Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Josua 3:7-17.

Similar presentations


Presentation on theme: "Josua 3:7-17."— Presentation transcript:

1 Josua 3:7-17

2 Powerpoint- agtergrond
Dié foto van die Jordaanrivier is geneem deur Ritva Wait met ‘n Sony DSC-V1 op 22 Mei Geen noodwendige ooreenkoms met die plek waar Israel deur die Jordaan is in ons fokusteks nie, wel die Jordaanrivier vandag sowat 3 000 jaar later. Foto geknip met Picasa 3 en verhelder mbv die PICNIK funksie in Picasa. Powerpoint- agtergrond

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Lied 157 Here Jesus ons is saam vs 1,2 Aanvangswoord Die Here verander woestyngebied in rietvlei, en dorsland in fonteinwêreld- Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie! (Uit Ps 107) Seëngroet Aan die gemeente van , wat aan God die Vader en die Here Jesus Christus behoort. Genade en vrede vir julle! (1 Tess 1) Lied Psalm 107:1,2 Die mense wat behou is (Tweede melodie) en/of Lied 196:1 en 4 O kon ek jubel, Hemelvader Verootmoediging 1 Johannes 4:7-12 God is liefde 7Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is ’n kind van God en ken God. 8Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. 9Híerin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê. 10Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes. 11Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê. 12Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik. Skudlbelydenis Lied 232 Diep o God diep neergeboë vs 1 Riglyn om te lewe: (Uit Matt 23) 8“Maar julle moet julle nie ‘rabbi’ laat noem nie; net Een is julle Leermeester en julle is almal broers. 9Moet niemand hier op aarde as ‘vader’ aanspreek nie, want Een is julle Vader: die Vader in die hemel. 10Julle moet julle nie ‘leiers’ laat noem nie, want Een is julle Leier: die Christus. 11“Maar die grootste onder julle moet bereid wees om die ander te dien. 12Wie hoogmoedig is, sal verneder word, en wie nederig is, sal verhoog word.” 232 Diep o God diep neergeboë vs 2 God nooi ons uit en ons kom tot rus

4 God praat met ons en ons luister
Epiklese Outeur: Howard Thurman Here, skenk aan my uit u genade lig waar ek net donker sien moed waar ek vrees hoop waar ek wanhoop vrede waar my gemoed storm vreugde waar ek hartseer is krag waar ek swak is wysheid waar ek verward is sagtheid waar ek bitter is liefde waar ek haat vergifnis vir my sonde Úself in die plek van mýself Here, Here, skenk aan my Úself! Amen. Uit: Gebedeboek met liturgiese voorstelle: Saamgestel deur die Sinodale Eredienskommissie van die Oos-Kaap Sinode van die NG Kerk Skriflesing Josua 3:7-17 Prediking God praat met ons en ons luister

5 Josua 3:7-17 7Toe sê die Here vir Josua: “Ek begin vandag om vir jou hoë aansien in die oë van die hele Israel te gee sodat hulle kan weet dat Ek by jou is soos Ek by Moses was. 8Sê nou vir die priesters wat die verbondsark dra, hulle moet by die Jordaan gaan staan wanneer hulle by die waterkant kom.” 9Josua het vir die Israeliete gesê: “Kom nader, luister na die woorde van die Here julle God!” 10Daarna sê hy: “Hieraan sal julle weet dat die lewende God tussen julle is en dat Hy die Kanaäniete, Hetiete, Hewiete, Feresiete, Girgasiete, Amoriete en Jebusiete sekerlik sal verdryf om vir julle plek te maak: 11kyk, die verbondsark van die Here van die hele aarde sal voor julle uit die Jordaan in gaan. 12Wys nou twaalf man aan uit die stamme van Israel, een uit elke stam. 13Wanneer die voetsole van die priesters aan die Jordaan se water raak, die priesters wat die ark van die Here dra, die Here van die hele aarde, sal die water van die Jordaan wat afkom, afgesny word en op een hoop gaan staan.” 14Die volk het toe van hulle tente af vertrek om deur die Jordaan te trek. Die priesters wat die verbondsark gedra het, was voor hulle. 15Die draers van die ark het by die Jordaan aangekom. Gedurende die hele oestyd is die Jordaan gewoonlik vol, oor al sy oewers. Toe die voete van die priesters wat die ark dra, in die vlakwater kom, 16het die water wat afkom, gaan staan. Dit het op een hoop gaan staan, ver boontoe by Adam, die stad langs Saretan. Die water wat afloop na die see in die Jordaanvallei, die Soutsee, was heeltemal afgesny. Die volk het regoor Jerigo deurgetrek. 17Die priesters wat die verbondsark van die Here dra, het daar binne-in die Jordaan op die droë bedding gaan staan terwyl die hele Israel oor die droë bedding deurgaan tot die hele nasie uiteindelik deur die Jordaan is. Josua 3:7-17

