Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
1
Lukas 18:9-14 Geborg deur Bybel-Media
9 Met die oog op mense wat seker was dat hulle eie saak met God reg is en wat op ander neergesien het, het Jesus hierdie gelykenis vertel: 10 Twee mense het na die tempel toe gegaan om te bid. Die een was ’n Fariseër en die ander een ’n tollenaar Die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: "O God, ek dank U dat ek nie soos ander mense is nie: diewe, bedrieërs, egbrekers, en ook nie soos hierdie tollenaar nie Ek vas twee keer in die week en ek gee ’n tiende van my hele inkomste." 13 Maar die tollenaar het daar ver bly staan en wou selfs nie na die hemel opkyk nie. Hy het bedroef op sy bors geslaan en gesê: "O God, wees my, sondaar, genadig." 14 Ek sê vir julle: Hierdie man, en nie die ander een nie, het huis toe gegaan as iemand wie se saak met God reg is. Elkeen wat hoogmoedig is, sal verneder word; en hy wat nederig is, sal verhoog word. Geborg deur Bybel-Media
2
Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God
3
There is nobody in heaven but forgiven sinners, because there was nobody available to go to heaven except forgiven sinners and there is nobody in hell except forgiven sinners Robert Capon Robert Capon het gesê: “Who is in heaven? People think it is good guys. There is nobody in heaven but forgiven sinners, because there was nobody available to go to heaven except forgiven sinners and there is nobody in hell except forgiven sinners. The difference is that in heaven they accept the forgiveness, in hell they reject it. That's it. You can't get into hell by being bad. You are already bad! You get into heaven by being bad and accepting forgiveness. Now, that does in a way mean you have permission to be bad. If you want to stick your hand in a meat grinder, you are free to do that. It's stupid, but God isn't going to run the universe that way. God is not going to punish. He cares more about relationships than behavior.” Op hierdie Hervormingsondag herinner ons onsself aan wat ons as Gereformeerdes bely: Alleen genade, alleen geloof. Dis wat ons red, dis hoe ons leef.
4
Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
5
Familie-tyd: Wys vir die kinders ’n spieël en ’n vergrootglas. Vra hulle watter een van die twee ons moet gebruik wanneer ons God wil aanbid. Verduidelik vir hulle dat party mense in die erediens ’n vergrootglas gebruik. Met die vergrootglas kyk hulle na die sonde van hul bure. Vertel hulle dat Jesus ’n storie vertel oor ’n Fariseër wat dit gedoen het, wat na sy naaste gekyk het en God gedank het dat hy nie soos ander mense is wat verkeerde dinge doen nie. Ander mense weer gebruik ’n spieël. Hulle kyk na hulleself en na die foute wat hulle self gemaak het. Dit is soos die tollenaar in Jesus se storie wat gebid het: “Wees my, arme sondaar, genadig.” v13. Vra vir hulle wat hulle dink Jesus sou verkies. Moedig hulle aan om hul vergrootglase by die huis te los en om op hul eie sonde te fokus wanneer hulle in God se teenwoordigheid kom. Beklemtoon dat ons in ’n wonderlike lewende verhouding met God kan wees wanneer ons ons sonde bely en vergifnis van God ontvang.
