Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Filippense 4:1-9 4 Daarom, my broers, moet julle vas staan en getrou bly aan die Here. Ek het julle baie lief en verlang na julle. Julle is my blydskap.

Similar presentations


Presentation on theme: "Filippense 4:1-9 4 Daarom, my broers, moet julle vas staan en getrou bly aan die Here. Ek het julle baie lief en verlang na julle. Julle is my blydskap."— Presentation transcript:

1 Filippense 4:1-9 4 Daarom, my broers, moet julle vas staan en getrou bly aan die Here. Ek het julle baie lief en verlang na julle. Julle is my blydskap en my kroon. Die Christelike lewenswandel 2Ek vermaan vir Euodia en ek vermaan vir Sintige om eensgesind te wees in die Here. 3Ja, ek vra jou ook, getroue medewerker, wees hierdie vroue behulpsaam. Hulle het saam met my die stryd gevoer in diens van die evangelie, net soos Klemens ook en my ander medewerkers, wie se name in die boek van die lewe staan. 4Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! 5Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. 6Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. 7En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. 8Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is—watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees—daarop moet julle julle gedagtes rig. 9En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.

2 Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

3 There are two kinds of people in the world: the ones that suck the life out of every day, and the ones that let every day suck the life out of them. Bill Purdin There are two kinds of people in the world: the ones that suck the life out of every day, and the ones that let every day suck the life out of them. --  Bill Purdin

4 “Wat binne is, kom uit as dit gestamp word”
Hudson Taylor Hudson Taylor was ’n sendeling in China. Dit word vertel dat elke keer as hy hoor van iemand wat ook daar wou gaan sendingwerk doen, het hy iewers tee saam met hulle gaan drink. Gedurende die tee drinkery het hy blykbaar die koppie gestamp en die tee het op die tafel gespat. “Wat het uit die koppie gekom?” wou hy weet. Die kandidaat het altyd verbaas oor die vraag geantwoord: “Tee, natuurlik!” Taylor sou dan aangaan: “Wat waar is van hierdie teekoppie, is waar van jou lewe: wat binne is, kom uit as dit gestamp word.” Die meeste van ons kan nogal baie nice mense wees - solank niks teen ons stamp nie! Maar wanneer die stampe kom, wat kom dan uit? Hopelik Jesus-dinge!

5 Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

6 “Maak jou hart vol”-kompetisie
Familie oomblik: “Maak jou hart vol”-kompetisie In Filippense 4 is daar twee hoofgedagtes wat Paulus wil hê in ons harte moet wees nl. VREUGDE & VREDE. Ons gaan nou probeer agterkom waarvan ons ons harte moet volmaak sodat daar Vreugde en Vrede in ons harte kan wees. Die kerk is vol leidrade geplak en ons gaan kyk wanneer die hart vol vreugde en vrede raak. Plak allerlei leidrade op wat die kinders moet gaan soek, maar baie belangrik: plak die leidrade almal redelik laag in die kerk. Die leidrade kan iets wees soos: “Onder die konsistorie-tafel” of “Teen die orrel se kant” of “Teen die kerkkantoor deur”. Plak voor die tyd die antwoorde daar vas. Die kinders wat die leidraad kry, moet die antwoord gaan soek - daar waar die leidraad sê dit gaan wees - en dit vir jou bring. (Om dit meer visueel te maak kan jy ’n ♥ met ’n huilgesiggie op hê en ’n ♥ met ’n laggesiggie. Elke keer as die verkeerde leidraad by jou kom, dan hou jy net die huilgesiggie op.) Elke keer as ’n kind met ’n antwoord kom, sê jy: “Ons harte sal vol vreugde en vrede wees as ons dit vol maak met _ _ _ _” Voorbeelde van antwoorde gaan wees: Geld - Besittings – Gewildheid – Dwelms – Drank - Kos Die hele idee is dat al die antwoorde verkeerd gaan wees en dat jy elke keer die huilgesiggie gaan ophou. Die regte leidraad is egter “Kyk by die doopvont” - maar dié leidraad moet jy iewers hoog plak en seker maak dat hulle dit nie so maklik raaksien nie. Dalk moet jy dit kamoefleer sodat hulle dit laaste kry. Skryf dan vers 8 as antwoord neer en sit dit by die doopvont. Die een wat die regte antwoord bring, kan dan beloon word.

