Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Filippense 2: PowerPoint agtergrond

Similar presentations


Presentation on theme: "Filippense 2: PowerPoint agtergrond"— Presentation transcript:

1 Filippense 2:5-11 2.2 PowerPoint agtergrond
Ons kies vir die kruis simbool as agtergrond, 4 opsies word aangebied. Hierdie opsie: 2.2.4 Rosary (bidsnoer) Titel: Rosary (heading to Church one morning, I snapped a shot of my wife's Rosary hanging on the rearview mirror of her car), eiendom van Tela Chhe en geneem op 18 Maart Dit is beskikbaar by Kopiereg word gereël deur Creative Commons en laat plasing sowel as redigering toe. Geredigeer met Picasa 3. Filippense 2:5-11

2 Filippense 2:5-11 PowerPoint agtergrond
Ons kies vir die kruis simbool as agtergrond, 4 opsies word aangebied. Hierdie opsie: Kruis 1 Titel: Be more human, eiendom van “an untrained eye” (Tom), foto geneem op 14 Februarie 2008 in Gornergrat, Canton of Valais, CH, geneem met ‘n Panasonic DMC-FX100. Die eienaar skryf soos volg: I'm not sure what a Muslim or a Buddhist or a Sikh must feel upon reaching the highest point of the Klein Matterhorn, 3883 metres above sea level, and finding himself confronted by a giant wooden representation of Christ on the cross, but whatever my personal beliefs I found it stunning, if nothing else then from a purely aesthetic point of view. And it's hard to argue with the exhortation engraved in four languages beneath the cross : Mehr Mensch sein. L'homme d'abord. Uomo prima di tutto. Be more human. Die foto is beskikbaar by Kopiereg word gereël deur Creative Commons en laat plasing sowel as redigering toe. Geredigeer met Picasa 3.

3 Filippense 2:5-11 PowerPoint agtergrond
Ons kies vir die kruis simbool as agtergrond, 4 opsies word aangebied. Hierdie opsie: Kruis 2 (abstrak) Titel: Crucifiction (sculture – papier), eiendom van Richard Grandmorin, geneem op 30 Maart 2012 met ‘n Olympus u7030,S7030. Dit is beskikbaar by Kopiereg word gereël deur Creative Commons en laat plasing sowel as redigering toe. Geredigeer met Picasa 3. Filippense 2:5-11

4 Filippense 2:5-11 PowerPoint agtergrond
Ons kies vir die kruis simbool as agtergrond, 4 opsies word aangebied. Hierdie opsie: Kruis 3 (abstrak) Titel: I WUV YOU, eiendom van wayne marshall, geneem op 7 Julie 2011 met ‘n Apple iPhone 4. Dit is beskikbaar by Kopiereg word gereël deur Creative Commons en laat plasing sowel as redigering toe. Geredigeer met Picasa 3.

5 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Verwelkoming Verduidelik dat dit Palmsondag is en wat dit beteken. Laat mense dan tydens die toetrede lied met palmtakke of vlae in die kerk ingestap kom. (Onthou om te verduidelik hoekom julle die vlae/palmtakke gebruik). Toetrede Lied 545 Jesus kom na Jerusalem toe (kanon of wisselsang) of VONKK 100 By Die Intog In Jerusalem (kanon) of Flam 82 Hosanna Votum Psalm 118:1-4 Responsories: Voorganger: Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie! 2Israel moet getuig: Gemeente: “Aan sy liefde is daar geen einde nie.” Voorganger: 3Die huis van Aäron moet getuig: Voorganger: 4Dié wat die Here dien, moet getuig: Seëngroet Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sy troon, 5en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. (Openb. 1:4-5) Skuldbelydenis Here Jesus Christus, Ons weet dat u lewe onder ons ’n lewe van offer was, Dat U gekom het om die haat, vrees, geweld en boosheid in ons te genees. Dat U gekom het om die tafels van gierigheid en ongeregtigheid in ons om te keer. Vergewe ons wanneer ons U koms weerstaan. Wanneer ons U verwerp en U veranderende stem in ons lewe probeer stilmaak. Stil gebed Heer, wees ons genadig. Moenie ophou om na ons te kom en ons te roep tot lewe nie. Help ons om ons kruis op te neem En te leef in die krag van U liefde. Amen. (Sacredise) Geloofsbelydenis Lofsang (Aangesien hierdie ’n fees diens is, kan daar meer gesing word as gewoonlik. Lofsang kan afgewissel word met Skriflesings, soos die ander Leesrooster tekste van die week. Enige lied wat Jesus se koningskap besing, sal gepas wees. Mense kan palmtakke en/of vlae waai tydens die lofsang.) Lied 175 Majesteit Lied 223 Aan Jesus, Koning, al die eer VONKK 142 Jesus, Verlosser, U Daal Tot Ons Neer of Flam 63 Hoe Goed Is Die Heer (Hosanna Aan Die Koning) God nooi ons uit en ons kom tot rus

