Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Oorsig Pinkster is die fees van die uitstorting van die Heilige Gees. Die gebeure van die eerste Pinksterdag in Jerusalem word in herinnering geroep. In.

Similar presentations


Presentation on theme: "Oorsig Pinkster is die fees van die uitstorting van die Heilige Gees. Die gebeure van die eerste Pinksterdag in Jerusalem word in herinnering geroep. In."— Presentation transcript:

1 Oorsig Pinkster is die fees van die uitstorting van die Heilige Gees. Die gebeure van die eerste Pinksterdag in Jerusalem word in herinnering geroep. In die vroeë kerk was Pinkster, naas Paasfees, ’n geleentheid waar die doop bedien is. In aansluiting hierby kan ruimte geskep word vir die herbevestiging van die doop en doopbeloftes. In Psalm 104 word lof gebring aan God wat lewe gee op land en in die groot, wye see. Hy wat lewensasem gee, verwys na die Skepper-Gees. In die Ou-Testamentiese fokusteks, Numeri 11, ontvang sewentig leiers saam met Moses die Gees van God. Die Pinksterdagverhaal word in Handelinge 2 vertel. Volgens 1 Korintiërs 12:3 is die belydenis dat Jesus Here is slegs moontlik deur die Heilige Gees en funksioneer gelowiges, wat ’n verskeidenheid van Geesgawes ontvang, saam as die liggaam van Christus. Die opgestane Here verskyn in Johannes 20 aan sy dissipels en skenk aan hulle die Heilige Gees. Ander tekste Handelinge 2:1-21; Psalm 104:24-34; 1 Korintiërs 12:3b-13; Johannes 20:19-23 Fokusteks: Numeri 11:24-30 Die volk kla oor kos en word gestraf. Die Gees kom op sewentig leiers 4Die mense van ander afkoms wat saam met die Israeliete getrek het, het ’n onweerstaanbare lus vir vleis gekry, en toe het die Israeliete self ook begin kla en gesê: “As ons tog net vleis gehad het om te eet! 5Ons onthou nog die vis wat ons in Egipte verniet kon eet, ook die komkommers, waatlemoene, prei, uie en knoffel. 6Maar nou wurg ons. Daar is niks behalwe hierdie manna voor ons nie!” 7Die manna was soos koljandersaad en het gelyk soos balsemgom. 8Die volk het die manna oral vandaan bymekaargemaak, dit op maalklippe gemaal of in vysels gestamp en dan in panne gebak of roosterkoeke daarvan gemaak. Dit het soos oliekoeke gesmaak. 9Die manna het snags saam met die dou by die kamp geval. 10Moses het die volk hoor kla, elke familie by die ingang van sy tent. Die Here het hieroor baie kwaad geword, en dit was ook verkeerd in Moses se oë. 11Moses sê toe vir die Here: “Waarom behandel U my so sleg, waarom is U my nie goedgesind nie, dat U die verantwoordelikheid vir hierdie hele volk op my gelaai het? 12Het ek dan swanger geword en hierdie hele volk in die wêreld gebring, dat U vir my sê: ‘Dra hulle aan jou bors soos ’n oppasser met ’n suigeling doen, en bring hulle na die land toe wat Ek met ’n eed aan hulle voorvaders beloof het’? 13Waar sal ek die vleis vandaan haal om aan hierdie hele volk te gee, hulle wat by my kla en sê: ‘Gee vir ons vleis dat ons kan eet!’14Ek sien nie langer kans om hierdie hele volk alleen te dra nie, want dit is te swaar vir my. 15As U so met my wil maak, kan U my gerus maar om die lewe bring as U my goedgesind is. Hierdie slegte behandeling kan ek nie meer verduur nie.” 16Die Here het vir Moses gesê: “Bring vir My sewentig van Israel se leiers, mense van wie jy weet dat hulle leiers en ampsdraers van die volk is. Neem hulle na die tent van ontmoeting toe en laat hulle daar by jou staan. 