Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Openb 3:7-14.

Similar presentations


Presentation on theme: "Openb 3:7-14."— Presentation transcript:

1 Openb 3:7-14

2 Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

3 Familie-oomblik: Leer vir kinders die Christelike groet. Dis nie die broederlike kus nie! Vra die kinders om mekaar op die volgende manier te groet: die een neem die ander een aan die regterhand deur aan die pols vas te hou. Hulle skud dus mekaar se polse en nie hande nie. Vra nou vir die een om sy/haar hand te los. Die een hou nog steeds die ander een vas. Die “groet” of “vashou” is dus nog nie “gebreek” nie. Vers 11 sluit hierby aan: Omdat ons vashou, hou Jesus ons ook vas en veral in die tye wat volharding vra, wil ons greep op God soms gly. Maar dan is alles nie verby nie. Nee, inteendeel, God hou ons nog steeds vas… “sal ek julle ook vashou in die tyd van beproewing wat oor die hele wêreld gaan kom…”

4 Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

5 Hy wat die sleutel van Dawid het, wat die deur oopsluit
Heilige, die Ware God, Hy wat die sleutel van Dawid het, wat die deur oopsluit ’n Kerk kry sy identiteit by Jesus Christus. Deur die sewe gemeentes is daar sewe beelde van Christus wat ook ons identiteit as gemeente en as gelowiges vorm. Filadelfia se beeld van Christus: Die Heilige, die ware God, Hy wat die sleutel van Dawid het, Hy wat die deur oopgesluit het en niemand kan dit weer toesluit nie, en dit toesluit en niemand sluit dit weer oop nie. Heilig. Dit bevestig dat Jesus Christus God is. Ware God. Daar is twee Griekse woorde vir waarheid: 1) alethes beteken ‘ware stelling vs vals stelling’ 2) alethinos wat beteken ‘real’ teenoor ‘unreal’ - dis die woord wat Johannes hier gebruik. Jesus is ‘real’ – Hy is werklik. Sleutel van Dawid. Die sleuteldraer is iemand met gesag - Jesus het finale gesag wat niemand kan bevraagteken nie. Agter dit staan hierdie Ou Testament prentjie (Jes 22:22) – koning Hiskia het ’n getroue werker, Eljakim, gehad wat mense toegelaat het om die Koning te sien. Jesus is so iemand. Net Hy alleen het die gesag om mense in die nuwe Jerusalem in te laat. Watter verskille daar ookal tussen gemeentes is, is daar die gemeenskaplike ooreenkomste – die Gees praat en die gemeente luister - OOR is simbool van luister. Vers 7 - Die sesde brief is, soos die ander, gerig aan die “engel” van die gemeente in Filadelfia. Verklaarders verskil oor die betekenis van “engel” in hierdie verband. Die sewe engele sou kon dui op die sewe beskermengele van die sewe gemeentes. Nasies (Deut 32:8 LXX; Dan 10:13, 20; 12:1) en individue (Matt 18:10; Hand 12:15) word naamlik in