6 God praat met ons en ons luister
Epiklese Die Koning kom. Ons God arriveer, op die rug van ’n eenvoudige donkie, geklee in ’n brose menslike liggaam. Ons weet, Here God, dat dit nie die eerste keer is wat U na ons toe gekom het nie. Die geskiedenis van die mensdom is die geskiedenis van U koms tussen ons As Skepper, Doel-gewer Bevryder Profetiese stem En Priesterlike teenwoordigheid. Die storie van elkeen van ons sê lewens is die storie van U koms na ons As Trooster, Vriend, Voorbeeld, Gewer van lewe in oorvloed. Daarom loof ons U, Maak ons oë oop vir U teenwoordigheid. Kom steeds na ons toe, Here. Hosanna, Ons eer U, Want U is ons God. Amen (Sacradise) Skriflesing Filippense 2:5-11 God praat met ons en ons luister

7 Familie-oomblik Familie-oomblik Liturgies
Vandag is Palmsondag! Laat die kinders met palmtakke in die kerk inkom en verduidelik vir hulle dat mense op dié manier vir Jesus as koning geëer het. Of kry ’n klomp vlae van verskillende lande en laat hulle die vlae swaai terwyl hulle inkom. (Dis veiliger as palmtakke, wat skerp rante het!) Verduidelik dat Jesus die Koning van die wêreld – van elke land – is. Ons swaai die vlae om daarmee te bely dat hy koning is. Teks Die diepgang van die gedeelte sal vir kinders te moeilik wees om te volg. Fokus op kinders se sin vir regverdigheid – hulle verwag dat hulle sal kry wat hulle toekom. Jesus se weiering om vereer te word, wat eerder ander se belange eerste gestel het, wat vriende gemaak het met mense wat ons vermy, en bereid was om aan die kruis vir ons sonde te hang, wys dat Hy regtig anders was. Hoekom het Jesus dít gedoen? Omdat Hy vir ons lief was. Hierdie verhaal wys dus vir ons hoe spesiaal ons is vir Hom. Hy wil egter ook hê dat ons sal doen wat Hy doen. Só maak ons ‘n verskil aan ander se lewens en van die wêreld ‘n beter plek. OF vertel die verhaal van “Yertle the Turtle” Fil. 2 sê: “3Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.” Dan herinner hy die mense in Filippi aan Jesus se voorbeeld. Dr. Seuss se storie “Yertle the Turtle” vertel van ’n koning wat nié nederig is nie. Inteendeel, hy staan sommer op die rûe van ander skilpaaie. Totdat een skilpad, Mack, dit nie meer kan hanteer nie. Die gevolglike rebellie laat die koning in die modder, want hy was nie nederig nie. Lees die volledige storie by en vertel dit in jou eie woorde oor (soek op Google Image vir Yertle the Turtle prente om saam met die vertelling te gebruik). Of laai ’n video van Yertle the Turtle af by OF gesels oor ’n Gunsteling Lied Die teks wat ons vandag lees, is ’n lied wat ons herinner aan God se liefde vir ons. Laat kinders gesels oor hul gunsteling liedjies wat hulle herinner aan Jesus se liefde. Vandag se teks is ’n lied wat mense vir honderde jare gesing heet wanneer hulle nodig gehad het om te onthou hoe lief God hulle het. Lees dan die teks terwyl die kinders saam met jou die volgende gebare wys: 5Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: 6Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, Hande in die lug, gesig na bo 7maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. Swaai arms soos wanneer jy ’n baba sus En toe Hy as mens verskyn het, 8het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. Arms na die kant uitgestrek soos aan ’n kruis 9Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, 10sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, Kniel, hande gevou in gebed 11en elke tong sou erken: “Jesus Christus is Here!” tot eer van God die Vader. Bly op knieë, hande in lug, gesig na bo. Familie-oomblik

