Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Openbaring 21:1-7.

Similar presentations


Presentation on theme: "Openbaring 21:1-7."— Presentation transcript:

1 Openbaring 21:1-7

2 Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

3 “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense
“Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. 4Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.” Lees vers 3 as gebed: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. 4Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.”

4 Die hel en die hemel Daar was eenmaal ’n priester wat langs die pad gesit en slaap het. ’n Soldaat met ’n groot swaard kom daar verby gestap. Hy gaan staan voor die slapende priester en sê: “Priester word wakker. Leer my van die hel en hemel.” Die priester het slaperig opgekyk en gesê: “Jy wie se hare onversorg, vuil en olierig is, wie se baard sleg lyk, wat duidelik dae laas gebad het, jý vra vir mý oor die hel en die hemel!” Kyk, en die soldaat vervies hom lelik vir die priester en hy gryp sy swaard en tel dit tot bo-oor die priester se kop. Terwyl die soldaat in woede met sy swaard staan, sê die priester: “Dis die hel.” In daardie oomblik word die soldaat oorval deur verwondering, bewondering, deernis en liefde vir hierdie goedhartige priester wat sy lewe waag om hierdie les vir hom te leer. Hy laat sak sy swaard en sy oë skiet vol trane. Toe vee die priester die soldaat se trane af met sy sakdoek en sê: “En dít is die hemel!” Dis presies wat Johannes met sy lesers destyds en ons vandag doen - hy wys eers vir ons die hel (Open 20) en dan wys hy vir ons die hemel ( Open 21).

5 Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

6 Familie-oomblik Vra vir die kinders wie al van hulle speelgoed moes laat heelmaak. (Alternatiewelik sou jy ook kon vra wie van hulle se ouers al hulle huis laat verf het. Hoekom verf ’n mens jou huis?) Jy wil dit weer laat mooi lyk en soos nuut laat lyk. Wys vir hulle ’n voor en na prentjie, soos bv. dié van die motors.  Vertel hulle dat jy weet van iemand wat goed wat oud en stukkend is kan heel en nuut maak. Wat sal hulle wil laat heel maak en of nuut maak? Laat die kinders ’n bietjie daaroor praat en hoor wat hulle te sê het. Verduidelik dan vir hulle dat dit een van die goed gaan wees wat Jesus sal kom doen wanneer Hy weer terugkom, Hy gaan ALLES kom nuut maak.

7

8

9 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

10 God verander van adres God verander van adres
Net weer die verloop van Openbaring. Daar het heelwat gebeur tussen hoofstuk 7 en 21!  -    Die eerste ses trompette (8-9)  -    Die klein boekie (10)  - Die twee getuies & 7de trompet (11) -     Die draak en die twee diere (12:1-13:18) -    Johannes by die Lam op Sionsberg (14:1–5) -    Die aankondiging van die oordeel (14:6–20) -    Die laaste plae word deur sewe engele gebring (15:1–8) -    Die sewe bakke met die toorn van God word uitgestort (16:1–21) -    Die val van Babilon (17:1–18:24) -    Vreugde in die hemel (19:1-4) -    Die bruilof van die Lam (19:5–10) -    Die oordeel oor die twee diere (19:11–20) -    Die ondergang van die Satan (20:1–15) -    Die nuwe hemel, die nuwe aarde en die nuwe Jerusalem (21:1–22:5) -    Jesus kom weer (22:6–21) Kortom, na die oordeel oor die goddeloses en die oorwinning oor die onheilige drie-eenheid (die Satan, dier en die vals profeet) het Jesus as regter Sy finale oordeel aangekondig. Gevolglik breek God se nuwe toekoms nou aan – die tyd wanneer God alles nuut maak! Vers 1 – Die eerste wat Johannes sien, is die koms van ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde. Jes. 65:17 kom só in vervulling. Dit wil voorkom asof die ou aarde en hemel gefaks[1] gaan word, soos in die vooruitsig gestel deur Jesus in Matt 5:18. Die algemene Joodse verwagting was dat dit deur vuur sou geskied. Die nuwe aarde het nie ’n see nie, omdat dit in die antieke denke beskou is as die woonplek van die bose (13:1, 6–7) wat nou vernietig is, en as ’n simbool van chaos wat nou finaal getem is. Vers 2 – Dan kom die nuwe, heilige Jerusalem uit die hemel. Ons gaan dus nie hemel toe nie. Die hemel kom na ons toe. Soos deur die Jode verwag, regeer Jesus as die Messias nou saam met Sy volk in Jerusalem. Teenoor die bose seks werker, Babilon (17:4), staan God se stad so rein soos ’n bruid. Vers 3 – God verander dan van adres. Hy woon nou by Sy mense met al Sy heerlikheid (vgl. Eseg. 37:27). Daar sal hulle Sy volk wees en Hy sal hulle God wees. So word die verbondsbeloftes (vgl. Lev. 26:11–12) vervul. Terloops, die verbondsbeloftes kan ook as ’n aannemings formule geneem word. Vers 4 – die nuwe Jerusalem het nie ’n hospitaal of ’n AVBOB nie, want niemand sal meer sterf of pyn en lyding verduur nie (21:4). Die dinge van vroeër wat die gevolge van die sonde was, het verbygegaan. Die dood sal nie net uitgestel word nie, maar afgestel word. Koerante gaan maar dun wees in die hemel. Vers 5 - Dan praat God weer in Openbaring (die enigste ander keer was in 1:8) wanneer Hy sy bedoeling duidelik maak – "Kyk, Ek maak alles nuut". So word die ganse skepping se versugting om nuut gemaak te word (sien Rom 8:18–22) en Jes. 43:18-19, vervul. God is so ernstig hieroor dat Hy dit op skrif laat stel deur Johannes. God se woorde is naamlik waar en betroubaar. Vers 6 maak dit duidelik dat dit as't ware reeds gebeur het – so seker is God van Sy saak. Dit is alles verby. God word hier beskryf as die Alfa en die Omega (die eerste en die laaste letters van die Griekse alfabet). Hy omvat alles en almal, net soos die eerste en laaste letters van die Griekse alfabet alles tussenin omvat. In dié tyd sal God ons ewige verlange na Hom (ons dieper dors) met die water van die lewe (vgl. Jes. 55:1; Jer. 2:13) stil. Ons sal nooit weer geestelik dehidreer nie. Nog meer, dit sal ons niks kos nie, omdat Jesus reeds vir ons die prys betaal het. Vers 7 – Wie in Jesus se oorwinning deel deur in tye van lyding te volhard, sal dit alles ontvang. Kortom, ons sal ’n volmaakte persoonlike verhouding met God hê, leef soos Sy kind (letterlik seun) en erfgenaam. God se verbond sal vir ewig duur (vgl. Gen. 17:7; 2 Sam 7:14). [1] “Gefaks word” beteken in moderne Afrikaans dat daar van iets ontslae geraak word. In die ou dae sou ons sê dis “gepos” of “tot niet gemaak” :-).