die Bybel uitgebeeld asof hulle ‘n beskermengel het . Die probleem is egter dat Johannes se opdrag was om aan die gemeentes, en nie hulle geestelike verteenwoordiger nie, te skryf (1:11). Dit is verder duidelik dat die engel op aarde en nie in die hemel is nie. Dit blyk daarom beter te wees om die engel te verstaan as die persoon wat aan die hoof van die gemeente staan en verantwoordelik was vir sowel die versorging daarvan as vir die voorlees van die brief (vgl. by 1:20). Uiteindelik is dit egter die gemeente wat aangespreek word. So wissel die briewe dikwels (bv. 2:14-15) in die Grieks tussen die enkelvoud (“jy”) en die meervoudsvorm (“julle”) ten opsigte van die wat aangespreek word. Die gemeente word gegroet deur die opgestane Jesus wat as “die Heilige” en “die Ware“ bekendgestel word. Dit kom uit die Ou Testament waar God “die Heilige” (Jes 6:3) en “die ware of getroue God” (Jes 65:16) genoem word. In 6:10 word Jesus op dieselfde wyse aangespreek deur die siele onder die altaar, en in 19:11 word die Ruiter op die wit perd (Christus) ook so aangedui. As die Betroubare kan daar volkome op Jesus staatgemaak word tydens die vervolging wat sal kom. As die Heilige is Hy weer die een wat vir God afgesonder is. Die “sleutel van Dawid” is ‘n verwysing na Jesaja 22:15-25 waar die hoë amptenaar Sebna, wat ander se toegang tot die koning beheer het, uit sy amp ontslaan is en hy opgevolg word deur Eljakim. Voortaan sou Eljakim die toegang tot die koning beheer. So verklaar Jes 22:22 dat “Aan hom (Eljakim) sal Ek die sleutels van die koning se huis gee; wat hý oopsluit, sal niemand toesluit nie, wat hý toesluit, sal niemand oopsluit nie.” Toegepas op Jesus, dui dit daarop dat Hy nou as die nuwe sleuteldraer van die hemelse koninkryk met koninklike gesag optree. Niemand kan sy werk keer of ongedaan maak nie. Watter deur Jesus oop- en toesluit is onseker. In 1:18 het die opgestane Jesus die sleutel van die dood en die hel. Die sleutel van Dawid daarenteen sou daarom verstaan kon word as die een wat die deur na die koninkryk van God – die hemelse stad van Dawid (Jerusalem) - oopsluit. Jesus sluit in dié sin dus die deur na God en Sy koninkryk vir gelowiges vir ewig oop. Blykbaar is die deure van die sinagoge in Filadelfia vir die Christene gesluit deur vyandiggesinde Jode. Waar die Jode gelowiges uit die sinagoges kon uitsluit kon hulle hul egter nie uit God se koninkryk uitsluit nie. Die deur sou ook verstaan kon word as die toegang wat die gemeente na die heidense gebiede van Frigië gekry het. Die metafoor van ‘n oop deur dui naamlik, veral by Paulus, dikwels op ‘n nuwe missionêre geleentheid (1 Kor 16:9, 2 Kor 2:12, Kol 4:3).