8 Teks Filippense 2:5-11 Fokusteks: Filippense 2:5-11
2 Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing—2maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe. 3Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. 4Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. Die voorbeeld van Jesus Christus 5Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: 6Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, 7maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, 8het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. 9Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, 10sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, 11en elke tong sou erken: “Jesus Christus is Here!” tot eer van God die Vader. Ligdraers in die wêreld 12My geliefdes, julle was altyd gehoorsaam wanneer ek by julle was. Des te meer moet julle gehoorsaam wees nou dat ek nie daar is nie. Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe, 13want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer. 14Doen alles sonder kla of teëpraat. 15Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld 16deur die woord van die lewe uit te dra. Dan sal ek op die dag van Christus se koms rede hê om trots te wees, omdat dit sal blyk dat ek my nie verniet ingespan het nie en nie verniet geswoeg het nie. 17Julle geloof is ’n offer in diens van God. Selfs al word my bloed daarby as drankoffer uitgegiet, is ek daaroor bly, ja, is ek saam met julle almal bly. 18Om dieselfde rede moet julle ook bly wees, ja, saam met my bly wees. Filippense 2:5-11

9 Inleiding Preekriglyn
'n Bejaarde egpaar het saam in 'n tuiste vir bejaardes gewoon. Hoewel hulle reeds vir 60 jaar getroud was, is hulle huwelik deurspek met konstante argumente, ernstige verskille, en bekgevegte. Selfs toe hulle na die tuiste vir seniors is, het die argumentasie nie opgehou nie. Die egpaar het - van hulle soggens opstaan tot slaaptyd saans - gestry, geredeneer en mekaar kapittel. Die matrone kon dit nie meer vat nie. Sy dreig toe om die egpaar op straat uit te sit as hulle nie drasties verander nie. Selfs toe kon die twee nie ooreenkom wat hulle te doen staan nie. Op die ou end sê die een toe vir die ander: "Sê jou wat, kom ons bid dat een van ons sterf. Sodra jou begrafnis dan agter die rug is, sal ek by my suster gaan bly." Inleiding

10 Verstommende selfgerigtheid
Die menslike vermoë om jouself in die sentrum van die heelal te plaas, is verstommend. Van kleins af word ons groot gemaak om te dink die wêreld draai om ons. Dis ek, my belange, begeertes, ideale, wat die wêreld laat draai. My vooruitgang, sekuriteit, loopbaan en geluk is waaroor dit gaan. Dit is nog altyd so. Dink aan Abraham en Lot wie se weë in Genesis 13 skei omdat hulle vee te veel raak en die veewagters onderling stry. Lot kyk rond en sien die vrugbare Jordaanstreek. "Dus," sê die oorspronklike Hebreeuse teks, "het Lot die hele Jordaanstreek vir homself gekies..." (Gen. 13:11). Dit is die menslike kondisie. Soos die twee bejaardes: een van ons moet ster. Na jou begrafnis, sal ek .... As selfgerigtheid en die soek van eie belange gewerk het, sou mens nog iets ten gunste daarvan kon sê. Die menslike geskiedenis is vol voorbeelde dat dit nie werk nie. God se wêreld is so aanmekaar gesit, dat mense wat op hulself en hulle eie vooruitgang fokus, juis ondergaan. Dit skep "poor little rich girls." Dit plaas jou in kompetisie en wedywering met ander, wat van jou 'n genadelose, harde mense maak. Verstommende selfgerigtheid