17Ek sal dan afkom en daar met jou praat, en Ek sal van die Gees wat op jou is, op hulle laat kom. Hulle sal dan saam met jou die verantwoordelikheid vir die volk dra, sodat jy dit nie alleen hoef te doen nie. 18Vir die volk moet jy sê: Reinig julle vir môreoggend, dan sal julle vleis eet. Die Here het gehoor hoe julle kla en sê: ‘As ons tog net vleis gehad het om te eet; in Egipte was dit vir ons goed!’ Die Here sal vir julle vleis gee, en julle sal eet! 19Julle sal nie net een dag of twee of vyf of tien of twintig dae eet nie, 20maar ’n hele maand lank, totdat julle daarvan naar word en daarvan walg, omdat julle die Here wat by julle is, getart het, en Hom verwyt het met die woorde: Waarom is ons tog uit Egipte weg?” 21Moses het toe gesê: “Hier is ek tussen ses honderd duisend mense, almal te voet, en U sê U sal vir hulle vleis gee, sodat hulle ’n hele maand lank daarvan kan eet! 22Sal daar genoeg skape en beeste vir hulle geslag kan word? Sal hulle genoeg hê as al die vis in die see vir hulle gevang word?” 23Maar die Here het vir Moses gesê: “Dink jy Ek het nie die mag nie? Jy sal nou self sien of my woord bewaarheid word of nie.” 24Moses het vir die volk gaan vertel wat die Here gesê het. Hy het sewentig leiers van die volk bymekaar laat kom en hulle rondom die tent laat staan. 25Die Here het toe in die wolk afgekom, met Moses gepraat en ’n deel van die Gees wat op Moses was, op die sewentig laat kom. Toe die Gees op hulle kom, het hulle as profete begin optree, maar daarna nie meer nie. 26Twee van die manne onder dié wat opgeskryf was, het nie na die tent toe uitgegaan nie, maar het in die kamp agtergebly. Die een se naam was Eldad en die ander s’n Medad. Terwyl die Gees op hulle gerus het, het hulle in die kamp as profete opgetree. 27’n Jongman het toe gehardloop en vir Moses gaan vertel: “Eldad en Medad tree as profete op in die kamp!” 28Josua seun van Nun, van jongs af Moses se assistent, het gesê: “Laat hulle tog ophou, Meneer!” 29Maar Moses sê vir hom: “Bekommer jy jou oor my posisie? Ek sou wou wens dat die hele volk van die Here profete was, en dat Hy sy Gees op almal mag lê.” 30Daarna het Moses en die leiers na die kamp toe teruggegaan. 31Die Here het toe ’n wind gestuur en dit het kwartels van die see se kant af aangebring en hulle rondom die kamp laat val, omtrent ’n dagreis ver na alle kante toe en omtrent ’n meter diep op die grond. 32Die volk het daardie hele dag en die hele nag en ook die volgende dag uitgegaan en kwartels bymekaargemaak. Elkeen het minstens ’n ton vleis bymekaargemaak en dit rondom die kamp oopgegooi. 33Die vleis was nog tussen hulle tande, hulle het nog nie begin kou nie, toe ontvlam die toorn van die Here teen die volk. Hy het baie van hulle om die lewe gebring. 34Hulle het dié plek Kibrot-Taäwa c genoem, omdat hulle die gulsige mense daar begrawe het. 35Van Kibrot-Taäwa af het die volk na Gaserot toe weggetrek en daar gebly. Vorige riglyne Daar is een vorige riglyne: Numeri 11_24-30.htm by leesrooster.org.za van 19 Mei 2002. Eksegetiese opmerkings Predikers kan gerus gebruik maak van Preekstudies en liturgiese voorstelle vir die kerkjaar 2011, uitgegee deur Bybelmedia. In die preekskets word deels gebruik gemaak van die opmerkings rondom teks en konteks in die preekstudie oor Numeri 11. Erediens Tema Wanneer die Heilige Gees begin werk. c Kibrot-Taäwa beteken “grafte van gulsigheid”. Numeri 11:24-30