6
Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
7
Gelykenis van die Fariseër en die tollenaar
Soos met die voorafgaande gelykenis (18:1–8), gee Lukas hier in die eerste vers die betekenis van die gelykenis deur. Jesus is teen mense wat geestelik op ander neersien. Die gelykenis handel oor ’n Fariseër en ’n tollenaar wat na die tempel toe gaan om te bid. As sulks verteenwoordig hulle die twee pole op die reinheid spektrum. Die Fariseër behoort tot die geestelike elite. Die tollenaar is ’n onrein, geldgierige, Romeinse meeloper. Baie Jode het tollenaars as permanent onrein beskou as gevolg van die feit dat hulle daagliks met alles en almal (d.w.s. ook met dit wat onrein is) in kontak was. Die gelykenis veronderstel dat die Fariseër as ’n held en die tollenaar as ’n skurk gesien word (ons is geneig om dit om te ruil). Die teenstelling tussen die twee kom op verskillende maniere na vore. Die Fariseër bid lank en dank God dat hy nie soos ander mense is wat soos sondaars lewe nie. Gebede was stil of sag in ’n lae toon gebid. Hy verwys na uitbuiters (harpax), onregverdiges (adikos) en immorele mense (moichos). Hy verwys 5 keer in twee verse na homself in die eerste persoon aktief “ek”. Let op dat hy nie huigel nie. Hy het regtig probeer om soos ’n regverdige te lewe. Hy het twee keer ’n week gevas (Maandag en Donderdag) en nie net ’n tiende gegee vir die kos wat hy geproduseer het nie (soos die wet vereis het – Lev 27:30-32), maar ook van wat hy geëet het (letterlik van alles wat ek kry). Hiermee is niks verkeerd nie. Ook nie die feit dat Hy God dank vir sy lewe nie. Sy sonde was eerder dat hy op die tollenaar neergesien het. Daarom pleit hy nie om God se genade nie, maar herinner God eerder aan sy verdienste (vers 9). Hy gaan staan voor God en eis as't ware sy deel. Vers 9 maak dit duidelik dat sy dank van God in vers 11 nie in ’n gees van nederigheid geskied het nie. Die tollenaar slaan egter ’n ander houding in. Hy bly ver weg staan en slaan op sy bors as teken dat hy sy skuld erken en berou het. Hy wil God nie eens in die oë kyk nie (vers 13). Hy praat in die passief “wees my genadig”. Hy vergelyk hom ook nie met ander mense soos die Fariseër nie. Hy pleit net oor sy eie sonde. Sy kort gebed bestaan net daaruit dat hy erken dat hy ’n sondaar is en ’n beroep op God se genade doen. Hy vra vir hilastheti – God se versoening (atonement[1]). [1] The word atonement gained widespread use in the sixteenth century after William Tyndale recognized that there was not a direct translation of the concept into English. In order to explain the doctrine of Christ's sacrifice, which accomplished both the remission of sin and reconciliation of man to God, Tyndale invented a word that would encompass both actions. He wanted to overcome the inherent limitations of the word "reconciliation" while incorporating the aspects of "propitiation" and forgiveness. It is interesting to note that while Tyndale labored to translate the 1526 English Bible, his proposed word comprises two parts, 'at' and 'onement,' which also means reconciliation, but combines it with something more. Although one thinks of the Jewish Fast of Yom Kippur (Day of Atonement), the Hebrew word is ‘kaper’ meaning ‘a covering’, so one can see that ‘reconciliation’ doesn't precisely contain all the necessary components of the word atonement. Expiation means “to atone for.” Reconciliation comes from Latin roots re, meaning “again”; con, meaning “with”; and ultimately, 'sol', a root meaning “seat”. Reconciliation, therefore, literally means “to sit again with.” While this meaning may appear sufficient, Tyndale thought that if translated as "reconciliation," there would be a pervasive misunderstanding of the word's deeper significance to not just reconcile, but "to cover," so the word was invented. (Aanhaling uit Wikepedia).
8
Maak die bord skoon Ons sukkel nog om in Afrikaans hierdie proses van ‘versoening’ na ‘vergifnis’ te beskryf. In Engels word drie woorde gebruik vir die proses: reconciliation, atonement en forgiveness. Vergifnis lei nie noodwendig of altyd tot versoening nie. Kyk maar na hierdie proses in ons kerk- en landsgeskiedenis. Mense vergewe mekaar, maar daar is nog nie noodwendig versoening nie, hulle is nog nie bymekaar nie. Atonement beskryf dit wat gebeur tussen versoening en vergifnis, wat die twee bymekaar uitbring. Atonement maak die lei skoon, dit help ons om van vooraf te begin. (Agtergrond). Wie gee God hier gelyk (vers 14)? Diegene wat op hulle eie bors slaan of die wat duim onder die kraag staan in selftevredenheid. Jesus se verrassende woorde is dat jou posisie in die tempel vir niks tel nie – dit gaan oor jou gesindheid voor God. Ons het sekerlik die reg om voor God te kom – maar nie in selfversekerdheid en trots nie. God verhoog die wat nederig is. Daarom mag ons nie op ander neersien nie.
9
Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons
10
“You judge other people by their actions and yourself by your intentions. If you could reverse that, it would change your life.” Bruce Larson is aan die dink gesit deur iemand se opmerking “Larson... you judge other people by their actions and yourself by your intentions. If you could reverse that, it would change your life.” Dink hieroor na. Pas hierdie stelling jou? Jak 4:6 Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.
