Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

‘N OPROEP OM OP TE STAAN EN VERLIG TE WORD

Similar presentations


Presentation on theme: "‘N OPROEP OM OP TE STAAN EN VERLIG TE WORD"— Presentation transcript:

1 ‘N OPROEP OM OP TE STAAN EN VERLIG TE WORD
DEUR RAQUEL ARRAIS, MA, MEDEDIREKTEUR,GESKRYF WêRELD KONFERENSIE VROUEBEDIENINGE DEPARTEMENT Inleiding Vanoggend se skriftuur gedeelte begin in Jesaja 60:1 “Staan op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op” (AFR53). Jesaja doen ‘n beroep op ons om op te staan en verlig te word “want jou lig kom.” VROUEBEDIENINGE BEKLEMTONINGSDAG SABBAT, 8 JUNIE 2019

2 "As daar ooit ‘n tyd in die geskiedenis van Adventiste was waar hulle moet “opstaan en skyn”, is dit nou. Geen stem moet daarvan weerhou word om die derde engel se boodskap te verkondig nie [en hierdie verkondiging vorm deel van ons diens aan die wêreld]. Laat niemand weens die vrees dat hulle wêreldse aansien verlore mag gaan, een ligstraal wat van die Bron van lig afkomstig is, verberg nie. Dit vereis morele moed om die werk van God in hierdie laaste dae te verrig, maar laat ons ons nie deur die gees van menslike wysheid laat lei nie. Die waarheid moet vir ons alles wees. Laat diegene wat vir hulle ‘n naam in die wêreld wil maak, met die wêreld saamgaan.” Christ Triumphant, 358 Ellen White definieer daardie beroep en maak van die beeldspraak “staan op en skyn” in ‘n kragtige boodskap gebruik: "As daar ooit ‘n tyd in die geskiedenis van Adventiste was waar hulle moet “opstaan en skyn”, is dit nou. Geen stem moet daarvan weerhou word om die derde engel se boodskap te verkondig nie [en hierdie verkondiging vorm deel van ons diens aan die wêreld]. Laat niemand weens die vrees dat hulle wêreldse aansien verlore mag gaan, een ligstraal wat van die Bron van lig afkomstig is, verberg nie. Dit vereis morele moed om die werk van God in hierdie laaste dae te verrig, maar laat ons ons nie deur die gees van menslike wysheid laat lei nie. Die waarheid moet vir ons alles wees. Laat diegene wat vir hulle ‘n naam in die wêreld wil maak, met die wêreld saamgaan.”1 1 Ellen G. White, Christ Triumphant (Hagerstown, Maryland: Review and Herald Publishing Association, 1999), 358.

3 “Staan op, word verlig; want jou LIG kom, en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op” (AFR53).
Staan op, word verlig; want jou LIG kom, sê Jesaja die profeet.

4 STAAN OP Die betekenis van die woord Opstaan
Die woord “opstaan” beteken “om vanuit n lêende of sittende posisie af op te staan,” “om raak gesien te word,” “om herkenbaar te word,” “om uit te styg.” Dit beteken dat u vandag moet verwag om op te staan, uit te styg en herkenbaar te wees. Om op te staan beteken ook om na ‘n volgende vlak te vorder, ‘n hoër vlak. Het ons reeds tot die volgende vlak gevorder? Ons lewe in ‘n wêreld wat tot onder ons vingerpunte ingekrimp het: skootrekenaars en tablette, Wi-Fi en Bluetooth, Facebook en Twitter. Is hoëspoed, hoëvlak tegnologiese werkverrigting ‘n aanduiding dat die mensdom tot hoër vlakke van beskaafdheid gevorder het? Sommige sê dit is. Hoe dit ook al sy, te midde van soveel vooruitgang en kommnikasie bestaan daar ‘n weersinwekkende en vreesaanjaende duisternis; ‘n duisternis wat teen nasionaliteite, ouderdom, opvoeding, kultuur, en beroepe indruis; ‘n duisternis wat elkeen van ons se mensheid uitdaag en ons almal se geestelikheid inkort, veral diegene wat die naam Christen of Sewendedag-Adventis aangeneem het. Na watter duisternis verwys ek? Kyk na die wêreld om u. Dink aan u kerk. Stel ondersoek in na u werksplek. Stel ondersoek na u eie tuiste in, u kollege, en u omgewing. Vind u duisternis in enige van hierdie omgewings? As ‘n vrou, en iemand wat by vrouebediening betrokke is, wil ek dit aan u stel: Solank een uit drie vroue voortdurend enige vorm van mishandeling in haar lewe ervaar, is daar duisternis in die wêreld. Solank vroue aan verminking van geslagsorgane onderworpe is, kinderhuwelike, bruidskat onderdrukking, eermoorde, verkragting, fisieke en verbale mishandeling, diskriminasie in die werksplek—skokkend genoeg, selfs in ons predikante se huise en die van ons kolleges—is daar duisternis in ons wêreld Solank daar 1.2 miljoen kinders per jaar wêreldwyd in mensehandel verhandel word, is daar duisternis in ons wêreld. Die betekenis van die woord Opstaan Om vanuit n lêende of sittende posisie af op te staan Om raakgesien te word Om herkanbaar te word Om uit te styg Om na ‘n volgende vlak te vorder, ‘n hoër vlak

