Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
1
Matteus 26:14-27:46 PowerPoint agtergrond
Crucifixion (140 Kb); Panel from the Isenheim altarpiece: oil on wood 269 x 307 cm (105 7/8 x 120 7/8 in); Musee d'Unterlinden, Colmar by Grünewald, Matthias. Like a preacher at Passiontide, Grunewald left nothing undone to bring home to us the horrors of this scene of suffering: Christ's dying body is distorted by the torture of the cross; the thorns of the scourges stick in the festering wounds which cover the whole figure. The dark red blood forms a glaring contrast to the sickly green of the flesh. By His features and the impressive gesture of His hands, the Man of Sorrows speaks to us of the meaning of His Calvary. His suffering is reflected in the traditional group of Mary, in the garb of a widow, fainting in the arms of St John the Evangelist, to whose care the Lord has commended her, and in the smaller figure of St Mary Magdelene with her vessel of ointments, wringing her hands in sorrow. On the other side of the Cross, there stands the powerful figure of St John the Baptist with the ancient symbol of the lamb carrying the cross and pouring out its blood into the chalice of the Holy Communion. With a stern and commanding gesture he points towards the Savior, and over him are written the words that he speaks (according to the gospel of St John iii. 30): 'He must increase, but I must decrease.' Die kunswerk is beskikbaar by Enkele swart blokke is bygevoeg om die wit agtergrond te verbloem.
2
God nooi ons uit en ons kom tot rus
Palm-prosessie Lied 545 Jesus kom na Jerusalem toe (oorweeg om die koor die verse te laat sing, gemeente die refrein, of kanon tussen koor en gemeente of verskillende groepe in die gemeente) of Flam 82 Hosanna As dit enigsins moontlik is, kan dit goed wees as die hele gemeente die kerkgebou met palmtakke binnekom. Jy kan ook reël dat die koor singend binnekom terwyl sommige lede palmtakke swaai. Nooi veral die kinders om saam te stap – dalk kan die koor sing en die kinders die takke swaai. Wees kreatief met wie en hoe daar aan die prosessie deelgeneem word. Wees egter versigtig om nét kinders aan die prosessie te laat deelneem – dit skep die idee dat dit net “vir die kinders” is, terwyl die hele gemeente die intog herdenk. Votum (n.a.v. Psalm 118) Kind: Loof die Here, want Hy is goed, Gemeente: aan sy liefde is daar geen einde nie! K: Israel moet getuig: G: “Aan sy liefde is daar geen einde nie.” K: Die huis van Aäron moet getuig: K: Dié wat die Here dien, moet getuig: K: Prys hom wat in die Naam van die Here kom! Die Here is God; Hy skenk ons die lewe. G: Begin die fees! Wuif met takke! K: U is my God, U wil ek loof; my God, u grootheid wil ek besing. Loof die Here, want Hy is goed, G: aan sy liefde is daar geen einde nie. Seëngroet Lofsang Lied 370 vv 1, 4-5 Eng'le uit die hoogste hemel (oorweeg weer om die koor die vers te laat sing, gemeente refrein, of wisselsang) of Vonkk 100 By die intog in Jerusalem of Flam 63 Hoe Goed Is Die Heer (Hosanna Aan Die Koning) Geloofsbelydenis (uit Handleiding vir die Erediens) Gemeente: Ek glo in Jesus Christus, die eniggebore Seun van God die Vader, Voorganger: Hy wat in die gestalte van God was, maar homself verneder het deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. G: wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is. V: Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. G: Hy het op die derde dag weer opgestaan uit die dood, opgevaar na die hemel en hy stel hom aan die regterhand van God die almagtige Vader. V: God het hom tot die hoogste eer verhef en hom die Naam gegee wat bo elke naam is. G: In die Naam van Jesus sal elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie buit en elke tong sal erken: Jesus Christus is die Here! V: Tot eer van God die Vader. G: Amen.
3
God praat met ons en ons luister God praat met ons en ons luister
Gebed Skriflesing Matteus 26:14-27:46 Hierdie is ’n baie lang skrifgedeelte en kan vir enige iemand (nie net kinders) ’n uitdaging wees. Dis dalk ’n goeie idee om gedeeltes te kies. Kry verskillende lesers vir verskillende “afdelings” van die storie. Laat hulle op verskillende plekke in die gebou staan. Of wys ’n video, soos hierdie gedeelte uit die Matteus-video.
