Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
1
Markus 7:24-37 PowerPoint agtergrond
Die agtergrond van ‘n kind by ‘n akwarium (in hierdie geval die Twee Oseane Akwarium by die waterfront in Kaapstad) sluit aan by die storie van Philip Yancey se soutwater akwarium (inleiding tot die preekriglyn). Die punt van die illustrasie word verder versterk met die tweede foto van ‘n kind wat met behulp van ‘n spesiale glaskoepel haarself binne in die watertenk omring van vissies verwonder aan die natuurskoon. Die fotograaf skrywe hieroor soos volg: The Cape Town Aquarium, has a double layered cylindrical tank that allows children to climb inside the airspace to give them the experience of being inside the tank too. Initially, it was their excited shrieks that made me look to see where the noise was coming from. So glad I looked :-D Foto 1: Something fishy, eiendom van “flowcomm” geneem op 31 Maart 2010 met ‘n Canon EOS 500D en beskikbaar by Kopiereg gereël deur Creative Commons wat die volgende bepaal: You are free to Share — to copy, distribute and transmit the work and to Remix — to adapt the work to make commercial use of the work under the following conditions: Attribution — You must attribute the work in the manner specified by the author or licensor (but not in any way that suggests that they endorse you or your use of the work). “Something fishy” aangepas vir gebruik in Powerpoint met behulp van Picasa 3. Markus 7:24-37
2
God nooi ons uit en ons kom tot rus
Toetrede Lied 158 Bring my na U woning, Heer of VONKK 34 O Christus, Here Jesus of Flam Die Koning Is Hier Votum Ps 146:6-10 6Die Here het die hemel en die aarde gemaak, die see en alles daarin. Hy bly vir altyd getrou, 7Hy laat reg geskied aan verdruktes en gee brood aan dié wat honger ly. Die Here bevry die gevangenes, 8die Here laat blindes sien, Hy ondersteun dié wat bedruk is. Die Here het die regverdiges lief. 9Hy beskerm vreemdelinge en help weeskinders en weduwees, maar Hy versper die pad vir die goddeloses. 10Die Here regeer vir altyd Sion, jou God regeer van geslag tot geslag. Prys die Here! Seëngroet Lofsang Psalm 146 of Vonkk 64 Prys Die Heer Met Blye Galme (Psalm 146) of Flam 23. Prys Die Here Wet Jakobus 2:1-12 My broers, julle wat glo in ons Here Jesus Christus, die Here aan wie die heerlikheid behoort, moet mense nie volgens hulle uiterlike beoordeel nie. 2Sê nou daar kom in julle samekoms ’n man in met goue ringe aan sy vingers en met deftige klere aan en daar kom ook ’n brandarm man in met ou klere aan, 3en sê nou julle maak ’n ophef van die man met die deftige klere en julle sê vir hom: “Kom sit u hier gemaklik,” maar vir die arm man sê julle: “Gaan staan jy daar anderkant” of: “Kom sit hier by my voete,”4het julle dan nie onder mekaar onderskeid gemaak en mense op grond van verkeerde oorwegings beoordeel nie? 5Luister, my liewe broers! Kies God nie juis dié uit wat in die oë van die wêreld arm is, om ryk te wees in die geloof en om die koninkryk in besit te neem wat Hy belowe het aan dié wat Hom liefhet nie? 6Maar julle behandel die arm man met minagting. Is dit nie die rykes deur wie julle uitgebuit word nie, en is dit nie hulle deur wie julle voor die hof gesleep word nie? 7Is dit nie hulle wat die goeie Naam skend van Hom aan wie julle behoort nie? 8As julle werklik die wet van die koninkryk van God onderhou soos dit in die Skrif staan: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself,” dan doen julle reg. 9Maar as julle die mense na die uiterlike beoordeel, doen julle sonde en veroordeel die wet van God julle as oortreders. 10As iemand die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, is hy skuldig ten opsigte van al die gebooie. 