Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Johannes 3:14-21 PowerPoint agtergrond

Similar presentations


Presentation on theme: "Johannes 3:14-21 PowerPoint agtergrond"— Presentation transcript:

1 Johannes 3:14-21 PowerPoint agtergrond
Agtergrond van kruis... Want so lief het God die wêreld gehad... Grafika bekom met Google advanced search- geen kopiereg. Dit is beskikbaar by

2 God nooi ons uit en ons kom tot rus Rus Toetrede
Lied 329 of 331 Want so lief het God die wêreld gehad of Flam 70 Lig Vir Die Wêreld Votum en Seëngroet Liturg: “Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!” So moet die mense sê wat deur die Here bevry is, dié wat Hy uit hulle nood bevry het en uit baie lande versamel het, uit die ooste en die weste, die noorde en die suide. Gemeente: “Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!” Amen Of Lied 221 Loof die Heer omdat hy goed is Lofsang Lied 324 So lief het God die wêreld Flam 270 U Is My God Toewyding Lied 271 Heil’ge Jeus, wat my lewe Flam 246 Lig Van Die Wêreld Genadeverkondiging Efesiërs 21-10 Geloofsbelydenis Lied 167 Jesus, bron van al my vreugde VONKK 213 God Is Lief Vir My [kinderlied, kan ook by Familie-oomblik gesing word]

3 God praat met ons en ons luister God praat met ons en ons luister
Gebed Skriflesing Johannes 3:14-21 Familie-oomblik VONKK 213 God Is Lief Vir My [as dit nie by die geloofsbelydenis gesing is nie] Preek

4 Johannes 3:14-21 Fokusteks: Johannes 3:14-21 Jesus en Nikodemus
3 Daar was ’n man met die naam Nikodemus. Hy het aan die party van die Fariseërs behoort en was ’n lid van die Joodse Raad. 2Een nag het hy na Jesus toe gekom en vir Hom gesê: "Rabbi, ons weet dat u ’n leermeester is wat van God af gekom het, want niemand kan hierdie wondertekens doen wat u doen, as God nie by hom is nie." 3Daarop sê Jesus vir hom: "Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie." 4Nikodemus vra Hom toe: "Hoe kan ’n mens gebore word as hy al ’n ou man is? Hy kan tog nie ’n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?" 5Jesus het geantwoord: "Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie. 6Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees. 7Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het: Julle moet opnuut gebore word nie. 8Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is." 9Nikodemus vra Hom toe: "Maar hoe is dit moontlik?" 10En Jesus antwoord hom: "Jy is die bekende leermeester van Israel en jy verstaan dit nie? 11Dit verseker Ek jou: Ons praat oor wat ons weet, en ons getuig oor wat ons gesien het, en tog aanvaar julle nie ons getuienis nie. 12Ek het julle van die aardse dinge vertel en julle glo dit nie, hoe sal julle glo as Ek vir julle van die hemelse vertel? 13Niemand op die aarde was al in die hemel nie behalwe Hy wat uit die hemel gekom het, naamlik die Seun van die mens. 14Moses het die slang in die woestyn hoog op ’n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog cword, 15sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê. 16"God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. 17God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. 18Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie. 19En so kom die skeiding: die lig het na die wêreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg. 20Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie. 21Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is." c Vgl. Joh. 12:32–12:33

5 Familie-oomblik Familie-oomblik
Johannes 3:16 is van die bekendste verse in die Bybel, maar die kanse is goed dat die meeste kinders dit nog nie ken nie. So memoriseer dit saam! Sê dit oor en oor, met gebare: God - wys na bo het die wêreld – maak ‘n grooooooot sirkel met julle wysvingers so lief gehad – sit julle armes om jul lywe en swaai jul lywe – soos ‘n stywe drukkie vir jouself dat Hy sy enigste Seun gegee het, - maak jou wysvingers in die vorm van ‘n kruis sodat dié wat in Hom glo, - hou jou hande bak voor jou nie verlore sal gaan nie – skud jou kop en swaai jou wysvinger maar die ewige lewe sal hê. – rol jou hande oor mekaar om ewigheid te simboliseer Jy kan ook vir elke lidmaat ‘n groot leë kruis gee wat op ‘n vel papier gedruk is – dalk agter op die afkondigingsbladjie. Laat almal ‘n klomp name daarop skryf van mense vir wie die vers waar is – ook hul eie name. Daag veral volwassenes en tieners uit om die name neer te skryf van mense van wie hulle nie baie hou nie. Daar is so baie pragtige stories van kinders wat vir ouers vra oor liefde. Die pragtige “Raai hoe lief is ek vir jou” gaan oor ‘n hasie wat vir sy pa vra hoe lief sy pa hom het. Hier is ‘n video daarvan. Beskikbaar by loot.

