Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
Published byRoland Baumgartner Modified over 6 years ago
1
Filippense 3:17 tot 4:1 Kyk by skyfie 11 se notas om die agtergrond-keuse te verstaan.
2
Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God
3
Laat twee persone ’n mimiek doen. Die een moet die ander na-aap
Laat twee persone ’n mimiek doen. Die een moet die ander na-aap. Hulle moet alles presies dieselfde doen. Ons moet die vrymoedigheid hê om ander te nooi om ons voorbeeld te volg, omdat ons Jesus volg.
4
Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
5
Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
6
Agtergrond Filippi is na die pa van Alexander die Grote vernoem wat die gebied in 356 v.C. verower het. Dit was ’n belangrike skakel tussen Europa en Klein-Asië. Dit is onder andere deur Octavius en Markus Antonius - die minnaar van Kleopatra - as ʼn Romeinse kolonie ontwikkel (42 v.C.). In die Romeinse regeringstelsel was daar ’n groot verskil tussen ’n provinsie en ’n kolonie. ’n Provinsie was bloot ’n verowerde gebied, terwyl ’n kolonie ’n hoër status gehad het deurdat Romeinse setlaars, gewoonlik uitgetrede soldate (die sg. emeriti – die met meriete), daarin gevestig is. Die rede hiervoor was dat Rome enersyds oorbevolk was en andersyds dat die afgetrede soldate die belangrike buiteposte vir Rome kon beveilig. In ruil daarvoor het hulle landbougrond ontvang en is die stad volgens die Italiaanse reg regeer. In ’n sekere sin was die kolonie ’n afdruk van die hoofstad, Rome; deurdat die stadsbestuur op dieselfde lees geskoei is. Filippi was waarskynlik die mees Latynse van al Paulus se stede. Waaroor skryf Paulus in hoofstuk 3 van Filippense? · Verse 1 tot 3 – Hy rig ’n ernstige waarskuwing teen dwaalleraars (wie hy in vers 2 in Grieks ‘honde’ noem wat nie die ‘besnydenis’ nie, maar die ‘mutilasie’ beoefen!) wat die Christene weer soos Jode wil laat leef. · Verse 4 tot 11 – Hy lewer ’n getuienis oor wat nou vir hom waardevol is (om Christus te ken) en wat nie (basies alles - sy herkoms, opvoeding, vorige oortuigings en waardes). Laasgenoemde is vir hom soos "riool" (vers 8). · Verse 12 tot 21 – Hy rig 'n oproep tot geestelike groei deur sy voorbeeld te volg Vers 17 - In die antieke wêreld het jy jou ambag geleer deur iemand se voorbeeld noukeurig na te volg (jy het nie Tegnikon toe gegaan soos vandag nie). Daarom vra Paulus dat die gelowiges in Filippi nabootsers (Συμμιμηταί) van hom en ander gelowiges moet wees. Aangesien hy die voorbeeld van Christus navolg kan hy die gelowiges met vrymoedigheid oproep om sy voorbeeld te volg (3:17) al weet hy dat hy nie 'n perfekte voorbeeld is nie (3:12). Met sy eie lewe het hy vir hulle gewys wat dit beteken om ’n navolger van Christus te wees. Daarom kan hulle op sy wandel let en in sy voetspore volg. Vers Dit beteken ook dat hulle nie meer soos die vyande van die kruis moet leef nie (vers 18), maar soos burgers van die hemel. Let wel die vyande is waarskynlik in naam deel van die gemeente. Hulle is egter of Joodse Christene wat hulle op die wet en nie die kruis nie beroep vir hulle redding, óf Gnostiese gelowiges wat eerder hulle verlossing deur die verkryging van geheime kennis as die kruis wil verkry. Hoe het die vyande van die kruis geleef? · Hulle maag was hulle god. Waarskynlik word die religieuse betekenis van kos hier veronderstel en nie vetsug nie. Dit kan naamlik dui op gelowiges wat nog deelgeneem het aan die heidense feeste waar die kos aan die gode gewy was. Dit was immers van die min geleenthede waar vleis geredelik beskikbaar was vir die man op straat. Of dit kan aan die anderkant dui op Judaïste in die gemeente wat nog allerlei voedsel wette onderhou het. · Hulle skande was hulle trots. Dit kan dui op seksuele immoraliteit of op die besnydenis waarop die Jode so trots was, maar wat die Grieke as 'n mutilasie beskou het. In kort was die vyande van die kruis aardsgesind en is hul vernietiging (πωλεία) hulle einde (vers 19). Paulus vertel die gemeente dat hulle as volgelinge van Christus egter meer as burgers van Rome in Griekeland is - hulle is burgers van die hemel op aarde (vers 20). Die hemel is hulle ware tuisland (die egte ‘Graceland’) en moet hulle daarom nou reeds volgens die hemel se waardes en gebruike leef. Hulle is God se buitepos op aarde.