4
Matteus 26:14-27:46 Fokusteks: Matteus 26:14-27:46
Jesus se dood word beplan (Mark 14:1–2; Luk 22:1–2; Joh 11:45–53) 26 Nadat Jesus oor al hierdie dinge klaar gepraat het, het Hy vir sy dissipels gesê: 2“Julle weet dat dit oor twee dae paasfees is. Dan word die Seun van die mens oorgelewer om gekruisig te word.” 3In daardie tyd het die priesterhoofde en die familiehoofde van die volk bymekaargekom in die woning van Kajafas, die hoëpriester. 4Hulle het daar saam planne gemaak om Jesus op ’n slinkse manier gevange te neem en dood te maak. 5Hulle het egter gesê: “Nie op die fees nie, sodat daar nie oproer onder die volk kom nie.” Jesus word in Betanië gesalf (Mark 14:3–9; Joh 12:1–8) 6–7Terwyl Jesus in Betanië in die huis van Simon die melaatse aan tafel was, het ’n vrou by Jesus gekom met ’n albaste fles baie kosbare reukolie en dit op sy kop uitgegiet. 8Toe die dissipels dit sien, was hulle verontwaardig. “Waarom so ’n verkwisting?” vra hulle. 9“’n Mens kon die reukolie vir baie geld verkoop het en dit vir armes gegee het.” 10Jesus het dit gemerk en vir hulle gesê: “Waarom maak julle dit vir die vrou moeilik? Sy het ’n goeie daad aan My gedoen. 11Die armes het julle altyd by julle, maar vir My het julle nie altyd nie. 12Deur hierdie reukolie op my liggaam uit te giet, het sy My voorberei vir my begrafnis. 13Dit verseker Ek julle: Oral waar hierdie evangelie in die hele wêreld verkondig word, sal daar ook vertel word wat sy gedoen het, tot ’n herinnering aan haar.” Judas onderneem om Jesus te verraai (Mark 14:10–11; Luk 22:3–6) 14Toe het een van die twaalf dissipels, die een wat Judas Iskariot genoem is, na die priesterhoofde toe gegaan 15en gesê: “Wat sal julle my gee as ek sorg dat Jesus in julle hande kom?” Hulle het hom toe dertig silwermuntstukke betaal. 16Van toe af was hy op die uitkyk na ’n geskikte geleentheid om Jesus te verraai. Die paasmaaltyd word voorberei (Mark 14:12–21; Luk 22:7–14) 17Op die eerste dag van die fees van die ongesuurde brood kom die dissipels na Jesus toe en vra: “Waar wil U hê moet ons gaan regmaak vir U om die paasmaaltyd te eet?” 18Jesus het geantwoord: “Gaan in die stad na so en so toe en sê vir hom: ‘Ons Leermeester sê: My tyd is naby. In jou huis wil Ek saam met my dissipels die paasmaaltyd hou.’“ 19Die dissipels het gemaak soos Jesus aan hulle opgedra het, en die paasmaaltyd voorberei. Jesus wys sy verraaier aan (Mark 14:17–21; Luk 22:21–23; Joh 13:21–27) 20Toe dit aand geword het, het Jesus sy plek aan die tafel ingeneem saam met die twaalf. 21Terwyl hulle eet, sê Hy: “Dit verseker Ek julle: Een van julle sal My verraai.” 22Hulle was baie onthuts en een na die ander het Hom begin vra: “Dit is tog nie ek nie, Here?” 23Hy antwoord toe: “Die een wat saam met My sy brood in die skottel insteek, dit is hy wat My sal verraai. 24Die Seun van die mens gaan inderdaad sterwe soos daar oor Hom geskrywe staan; maar wee die man deur wie die Seun van die mens verraai word. Dit sou vir daardie man beter gewees het as hy nooit gebore was nie.” 25Toe sê Judas, sy verraaier: “Is dit miskien ek, Rabbi?” Jesus antwoord: “Dit is soos jy sê!” Die instelling van die nagmaal (Mark 14:22–26; Luk 22:15–20; 1 Kor 11:23–25) 26En terwyl hulle eet, het Jesus brood geneem en die seën gevra. Daarna het Hy dit gebreek en vir sy dissipels gegee met die woorde: “Neem, eet; dit is my liggaam.” 27Toe neem Hy ’n beker, en nadat Hy die dankgebed uitgespreek het, gee Hy dit vir hulle en sê: “Drink almal daaruit, 28want dit is my bloed, die bloed waardeur die verbond beseël word en wat vir baie vergiet word tot vergewing van sondes. 29Ek sê vir julle: Van nou af sal Ek nie weer van hierdie wyn drink nie tot op die dag wanneer Ek saam met julle die nuwe wyn in die koninkryk van my Vader sal drink.” 