5 STAAN OP EN WORD VERLIG Staan op, word verlig; want jou LIG kom! ... Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jóú sal die Here opgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word“ (Jesaja 60:1, 2, AFR53). Ja, daar is duisternis—verskriklike duisternis, besoedelde duisternis, en uitdagende duisternis. Aan ons wat in die wêreld van duisternis leef—die duisternis aan die buitekant, die duisternis aan die binnekant—en aan ons wat vir ons dogters en sisters van diens wil wees, aan moeders en vroue, kom die oproep van Jesaja: STAAN op, word verlig; want jou lig kom! ... Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jóú sal die Here opgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word" (Jesaja 60:1, 2, AFR53). Jesaja spreek ‘n volk toe wat die duisternis van gevangeneskap deur Babilon sowat 120 jaar na die profeet se bediening sal binnegaan. Hy is daarvan bewus dat Israel baie duister tye in die verlede beleef het, soos die slawerny in Egipte en die Assiriese aanvalle. Vir ‘n volk wat daaraan gewoond is om met die vrees vir duisternis saam te leef, wat lyk of hulle alle hoop verloor het, voorspel die profeet, bevryding van die vrees vir duisternis, hoop te midde van vertwyfeling. Dit blyk of hy aan hulle wil sê; Daar sal duisternis wees, maar dit hoef julle nie vir ewig te omhul nie; die nag van hooploosheid moet plek maak vir die helder, glorieryke sonsopkoms. God se belofte en uitdaging is eenvoudig: " Staan op, word verlig." Staan op. Skud die vrees af. Laat die duisternis van mishandeling die wyk neem. Skyn in die heerlikhheid van die lig wat slegs van God af kom. Dit is vir ons so maklik om dit wat Jesaja sê te ignoreer. Tog as ons die storm wat vir ons voorlê wil trotseer, om die morele, sosiale en kulturele bedreigings wat ons oorweldig in die gesig te staar, moet ons toelaat dat God se Woord tot ons spreek. Wat sê Jesaja dus?

6 ‘N DUIDELIKE BOODSKAP God Self is die LIG. Die Here is my LIG.…
vir wie sou ek vrees?" Psalm 27:1, AFR53 ‘n Duidelike boodskap Eerstens, ‘n duidelike boodskap: God Self is die lig. Die psalmis het reeds vir ons die versekering gegee: " Die Here is my lig... vir wie sou ek vrees?" (Psalm 27:1, AFR53). Maar Israel, soos dit so dikwels maar met elkeen van ons gebeur, het hulle hul met hulle eie krag misgis en het in hulself ‘n lig gesien wat voldoende geblyk het vir die reis wat voorlê. En daardie selfgestentreerde benadering het slegs ballinskap tot gevolg gehad. Dit is aan hierdie gevange mense, mense in selfopgelegde boeie, na wie die belofte uit God se Woord kom: "Staan op uit jou selfbedrog en kyk daar: daar is die Here jou lig. En met daardie lig in jou hand en in jou hart, staan op en laat jou lig skyn" (Jesaja 60:1, 2, deur die skrywer geparafraseer).