11God wat gesê het: “Jy mag nie egbreuk pleeg nie,” het ook gesê: “Jy mag nie moord pleeg nie.” As jy nou nie egbreuk pleeg nie, maar wel moord, is jy tog ’n oortreder van die hele wet. 12Praat en tree dan op soos mense wat geoordeel sal word volgens die wet wat vry maak. 13Die oordeel sal onbarmhartig wees oor dié wat nie barmhartigheid betoon nie. Maar barmhartigheid triomfeer oor die oordeel. Skuldbelydenis Lied 232 vers 1 Diep, o God, diep neergeboë of VONKK 11 Here, Wees Ons Genadig of Flam Heer Ek wil U Aanbid Vermaning Jakobus 2:14-17 14Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so ’n geloof ’n mens red? 15Sê nou daar is ’n broer of ’n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly, 16en sê nou een van julle sou vir hulle sê: “Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg,” maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan? 17So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood. Genadeverkondiging & Toewyding Lied 232 vers 2 of VONKK 14 Hy Het Self Ons Sondes of Flam 36. Ek Kom Na U Toe Geloofsbelydenis God nooi ons uit en ons kom tot rus
3
God praat met ons en ons luister
Gebed Skriflesing Markus 7:24-37 God praat met ons en ons luister
4
Familie-oomblik Familie-oomblik
Die verhaal van die Siro-Fenisiese vrou is moeilik vir kinders om te begryp. Die genesing van die doofstom man is baie meer toeganklik. Vertel gewoon die verhaal dramaties oor. Dalk kan die kinders dit opvoer terwyl jy dit vertel. Dit is miskien ’n goeie geleentheid om kinders bloot te stel aan gehoorgestremdes of vir hulle gebaretaal aan te leer. Kry inligting by Wys vir die kinders ‘n kopie van “Die Bybel vir Almal” – voorheen “Die Bybel vir Dowes”. Hierdie Afrikaanse Bybel is die eerste Bybel in Suid-Afrika wat spesiaal vir Dowes vertaal is, en slegs die tweede Bybel in die wêreld spesiaal vir hierdie groep. As jy iemand kan kry wat gebaretaal ken, kan julle die gebare van een van die kinders se gunsteling liedjies aanleer en dit in die toekoms met gebare sing. Of vertel die verhaal van Helen Keller. Kry meer inligting by ‘n Pret opsie, wat aansluit by die inleiding van die preek, is om te gesels oor die fliek “Finding Nemo”. (Gebruik ‘n gratis FLV-converter program om die fliek se voorskou af te laai by Vertel die storie en sluit jou vertelling aan by die volgende punte: Marlin was baie lief vir Nemo – net soos wat God baie life is vir ons. Maar Nemo is ongehoorsaam en sy ongehoorsaamheid neem hom weg van sy pa. Net so maak ons sonde dat ons ver is van God af. Nemo kon homself nie red nie. Dit was die spesiale liefde van sy pa wat hom gaan haal het, wat hom red. Nemo neem ‘n stap van geloof. Wanneer hy hoor sy pa soek hom, sorg hy dat hy in die see kom. God het ons lief en het vir Jesus gestuur om ons te kom haal. Ons aanvaar dit in geloof. Familie-oomblik
5
Markus 7:24-37 Fokusteks: Markus 7:24-37 Die Siro-Fenisiese vrou
(Matt 15:21–28) 24Jesus het Hom gereed gemaak en daarvandaan weggegaan na die gebied van Tirus toe. Daar het Hy in ’n sekere huis tuis gegaan, en Hy wou nie hê dat iemand dit te wete moes kom nie. Tog kon Hy nie onopgemerk bly nie. 25’n Vrou wie se dogtertjie van ’n onrein gees besete was, het gou van Hom te hore gekom. Sy het gekom en voor sy voete neergeval. 26Hierdie vrou was ’n Griek wat in Siro-Fenisië gebore is. Sy het Hom gevra om die bose gees uit haar dogter uit te drywe. 27Maar Hy het vir haar gesê: “Wag dat die kinders eers klaar eet, want dit is nie mooi om die kinders se kos te vat en vir die hondjies te gooi nie.” 28Sy het Hom geantwoord: “Here, die hondjies eet darem onder die tafel die kindertjies se oorskiet.” 29Toe sê Hy vir haar: “Op grond van wat jy gesê het, kan jy maar huis toe gaan; die bose gees het al klaar uit jou dogter uitgegaan.” 30Toe sy by die huis kom, kry sy haar kindjie op die bed lê en die bose gees was al klaar uit haar uit. Jesus genees ’n doofstom man (Vgl Matt 15:29–31) 31Jesus is weer uit die gebied van Tirus weg en deur Sidon na die See van Galilea toe in die gebied van Dekapolis. 