30Nadat hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan Olyfberg toe. Petrus sal Jesus verloën (Mark 14:27–31; Luk 22:31–34; Joh 13:36–38) 31Toe sê Jesus vir hulle: “Julle almal sal My vannag nog in die steek laat. Daar staan immers geskrywe: ‘Ek sal die herder doodmaak, en die skape van sy kudde sal uitmekaar gejaag word.’ z 32Maar nadat Ek uit die dood opgewek is, sal Ek julle vooruitgaan na Galilea toe.” 33Daarop het Petrus vir Hom gesê: “Al sal hulle U ook almal in die steek laat, ék sal U nooit in die steek laat nie.” 34Toe sê Jesus vir hom: “Dit verseker Ek jou: Vannag nog, voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën.” 35Petrus sê vir Hom: “Al moet ek saam met U sterwe, ek sal U beslis nie verloën nie!” Al die ander dissipels het ook so gesê. Jesus in Getsemane (Mark 14:32–42; Luk 22:39–46; Joh 18:1–2) 36Daarna kom Jesus met sy dissipels by ’n plek met die naam Getsemane, en Hy sê vir hulle: “Sit hier terwyl Ek daar gaan bid.” 37Hy het vir Petrus en die twee seuns van Sebedeus saamgeneem. Toe het Hy bedroef en beangs geword 38en vir hulle gesê: “Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak saam met My.” 39Hy het ’n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.” 40Daarna kom Hy na die dissipels toe terug en kry hulle aan die slaap. Hy sê toe vir Petrus: “Kon julle nie eens een uur lank saam met My waak nie? 41Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak.” 42’n Tweede keer het Hy gaan bid en gesê: “My Vader, as hierdie lydensbeker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied.” 43Toe Hy terugkom, kry Hy hulle weer aan die slaap, want van die vaak kon hulle nie hulle oë oophou nie. 44Hy het hulle weer alleen laat bly en ’n derde keer gaan bid en dieselfde woorde gesê. 45Toe kom Hy na die dissipels toe terug en sê vir hulle: “Slaap en rus julle nog? Die uur het gekom. Die Seun van die mens word in die hande van sondaars oorgegee. 46Staan op, kom ons loop. Kyk, die man wat My verraai, is hier naby.” Jesus word gevange geneem (Mark 14:43–50; Luk 22:47–53; Joh 18:3–12) 47Op daardie oomblik, terwyl Jesus nog praat, kom Judas, een van die twaalf, daar aan, en saam met hom was ’n groot klomp mense met swaarde en stokke. Hulle is deur die priesterhoofde en die familiehoofde van die volk gestuur. 48Die verraaier het met die manne ’n teken afgespreek. Hy het gesê: “Die een wat ek soen, dit is hy. Gryp hom!” 49Hy het reguit na Jesus toe gegaan en gesê: “Goeiemôre, Rabbi,” en Hom gesoen. 50Maar Jesus sê vir hom: “Vriend, doen wat jy gekom het om te doen!” Toe kom hulle vorentoe, gryp vir Jesus en neem Hom gevange. 51Een van dié wat saam met Jesus was, gryp toe sy swaard en trek dit uit. Hy slaan na die slaaf van die hoëpriester en kap sy oor af. 52Toe sê Jesus vir hom: “Sit jou swaard terug in sy plek, want almal wat na die swaard gryp, sal deur die swaard omkom. 53Of dink jy Ek kan nie my Vader om hulp vra nie? Hy sal dadelik vir My meer as twaalf legioene engele beskikbaar stel. 54Maar hoe sal die Skrif dan vervul word wat sê hoe die dinge moet gebeur?” 55Dit was toe dat Jesus vir die klomp mense gesê het: “Was dit vir julle nodig om met swaarde en stokke uit te gaan om My te vang asof Ek ’n rower is? Dag vir dag het Ek in die tempel gesit en die mense geleer, en julle het My nie gevange geneem nie. 56Maar dit alles het gebeur sodat die geskrifte van die profete vervul kan word.” Toe het al sy dissipels Hom in die steek gelaat en weggehardloop. Jesus voor die Joodse Raad (Mark 14:53–65; Luk 22:54–55; 63–71; vgl Joh 18:13–14; 19–24) 57Die mense wat vir Jesus gevange geneem het, het Hom weggelei na Kajafas, die hoëpriester, waar die skrifgeleerdes en die familiehoofde bymekaargekom het. 58Petrus het op ’n afstand agter Hom aan gegaan tot by die binnehof van die hoëpriester se woning. Hy het ingegaan en daar by die wagte gaan sit om te kyk hoe dit afloop. 59Die priesterhoofde en die hele Joodse Raad het vals getuienis teen Jesus probeer kry sodat hulle Hom kon doodmaak. 60Baie vals getuies het na vore gekom, en tog kon die Raad niks teen Hom vind nie. Eindelik het daar twee vorentoe gekom 61en gesê: “Hierdie man het gesê: Ek kan die tempel van God afbreek en in drie dae weer opbou.” 62Toe staan die hoëpriester op en sê vir Hom: “Verweer jy jou glad nie? Wat van die getuienis wat hierdie mense teen jou inbring?” 