Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Besigheidstudies Graad 11.

Similar presentations


Presentation on theme: "Besigheidstudies Graad 11."— Presentation transcript:

1 Besigheidstudies Graad 11

2 Sakegeleenthede en sakerolle
Kwartaal 2 Sakegeleenthede en sakerolle

3 KREATIEWE DENKE EN PROBLEEMOPLOSSING

4 Inleiding Sake-ondernemings is onder volgehoue druk om beter te doen as hulle mededingers. Om hulle posisie in die mark te behou, moet sake- ondernemings kreatiewe en doeltreffende oplossings vir hulle probleme vind.

5 Die verkryging van probleemoplossingsvaardighede in n sakekonteks
Beide mense en sake-ondernemings ervaar soms probleme. Die probleemoplossingsiklus is ‘n meganisme wat help om probleme op te los. Die proses bestaan uit sewe stappe en word voorgestel as ‘n siklusdiagram – die proses word herhaal as die problem nie die eerste keer opgelos word nie.

6 Die sewe stappe: Identifiseer en ontleed die probleem
Ontleed moontlike oorsake Identifiseer alternatiewe oplossings Kies die beste oplossing Ontwikkel n plan van aksie Implementeer die oplossing Evalueer die oplossing/ strategie

7 Die probleemoplossingsiklus
Identifiseer die probleem Maak ‘n lys van al die faktore wat die problem moontlik kon veroorsaak om di eware oorsaak van di eprobleem op te spoor. Dit verseker dat die probleem self hanteer word en nie die simptome daarvan nie. Ontleed moontlike oorsake van die probleem Skryf neer wat die simptome van die probleem is omdat dit sal verseker dat al die betrokkenes bewus is van die probleem en dit ten volle verstaan. Identifiseer alternatiewe oplossings Maak ‘n lys van potensiële oplossings deur kreatiewe denktegnieke toe te pas, soos dinkskrums, gedwonge veldontledings(analises) of die Delphi-tegniek. Kies die beste oplossing Ontwikkel kriteria waaraan di eoplossing moet voldoen om die probleem op te los met betrekking tot: Koste en tyd Waarskynlikheid van sukses Risiko’s betrokke Mate van aanvaarding of weerstand deur werknemers

8 Die probleemoplossingsiklus
Ontwikkel ‘n plan van aksie Maak ‘n Ganttkaart en dui die take wat uitgevoer moet word, werknemers wat daarvoor verantwoordelik is en sperdatums daarop aan. Ontwikkel ‘n manier om vordering te monitor, dit sal verseker dat werknemers weet wat van hulle verwag word. Implementeer die oplossing Hierdie stap poog om die probleem te elimineer. Die oplossings wat in die vorige stappe ontwikkel is, word nou geïmplementeer. Evalueer die strategie/oplossing In hierdie stap word die werklike resultate met die gewensde resultate vergelyk om te besluit watter strategieë die beste werk. Hierdie stap stel vas of die probleem opgelos is en om die lesse wat geleer is ter harte te neem om selfs beter oplossings in die toekoms te kan vind.

9 Roetine-denke teenoor kreatiewe denke
Roetine-denke verwys na die denkwyse wat jy altyd volg. Dit beteken dat jy ou denkpatrone op nuwe situasies toepas. Roetine-denkers is geneig om dieselfde foute oor en oor te maak. Kreatiewe denke verwys na ‘n nuwe, skeppende denkproses. Dit beteken om nuwe denkwyses op ou situasies toe te pas. As jy nie gewoond is om kreatief te dink nie, is dit maklik om vasgevang te raak in ou denkpatrone. Ons moet prober om ons ou roetine-denkgewoontes te breek, omdat roetine-denke kreatiewe denke verhinder. Sommige mense glo dat hulle ‘n sielkundige blok het teen kreatiwiteit. Kyk na die volgende sielkundige bloke teen kreatiwiteit:

10 Sielkundige bloke teen kreatiwiteit
Jy glo jy kan nie kratief wees nie Ons eie denkpatrone beperk dikwels ons kreatiwiteit omdat ons vir onsself sê dat ons nie kreatief is nie. Sê vir jouself dat jy kreatief is en wees positief oor jou vermoëns. Jy probeer om te practise te wees Soms kritiseer ons ‘n idee omdat dit onprakties is sonder dat ons onsself kans gee om aan die idee gewoond te raak. As ons klein veranderings maak aan ‘n idee wat met die eerste oogopslag onprakties lyk, kan ons dalk ontdek dat die idee eintlik prakties is. Logiese denke Logiese denke kan ons kreatiwiteit beperk omdat kreatiewe mense anders en selfs soms op ‘n nie-logiese manier na probleme kyk. Jy volg die reëls Reëls beperk ons gedrag omdat reels grense stel. Ons moet prober om reels in verband met ons denkwyse te verbreek. Diegene wat dit regkry, sal waarskynlik meer kreatief wees. Jy glo dat dit sleg is om verkeerd te wees Mense leer uit hulle foute. Dus moet ons liewer ons foute sien as geleenthede om te leer om onsself toe te laat om meer kreatief te wees deur die lesse wat ons uit foute leer.

11 Hersiening: Komplekse probleemoplossingstegnieke
a) Delphi-tegniek Hierdie tegniek versamel die opinies van kundiges sonder om die kundiges byeen te bring. Help om idees uit te dink en te verduidelik, konsensus te bereik en besluite te neem. Maak gebruik van ‘n stel vraelyste. Die doel van die vraelyste is om terugvoer te kry van verskillende kundiges.

12 Hersiening: Komplekse probleemoplossingstegnieke
b) Gedwonge-veldontleding/(analise) Die gedwonge-veldontleding is ‘n tegneik wat al die magte vir en teen ‘n besluit in ag neem. Dit word dikwels gebruik om verandering in ondernemings te beplan en te implementer. Om ‘n gedwonge-veldontleding uit te voer, moet die volgende stappe gevolg word:

13 Hersiening: Komplekse probleemoplossingstegnieke
b) Gedwonge-veldontleding/(analise) (Stappe) Deel jou bladsy in drie kolomme. Die opskrif vir die linkerkantste kolom is: “Magte/Kragte vir verandering”. Stel die probleem in die middelste kolom. Die opskrif vir die regterkantste kolom is: “Magte/Kragte teen verandering”. Lys al die magte vir verandering in die linkerkantste kolom en al die magte teen verandering in die regterkantste kolom. Ken ‘n punt tussen 1 en 5 aan elke mag toe. Een dui op ‘n swak mag en vyf dui op ‘n sterk mag. Bereken die totale punt vir elke kolom. Nou kan jy besluitj of die verandering wat jy oorweeg, ekonomies uitvoerbaar is.

14 Hersiening: Komplekse probleemoplossingstegnieke
c)Ander komplekse probleemoplossingstegnieke sluit in: Betrek ander Probleme val soms buite bestuur se gebied van kundigheid. Bestuur kan dan gebruik maak van konsultante om te help om die probleem op te los. Werk in spanne Sommige probleme is te kompleks om deur inividue hanteer te word. Deur werknemers in spanne te verdeel, het verskeie voordele, insluitend: Die probleem word vanuit verskillende perspektiewe benader. Toegang tot meer kennis, vaardighede en kundigheid. Die probleem word in die fynste besonderhede ontleed. Pro-aktiewe probleemoplossing Pro-aktiewe probleemoplossing beteken om probleme te antisipeer en daardeur te verhoued dat hulle ontstaan. Hierdie strategie verseker dat hulpbronne nie gemors word op probleme wat verhoed kon word nie.

