Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
1
Johannes 6:1-21 PowerPoint agtergrond
Opsie 1: Jesus voed vyfduisend mense. Google advanced search- geen kopiereg. Beskikbaar by Opsie 2: Jesus loop op die see. Google advanced search- geen kopiereg. Beskikbaar by
2
Johannes 6:1-21 PowerPoint agtergrond
Opsie 1: Jesus voed vyfduisend mense. Google advanced search- geen kopiereg. Beskikbaar by Opsie 2: Jesus loop op die see. Google advanced search- geen kopiereg. Beskikbaar by Johannes 6:1-21
3
God nooi ons uit en ons kom tot rus
Toetrede Flam 281 Hier Is Ek of Lied 253 U het die brood gebreek Votum Psalm 23 (n.a.v. die preek) VONKK 141 Want Die Here Is My Herder (Respons by die lees van Psalm 23) Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. 2Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. 3Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. 4Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. 5U laat my by ’n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos ’n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. 6U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae. Seëngroet Lofsang Flam 220 Die Heer Is My Herder of Flam 462 Die Here Is My Herder (Psalm 23) of VONKK 269 Sing voor die Heer ’n loflied of Lied 458 Aan U ons lof, o God Wet Efesiërs 4:17-24 17In die Naam van die Here doen ek ’n ernstige beroep op julle: Moenie langer soos heidene lewe nie. Hulle gedagtes lei tot niks, 18hulle verstand is verduister, en hulle het geen deel aan die lewe wat God skenk nie, omdat hulle hardnekkig in hulle onkunde volhard. 19Hulle het heeltemal afgestomp geraak en hulle met ’n onversadigbare drang aan losbandigheid oorgegee om al wat vuil is, te doen. 20Maar dit is nie hoe julle Christus leer ken het nie. 21Julle het tog van Hom gehoor, en omdat julle sy volgelinge is, is julle onderrig volgens die waarheid wat in Jesus is. 22Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. 23Julle gees en gedagtes moet nuut word; 24lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig. Verootmoediging Flam 510 Die Here Is My Herder [bekend – tradisioneel] VONKK 215 U Oorlaai Ons Met U Liefde Lied 583 U het ek lief, U roep ek aan! Genadeverkondiging Efesiërs 4:13-16 13So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos ’n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus. 14Dan sal ons nie meer kinders wees nie; ons sal nie meer soos golwe op en af en heen en weer geslinger word deur elke wind van dwaalleer as vals leraars ons met hulle slinksheid en listigheid op dwaalweë wil wegvoer nie. 15Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. Hy is immers die hoof, 16en uit Hom groei die hele liggaam. Die verskillende liggaamsdele pas by mekaar en vorm saam ’n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie, en so bou die liggaam homself op in liefde. Geloofsbelydenis Flam 20 U Is Die Lig of Lied 577 Die Heer, my herder, sorg vir my
4
God praat met ons en ons luister
Gebed Skriflesing Johannes 6:1-21 Familie-oomblik Vonkk 86 Ek Is Die Heer Se Skapie (Psalm 23) Nav Psalm 23 Teks: Driekie Jankowitz 2009 (Pro Deo) Melodie: MINANTÉ – Driekie Jankowitz 2009 (Pro Deo) Orrelbegeleiding: Driekie Jankowitz 2009 (Pro Deo) © 2010 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media) RUBRIEK: Kinderlied – Geloof en Vertroue 1. Ek is die Heer se skapie; Hy sorg so goed vir my. Hy lei my na die water en laat my rustig wei. * 2. Hy dra my as ek moeg raak, Hy wys die pad vir my. En as dit om my donker word, sorg Hy en help Hy my. * Alternatief: en laat my kossies kry
5
Johannes 6:1-21 Fokusteks: Johannes 6:1-21
Die vermeerdering van die brood (Matt 14:13–21; Mark 6:30–44; Luk 9:10–17) 6 Hierna het Jesus na die oorkant van die See van Galilea toe gegaan, wat ook die See van Tiberias genoem word. 2'n Groot klomp mense het agter Hom aan gekom omdat hulle die wondertekens gesien het wat Hy aan die siekes gedoen het. 3Jesus het toe teen die berg opgegaan en met sy dissipels daar gaan sit. 4Die paasfees van die Jode was naby. 5Toe Jesus rondkyk en sien dat 'n groot klomp mense na Hom toe aankom, sê Hy vir Filippus: "Waar kan ons brood gaan koop sodat die mense kan eet?" 6Dit het Hy net gesê om hom op die proef te stel, want Hy het self goed geweet wat Hy gaan doen. 7Filippus antwoord Hom toe: "Twee honderd mense se dagloon is nie eers genoeg om elkeen van hulle 'n stukkie brood te laat kry nie." 8'n Ander dissipel, Andreas, die broer van Simon Petrus, sê toe vir Hom: 9"Hier is 'n seuntjie met vyf garsbrode en twee vissies; maar wat is dit vir so baie mense?" 