7
Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons
8
As jy na jou paspoort kyk, vertel dit verhale van “bly” of “gaan”
As jy na jou paspoort kyk, vertel dit verhale van “bly” of “gaan”? Neem ’n ou paspoort en kyk na al die plekke wat die paspoort besoek het. As jy na jou paspoort kyk, vertel dit verhale van “bly” of “gaan”? (Neem ’n ou paspoort en kyk na al die plekke wat die paspoort besoek het).
9
Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor
10
Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes
11
Die artikel “Laat ons leer van die olifante” het gehandel oor ’n trop olifante in die Pilanesberge. In ’n poging om die trop in die wildtuin uit te dun, het die wildtuin-bestuur besluit om van die ouer bulle van kant te maak en ’n groep koeie en jong bulle na ’n ander plek toe te verskuif. Dit was nie lank voordat die renosters in die area doodgemaak is, nie deur wilddiewe, maar deur die jong olifant bulletjies wat hulle “manlikheid” wou bewys. Een olifant het selfs ’n trop georganiseer wat toeriste busse aangeval het. Om die probleem op te los, het die bestuur besluit om ’n paar van die moeilikheidmakers te skiet. Voordat hulle dit egter gedoen het, het iemand toe met ’n beter oplossing na vore gekom: Hulle het ’n paar ouer bulle uit ’n ander area in die probleem-area losgelaat. Die ouer bulle het dadelik die jonger bulle onder beheer gebring. Dit was duidelik dat die jong bulletjies nie geweet het hoe om in die dag-tot-dag lewe op te tree sonder die voorbeeld van ouer olifante waaruit hulle kon leer. Leer deur jou voorbeeld is nie net beperk tot die diereryk nie. Net soos jong olifante ouer olifante as ’n voorbeeld nodig het, het ons as mense ook ’n voorbeeld nodig. Ons het rolmodelle nodig. Hoe belangrik is rolmodelle? Dis die tweede keer in een brief dat Paulus dit op die tafel plaas (Fil. 2:19-30). Watter effek het jou voorbeeld op mense se lewe? Op jou kinders?
12
Onderwys is ’n bewonderenswaardige ding, maar dit is tog goed om te onthou dat niks wat die moeite werd is om te weet, geleer kan word nie. Oscar Wilde Opvoeding en onderwys is ’n bewonderenswaardige ding, maar dit is tog goed om te onthou dat niks wat die moeite werd is om te weet, geleer kan word nie. Oscar Wilde
13
Leefstyl, waardes en houdings!
’n Onlangse studie het getoon dat daar drie dinge is wat jy mense nie kan leer nie: leefstyl, waardes en houdings! Hulle leer dit aan deur die na-aap van rolmodelle.
14
’n Mens se kinders is baie meer geneig om te gaan waarheen jy gaan, as waarheen jy wys!
15
’n Mens kan jou kind net op drie maniere leer:
Eerstens, deur jou voorbeeld; tweedens, deur jou voorbeeld en derdens, deur jou voorbeeld Albert Schweizer Albert Schweizer het gesê ’n mens kan jou kind net op 3 maniere leer: Eerstens, deur jou voorbeeld; tweedens, deur jou voorbeeld en derdens, deur jou voorbeeld.
16
’n Kind wil verstaan wat sy ouers glo
In ’n studie wat by Purdue Universiteit gedoen is en in die Mei\Junie 1999 uitgawe van the Journal of Applied Developmental Psychology verskyn het, is bevind dat kinders baie meer geredelik ’n ouers se geloof aanneem as hulle duidelik verstaan wat hulle ouers glo. Lynn Okagaki wat die studie gedoen het, die volgende kommentaar gemaak: “Ons het bevind dat die akkuraatheid van ’n kind se persepsie van sy ouer se geloof, beïnvloed word deur al die dinge wat sy ouer doen. Dit sluit die tyd in wat ’n ouer neem om sy geloof te verduidelik en kinders aan te moedig om deel te neem aan geloof aktiwiteite wat die ouers dink die geloof ondersteun.”
