Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
1
Klaagliedere 1:1-6 en 3:19-26 Geborg deur
1 Ag, hoe verlate lê die stad wat vol mense was! Sy het soos ’n weduwee geword, sy wat magtig was onder die nasies. Sy wat heerskappy gevoer het oor ander moet nou dwangarbeid doen. 2 Onbedaarlik huil sy die hele nag, die trane loop oor haar wange. Niemand van haar vroeëre minnaars is daar om haar te troos nie. Al haar bondgenote het teen haar verraad gepleeg, hulle het haar vyande geword. 3 Juda se mense is weggevoer, hulle kry swaar, hulle is slawe, hulle sit tussen vreemde nasies waar hulle geen rusplek kry nie; hulle agtervolgers het hulle ingehaal, hulle in die noutes vasgekeer. 4 Die paaie na Sion toe treur omdat daar geen feesgangers is nie; al haar poorte is verlate, haar priesters sug, haar jong vroue is bedroef, sy het dit bitter. 5 Haar teëstanders het haar heersers geword, haar vyande lewe nou rustig. Die Here het haar laat ly oor haar baie sonde; haar kinders het ballinge geword, deur die vyand weggevoer. 6 Die prag van Sion het alles verdwyn. Haar leiers het soos takbokke geword wat geen weiveld vind nie, hulle moes magteloos wegtrek voor hulle agtervolgers uit. 19 Die gedagte aan my ellende en my vreemdelingskap is gal en gif vir my; 20 as ek daaroor nadink, draai my gedagtes vas Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: 22 deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, 23 dit is elke môre nuut. U trou is groot Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra; 26 dit is goed om geduldig te wag op die hulp van die Here; Geborg deur
2
Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God
3
‘Tuesdays with Morrie’
’n Paar jaar gelede het ’n briljante boek deur Mitch Albom verskyn, ‘Tuesdays with Morrie’. Die skrywer het gehoor dat sy ou leermeester besig was om weens Lou Gehrig-siekte te sterf. En toe begin hulle mekaar elke Dinsdag sien. Die boek is vol lesse wat Mitch uit hulle gesprekke geleer het. Hier is een van hulle: “Okay, ’n vraag,” sê ek vir Morrie. “Wat's die vraag?” vra hy. “Onthou jy die boek Job?” “In die Bybel?” “Reg. Job is ’n goeie man, maar God laat hom ly. Om sy geloof te toets.” “Ek onthou.” “Neem alles weg, sy huis, sy geld, sy familie.” “Sy gesondheid.” “Maak hom siek.” “Om sy geloof te toets.” “Reg. Om sy geloof te toets. Nou wonder ek?” “Waaroor wonder jy?” “Wat dink jy daarvan?” Morrie hoes hewig, sy hande bewe. “Ek dink,” sê hy met ’n glimlag “God het dit ’n bietjie oordoen.” Soms voel dit vir ’n mens dat God hierdie lyding-besigheid ’n bietjie oordoen. Die kort boek, Klaagliedere, vertel ons van lyding - die boek oordoen dit dalk ook ’n bietjie. Wie kom kerk toe vir sulke donker nuus?
4
Alle Flam-liedere is goedgekeur vir gebruik in die erediens
Alle Flam-liedere is goedgekeur vir gebruik in die erediens. Daar is tans meer as 200 FLAM-liedere wat afgelaai kan word by Jy mag slegs die lied projekteer en kopieer indien jy oor die nodige CCLI en MRL beskik. Flam 19 Heer, Hoe Lank (RUBRIEK: Kontemporêr – Klag) Teks en Musiek: André Serfontein © 2005 MAR Gospel Music Publishers Heer, hoe lank gaan U vergeet? Dit voel of U nie van my weet nie. Hoor my smeek, Heer, antwoord my. Maak my van my onrus vry. Refrein: Here, hoor U wat ek sê? Sien U hoe ek ly? Luister wat u kinders vra. Here, gee weer hoop – gee weer hoop in my. Daar’s iets in my wat stadig kwyn, soos die dag in nag verdwyn. Help my op, Heer, sien my raak. Sal U my weer méns kom maak? 3. Ek kan maar net na U toe kom; niemand anders gee meer om nie. In my nood roep ek U aan; Smekend kom ek voor u staan, want . . . 4. U is liefde, U’s getrou. Ek weet U sal my bly onthou. Ek wil van my geloof getuig – ek wil oor U verlossing juig. Here, U hoor wat ek sê! U sien hoe ek ly! U luister wat u kinders vra. Heer, U gee weer hoop – U gee weer hoop in my.