6 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

7 Agtergrond voor Skriflesing
Algemene inleiding: 'n Bundel briewe Dié brief is deel van ‘n bundel van sewe briewe (2:1-3:22) wat teen die einde van die eerste eeu na Christus aan spesifieke gemeentes in Klein-Asië gerig is. In die sewe briewe word die verskillende gemeentes geskets as geloofsgemeenskappe wat onderskeidelik gekenmerk is deur hulle liefde vir God en hul naaste (Efese); hulle totale afhanklikheid van God (Smirna); hulle getrouheid aan die ware leer (Pergamum) en hul geloof en volharding (Tiatira). Sommige was aktief en het afgodery vermy (Sardis); ander het volhard in geloof en het vasgehou aan Jesus Christus (Filadelfia), terwyl een gewaarsku is om nie selfgenoegsaam in geestelike armoede weg te sink te midde van aardse rykdom nie (Laodisea). A tale of two cities Dit is opvallend dat terwyl elke gemeente deur die Opgestane Here geestelik geweeg word, is Filadelfia die enigste gemeente waaroor niks slegs gesê word nie, terwyl Laodisea weer die enigste van die gemeentes is waaroor niks positief gesê word nie. Laodisea het sowat 65 km suidoos van Filadelfia op ’n knooppunt van belangrike handelsroetes en naby die sameloop van die Likus en die Meander, twee sterk riviere, gelê. Baie belangrik: Waar pas die briewe in? Tesame met die res van Openbaring verteenwoordig die bundel briewe ‘n unieke retoriese strategie in die Nuwe Testament. Gewoonlik was briewe, soos dié van Paulus, as geheel aan ‘n spesifieke gemeente (Tessalonisense), stad (Rome), streek (Galasië) of persoon (Titus) gerig. Ondanks hulle spesifieke gerigtheid was hulle egter ook wyer gelees vir die algemene teologiese belang daarvan. Voorbeelde hiervan is die twee briewe aan die gemeentes in Kolossense en Laodisea (sien Kol 4:16). Al was die twee briewe doelbewus veronderstel om deur meer as een gemeente gelees te word, het hulle egter bloot op die primêre lesers daarvan se situasie gefokus. Die tweede lesers van die briewe moes self aflei wat daarin vir hulle spesifieke situasie sou geld en wat nie. Hierteenoor bestaan Openbaring uit ‘n spesifieke brief vir sewe verskillende gemeentes (2:1-3:22) én ‘n boek wat vir al sewe in die algemeen bedoel was (4:1-22:21). Elkeen van die gemeentes het hulle eie unieke inleiding tot die gemeenskaplike boek van Openbaring gehad (Bauckham). Al kon hulle dus die ander ses gemeentes se briewe in die algemeen lees, het hulle ook oor ‘n brief beskik wat aan hulle spesifiek gerig was. Dit is teologies belangrik om raak te lees dat al word elkeen van die gemeentes se spesifieke situasie aangespreek, hulle almal op dieselfde wyse vertroos word. Al sewe die briewe sluit met ‘n spesifieke belofte aan “elkeen wat die oorwinning behaal het” (2:7, 11, 17, 26-28; 3:5, 12, 21). Die sewe briewe self vermeld nie wat dit presies beteken om dié oorwinning te behaal nie. Dit word eerder deur die boek van Openbaring as ‘n geheel vanaf hoofstuk 4 uitgespel. Só dien elkeen van die sewe briewe as ‘n afsonderlike inleiding vir die verskillende gemeentes tot die boek van Openbaring wat hulle vertel van Christus se oorwinning vir hulle almal. Daar kan daarom beswaarlik oor die verskillende briewe los van Openbaring as geheel gepreek word. Die briewe kan ook nie los van hoofstuk 1 verstaan word nie. Só sluit die beskrywing van die Opgestane Jesus in elkeen van die briewe byvoorbeeld gewoonlik direk aan by die beskrywing van Christus in hoofstuk 1. Konteks Die eerste lesers van Openbaring het beleef dat hulle op sosiale, ekonomiese en politieke gebied in 'n krisissituasie verkeer het. Verskeie faktore het bygedra tot dié krisis. Daar is eerstens teen hulle gediskrimineer omdat hulle die Romeinse keisers nie wou vereer nie. Volgens beskikbare gegewens het Domitianus nie 'n edik teen die Christendom per se afgekondig nie, maar wel aangedring op keiserlike verering deur almal. Nog 'n bydraende faktor was hul konflik met die Jode. Na hul uitbanning uit die sinagoges was Christene uitgesluit van die sosiale, ekonomiese en politieke sekuriteit wat hulle tot op daardie stadium onder die sambreel van die Joodse gemeenskappe geniet het. Hulle kon ook nie meegaan met die gildes wat heidens georiënteer was nie. Volgens Johannes sou sulke optrede neerkom op afgodery (vgl 2:6,15). Gevolglik is hulle van talle ekonomiese aktiwiteite uitgesluit. Die belastings aan Rome het ook veral in die provinsies ondraaglike afmetings aangeneem. Uitsluiting van seggenskap in die ekonomiese en politieke prosesse van hulle wêreld het Christene toenemend verwyderd van die samelewing laat leef. In die konteks word die gelowiges egter deur die Opgestane Jesus as oorwinnaars aangespreek. Waarom? Omdat Jesus die oorwinning vir hulle behaal het. Wat dit presies beteken om oorwinnaars te wees en hoe die oorwinning behaal is, is dan ook die boodskap van die res van Openbaring.