63Maar Jesus het niks gesê nie. Die hoëpriester sê toe vir Hom: “Ek stel jou onder ’n eed by die lewende God dat jy vir ons moet sê: Is jy die Christus, die Seun van God?” 64Jesus antwoord hom: “Dit is soos u sê. Daarby sê Ek vir julle: Van nou af sal julle die Seun van die mens sien waar Hy aan die regterhand sit van Hom wat magtig is, en julle sal Hom sien kom op die wolke van die hemel.” a 65Toe skeur die hoëpriester uit verontwaardiging sy klere en sê: “Hy het God gelaster. Waarvoor het ons nog getuies nodig? Daar het julle nou net die godslasterlike woorde gehoor. 66Wat dink julle?” Hulle het geantwoord: “Hy verdien die dood!” 67Toe het hulle in sy gesig gespoeg en Hom met die vuis geslaan. Hulle het Hom geklap 68en gesê: “Jy is mos ’n profeet, Christus! Sê vir ons, wie het jou geslaan?” Petrus verloën Jesus (Mark 14:66–72; Luk 22:56–62; Joh 18:15–18; 25–27) 69Petrus het buite in die binnehof gesit toe ’n diensmeisie na hom toe kom en sê: “Jy was ook saam met Jesus die Galileër.” 70Maar hy het dit voor almal ontken: “Ek weet nie waarvan jy praat nie.” 71Hy gaan toe na die uitgang van die binnehof. Daar sien ’n ander diensmeisie hom en sê vir dié wat daar staan: “Hierdie man was saam met Jesus van Nasaret.” 72Weer het Petrus dit ontken en met ’n eed gesê: “Ek ken die man nie!” 73’n Rukkie later kom die manne wat daar staan, na Petrus toe en sê: “Dit is waar, jy is ook een van hulle. ’n Mens kan dit aan jou spraak hoor.” 74Toe begin hy vloek, en hy sweer: “Ek ken die man nie!” 75En op daardie oomblik het daar ’n haan gekraai. Toe val dit Petrus by wat Jesus gesê het: “Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën.” En hy het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil. Jesus word aan Pilatus uitgelewer (Mark 15:1; Luk 23:1–2; Joh 18:28–32) 27 Die môre vroeg het al die priesterhoofde en die familiehoofde van die volk die besluit geneem om Jesus dood te maak. 2Hulle het Hom geboei en Hom toe weggebring en aan Pilatus, die goewerneur, uitgelewer. Die dood van Judas (Hand 1:18–19) 3Toe Judas, die verraaier, sien dat Jesus tot die dood veroordeel is, het hy spyt gekry. Hy het die dertig silwermuntstukke teruggebring na die priesterhoofde en die familiehoofde toe 4en vir hulle gesê: “Ek het gesondig. Ek het ’n onskuldige man verraai.” Maar hulle antwoord: “Wat het ons daarmee te doen? Dit is jou saak!” 5Judas het toe die geld in die tempel in gegooi, weggeloop en homself gaan ophang. 6Die priesterhoofde het die geld opgetel en gesê: “Dit is nie geoorloof om dit in die tempelfonds te stort nie, want dit is bloedgeld.” 7Hulle besluit toe om daarmee die grond van die pottebakker te koop as’n begraafplaas vir vreemdelinge. 8Daardie stuk grond word tot vandag toe nog Bloedgrond genoem. 9Toe is die woord vervul wat die Here deur die profeet Jeremia gesê het: “En hulle het die dertig silwermuntstukke geneem, dit is die prys wat die Israeliete ooreengekom het om vir hom te betaal, 10en hulle het dit uitbetaal vir die grond van die pottebakker. So het die Here dit aan my opgedra.” b Jesus voor Pilatus (Mark 15:2–5; Luk 23:3–5; Joh 18:33–38) 11Jesus is voor die goewerneur gebring en dié vra Hom: “Is jy die koning van die Jode?” Jesus antwoord: “Dit is soos u sê.” 12Op die beskuldigings van die priesterhoofde en die familiehoofde het Hy niks geantwoord nie. 13Toe sê Pilatus vir Hom: “Hoor jy nie waarvan hulle jou alles beskuldig nie?” 14Maar Jesus het hom op geen enkele woord ’n antwoord gegee nie, sodat die goewerneur baie verbaas was. Pilatus lewer Jesus oor om gekruisig te word (Mark 15:6–15; Luk 23:13–25; Joh 18:39–19:16) 15Die goewerneur het die gewoonte gehad om elke paasfees vir die mense een gevangene van hulle eie keuse los te laat. 16In daardie tyd was daar ’n berugte gevangene met die naam Jesus Barabbas. 17Aangesien die mense tog bymekaar was, het Pilatus hulle gevra: “Wie wil julle hê moet ek vir julle loslaat: Jesus Barabbas of Jesus wat Christus genoem word?” 18Hy het geweet dat die priesterhoofde Hom uit afguns uitgelewer het. 19Terwyl Pilatus op die regbank sit, het sy vrou vir hom ’n boodskap gestuur: “Moet tog niks met daardie onskuldige man te doen hê nie, want ek het vannag ’n vreeslike droom oor hom gehad.” 20Intussen het die priesterhoofde en die familiehoofde die mense oorgehaal om vir Barabbas vrylating te vra en vir Jesus die dood. 21Die goewerneur vra hulle toe: “Watter een van die twee wil julle hê moet ek vir julle loslaat?” “Barabbas!” antwoord hulle. 