11 Les misérables So 'n selfgerigte lewe maak mens miserabel en stort jou in die diepste ellende denkbaar. Dink aan die uitstekende film, Les Misérables, waar die geharde polisieman, Javert, sy lewe daaraan wy om Jean Valjean te vervolg. Wanneer Javert uiteindelik genade ontvang, kan hy nie daarmee saamleef nie, en kies om - spreekwoordelik - in sy eie swaard te val. Geluk is om - soos Jean Valjean - te kies om selfopofferend goed aan ander te doen. Hy kies om vir die fabriekswerker, Fantine, se dogter, Cosette, te sorg. Dit verg opoffering en stel hom aan gevaar bloot, maar ontsluit die weg na geluk en vrede. Grafika- Titel: Les Misérables, eiendom van Sebastián Losada en beskikbaar by Kopiereg gereël deur Creative Commons en laat plasing en redigering toe.

12 Kan ons verander? Kan ons verander?
Is dit moontlik om verander te word van 'n selfgerigte mens na iemand wat omgee vir ander? Kan ons gered word uit die menslike kondisie waarvolgens ons bloot vir onsself leef en op die ou end net kan oorleef as ons ander dood wens? Eers as die ander een sterf, en die begrafnis afgehandel is, kan die lewe weer voortgaan? Kan ons bevry word van 'n lewe waar ons gedoen is om die ander, die medemens, as 'n opponent te sien wat uit die weg geruim word, voordat ek gelukkig kan wees? Kan ons gered word van pogings om altyd ander mense te gebruik om onsself te bevoordeel? Want die lewe draai om my.... Kan ons verander?

13 Onthou Jesus Onthou Jesus
Paulus herinner ons in ons teks aan Jesus Christus. Hy haal in Filippense 2:5-11 'n vroeë lied oor Christus aan wat handel oor die Godgelyke en mensgeworde Christus. Hy dring dan by ons aan om Jesus se voorbeeld te volg. Daar is 'n verskil tussen ons en Jesus. Ons kan nie - en hoef nie - soos Christus vir die sonde te lei en versoening voor God te bewerk nie. Ons is nie geroep om die dood te oorwin nie. Ons ontvang hierdie dinge as gawe in Christus. Maar Jesus vernuwe ons, en bemagtig ons deur sy Woord en Gees. Daarom word ons geroep en bemagtig om dieselfde gesindheid aan die dag te lê as Jesus. Met dieselfde gesindheid waarop Jesus gehoorsaam was en sy lewe vir ons neergelê het, word ons opgeroep om mekaar te dien. Onthou Jesus

14 Ontlediging en verhoging
Die lied in Fil. 2:6-11 word in twee dele verdeel: in Christus Jesus se ontlediging (vers 6-8) en verhoging (vers 9-11). In beide gevalle word dit trapsgewys beskryf. Jesus het Hom eerstens ontledig (kenosis) deur nie aan sy Goddelike gestalte vas te klem nie, tweedens dié van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word, en derdens gehoorsaam te word met die dood aan die kruis. Omgekeerd word die verhoging in die eerste plek as die verheffing tot die hoogste eer geskets, tweedens as die verkryging van ’n Naam bo elke naam, en derdens die kosmiese erkenning dat Hy Here is. Ontlediging en verhoging

15 Kenosis Die Griekse woord vir Jesus se "ontlediging" is kenosis. Christus het nie krampagtig aan sy Godwees vasgehou om mens te word nie, maar sy deel hê aan die heerlikheid en mag prysgegee (Pieter van Niekerk). Hy het sy hoë posisie by Gods prysgegee. Sy goddelike heerlikheid word nou, as mens, voor die oë van mense verberg. Hy gee die hoogste posisie prys, en neem die laagste moontlike posisie ter wille van ons op Hom: Hy word 'n slaaf. Kenosis