5
Alle Flam-liedere is goedgekeur vir gebruik in die erediens
Alle Flam-liedere is goedgekeur vir gebruik in die erediens. Daar is tans meer as 200 FLAM-liedere wat afgelaai kan word by Jy mag slegs die lied projekteer en kopieer indien jy oor die nodige CCLI en MRL beskik.
6
Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
7
Where do I go to give up? As ’n mens Klaagliedere 1 lees, voel jy nes Charlie Brown. In een van die Peanuts-strokies vra Charlie Brown mos moedeloos: “Where do I go to give up?” Klaagliedere vertel jy gaan na God toe.
8
Daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut.
Familie-tyd Die trou van die Here is iets wat jy daagliks wil ervaar. Dis amper soos die manna in die woestyn. Elke oggend het hulle die ontferming van die Here beleef. En net soos met die manna, kan jy ook nie die ontferming van God ‘opberg’ en oormôre nog oor dieselfde ontferming getuig nie. Dis amper soos beskerming. As ek my kind gister beskerm het teen gevaar en ek los hom vandag alleen in die gevaar, dan help dit min dat hy roem op my beskerming van gister… Dit moet elke môre nuut wees. Om dit te illustreer, kan jy helium ballonne gebruik. Koop/vul ballonne met helium, sommiges vul jy met helium twee dae voor dié tyd, ander een dag voor die tyd en sommiges op die dag wat jy die boodskap bring. Die wat jy twee dae voor die tyd gevul het sal eintlik geensins meer opstyg nie. Hulle behoort te reageer soos ’n gewone opgeblaasde ballon. Die wat ’n dag voor die tyd gevul is, behoort so ’n lui ballon te wees wat net so voor jou gesig bly hang. Die nuut-gevulde ballon sal natuurlik hoog die lug in styg. Net so moet ons elke dag die trou van die Here ervaar.
9
Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
10
Requiem vir Juda Requiem vir Juda Agtergrond
Die titel van die boek is ekâ (“how!” in Engels en “Eish” of “Ag hoe” in Afrikaans) wat dui op die eerste woord van die geskrif wat dit as ’n klag tipeer. Die Klaagliedere van Jeremia[1] weerspieël die omstandighede van Juda net na die val van Jerusalem in 586 v.C. Die skrywer is ’n ooggetuie van hoe die Babiloniërs die stadsmure van Jerusalem afgebreek, die tempel en baie van die huise verwoes, vrouens verkrag en die meeste inwoners in Ballingskap weggevoer het. Juda het meer as haar politieke onafhanklikheid verloor. Haar teologiese fondament is ook vernietig. God het nie Sy huis (die tempel) of Sy stad beskerm nie. Van Sy beloftes van ’n Dawids-huis wat vir altyd oor hulle sou regeer, het oënskynlik niks gekom nie. Daarom begin hulle vra, as Jerusalem geval het, of die Here werklik die Almagtige is? Is Hy getrou aan Sy beloftes en is Hy die God van liefde as Hy soveel ellende oor Sy volk laat kom? Dit is op hierdie vrae dat die boek Klaagliedere antwoorde wou bied. Onder hierdie omstandighede bring Klaagliedere ’n boodskap van troos: die Here is steeds Koning. Dit is nie so dat ander gode magtiger as God is of dat Hy dit maar toegelaat het nie. Nee, hier word uitdruklik gesê: “die Here het dit gedoen” (vers 5). Hy regeer steeds - al is Sy handelinge nie soos die mens gedink het dit behoort te wees nie. Struktuur Klaagliedere bestaan uit vyf liedere wat ooreenstem met die vyf hoofstukke daarvan. Dié liedere vertoon ’n besondere bou of struktuur. Die eerste, tweede en vierde lied het elk 22 verse. Die verse begin telkens met die volgende letter van die Hebreeuse alfabet (sien die OAV). Daarom word dit alfabetiese liedere genoem. Hierdie liedere kan as “begrafnis-liedere” bestempel word. Net die vyfde lied is nie ’n suiwer alfabetiese lied nie omdat die verse nie telkens met die volgende letter in die alfabet begin nie, maar bestaan ook uit 22 