7 ‘N DUIDELIKE BOODSKAP God BEVRY nie slegs vir Israel van die duisternis van ballingskap nie; Hy maak van Israel ’n medium van LIG Dit is ‘n manier om vir die volke te laat weet dat God, wat Self LIG is, enige vorm van duisternis sal VERDRYF en Sy LI HELDER sal laat skyn Sy LIG sal menslike duisternis die hoof bied. Indien Israel daardie lig—God se lig— laat skyn, sal die volke “jou stralende opgang” ervaar (v. 3, AFR 53) die helderheid van die dagbreek, die glans van die nuwe dag wat vir jou aangebreek het. Daardie dag is egter nie ‘n dag van selfverheerliking nie; dit is ‘n magtige gebeurtenis wat wêreldwyd waargeneem sal word. God bevry nie slegs vir Israel van die duisternis van ballingskap nie; Hy maak van Israel ’n medium van lig. Dit is ‘n manier om vir die volke te laat weet dat God, wat Self lig is, enige vorm van duisternis sal verdryf en Sy lig herlder sal laat skyn. Sy lig sal menslike duisternis die hoof bied.

8 ‘N DUIDELIKE BOODSKAP “Julle is die LIG van die wêreld….
Laat julle LIG só skyn voor die mense, dat hulle julle... Vader wat in die hemele is, verheerlik" (Matthéüs 5: 14, 16, AFR53). Kom ons pas hierdie profetiese belofte op die hededaagse werklikheid toe. Die betekenis daarvan is vandag net so van toepassing as in die tyd van Jesaja. Jesus het gesê, "Julle is die lig van die wêreld.... Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle... Vader wat in die hemele is, verheerlik" (Matthéüs 5:14, 16, AFR53). “Jesus versoek nie die Christen om daarna te streef om te skyn nie, maar om sy lig duidelike helder strale na die wêreld te laat skyn.” E. G. White, This Day with God (Washington, D.C.: Review and Herald Publishing Association, 1979), 316. Dit is die kern van die saak. As ons weet dat ons geroep is om lig te wees sal ons kies om daardie lig te laat skyn. Deur ons lewe, optrede en bediening, sal die glans van die Vader se heerlikheid die sosiale, verhoudings en die duisternis van mishandeling wat die wêreld omvou, verdryf word. Wat beteken dit egter vir ons om God se lig in die wêreld te wees? Hoe skyn Jesus se lig deur ons? 2 E. G. White, This Day with God (Washington, D.C.: Review and Herald Publishing Association, 1979), 316.

9 ‘N DUIDELIKE BOODSKAP As ons weet dat ons geroep is om LIG te wees, sal ons kies Om daardie LIG te laat skyn. Jesus skyn deur ons huldiging dat alle mense na God se beeld geskape is, en ons is almal God se kinders. As lede van Sy gesin moet ons erkenning aan die eenheid van die hele menslike spektrum gee: noord en suid, oos en wes, wit en swart, manlik en vroulik, jonk en oud. Wanneer daardie eenheid erkenning kry sal die lig wat in ons skyn en en deur ons skyn elke skaduagtige duister hoekie wat die duisternis van mishandeling en haat insluit, verdryf.

10 ‘N DUIDELIKE BOODSKAP Jesus se LIG skyn deur ons huldiging dat alle mense na God se beeld geskape is Jesus se LIG skyn deur ons dade van liefde en genade Jesus se LIG skyn deur ons wanneer ons die vrug van die Gees voortbring Jesus se lig skyn deur ons dade van liefde en genade. As die Here se geroepenes, is ons die vervulling van Jesaja se visioen. In daardie konteks, word ons deur Jesus as sy lig aangewys en weerspieël ons die glans wat van Hom uitgaan. Hy doen ‘n beroep op ons om ‘n lewe van ootmoed te leef. Hy versoek dat ons honger en dors na reg en geregtigheid. Hy verwag dat ons Hom deur ons genade, ons rein hart ons vinnige pogings om met die teëparty vrede te maak, ons seksuele getrouheid, ons eerlikheid, dat ons weiering om te vergeld, ons vas en gebed, sal weerspieël. Hierdie is gehoorsame werke wat die lig van Jesus weerspieël wat deur ons na die duisternis om ons skyn.