7 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

8 Filippense 4:1-9 Vers 1 - Die vers is die slot en samevatting van die voorafgaande gedeelte (soos gedruk in die NAV). Die belangrikste daarvan is hoe intiem Paulus hier oor sy vriende in Filippi praat. Hy noem hulle sy “broers”, “geliefdes”, “vreugde en kroon” en “die na wie hy verlang”. Dit is binne dié besondere verhouding met die gelowiges in Filippi dat Paulus sy appèl van 1:27-30 hier kernagtig herhaal deur hulle op te roep om “vas te staan in die Here”. Dis ook die intieme verhouding wat Paulus die reg gee om van hulle direk aan te spreek en te vermaan soos in die volgende twee verse. Dis naamlik uiters ongewoon vir Paulus om mense direk by die naam tereg te wys in sy briewe (Kol 4:17 is die enigste moontlike parallel). Vers In die paar verse versoek Paulus sy “metgesel” om vir twee vroue in die gemeente wat stry gekry het, Euodia en Sintige, te help om weer soos vriende te leef. Hulle moet naamlik “saamstem in die Here” of soos die OAV dit stel “eensgesind in die Here wees” - wat vriendskapstaal is. Volgens die Grieke dink vriende dieselfde (hulle is m.a.w. eensgesind”). Die moontlikheid bestaan dat hulle prominente leiers in die gemeente was en nie net twee vrouens was wat haaks met mekaar was nie. Die feit dat Paulus die moeite doen om hulle direk aan te spreek dui op die belangrike posisie wat hulle in die gemeente beklee het. Paulus beskou dan ook beide van die vroue as medestryders van hom. Wie die “getroue metgesel” (gnēsie syzyge) is aan wie Paulus sy versoek rig, is nie duidelik nie. Voorstelle wissel van Timoteus tot ’n moontlike vrou van Paulus (Klement van Alexandrië)! Trenchard vertaal die hapax legomena syzyge in vers 3 met “kameraad” om dit duidelik te maak dat dit op ’n nouer samewerking dui as die tussen medewerkers. Sommige neem dit weer as ’n eienaam. Vers Die gedeelte verwoord van die bekendste gedagtes van die Filippense-brief. In die gedeelte roep Paulus gelowiges op om hulle vreugde in Jesus en nie hulle omstandighede te vind nie, sagmoedig op te tree en om oor niks bekommerd te wees nie, maar om eerder hulle bekommernisse deur gebed aan God bekend te maak. Gebed is so belangrik dat Paulus hier vier verskillende woorde vir gebed gebruik. As gelowiges so leef, sal hulle ontdek dat die vrede van God - wat alle verstand te bowe gaan - hulle hart en gedagtes bewaak! Anders gestel: ware vrede kan alleen deur gebed bekom word. Wat hou vandag egter ons gedagtes gevangene? Vrees in plaas van vrede? Vers In die laaste appèl van Paulus roep hy die Filippense op om op ’n nuwe wyse te dink én te leef (vers 9). Paulus gebruik hier verskeie terme uit die Griekse morele literatuur om die gemeente daaraan te herinner dat hulle optrede die van die heidene om hulle moes oortref. Die woorde is dus nie eie aan die Christelike geloof nie, maar was wyd gebruik in die antieke Griekse wêreld. Paulus struktureer sy oproep deur ’n stel van ses etiese kwalifikasies op te noem wat elkeen deur ’n relatiewe frase verwoord word. - alles wat waar is - dui op alles wat in gedagte en daad waar is. - alles wat edel is - dui op dit wat eerbied en respek ontlok. Dit kan ook met “waardig” of “eerbaar” vertaal word” Hawthrone - It refers to lofty things, majestic things, things that lift the mind from the cheap and tawdry to that which is noble and good and of moral worth. - alles wat reg is - dui op iets wat voldoen aan die eise van God en ander. Hawthrone - It concerns giving to God and men their due. It involves duty and responsibility. It entails satisfying all obligations. - alles wat rein is - het twee moontlike betekenisse. Eerstens om soos God te wees (d.w.s. sonder sonde of gebrek) en tweedens om seksueel suiwer te leef. Hawthrone - It means “pure” . But this meaning is not to be restricted to the idea of “chaste” in the sense of freedom from bodily sins. It may also refer to ceremonial cleanness which fits someone or something for God, for his presence and service. - alles wat mooi is - dui op dit wat liefde en plesier na vore bring - ’n mens sou dit met “aantreklik” kon vertaal. Hawthrone - that which calls forth love,” hence, “lovely,” “amiable,” “attractive,” “winsome.” - alles wat prysenswaardig is - dui op dit wat mense opbou en hulle nie afbreek nie. It is used, therefore, of “expressing what is kind and likely to win people, and avoiding what is likely to give offence” (Plummer). Paulus vat alles dan saam deur die gemeente op te roep om elke deug of lofwaardige saak te bedink (m.a.w. hulle gedagtes daarop te fokus). Let op hoedat Paulus te kenne gee dat hy die gedrag aan hulle geleer en voortgeleef het in vers 9. [1] [1] Primêre kommentare gebruik GF Hawthorne Philippians. WBC 43. PT O'Brien The Epistle to the Philippians. NIGTC. RR Melick Philippians, Colissians, Philemon. NAC 32 M Silva Philippians. 2nd ed. ECNT.