verse. Dit sou as ’n nasionale klaaglied getipeer kan word. Daar mag verskeie redes wees waarom alfabetiese liedere gedig is. Die ooglopendste rede is dat dit maklik is om so ’n lied te leer en te onthou. Dit het egter ook ’n ander funksie. Niks kan hierby gevoeg word sonder om die struktuur van die lied te verander nie. Daarmee word die volheid van die lyding dan ook uitgedruk - niks kan daarby gevoeg word nie. Die sentrale gedagte word in die middel van elke lied gevind. Dié sentrale gedagte word as’t ware omraam deurdat die gedagte ook aan die begin en einde herhaal word. Die sentrale gedagte van die boek vind ons in die derde lied: Ek hoop op God. Dit gaan dus in die boek nie primêr om klagtes en bejammering nie, maar om hoop.[2] Klaagliedere 1 Hoofstuk 1 begin met weeklag oor die lyding en ellende wat oor Jerusalem gekom het. Kenmerkend van ’n klaaglied word Jerusalem se huidige ellendige toestand vergelyk met haar vroeëre mag en luister. Die stad word as ’n vrou voorgestel wat vroeër ’n begeerlike vrou was (śārâ – ’n prinses), maar wat nou ’n eensame weduwee is. Die stad[3] wat vol mense was, is nou verlate (1:1) Die stad wat ’n magsposisie onder die nasies beklee het, is nou ’n weduwee (1:1) Die stad wat heerskappy gevoer het oor ander, moet nou dwangarbeid verrig (1:1) Haar bondgenote is nou vyande (1:2) Die stad wat vol feesgangers was, is nou verlate (1:4) Haar teëstanders is nou haar heersers (1:5) Haar leiers is nou vlugtelinge (1:6) In die eerste twee verse word beskryf hoedat Jerusalem soos ’n weduwee (die ellendigste groep mense in die samelewing) geword het wat soos ’n slavin dwangarbeid moet verrig. Kortkom: sy is gestroop van alles! Sy ween dag en nag oor die feit dat almal haar in die steek gelaat het. Haar vroeëre bondgenote (Edom) het haar verraai deur hulle aan die kant van haar vyande te skaar. Nie een van haar minnaars troos haar nie. Inteendeel hulle het haar vyande geword! Juis die feit dat Juda nie haar volle vertroue in die Here gestel het met wie sy in ’n verbondsverhouding gestaan het nie, is sterk deur die profete veroordeel as godsdienstige ontug (Jes. 30:1; Eseg. 16:15, 32). Vanaf vers 3 tot 5 word die lot van Juda se mense beskryf nadat Jerusalem ingeneem is: Hulle is weggevoer en kry swaar. Hulle is nou slawe (1:3). Hulle sit tussen vreemde nasies waar hulle geen rusplek vind nie (1:3). Hulle agtervolgers het hulle ingehaal en in die noutes vasgekeer (1:3). Kortom: Hulle het alles verloor. Hulle vryheid en hulle religieuse lewe (vers 5). Die ouens huil nie oor die Currie Cup nie – hulle ween omdat hulle alles verloor het. In vers 6 word vertel wat van die leiers geword het. Hulle het soos takbokke geword wat geen weiding gevind het nie en magteloos voor die vyand moes vlug. Die totale politieke bestel het in duie gestort. Hulle leiers het patetiese vlugtelinge geword wat om hulle eie lewe se behoud gevlug het. Dit verwys waarskynlik na Jeremia 39:4-7 - Toe koning Sedekia van Juda en al sy soldate sien wat gebeur, het hulle op die vlug geslaan en in die nag met ’n pad deur die Koningstuin by die hek tussen die twee mure uitgegaan en met die pad na die Jordaanvallei toe probeer wegkom. 5Maar die leër van die Galdeërs het hulle agtervolg en vir Sedekia in die Jerigovlakte ingehaal en gevang. Hulle het hom na Nebukadnesar toe in Ribla in Hamat gebring en daar het hy Sedekia se vonnis uitgespreek. 6Die koning van Babel het die seuns van Sedekia voor sy oë doodgemaak in Ribla. Die koning van Babel het ook al die vername mense van Juda doodgemaak. 