6 Johannes 3:16 Preekriglyn
In hierdie Skrifgedeelte ontmoet ons sekerlik die mees bekende vers in die Bybel (3:16): God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Vir Johannes se eerste lesers, mense uit die Grieks-Romeinse wêreld, was dit 'n ondenkbare en rewolusionêre gedagte: dat God mense kan liefhê. Vir die Grieks- Romeinse wêreld was die gode in hul eie wêreld en hul intriges geïnteresseerd, en ingestel op mense se diens aan hulle. Anders het hulle die wêreld bygekom met rampe en ellende. Die evangelie is dat God die wêreld so liefgehad het dat Hy sy enigste Seun gegee het. In ons tyd het hierdie vers en boodskap oorbekend geraak. Die woorde word orals gesien, op T-hemde en bufferplakkers gedruk, en selfs in politieke toesprake gebruik. Belangrik: die teks word ook konteksloos aangehaal. Die gebeure en gesprek waaruit dit kom, word weggelaat. Wanneer dit gebeur, kan ons verstaan van God se liefdespad met die wêreld skraler en vlakker raak as die wonderlike diepte wat dit eintlik verteenwoordig.

7 Konteks Konteks Ons teks kom uit die begin van die Johannes-evangelie se vertelling oor Jesus: Die evangelie begin met die betekenisryke proloog wat vertel hoe Jesus beweeg het van sy posisie by God in die begin, om tussen mense te kom woon (1:1-18); Daarna word vertel van Johannes die Doper se getuienis en die roep van die eerste dissipels (1:19-51) Jesus begin sy bediening deur die nuwe wyn van God se koninkryk na 'n huweliksfees in Kana te bring, en Deur die nuwe lewe van sy sterwe en opstanding na die aanbidding by die tempel in Jerusalem te bring (2:1-22). Tog het Jesus Homself nie toevertrou aan mense wat hul vertroue in Hom gestel het bloot op grond van sy tekens nie (2:23-24) In die daaropvolgende hoofstukke vertel Johannes hoe baie mense na Jesus kom op grond van sy tekens: Die Samaritaanse vrou (4:29) Die amptenaar wie se seun genees word (4:47) Die verlamde man (5:9) Die skare wat gevoed word (6:14) Die blinde man (9:25) Al hierdie mense moes nog beweeg van belangstelling in die tekens van Jesus na geloof in Jesus self.

8 Nikodemus Nikodemus Nikodemus kom ook uit belangstelling in Jesus se optrede en groei op pad met Jesus. Hy is 'n Fariseër en 'n lid van die Joodse Raad. Hy was dus 'n man met gesag, 'n lid van die Sanhedrin. Nikodemus is nie net invloedryk nie, maar ook 'n vermoënde man (wat speserye in 19:39 koop), volgens Jesus 'n "leermeester van Israel." Hy kom in die nag met Jesus praat, miskien omdat hy bang man of dalk omdat hy ongestoord met Jesus wou praat. Soos hy vorder op sy pad met Jesus praat hy later in die openbaar ter ondersteuning van Jesus (7:50v), en word hy die persoon wat Jesus begrawe (19:39). Vannag – hier aan die begin van die Johannes-evangelie - is Nikodemus nog nie daar nie. Hy voer 'n private gesprek met Jesus oor hoe mens die koninkryk van God binnegaan, weer gebore kan word, en nuwe lewe in die Gees ontvang (3:3-13).

9 ΄n Skuif 'n Skuif Dan vind daar 'n merkwaardige skuif in die gesprek plaas. Dit is asof Nikodemus op die agtergrond verdwyn. In vers 11 sê Jesus nog: "Dit verseker ek jou." Die voornaamwoord is in die enkelvoud, Nikodemus is die een wat aangespreek word. Maar dan verwissel die voornaamwoorde na die meervoud: dit word "ons" en "julle". 'n Groter groep word nou aangespreek. Dit is ook nie duidelik waar Jesus se woorde eindig nie. Antieke manuskripte het geen punktuasie, aanhalingstekens, kommas en punte nie. Moderne vertalers moet uitwerk waar om die aanhalingstekens te plaas, want dit is 'n moderne gebruik. Gewoonlik is dit duidelik waar die spreker ophou praat, en waar die verteller van die verhaal aan die woord kom (in hierdie geval Johannes). In Johannes se Evangelie is die plaas van die aanhalingstekens nie so maklik nie. Sommige vertalings eindig die aanhaling van Jesus se woorde aan die einde van vers 15, terwyl ander (soos die Afrikaanse vertaling) dit laat deurloop na vers 21. Daar is goeie rede vir laasgenoemde, omdat Jesus se woorde en deurgaans dieselfde styl en woordkeuse gebruik. Dit is net die geadresseerde, Nikodemus, enkelvoud, wat skuif na die meervoud: "Julle". Die effek is egter dramaties. Die stil, nagtelike gesprek tussen Jesus en Nikodemus word vervang met Jesus wat deur Johannes met die hele Joodse volk, en met die mense van die hele wêreld praat. Jesus vra mense (van alles tye en plekke) om "ons getuienis" te aanvaar. Alle mense word genooi om God se geliefde Gestuurde, Jesus Christus, se getuienis en werk te aanvaar, deur die lewegewende werk van die Heilige Gees.