32Die mense bring toe ’n dowe man wat ook ’n spraakgebrek het na Hom toe en vra Hom om tog sy hand op hom te lê. 33Hy het hom eers eenkant toe gevat, weg van die mense af. Toe het Hy sy vingers in die man se ore gesteek en spoeg aan sy tong gesmeer. 34Daarna het Hy na die hemel toe opgekyk, gesug en vir hom gesê: “Effata!” Dit beteken: Gaan oop! 35Sy ore het dadelik oopgegaan, die belemmering van sy spraak het verdwyn, en hy het reg gepraat. 36Jesus het die mense belet om dit vir iemand anders te vertel, maar hoe meer Hy hulle belet het, hoe meer het hulle dit verkondig. 37Hulle is geweldig aangegryp en het gesê: “Alles wat Hy doen, is goed: die dowes laat Hy hoor en die stommes laat Hy praat.” Markus 7:24-37
6
Preekriglyn "Ek het oor inkarnasie en teenwoordigheid geleer toe ek 'n soutwater akwarium gehad het," skryf Philip Yancey in The Jesus I never knew. "Ek het ontdek dis nie maklik om so 'n akwarium te versorg nie. Ek moes 'n draagbare chemiese laboratorium aanhou om die vlakke van nitrate en ammoniak in die water te moniteer. Ek het gedurig vitamiene, ander chemiese middel en ensieme in die water gegooi - genoeg om 'n rots te laat groei. Die water moes deur glasvesel en koolstof gefiltreer word, en aan ultravioletlig blootgestel word.„ "In die lig van al my moeite sou mens dink my visse sal ten minste dankbaar wees. O, nee! Elke keer wanneer ek nader aan die tenk kom, duik hulle vir die naaste klip, skulp of ander skuiling. Hulle het net een reaksie op my teenwoordigheid gehad: vrees. "Hoewel ek die tenk se deksel gereeld opgelig en kos ingegooi het - ten minste drie keer 'n dag - het die visse elke keer reageer asof ek gekom het om hulle seer te maak. Ek kon hulle nooit oortuig van my versorging en omgee nie. Vir my visse was ek goddelik. Ek was te groot vir hulle, my optrede te onverstaanbaar. My dade van genade het hulle as potensiële wreedheid gesien, my pogings om hulle te genees, of gesond te hou, as vernietiging. "Ek het stadig begin besef: om hulle vrees vir, en persepsies van, my te verander sou 'n vorm van inkarnasie vereis. Ek sou 'n vis moes word en met hulle praat in 'n taal wat hulle kon verstaan." Foto 2: Eiendom van Kim Nowacki, foto geneem op 10 Julie 2010 met ‘n Canon EOS Digital Rebel Xsi en beskikbaar by Kopiereg gereël deur Creative Commons wat die volgende bepaal: You are free to Share — to copy, distribute and transmit the work and to make commercial use of the work under the following conditions: Attribution — You must attribute the work in the manner specified by the author or licensor (but not in any way that suggests that they endorse you or your use of the work). No Derivative Works — You may not alter, transform, or build upon this work.
7
Om naby te kom Om naby te kom
Ons leer die Goddelike Familie van Vader, Seun en Heilige Gees primêr ken deur God wat tot by ons gekom het. God het een van ons geword. In die God-mens Jesus, ware God, maar ook ware mens, het God - in Yancy se taal - figuurlik "vis" geword. Dis wat die woord inkarnasie beteken. God word mens. God steek die grens na ons oor. God word een van ons. God kom onder ons woon. Geen betroubare kennis van God is moontlik sonder om die vleesgeworde Woord as die hoogtepunt, of dieptepunt, van ons Godskennis te neem nie. Jesus is die openbaring van God. Jesus se woorde én dade is die bekendstelling van God. Daarom is Jesus die Woord van God. Ons lees die Bybel omdat dit ons bekendstel aan Jesus. En deur die bril van Jesus, die hoogtepunt van God se openbaring, lees en interpreteer ons die res van die Skrif. Ons ken God, omdat God naby ons gekom het, een van ons geword het. Inkarnasie. Om naby te kom
8
Rooiletter christene? Rooiletter Christene?