7Hy het Sedekia se oë uitgesteek en hom met bronskettings geboei om hom na Babel toe te vat. Klaagliedere 3:19-26 – dis goed om te wag Konteks. Die meeste uitleggers beskou hoofstuk 3 as die teologiese hart van Klaagliedere aangesien dit God se gesindheid ten opsigte van sy verslane volk die helderste verwoord. Dit gee ook die duidelikste instruksies aan hulle oor hoe hulle ten opsigte van God moet leef sodat hulle omstandighede spoedig omgekeer kan word. Vers spesifiek is dan ook die mees bekende verse in Klaagliedere. Hulle dui op ’n oorgang van treur oor die verlede, na hoop in die hede vir die toekoms. In aansluiting by die Deuteronomistiese teologie, beklemtoon die Klaagliedere dat die ramp wat Jerusalem getref het, die gevolg is van die sonde van die volk. Daar word prontuit gesê dat dit hulle eie skuld was: hulle het gesondig en moes die straf dra. Dit sluit aan by die Deuteronomistiese teologie, wat beklemtoon dat sonde tot straf lei en dat geloof tot geluk lei. Tog val die klem hier nie op veroordeling nie, maar juis op die oproep om die Here te soek. Hulle moes besef dat hulle onder alle omstandighede na Hom kan vlug, want by Hom is uitkoms en ’n toekoms. Vers 19-20[4] Daar is mense wat depressief is en dan is daar dié Jeremia van Klaagliedere. Sy gedagtes oor sy ellende en sy vreemdelingskap is soos gal en gif vir hom (vers 19). Net in die voorafgaande vers het hy verklaar: Ek het gedink dit is klaar met my en met my hoop op die Here. Hy het dus selfs sy hoop op God opgegee. Vers21-24 Dan breek daar vir hom lig deur vanaf vers 21. Hy vind naamlik ’n rede om te bly hoop. Hy ontdek dat hy nog in ’n persoonlike verhouding met die Here staan wat bepaalde karaktertrekke het (God is liefde en is genadig) wat hoop lewe gee. Die eerste basis vir sy hoop is God se verbondsliefde. God bly getrou aan Sy verbond. Die tweede is God se barmhartigheid. Omdat God is wie Hy is, kan hy nog bid en bely dat die Here se liefde hom bewaar het (vers 22). God se ontferming is grensloos, en dis elke môre nuut. Jy kan daarom nooit jou lewens kwota opgebruik nie. Jy hoef nie spaarsamig daarmee om te gaan nie. Niks kan dit laat verslaan nie. Nie eens die katastrofe van ’n ballingskap nie. Daarom bely hy: die Here is my lewe en die Here is goed vir wie op Hom bly hoop (vers 24-25). Dis die basis van sy hoop en daarom kan hy sy mede-lydendes oproep om stil te wees en te wag. Wag is nie ’n passiewe daad van oorgawe nie, maar die uitlewing van die innerlike oortuiging dat die Here beslis sal ingryp. Dis nie om sinlose tyd deur te bring nie. Dis byvoorbeeld nie soos om vir ’n uur na ’n tuimeldroër te staar wat meedoënloos deur sy siklus gaan nie! Jy kan ook niks doen om die wag te verhaas nie. Dis eerder soos om ’n uur op ’n oefenfiets deur te bring – die tyd is sinvol en dit verander iets aan jou. Daarom is dit “goed” om op die Here te wag. [1] Dié boek sê nêrens wie die skrywer is nie. Die Joodse (o.a. Josefus) en Christelike tradisie skryf die liedere egter aan die profeet Jeremia toe. Daar is egter enkele styl, woordeskat en teologiese verskille tussen die boek Jeremia en die boek Klaagliedere, wat dit onwaarskynlik maak dat hulle dieselfde skrywer gehad het. [2]Vosloo, W., & van Rensburg, F. J , c Die Bybellennium Eenvolumekommentaar die Bybel. Christelike Uitgewersmaatskappy: Vereeniging. [3] Die naam Sion word in Klaagliedere as sinoniem vir Jerusalem gebruik (vgl. Ps. 48; Jes. 1:27; Jer. 3:14). [4] Nota vers kan ook as ’n gebed vertaal word. American Standard Version - Remember mine affliction and my misery, the wormwood and the gall. My soul hath them still in remembrance, and is bowed down within me. OAV - Dink aan my ellende en my omswerwing, aan die wilde-als en die gif. As my siel terdeë daaraan dink, buig hy hom neer in my.