6 Familie-oomblik Familie-oomblik
Dramatisering van die verhaal van die fokusteks is dikwels al wat nodig is om ‘n eenvoudige waarheid vas te lê. Uit die fokusteks wil die omvang van die rivier se opdam “ver boontoe by Adam” sowel as die feit dat die rivier in díe tyd “gewoonlik vol is, oor al sy oewers” die grootsheid van die wonderwerk onderstreep. Die Bybel Verklaar gee die volgende addisionele inligting oor dié wonder: Gewoonlik is die stand van die water tydens die oestyd in April die hoogste omdat die sneeu op die Hermonberg, waar die Jordaan ontspring, begin smelt. Om en by agt kilometer suid van die See van Galilea vloei die Jarmukrivier in die Jordaan. Hiervandaan is die rivier ’n modderige en gevaarlike stroom wat vinnig suidwaarts vloei. 16: Toe die priesters met die ark die vlakwater bereik het, het die water wat afkom, gaan staan op een hoop ver boontoe by Adam. Dit is waarskynlik by ed-Damijeh, dertig kilometer noord van Jerigo, waar die Adamsbrug tans is. Die water aan die onderkant het afgeloop na die Dooie See toe, en die volk kon met gemak deurtrek. ‘n Mensgemaakte poging om water op te dam is hier op ons land se voorstoep: die ongelooflike mooi en helderblou Kariba meer. Die poging was wel suksesvol (sien meegaande inligting uit die artikel by Wikipedia ( maar bo-op die damwal is ‘n gedenkplaat met die name van al die werkers wat in die konstruksie daarvan dood is. In ons fokusteks begelei die Here sy volk met ‘n wonderwerk om almal heelhuids anderkant uit te kom. Lake Kariba (From Wikipedia, the free encyclopedia Lake Kariba) Lake Kariba is the the world's largest artificial lake and reservoir by volume and the fourth largest by surface area. If compared with natural lakes it would be the 24th largest by volume and 31st largest by surface area. It is located on the Zambezi river, about halfway between the river's source and mouth, about 1300 kilometers upstream from the Indian Ocean, and lies along the border between Zambia and Zimbabwe. Lake Kariba was filled between 1958 and 1963 following the completion of the Kariba Dam at its northeastern end, flooding the Kariba Gorge on the Zambezi River. The Zimbabwean town of Kariba was built for construction workers on the lake's dam, while some other settlements such as Mlibizi in Zimbabwe and Siavonga and Sinazongwe in Zambia have grown up to house people displaced by the rising waters. Physical characteristics Lake Kariba is over 220 kilometers (140 mi) long and up to 40 kilometers (20 mi) in width. It covers an area of 5,580 square kilometers (2,150 sq mi) and its storage capacity is an immense 185 cubic kilometers (44.4 cu mi). The mean depth of the lake is 29 meters (95 ft); the maximum depth is 97 meters (320 ft). It is the world's largest human-made reservoir, four times as large as the Three Gorges Dam.[1] The enormous mass of water (approximately 180,000,000,000,000 kilograms, or 180 petagrams [200 billion tons]) is believed to have caused induced seismicity in the seismically active region, including over 20 earthquakes of greater than 5 magnitude on the Richter scale.[2] The lake is home to several islands, including Maaze Island, Mashape Island, Chete Island, Sekula, Sampa Karuma, Fothergill, Spurwing, Snake Island, Antelope Island, Bed Island Chikanka. Before Lake Kariba was filled, the existing vegetation was burned, creating a thick layer of fertile soil on land that would become the lake bed. As a result the ecology of Lake Kariba is vibrant. A number of fish species have been introduced to the lake, notably the sardine-like kapenta (transported from Lake Tanganyika), which now supports a thriving commercial fishery. Other inhabitants of Lake Kariba include Nile crocodiles and hippopotamus. Gamefish, particularly Tigerfish, which was among the indigenous species of the Zambezi river system, now thrive on the kapenta, which in turn encourage tourism. Both Zambia and Zimbabwe are now attempting to develop the tourism industry along their respective coasts of Lake Kariba. Fish eagles, cormorants and other water birds patrol the shorelines, as do occasional herds of elephants. Familie-oomblik