17
As kinders leef met kritiek Leer hulle om te veroordeel
As kinders leef met vyandigheid, Leer hulle om baklei As kinders leef met vrees, Leer hulle om bang te wees Dorothy Nolte se ‘Kinders leer wat hulle leef’: As kinders leef met kritiek Leer hulle om te veroordeel As kinders leef met vyandigheid, Leer hulle om baklei As kinders leef met vrees, Leer hulle om bang te wees
18
As kinders leef met bespotting Leer hulle om skaam te wees
As kinders leef met vernedering (shame) Leer hulle om skuldig te voel Dorothy Nolte se ‘Kinders leer wat hulle leef’: vervolg As kinders leef met bespotting Leer hulle om skaam te wees As kinders leef met vernedering (shame) Leer hulle om skuldig te voel
19
As kinders leef met aanmoediging Leer hulle selfversekerdheid
As kinders leef met verdraagsaamheid Leer hulle om geduldig te wees Dorothy Nolte se ‘Kinders leer wat hulle leef’: vervolg As kinders leef met aanmoediging Leer hulle selfversekerdheid As kinders leef met verdraagsaamheid Leer hulle om geduldig te wees
20
As kinders leef met waardering Leer hulle om ander te waardeer
As kinders leef met aanvaarding Leer hulle om lief te hê Dorothy Nolte se ‘Kinders leer wat hulle leef’: vervolg As kinders leef met waardering Leer hulle om ander te waardeer As kinders leef met aanvaarding Leer hulle om lief te hê
21
As kinders leef met goedkeuring Leer hulle om van hulle self te hou
As kinders leef met erkenning Leer hulle dat dit goed is om doelwitte te hê Dorothy Nolte se ‘Kinders leer wat hulle leef’: As kinders leef met goedkeuring Leer hulle om van hulle self te hou As kinders leef met erkenning Leer dat dit goed is om doelwitte te hê
22
As kinders leef met mededeelsaamheid Leer hulle om vrygewig te wees
As kinders leef met eerlikheid Leer hulle waarheidsliefde Dorothy Nolte se ‘Kinders leer wat hulle leef’: As kinders leef met mededeelsaamheid Leer hulle om vrygewig te wees As kinders leef met eerlikheid Leer hulle waarheidsliefde
23
As kinders leef met vreugde Leer hulle lag is van die beste medisyne
As kinders leef met genade Leer hulle om skuld te bely en te vergewe Dorothy Nolte se ‘Kinders leer wat hulle leef’: As kinders leef met vreugde Leer hulle lag is van die beste medisyne As kinders leef met genade Leer hulle om skuld te bely en te vergewe
24
As kinders lewe met sekuriteit
Leer hulle om geloof in hulleself en ander te hê As kinders leef met vriendelikheid leer hulle dat die wêreld ’n lekker plek is om in lewe Dorothy Nolte se ‘Kinders leer wat hulle leef’: As kinders lewe met sekuriteit Leer hulle om geloof in hulleself en ander te hê As kinders leef met vriendelikheid leer hulle dat die wêreld ’n lekker plek is om in lewe
25
Volg my voorbeeld soos ek Christus se voorbeeld volg
Paulus Sien julle die groot effek wat rolmodelle op mense het. Paulus noem dit hier in vers 17, maar dit is in lyn met sy beroemde vers in 1 Kor. 11:1 “ Volg my voorbeeld soos ek Christus se voorbeeld volg.” Onthou hy was die enigste apostel wat Jesus nie persoonlik geken het toe hy op aarde was nie. Hy is in dieselfde bootjie as ons. Hy leer Jesus ken uit Sy biografie - die Evangelies! Wees ’n navolger van Jesus sodat jou kinders weer ’n navolger van JOU EN OP DIE OU EINDE SELF ’n NAVOLGER VAN JESUS kan wees. Jy kan nie Jesus wees nie - jy kan net probeer leef soos Hy geleef het. Hy is ons rolmodel!
26
Paulus noem ’n interessante ding van rolmodelle: dit is dat hulle ’n ander paspoort besit – ja, hulle het Hemelse burgerskap (vs. 20). ’n Paspoort is iets wat jy gebruik om tydelik jou land te verlaat. Ons is op aarde met hemelse paspoorte. Kan hulle - jou familie, ander mense - uit jou optrede herken dat jy ‘n burger van die hemel is?
27
Hoekom het die Christendom in die eerste eeue so gegroei?
1. ’n Oop gemeenskap met gasvrye mense 2. Diens aan die wyer gemeenskap gelewer ’n Ander ondersoek oor die vroeë kerk het bevind dat hulle geheim was dat hulle soos ’n “community”, ’n familie, gefunksioneer het. Hulle het gewoonlik nie ’n vinger gelig om te evangeliseer nie. Maar daar was iets rondom hulle – hulle het nie selfsugtige lewens gelei nie, maar lewens van liefde, ja hulle lewens het die geur van die liefde afgegee! As jy so leef, is jy ’n vriend van die kruis, ’n vriend van Jesus, ’n hemelse burger met ’n hemelse paspoort. Daarom is Christene se doel, vertel Paulus, om elke dag na te dink oor die hemel en om dit nou al reeds vir jou familie, en ander om jou, ’n stukkie hemel op aarde te maak! 3. ’n Eiesoortige leefstyl wat gemaak het dat hulle anders opgetree het.