11
Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor
12
“As jy vir my vra wat is die belangrikste van ’n Christen se geloof na buite, dan sal ek altyd antwoord: Eerstens - nederigheid, tweedens - nederigheid en derdens – nederigheid” Augustinus Augustinus, die kerkvader, het gesê: “As jy vir my vra wat is die belangrikste van ’n Christen se geloof na buite, dan sal ek altyd antwoord: Eerstens - nederigheid, tweedens - nederigheid en derdens – nederigheid!”
13
Hoogmoed volgens die HAT
Hoogmoed volgens HAT: “s.nw. Besonder sterk, maar ongeregverdigde gevoel van eiewaarde; te hoë dunk van jouself; selfoorskatting; eiewaan; opgeblasenheid: Hoogmoed gaan gewoonlik saam met die minagting van ander.”
14
“Wees hoogmoedig onder jou meerdere en nederig onder
jou mindere” C.J. Langenhoven “Wees hoogmoedig onder jou meerdere en nederig onder jou mindere” C.J. Langenhoven
15
Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes
16
Die gerespekteerde Fariseër en die skelm tollenaar
Jesus laat ’n storie voor ons afspeel - die nou al bekende storie van die Fariseër en die tollenaar. “Twee mense het na die tempel toe gegaan om te bid. Die een was ’n Fariseër en die ander een ’n tollenaar.” Jy moet onthou ’n tollenaar was ’n ‘kroek’ – ‘propper se’ skelm! Hy was ’n Jood wat vir die Romeinse regering gewerk het. Hy het ’n franchise gehad, in ’n area waar hy gemagtig was om belasting in te samel. Hy is deur die Romeine vertel wat hy hulle skuld en enigiets bo dié bedrag is syne! Hulle was berug dat hulle skelms was, dat hulle mense se geld getap het. Jesus is besig om ons met Sy storie in ’n lokval te lei. Hy stuur in die tempel ’n Fariseër, een van die mees gerespekteerde mense in die Joodse godsdiens, en saam met hom ’n tollenaar - ’n mafia-agtige bloedsuier, wat verseker ’n vrot appel is!
17
Die gerespekteerde Fariseër se gebed
versus die gebed van die skelm tollenaar Die Fariseër bid (vs. 11, 12 - lees dit) Dan bid die tollenaar (en hy wil nie eens na die hemel kyk nie, kyk na sy skoene): vs. 13 lees dit.
18
“God I’m so messed up. Please ... please go easy on me...”
Lukas 18:13 volgens die Word on the Street “God I’m so messed up. Please... Please go easy on me...” Lukas 18:13 volgens die Word on the Street.
19
“Anyone who sets himself up as something special will crash
“Anyone who sets himself up as something special will crash. Anyone who knows his place, and shows it, will get promotion.” Lukas 18:15 volgens die Word on the Street Dan sê Jesus (vs lees dit) “Anyone who sets himself up as something special will crash. Anyone who knows his place, and shows it, will get promotion.” (Word on the Street).
20
Jou persepsies oor God kan verander
Waarskuwing! Jou persepsies oor God kan verander Dis die storie. Soos alle stories van Jesus, dra die storie ’n waarskuwing, soos wat flieks soms dra: “Hierdie storie is gevaarlik vir al jou vorige opinies oor hoe godsdiens werk en hoe God werk.” Jesus se gelykenisse is bedoel om die hoorders uit hulle gemak sones te druk, te skok en te wys hoe God al ons waardes op hulle kop draai!
21
God se buitensporige genade
Wat hierdie gelykenis ten diepste nie is nie, is ’n gelykenis net oor nederigheid. Die Fariseër is nie besig om af te “show” nie! Hy glo net ’n mens se goeie werke is genoeg om jou te red. Soos goeie kerkmense later begin dink het. Maar hierdie gelykenis gaan oor God se buitensporige genade! Albei het dit nodig – die tollenaar besef dit en die Fariseër is blind daarvoor – net deur genade word jy gered, net genade laat jou die goeie, nuwe lewe leef!
22
Tollenaar het God nodig gehad – die Fariseër het nie
Die Engelse woord “humility” (nederigheid), is verwant aan die woord humus — aarde, aards. Om nederig te wees, is om naby die grond, naby die “bottom” te wees. Die tollenaar het nie probeer om nederig te wees nie. Hy was. Hy het nie gemaak of hy nie weet hoe om te bid nie. Hy het nie geweet nie. Hy was “down and out”. Hy was ’n sondaar. Punt. Hy het nie gemaak of hy nie weet wat om in die kerk te maak nie, hy het nie geweet nie! Hy het God nodig gehad. Punt. Die Fariseër het nie.