11 VRUG van die Gees Liefde in ‘n wêreld wat haat
Vreugde in ‘n tyd van hartseer Vrede in ‘n tyd van stryd Geduld te midde van irritasie Vriendelikheid wanneer die lewe ontstuimig is Goedheid wat boosheid te bowe kom Getrouheid wat oneerlikheid verdryf Sagmoedigheid wanneer die omgewing stroef is Selfbeheer in ‘n selfsugtige wêreld Jesus se lig skyn deur ons wanneer ons die vrug van die Gees voortbring. Die vrug is: liefde in ‘n wêreld wat haat; vreugde in ‘n tyd van hartseer; vrede in ‘n tyd van stryd; Geduld te midde van irritasie; vriendelikhied wanneer die lewe ontstuimig is; goedheid wat boosheid te bowe kom; getrouheid wat oneerlikheid verdryf; sagmoedigheid wanneer die omgewing stroef is; en selfbeheersing in ‘n selfsugtige wêreld. 3 Sien Galatiërs 5:22-26 en Jakobus 3:17, 18.

12 ‘N HOLISTIESE BOODSKAP
Wanneer God se LIG die duisternis in ons harte vedryf, bring dit ‘n ALGEHELE VERANDERING in ons lewens teweeg. ‘n Holistiese boodskap: Tweedens, wys Jesaja ons op die holistiese aard van die lig wat op ons skyn. Wanneer God se lig die duisternis in ons harte vedryf, bring dit ‘n algehele verandering in ons lewens teweeg.

13 ‘N HOLISTIESE BOODSKAP
Ons gees word deur God se Gees verander, sodat ons nie meer aan onsself behoort nie, maar aan Hom: om Sy wil uit te voer en op sy weg te wandel, om van sy heerlikheid te getuig, om ons broers en susters te aanvaar, en die lig uit te straal om die duisternis wat om ons is te verdryf.  Ons verstand word van die beperkinge van sonde en duisternis bevry. Die kern van ons gedagtes word bevry om God se visie vir lewe te aanvaar, om die duisternis van die wêreld in die gesig te staar, en om die hernuwing van ons gedagtes te beoefen sodat ons “die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God kan openbaar" (Romeine 12:2). Ons liggaam kom onder die herstellende krag van die Gees. Ons erken die heiligheid van die liggaam as God se tempel. Daardie verantwoordelikheid om die heiligheid te bewaar, sluit nie slegs ons eie liggame in nie, maar ook die van elke mens met wie ons in aanraking kom. Ons hartstogte styg op uit die diepte van die duisternis om die rein geheiligde lewe wat God vir ons daargestel het, aan te gryp. Die lig verander ons emosies op so ‘n wyse dat ons die verbode gebied van interpersoonlike verhoudings vermy en ons binne die grense van God se liefde en sorg bly. Ons verhoudings word nie meer gedefinieer deur die voordele wat daaruit mag voortspruit nie, maar deur die veranderende, warmhartigheid van God se lig. Ons verhoudings word nie deur die bloed in ons are beheers nie, maar deur die bloed van Jesus wat van ons almal sy kinders maak. Ja, ons moet as ligdraers die duisternis blootlê. Ons is die lig wanneer ons standpunt vir geregtigheid en waarheid in die openbaar, by die werk, tuis en in ons kerke, inneem. Ons verdoof daardie lig as ons toegee aan hoogmoed, jaloesie, stryd, mishandeling en onsedelikheid. As ons ons broers en sisters haat, as ons ons aan misbruik skuldig maak, is ons nie meer lig nie en kan ons ook nie meer in die lig wandel nie. Ons GEES word deur God se Gees verander, sodat ons nie meer aan onsself behoort nie, maar aan Hom. Ons VERSTAND word van die beperkinge van sonde en duisternis bevry. Ons LIGGAAM kom onder die herstellende krag van die Gees en ons erken die heiligheid van die liggaam as God se tempel. Ons HARTSTOGTE styg op uit die diepte van die duisternis om die rein geheiligde lewe wat God vir ons daargestel het, aan te gryp. Ons VERHOUDINGS word nie meer gedefinieer deur die voordele wat daaruit mag voortspruit nie.

