Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Jesaja 56:1, 6-8.

Similar presentations


Presentation on theme: "Jesaja 56:1, 6-8."— Presentation transcript:

1 Jesaja 56:1, 6-8

2 Die agtergrond sluit aan by die volgende opmerking in die preekskets: In die Bybel ontmoet ons ’n ander prentjie van God. God sluit in, eerder as uit. Die Here is eerder soos ’n hen wat haar kuikens bymekaarmaak. Dit is die prentjie van Jesaja 56. God sluit in, God versamel. Mense wat vroeër uitgesluit is omdat hulle nie sekere fisieke kenmerke gehad het nie, is nou welkom. Foto deur Topinambour. This photo was taken on September 22, 2002 using a Fujifilm FinePix F601 Zoom. Beskikbaar by Creative Commons License: You are free to Share — to copy, distribute and transmit the work.

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Toetrede Flam 247 Jesus Ons Aanbid U of Vonkk 102 Mag die Woorde van my Mond (in verskillende tale gesing) Votum Ps. 133 Seëngroet Lofsang Flam 132 Uit Een Hart Vonkk 110 Saam wil ons die Here Wet Miga 6:8 Skuldbelydenis Flam 209 U het my vir Uself gemaak Vonkk 110 My God, hoe doelloos, hoe verward Genadeverkondiging Romeine 11:29 Geloofsbelydenis

4 God praat met ons en ons luister
Familie-oomblik Gebruik die verhaal van Skoonlief en die Ondier uit die vorige riglyn (sien 1.3 van hierdie dokument). Dit is altyd ‘n goeie idee om met kinders aan te sluit by iets uit hul leefwêreld, soos bv. ‘n fliek wat hulle al gesien het. Hier kan Disney se “Beauty and the Beast” goed werk. Laai ‘n uittreksel uit die fliek af met ‘n gratis FLV-converter by Jy kan ook die verhaal van die Lelike Eendjie vertel. Of gebruik Max Lucado se “As ek maar ‘n Groen Neus gehad het”. (Koop die boek by ) (As jy die boek bestel het maar dit nie betyds gaan kry nie, kan jy ‘n e-pos stuur na – ek sal vir jou ‘n 5MB PowerPoint stuur met al die prente,) 'n Nuwe mode het die Wemmels beetgepak: almal wil 'n groen neus hê! Pinkenolsie kan hierdie besigheid glad nie verstaan nie. 'n Groen neus sal hom tog nie vinniger, sterker of slimmer maak nie. En boonop sal hy dan nes al die ander Wemmels lyk. Maar sy goeie voornemens hou nie lank nie. Stadig maar seker begin die groen neuse al hoe aantrekliker lyk. Dis ook glad nie lekker om deur die ander gespot te word juis omdat sy neus nié groen is nie. En so gebeur dit dat Pinkenolsie sy neus ook groen laat verf – en soos al die ander Wemmels met sy groen neus in die lug rondloop. Kort voor lank laat almal hul neuse rooi verf… en toe blou… pienk… geel… oranje. Totdat Pinkenolsie en sy vriende moeg is van al die gesukkel om in te wees. Hul vriendin Lolla (wat nog nooit haar neus laat verf het nie) sê dat Eli, die Wemmel-maker, nie vir hulle kwaad is nie. Hy wil hê hulle moet by hom kom kuier. Eli herinner die Wemmels dat hy hulle gemaak het. Hy sal hulle help om weer hulleself te wees.

5 Jes 56:1, 6-8 Fokusteks: Jesaja 56:1,6-8 Ek sal nog ander byvoeg
56 So sê die Here: Laat reg geskied, doen reg, want die verlossing wat Ek bring, is al aan die kom, en die redding wat Ek bewerk, gaan nou geopenbaar word. 2Dit gaan goed met die mens wat die sabbat onderhou en dit nie ontheilig nie, wat sorg dat hy niks verkeerds doen nie. Dit gaan goed met die mens wat hom hieraan hou. 3’n Nie-Israeliet wat by die volk van die Here aangesluit het, moenie dink: die Here sal my van sy volk afsny nie. ’n Ontmande moenie van homself dink: ek is maar ’n droë boom nie. 4So sê die Here: Aan die ontmandes wat my sabbatte onderhou, wat kies vir wat Ek wil, en wat lewe volgens my verbond, 5aan hulle sal Ek in my tempel en aan sy mure ’n teken gee, ’n erenaam wat beter is as seuns en dogters. Ek sal aan sulke mense ’n naam gee wat nie uitgewis sal word nie. 6Ek sal die nie-Israeliete wat by my volk aansluit om My te dien, om my Naam lief te hê, en om my dienaars te wees, almal wat my sabbatte onderhou 7na my heilige berg toe bring. Ek sal aan hulle vreugde gee in my huis van gebed, hulle brandoffers, hulle offers op my altaar sal vir My aanneemlik wees, want my tempel sal uitgeroep word tot ’n huis van gebed vir al die volke. 8Die Here my God wat die verstrooides van Israel bymekaarmaak, sê: Ek sal nog ander byvoeg by dié wat reeds bymekaargemaak is.