8 Skriflesing: Openb 3:7-14 Lees  Openbaring 3:7-14

9 Agtergrond van Filadelfia
Filadelfia was die jongste en kleinste van die sewe stede aan wie die briewe gerig was. Geografies was die stad op die kruising van die paaie na Lidië en Frigië geleë. As sulks was dit ‘n belangrike poort na die Ooste. Filadelfia se naam (letterlik “Liefde vir die broer”) is afgelei van die stigter daarvan, koning Attalos II Filadelfos van Pergamum (159–138 v.C.), se bynaam. Hy het die bynaam Filadelphus – “broederminnaar” – gehad as gevolg van sy besondere lojaliteit aan sy broer, Eumenes. Kultureel het dit as ‘n belangrike vesting van die Griekse taal en kultuur gedien. Ekonomies het die dorp enersyds gefloreer as gevolg van die strategiese ligging daarvan en andersyds danksy die besondere geskiktheid van die vrugbare vulkaanlae in die omgewing vir die produksie van druiwe. Die belangrikste heidense godsdiens wat daar beoefen is, was dan ook die verering van Dionisius, die wyngod. Die groot aardbewing in 17 n.C. het Filadelfia en elf ander stede in Klein-Asië feitlik verwoes. Danksy die guns van keiser Tiberius – wat die stad vir 5 jaar van belasting vrygestel het – het die stad spoedig weer herleef. Die gereelde seismiese aktiwiteite, wat volgens oorlewering byna daagliks nuwe krake in die stad se muur veroorsaak het, het egter veroorsaak dat die meeste mense buite die stad gewoon het.

10

11

12

13 Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

14 Familie-oomblik: Kan jy aan jou hande hang? Daag ‘n paar jongseuns (onder 10 jaar) uit om aan hulle hande te hang. Sê vir hulle: “Ek weet julle is te swak om aan julle hande te hang”. Maak dan ‘n plek waar hulle kan hang. (Kry ‘n besemstok wat twee mans op hulle skouers laat rus of improviseer iets) Laat hulle dan hang totdat hulle moeg word en nie meer kan hou nie. As hulle almal dan gelos het sê: “Sien ek het mos gesê julle kan nie aan julle hande hang nie!” Hulle sal protesteer dat mos aan hulle hande gehang het. Maak dan die punt dat dit (volharding) die moeilike ding van geloof is. Ons glo baie maklik op ‘n kamp of in die kerk tussen mense, maar as dit lank raak, dan raak dit swaar. Neem nou net een van die kinders wat gehang het en laat hom weer hang, maar dié keer gaan jy af en vat bo-oor sy hande en vra vir hom of hy nou dink hy langer sal kan hang. Dis wat Jesus deur sy Gees met ons kom doen. En hy sê: Kyk ek kom gou (vers 11) Gou genoeg dat ons hande met die Gees s’n oor ons sal kan hou.

15 Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagte kante af te hoor

16 Met min krag en baie weerstand, is handdoek ingooi altyd ’n opsie
Met min krag en baie weerstand, is handdoek ingooi altyd ’n opsie. Laat dink my aan... In ‘n Peanutsstrokie vind die volgende gesprek plaas tussen Lucy en Charlie Brown. Lucy sê dat die lewe soos ‘n opvou stoel is. Sommiges plaas dit so dat hulle kan sien waar hulle gaan, ander sodat hulle kan sien waar hulle was en ander om te weet waar hulle is. Charlie Brown se antwoord: "Ek kan nie myne eers oopkry nie!”