22Pilatus sê vir hulle: “Wat moet ek dan doen met Jesus wat Christus genoem word?” “Kruisig hom!” skreeu hulle almal. 23Hy vra: “Watter kwaad het hy dan gedoen?” Maar hulle skreeu nog harder: “Kruisig hom!” 24Toe Pilatus sien dit help niks nie en dat daar eerder ’n oproer kom, het hy water gevat en voor die skare sy hande gewas en gesê: “Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie man. Dit is julle verantwoordelikheid.” 25Toe antwoord die hele volk: “Laat die skuld vir sy bloed op ons en ons kinders rus!” 26Pilatus het Barabbas toe vir hulle losgelaat; maar Jesus het hy laat gesel en Hom oorgelewer om gekruisig te word. Die soldate bespot Jesus (Mark 15:16–20; Joh 19:2–3) 27Daarna vat die soldate van die goewerneur vir Jesus in die ampswoning in en bring die hele leërafdeling rondom Hom bymekaar. 28Hulle trek toe sy klere uit en gooi Hom ’n pers mantel om. 29Hulle vleg ’n doringkroon en sit dit op sy kop en gee Hom ’n stok in sy regterhand. Toe bespot hulle Hom deur voor Hom te buig en te sê: “Ons groet u, Koning van die Jode!” 30Hulle het op Hom gespoeg en die stok gevat en Hom oor die kop geslaan. 31Nadat hulle Hom klaar bespot het, het hulle die mantel uitgetrek en weer sy eie klere vir Hom aangetrek. Toe lei hulle Hom weg om Hom te kruisig. Jesus word gekruisig (Mark 15:21–32; Luk 23:26–43; Joh. 19:17–27) 32Toe hulle uitgaan, kry hulle ’n man van Sirene met die naam Simon, en hulle het hom gekommandeer om Jesus se kruis te dra. 33Hulle kom toe by ’n plek wat Golgota genoem word; dit beteken Kopbeenplek. 34Daar het hulle Hom ’n mengsel van wyn en gal gegee om te drink, maar toe Hy dit proe, wou Hy dit nie drink nie. 35Hulle het Hom gekruisig en sy klere verdeel deur te loot. 36Daarna het hulle gaan sit en by Hom wag gehou. 37Bokant sy kop het hulle die aanklag teen Hom in skrif aangegee: “Dit is Jesus, die koning van die Jode.” 38Saam met Hom het hulle ook twee rowers gekruisig, een regs en die ander een links van Hom. 39Die mense wat daar verbygeloop het, het Jesus gelaster. Hulle het die kop geskud 40en gesê: “Jy wat die tempel afbreek en in drie dae opbou! Red jouself as jy die Seun van God is, en kom van die kruis af!” 41Net so het die priesterhoofde saam met die skrifgeleerdes en die familiehoofde ook gespot en gesê: 42“Ander het hy gered, maar homself kan hy nie red nie. Hy is mos die koning van Israel! Laat hy nou van die kruis afkom en ons sal in hom glo. 43Hy het op God vertrou; laat God hom nou red as Hy dan behae in hom het. Hy het immers gesê hy is die Seun van God!” 44Op dieselfde manier het die rowers wat saam met Hom gekruisig is, Hom ook beledig. Jesus sterwe (Mark 15:33–41; Luk 23:44–49; John 19:28–30) 45Van twaalfuur af het daar duisternis oor die hele land gekom, en dit het tot drie-uur geduur. 46Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani?” Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat? c 47Party van dié wat daar gestaan het, het dit gehoor en gesê: “Hy roep vir Elia.” 48Een van hulle hardloop toe gou, vat ’n spons en maak dit vol suur wyn en hou dit op ’n stok vir Hom om te drink. 49Maar die ander sê: “Wag, laat ons kyk of Elia hom kom red.” 50Jesus het weer hard uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas. 51Op daardie oomblik het die voorhangsel van die tempel van bo tot onder middeldeur geskeur. Die aarde het geskud, en die rotse het uitmekaar gebars. 52Grafte het oopgegaan, en baie gelowiges wat dood was, is opgewek, 53en hulle het uit hulle grafte uitgegaan. Na Jesus se opstanding het hulle in die heilige stad gekom, waar hulle aan baie mense verskyn het. 54Toe die offisier en die soldate wat saam met hom vir Jesus bewaak het, die aardbewing sien en die dinge wat gebeur, het hulle baie bang geword en gesê: “Hierdie man was werklik die Seun van God.” 55Daar was ook baie vroue wat op ’n afstand gestaan en kyk het. Dit is hulle wat vir Jesus van Galilea af gevolg en vir Hom gesorg het. 56Onder hulle was Maria Magdalena, Maria die moeder van Jakobus en Josef, en die moeder van die seuns van Sebedeus. Jesus word begrawe (Mark 15:42–47; Luk 23:50–56; Joh 19:38–42) 57Laat die middag het daar ’n ryk man aangekom. Dit was Josef van Arimatea, wat self ook ’n volgeling van Jesus was. 58Hy het na Pilatus toe gegaan en die liggaam van Jesus gevra, en Pilatus het beveel dat dit vir hom gegee moet word. 59Josef het die liggaam geneem en dit in skoon linne toegedraai 60en dit daarna neergelê in sy eie nuwe graf wat hy in die rots uitgekap het. Hy het ’n groot klip voor die ingang van die graf gerol en weggegaan. 