10 Grootste boodskap Grootste boodskap
Verse is van die mees invloedryke dele van die Nuwe Testament. Johannes is hier op sy beste. Hy is lief daarvoor om teenoorgesteldes te balanseer: van bo en van onder; lewe en dood, waarheid en leuen. Hierdie opstel van pole word algemeen in die Griekse filosofie en ook in die Qumranrolle wat in die woestyn van Judea gevind is, weerspieël. Dit is hoe die mense van destyds gedink het. Deur hierdie kontrasterende woordpare te gebruik, word die evangelie aan mense verduidelik in woorde en begrippe wat hulle kon verstaan. Hierdie woorde het ook diepgaande invloed tot vandag uitgeoefen.

11 “Verhoog” "Verhoog" Die gedeelte begin met 'n herinnering aan die gebeure waarvan Numeri 21:4-9 vertel. Die Israeliete kla teenoor Moses en God en word gestraf deur 'n plaag giftige slange. As geneesmiddel gee God aan Moses opdrag om 'n slang van brons te maak en dit "hoog op 'n paal" te vertoon. Almal wat die verhoogde slang gesien het, is genees. Die bronsslang is later deur Hiskia vernietig omdat mense dit soos 'n afgod behandel het (2 Konings 18:4). Die "Boek van Wysheid", 'n apokriewe boek uit die tydperk tussen die Ou en Nuwe Testament, beskryf die slang as 'n simbool van redding. Johannes gebruik die slang hier op dieselfde manier, die slang wat hoog op 'n paal gesit is, oftewel "opgelig" is. Net so, sê Jesus, sal die Seun van die Mens "opgelig" of "verhoog" word. Ons weet dat Jesus aan die kruishout "opgelig" is. Net soos sterwende Israeliete die slang "verhoog" op die paal gesien en gered is, net so sal ons in Jesus se gebreekte liggaam wat "verhoog" of "opgelig" is op 'n martelinstrument ons eie heling vind, die bron van die ewige lewe (3:14-15). Mense kan dus kies: om te sterf van die slang se dodelike byt, of om te kyk na God vir lewegewende genesing; om te sterf of om die ewige lewe in die verhoogde Christus aan die kruis te ontvang.

12 “Die wêreld” "Die wêreld"
God se liefde is groter as sy genade aan 'n klompie sterwende Israeliete in die woestyn. Wanneer Jesus aan die kruis opgelig word, word God se liefde vir "die wêreld' openbaar. Die wêreld, met al sy sonde en tekortkominge, is die voorwerp van God se liefde. Christene is lief daarvoor om die wêreld te verwaarloos. Ons kan maklik dink die teks sê: So lief het God die kerk gehad dat Hy.... Ons teks maak dit duidelik dat God die wêreld so lief gehad het dat Hy sy enigste Seun gegee het. Vir Joodse lesers sou vers 16 dadelik die Abraham-verhaal in herinnering geroep het. Abraham word aangesê om sy enigste seun berg-op te neem en hom daar te offer (Gen. 22:2, 12). Terwyl Abraham hierdie hoogste offer gespaar word, het God nie sy enigste Seun gespaar nie, maar Hom gegee sodat die wêreld nie sou sterf nie. Dit is die keuse waarvoor die Evangelie mense plaas: om te sterf weg van God af, of om die gawe van die ewige lewe in sy Seun te ontvang. Daar is nie 'n ander moontlikheid nie. Daarom het God sy enigste Seun na die wêreld toe gestuur (17).