2 Die foto van mense wat goed dra, is deur Kaj Iversön by www. flickr
Die foto van mense wat goed dra, is deur Kaj Iversön by

3 Jy sou eerder die foto deur cplbasilisk (ook van flickr) kon gebruik – dit verteenwoordig nie die storie (sien preek) so sterk soos die eerste foto nie, maar is ‘n kragtiger foto.

4 Of gebruik die meer generiese Pinkster-agtergrond, gemaak deur Jaco Potgieter. (Jaco doen teen baie billike pryse werk vir kerke – kontak hom by By hierdie beeld kan jy die lettertipe Handserif – in donker grys - gebruik:

5 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Liturgie ONS KOM TOT RUS LIED 157 Here Jesus ons is saam vs 1,2 AANVANGSWOORD Liturg/ Voorganger: 31Mag daar aan die roem van die Here geen einde wees nie! Mag die werk van die Here Hom vreugde verskaf, 32Hy wat na die aarde kyk, en dit bewe, wat die berge aanraak, en hulle brand. Gemeente: 33Ek wil tot eer van die Here sing so lank ek lewe, ek wil die lof van my God besing so lank ek daar is. 34Mag hierdie bepeinsinge van my vir Hom aanneemlik wees! Ek wil my in die Here verbly. Ek wil die Here loof. Prys die Here! (Psalm 104) SEËNGROET Daardie Sondagaand toe die dissipels bymekaar was, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en vir hulle gesê: “Vrede vir julle!” Ook aan u as gemeente: Vrede vir julle! SANG 440 Die Here salf ons met Sy Gees vs 1,2,3,4 VEROOTMOEDIGING Lees Hand 2:1-11 Die uitstorting van die Heilige Gees Hand 2 Toe die dag van die pinksterfees aanbreek, was hulle almal op een plek bymekaar. 2Skielik was daar ’n geluid uit die hemel soos van ’n geweldige stormwind, en dit het die hele vertrek gevul waar hulle gesit het. 3Hulle het iets soos vuur gesien wat in tonge verdeel en op elkeen van hulle gekom het. 4Almal is met die Heilige Gees vervul en hulle het in ander tale begin praat soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het om onder sy leiding te doen. 5Daar het godsdienstige Jode uit al die nasies onder die son in Jerusalem gewoon. 6Toe die mense die geluid hoor, het ’n groot skare saamgedrom. En omdat elkeen gehoor het hoe daar in sy eie taal gepraat word, het hulle nie geweet hoe hulle dit het nie. 7Verras en verbaas sê hulle toe: “Die mense wat daar praat, is tog almal Galileërs. 8Hoe hoor elkeen van ons dan sy eie moedertaal? 9Perse, Mediërs en Elamiete, sowel as die inwoners van Mesopotamië, Judea en Kappadosië, Pontus en die provinsie Asië, 10Frigië en Pamfilië, Egipte en die dele van Libië om Sirene, mense uit Rome, 11Jode sowel as heidene wat die Joodse geloof aangeneem het, Kretensers en Arabiere—ons hoor hulle in ons eie tale praat oor die groot dinge wat God gedoen het.” 436 Herskep o Gees laat leef o Gees vs 1,2,3 BELYDENIS/ GEBED AHV 1 Kor 12 Dankie Here, dat aan elkeen van ons afsonderlik ’n werking van die Gees gegee is tot voordeel van almal; aan die een die gawe gegee om ’n woord van wysheid te praat, aan ’n ander ’n woord van kennis deur dieselfde Gees; aan die een geloof, aan ’n ander genadegawes van gesondmaking, aan die een die krag om wonders te doen, aan ’n ander die gawe om te profeteer, en aan nog ’n ander die gawe om tussen die geeste te onderskei, aan nog een die gawe om ongewone tale of klanke te gebruik en aan ’n ander om dit uit te lê. Dankie Here dat ons kan weet dat al hierdie dinge die werk is