28
As jy nie gereeld in die duiwel vashardloop nie, is dit omdat julle twee in dieselfde rigting hardloop! Jou (familie) lewe vertel in watter rigting jy beweeg! Iemand vertel tong in die kies dat as jy nie gereeld in die duiwel vashardloop nie, is dit omdat julle twee in dieselfde rigting hardloop!
29
Wat help jou om ’n positiewe rolmodel te wees?
1. Selfverloëning - vasstaan en getrou bly aan Jesus ( 4:1) 2. Kruisdra - loop die liefdes pad van Jesus, nie die selfsugtige pad van die vyande van die kruis nie (vs. 19) Wat help jou om ’n positiewe rolmodel te wees? Wat help jou om soos ’n hemelse burger te leef? Volgens Calvyn moes jy daaglikse drie dissiplines uitleef en dié drie dissiplines kan gesien word in Fil. 3: 1. Selfverloëning- vasstaan en getrou bly aan Jesus ( 4:1) 2. Kruisdra - loop die liefdes pad van Jesus - vriende van die kruis - nie selfsugtige pad van die vyande van die kruis (vs. 19) 3. Nadink oor die toekomstige lewe. Die hemel maak jou nou al anders - jy is ’n hemelse burger wat nou reeds ’n hemelse verskil maak! Vs 20 Christene wat dit elke dag doen, is beter ouers, huweliksmaats, kinders, vriende, ens..... 3. Nadink oor die toekomstige lewe (v20)
30
Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig
31
Extreme Make-over ! God gee vir ons burgerskap van Sy koninkryk. Gelowiges moet onthou waarop hulle hoop. Die prys wat hulle gaan ontvang, is enorm. Ons sien deesdae op TV mense wat bereid is om enigiets vir geld te doen. Hulle eet wurms en klim teen kranse uit. Paulus wil vir ons sê dat die prys wat gelowiges gaan ontvang, veel groter as geld is. Wat is die prys? Die prys is nie alleen om liggaamlik saam met Jesus op te staan nie - dis om soos Hy te word (vers en 21). Dis m.a.w. die Ewige Lewe saam met Jesus as verheerlikte liggaamlike persone. “Extreme make over” beskryf nie wat met ons gaan gebeur nie! Ons gaan ’n verheerlikte liggaam ontvang. Daarom moet hulle vasstaan in die hoop (4:1). Let op die emosie waarmee hy oor die gemeente praat - hulle is sy blydskap en sy kroon!
32
Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
33
“’n Mens se waarde word nie bepaal deur die aantal jare wat jy geleef het nie; nie eens deur die kwaliteit van sy werk nie. ’n Mens se waarde hang daarvan af of hy sy kinders geloof geleer het, deur sy eie voorbeeld.” “’n Mens se waarde word nie bepaal deur die aantal jare wat jy geleef het nie; nie eens deur die kwaliteit van sy werk nie. ’n Mens se waarde hang daarvan af of hy/sy sy kinders geloof geleer het, deur sy eie voorbeeld.” ’n Mens sou by die kinders ook kon byvoeg “ander mense”.
34
“We’ve got to see that she remembers, because if she forgets, she’s a goner.”
Fred Craddock vertel dat by ’n hospitaal as hospitaal-predikant diens gedoen het. Hy het gaan staan saam met ’n klomp mense wat deur die glas gekyk het na ’n baba aan die ander kant. Hy het gevra: “Wat is dit, ’n seun of dogter?” “Dis ’n meisiekind” “Wat’s haar naam?” “Elizabeth?” “Wel, is die pa hier in die groep?” “Nee” het ’n stem gekom van agteraf –’n jong man het teen die muur geleen en gesê: “Ek‘s die pa!” “Pragtige baba “ het Craddock gesê, terwyl hy sien hoe die baba aan die ander kant blou moord skreeu. Hy het gedog die pa sal besorg wees oor die geskreeuery en het vir hom gesê:” “Sy is nie siek nie. Dis goed as babas so skreeu – dit maak hulle longetjies skoon en kry hulle stemme aan die gang! Dis olraait” Die pa sê beslis terug: “O nee, ek weet sy is nie siek nie. Sy is hel kwaad! Ag ekskuus vir my taal, dominee.” “Dis alles reg. Hoekom is sy kwaad?” Hy antwoord vir Craddock: “Wel, sal jy nie kwaad wees nie? Een oomblik is jy nog saam met God in die hemel en die volgende oomblik is jy in Georgia!” Craddock antwoord hom: “Glo jy dat sy by God was voor sy hiernatoe gekom het?” “O, ja” Craddock sê: “Dink jy sy sal onthou?” Hy antwoord: “Well, it’s up to her mother and me. It’s up to the church. We’ve got to see that she remembers, because if she forgets, she’s a goner.”
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com Inc.
All rights reserved.