7 Dapperheid, waagmoed en deursettingsvermoë is van die beste kwaliteite waaroor die mens beskik.
Nadat Harriet Tubman in 1849 uit slawerny in die suide van die VSA ontsnap het, het sy onmiddellik by die anti-slawerny beweging (abolition) aangesluit. Sy het byeenkomste help organiseer en in die publiek teen slawerny gepraat. Dit was nie genoeg nie. Sy het ook na die Suide teruggekeer om ander slawe te help ontvlug. Sou sy betrap word, sou sy weer as 'n slaaf aangehou of as voorbeeld vir ander tereggestel word. Tubman het 19 keer na die Suide teruggesluip om só meer as 300 slawe te help bevry. Elke missie het gevaarliker geword, omdat die owerhede meer en meer bewus geword het van haar. "Maar," sê sy, "met die hulp van God het sy elke keer behoue anderkant uitgekom." Haar optrede sou bydra tot die afskaffing van slawerny in die VSA. Mens lees ook die Suid-Afrikaanse geskiedenis met verwondering oor die dapperheid en waagmoed van mense. Rageltjie de Beer is legendaries. Makana, wat die Britse militêre vesting - met die grootste Xhosa-weermag ooit - op 22 April 1819 by Grahamstad aangeval het, word met waardering onthou. Die Tweede Vryheidsoorlog het 'n galery helde opgelewer. Dink ook aan 'n Desmond Tutu, wat 'n persoon op die punt om ge-necklace te word, man-alleen van die woede van die skare gered het. [Die prediker kan gerus ook verhale van waagmoed uit die plaaslike gemeenskap ter inleiding vertel - mits dit natuurlik die teksuitleg wat volg ondersteun.] Grafika: Harriet Tubman Sculpture The sculptor is Allison Saar. Photo by By Paul Lowry, taken on March 21, 2008 using a Nikon D40X. Creative Commons Licensed: You are free to share. Harriet Tubman

8 Waagmoed bring deurbrake
Volgens die Bybel beloon die Here waagmoed. Die Here nooi ons om te waag en deur te druk. Josua 3 vertel die wonderlike gebeure wat met mense gebeur wat dit waag met die Here. Josua in herhaaldelik by die oorname van die leierskap van Moses deur die Here uitgedaag om dapper te wees. "Wees sterk, wees vasberade!" (Jos 1:6). Aangesien Josua die Here se woorde ter harte neem, kom daar 'n deurbraak. Die volk trek deur die Jordaan. 'n Geslag vantevore - 40 jaar gelede - het hulle ook by dieselfde grens gestaan. Toe wou die volk nie die land binnetrek nie. Hulle was vreesbevange en oorweldig. Nou is daar weer 'n geleentheid. Waagmoed en dapperheid bring die deurbraak. Waagmoed bring deurbrake

9 Waagmoed gebore uit 'n ontmoeting met die Here
Daar is natuurlik dwase waagmoed: "Fools rush in where angels fear to tread," sê die spreekwoord. Dwase waagmoed is sotheid. Die waagmoed wat deurbrake bring, word gebore uit 'n ontmoeting met God en 'n paslike reaksie op die teenwoordigheid, die beloftes en die bedoelinge van God. Waagmoed verg geloof. So sê Josua vir die volk: "Môre gaan die Here wonders doen tussen julle." Hulle eien die beloftes toe en reageer op 'n gepaste manier daarop. Die Here fokus dus die waagmoed wat Hy vra. Die moed gaan met aanwysings gepaard. 'n Duidelik koers, wat die volk in gehoorsaamheid moet inslaan, word openbaar. Wanneer die waagmoed lei tot gehoorsame aksie, kom die deurbraak, en gebeur die wondere. Waagmoed gebore uit 'n ontmoeting met die Here