17 Juffrou Donna en die begrafnis van “Ek-kan-nie”
Dit laat dink my aan die storie van die juffrou Donna en haar graad 6 klas en die begrafnis van “ek kan nie”(vertaal self) Donna's fourth grade classroom looked like many others I had seen in the past. The teacher's desk was in front and faced the students. The bulletin board featured student work. In most respects it appeared to be a typically traditional elementary classroom. Yet something seemed different that day I entered it for the first time. My job was to make classroom visitations and encourage implementation of a training program that focused on language arts ideas that would empower students to feel good about themselves and take charge of their lives. Donna was one of the volunteer teachers who participated in this project. I took an empty seat in the back of the room and watched. All the students were working on a task, filling a sheet of notebook paper with thoughts and ideas. The ten-year-old student next to me was filling her page with "I Can'ts". "I can't kick the soccer ball past second base." "I can't do long division with more than three numerals." "I can't get Debbie to like me." Her page was half full and she showed no signs of letting up. She worked on with determination and persistence. I walked down the row glancing at student's papers. Everyone was writing sentences, describing things they couldn't do. By this time the activity engaged my curiosity, so I decided to check with the teacher to see what was going on but I noticed she too was busy writing. I felt it best not to interrupt. "I can't get John's mother to come for a teacher conference." "I can't get my daughter to put gas in the car." "I can't get Alan to use words instead of fists." Thwarted in my efforts to determine why students and teacher were dwelling on the negative instead of writing the more positive "I Can" statements, I returned to my seat and continued my observations. Students wrote for another ten minutes. They were then instructed to fold the papers in half and bring them to the front. They placed their "I Can't" statements into an empty shoe box. Then Donna added hers. She put the lid on the box, tucked it under her arm and headed out the door and down the hall. Students followed the teacher. I followed the students. Halfway down the hallway Donna entered the custodian's room, rummaged around and came out with a shovel. Shovel in one hand, shoe box in the other, Donna marched the students out to the school to the farthest corner of the playground. There they began to dig. They were going to bury their "I Can'ts"! The digging took over ten minutes because most of the fourth graders wanted a turn. The box of "I Can'ts" was placed in a position at the bottom of the hole and then quickly covered with dirt. Thirty-one 10 and 11 year-olds stood around the freshly dug grave site. At this point Donna announced, "Boys and girls, please join hands and bow your heads." They quickly formed a circle around the grave, creating a bond with their hands. They lowered their heads and waited. Donna delivered the eulogy. "Friends, we gathered here today to honour the memory of 'I Can't.' While he was with us here on earth, he touched the lives of everyone, some more than others. We have provided 'I Can't' with a final resting place and a headstone that contains his epitaph. His is survived by his brothers and sisters, 'I Can', 'I Will', and 'I'm Going to Right Away'. They are not as well known as their famous relative and are certainly not as strong and powerful yet. Perhaps some day, with your help, they will make an even bigger mark on the world. May 'I Can't' rest in peace and may everyone present pick up their lives and move forward in his absence. Amen." As I listened I realized that these students would never forget this day. Writing "I Cant’s", burying them and hearing the eulogy. That was a major effort on this part of the teacher. And she wasn't done yet. She turned the students around, marched them back into the classroom and held a wake. They celebrated the passing of "I Can't" with cookies, popcorn and fruit juices. As part of the celebration, Donna cut a large tombstone from butcher paper. She wrote the words "I Can't" at the top and put RIP in the middle. The date was added at the bottom. The paper tombstone hung in Donna's classroom for the remainder of the year. On those rare occasions when a student forgot and said, "I Can't", Donna simply pointed to the RIP sign. The student then remembered that "I Can't" was dead and chose to rephrase the statement. I wasn't one of Donna's students. She was one of mine. Yet that day I learned an enduring lesson from her as years later, I still envision that fourth grade class laying to rest, "I Can't".

18 “Ek is tot alles in staat DEUR Christus wat my krag gee.”
(Fil 4:13) “Ek kan nie” is nie net die vyand van Charlie Brown nie, daarom herhaal HARDOP agter my aan: “Ek is tot alles in staat DEUR Christus wat my krag gee.” (Fil 4:13). Dis wat Filadelfia uitgeleef het. Min krag, maar vasgehou aan die boodskap dat Hy my krag gee en nie Hom verloën nie… Wat beteken dit? Wanneer ek aan die einde van pad kom sal ek óf soliede grond hê om op te staan óf vlerke hê om mee te vlieg.