9 Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

10 Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor

11 Lees die Bybel en die koerant – sodat jy kan weet van aan beide kante gebeur Zig Ziglar
Zig Ziglar vertel tong in die kies dat elke dag as hy wakker word, hy sy Bybel lees en dan die plaaslike koerant - sodat hy kan weet wat gebeur aan beide kante!

12 Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

13 Ek dink, daarom is ek Descartes
Descartes se beroemde aanhaling: “Ek dink, daarom is ek!”

14 Dit wat ek dink, bepaal hoe ek optree
Jy kan nie een ding dink en iets anders ervaar nie! Jy kan nie krities oor jou huweliksmaat dink, selfs as jy glo dit is geregverdig, en dan egte intimiteit ervaar nie! Jy kan nie negatief dink en positief leef nie; net so min as wat jy appel saadjies kan plant en verwag om lemoene te oes nie!

15 70% van ons dag bestaan uit kommunikasie met ander - met onsself selfs nog meer
Ongeveer 70% van ons “wakker”deel van die dag word deurgebring deur een of ander vorm van kommunikasie. Jy praat tussen woorde per minuut! [1] Maar navorsing sê ons “praat met onsself” egter teen baie meer woorde per minuut as dit! En hierdie innerlike gesprek word nooit afgeskakel nie- daarom vorm hierdie self praat-denke wie jy is. Terloops, die gemiddelde persoon het ± gedagtes per dag! [1] Jy ken duidelik nie mý vrou wanneer sy kwaad is nie! 

16 Gedagtes is nie neutraal nie
Geen gedagtes is neutraal nie. As jy negatiewe gedagtes dink, sal jy negatief optree. Ons lewe in moeilike tye. Dit is soms moeilik om positief en hoopvol te bly.

17 4:8-beginsel alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is—watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees—daarop moet julle julle gedagtes rig. Paulus se ‘4:8-beginsel’ kan ons help. Hy sit in die tronk in Rome – sy omstandighede is aaklig. Hy wag op sy dood, hy skryf aan mense wat vervolg word vir hulle geloof – net soos hy ook destyds in Filippi vervolg is!

18 ’n Dink-lys in plaas van ’n doen-lys
Paulus gee vir ons ’n dink-lys in plaas van ’n doen-lys. Wanneer ons soek vir die plekke waar God se karakter gesien word, word ons herinner aan Sy teenwoordigheid in ons lewe en ervaar ons seën!.