10Toe sê Jesus: "Laat die mense gaan sit." Daar was baie gras op daardie plek en die mense het gaan sit. Die mans alleen was omtrent vyf duisend. 11Daarna het Jesus die brood geneem, God daarvoor gedank en dit uitgedeel aan die mense wat daar gesit het, en net so ook soveel van die vis as wat hulle wou hê. 12Nadat die mense versadig was, sê Hy vir sy dissipels: "Maak die stukke bymekaar wat oorgebly het sodat daar niks verlore gaan nie." 13Hulle het dit toe bymekaargemaak. Daar was twaalf mandjies vol met die stukke wat van die vyf garsbrode oorgebly het nadat die mense klaar geëet het. 14Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: "Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom." 15Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen. Jesus loop op die see (Matt 14:22–33; Mark 6:45–52) 16Toe dit aand word, het Jesus se dissipels na die see toe gegaan, 17in 'n skuit geklim en weggevaar na Kapernaum toe, oorkant die see. Dit was al donker en Jesus was nog steeds nie by hulle terug nie. 18Daarby het die see onstuimig geword, omdat daar 'n sterk wind gewaai het. 19Toe hulle sowat vyf of ses kilometer geroei het, sien hulle Jesus op die see loop en naby die skuit kom, en hulle het bang geword. 20Maar Hy sê vir hulle: "Dit is Ek; moenie bang wees nie." 21Hulle was toe gewillig om Hom in die skuit te neem, en daarna het die skuit by die land aangekom waarheen hulle op pad was.
6
Familie-oomblik Familie-oomblik
Met verhalende tekste kan jy gewoon die tekste op dramatiese manier lees/vertel. Kinders sal dit bv. baie geniet om hierdie teks op te voer terwyl jy dit lees. Een kind kan brood en vissies bring. Jy kan brood uitdeel (hoewel jy sal moet duidelik maak dat jy nie Jesus is nie en dus nie brood kan vermeerder nie!). Marshmallow vissies is altyd lekker! Hulle kan ook maak asof hulle in ’n bootjie op ’n stormagtige see is (’n groot boks kan goed werk). As jy nie die kans wil vat om so interaktief te wees nie, kan jy die teks dramaties voorlees terwyl daar ’n video wys. Hier is ’n mooi een van die broodvermeerdering en van die water. Oefen vooraf om seker te maak jou lees pas by die video. Veral met die laaste video is dit belangrik, omdat die video van die Matteus-weergawe is, waar Petrus ook op water loop. Sermons4kids.com het pragtige illustrasies wat jy kan gebruik tydens jou dramatiese Skriflesing – van die vermeerdering en die water. Jy kan ook die vermeerdering-verhaal vertel met die hulp van Max Lucado se “Small Gifts in God’s Hands”. Kry dit hier vir kindle. Hier is ’n lekker aktiwiteit wat kinders kan doen terwyl hulle na jou preek luister. So-nie kan ’n gewone inkleurprent ook werk: brood-en-vissies en water.
7
Francisco Fernandez Preekriglyn
Hierdie verhaal gaan oor dr Samuel Weinstein, hoof van pediatriese hartchirurgie by die Montefiore Mediese Sentrum in New York. Hy het in 2006 deelgeneem aan 'n projek van Heart Care International in El Salvador. Die doel was om lewensreddende operasies op behoeftige kinders te doen. Dit sou meer as kundigheid en gevorderde toerusting verg om die lewe te red van Francisco Fernandez, agt jaar oud. Na twaalf ure van chirurgie het die seuntjie heeltemal buite beheer begin bloei. Die hospitaal het nie oor die nodige medikasie beskik om die bloeding te stop nie. Dit regte tipe bloed was ook nie beskikbaar nie. Francisco se bloedsoort was B-negatief - blykbaar slegs die tipe van sowat 2% van die bevolking. Dr Weinstein behoort tot dieselfde bloedgroep. Hy het dus sy skalpel neergesit, sy chirurgiese handskoene uitgetrek, en sy hande en voorarm begin was. Toe het hy gaan sit sodat van sy bloed getap kon word. Toe hy klaar bloed geskenk het, het Weinstein gebottelde water gedrink en 'n koekie geëet. Twintig minute na hy handskoene uitgetrek het, was Weinstein weer by die mediese span. Almal het stil toegekyk hoe die lewegewende bloed in die klein seuntjie se are invloei. Toe het Weinstein die operasie suksesvol voltooi. Dit het klein Francisco se lewe gered.