11
Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons
12
Vertel van kere in jou lewe waar dit vir jou moeilik (of maklik) was om te ‘wag’. Wat help jou om te wag as jy nie weet wat die uitkoms van iets gaan wees nie? Wat gebeur met jou as jy so moet wag op iets? Vertel van kere in jou lewe waar dit vir jou moeilik (of maklik) was om te ‘wag’. Wat help jou om te wag as jy nie weet wat die uitkoms van iets gaan wees nie? Wat gebeur met jou as jy so moet wag op iets?
13
Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor
14
“Sterke God, daar is dae dat die laste wat ons dra ons skouers só skaaf en ons moeg maak, dae wat ons lewe geen musiek in het nie, dat ons alle moed verloor het en ons swak is. Laat ons oë U sterkte sien. En verlig die pad met U lig. Ons soek U. Amen.” Augustinus het in ’n donker tyd gebid: “Sterke God, daar is dae dat die laste wat ons dra ons skouers só skaaf en ons moeg maak, dae wat ons lewe geen musiek in het nie, dat ons alle moed verloor het en ons swak is. Laat ons oë U sterkte sien. En verlig die pad met U lig. Ons soek U. Amen.”
15
Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes
16
“Please send me your best word.”
Klaagliedere 3:18-26 Toe Mark Twain op die hoogtepunt van sy skryf-loopbaan was, is geskryf dat een van sy woorde in ’n artikel wat hy geskryf het, $5 werd was - baie geld vir die tyd waarin hy geleef het. Op grond hiervan het ’n vindingryke Harvard-student vir Mark Twain ’n brief geskryf: “Dear Mr. Twain: Enclosed please find $5. Please send me your best word.” ’n Paar dae later het hierdie student ’n telegram ontvang met ’n enkele woord daarop: “Thanks!” “Thanks” mag die waardevolste woord in enige taal wees.
17
Ons kry God se perspektief
Klaagliedere help jou om in donker tye dankie vir God te sê, omdat dit vir jou ’n nuwe perspektief gee op alles - God se perspektief. Luister na The Message se weergawe van Klaagliedere 3: 18. I said to myself, “This is it. I'm finished. GOD is a lost cause.” 19 I'll never forget the trouble, the utter lostness, the taste of ashes, the poison I've swallowed. 20 I remember it all--oh, how well I remember-- the feeling of hitting the bottom. 21 But there's one other thing I remember, and remembering, I keep a grip on hope: 22 GOD's loyal love couldn't have run out, his merciful love couldn't have dried up. 23 They're created new every morning. How great your faithfulness! 24 I'm sticking with GOD (I say it over and over). He's all I've got left. 25 GOD proves to be good to the man who passionately waits, to the woman who diligently seeks. 26 It's a good thing to quietly hope, quietly hope for help from GOD.
18
Agtergrond: Draaikolk as simbool van verlies van beheer, houvas verloor, buite beheer wees, hopelose situasie (v 18 en 19).