14 ‘N BOODSKAP VAN DIENSBAARHEID
Christus se ware KRAG is in daardie normaliteit verskuil: Die krag van liefde Die krag van nederigheid Die krag van selfopofferende diens Jesus se ware LIG word in diensbaarheid gevind. Die lig wat met die koms van Christus gebring word Die lig wat kom om duisternis te verdryf Die lig wat ‘n uitnodiging is om van diens te wees ‘n Boodskap van diensbaarheid Derdens dring Jesaja op ‘n lewe van diensbaarheid aan. Die gedagte van lig word dikwels ervaar as iets wat onmiskenbaar heerlik met ‘n groot, magtige betoon verskyn. Maar die profeet leer ons dat ware lig in diensbaarheid voorkom. Diensbaarheid is ‘n diepgaande en herhalende tema in die Skrif. Jesaja het reeds in Jesaja 42 en 53 voorsien dat die Messias as ‘n dienskneg, sonder enige uiterlike luister sou kom. Sy verskyning sou soos die van die minste wees. Tog het Christus se ware krag in daardie normaliteit geskuil: die krag van liefde, die krag van nederigheid, die krag van selfopofferende diens. Jesus het saam met die armes geleef, onder die vertraptes en uitgeworpenes gewerk, diegene wat geteister en mishandel is opgehef en het uiteindelik aan die kruis gesterf. Die glorierykste openbaring van goddelike mag is met geen uiterlike vorm van heerlikheid vertoon nie. Die grootste openbaring van mag en heerlikheid is in duisternis en onaansienlikheid geopenbaar. Dit is waarom die evangelie vir die Grieke dwaasheid was, aanstootlik vir die Jode, en ‘n grap vir die Romeine. Geeneen van hulle kon die betekenis van Jesus se diensbaarheid verstaan nie en hulle kon ook nie die reddende genade wat van die kruis afkomstig is verstaan nie. Jesus se ware lig word in diensbaarheid gevind. Die oproep om op te staan en verlig te word skakel met die lig wat met die koms van die lig van die Heilige Gees saamgaan. Lig verdryf duisternis. Lig bring ‘n uitnodiging om diensbaar te wees, om verhef te word tot dit waarvoor ons geskape is. God se volk moet ‘n voorbeeld wees van die eerste belofte van God aan Abraham dat die gemeenskap van gelowiges ‘n bron van seënige aan die volke moet wees. Indien ons ooreenskomstig die oproep om diensknegte te wees geleef het, sou ons geseën word. En die wêreld sou deur ons gehoorsaamheid geseën word. Die vernietiging van duisternis sou noemenswaardig gewees het.

15 ‘N UITDAGENDE BOODSKAP
Jesaja daag ons uit om die LIG te wees wat deur die duisternis skyn, wat duisternis verdryf. Jesus sê vir ons om die LIG van die wêreld te wees en te skyn. Paulus bevestig dat ons kinders van die LIG is. Vierdens, Jesaja se boodskap daag ons uit om lig te wees wat deur die duisternis skyn, wat duisternis verdryf. Jesus sê vir ons: " Julle is die lig van die wêreld... Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik" (Matthéüs 5:14-16, AFR53).

16 ‘N UITDAGENDE BOODSKAP
“Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle LIG in die Here — wandel soos kinders van die LIG. Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid. En beproef wat die Here welbehaaglik is” (Efesiërs 5:8-10, AFR53). Paulus herinner ons: “Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here — wandel soos kinders van die lig. Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid. En beproef wat die Here welbehaaglik is;” (Efesiërs 5:8-10, AFR53). Dit is ons roeping en ons moet maniere vind om daardie roeping as Sy gemeenskap van dissipels uit te leef.