van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik ’n gawe uitdeel soos Hy wil. Ons bely dat ons  een liggaam geword het, dat ons ons almal met die een Gees gedoop is, of ons nou Jood of Griek is, slaaf of vry. Ons is almal van die een Gees deurdrenk, en daarin verheug ons ons. ( ) ONS HOOR EPIKLESE Ewige heilige God, ons kom na U toe. Ons wil U hoor en ons wil antwoord. Ons wil U vertrou en U liefhê. In u hande lê ons nou ons sorge, twyfel en ons vrese ... ontvang ons soos ons is. Wees by ons sodat ons by U kan wees dag ná dag. Lei ons dat ons U en U barmhartigheid kan vind Aan U wil ons behoort, U wil ons dank, U wil ons loof, Here, ons God. Amen. (Uit riglyn Numeri 11_24-30.htm by leesrooster.org.za van 19 Mei 2002.) SKRIFLESING Num 11:4-35 PREDIKING ONS LEEF GEBED Waai deur my, o Heilige Gees, sodat my gedagtes heilig mag wees. Handel in my, o Heilige Gees, sodat my werk ook heilig mag wees. Trek my hart na aan U, o Heilige Gees, sodat ek sal liefhê wat heilig is. Gee my krag, o Heilige Gees, sodat ek sal beskerm wat heilig is. Bewaar my, o Heilige Gees, sodat ek altyd heilig mag wees. Amen. (Augustinus, in Preekstudies en liturgiese voorstelle vir die kerkjaar 2011, uitgegee deur Bybelmedia p189) GELOOFSBELYDENIS Ek glo… (Apostoliese Geloofsbelydenis) OFFERS WEGSENDING 438 Gees van God o Gees van lewe vs 1,2 SEËN Die Here is voor jou om die weg gelyk te maak. Die Here is langs jou om jou in sy arms toe te vou. Die Here is agter jou om die aanvalle van die Bose af te slaan. Die Here is onder jou om jou te dra as jy mag val. Die Here is binne jou om jou te inspireer. Die Here is rondom jou om jou te beskerm. Die Here is bo jou om jou te seën. So seën die drie-enige Vader, Seun en Heilige Gees julle van nou af tot in ewigheid. MUSIKALE AMEN Lied 314 God nooi ons uit en ons kom tot rus Rus Sien liturgie. Liedere F4. O Heilige Gees, Kom Maak My Nuut (RUBRIEK: Flammikidz) Teks en musiek: Hanneke Engelbrecht © 2009 FLAM Uitgewers O, Heilige Gees, kom maak my nuut. Kom vul my hele lewe. F58. Skepper Gees (RUBRIEK: FLAM Gemeentesang – Pinkster / Gebed / Epiklese) Teks en Musiek: Ioannis Dekas © MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Gunsteling Lof en Aanbiddingsliedere en FLAM, vol 1) O Heer, ons staan voor U gebroke As mens verstaan ons nie U weë Maar U stuur vir ons ‘n Leidsman trou Hy lei ons na U Kom o Skepper Gees Lewendmakend Gees Kom in al U volheid Kom in al U krag Lei my in U waarheid Leer my van die Seun Wees U ook my trooster, F104. Weet Jy Nie, Jy’s ‘n Tempel? (RUBRIEK: Flammikidz – Lering) Musiek: Tradisioneel Teks: Jan de Wet © 2003 MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Lofliedere vir Jesus – 100 Gunstelinge) Weet jy nie, weet jy nie, jy’s ‘n tempel? Jy is ‘n tempel van die Heil’ge Gees. Vol van lof, vol van krag, vol van vreugde, Ja ek weet, ja ek weet, ek’s ‘n tempel. Ek is ‘n tempel van die Heil’ge Gees F189. Vul My Hart, O Heer (RUBRIEK: FLAM Gemeentesang – Gebed / Verootmoediging) Oorspronklike titel: Change My Heart, Oh God Teks en musiek: Eddie Espinosa Afrikaanse teks: Pieter Malherbe 2007 Kopiereg: © 1982 Mercy/Vineyard Publishing/Adm. by CopyCare. Vul my hart, o Heer met 'n nuwe gees Heer, verander my Laat my soos U wees Heer, in U hande is ek soos klei Vorm my en maak my laat my soos U wees God nooi ons uit en ons kom tot rus

