille. Die belangrikste ooreenkomste tussen Jesus en Johannes is ten opsigte van hulle boodskap. Beide word geopponeer deur die Fariseërs en die Sadduseërs. Beide vra om bekering en tree met die gesag van die hemel op. Al twee word as profete beskou, en word verwerp om soos misdadigers tereggestel te word, waarna hulle deur hul dissipels begrawe word. Die verskille tussen Jesus en Johannes: Jesus het met sondaars omgegaan, terwyl Johannes 'n askeet was. Johannes verkondig verder oordeel, terwyl Jesus die koms van die koninkryk van die hemele verkondig het. Waar Johannes in die teken van die verwagting van God se koninkryk optree, tree Jesus op as die vervulling daarvan. Vir Johannes was God se oordeel naby gewees. Die byl was teen die boom se stomp. God se oordeel kon nie ontvlug word, of afgemaak word as gevolg van herkoms nie. Die enigste gepaste reaksie was daadwerklike bekering.

26 Johannes en Jesus Jesus gaan met sondaars om – Johannes was askeet
Johannes verkondig oordeel – Jesus genade Johannes was teken van verwagting – Jesus was vervulling Johannes en Jesus: Ons kan Johannes nie sonder 'n verwysing na Jesus verstaan nie.     Johannes die Doper is in woord en daad die voorbereider vir Jesus. Hy is Elia-redivivus wat gestuur is om die volk van Israel voor te berei vir hulle ontmoeting met die komende Messias. Só antisipeer Johannes se oproep tot bekering Jesus s'n, terwyl sy doop die dopelinge vir die bediening van Jesus voorberei het. Johannes is te alle tye ondergeskik aan Jesus deurdat Hy as voorbereider vir Jesus nie sy gelyke is nie. Daar is duidelike ooreenkomste tussen Jesus en Johannes, maar ook besliste verskille. Die belangrikste ooreenkomste tussen Jesus en Johannes is ten opsigte van hulle boodskap. Beide word geopponeer deur die Fariseërs en die Sadduseërs. Beide vra om bekering en tree met die gesag van die hemel op. Al twee word as profete beskou, en word verwerp om soos misdadigers tereggestel te word, waarna hulle deur hul dissipels begrawe word. Die verskille tussen Jesus en Johannes: Jesus het met sondaars omgegaan, terwyl Johannes 'n askeet was. Johannes verkondig verder oordeel, terwyl Jesus die koms van die koninkryk van die hemele verkondig het. Waar Johannes in die teken van die verwagting van God se koninkryk optree, tree Jesus op as die vervulling daarvan. Vir Johannes was God se oordeel naby gewees. Die byl was teen die boom se stomp. God se oordeel kon nie ontvlug word, of afgemaak word as gevolg van herkoms nie. Die enigste gepaste reaksie was daadwerklike bekering.

27 Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

28 Bekeer julle Laat doop julle Dra vrug
Hy verwag meer as dat mense net hulleself sal laat doop – hy verwag aksie van hulle. God verwag naamlik nuwe gedrag van ons wat getuig van ons aanvaarding van Sy koninkryk. Nóg herkoms nóg die doop kan jou red. Net daadwerklike bekering. Hoor mooi wat die mense vra wat by herhaling deur die Gees geroer is – “Wat moet ons doen (vers 10, 12 en 14)?” Johannes se antwoord: bekeer julle, laat julle doop en dra vrug. Bekeer julle. Bekering was ten tye van Johannes se optrede ’n sentrale begrip in die Vroeg-Jodedom. Sommige het dit as ’n herhaalde proses van die betoning van berou, deur rituele soos om te vas en te rou, gesien. By die profete, soos Johannes, dui dit egter op die radikale, eenmalige, terugkeer tot verbondstrou deur die afgedwaalde volk in die lig van God se komende oordeel. Laat julle doop. Die verwysing na ’n doop met vuur en die Heilige Gees dui op die dubbele taak van die Messias. Hy sal die goddeloses vernietig en die regverdiges heilig deur hulle te louter. Wat Johannes se doop antisipeer, (bekering en vergifnis) sou in die werk van Jesus as Messias realiseer. Die een Messiaanse doop sou egter radikaal verskillend deur die regverdiges en die goddeloses ervaar word. Dra vrug. Vrugte van ekonomiese en sosiale geregtigheid. Alledaagse mense moet die armes help (vers 11), tollenaars moet mense nie uitbuit nie (vers 13) en soldate moet nie die bevolking afpers nie (vers 14).

29 Luister-produkte Ontmoetings Coenie Burger Bestel by: 0860 BMEDIA
Uitsonderlike Bybelstudie-pakket oor die wil en plan van God met elke gelowige Leierspakket: R150.40 Handboek Deelnemersgids Dubbel-DVD Deelnemerspakket: R139.72 8 x Deelnemersgidse Bestel by: 0860 BMEDIA


Download ppt "Lukas 3:7-18 Die agtergrond wat hier gebruik word sinspeel op die teks wat sê ons moet vrugte dra."

Similar presentations


Ads by Google