13 “God stuur” "God stuur" Dei woordkeuse dat God Jesus "stuur" kom dikwels by Johannes voor, meer as 50 keer. Hy is baie duidelik oor die motief waarom God Jesus stuur: nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dit te red (17). Die Griekse werkwoord wat vir oordeel gebruik word, is krinein. Die woorde "krisis" en "kritiese / kritieke" is hiervan afgelei. Die koms van Jesus skep 'n krisis vir al die mense van die wêreld, 'n "kritiese oomblik" van oordeel en beslissing. Jesus kom nie om die wêreld te oordeel nie, want diegene wat nie glo nie is alreeds verlore in hul duisternis en slegte dade (3:17-19). Hy kom om te red, sodat mense die ewige lewe kan ontvang. Ons dink dikwels oordeel is iets wat aan die einde op die Oordeelsdag gebeur. Johannes wys egter duidelik uit dat die oordeel, die beslissing, reeds nou gebeur in elke "kritieke moment" in die hede. Vir Johannes is die dinge van die laaste dae (eskatologie) iets wat reeds in die hede 'n werklikheid is, aangesien Jesus nou reeds in die wêreld aanwesig is om ons te red. Aangesien die lig in die duisternis kom, skep die lig skaduwees. Die krisis en die oordeel is dat sommige mense kies om in die skaduwees te bly (3:19). Hier skep Johannes nog 'n kontras: diegene wat volgens die waarheid handel, en na die lig kom, teenoor diegene wat kwaad doen en in die duisternis bly (20-21). Aangesien Jesus kom om die wêreld te red en nie te veroordeel nie, hoef nie net diegene wat die waarheid doen vorentoe te kom nie Ook diegene wat in die duisternis rondstruikel kan ook na die lig kom. Nikodemus kom in die nag, en soek die Lig op. Hy kom in die duisternis en vind God se liefde. Algaande beweeg Nikodemus meer en meer na die Lig, en kom in die ope oor Jesus. Teenoor Nikodemus is Judas iemand wat die duisternis opsoek. Hy verlaat Jesus en betree die duisternis van die nag (13:30). Die opsies, die opponerende moontlikhede, is altyd met ons in elke kritieke oomblik. God het daarom sy enigste Seun gestuur sodat ons nie sal sterf nie, maar die ewige lewe kan hê.

14 Toepassing Toepassing
Ons teks begin ons alreeds voorberei vir Goeie Vrydag, wanneer ons aandag fokus op Jesus wat aan die kruishout "verhoog" is, sodat daar vir ons lewe en genesing kan wees. Ons staan stil voor die misterie van God se liefdevolle teenwoordigheid in die wêreld. Ons sien dit gedemonstreer aan die kruishout, die plek van verhoging, die plek van oorwinning. Ons besef Jesus se woorde aan Nikodemus, is Jesus se woorde aan ons. Die kruis plaas ons voortdurend op losse skroewe. Dit lok ons uit die duister skaduwees na die lig, die waarheid, die lewe. Dit soos die sonde en kwaad in ons, en soek na die genesing in Christus. Die vraag is nou of Johannes 3:16 net 'n spreuk is wat op T-hemde of op bufferplakkers aangebring moet word? Hierdie vers is ingebed in God-in-Jesus se program om lewe vir die wêreld te bring. Johannes 3:16 is deel van God se program vir die wêreld. Daarom is dit meer as 'n spreuk, dit is deel van die kerk se roeping in die wêreld. Die kerk se roeping is om die getuienis van die gekruisigde en lewende Jesus Christus lewend te hou in die wêreld. Ons leef vanuit hierdie werklikheid, waarin ons ons genesing vind. Iemand skryf: Wanneer ons elke dag by die kruis kniel, ons sondes bely, vergifnis ontvang en opstaan as verlostes, groei die liefde tussen God en ons, groei die liefde tussen ons en ons medemens. Daar by die kruis besef ons hoe broos en boos ons is, en hoe broos en boos andere is. Daar leer ons hoe groot die liefde van God en sy vergiffenis werklik is. Dit gee ons "hoop" – vir onsself, maar ook vir andere, vir die wêreld. Net soos die bronsslang Israel se hoop op genesing en lewe was, so is die verhoogde/gekruisigde Christus die wêreld se hoop op die ewige lewe.

15 God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Dankoffer
Slotsang Lied 488 Helder skyn u lig vir die nasies of Flam 334 Want So Lief my-heer/ Seën Respons VONKK 83 Siyahamba / Kom Ons Wandel In Die Lig Van God

16 Volgende erediens: Johannes 12:20-33 Volgende erediens
Liturgie en Familie-oomblik: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk

17


Download ppt "Johannes 3:14-21 PowerPoint agtergrond"

Similar presentations


Ads by Google