6 God praat en ons luister God praat met ons en ons luister
Sien liturgie. God praat en ons luister

7 Familie-oomblik Familie-oomblik
Maak gebruik van ’n Pinksterritueel. Gee byvoorbeeld aan die kinders die kans om kerse by die Christuskers aan te steek en voor in die kerk te plaas as teken dat die Pinkstervlam ook op elkeen van ons rus. Kerse kan ook by die Christuskers aangesteek en in die liturgiese ruimte geplaas word om die tonge van vuur te simboliseer. Die Taize gemeenskap het ’n skouspel-agtige ritueel waar elkeen ’n kersie ontvang en die vlammetjies vir mekaar “aangegee” word totdat almal se kersies brand. Vir die herbevestiging van die doop kan gedooptes hulle hande in die doopbak plaas en ’n kruisteken op die voorkop maak. ‘n Besige en interssante opsie is die voorstel wat by gevind kan word. Die engelse teks word net so weergegee, en die spesifieke web adres is We Had Cucumbers, Melons, Onions, and Garlic Numbers 11: 5 As the Israelites wandered in the wilderness with Moses, they never seemed to get enough to eat. And when God sent them the sweet and abundant manna every day, they missed the variety of foods they had grown and eaten in Egypt. In remembrance of the Israelites, let us make a salad of the foods they remembered from Egypt. Let the children each bring one Bible fruit or vegetable and see what sort of  combination you can construct. You could dress the salad simply with olive oil and wine vinegar, still staple foods in that part of the world today, and you might want to season it with theBible salad mix. As you make your list of ingredients, make sure to include cucumbers, onions, and garlic. We know that they also grew various kinds of lettuce and other greens. Other Bible foods that might add interest to the salad are cooked lentils, almonds, raisins, or ripe olives. Or you might want to make a fruit salad of cubed melons, grapes, pomegranate seeds, citrus fruit slices, and chopped apples. Diced cucumbers would be good in this salad as well. Bring plates and forks and enjoy! This is a good day to learn to sing or say a new table grace. I like to sing "For health and strength and daily food we praise your name, O Lord!" as a round (the music is in Thank You for This Food, by Debbie Trafton O'Neal), and I like to say: A Monk's Table Prayer For this food and joy renewed, we praise your name, O Lord! Amen Familie-oomblik

8 Preekriglyn [Nota: Vir die doel van hierdie preek word Numeri 11:4-35 as konteks geneem en bespreek vir die teksgedeelte, 11: Die teks hét die breër konteks van die groter Skrifgedeelte nodig om sin te maak in die prediking. Dit word dus aanbeveel dat die prediker die groter konteks hanteer.] Die uitstorting van die Heilige Gees bemagtig gelowiges, die kerk van die Here, om die werk van die Here te doen: Jesus skenk die Gees aan die dissipels en sê vir hulle: “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” (Joh. 20:21). “Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees...” (Hand. 1:8). “Daar is ’n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee... Daar is ’n verskeidenheid van kragtige werkinge, maar dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring.” (1 Kor. 12:4-6) “Almal is met die Heilige Gees vervul en hulle het in ander tale begin praat soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het om onder sy leiding te doen.” Die omstanders hoor dit, en sê toe: “Die mense wat daar praat is tog almal Galileërs. Hoe hoor elkeen van ons dan sy eie moedertaal? “ (Hand 2:4-8). Die Gees kommunikeer die evangelie oor alle grense na elke volk, taal en nasie. Die Gees doen dit deur krag aan mense te gee. Dit laat mens dink aan ’n verhaal uit Afrika. Die Karre-taal van ekwatoriale Afrika het heelwat uitdagings vir Bybelvertalers opgelewer, veral rondom die vertaling van die naam “Heilige Gees” en spesifiek die begrip “Trooster”. Hoe kon hulle die Heilige Gees in Karre vertaal? Op ’n dag sien die vertalers ’n groep mans vertrek met bondels vrag op hulle koppe. Hulle let op dat een van die mans niks dra nie. Hulle neem toe aan hy is in bevel van die groep, om seker te maak elkeen doen sy werk. Toe ontdek hulle die man is nie baas nie. Inteendeel, hy was teenwoordig om, wanneer iemand weens uitputting sy vrag nie langer kon dra nie, daardie vrag op te tel en dit in sy plek te dra. Hierdie draer staan in die Karre-taal bekend as “die een wat langs ons val.” Daar het die vertalers toe hulle woord vir “Heilige Gees” en spesifiek vir “Trooster.” (Ian Coffey, “Deep Impact,” Keswick ’99, OM Publishing)