23
Weet ons nog hoe nodig ons genade het, hoe nodig ons God het?
Weet ons as gelowiges nog hoe nodig ons genade het, hoe nodig ons God het?
24
Here, die drie dinge kom van U af: Die nederige woord
(om te weet wie ek is), die singende woord (om te weet Wie U is) en die goeie woord (om te weet wie ander is) O Gees van God, help dat die krag van die drie heilige dinge altyd in my sal wees. Amen. Ons kan maklik soos Fariseërs neersien op ander mense, maar hierdie gelykenis wil ons daarvan bewaar. Gelowiges weet dis net God se ‘outrageous Grace’ wat maak dat ek die nuwe lewe kan leef. Daarom kan die volgende gebed ons help om die Fariseër (hoogmoed) in ons hok te slaan: Here, die drie dinge kom van U af: Die nederige woord (om te weet wie ek is), die singende woord (om te weet Wie U is) en die goeie woord (om te weet wie ander is) O Gees van God, help dat die krag van die drie heilige dinge altyd in my sal wees. Amen.
25
Die twee geestelike sakke: Ons ‘kleinheid’ en ons ‘grootheid’
Verder kan wat die merkwaardige Joodse teoloog, Martin Buber, gesê het ons verder daarmee help. Hy het gesê dat almal twee geestelike “sakke” het. Wanneer ons ons hand in die een sak insteek, haal ons ons kleinheid uit: “Ons is niks anders as stof en as nie.” As ons ons hand in ons ander geestelike sak insteek, haal ons ons grootheid uit: “Ter wille van ons is die heelal gemaak!”.
26
“Humility is being precisely the person you actually are in the presence of God, which means that the secret of humility is not to focus on behaving in a certain way but to focus on the presence of God.” Thomas Merton Dit gaan oor God - ons het Hom nodig! Thomas Merton het gesê, “Humility is being precisely the person you actually are in the presence of God, which means that the secret of humility is not to focus on behaving in a certain way but to focus on the presence of God.” As ’n gelowige in sy\haar geestelike sakke kyk, weet hy\sy wie God is. Hy\sy staan verwonderd oor God!
27
George Washington Carver
“When I was young, I said to God, 'God, tell me the mystery of the universe.' But God answered, 'That knowledge is reserved for me alone.' So I said, 'God, tell me the mystery of the peanut.' Then God said, 'Well, George, that's more nearly your size.” George Washington Carver Presies soos wat George Washington Carver, die wetenskaplike wat verskeie nuttige gebruike vir die grondboontjie ontwikkel het, gesê het: “When I was young, I said to God, 'God, tell me the mystery of the universe.' But God answered, 'That knowledge is reserved for me alone.' So I said, 'God, tell me the mystery of the peanut.' Then God said, 'Well, George, that's more nearly your size.'”
28
Ek dien God nie in ’n raadgewende hoedanigheid nie
Ek hoef nie en ek kan nie God wees nie - Hy doen reeds ’n goeie werk! Ek dien Hom ook nie in ’n raadgewende hoedanigheid nie.
29
Maar God sien nuwe mense in ons raak!
Maar ’n nederige mens het ’n gesonde selfbeeld omdat as hy\sy in sy\haar ander geestelike sak kyk en dan besef wat God van hom\haar dink. God sien in ons NUWE MENSE!
30
“I have made a valuable application of electricity, not because I was superior to other men, but solely because God, who meant it for mankind, must reveal it to someone and He was pleased to reveal it to me.” Samuel Morse het baie toekennings ontvang vir sy telegraaf uitvindsel, maar hy het gevoel hy verdien dit nie regtig nie. “I have made a valuable application of electricity, not because I was superior to other men, but solely because God, who meant it for mankind, must reveal it to someone and He was pleased to reveal it to me.”
31
“Wees net wat jy alreeds in Christus is
“Wees net wat jy alreeds in Christus is! Hy moet meer word en ek minder” Daarom is ’n nederige - ’n nuwe mens - se lewensleuse: “Wees net wat jy alreeds in Christus is! Laat Hy meer word en ek minder.” Daarom hoef jy nie te ‘perform’ voor God en mense nie, want jou selfbeeld word bepaal deur wie jy is in Christus en nie deur wat jy doen nie. Alles is genade! As gevolg van jou twee geestelike sakke: kan jy ander en jouself vergewe, kan jy sê jy is jammer, kyk jy nie af op ander nie en kan jy voluit met vreugde lewe.