6 ̓n Hen en haar kuikens ’n Ou Afrika-legende vertel van die diere met horings wat besluit om partytjie te hou. Almal is welkom, maar daar is een reël: net diere met horings word toegelaat. Hiëna is eensaam en wil ook graag kom partytjie hou. Hy klop aan die deur en vra of hy nie maar kan binnekom nie. “O nee,” lui die antwoord, “jy het nie horings nie.” Dan vermom hiëna hom soos ’n bok. Hy tel iewers in die veld ’n stel horings op en wikkel dit met ’n ou diervelkaros op sy kop vas om meer soos ’n bok te lyk. In die skemerlig word hy sowaar by die partytjie toegelaat. Hy kan dit nie waag om ’n woord te sê nie, uit vrees dat hy herken sal word. Dan begin die dans. Hiëna wikkel en swaai so geesdriftig, dat die horings skeef op sy kop skuif en hy uitgevang word. Gemsbok loop hom storm en hiëna moet laat spaander. Met groot geluk ontkom hy aan die skerp gaffelhoring. Nooit sou hy sy les vergeet nie. Wanneer diere met horings partytjie hou is hy nie welkom nie. ’n Hen en haar kuikens In die Bybel ontmoet ons ’n ander prentjie van God. God sluit in, eerder as uit. Die Here is eerder soos ’n hen wat haar kuikens bymekaarmaak. Dit is die prentjie van Jesaja 56. God sluit in, God versamel. Mense wat vroeër uitgesluit is omdat hulle nie sekere fisieke kenmerke gehad het nie, is nou welkom.

7 Jesaja 1 tot 39 ’n Tyd vir verstrooiing (Jesaja 1-39)
Jesus 56 speel af aan die einde van Juda se ballingskap in Babilonië. Die volk was in verstrooiing. Jesaja 1 tot 39 vertel hoedat die Here se volk misluk het in hulle roeping om ’n volk vir God te wees. Hulle moes getrou en gehoorsaam aan die Here se verbond wees en só ’n instrument wees waarmee die Here by die nasies kon uitkom. Die Here se droom vir sy volk word in Jesaja 2 uitgespel: Daar kom 'n tyd dat die berg waarop die huis van die Here is, 'n blywende plek sal hê bokant die bergtoppe en sal uitstaan bo die heuwels. Al die nasies sal daarheen stroom, baie volke sal daarnatoe gaan en sê: “Kom, laat ons optrek na die berg van die Here toe, na die huis van die God van Jakob sodat Hy ons sy wil kan leer, en ons daarvolgens kan lewe, want uit Sion kom die openbaring, uit Jerusalem die woord van die Here.” Hy sal oordeel tussen die nasies, regspreek oor baie volke. Hulle sal van hulle swaarde ploegskare smee en van hulle spiese snoeiskêre. Die een nasie sal nie meer die swaard teen die ander opneem nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te maak nie. Kom, volk van Jakob, laat ons lewe in die lig wat van die Here af kom. (Jesaja 2:2-5) Eerder as om ’n bestemming vir die nasies te wees, en op God te vertrou, knoei Israel met politieke alliansies met ander volke, laat hulle verlei tot afgodery, en pleeg onreg teenoor die kwesbares in die samelewing, soos die weduwees en wese. Die einste nasies waarop die volk hulle vertroue gestel het, word die instrumente van die Here se oordeel oor Israel. Die Assiriërs neem die noordelike tien stamme in ballingskap (7e eeu v.C.), en die Babiloniërs voer die suidelike twee stamme weg (6e eeu v.C.). Só beland die Here se instrument om die nasies te bereik