Dit klink dalk vanselfsprekend, maar dit is nie. In ons tradisie is ons geneig om baie waarde aan die woorde van Jesus te heg. Ons neem Jesus se lering ernstig op. Die gelykenisse boei ons, die bergrede inspireer ons en word ons gids tot dissipelskap. Natuurlik is Jesus se woorde onvervangbaar belangrik. Daarom is daar uitgawes van die Bybel wat Jesus se direkte woorde in rooi letters druk. Dit lig sy woorde uit. Daar ontstaan 'n krisis as ons bloot fokus op Jesus se woorde. Jesus se dade, sy optrede, sy lewenstyl is net so 'n wesenlike deel van God se openbaring aan ons. Ons durf dit nie ignoreer nie. Ook in Jesus se dade sien ons die gesig en diepste bedoelinge van God. In ons teksgedeelte is dit krities belangrik om God te leer ken in wat Jesus doen. Rooiletter christene?
9
Tussen onrein mense: 1 Tussen onrein mense - Toneel 1
In Markus 7 ontmoet ons Jesus - figuurlik - buite die gemeente se grense. Hy is in die heidense gebied van Sidon. Dit is nie-Joodse gebied. Dit is - vir Jode - onrein omgewing. Ons het verlede Sondag aan die onmiddellik voorafgaande gedeelte aandag gegee waar Jesus in 'n indringende gesprek oor onreinheid deelneem. Jesus bevraagteken die Joodse opvatting dat mens onrein word oor die dinge waaraan jy vat, en weens 'n gesprek aan reinheidsrituele. Jesus verduidelik dat onreinheid van binne kom, dat alle mense reiniging nodig het, en berei sy dissipels voor om aan alle mense te dink as voorwerpe van God se reinigende liefde. In ons teks doen Jesus presies dit. Hy steek die grens na onrein mense oor. Hy gaan na Sidon toe om te rus. Tog bly hy nie ongemerk nie. 'n Griekse vrou wat in Siro-Fenisië gebore is, sien hom raak. Sy moes iets van Jesus se genesingswonders gehoor het, want sy praat met Hom oor haar dogter in wie 'n onrein (!) gees woon. Sy wil hê Hy moet die gees uitdryf. In sy antwoord verduidelik Jesus Hy is op hierdie stadium van sy bediening op die Jode gefokus. Hy gebruik die beeld van kinders aan tafel wat kos ontvang. Dit is die Jode wat op hierdie stadium bedien word. Eers later sou die opdrag kom wat die evangelie as woord en daad wyer sou stuur. Op hierdie stadium is dit nie mooi om die kinders (Jode) se kos te vat en vir die hondjies (heidene, nie-Jode) te gooi nie. Die vrou is nie gereed om nee vir 'n antwoord te vat nie. Sy vra vir krummels. "Die hondjies eet darem die kindertjies se oorskiet." Daarmee oortuig sy Jesus, en verander Hy van mening. Die vrou kan maar huis toe gaan. Haar dogter is genees. Tussen onrein mense: 1
10
Tussen onrein mense: 2 Tussen onrein mense - Toneel 2
In die tweede bedryf van ons teksgedeelte is Jesus in die heidense gebied van die Tien Stede (Dekapolis). Dit is hier waar Hy vroeër die baie bose geeste uit Legio, die besete van Gerasa (Mark. 5) gedryf het. Hier het hy aan Legio opdrag gee om oral te gaan vertel alles wat die Here vir hom gedoen het: "Gaan na jou huis, na jou mense toe, en gaan vertel vir hulle wat die Here alles vir jou gedoen het en dat Hy jou jammer gekry het." (Mark. 5:19). Legio het presies dit