32
I’m OK, you’re OK, ‘cause GOD says we’re OK
Daarom maak hierdie tweeledige besef - ek is klein én groot - jou vry van selfsug, arrogansie, ook van jou eie mislukkings en jou pogings om jouself tot elke prys te handhaaf. Die feit dat God se genade jou vryspreek en ’n nuwe mens maak (jou grootheid), maak van jou juis ’n positiewe mens wat vir ander omgee - met ’n I’m OK, you’re OK, ‘cause GOD says we’re OK-houding.
33
Laat God toe om God te wees
Ons is ons beste en onverdeelde lojaliteit aan God verskuldig. Ons is ook afhanklik van Hom vir genade en vergifnis vir ons tekortkominge. Daarom gaan hierdie gelykenis op ’n dieper vlak oor hierdie feit: laat God God wees!
34
Ons kan skoon begin, die bord skoon vee, omdat God genadig is
Nederigheid, soos die tollenaar, leef dit uit (laat God God wees). En besef hoe nodig ’n mens God (en Sy genade) het. Die hoogmoed van die Fariseër is blind daarvoor en dink goeie werke is genoeg om jou te red. Die probleem met goeie werke is dat jy dalk mag dink jy is beter as ander. Maar jy besef nie jou goeie werke is ook net genade, net soos die tollenaar se nuwe begin, die “skoonmaak van sy swartbord” is nie! Almal is nuwe mense as gevolg van net een ding - God se genade! (Agtergrond)
35
“Think globally, act locally.”
Die omgewingsbewaring beweging het ’n gesegde wat ons geestelike toestand (die Fariseër en tollenaar s’n) en ons verantwoordelikheid teenoor heel making van die aarde mooi opsom: “Think globally, act locally.” · As tollenaars/ Fariseërs mag ons nie in staat wees om die wêreld te verander nie, maar as nuwe mense mag ons ons gemeenskappe verander. · As tollenaars/ Fariseërs mag ons nie in staat wees om ons gemeenskappe te verander nie, maar as nuwe mense mag ons in staat wees om ons buurt te verander. · As tollenaars/ Fariseërs mag ons nie in staat wees om ons buurt te verander nie, maar as nuwe mense mag ons in staat wees om ons huise te verander. · As tollenaars/ Fariseërs mag ons nie in staat wees om ons huise te verander nie, maar as nuwe mense mag ons in staat wees om onsself te verander. · As tollenaars/ Fariseërs mag ons nie in staat wees om onsself te verander nie, maar as nuwe mense mag ons onsself offer aan die genade van God en niks minder ervaar as ’n veranderde wêreld nie.
36
Dis presies wat Maartin Luther destyds op 31 Oktober 1517 in Wittenberg gedoen het. Hy het ‘globally’ gedink en ‘locally’ opgetree. Hy het ontdek dat hy deur genade alleen gered is, deur geloof alleen leef en alleen op grond van die Skrif. As nuwe mens wou hy hê dat die hele wêreld dit moet weet.