10 Leierskap is belangrik
In ons Gereformeerde geloofstradisie is ons dikwels afwysend teenoor leierskap. Geen wonder nie, want die gangbare Griekse woord vir leierskap kom glad nie in die Nuwe Testament voor nie. Daar is ook soveel voorbeelde van die uitwasse van leierskap, dat ons besorg is oor die bemagtiging van mense om namens ander te handel. Menslike leierskap bedreig ook maklik die koningskap van Jesus in sy liggaam, die kerk. Hoe meer ons gefokus raak op menslike formules, instruksies en strategieë, hoe makliker verduister ons uitsig op die lewende Christus en die weg wat Hy ons wys. Tog is daar leierskap in die Bybel. Dit het 'n dienskneggestalte, dit erken die gesag van God, dit aanvaar leiding van die Here, en dit speel 'n belangrike rol in die progressie van die Here se volk op die pad van die gehoorsaamheid wat die Here vra. Moses word die dienaar van die Here genoem (Jos 1:1-2). Só lyk Bybelse leierskap. Dit het 'n dienskneggestalte. Dit fokus op die Here en die beste belang van die volk. Josua neem hierdie rol oor. As dienaar het Hy die verantwoordelikheid om Israel te lei op die weg van gehoorsaamheid. Hy moet die volk die land inlei. In ons teks beloof die Here om Josua hoë aansien te gee (3:7). Dit beteken hy ontvang geloofwaardigheid van die Here in die oë van die volk. Aangesien hy 'n geloofwaardige dienaar is, sal die volk hom volg. Dit gebeur ook so. Leierskap is belangrik

11 Die Here is die Leier Die Here is die Leier
Josua se geloofwaardigheid as leier het te doen met sy eie gehoorsaamheid aan die Here. Dit is die Here wat die volk uit Egipte gelei het. Die Here het die volk versamel en aan hulle in die woestyn 'n nuwe identiteit as die volk van God gegee. Nou gee die Here opdrag dat die volk die land moet binnetrek. Josua erken die Here se gesag en opdrag. Hy volg die Here. Hieruit word sy geloofwaardigheid gebore. In dié proses van navolging van die Here se leierskap word medeleiers ingeskakel. Trouens, die hele volk word betrek. Die volk wys 'n verteenwoordiger vir elke stam aan (3:12). Hierdie persone neem die ark en loop voor die volk uit. Die oomblik dat die voete van die priesters aan die waters van die Jordaan raak, gaan die rivier vir die volk oop. Solank die priesters in die middel staan, bly die rivier oop en trek die volk droogvoets deur. Die ark van die Here simboliseer die teenwoordigheid en die leierskap van die Here. Die volk volg die Here deur die geloofwaardige leiers wat outentiek en met integriteit agter die Here aan loop. Ja, leierskap in belangrik Hieruit ontdek ons hoe belangrik leierskap in die kerk van die Here is. Die Here gebruik leiers om sy mense op plekke van gehoorsaamheid te bring waar hulle moeilik op hul eie sou uitkom. Die Here is die Leier

12 Priesterskap van alle gelowiges
Dit is vandag Hervormingsondag. Een van die sentrale ankerpunte van die reformasie uit die sestiende eeu is die erkenning dat alle gelowiges die Here se priesters is. Dit beteken dat almal wat die Here ken, en dus die Gees van die Here ontvang het, 'n leierskaprol het om te speel in die kerk. Mens moet versigtig wees om 'n leierskaprol net as formele rolle te verstaan. Dit is te eng. Nie slegs die predikant en kerkraadslede is leiers in die Here se kerk nie. In die mate waarin hulle wel leiers is - as hulle die Here met integriteit navolg - het hulle 'n uiters belangrike rol om te speel. Gemeentes kan hoë hoogtes van gehoorsaamheid bereik as dit leiers het wat die Here met wyse waagmoed volg. Die Reformasie het egter alles te doen met gelowiges wat op elke terrein van hul lewe daarna soek om die Here na te volg. Ons wêreld het mense nodig wat wag op God se Woord en waag met God se Woord. Hierdie soort leiers lei met hulle voorbeeld en met hul dade. Hulle is aanvanklik dikwels eensaam en mag selfs verwerp word. Egte geestelike leierskap groei egter in momentum. Deur jou oortuiging voortdurend met integriteit en nederigheid uit te leef, kan enige lidmaat 'n betekenisvolle leier op enige terrein van die lewe wees. Gelowiges voel dikwels ontmagtig omdat hulle nie formele leierskaprolle beklee nie. Dit onthef ons nie van die verantwoordelikheid om leiers, rolmodelle, te wees wat die evangelie uitleef nie. Die Here gee aan elke mens opsies om te doen wat God vra, wat die omstandighede ook al is. Priesterskap van alle gelowiges