15 Hersiening: Komplekse probleemoplossingstegnieke
c)Ander komplekse probleemoplossingstegnieke sluit in: Intuïtiewe besluitneming Daar word dikwels van probleemoplossingspanne verwag om ‘n besluit te neem, of om ‘n probleem op te los met beperkte tyd en beperkte inligting. Probleemoplossingspanne kan dus nie altyd op die probleemoplossingsiklus staat maak nie. In sulke gevalle moet spanne op hulle intuïsie, gesonde verstand en vorige ervarings steun om ‘n besluit te maak. SSGB/(SWOT) analise ‘n SWOT-analise dwing bestuur om die onderneming se sterk en swak punte te ontleed. Dit kan bestuur help om probleme te antisipeer en só te verhoed dat hulle ontstaan. PESTLE analise Die PESTLE-analise evalueer ‘n onderneming se posisie met betrekking tot politieke, ekonomiese, sosiale en tegnologiese faktore en sal bestuur help om probleme met betrekking tot hierdie faktore te antisipeer. Die PESTLE-analise is meer bruikbaar vir groter ondernemings.

16 Samewerking met ander om probleme op te los
Sommige probleme is te kompleks om aan individue oorgelaat te word. Om saam met ander te werk, kan ons help om meer kreatief te wees omdat ons dan blootgestel word aan ander denkpatrone en maniere waarop mense probleme aanpak. Om werknemers in probleemoplossingspanne te verdeel, is ‘n kreatiewe probleemoplossingstegniek met die volgende voordele: Die probleem word vanuit verskeie perspektiewe benader. Spanlede het toegang tot ‘n breër veld van vaardighede, kennis en kundigheid. Spanne sal probleme in fyner besonderhede ontleed wat sal lei tot ‘n beter begrip van die probleem.

17 Samewerking met ander om probleme op te los
Dinkskrums is ‘n baie nuttige terniek vir groepe om probleme op te los. Dinkskrums bevorder kreatiewe denke deur spanlede aan te moedig om aan soveel moontlik idees te dink om ‘n probleem op te los, sonder dat enige van die idees tydens die dinkskrym gekritiseer word. Een van die grootste voordele van dinkskrums is dat groeplede op mekaar se idees kan voortbou omdat een person se idee dalk ‘n ander se kreatiewe denke inspireer.

18 Verkryging van kreatiewe denkvaardighede
Jy kan kreatiewe denkvaardighede aanleer en verskerp deur: die geleenthede in probleme te probeer raaksien, wyer te dink en nie bevooroordeeld te wees nie, nuwe oplossings op ou probleme toe te pas, jou kennis te verbreed deur op te lees oor ‘n groot verskeidenheid onderwerpe, dinge wat jou inspirer te identifsieer.

19 Konvensionele oplossings teenoor onkonvensionele oplossings
Konvensionele oplossings: Konvensionele oplossings is gewoon en verbeeldingloos Onkonvensionele oplossings: Onkonvensionele oplossings is anders en kreatief

20 Konvensionele oplossings teenoor onkonvensionele oplossings
‘n Persoon se persepsie van wat konvensioneel is of nie, hang af van die persoon se agtergrond en kultuur. Byvoorbeeld: baie kultuurgroepe dink dat die konvensionele oplossng vir siekte is om dokter toe te gaan, terwyl anderkultuurgroepe dinkd dat die konvensionele oplossing sal wees om na ‘n tradisionele geneser toe te gaan. Die voordeel van konvensionele oplossings, is dat ons redelik seker kan wees van die uitkoms. Om konvensionele oplossings op probleme toe te pas kan egter jou kreatiwiteit belemmer of persoonlike groei beperk.

21 Konvensionele oplossings teenoor onkonvensionele oplossings
Onkonvensionele oplossings laat ons toe om nuwe maniere te ontdek om probleme op te los. Onkonvensionele oplossings kan selfs daartoe lei dat ons nuwe geleenthede ontdek. Inheemse kennis is (vir baie mense) ‘n onkonvensionele benadering. Inheemse kennis is plaaslike kennis, soos byvoorbeeld om te weet watter plante om vir medisyne te gebruik.

22 Aktiwiteit


Download ppt "Besigheidstudies Graad 11."

Similar presentations


Ads by Google