61Maria Magdalena en die ander Maria was ook daar en het reg voor die graf gesit. Die graf word bewaak 62Die volgende dag, die dag na die Vrydag, het die priesterhoofde en die Fariseërs by Pilatus gekom 63en vir hom gesê: “Meneer, ons onthou dat toe daardie bedrieër nog geleef het, hy gesê het: ‘Na drie dae sal ek uit die dood opgewek word.’64Gee dan bevel dat die graf drie dae veilig bewaak word, sodat sy dissipels hom nie dalk kom steel en vir die mense vertel: ‘Hy is uit die dood opgewek’ nie. Dan sal die tweede bedrog erger wees as die eerste.” 65Pilatus antwoord hulle: “Hier is vir julle ’n wag; gaan beveilig die graf so goed as julle kan.” 66Hulle het toe gegaan en die graf beveilig deur die klip te verseël en die wag daar te laat bly. z Vgl. Sag. 13:7 a Vgl. Ps. 110:1; Dan. 7:13 b Vgl. Sag. 11:12–11:13; Jer. 32:6–32:9 c Vgl. Ps. 22:2
5
Familie-oomblik Familie-oomblik
Soos altyd is dit belangriker dat kinders die Bybelverhale hoor, eerder as ’n lessie daaroor. Moenie bang wees om gewoon die storie van die intog in Jerusalem of die passie (of dele daarvan) te vertel nie. Of fokus op die oorgang van Palm na Passie: toe Jesus in Jerusalem inry, steek almal hul vingers in die lug (amper soos die spons vingers by sportbyeenkomste): “Jesus is nommer een! Jesus is nommer een!” Maar kort daarna word dieselfde vingers veroordelend teen Jesus gedraai: “Kruisig hom!” By is allerhande idees van craft wat jy kan gebruik in die vertel van die verhale, óf wat kinders kan maak, soos bv. ’n donkie uit ’n papiersak. is ‘n pragtige inkleurprent van ’n kind wat “hosanna” sing.
6
Preekriglyn [Nota: Hierdie preek werk met 'n kleiner afbakening van die teks, nl. Matteus 27:27- 44] Ons teks vertel die somber verhaal van die bespotting van Jesus. Die aanloop tot kruisiging, en die kruisiging self, was daarop gemik om die veroordeelde na liggaam en gees te breek. Dit is bedoel om die mens in sy diepste wese te verkrag en te verwerp. Ons sien hoe alles in ons teks daarop gemik om Jesus te verneder en Hom met skande uit die weg te ruim.
7
Palmtakke Palmtakke Verstommend genoeg het die mense van Jerusalem Jesus 'n paar dae vantevore toegejuig en hulde aan Hom betoon. In Matteus 21 word vertel van die intog van Jesus in Jerusalem. Jesus het op 'n donkie gery, 'n teken van nederigheid. Tog het 'n groot skare versamel. Sommige het klere op die pad oopgesprei, terwyl ander palmtakke op die pad gelê het. Dit is 'n teken van hulde en verering. Die skare wat Jesus op hierdie dag omring, roep: Hosanna vir die Seun van Dawid Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here. Hosanna in die hoogste! Toe Jesus Jerusalem binnegaan, vertel Matteus, was die hele stad in rep en roer oor die profeet Jesus van Nasaret in Galilea.
8
Van eerbetoon na verwerping Van eerbetoon na verwerping
Skaars 'n paar dae later verwerp Jerusalem Jesus. Wanneer Jesus op aanklagte voor goewerneur Pilatus verskyn, laat hy die skare kies tussen Jesus en die berugte misdadiger Barabbas. Aangevuur deur die priesterhoofde en familiehoofde skreeu die skare oor Jesus: "Kruisig Hom! Kruisig Hom!" Daarop lewer Pilatus Jesus oor, word Hy gegesel, deur die soldate bespot met 'n koningkleed, 'n doringkroon en 'n riet vir 'n koninklike septer. Só beland die onskuldige Lam van God aan die kruis, bespot en verlate. Sy klere is weggeneem. Hy is gemartel. Hy dra 'n doringkroon. Die woorde van Lied 389 kom onwillekeurig by mens op: Is dit, is dít my Koning – Kyk daar, aanskou die Mens! Is dit, is dít sy kroning – Wie het dit só gewens? Is dit sy koningshulde – Dié riet, dié kleed, dié kroon? Boet Hy só vir my skulde, Word só Gods Seun vertoon!