19
‘Dear Abby’ Happiness is…
Abigail Van Buren het hierdie twee briewe in haar “Dear Abby” rubriek kort na mekaar geplaas. Hier is die eerste een van ’n 15 jarige meisie: “Dear Abby: Happiness is knowing your parents won't kill you if you come home a little late. Happiness is having your own bedroom. Happiness is getting the telephone call you have been praying for. Happiness is something I don't have. (signed) Unhappy and ungrateful.” Hier is die tweede een wat ’n reaksie is op die eerste een. “Dear Abby: Happiness is being able to walk; happiness is being able to talk. Happiness is being able to see. Happiness is being able to hear. Unhappiness is reading a letter from a 15-year-old who can do all those things and still says she is unhappy. I can talk, I can see, I can hear, but I can't walk. (signed) “A 13-year- old who is happy and grateful.” Ek herhaal. Geloof gee jou ander perspektief op die lewe - God se perspektief.
20
Danksegging is nie net vir mense met wie dit goed gaan nie
Om danksegging reg te verstaan, vanuit hierdie geloofsperspektief te verstaan, moet jy jouself losmaak van jou omstandighede. Danksegging is nie net vir mense met wie dit goed gaan nie. Paulus gee die volgende voorskrif in 1 Tes 5:18: “Wees in alle omstandighede dankbaar.” Danksegging gaan oor Wie God is en wat Hy kan doen ongeag jou omstandighede.
21
Redes om dankbaar te wees: Ons kan op Sy liefde staatmaak
Luister na die redes wat Klaagliedere vir ons gee: 1. Sy liefde is ’n konstante in hierdie lewe waarop ons kan staatmaak. Miskien is dit tyd om ’n ander hoek in te slaan en vir God nie net dankie te sê vir kos, vriende en familie nie, maar veral vir dinge wat ons nooit kan verloor nie! Romeine 8:35-39 vertel ons presies wat die taaiste goed van die lewe nie by ons kan wegneem nie. Niks sal ons ooit kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus ons Here is (v. 39). God se liefde is oneindig, onveranderlik en onoorwinlik!
22
Ek dink sommer aan ’n insident tydens die Sharpeville-onluste in Suid Afrika (Maart 1960). Mense het ’n brand in ’n kerk probeer stig, maar eienaardig genoeg, het net ’n preekstoel-lap (‘God is liefde’ het daarop gestaan!) en die platform voor die preekstoel uitgebrand. Die evangelis het daar gekniel en gebid: “O Here, ons dank U dat U liefde nie op lappe staan nie, maar aan ’n kruis gehang het. Hulle kan maar al die lappe verbrand, dan sal ons nog weet: God is liefde!”
23
Redes om dankbaar te wees: 2. Daar is geen einde aan Sy omgee nie
2. Die tweede rede vir danksegging: Daar is geen einde aan Sy omgee nie - dis elke môre nuut. Ons gaan dit nie in hierdie lewe opgebruik nie! God mag konstant wees in Sy liefde, maar Hy is nie altyd voorspelbaar nie, want Hy is vol genadige verrassings!
24
“You’ve got a way of getting my attention
“You’ve got a way of getting my attention. In the rhythm of life, everywhere I go, You slip through the cracks of everyday. Somehow You let me know. If I’ll only stop to listen. You’re in everything.” Anoniem “You’ve got a way of getting my attention. In the rhythm of life, everywhere I go, You slip through the cracks of everyday. Somehow You let me know. If I’ll only stop to listen. You’re in everything.” (Anoniem)
25
“Jesus blessed him and went away
“Jesus blessed him and went away. And Lazarus, looking after Him, began to laugh, softly like a man in love with God! Such a laugh I've never heard! It made my ears drunk! It was like wine ... I found myself laughing, too!” Eugene O’Neill Ons is gebreek (ons dra die sterwe van Christus – die kruis – in ons rond), maar ons is heelgemaak (ons dra ook die lewe van Christus – die opstanding – in ons rond). Hierdie wete laat ons lag en sommer partytjie hou. Ek is op hierdie spoor gesit deur ’n aanhaling uit ’n drama van Eugene O'Neill met die titel Lazarus. Ná Lasarus se opstanding vertel een van die karakters: “Jesus blessed him and went away. And Lazarus, looking after Him, began to laugh, softly like a man in love with God! Such a laugh I've never heard! It made my ears drunk! It was like wine ... I found myself laughing, too!”