19 Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

20 Filadelfia: Een van die pilare van wat oorgebly het van die tempel
Korreksie en verbeterings: “Ek het dit teen julle” – vir 5 van die 7 kerke word dit gesê. Maar Filadelfia hoor geen negatiewe nuus nie. Belofte- Die ewige lewe met ’n verskillende beeld vir elke gemeente. Die kerk is die plek waar ons kom om hierdie beloftes te hoor - die plek van motivering. “Begin with the end in mind” soos Stephan Covey sê. Filadelfia: pilaar in tempel dui op die gebruik van die keiserlike aanbidding - as priesters afgetree of dood gegaan het, is ’n pilaar met sy naam daarop geskryf, opgerig in die tempel waar hy gedien het – vandaar die uitdrukking iemand is ‘n pilaar in die samelewing! Verder sal Jesus God se Naam op hom skryf wat beteken – hy behoort aan God – daar was die gebruik in die tyd dat slawe gebrandmerk is met hulle eienaar se voorletters – om te sê aan wie hulle behoort! Die doop is vir ons hierdie teken. Die naam van die nuwe stad beteken ons is burgers, nou al burgers van God se koninkryk - ons dra ’n ander paspoort in ons sak rond. My eie nuwe naam dui ook op iets wat mense van Filadelfia baie goed verstaan het - want hulle stad het twee keer van naam verander na aardbewings. Wat hierdie nuwe naam van Christus is - nie oor te spekuleer nie - lees Open 19:12. Net Christus weet dit. Hierdie drieledige (aanmoediging, korreksie, motivering) proses noem die Grieke “paideo”- waar ’n gemeenskap sy passie en excellence oordra aan ander. Filadelfia: Een van die pilare van wat oorgebly het van die tempel

21 Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

22 “Ek weet alles wat julle doen” “Ek weet dat julle min krag het”
“Ek het ’n deur voor julle oopgesluit” Elke boodskap het dieselfde raamwerk: Ons het affirmation/ bevestiging/ versekering nodig, ons het korreksie/ verbeterings/ regstellings – nodig en ons het motivering nodig. Versekering/Aanmoediging - elke boodskap begin: “Ek weet”. Jesus weet alles. Ons lewe is soos ’n oop boek voor Hom – ons kan niks vir Hom wegsteek nie; maw – die kerk is die plek waarheen ons kom om uit te vind wat ons reg doen - plek van goedkeuring/ bekragtiging. Filadelfia: “Ek weet dat julle min krag het en tog het julle aan my boodskap vasgehou en My nie verloën nie.” (vs 8b). “Min krag” - hierdie gemeente het die groot Bybelse beginsel “Hy moet meer word, maar ek minder” gesnap. As die kerk dit vergeet en nie meer heeltemal op Christus gerig is nie (soos die gemeente van Sardis) kan hy ook nie meer op die wêreld gerig wees en verstik hy in sy eie hoogmoed. Alhoewel hulle gering was in die oë van die wêreld, was hulle groot in die oë van God. Nou is ons by die Oop deur vir ons oopgesluit. Wat beteken dit? Dis nou hierdie plons in ander mense se lewens - binne jou huis, binne jou sirkel waar jy beweeg - rol jou moue op en werk aktief.

23 Padda- of akkediskerk? Ons moet wil dien, in plaas van om bedien te wil word. Is ons ’n padda- of ’n akkediskerk? Padda’s wag vir hulle kos. Akkedisse gaan soek vir hulle kos. Nie diens aan my nie, maar diens deur my! Maar hierdie geopende deur het ’n tweede betekenis nl. dat daar vir die Christene ’n deur op die ewigheid oopgemaak is en niemand kan die deur ooit toemaak nie!!!