37
Daar is hierdie wonderlike storie oor watter effek jy as nederige/ nuwe mens, vrygespreekte tollenaar in die wêreld kan hê: Elzeard Bouffier het geleef gedurende die 20ste eeu. Hy het op die Franse platteland gewoon, daar waar die Alpe en die weivelde bymekaar gekom het. Hy het sy vrou en seun tydens die aaklige 1ste Wêreldoorlog verloor en het berusting in sy alleenheid gesoek. Die omgewing waar Bouffier hom gevestig het, mag dalk eens op ’n tyd mooi gewees het – maar was dit beslis nie meer nie. Die oorlogsmasjien het die natuur vernietig en soldate het die gebied ontbos en leeg gelaat. Daar was skaars genoeg gras oor om ’n klein troppie vee mee te versorg – en selfs dan moes Elzeard voortdurend rond beweeg opsoek na nuwe weiding. In sy omswerwinge het Elzeard Bouffier tot die oortuiging gekom dat die land nie sou herstel voordat daar nie weer bome gegroei het nie. Hy het geglo dit was as gevolg van die tekort aan bome dat almal om voortbestaan geveg het. En toe het Bouffier begin om bome te plant. Elke dag, terwyl hy deur hierdie leë, ontboste landskap gestap het, het hy die sade van ’n nuwe bos in sy broek se sak saam met hom gedra. Hy het sy herderstaf gebruik om ’n gaatjie in die grond te druk, net groot genoeg vir een saadjie. En so het hy met elke tree wat hy gegee het, die potensiaal van ’n nuwe boom in die grond geplant. Elzeard Bouffier het aangehou bome plant vir die volgende 50 jaar van sy lewe. Hy het verskillende tipes woude aangeplant: boekenhout-, eikehout-, berkehout- en esdoring bome. En stadigaan het die sade wortel geskiet en begin groei. Met verloop van tyd het ’n wonderwerk gebeur en die aangesig van daardie verskroeide aarde het verander in ’n lushof. Waar daar eens net droë, woestynagtige lande was, het woude gestaan. Stroompies wat toegeval is weens die grond-erosie, het weer begin vloei en het weer die weivelde gevoed. Plase en gemeenskappe kon weer die omgewing bewoon en bewerk. Elzeard Bouffier het dit reggekry om ’n deel van die skepping te herskep en het daardeur nuwe lewensmoontlikhede vir sy bure gebring.[1] [1] (To read a complete version of this remarkable story, see Jean Giono, The Man Who Planted Trees [Toronto, Ont.: CBC Enterprises, 1989].)
38
Leef, vrygespreek soos die tollenaar, met die ywer van die Fariseër
Wat sal jy ontdek as jy in jou “twee sakke” vanoggend krap? Lekkergoed papiertjies en sneesdoekies of jou grootheid en jou kleinheid... God het jou vrygespreek soos die tollenaar om nuut te leef met die ywer van ’n Fariseër - sonder die hoogmoed - met die besef as dit nie vir God se genade is nie… Alleen genade...Soli Gratia.
39
Klippe en saadjies Doen aktiwiteit: Om iets van hierdie tweeledigheid - ons grootheid en kleinheid - te snap, plaas twee mandjies voor in die kerk. Een mandjie is ’n herinnering aan ons vermoë tot sonde/hoogmoed - miskien klippies. Die ander mandjie is ’n herinnering dat ons vrygespreektes is - miskien saadjies. Laat mense aan die einde van die diens vorentoe beweeg, uit elke mandjie ’n herinneringsteken neem - plaas die een in een sak en die ander in die ander sak.
40
Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig
41
Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
42
Gebed Mense wat van God afhanklik – nederig – is, weet dat hulle nie sonder Hom kan lewe nie. Daar is ’n “gebed” wat ons gerus elke dag kan bid Liewe God, Sover het dinge vandag nog redelik goed gegaan. Ek het nog nie geskinder of my humeur verloor nie; ek was ook nog nie aaklig, gierig, nors, klaerig of selfsugtig nie. Ek is oneindig dankbaar daaroor. Maar oor ’n paar minute, Here, gaan ek uit die bed klim, en van dan af gaan ek vir seker al die hulp nodig hê wat daar vir my beskikbaar is. Amen.
43
Meer liedere kan afgelaai word by www.flam.co.za
Let wel dat hierdie bladmusiek slegs gekopieer mag word indien jou gemeente oor CCLI se MRL-lisensie beskik. Jy mag slegs die woorde vertoon indien jou gemeente oor CCLI se CCL-lisensie beskik. Flam 159 Leef In My (RUBRIEK: Kontemporêr – Toewyding) Oorspronklike titel: Live in me Teks en Musiek: Stass van Vuuren Afrikaanse vertaling: Anita Erasmus © MAR Gospel Music Publisher Opgeneem op ‘Roeping: Lof’ Flam, Vol.II Ek is honger en ek dors na U, o Heer U maak als, buig af en roep my op my naam Kom vloei deur my en stap nou met my saam Ek gee my hart, kom leef U droom deur my Leef in my, leef in my Ek nooi U uit, o kom leef in my, in my
44
Leef in my, leef in my Ek nooi U uit, kom leef in my,
45
Nuwe luister-produk God praat – leef luisterryk Vir stiltetyd
Willem Nicol 66 Meditatiewe dagstukke. Gebaseer op die luistersiklus en geskryf aan die hand van die Evangelie van Johannes. Leer om stil en oop te word vir God se Gees. Prys: R49.95 Bestel by: 0860 BMEDIA
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com Inc.
All rights reserved.