13 Die Here gee opsies Die Here gee opsies
Min mense het minder opsies gehad as Martin Luther toe hy tydens die verhoor by die Ryksdag van Worms in 1521 gesê het: "Hier staan ek, ek kan nie anders nie." Hy is gevra om alles wat hy tot op daardie stadium geskryf het, terug te trek. Deel hiervan is die 95 stellings wat hy teen die Kasteelkerk in Wittenberg se deur vasgespyker het. Toe Luther weier, is hy deur die Pous uit die kerk geban en deur die keiser tot voortvlugtige verklaar. Daar was nie veel opsies nie. 'n Paar vriende ontvoer hom egter na die Wartburg-kasteel by Eisenach waar hy die Nuwe Testament in Duits vertaal. Hierdie enkele daad van Luther waai die vlamme van die reformasie aan, sodat dit as 'n onstuitbare golf oor Europa gespoel het. Danksy God se leierskap is daar altyd opsies vir gehoorsaamheid. Selfs waar gehoorsaamheid tot die dood lei, soos dit deur die eeue met die martelare gebeur het, is dit die keuse om te sterf wat die laaste getuienis en bevestiging van gehoorsaamheid word. Die keuse vir die dood is die martelaar se laaste daad van Christelike leierskap. Talle Christene reg oor die wêreld - vandag - word geroep om te lei deur te sterf. Die Here gee opsies

14 Leierskap in waterskeidingsoomblikke
Ons teks speel in 'n waterskeidingsoomblik af. Dit is nóú of nóóit. Sal die volk die beloftes van die Here glo en in terme daarvan handel? Wat maak dit vir die volk moontlik om te gehoorsaam? Wat gee die deurslag, wat skep die waagmoed in hierdie waterskeidende moment? Een: Hou vas aan God se belofte Die volk is nie besig om hul eie toekoms te skep nie. Hulle is nie besig met die ideologie van die self made man wat sy eie voorspoed veroorsaak nie. Die volk herken hulself in die verhaal van die Here se beloftes wat oor hul lewens uitgespreek is. Hulle herken die Here se teenwoordigheid en werke in hulle omstandighede, en volg die Here se leierskap. Die reiniging in ons teks (3:5) was juis hiervoor, dit is om voor die Here te buig, sy stem te hoor en te volg. Wees baie sensitief vir die teenwoordigheid van die Here. Wees ook ernstig oor die “heilige grond” waarop jy staan. Twee: Geen ander padkaart as die Here se leiding nie Merkwaardig genoeg roer die volk nie voor die ark beweeg nie. Dit is goeie advies: moenie roer voor die ark beweeg nie. Volg die ark, want daar is geen padkaart vir waarheen jy op pad is nie. Dis nuwe grond, dis nuwe horisonne. Hou jou oog op Hom alleen. Die roetekaart is nie die sekuriteit nie, die Here en die navolging van die Here is die sekuriteit. Drie: Tydindeling Die angstige afwagting vir God se tyd maak ons dikwels roekeloos waagmoedig. Of God se tydindeling maak ons angstig oor die uitdagings wat op ons wag. Die Jordaan was vol op die tydstip wat die Here met die volk deur die Jordaan wil trek. Ons teks gee goeie advies: wees rustig oor God se tydsindeling. Die Israeliete kon met God argumenteer dat dit nie goeie tyd is om nou deur te trek nie, die rivier is bietjie vol. As Hy net so paar maande kon wag, sou dit beter en makliker wees. Maar die Here het gekies vir daardie tyd en die Israeliete moes gehoorsaam wees. Vier: Plaas jou lyf op die spel Die gehoorsaamheid wat die Here vra, moet beliggaam word. Jy moet jou lyf op die spel plaas. Die Here vra van Israel se leiers om hulle voete nat te laat word. Hulle moes hulle sandale uittrek en hulle voete in die water steek. Ons teks sê: Al manier hoe mens aan die ander kant gaan kom, is as jy hierdie kant los. Iemand het eenkeer die storie vertel van die drie paddatjies wat op die klip gesit en besluit het om af te spring. Hoeveel van hulle het oorgebly? Natuurlik al drie, want hulle het nog net besluit om te spring. Soms (meestal!) besluit ons baie dinge, maar ons kom nie noodwendig daarby uit nie  . . . miskien omdat ons God nie op sy Woord en beloftes vat nie. Aanbidding vra 100% gehoorsaamheid! Wees daarom verseker van die krag en mag van God. Vyf: Die alternatief is ... nag Ongehoorsaamheid het werklik slegte gevolge. Dink aan die gevolge om nie gehoorsaam jou voete uit te steek nie. Vir 40 jaar swerf die volk nou al in die woestyn hulle omdat hulle te bang is om God te vertrou. Leierskap in waterskeidingsoomblikke