9 Klaende volk en uitgeputte Moses
’n Klaende volk en ’n uitgeputte Moses In Numeri 11 vanaf vers 4 word vertel hoedat ’n geweldige lus vir vleis daar in die woestyn onder die Israeliete posvat. Hulle begin moeg raak vir die manna wat hulle daagliks opgetel en vir roosterkoeke gebruik het. Hulle kla en verlang terug na die vleispotte van Egipte (11:4-9). Hieroor word Moses baie moedeloos. Hy kom aan die einde van sy kragte. Hy sien nie langer kans om die volk te dra nie, dit is te swaar. Waar hy vleis in die hande gaan kry vir die klakouse, weet hy nie. Hy verwyt die Here oor die leierskapsrol wat hy moet vervul: “As U so met my wil maak, kan U my gerus maar om die lewe bring as U my goedgesind is. Hierdie slegte behandeling kan ek nie meer verduur nie.” (11:15) Moses het troos nodig. Hy het iemand nodig wat aan die vrag kan help dra. Moses het die Heilige Gees nodig. Moses het bystand nodig. Een mens kan nie alles dra nie. Klaende volk en uitgeputte Moses

10 Die Here help Die Here help
Die Here luister na beide die volk se klagte en vleislus, en na Moses wat aan die einde van sy kragte gekom het. Moses kry die opdrag om sewentig ander leiers bymekaar te maak, na die tent van ontmoeting te neem, waar die Here hulle met die Heilige Gees sal bemagtig. Die Here sal die Heilige Gees, wat op Moses is, ook op die sewentig leiers laat kom. Hulle sal dan saam met Moses verantwoordelikheid vir die volk neem (11:16-17). Die Here help ook die volk. Hulle moet hulself die volgende dag reinig, waarna die Here vir hulle vir ’n maand lank vleis sal gee. Hulle sal trouens uiteindelik naar word van al die vleis, omdat hulle die Here getart het deur te kla oor hulle uit Egipte weg is (11:18-20). Nes die volk, is Moses ewe arrogant. Hy wil weet hoe dit moontlik is om vir 600,000 mense vleis te gee? “Maar die Here het vir Moses gesê: ‘Dink jy Ek het nie die mag nie? Jy sal nou self sien of my woord bewaarheid word of nie’” (11:23). Die Here help

11 Die Gees vervul sewentig leiers
Die Heilige Gees vervul sewentig leiers In opdrag van die Here laat Moses sewentig leiers by die tent van ontmoeting vergader. Die Heilige Gees kom toe ook op hierdie leiers. Hulle begin dadelik as profete optree. Selfs twee ander leiers, wat in die kamp agtergebly het, en nie by die tent vergader het nie – Eldad en Medad – ontvang ook die Gees en tree in die kamp as profete op. Toe dié berig Moses bereik, is Josua ontstelt en vra Moses om hulle te laat ophou. Moses sê egter: “Ek sou wou wens dat die hele volk van die Here profete was, en dat Hy sy Gees op almal mag lê.” (29) Die Gees vervul sewentig leiers

12 Die volk kry vleis Die volk kry vleis
In die volgende toneel stuur die Here wind, wat ’n swetterjoel kwartels om die kamp laat val. Die volk maak tonne vleis bymekaar en eet hulle knuppeldik. Die toorn van die Here bring ’n klomp van die gulsiges om die lewe, soveel so dat daardie plek “grafte van gulsigheid”, Kibrot-Taäwa, genoem word. Die volk kry vleis

13 Waaroor gaan die verhaal? Waaroor gaan die verhaal?
Die opbou van hierdie verhaal lyk as volg: A. Die volk kla; B. Moses kla; C. God beloof hulp vir Moses; C1. God beloof hulp vir die volk; B1. God los Moses se probleem op; A1. God los die volk se probleem op. Let egter daarop dat daar by elkeen van die “oplossings” ook ’n element van straf is, al is dit by Moses gedemp en nie eksplisiet nie. Daar is fyner besonderhede waarvan net sommige hier genoem kan word. Beide die volk en Moses is beskuldigend en astrant teenoor God. Vir Moses kom die oplossing deur die “Gees”; vir die volk bring ’n “wind” die kwartels. In Hebreeus is Gees en wind dieselfde woord. Die oudstes staan rondom die tent; die kwartels lê rondom die kamp. Vers 23 is die eintlike sleutelvers van hierdie gedeelte: Maar die Here het vir Moses gesê: “Dink jy Ek het nie mag nie? Jy sal nou self sien of my woord bewaarheid word of nie.” Teenoor die negatiewe van die volk (“ons het nie”) en Moses (“ek kan nie”) staan die Goddelike alternatief: God se hand is “nie te kort nie”. God kan en sal voorsien. Maar God vra geloof in God se goedheid en mag. Die Gees word hier die een wat bekragtig en voorsien. Sodra die draer moeg word en neerslaan, tel die Gees op, versterk, en sit God se werk voort. Waaroor gaan die verhaal?