19 Rig jou gedagtes op ... Alles wat WAAR is Alles wat EDEL is Alles wat REG is Alles wat REIN is Alles wat MOOI is Alles wat PRYSENSWAARDIG is Luister na die laaste gedeelte van vers 8 “watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees; daarop moet julle gedagtes gerig wees”. In Fil 4:8 leer ons: Daar sal altyd gemors wees - dinge om oor te kla Daar sal goeie goed wees - iets om voor dankbaar te wees Ons kan ons vrye wil uitoefen – kies om positief of negatief te wees! Maar hy sê: Rig jou gedagtes op ... Alles wat WAAR is Alles wat EDEL is Alles wat REG is Alles wat REIN is Alles wat MOOI is Alles wat PRYSENSWAARDIG (gracious) is

20 Hou jy negatiewe emosies binne of spreek jy dit uit?
Wanneer jy negatiewe emosies het, het jy ’n paar basiese keuses: jy kan dit onderdruk, deur dit in jou binnekant begrawe te hou - maar dan maak dit jou uiteindelik siek! Of jy kan jou negatiwiteit uitdruk aan die mense die naaste aan jouself - en dan maak jy hulle “siek” in die kort termyn. Baie mense dink dis die enigste opsies (maw onderdrukking en uiting gee of verwoord is die enigste gereedskap in die emosionele gereedskapkas). Dis dan soos die ou spreekwoord sê: If the only tool you have is a hammer, then everything starts to look like a nail!!.

21 Konstruktiewe 4:8-denke
Wet van Aandag Jy blus die negatiewe vuur in jou gedagtes deur positiewe konstruktiewe ‘4:8-denke’. Die Wette van positiewe, konstruktiewe denke lyk so: Wet van Aandag Dit is die ‘Fil 4:8-beginsel’ in ’n neutedop: Waarop ook al jy jou gedagtes vestig, dit word meer en meer prominent in jou gedagtes! Hoe meer jy positiewe goed oor jou eggenoot dink, hoe meer begin jy positief teenoor haar optree! Hoe meer jy begin dink oor God se beloftes, hoe meer begin jy daaruit lewe! Jy voel altyd waarop jy fokus! [1] Hou op om te praat net oor dit wat verkeerd is in ons land, met ons gemeente, met jou huwelik, met jou kinders, met jou ouers... fokus op God-goed, want Hy is immers nie dood nie! [1] Die agtergrond van die PowerPoint

22 Konstruktiewe 4:8-denke
Wet van Uitruiling Wet van Uitruiling Jy kan ’n negatiewe gedagte uit die pad skop deur ’n positiewe gedagte. Neem golf as voorbeeld. As jy vir jouself sê, ek gaan nie in die sandgat slaan nie... dan fokus jy op... die sandgat! Nee, dink eerder aan iets heeltemal anders – fokus op die setperk! As jou eggenoot jou irriteer oor klein goedjies, fokus op die dinge waarvan sy hou, op haar sterkpunte... Alles wat WAAR is, Alles wat EDEL is, Alles wat REG is, Alles wat REIN is, Alles wat MOOI is, Alles wat PRYSENSWAARDIG (gracious) is[1] Die agtergrond van die PowerPoint.

23 Konstruktiewe 4:8-denke Wet van Omkeerbaarheid

24 Fake it till it becomes real Fake it ‘till you make it
Wet van Omkeerbaarheid “Fake it till it becomes real” (Fake it ‘till you make it)

25 “86% of the word emotion is motion.”

26 “Act your way into new ways of thinking”

27 Voel soos God wil hê jy moet voel
Begin optree soos jy wil voel, soos God wil hê jy moet voel... ek is bang... maar Hy belowe in Sy Woord-wees sterk en vol moed, want Ek is by jou!!!

28 Gevolge van positiewe denke

29 waarop ons fokus, affekteer hoe ons voel
die dinge waarop ons fokus, affekteer hoe ons voel David McClellan, ’n sielkundige by Harvard Universiteit, het ’n studie gedoen met interessante implikasies. Hy het ’n groep studente ’n film oor Moeder Teresa laat kyk terwyl hy hulle liggame se produsering van teenliggaampies gemonitor het. Teenliggaampies help ons om infeksie te beveg. Hy ontdek toe dat terwyl die studente hierdie opbouende fliek gekyk het, hulle teenliggaampie vlak ongelooflik gestyg het - selfs hulle wat nie van Moeder Teresa gehou het nie. Toe wys hy vir hulle ’n fliek oor Attila the Hun en hierdie keer het hulle teenliggaampies se vlakke gedaal. Die implikasies is duidelik: die dinge waarop ons fokus, affekteer die manier hoe ons voel... fokus op die positiewe of soek vir die goeie en dit affekteer jou hele menswees!