24 3 dinge waaraan ons kan vashou
Dit bied aan ons ’n voorbeeld Dit bied aan ons inspirasie Dit bied aan ons ’n waarborg Niemand kan ons ooit uit die hand van God pluk nie. Jesus help ons om vas te byt, daarom in moeilike tye hou vas aan die boodskap van Jesus se volharding- dit staan in vers 10a Dit gee vir ons drie dinge om aan vas te hou: 1.       Dit bied ons ’n voorbeeld - so moet ons maak. 2.       Dit bied ons ’n inspirasie - loop die pad, oë op Hom gerig, wat klaar die pad suksesvol voltooi het 3.       Christus se volharding is ’n waarborg van Christus se meegevoel en hulp op ons pad! Vers 8 - herhaal grootliks die gedagte van die vorige vers, maar met die belangrike beklemtoning dat die Opgestane Jesus kennis dra van wat hulle doen. Hy weet in die besonder dat hulle ondanks hulle min krag (moontlik danksy gebrekkige getalle of armoede) aan sy boodskap vasgehou het en Hom nie verloën het nie. Vers 9 - Die “sinagoge van die Satan” verwys waarskynlik na die Jode wat die Christene vervolg het. Die felste teenstand teen die kerk het oënskynlik vanuit die sinagoges gekom. Net soos in Smirna het die Jode in Filadelfia ook daarop aanspraak gemaak dat net húlle die volk van God is (2:9). Hulle is egter volgens die Opgestane Jesus nie meer die volk van God nie, maar van Satan. Die ware volk van God is immers nie meer die etniese volk Israel nie, maar die geloofsvolk wat uit alle etniese groepe versamel is (Rom 2:28). Die Jode wat gemeen het dat hulle die uitverkorenes is, het nie die Messias herken of erken nie. Hulle wat gemeen het dat die ander volke voor hulle sou kom buig (Jes 60:14 - “Dié wat jou verdruk het, sal na jou toe kom en buig, almal wat jou met minagting behandel het, sal by jou voete kniel”), sal daarom moet buig voor die Christene uit die ander volke wat die nuwe geloofsvolk van God uitmaak. Vers 10 verwys enersyds na die volharding van gelowiges in die verlede en andersyds na die vervolging wat in die toekoms sou aanbreek. Die toekomstige beproewing (peirasmos) sal op al die mense op aarde kom ten einde hulle op die proef te stel. Die verwysing na die mense op aarde dui in Openbaring gewoonlik op die ongelowiges (6:10; 11:10). Die toets sal egter ook die gemeente raak, maar hulle het die troos dat die Here hulle daarin sal vashou. Hulle kry ook die versekering dat die Here gou weer kom (vers 11). Daarom kan hulle vashou aan die oorwinning wat hulle het. Vers 11 - Die “kroon” waarna verwys word, is die oorwinnaarskroon wat Christus verower het en wat elke gelowige mag dra. Waar diadem (“kroon”) in die Grieks na koninklikheid verwys het, dui die woord stephanos soos hier eerder op die lourierkrans wat aan die oorwinnaar in ‘n resies gegee is (vgl. 1 Kor 9:25). Gelowiges moet daarom enduit volhard sodat hulle die oorwinnaarskroon, wat reeds vir hulle behaal is, kan ontvang. Vers 12 - Elkeen wat oorwin, sal ’n standvastige pilaar in die nuwe Jerusalem wees. Geen aardbewing sal dié pilaar kan roer of laat kraak nie. Op elkeen van die gelowiges (die pilare) sal daar ook ‘n drievoudige naam aangebring word. In die antieke wêreld het pilare dikwels die naam gedra van die persoon wat daardeur vereer is of wat dit geskenk het. So was die name van Jakin en Boas, in die tempel van Salomo aangebring (1 Kon 7:21). Die heidense opperpriesters in die verskillende tempels vir die keiseraanbidding het ook aan die einde van sy dienstyd van ‘n jaar ‘n borsbeeld of ‘n gedenksuil vir homself opgerig. Daarop is sy eie naam, sy vadersnaam, die naam van die vaderstad en die jaar van sy diens gebeitel. Die gelowiges van Filadelfia, wat daaraan gewoond was dat hulle stad meer as een keer herdoop is om hul dank teenoor ‘n goedgunstige keiser te betoon, sal weer ‘n nuwe drievoudige naam ontvang Eerstens sal die Naam van God op hulle geskrywe word. So sal bevestig word dat hulle aan God behoort. Tweedens kry hulle die naam van die nuwe Jerusalem. Daarmee word hulle ewige burgerskap van die nuwe Jerusalem bevestig (21:2,10; 22:5). Derdens dui die naam van Jesus self dat hulle deur Hom verlos is. Die name wat hulle dra verseker hulle dus dat hulle aan God en Jesus behoort en burgers van Sy stad is. Vers 13 - Soos die vorige brief, sluit dié brief ook met ‘n oproep om ag te slaan op die woorde van die Gees.