26
“If the going gets tough,
the tough lightens up” Lily Tomlin Lily Tomlin (foto), die Amerikaanse komediant, het eenkeer gesê: “If the going gets tough, the tough lightens up.”
27
Remember, ‘stressed’ spelled backwards says ‘desserts’
Ons raak te maklik op gestres en dan is alles pikdonker. Soos hierdie advertensie wat by ’n bakkery gepryk het: ‘Remember, stressed spelled backwards says desserts.”
28
“There is a crack in everything, that’s how the light gets in”
Leonard Cohen Onthou wat Leonard Cohen sing “There is a crack in everything that’s how the light gets in”
29
God verras ons graag en altyd
30
Redes om dankbaar te wees: 3. Hy is my lewe, daarom hoop ek op Hom
3. Die derde rede vir danksegging: Hy is my lewe, daarom hoop ek op Hom.
31
“I refuse to let that row of medicine bottles be the circumference of my horizon.”
Toe Robert Louis Stevenson naby aan die einde van sy lewe was, het sy vrou by sy bed kom staan en gesê: “I suppose in spite of all your trouble you will tell me again that it is a beautiful day.” Die beroemde skrywer het geantwoord “Yes, my dear. I refuse to let that row of medicine bottles be the circumference of my horizon.” Dis Hoop wat niemand kan wegneem nie, want dis gebou op die Ewige! Daarom, vandag as ons soms dink God oordoen dit ’n bietjie - of so lyk dit vir ons - onthou weer die woorde: Maar dit sal ek ter harte neem en om die rede bly ek hoop, deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie, daar is geen einde aan Sy ontferming nie; dit is elke môre nuut. Sy trou is groot. Ek sê vir myself die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom... Goeie woorde om te onthou... there is a crack in everything, that’s how God’s light gets in!
32
Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig
33
Alle Flam-liedere is goedgekeur vir gebruik in die erediens
Alle Flam-liedere is goedgekeur vir gebruik in die erediens. Daar is tans meer as 200 FLAM-liedere wat afgelaai kan word by Jy mag slegs die lied projekteer en kopieer indien jy oor die nodige CCLI en MRL beskik. Oorspronklike titel: The steadfast love Teks en musiek: Edith McNeil Afrikaanse vertaling Faani Engelbrecht © 1974, Celebration (Opgeneem op FLAM, vol 1) (Klaagliedere 3:22,23) 1. Daar is geen grens aan U guns en genade. U groot ontferming hou nooit op. Dit is nuut elke môre, nuut elke môre, groot is U trou, o Heer, my God; groot is U trou, o Heer.
34
Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
35
O God, U voel my pyn en huil vir my.
O Christus, U het die pyn van die kruis in die oë gestaar. O Christus, U het die ergste in die oë gekyk en dit oorkom. O Gees, raak hierdie stukkende aan met U helende vrede. O Gees, hou my vas tot die pyn verdwyn en ek begin lag van dankbaarheid. Amen. John Hunt O God, U voel my pyn en huil vir my. O Christus, U het die pyn van die kruis in die oë gestaar. O Christus, U het die ergste in die oë gekyk en dit oorkom. O Gees, raak hierdie stukkende aan met U helende vrede. O Gees, hou my vas tot die pyn verdwyn en ek begin lag van dankbaarheid. Amen. John Hunt O God, U het ’n pa en ’n ma se liefde vir my. O Christus, U het die pyn van die kruis in die oë gestaar. O Christus, U het die ergste in die oë gekyk en dit oorkom. O Gees, raak hierdie stukkende aan met U helende vrede. (John Hunt)
36
Nuwe luister-produk God praat – leef luisterryk Vir stiltetyd
Willem Nicol 66 Meditatiewe dagstukke. Gebaseer op die luistersiklus en geskryf aan die hand van die Evangelie van Johannes. Leer om stil en oop te word vir God se Gees. Prys: R49.95 Bestel by: 0860 BMEDIA
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com Inc.
All rights reserved.