8 Jesaja 40…

9 Wat God doen… ’n Tyd om jou in te stel op wat God doen
Hoe kom die volk in pas met die nuwe dinge wat God doen? Jesaja 56 beklemtoon dat Israel hulle moet voorberei om die nuwe dinge wat God doen. Dit gebeur deur reg te doen en geregtigheid te laat geskied (56:1). Die volk moet geregtigheid doen, want God se reg en God se wil gaan nou geopenbaar word. Reg en geregtigheid het hier nie ’n verdienstelike karakter nie (dit verdien nie God se heil nie), maar ’n voorbereidende karakter. Dit bring die volk op die regte golflengte om deel te neem aan die wonderlike dinge wat die Here doen. Hoe stel mens jou in op wat God doen? Deur die bepalings van God se verbond na te kom. Drie dinge word genoem: Onderhou die Sabbat en doen reg Neem deel aan God se insluiting van mense Gebed vir die nasies

10 1. Onderhou die Sabbat Een: Onderhou die Sabbat en doen reg
Die Sabbat is die eerste manier waarop die volk voorberei word om God se verlossing en God se reg in ontvangs te neem: Die Sabbat was aanvanklik ’n rusdag waardeur ’n gesonde ritme van werk en rus gevestig is (Gen 1). Na die uittog uit Egipte kry die Sabbat ook die betekenis van die viering van die bevryding uit Egipte. Die swaar las is vervang met rus en vryheid. Die Sabbat word na die uittog die dag van godsdienstige byeenkomste. Op hierdie rusdag fokus die volk op God, luister na God se Woord, verheerlik die Here, en vind deur offerandes bevryding en vergifnis van sonde. In die tyd van die ballingskap kry die Sabbat selfs groter betekenis. Die tempel is verwoes en die volk is in verstrooiing, in die vreemde. Die Sabbat word nou die viering van hulkle gemeenskap met God en met mekaar, die teken dat hulle die volk van God is. Dit kry ’n samebindende krag wat Israel stempel tot volk van God. Die Sabbat word dus by uitstek die teken dat die volk aan die Here vashou. Daarom word dit tydens en na die ballingskap so belangrik. Die rus van die Sabbat getuig dat mense nie deur hulle werk alles kan vermag nie. Ons moet op God wag, op God fokus, die heil en verlossing van God verwag. God is ons hoop. Só berei die onderhouding van die Sabbat mense voor vir die heerlike verlossing wat God bring. In die Nuwe Testament behou die Sabbat sy ryke betekenis. Teenoor die Fariseërs, wat van die Sabbat die werk en die wetsonderhouding van die mens gemaak het, beklemtoon Jesus dat die Sabbat fokus op wat God doen. Daarom genees Jesus bv. die man wat 38 jaar verlam was juis op die Sabbat. Die Sabbat stel ons in op wat God doen, en open ons oë daarvoor. Dit laat ons hoop op die Here. Dit help ons om die Here te gehoorsaam. Dit maak ons gereed om die genade wat God skenk in ontvangs te neem. Aangesien Jesus op die eerste dag van die week uit die dood opstaan – die grootste werk van God – verskuif die vroeë Christene die rusdag van die sewende dag (die Sabbat) na die eerste dag van die week (die Sondag). Waar gelowiges in die Naam van die Here bymekaar kom, op die werke van God fokus deur lofsange, skuldbelydenis en die soek na God se wil, word ons voorberei om deel te neem aan die reg van God en die verlossing wat God bring.

