Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

BESIGHEIDSTUDIES – GRAAD 10

Similar presentations


Presentation on theme: "BESIGHEIDSTUDIES – GRAAD 10"— Presentation transcript:

1 BESIGHEIDSTUDIES – GRAAD 10
OP DIE WENPAD BESIGHEIDSTUDIES – GRAAD 10

2 Onderwerp 3: Entrepreneuriese Eienskappe
KWARTAAL 2 Onderwerp 3: Entrepreneuriese Eienskappe

3 ENTREPRENEURIESE EIENSKAPPE
Wat is ‘n entrepreneur? ‘n Entrepreneur is iemand wat ‘n sake-idee omskakel in ‘n sakegeleentheid. Entrepreneurs werk vir hulleself. Entrpereneurs skep hulle eie inkomste.

4 ENTREPRENEURIESE EIENSKAPPE
Eienskappe van suksesvolle entrepreneurs verwys na die wenslike eienskappe waaroor ‘n entrepreneur moet beskik om ‘n besigheid suksesvol te kan bedryf. Om ‘n doeltreffende entrepreneur te wees, moet ‘n mens gewoonlik etlike (of ‘n kombinasie) van hierdei entrepreneurseienskappe hê. Dit is moontlik vir mense om hierdie eienskappe te ontwikkel en suksesvolle entrepreneurs te wees.

5 ENTREPRENEURIESE EIENSKAPPE
Soek na geleenthede Suksesvolle entrepreneurs sien besigheidsgeleenthede waar ander mense net probleme sien, of geen hoop het nie. Entrepreneurs soek na geleenthede om dinge vinniger, beter en goedkoper te doen. Hulle soek na geleenthede om die nodige hulpbronne, soos finansiering, toerusting, werkruimte en tegniese hulp, in die hande te kry. So klop hulle mededingers. Hulle maak meer wins, en verkry ‘n nuwe markaandeel, of behou ‘n goeie markaandeel. Behoefte aan verantwoor-delikheid Entrepreneurs hou daarvan om hulleself te bewys as innoverend en hardwerkend. Entrepreneurs is verantwoordelik vir hulle eie inkomste. Neem risiko’s Risiko’s behels ‘n mate van onsekerheid. Daar is baie vooreelde van risiko’s: Party entrepreneurs waag dit om hulle werke te los om hulle eie ondernemings te stig. Somtyds moet entrepreneurs geld leen om hulle ondernemings te laat groei. Somtyds moet entrepreneurs die risiko neem om hulle beeld te verander. Somtyds moet ‘n nuwe vennoot ingeneem word. Sommige risiko’s het ‘n groter kans op sukses as ander risiko’s. Sulke risiko’s staan bekend as berekende risiko’s.

6 ENTREPRENEURIESE EIENSKAPPE
Uithouvermoë Uithouvermoë beteken om aan te hou totdat jy jou doelwit bereik het. Dit gebeur gewoonlik nie met die eerste of selfs tweede poging nie. Entrepreneurs werk gewoonlik baie hard om ‘n onderneming te bou. Goeie leierskaps- en bestuursvaardig-hede Entrepreneurs moet ander mense kan inspireer om in hulle visie te glo. Entrepreneurs moet ook die vaardigheide hê om hulle eie ondernemings te bestuur. Selfvertroue As jy jou eie onderneming wil begin, moet jy in jouself glo. Dit is egter baie belangrik om nie ‘n valse sin van selfvertroue te hê nie. Jy moet jou eie sterkpunte en swakpunte goed ken voordag jy ‘n onderneming kan begin. Hoë energievlakke Meeste entrepreneurs moet aan die begin alles self doen. Dit verg baie energie. Entrepreneurs kan maklik uitbrand as gevolg van hulle werkslas.

7 ENTREPRENEURIESE EIENSKAPPE
Passie Jy kan nie ‘n onderneming begin as jy nie passievol oor jou onderneming en jou produk is nie. Om passie te hê beteken om life te wees vir wat jy doen. Entrepreneurs spandeer die meeste van hulle tyd aan hulle ondernemings, hulle is óf besig om oor hulle ondernemings te dink, óf esig om hulle ondernemings te bestuur óf besig om aan hulle ondernemings te werk. ‘n Tekort aan passie sal lei tot swak dienslewering en uiteindelik tot die onderneming se ondergang. Drome met ‘n duidelike visie Meeste entrepreneurs het ‘n visie van wat hulle wil bereik. Dit is nie altyd maklik om jou visie aan ander te verduidelik nie, veral as dit ‘n splinternuwe idee behels. Entrepreneurs met dus weet presies wat hulle wil bereik en hou hulle hulle visie in ‘n volhoubare onderneming gaan omskep. Organisasievaar-dighede Om ‘n onderneming te stig en te bedryf verg meer as net ‘n goeie idee. Entrepreneurs het bestuursvaardighede nodig om hulle ondernemings van dag tot dag te bestuur. Voorbeelde van bestuursvaardighede sluit in administratiewe vaardighede, tydsbestuursvaardighede en die vermoë om mense te kan bestuur.

8 ENTREPRENEURIESE EIENSKAPPE
Hoë mate van toewyding Toewyding beteken om iets deur te sien ten spite van terugslae. Dit is harde werk om ‘n sukses te maak van ‘n onderneming. Entrepreneurs moet bereid wees om opofferings te maak ter wille van hulle ondernemings. Buigsaamheid Entrepreneurs is deel van die sake-omgewing. Die sake-omgewing is dinameis – dit beteken dat dit aanhoudend verander. Entrepreneurs moet buigsaam genoeg wees om by hierdie veranderinge aan te pas. Wilskrag om struikelblokke te trotseer Entrepreneurs het baie moontlike struikelblokke, soos byvoorbeeld werknemers wat bedank, wetgewing wat verander, finansiële kwessies en nuwe mededingers. Entrepreneurs wat nie die wilskrag het om struikelblokke te trotseer nie hou nie baie lank nie.


Download ppt "BESIGHEIDSTUDIES – GRAAD 10"

Similar presentations


Ads by Google