14 Alleen-leierskap is uit in God se koninkryk
Toepassing: Een: Alleen-leierskap is uit in God se koninkryk In hierdie gedeelte vermenigvuldig die Heilige Gees leierskap onder God se volk. Niemand het die reg om aan hom- of haarself as die enigste leier te dink nie. Die probleem van “alleen leierskap” raak byvoorbeeld predikante wat kla dat hulle oorwerk is en nogtans op elke gebied die leisels wil hou. Selfs gedelegeerde take geskied onder hulle toesig en met hulle toestemming. Kerkraadslede of lidmate kan ook die dominerende leierskapsrol probeer speel. Dit gaan hier oor die hero-leier wat alleen-seggenskap en alleen-leierskap opeis. Reeds op meer plekke in die Ou Testament word pogings tot alleen-leierskap afgewys. Delegering van take en die desentralisasie van mag en gesag is ’n diep geestelike saak. In Eksodus 18 word daar genoem dat Moses gesukkel het om die hele volk se probleme te hanteer. Daar is dit sy skoonvader wat hom aanraai om mense aan te stel om hom spesifiek met regsake te help. In Numeri 11:13-15 kla Moses by God oor sy onmoontlike taak. Die sentrale tema is dus skynbaar: “Een persoon kan nie alles doen nie.” Die tema van delegering van take en desentralisasie van gesag is nie vreemd aan die Ou Testament nie en ook geensins onbelangrik of “ongeestelik” nie. In die lig van God se alleenheerskappy het “geen” menslike gesagsinstansie “finale seggenskap” nie. Deuteronomium 16:18-18:22 skets ’n beeld van verskillende onafhanklike gesagsinstansies in Israel, elk met ’n eie taak en beperkings – ’n verdeling van magte in ’n era en omgewing waar alle gesag in die koning gesetel het. Ook die Nuwe Testament benadruk die verskillende gawes, take en roeping van mense (bv. in 1 Korintiërs 12). Wie is daar wat die Here vir jou as vennote, as medewerkers gee?

15 Die Gees bemagtig die leiers wat die Gees wil
Twee: Die Gees bemagtig die leiers wat die Gees wil ’n Groot groep leiers vergader in opdrag van Moses by die tent van ontmoeting en ontvang die bemagtiging van die Gees daar. Naas hierdie sewentig ontvang nog twee ander die Gees in die kamp. Hieroor is Josua ontsteld. Waaroor gaan dit hier? By die tent het die oudstes voor Moses gestaan en God het ’n deel van die Gees wat op Moses was, op die sewentig laat kom. Moses kon toe nog hierdie oudstes beskou as blote “helpers” aan wie “hy” take gedelegeer het. In die seremonie was hy immers die “seremonie­meester”, die “middelaar” tussen God en die oudstes. Nou vind hy dat God ook sonder sy teen­woordigheid optree en dat die werk van die Gees voorkom waar dit nie verwag word nie. God het gedelegeer, nie hy nie! As Josua hom vra om in te gryp, is die implikasie dat die “helpers” steeds onder Moses se bevel is. Moontlik was Josua bekommerd oor sy rol as Moses se opvolger. Dit is tot Moses se eer dat hy besef dat dit nie so is nie. Die sewentig oudstes is God se hulp aan hom en nie sy helpers wat onder hom staan nie. Ons kan aanvaar dat dit hierdie insig is wat verhoed dat Moses se astrantheid gestraf is soos die volk s’n (34). Moses het die delikate teregwysing ter harte geneem en besef dat menslike leierskap ’n “tydelike” strategie in God se plan is. God beheer hierdie gawe en deel dit uit soos God wil. Dit help ons verstaan om minder oor onsself te dink in ons dienswerk aan die Here. Ons word begenadig met geleenthede om te dien, met take en verantwoordelikhede. Maar dit maak ons nie onmisbaar nie. Dit maak ons nie agente van God wat onsself op die voorgrond kan stoot nie. Ons het nie alleen-eienaarskap van God se inisiatiewe nie. God gebruik wie God wil. Wie moet jy raaksien wat ook deur God gebruik word, en kan word? Wie is daar wat jy moet erken en help bemagtig as draers van God se boodskap en God se goedheid?