11 2. Almal ingesluit… Twee: oop vir die insluiting van alle mense
Die merkwaardigste aspek van die verlossing wat God in Jesaja 56 aankondig, is die insluiting van alle mense in die geloofsgemeenskap. Vroeër is nie-Jode uitgesluit van die gemeenskap van die gelowiges. Ontmandes mag ook nie in die tempel gekom het nie (Deut. 23:1, Lev. 21:20). Die enigste voorwaarde vir deelneem aan die geloofsgemeenskap is toewyding aan die Here en gehoorsaamheid aan wat Hy vra: So sê die Here: Aan die ontmandes wat my Sabbatte onderhou, wat kies vir wat Ek wil, en wat lewe volgens my verbond, aan hulle sal Ek in my tempel en aan sy mure 'n teken gee, 'n erenaam wat beter is as seuns en dogters. Ek sal aan sulke mense 'n naam gee wat nie uitgewis sal word nie. Ek sal die nie-Israeliete wat by my volk aansluit om My te dien, om my Naam lief te hê, en om my dienaars te wees, almal wat my Sabbatte onderhou en dit nie ontheilig nie, en wat lewe volgens my verbond, na my heilige berg toe bring. Ek sal aan hulle vreugde gee in my huis van gebed, hulle brandoffers, hulle offers op my altaar sal vir My aanneemlik wees. want my tempel sal uitgeroep word tot 'n huis van gebed vir al die volke. (56:4-7) Die Here maak die nasies bymekaar soos ’n hen haar kuikens versamel. Anders as die diere met horings wat almal wat anders as hulle was uit hul gemeenskap geweer het, sluit die Here in. Diere met horings hou nie van hiëna, of leeu, of luiperd nie. Dit is ’n risiko om partytjie te hou met diere wat anders as jy is. Roofdiere is slinks. Dis veiliger om jou partytjie te beperk tot die diere wat jy ken en weet jy kan vertrou. Jesaja 56 roep die Here se kerk op tot ’n brose openheid. Dit moedig ons aan om die risiko te loop om vreemdelinge en buitestaanders in te sluit. Dit is hoe die Here se mense reg doen, en geregtigheid laat geskied. Vir die Ou Testamentiese profete het geregtigheid alles met sosiale verhoudings te doen. Reg doen beteken om diegene wat geen regte geniet nie, soos ontmandes wat van die tempel uitgesluit is, in die geloofsgemeenskap te herstel. Dit beteken om diegene buite Israel, die vreemdelinge, wat die Here soek volledig in te sluit. Die toelating van vreemdelinge en ontmandes was ’n skerp uitdaging van die bestaande sosiale norme. Dit dui egter aan hoe radikaal die Here gehoorsaamheid en getrouheid ag. Wie God insluit, mag niemand in die geloofsgemeenskap uitsluit nie. Soos Jesus later sou sê: “Daar is my moeder en my broers! Elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is, dié is my broer en my suster en my moeder.” (Matt 12:50) Sonder die weerlose openheid, wat vreemdelinge en mense op die kantlyn van aanvaarheid insluit, kan die kerk nie God se instrument wees om by die nasies uit te kom nie. Die volk Israel is gebore uit God se roeping van Abraham (Gen 12). Abraham word geseën om tot ’n seën van die nasies te wees. Juis omdat ons, wat nie Jode is nie, deur die Here se opdrag in Jesaja 56 deel van die verbondsvolk geword het, moet ons ook oop wees vir diegene wat die Here deur ons wil seën en by ons wil insluit.

12 3. ̓n Huis van gebed vir die nasies
Drie: ’n Huis van gebed vir die nasies In Jesaja 56 herdefinieer die Here die tempel. Die herboude tempel sal nie in die middelpunt van etniese Israel se godsdienstig-kulturele lewe staan nie. Dit sal nie Joodse identiteit bevestig nie. Dit word die plek waar daar ingetree word in gebed vir die nasies. Dit word die instrument van insluiting. Wanneer Jesus eeue later die tempel reinig, doen hy dit met verwysing na hierdie opdrag. Dit gaan in die samekoms in die tempel oor diegene wat tans nog ver van God is, uitgesluit van die genade en hoop in God. Dit gaan oor die nasies. Daarom leef die mense van die tempel met die oog op die insluiting van buitestaanders in die verbondsgemeenskap.

13 Lewenspraktyk Lewenspraktyk
Jesaja 56 leer ons ’n nuwe lewenspraktyk. In die praktyk van elke dag gaan dit oor die Christelike lewenstyl. Dit is wat mense van ons raaksien. Dit is die sigbare getuienis van die Christelike lewe, nie wat ons sê oor God of oor die kerk of oor die koninkryk nie, maar wat ons leef. Soos Paulus sê: “Hoofsaak is dat julle lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus moet wees” (Fil .1:27). Jesaja sit hier drie aspekte van só ’n lewenstyl op die tafel en sê, die Here wil ons vorm deur hierdie spesifieke geestelike gewoontes: onderhouding van die Sabbat, insluiting van anderse mense in jou gemeenskap, om sáám as gemeente ‘n huis van gebed te word. Só word ons verander van gemsbokke met skerp horings wat dié wat anders is, verwilder, na ’n hen wat kuikens bymekaar maak en versorg.

14 God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed
Gebed Gee terugvoer van jul gemeente se sendeling(e) en bid spesifiek vir hul werk. As jul gemeente by ‘n spesifieke bevolkingsgroep betrokke is, gee inligting oor die betrokke groep en bid vir hulle. Laat lidmate twee-twee saam bid of gee geleentheid vir gebede. Slotlied Flam 227 Ons sal nou gaan of Vonkk 38 Here, ons God, as ons nou huis toe gaan

15 Volgende erediens: Jesaja 51:1-6
By quinet: This photo was taken on November 14, 2010 using a Canon PowerShot S95. Creative Commons License: You are free: to Share — to copy, distribute and transmit the work to Remix — to adapt the work to make commercial use of the work

16


Download ppt "Jesaja 56:1, 6-8."

Similar presentations


Ads by Google