8
Twee wonderverhale Twee wonderverhale
Ons teks handel oor twee wonderverhale: die voeding van die duisende mense, en daarna Jesus wat op die water loop. Hierdie gebeure was van groot belang vir die vroeë kerk, en word ook in van die ander evangelies oorvertel. In Johannes word die voedingswonder gevolg deur die waterwonder, en dan gevolg deur Jesus se verduidelik hoe voeding in die koninkryk van God werk. Johannes vertel hierdie twee verhale om ons in te nooi in 'n verhouding met die lewende Christus. Die eintlike wonder is nie die vermeerdering van die brood en vis nie, maar die vermeerdering van God se genade. Die wonder is nie soseer dat Jesus op die water loop nie, maar dat Jesus in ons krisisse na ons kom en ons vashou. Dié God wat die bron van alle lewe is, kom na ons en bied ons die moontlikheid om deel te hê aan die lewe van God, deel te wees van die huisgesin van God. Ons word genooi om die ware, ewige lewe in God te ontdek: lewe wat sterker is as boosheid en dood, lewe wat sterker is as al ons desperate pogings om self ons lewe te vermenigvuldig en alleen oor die woes see van die lewe te probeer vaar. Baie mense vra of hierdie dinge regtig gebeur het. Dit is die soort vrae wat ons nie gaan help om die boodskap van die teks te ontdek nie. Johannes self skryf mens kan die boodskap maklik misverstaan. Diegene wat diep beïndruk was met die vermeerde brood het hulself nie die eintlike wonderteken gesnap nie. (6:26). Hulle soek die verkeerde soort brood. Ons teks is nie 'n koerantberig nie. Dit is 'n geloofsdokument wat Jesus se historiese optrede belig deur die boodskap van Jesus in verband te bring met die groter temas en boodskap van die Bybel. Twee wonderverhale
9
Verwysings na die Ou Testament
Verwysings na Ou Testament Die voeding van die vyfduisend mans, saam met vroue en kinders, bevat verskeie verwysings na die Ou Testament: Die voeding vind na aan die Paasfees plaas (4); Jesus se vraag aan Philippus, "Waar kan ons brood gaan koop sodat die mense kan eet" (5), herinner aan Moses se dilemma in die woestyn, "Waar sal ek die vleis vandaan haal om aan hierdie volk te gee?" (Num 11:13); Die wondervoeding van die Israeliete met manna – brood uit die hemel – word ook gesuggereer, 'n tema waarop Jesus later terugkom in verse 30-35; Jesus vermeerder garsbrode, wat herinner aan Elia wat toegesien het dat die meel en olie van die weduwee van Sarfat nie sal opraak nie (1 Kon. 17:8-16) en aan Elisa wat 'n weduwee se olie vermeerder het (2 Kon. 4:1-7). Dink ook aan Elisa wat sy dienaar beveel om 'n honderd mense te voed met twintig garsbrode en vars koringare. Die dienaar protesteer, die brood is veels te min, net soos Filippus wat kla dat tweehonderd mense se dagloon nie eers genoeg sal wees om vir elke mense 'n stukkie brood te gee nie (7). Albei verhale eindig met kos wat oorgebly het. Die funksie van hierdie Ou Testamentiese verwysings is om ons te herinner aan God se dade van verlossing in die verlede, tydens die uittog en deur die profete. Wat Jesus doen, bou voort op God se verlossingsdae en voer dit na 'n beslissende hoogtepunt.
10
Na die toekoms Na die toekoms
Ons teks verwys ook na die toekoms, na die groot, finale en beslissende handelinge van God in die geskiedenis: Sommige teoloë sê die vermeerdering van die vis dui op Ou Testamentiese en Tussen Testamentiese verwysings na die seemonster, de oermonster, die Leviatan, wat geslag sal word en by die fees met die wederkoms voorgesit sal word. Vgl. Jesaja 51:9; IV Esra 6:52; 2 Bar 29:3-8. Jesus voed die skare op 'n berg, in lyn met Jesaja se toekomsverwagting dat die Here op 'n berg 'n fees sal voorberei vir sy mense (25:6). Wanneer die skare die wonder aanskou, noem hulle Hom die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom. Dit is 'n verwysing na Deuteronomium 18:15, waarvolgens die volk die Gesalfde verwag wat die Here aan die einde van die tyd sal aanstel. Die feit dat die mense Jesus met geweld koning wil maak (15), dui op hulle hoop dat die Here 'n Messias sal voorsien.