9
Bespotting Bespotting
In sy lydensverhaal fokus Matteus nie net op die onskuld van Jesus, en sy verwerping nie. Die geleenthede waarop Jesus bespot is, vorm 'n belangrike tema in Matteus se verhaal oor Jesus se verhoor en kruisiging: Tydens die verhoor voor die hoëpriester spoeg die mense Jesus in die gesig, slaan Hom met die vuis, klap Hom en sê as profeet moet Hy sê wie Hom geslaan het (26:67); Die soldate bespot Jesus met 'n nagebootste koningskleed, riet as septer en doringkroon. Hulle buig spottend voor Hom en noem Hom Koning van die Jode; Aan die kruis laster en bespot die verbygangers Jesus. As Hy die tempel kan afbreek en in drie dae kan opbou, en die Seun van God is, kan Hy Homself sekerlik van die kruis red; Die Skrifgeleerdes en familiehoofde spot Jesus ook. Hy is dan die koning van Israel en die Seun van God – Hy kan sekerlik van die kruis afkom. Al die belangrike titels vir Jesus funksioneer in die bespotting: profeet van God, Seun van God; Koning van die Jode; tempelbouer (die Een deur Wie ons gemeenskap met God het); en Koning van Israel. Die skokkende is dat die omstanders die woorde nie bedoel nie. Tog is dit waaroor Jesus besport word, presies dit wat ons van Hom glo. Dit is presies soos die Bybel Hom aan ons bekendstel.
10
Fyn lyn tussen spot en geloof Fyn lyn tussen spot en geloof
Daar is inderdaad 'n dun lyn tussen geloof en bespotting. Die ongeloof waarmee die spotters Jesus gadeslaan sit juis agter hulle bespotting. Vir hulle maak wat Jesus van Homself sê geen sin nie. Hulle kan nie daarmee rekening hou dat dit waar is nie. Daarom verwerp hulle Jesus. Diegene wat met die oë van geloof na Jesus kyk, sien in hierdie titels die waarheid oor Jesus. Natuurlik was dit op daardie verskriklike Vrydag, toe Jesus gekruisig is, moeilik om deur die oë van geloof na Hom te kyk, en aan God vas te hou. Daarom vlug die dissipels, verloën Petrus vir Jesus, en het Judas Hom die vorige dag verraai. Slegs enkelinge, waaronder die vroue, bly by Jesus staan. Daar is 'n dun lyn tussen verraad, verloëning, spot en geloof. Toe God die dooie Jesus uit die graf optel en lewend maak, blyk die waarheid oor Jesus. Sedertdien kan almal sien dat Jesus se vertroue op God nie verniet was nie. Sy gehoorsame dood het tot die lewe gelei. Sedertdien kan almal sien dat Hy die Seun van God is, en dat God inderdaad behae in Hom het. Sedert die opstandingsdag moet mens doelbewus kies vir ongeloof en bespotting. Want die getuienis is daar dat Jesus inderdaad die Seun van God, die Koning van Israel, die boodskapper van God, die Een met die koningskleed en die koninklike septer in sy hand. Die sinvolle ding is om soos die ongelowige Tomas te sê: "My Here en my God!"
11
Jesus se reaksie op die bespotting Jesus se reaksie op die bespotting
Dit is opvallend dat Jesus nie reageer op die bespotting nie. Hy bly stil. Hy vertrou inderdaad op God en weet dat God Hom op die regte tyd sal red en verhoog. Hy laat sy verdediging aan God oor. Soos inderdaad op Paassondag en met Hemelvaart gebeur het. Ons sou dit waarskynlik anders hanteer. Die slagoffer van 'n boelie word bv. aangemoedig om die boelie op sy plek dit te sit. Ons kry ander met geweld en weerwraak terug. Ons wil dit ook sien gebeur, die seermaak van die een wat seermaak. Ons glo in geweld. Geweld red. Dit laat mens dink aan Al Kaïda wat Amerikaanse geboue platgevlieg het. Toe skiet die Amerikaners 'n land of twee plat. Ons sou ook verleë gestaan het voor die kruis. Jesus word juis uitgedaag word met geweld te reageer, los te kom van die kruis, te toon dat God aan sy kant is. Maar Hy doen dit nie. Waarom? Omdat Hy vas hou daaraan dat sy Vader getrou is en ook sy eie mag aan sy Vader oorgee. Dit verg ongelooflik naie moed om God toe te laat om reg te doen. Daarmee leer Jesus ons die krag van geweldlose reaksie. Dit is die reaksie wat bid vir diegene wat jou vervolg, en wat weet dat vredemakers geseënd is.