25 Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het.
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het.

26 Die kerk met net een deur
Daar is ’n humoristiese storie van ‘n man wat deur ‘n vriend geneem is na ‘n een- vertrek kerkie in Arkansas. Hy het nie geweet watter kerk dit was nie totdat die predikant ratelslange (“rattlesnakes”) uit ’n streepsak uitgehaal het en dit aangegee het, al by die ry af. Die man het nog nooit so iets gesien nie EN het glad nie belang gestel dat iemand vir hom ’n slang aangee nie. Angstig het hy rondgekyk eers na die een toe na die ander kant op soek na ’n uitkomkans. Maar die enigste uitgang was verby die slanguitdelende predikant! Hy draai toe na sy vriend:” Waar is die agterdeur? Ek moet hier uitkom!” Die vriend het geantwoord:” Ons het nie een nie!” “OK” het man gesê: “Waar wil julle graag een hê?” Die man was bereid om ‘n hele nuwe deur vir die kerk oop te maak! Dis presies wat Jesus vir die kerk in Filadelfia sê: “Ek gaan ‘n nuwe deur vir julle oopmaak!” (Open 3:7-8)

27 Maak die deur vir ander oop...
Die Training vind plaas in 7 areas, want die kerk is die plek waarvandaan jy gestuur word. Filadelfia: om gestuurd te wees - om te plons in ander se lewens. Daar word vertel van ’n Sjinees, wat al baie jare lank katarakke aan albei oë gehad het, wat in die 1930’s homself in ’n sendinghospitaal bevind het, waar ‘n sendingdokter op die Sjinese blinde geopereer het. Dit was ’n sukses en hy kon weer sien. Maar meer nog, terwyl hy in die hospitaal was, het hy die Here Jesus ook leer ken. Geestelik het sy oë ook oopgegaan. ’n Maand of drie daarna het hierdie Sjinees weer sy opwagting by die sendinghospitaal gemaak, dié keer met 48 blindes saam met hom. Hy het voorgeloop met ’n dik tou, terwyl die blindes, elk met ’n stukkie van die tou stewig in hulle hande, agter hom aangestap het. Die tuisdorpie van die Sjinees en sy vriende was 400km ver. Met sy aankoms het hy vir die dokter gesê: “Maak asb hulle oë gesond. Maar, asb, hulle moet ook leer om Jesus te sien.” Hy wou sy geopende deur met ander deel. Daar is baie sulke geopende deure wat elke dag voor ons oopgaan...

28 Seisoen van Luister Malan Nel Dubbel-DVD – R169.95
Luister Doelgerig – Diensbaar Malan Nel Dubbel-DVD – R169.95 God praat – leef luisterryk Luistersiklus vir kleingroepe Metodiek vir luistersiklus Vir bestellings skakel: 0860 BMEDIA Of besoek


Download ppt "Openb 3:7-14."

Similar presentations


Ads by Google