gedoen. Hy het almal gaan vertel. In Markus 6 maak Jesus weer 'n draai in die landstreek Gennesaret, die mense herken hom, en genees weer 'n klomp mense. Onmiddellik hierna plaas Markus die gesprek (hfs. 7) oor rein en onrein (waaroor ons verlede week in die erediens nagedink het). In Toneel 2 van ons teksgedeelte is Jesus weer terug in die gebied van die Dekapolis. Dekapolis (letterlik: Tien Stede) was destyds 'n provinsie van Palestina, maar was 'n heidense gebied, hoofsaaklik aan die oorkant van die Jordaan. Die landstreek Gennesaret was binne hierdie provinsie geleë. Die mense bring tydens hierdie besoek 'n dowe man met 'n spraakgebrek na Jesus. In 'n aangrypende toneel word beskryf hoe Jesus die man eenkant toe neem. Die eenvolume kommentaar, die Bybellenium, gee goeie agtergrond oor wat nou gebeur (1999:1211): Jesus steek sy vingers in die man ore (dis waar die probleem gelê het), smeer spoeg aan sy tong (van speeksel is geglo dat dit genesende krag het), kyk op na die hemel (om sy afhanklikheid van God aan te toon), sug (dit is 'n vorm van gebed, 'n versugting - Rom. 8:22-27), en sê dan 'n enkele gesagvolle woord in Aramees (Jesus se moedertaal: "Effata!" (gaan oop). Die man se ore gaan oop, die belemmering van sy spraak verdwyn, en hy het reg gepraat. Anders as in "rein" Israel word Jesus en sy dade hier goed ontvang. Die "onrein" mense sê: "Alles wat Hy doen, is goed: die dowes laat Hy hoor en die stommes laat Hy praat." In die volgende paragraaf in Markus word dan vertel hoedat Jesus die tweede keer brood vermeerder, hierdie keer in heidense gebied. Tussen onrein mense: 2
11
Wie is genees? Oor die detail: wie is genees?
In hierdie twee tonele word mense genees wat hulle nie in die hoogste gestoeltes van die samelewing bevind het nie. Dit gaan oor 'n siek kind en 'n doofstom man. Dit is mense wat nie die koerantberigte van die dag (as daar so iets was) sou haal nie. In albei gevalle tree mense vir hierdie gebrokenes in. 'n Moedige vrou en moeder tree in gesprek met Jesus, 'n vreemde man. Sy doen moedige oortuigingswerk. Heidene bring 'n gestremde man na Jesus. In Bybel-Media se preekriglyne (2011) oor hierdie teks word gesê: Doofstom mense het dikwels in Israel nie gewone menseregte gehad nie, aangesien rabbi’s nie kon bepaal hoeveel hulle kon verstaan van wat aangaan nie. Hulle is dus saam met verstandelik gestremdes gekategoriseer en is daarby dikwels gesien as mense wat deur God gestraf of vervloek is. In heidense omgewings sou soortgelyke perspektiewe (en erger) heel waarskynlik bestaan het (John McArthur). Jesus bring weereens genesing en bevryding vir hierdie man aan die buiterand van die samelewing. In beide gevalle word die onbeduidende mense dan genees. Hierdie genesings toon aan dat Jesus waarlik die beloofde Messias is. Soos in Jesaja 35:5-6 beskryf, is die genesing van siekes juis een van die dinge wat die ware Messias van God sou doen. Die mense se reaksie toon dat hulle begin verstaan dat die koninkryk van God inderdaad in Jesus naby gekom het. Wie is genees?