12
Geweld ontmasker Geweld ontmasker
Jesus leer ons deur sy reaksie hoe om mag en gesag in die lig van God se koningskap te verstaan. Jesus reageer nie-gewelddadig, en sterf aan die kruis. Daarmee val die Romeinse Ryk. Die Romeine het geweet hoe om rebelle vernederend aan die kruis dood te maak. Hulle het nie geweet wat om te doen met die Seun van God wat sy lewe in diens van God aan die kruis aflê nie. Hulle het nie geweet wat om te doen met iemand wat nie-gewelddadig reageer en daarmee geweld ontmasker nie. Die Romeinse Ryk loop hom letterlik te pletter teen die kruis van Jesus. Na sy opstanding begin al hoe meer Romeine Jesus volg, en kies vir Jesus se lewe van nie- gewelddadige gehoorsaamheid aan God. Uiteindelik is Jesus ook die Koning van die Romeine. Werklike mag is dus nie gewelddadige krag nie. Werklike mag is om God te gehoorsaam en die wil van God te doen. Die kruis demonstreer hoe leeg die politieke verstaan van mag is. Daarom moet ons as kerk ook versigtig wees om nie 'n verkeerde verstaan van mag aan te hang nie. Dit is nie ons getalle, ons geld en die grootte van ons programme wat aan ons mag gee nie. Dit is nie die regsien van mense wat ons nie aanstaan nie, wat ons saak gaan bevorder nie. Die mag wat Jesus uitbeeld, gehoorsame vertroue en toewyding aan God, is dikwels steeds vandag vir die kerk en gelowiges ’n aanstoot. Die kruis moet ons juis lei tot kritiek op enige vorm van gewelddadige uitoefening van mag, anders word ons maar weer die goewerneur, soldate, skares en rebelle in die verhaal.
13
Volg Jesus na Volg Jesus na
Laat ons die lydende Jesus navolg in ons lewe van elke dag. Die woorde uit Hebreërs 12 kom onwillekeurig by mens op: Laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God. Hou Hom voor oë wat so 'n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie. (Hebreërs 12:1b-3)
14
God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef
Gebed (Litanie gebaseer op die “Stasies van die kruis” uit Handleiding vir die Erediens.) Voorganger (V): Here, U het vir u dissipels gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis dra en My volg.” In u Naam bid ons: Gemeente (G): Here, help ons om ons kruis op te neem en U te volg. V: U het voor Pilatus gestaan, ter dood veroordeel, terwyl u woord verwerp en u onskuld verag is. G: Bewaar ons daarvan om u Woord wat vol waarheid en heil is, te verwerp. V: U het u kruis gedra, uit liefde vir ons en vir die ganse mensdom. G: Help ons om ons kruis te dra, uit liefde vir U en vir ons medemens. V: Die gewig van u kruis was die las van ons sonde wat ons laat struikel en val. G: In ons swakheid kom ons na U toe vir krag. V: Al het U gely, het U steeds uitgereik en u moeder versorg. G: Gee dat die kruis wat ons dra, ons nie sal verhinder om na die mense rondom ons om te sien nie. V: Toe U geworstel het om u kruis te dra, het hulle ’n verbyganger gedwing om dit te dra. G: Maak ons gewillig om soos Simon die laste van hulle wat swaarkry, te dra. V: Ander het dit ook gewaag om U by te staan. G: Versterk ons geloof sodat ons dit ook sal waag om na ons broers en susters om te sien. V: Die las van sonde het swaar op U gerus terwyl U op die kruisweg voortgestrompel het. G: Vergewe, Here, die sonde wat ons laat struikel en val. V: U lyding op pad na Golgota het die vroue van Jerusalem laat huil. G: Gee dat ons lyding in hierdie lewe opgeneem sal word in u lyding op pad na die kruis. V: Die volle las van ons sonde het U verbrysel. G: Laat ons nie in ons sonde aan onsself oor nie, maar bewerk in ons berou en geloof. V: Ontbloot en bespot, het U die vernedering ring verduur sonder om daaroor te kla. G: Maak ons nederig in dit wat ons doen en daagliks ervaar. V: Vasgespyker aan die kruis, het U u plek ingeneem tussen die veroordeeldes. G: Wees ook so tussen ons as sondaars en bring ons deur geloof saam met U in die paradys. V: Toe U offer volbring is, het U u lewe in die hande van die Vader oorgegee. G: Hou ons naby aan u kruis en aan u dood, nou en in die uur van ons dood. V: Troue vriende en toegewyde vroue het u liggaam versorg. G: Maak ons trou en toegewyd in die versorging van u liggaam, die kerk hier op aarde. V: In die graf is U neergelê, maar uit die graf het U opgestaan. G: Wees die Heer van die opstanding vir ons en vir almal wat aan U behoort. V: Here Jesus, ter wille van u kruis en lyding, is ons vrygespreek deur geloof, skoongewas van ons sonde, en herstel in ons verhouding met God. Ons dank U vir u kruis en vir die diepte van u liefde vir ons. Help ons om ons kruis in die wêreld te dra en om U te volg totdat U ons saam met U in die koninkryk van God laat ingaan, waar U saam met die Vader en die Heilige Gees regeer, een God, nou en vir ewig. G: Amen. Dankoffer Slotsang Lied 389 Is dit, is dít my Koning of Flam 192 Die Koning is hier (let op dat die lied-keuse hier bepalend gaan wees vir die tipe boodskap en atmosfeer waarmee die diens geëindig word – F192 is baie meer opgewek) Seën Respons Lied 370 refrein
15
Volgende erediens: Johannes 18:1-19:42
Familie-oomblik en Liturgie: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com Inc.
All rights reserved.