15 Vier gehoorsaamheid in die erediens
Ten slotte: Vier gehoorsaamheid in die erediens Nadat die volk deur die Jordaan getrek het, moes die priesters 'n klipstapel bou om die volk aan die Here se werke en hul gehoorsaamheid te herinner. Die Here se kerk word geroep om God se werke, en ons gehoorsaamheid daaraan, te vier. Daarom vier ons regdeur die kerklike jaar die groot werke van God. Dink aan Advent, Kersfees, Lydenstyd, Goeie Vrydag, Paassondag, Pinksterfees - en so meer. Vandag vier ons die werk van God in die sestiende eeu in Europa. Terwyl ons dit vier, dink ons aan die waagmoed waarmee die Hervormers God nagevolg het. Dit vul ons met die moed wat ons nodig het om God vandag te dien en te gehoorsaam. Vier gehoorsaamheid in die erediens

16 God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed
Gebed Geloofsbelydenis: Apostoliese Geloofsbelydenis of as alternatief onderstaande gedeelte uit die Belhar-belydenis Ons glo in die drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, wat deur sy Woord en Gees sy kerk versamel, beskerm en versorg van die begin van die wêreld af tot die einde toe. Ons glo aan een heilige algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges, geroepe uit die ganse menslike geslag. Ons glo dat hierdie eenheid van die volk van God op 'n verskeidenheid van maniere sigbare gestalte moet kry en werksaam moet wees, daarin dat ons mekaar liefhet, gemeenskap met mekaar beleef, najaag en beoefen; daarin dat ons skuldig is om onsself tot nut en saligheid van mekaar gewillig en met vreugde te gee; Ons glo dat hierdie eenheid slegs in vryheid gestalte kan vind en nie onder dwang nie; dat die verskeidenheid van geestelike gawes, geleenthede, agtergronde, oortuigings, soos ook die verskeidenheid van taal en kultuur, vanweë die versoening in Christus geleenthede is tot wedersydse diens en verryking binne die een sigbare volk van God; dat die ware geloof in Jesus Christus die enigste voorwaarde is vir lidmaatskap van hierdie kerk. Ons glo dat die kerk geroep word om dit alles te bely en te doen, in gehoorsaamheid aan Jesus Christus, sy enigste Hoof, al sou ook die owerhede en verordeninge van mense daarteen wees en al sou straf en lyding daaraan verbonde wees. Jesus is die Heer! Aan dié enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, kom toe die eer en heerlikheid in ewigheid. Wegsending Lied 478:1, 2, 4 Op vaste fondamente Seën 2 Korintiërs 13:13 13Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees. Musikale Amen Lied 314 God stuur ons om te leef

17 Volgende erediens: 1 Tessalonisense 4:13-18

18


Download ppt "Josua 3:7-17."

Similar presentations


Ads by Google