30 “Slegte tye, harde tye, dis wat mense aanhou sê, maar laat ons goed doen, en tye sal goed wees. Ons is die tye: soos ons is, so is die tye!” Augustinus Ons lewe in uitdagende tye, sit die 4:8 bril op en kyk daarmee na ons tye en dit verander jou ingesteldheid op die lewe... Augustinus het gesê: “Slegte tye, harde tye, dis wat mense aanhou sê, maar laat ons goed doen, en tye sal goed wees. Ons is die tye: soos ons is, so is die tye!”

31 Hoe was die mense in die dorp waarvandaan jy kom?
Dit laat dink my aan die wonderlike storie van ’n man wat ’n dorp nader en by ’n ou man langs die pad stop en vir hom vra: “Hoe is die mense in die dorp?” Die ou man vra die man: “Hoe was die mense in die dorp waarvandaan jy kom?” “O, hulle was ’n klomp skinderbekke, rugstekers en hulle het nooit ’n goeie woord oor enige iemand te sê nie!” “Daardie tipe mense gaan jy in die dorp ook kry!” het ou man geantwoord. Die man het mismoedig daar weggery. Kort daarna kom ’n ander man uit dieselfde rigting as die vorige man by die ou man aan. “Vriend, hoe is die mense in die dorp?” vra die man op die perd. Die ou man vra ook vir hierdie man: “Hoe was die mense in die dorp waarvandaan jy kom?” “O, fantasties, wonderlik, jy sal nie ’n beter klomp mense saam op aarde kry nie!” Die man het fluitend by die dorp ingery.

32 Wees positief! Sit die 4:8 bril op: Wees positief!

33 Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

34 Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

35 Ons leef die teenoorgestelde!
Maar ons leef graag anders… hier is sommige mense se daaglikse weergawe van Fil 4:8: “8. Verder, familie, alles wat onwaar is, alles wat onedel is, alles wat onreg en verkeerd is, alles wat onrein is, alles wat lelik is, alles wat onprysenswaardig is - watter ondeug of onlofwaardige saak daar ook mag wees - daarop moet julle julle gedagtes rig en met julle bure oor praat.” As jy daarop fokus, kan jy altyd iets negatief kry!

36 Fokus op die regte goed Maar die 4:8-beginsel daag jou uit, help jou om die kollig op die regte goed in jou lewe te plaas, jou denke te marineer in God-dinge.

37 Fokus op die regte goed Wat is die 5 dinge wat waar, edel, reg, rein, mooi en prysenswaardig in jou lewe is? Wat is die5 dinge wat waar, edel, reg, rein, mooi en prysenswaardig is waarvoor jy dankbaar is? Pas hierdie 4:8 vrae op jou lewe toe: Wat is die 5 dinge wat waar, edel, reg, rein, mooi en prysenswaardig in jou lewe is? Wat is die 5 dinge wat waar, edel, reg, rein, mooi en prysenswaardig is waarvoor jy dankbaar is?

38 Fokus op die regte goed Wat is die 5 dinge wat waar, edel, reg, rein, mooi en prysenswaardig wat jy al in jou lewe bereik het? Wie is die 5 mense wat waar, edel, reg, rein, mooi en prysenswaardig in jou lewe is? Pas hierdie 4:8 vrae op jou lewe toe: Wat is die 5 dinge wat waar, edel, reg, rein, mooi en prysenswaardig wat jy al in jou lewe bereik het? Wie is die 5 mense wat waar, edel, reg, rein, mooi en prysenswaardig in jou lewe is?

39 Fokus op die regte goed Watter 5 dinge wat waar, edel, reg, rein, mooi en prysenswaardig is, sien jy na uit in volgende 7 dae? Pas hierdie 4:8 vrae op jou lewe toe: Watter 5 dinge wat waar, edel, reg, rein, mooi en prysenswaardig is, sien jy na uit in volgende 7 dae?

40 Volgende week: 1 Tess 1:1-10 Volgende week: 1 Tess 1:1-10


Download ppt "Filippense 4:1-9 4 Daarom, my broers, moet julle vas staan en getrou bly aan die Here. Ek het julle baie lief en verlang na julle. Julle is my blydskap."

Similar presentations


Ads by Google