16 Só is God Vers 6 begin in die oorspronklike Grieks met die woordjie alhoewel. “Alhoewel Hy in die gestalte van God was …” Dit kan egter ook vertaal word met omdat. “Omdat Hy in die gestalte van God was, het Hy sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar het Hy Homself verneder (ekenôsen - kenosis) deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word.” Hierdie antieke lied is daarom nie net ’n nuwe perspektief op wie Jesus is nie. Dit is ’n nuwe verstaan van God self. Christus se ontlediging is nie iets wat aan Hom gedoen word nie. Dit is deel van sy identiteit. Sy ontlediging en menswording is daarom nie ’n afstand doen of ontkenning van sy Goddelikheid nie, maar die manier waarop Hy wys dat Hy inderdaad God is (vgl. Gorman, Inhabiting the cruciform God)! Goddelikheid is om te gee, nie om iets te ontvang nie. Jesus gebruik dus sy posisie as God tot voordeel van die mensdom en ook die skepping, anders as Adam wat juis sy posisie as beelddraer van God misbruik het en gekies het om op selfsugtige wyse die vrug, "om soos God te wees," te eet. (Chris van Wyk) Sò is God!

17 Dieselfde gesindheid van selfontlediging moet ook in ons wees
Só moet ons ook wees, sê Paulus. Jesus het vir ons kom wys hoe die karakter van God lyk. Wie God is. Ons moet hierdie selfde gesindheid navolg. Ons kan dit doen omdat Jesus ons nuut maak. Praktiese voorbeeld Daar is ’n interessante ooreenkoms tussen hierdie lied en die beskrywing van die voetewas episode in Joh. 13:3-17: 1): Bokleed uitgetrek – van Goddelike gestalte ontledig; Voete gewas soos ’n slaaf – slaaf en aan mense gelyk geword; Bokleed aangetrek – tot die hoogste eer verhef; Bevestig dat Hy Here is – almal erken dat Hy Here is. Dit lyk nie asof dit toevallig is nie. Veral aangesien Paulus hierdie selfontlediging ook as voorbeeld gebruik om die Filippense aan te moedig om dieselfde gesindheid as Christus Jesus te hê. Net soos Jesus ook aan sy dissipels die opdrag gegee het om mekaar se voete te was, deur mekaar lief te hê. Voetewas is dus ’n praktiese manier waarop mens die boodskap van Filippense 2 deel van jou lewe kan maak. Daarom is kenosis die kern-begrip, en die kern-paradigma wat ons moet navolg. Ook in ons...

18 Gaan doen Kenosis is nie 'n teoretiese begrip wat verstaan of bemeester moet word nie. Dit is iets wat gedoen moet word. Dit veronderstel dat ek my lyf op die spel moet plaas. Dalk moet ek en jy ons eie begrafnis reël, ons ou self begrawe, en opstaan in 'n nuwe lewe van diens. Saam met Christus. Gaan doen!

19 God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Dankoffer
Slotlied Lied 308 Neem my lewe, laat dit Heer of Lied 284 Laat, Heer, u vrede deur my vloei VONKK 158 Ons Wy Onsself Aan Christus Toe Flam 164 Elke Knie Sal Voor Hom Buig Seën Mag die liefde van die Here Jesus ons na hom toe trek. Mag die krag van die Here Jesus ons sterk maak in sy diens. Mag die vreugde van die Here Jesus ons vervul. Mag die seën van die almagtige God, die Vader, Seun en Heilige Gees, tussen ons wees en vir altyd bly (William Temple in “Gebedeboek met liturgiese voorstelle”.) Respons Flam 164 laaste strofe: “Jesus is die Heer” Lied 176 Halleluja! U is Koning God stuur ons om te leef

20 Volgende erediens: Goeie Vrydag Johannes 18:1-19:42
Ekstra stof en prosesbestuur: Chris van Wyk Familie-oomblik & Liturgie: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton

21


Download ppt "Filippense 2: PowerPoint agtergrond"

Similar presentations


Ads by Google