17 Jesus het aan ons die opdrag gegee om die duisternis te verlig [laat julle lig so skyn] en om boosheid bloot te lê. “en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer” (Efésiërs 5:11, AFR53). Die opdrag Ons taak is duidelik om ons lampe na die donker hoekies van die wêreld te neem en daardie hoekies te verlig en die duisternis bloot te lê. Ellen White moedig ons aan om ‘n verskil in ons gemeenskappe te maak selfs al ervaar ons groot persoonlike moeite om die duisternis te verlig. “God het sy kinders in verskillende gemeenskappe geplaas sodat die lig van die waarheid te midde van die morele duisternis wat die wêreld omhul, kan bly skyn. Hoe donkerder die duisternis om ons is, hoe groter is die behoefte dat ons lig vir God sal skyn. Ons mag in omstandighede geplaas word waar daar groot moeilikhede en beproewinge is, maar dit is geen bewys dat ons ons nie in die juiste posisie bevind wat deur die Voorsieningheid aan ons toegewys is nie.” Die uitdaging vir ons as vroue is om tyd te neem om “’n verskil te maak.” Watter klein verskilletjie kan ons maak? Watse klein vonkie kan ons laat ontbrand wat God se lig sal aansteek om deur die duisternis te skyn waaraan ons dogters, sisters en eggenote onderworpe is om in te leef? Watse taak het diegene wat by vrouebediening betrokke is vandag? 4 E. G. White, Testimonies to the Church, vol. 6 (Mountain View, California: Pacific Press Publishing Association, 1889), 182.

18 UITDAGINGS VIR VROUE EN LEIERS
Mishandeling en geweld enditnow® is vandag ons uitdaging. Armoede Dit is vandag ons uitdaging om daardie letsel te verwyder. Gesondheidsbedreigings Dis vandag ons uitdaging om daardie onaanvaarbare las te verwyder. Die ses uitdagings vir Adventiste vroue in die bediening "Raak ‘n hart aan en reik uit na my wêreld" is die leuse van Adventiste vroue bediening. Ons visie is om diegene wat in nood verkeer, te help. Ons poog om dit te bereik deur die ses grootste uitdagings wat vroue wêreldwyd teister, aan te spreek: mishandeling, ongeletterdheid, arbeidslas, armoede, gesondheid, en geleerheid. Mishandeling en geweld: Globale statistieke dui aan dat een uit elke drie vroue fisieke en seksuele geweld in hulle leeftyd ervaar. Tagtig present van die 1.2 miljoen kinders wat elke jaar in mensehandel verhandel word, is meisies. As gevolg van wêreldwye protes met betrekking tot hierdie aangeleentheid het die Adventist Development and Relief Agency en die Vrouebedieningsdepartment die enditnow® voorspraak veldtog in Oktober 2009 van stapel gestuur om ‘n einde aan geweld teen vroue en meisies te maak. Sedertdien het sewe departemente van die wêreldkerk ‘n alliansie aangegaan om te verseker dat enditnow® as aktiewe en noodsaaklike inisiatief van die Sewendedag-Adventiste kerk bly voorbestaan. Hierdie departemente sluit Kinderbediening, Opvoeding, Gesinsbediening, Gesondheidsbediening, Patorale Genootskap, Vrouebediening, en Jeugbediening in. Vandag is ons uitdaging enditnow®. Armoede: Sewentig present van die1.2 biljoen mense wêreldwyd wat in armoede leef, is vroue. Dit wil voorkom of armoede ‘n vroulike identiteit aangeneem het. Dit is vandag ons uitdaging om daardie letsel te verwyder. Gesondheidsbedreigings: Gevare vir vroue se gesondheid sluit in emosionele, sosiale en fisieke bedreigings wat deur sosiale, politieke en ekonomiese faktore teweeg gebring word. Die gehalte van ‘n vrou se gesondheid het ‘n direkte uitwerking op haar lewe en haar gesin se welstand. Slegte gesondheid ondermyn ‘n vrou se vermoë om ten volle produktief in God se werk te wees. Bykans een uit elke vyf vroue ontwikkel depressie in een of ander stadium van haar lewe. Volgens die Wêreld Gesondheidsorganisasie, word daar vooruit geskat dat depressie die tweede grootste bydrae tot die wêreldwye siektelas in 2020 sal lewer. Dis vandag ons uitdaging om daardie onaanvaarbare las te verwyder. UITDAGINGS VIR VROUE EN LEIERS