11
In die storm In die storm
Skrifverwysings rondom Jesus wat op die water wandel, is nie so vanselfsprekend nie. Vir die selfverstaan van die kerk is hierdie gebeurtenis egter net so belangrik. Beide Moses en Elia het verskynings van die Here beleef wat hulle verskrik gelaat het. Tog het die Here dit ook vir Elia stil gemaak en hom in die stilte ontmoet. Die Here het ook met Moses uit 'n brandende bos gepraat en vir hom rigting gegee. Die God wat die dissipels in die breek van die brood op die berg ontmoet, is ook die God wat hulle in die ruwe storms, die tye van diepe vertwyfeling, ontmoet, en hulle opnuut versterk om Hom te dien. In die storm
12
Die uittog en die wederkoms
Teoloog John Burgess skryf dat ons teks die uittog en God se groot dade in herinnering roep, en so ook die toekoms wat God vir ons weggelê het: Exodus and eschaton came together for the early church in Jesus. Jesus (like a new Moses) offers liberation from every force of evil and oppression, and Jesus (in fulfillment of Old Testament prophecy) brings the kingdom of God near. Jesus initiates a new order in which enduring, flourishing communion between humans and humans, between humans and God, and between humans and the rest of creation becomes a real, even if elusive, possibility. To meet Christ is to be seized by fear and trembling, even doubt and confusion, for it is to come into the presence of the almighty God. Yet Christ also comforts, strengthens, and commissions us to follow him again.
13
Psalm 23 Psalm 23 Dit is nie vergesog om te sê dat die toonaard van hierdie gedeelte ook terugwys op die ryk inhoud van Psalm 23 nie: Die skare word langs die See van Galilea ("stil waters") gevoed; Die mense is soos skape op 'n grasbedekte berghang (groen weivelde); Jesus et medelye met hulle ("Die Here is my herder"); Wanneer Hy hulle voed, ervaar hulle vrede ("Ek kom niks kort nie); Hy sal hulle op die regte paaie lei en hulle in moeilike tye beskerm ("Ek vrees geen kwaad nie, want U is met my). In die vroeë kerk is Psalm 23 gesing gedurende die Paasfees wanneer die nuwe dopelinge deur die kerk gestap het om hul eerste nagmaal te gaan vier. Die vroeë kerk het die metafore van Psalm 23 – 'n tafel wat voorberei is en 'n beker wat oorloop – in verband gebring met wat by die nagmaal gebeur. Die groen weivelde van die Psalm is gesien is die kategese en prediking wat die Here se mense voed en voorberei om die nagmaal te ontvang. Daar is klanke van die nagmaal in die gebeure van ons teks. Jesus neem die brood, dank God daarvoor, breek dit en deel dit uit. Dieselfde gebeur met die vis. Daar is genoeg sodat almal se honger gestil kan word. Hou in gedagte dat die Evangelie volgens Johannes nie vertel van die instelling van die nagmaal in die nag waarin Jesus gevange geneem is nie. Johannes vertel eerder van die voetewassing. Dit lyk egter of Johannes in die verhaal van die voeding van die skare die nagmaal in gedagte het. Ons sal in die volgende weke by die res van die hoofstuk stilstaan, waar Jesus van sy liggaam as brood wat voed, praat. Sy liggaam, sê Hy, is ware voedsel en sy bloed die ware drank van die lewe (55).
14
Diepe troos Diepe troos
Ons teks vandag is 'n woord van diep troos aan ons. Eerstens ontmoet ons in Jesus die Een wat ons goeie Herder is, ons versorg en ons begelei. Ons kan genoeg aan Hom hê. Die troos is ook dat die dingetjies wat ons het om te bied – vyf brode en twee vissies – so min is. Moses kon net hakkel en Elia dikwels vrees. Maar God neem wat ons het en wie ons is, en maak soveel meer daarmee Ons word genooi om te offer wat ons het – gee dit in God se hande – God is 'n groter werklikheid as die wêreld waarin ons vasgevang is. God kan die onmoontlike doen. Hy gebruik ons – dit wat ons het en dit wat ons is – hoe onbeduidend of onbenullig dit vir ons mag voorkom. In God se hande word dit oorvloed! Kom ons gee vandag wat ons het vir Jesus en begin uitdeel wat Hy aan ons toevertrou. Miskien sal die oorskiet ons verbaas! Derdens is die stormsee 'n metafoor vir die lewe van die kerk. Dit is nie altyd maklik om Jesus te volg of sy opdragte uit te voer nie. Dit bring ons in krisisse. Maar in hierdie krisisse kom Jesus ons tegemoet en bring weer stilte. Ons ontdek ook in ons teks dat Jesus Homself nêrens meer konkreet aan ons gee as in die nagmaal nie. Soos dr Weinstein se bloed lewe gebring het vir klein Francisco, net so konkreet is Jesus die voedsel en die drank van die lewe.
15
God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Dankoffer
Slotsang Flam 212 Die Here Het Hom Nodig of Flam 182 Herder Heer (Herder Jesus) [bekend: Rock of Ages] of VONKK 227 ’n Skare mense volg vir Jesus of Lied 484 Almal wat dors het, kom geniet of Lied 483 O almal wat dors het Seën Respons Lied 577 vers 5
16
Volgende erediens: Johannes 6:24-35
Liturgie en familie-oomblik: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com Inc.
All rights reserved.