12
God se hart Met hierdie bedieningspraktyk openbaar Jesus God se hart. God kom tot by mense. God bring genesing en geregtigheid. God se genesende geregtigheid bring vir mense lewensruimte en lewensmoontlikhede. Om die God van Christus te herken Dit is opvallend hoe beide die Siro-Fenisiese vrou en die mense van Dekapolis Jesus herken, op hulle manier. Die vrou het van Jesus gehoor, en het 'n verwagting van Hom. Sy herken Hom met die kennis tot haar beskikking. Die mense van die Dekapolis het, onder andere deur Legio, van Jesus gehoor en bring siekes na Hom. Op hierdie manier neem al hierdie mense deel aan God se sending om genesing, herstel en lewensmoontlikhede na mense te bring. In die volgende hoofstuk, Markus 8, loop hierdie herkenning uit op 'n hoogtepunt wanneer Petrus bely: "U is die Christus!" (8:29). In kontras hiermee, herken die Joodse godsdienstige leiers Jesus glad nie. Hulle is verblind. Jesus voldoen nie aan hulle beeld van die verwagte Messias nie. Hulle godsdienstige verstaan is deur hulle mensgemaakte reëls gevorm. Jesus verbreek hulle reëls om aan te toon waaroor die koninkryk van God eintlik gaan en om God se hart vir mense te openbaar. Die Jode wil nie visse word en in Philip Yancy se vistenk induik nie. Hulle het nie Genesis 12:1-3 goed gelees waar gesê word die Here seën Israel om tot 'n seën vir die nasies te wees nie. Hulle herken nie seën wanneer hulle dit sien nie, en hulle hou die nasies waarheen hulle gestuur word op 'n afstand met hulle reinheidsreëls. Verblinding Die effek van sonde is nie bloot maar dat dit ons moreel-verkeerde goed laat doen nie. Sonde verblind ons, dit neem ons kapasiteit weg om God te herken. Daarom moet ons versigtig wees om die Skrifgeleerdes en die Fariseërs te vinnig te veroordeel. Die meer skrikwekkende vraag is of ons nie self ook - soos hulle - verblind kan wees nie. Die vraag is of ons God se openbaring in die handelinge van die opgestane Here Jesus herken wanneer ons dit sien? Is ons oë en ons ore oop om God vandag raak te sien wanneer God deur die opgestane Here Jesus en deur die Gees van Christus handel? Wie God steeds is Die Bybel is soos 'n bril wat ons opsit. Ons kyk deur hierdie bril na die wêreld om dinge raak te sien wat ons andersins nie sou kon sien nie. Die Bybel nooi ons uit om raak te sien dat die lewende God vandag steeds op 'n missie in die wêreld is. God is nie ver nie. God is nie weg nie. Ons wêreld word nie maar beheer deur blote wetmatighede wat God in werking gestel het nie. Ons wêreld is nie bloot 'n klok wat opgewen is en nou volgens reëls tik nie. Die God van die Bybel, die God van Christus, die God wat in Christus die Gees oor die skepping uitgegiet het, is die lewende, verhoudingsmatige liefdesgemeenskap van Vader, Seun en Heilige Gees, wat steeds aktief betrokke is. Ons wêreld bestaan, omdat God dit van oomblik tot oomblik wil en ondersteun. God is die Bron van ons lewe. Die wêreld word steeds volgens God se plan onderhou en genees van die stukkend wat dit getref het. God is steeds die Wysheid wat ons lewens rig. God is die Krag wat lewe gee. God se hart
13
Ons planne en God se plan
Die vraag is of ons God se werke herken en daarby aansluit? Ons lewens daarvoor gee? Die kritiese vraag is of baie gemeentes se "game plan" nie te doen het met die voortbestaan van die gemeente nie. Die gemeente kom in die sentrum, nie God nie. Ons sien naderhand net gemeente en beleef 'n Godsverduistering. Elke gemeente en elke gelowige moet weer nadink oor jou Godsverstaan. Wat dink jy vra die Here van jou? Waar is God in aksie? Waar nooi Hy jou om by sy werk aan te sluit? Vir watter siek kind, of dowe man met 'n spraakgebrek gaan jy by die Here intree? Pleit? Met God redeneer (soos die Siro-Fenisiese vrou)? Wie gaan jy vandag na die Here bring? Ons planne en God se plan
14
God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed
Vandag is Leprosesondag. Jy kan hiermee aansluit by die preek. Dankoffer Slotsang Lied 167 Jesus, bron van al my vreugde of VONKK 124 Jesus Bring Vreugde of Flam Wees Bly Seën Respons Lied 189 Halleluja Vonkk 88 Amen God stuur ons om te leef
15
Volgende erediens: Markus 8:27-38
Liturgie en familie-oomblik: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preek: Danie Mouton Proses, oorsig en fokus: Chris van Wyk
Similar presentations
© 2024 SlidePlayer.com Inc.
All rights reserved.