19 UITDAGINGS VIR VROUE EN LEIERS
Werksoorlading Om balans tussen werk en ontspanning te handhaaf, om die tuiste en werksplek gelyk te stel, om tyd vir verstandelike groei en die vertroosting van die Heilige Gees te bied, is ons uitdaging vir vandag. Geleerdheid Om toe te sien dat meisies op alle vlakke toegang tot geleerheid verkry is ons uitdaging vir vandag. Ongeletterdheid Om aan elke vrou die sleutel tot die wêreld van geletterheid en self- ontwikkeling te bied is ons uitdaging vir vandag. Werksoorlading. Vroue om die wêreld, van alle kulture, staar die probleem van werksoorlading in die gesig. Vroue het die uitdaging om twee derdes van die wêreld se werk te verrig wat lang werksdae tot gevolg het, lae lone, lang ure van huiswerk en na kinders omsien, wat min tyd vir persoonlike godsdiens, rus en ontspanning en sosiale en geestelike groei laat. Om balans tussen werk en ontspanning te handhaaf, om die tuiste en werksplek gelyk te stel, om tyd vir verstandelike groei en die vertroosting van die Heilige Gees te bied, is ons uitdaging vir vandag. Geleerdheid. Geleerdheid vir almal is ‘n besiese mensereg. Vroue het gelyke toegang tot geleerheid nodig om beter gesondheid, voeding en lewensgehalte vir hulself en hulle gesinne te behaal. Om toe te sien dat meisies op alle vlakke toegang tot geleerheid verkry is ons uitdaging vir vandag. Ongeletterdheid. Drie-en-sestig present van die 163 miljoen ongeletterde jong mense in die wêreld is vroue. Selfs in welvarende lande ontvang meisies minder geleerheid en opleiding as seuns. Ongeletterdheid word op ‘n magitige wyse met lae sosiale status, armoede en swak gesondheid verbind. ‘n Gebrek aan geletterdheidsvaardighede, vang vroue in ‘n kringloop van armoede vas met beperkte opsies vir ekonomiese vooruitgang wat hulle en hul kinders tot chroniese armoede vonnis. Wat nog belangriker is, is dat geletterheid aan vroue die gawe bied om die Bybel te lees. Om aan elke vrou die sleutel tot die wêreld van geletterheid en self-ontwikkeling te bied is ons uitdaging vir vandag. Om hierdie uitdagings die hoof te bied, om op te staan en verlig te word te midde van hierdie duisternis wat vroue teister, om die vooruitsig van ‘n nuwe wêreld in Jesus oop te stel, om ons huise, kerke, werksplekke en gemeenskappe van mishandeling te bevry—is die taak en verantwoordelikheid van elke Sewendedag-Adventis vandag. UITDAGINGS VIR VROUE EN LEIERS

20 STAAN OP EN WORD VERLIG “Want by U [Heer] is die fontein van die lewe;
in u LIG sien ons die LIG.” (Psalm 36:10, AFR53). Slot Ons is die lig van die wêreld. Ons sal daardie lig laat verflou, selfs verdonker as ons aan hoogmoed, jaloesie, stryd, mishandeling en onsedelikheid toegee. Ons is geroep om wyd en syd na plekke wat in duister verkeer te gaan; maar ons moet ons lampe saamneem en nie met ander lampe meng nie. Elkeen van ons weerspieël die heerlikheid van God op ‘n afsonderlike wyse. Ons word uitgedaag om ons gemaksones te verlaat en die wêreld te verlig—soos ons vir geregtigheid in die openbaar, by die werk, in ons huise, in kerke opstaan. U tyd het aangebreek, Staan op en word verlig! Mag ons saam sê: “Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.” (Psalm 36:10, AFR53). Gaan en onthou: Staan op, word verlig; want jou lig kom... “Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jóú sal die Here opgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word." (Jesaja 60:1, 2, AFR53).


Download ppt "‘N OPROEP OM OP TE STAAN EN VERLIG TE WORD"

Similar presentations


Ads by Google