16 Die Gees bemagtig, nie die kerk nie
Drie: Die Gees bemagtig, nie die kerk nie Numeri 11 help ons verstaan dat die Here nie net deur die tent van ontmoeting, en deur die vergadering onder Moses se leierskap werk nie. God is die leier. Die Gees kom oor wie die Gees wil. Vir die praktiese bediening in die gemeente het dit groot implikasies. Kerkrade of predikante moet versigtig wees om nie in alle opsigte in beheer te wil wees nie. Ons kan as leiers deur God verras word. Diensgroepe is daar om God te dien, nie die gemeente (kerkraad, predikant) nie. Veral waar “bestuursmodelle” in die kerk heers, mag selfs die Heilige Gees net “deur die regte kanale” werk. Ons kanale van besluitneming en vloeidiagramme kan maklik die Gees probeer inperk. Daarteenoor moet kerkmense hulself en hul bevoegdhede in die kerk veel minder ernstig opneem. Ons moet altyd gereed wees om verras te word deur wie God nog inskakel by sy werk.

17 Die Gees maak ons vry van onsself
Vier: Die Gees maak ons vry van onsself In vers kyk Moses deur die oë van sy eie beperkings, van wat “hy” kan of nie kan doen nie. Moontlik was hy steeds bekommerd oor wat die volk van hom sou dink as hy misluk. Maar God vra hom nie om enigiets te doen nie! Geloof wat ophou waar my eie vermoëns ophou, is glad geen geloof nie; dit is bloot selfvertroue. En dat oormatige selfvertroue en wanhoop bloedfamilie is, weet geleerdes lankal. Die tree tussen selfhandhawing en selfmoord is uiters kort. Dit is dus nie verbasend dat Moses in vers 15 sy lewe wil prysgee nie. In vers 29 het Moses tot die besef gekom dat daar soms niks van hom verwag word nie – ook nie om bevele te gee nie. Inteendeel, waar God se Gees werk, hoef mense nie “hulleself” te handhaaf nie. Daar lê die finale kinkel. Selfvertroue “en” wanhoop in leierskap, oorywerigheid “en” boedel oorgee, het heelwat met status te make. Hoe groter die las wat ek dra, hoe meer gewig dra ek in die samelewing. As die las my dan onderkry, val my aandele en tuimel my wêreld ineen. Solank my status as predikant (of wat ook al) my siening oorheers, is die werk van die Heilige Gees ’n “bedreiging”. Wil ons “regtig” bid dat God se Gees in “die hele volk” sal begin werk, dalk op plekke, tye en maniere wat ons verbaas? Of wil ons bloot bid om meer dienaars onder ons bevel om ons leierskap makliker en indrukwekkender te maak? “Laat ‘u’ Koninkryk kom” of “Laat ‘my’ koninkryk kom”?

18 Vreugde en krag Vreugde en krag
Die vreugde is dat die krag vir diens van God kom. Laat ons ruimte maak vir diens. Laat ons die Gees toelaat om ons te verras met wie die Gees gebruik. Laat ons hande vat en saam dien. Vreugde en krag

19 God stuur ons om te leef Sien liturgie. God stuur ons om te leef

20 Volgende erediens: 2 Korintiërs 14:5-13
Liturgie: Wicus Wait Familie-oomblik: Wicus Wait Powerpoint: Rethie van Niekerk Preek: Danie Mouton Prosesbestuur Chris van Wyk Volgende erediens: 2 Korintiërs 14:5-13

21


Download ppt "Oorsig Pinkster is die fees van die uitstorting van die Heilige Gees. Die gebeure van die eerste Pinksterdag in Jerusalem word in herinnering geroep. In."

Similar presentations


Ads by Google