11 Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

12 Tel jou ken op! Moenie bekommerd wees nie! Hy regeer!”
“What a sign-off. To bed – to sleep – to eternity. He reigns!” Gedurende die nag van 9 Desember, 1968, het Karl Barth in sy slaap gesterf. Hy het die hele dag gewerk aan ’n lesing. Hy het steeds daaraan gewerk in die aand, toe hy teen om en by 9 uur deur twee telefoonoproepe gesteur is. Een was van sy peetkind, Ulrich Barth, aan wie hy ’n reël uit ’n gesang aangehaal het wat oor die Christelike hoop se troos gegaan het. Die ander oproep was van sy jare lange vriend, Eduard Thurneysen. Hulle het gepraat oor die donker prentjie wat hang oor die wêreld. Toe het Barth vir Thurneysen gesê: “Tel jou ken op! Moenie bekommerd wees nie! Hy regeer!” Iemand het hieroor na Barth se dood gepas kommentaar gelewer: “What a sign-off. To bed -- to sleep -- to eternity. He reigns!”

13 “Was daar meer harte soos hare, sou die aarde alreeds die verwagte hemel gewees het”
Hierdie teks roep ons op om te word wat Stephen Mill op sy vrou se grafsteen geskryf het: “Was daar meer harte soos hare, sou die aarde alreeds die verwagte hemel gewees het.”

14 "I was hungry and you discussed my hunger. Thank you.
I was imprisoned and you prayed for my release. Thank you. Ons roeping as gelowiges is om nou al ’n stukkie hemel van hierdie aarde te maak. Maar die volgende aantyging laat ’n mens dink: "I was hungry and you discussed my hunger. Thank you. I was imprisoned and you prayed for my release. Thank you.

15 I was naked and you discussed my appearance. Thank you.
I was sick and you knelt and thanked God for your health. Thank you. ’n

16 I was homeless and you preached to me of the shelter of the love of God. Thank you.
Ons roeping as gelowiges is om nou al ’n stukkie hemel van hierdie aarde te maak. Maar die volgende aantyging laat ’n mens dink: "I was hungry and you discussed my hunger. Thank you. I was imprisoned and you prayed for my release. Thank you. I was naked and you discussed my appearance. Thank you. I was sick and you knelt and thanked God for your health. Thank you. I was homeless and you preached to me of the shelter of the love of God. Thank you.

17 I was lonely and you prayed for me. Thank you.
You seem so holy, so close to God, Ons roeping as gelowiges is om nou al ’n stukkie hemel van hierdie aarde te maak. Maar die volgende aantyging laat ’n mens dink: "I was hungry and you discussed my hunger. Thank you. I was imprisoned and you prayed for my release. Thank you. I was naked and you discussed my appearance. Thank you. I was sick and you knelt and thanked God for your health. Thank you. I was homeless and you preached to me of the shelter of the love of God. Thank you. I was lonely and you prayed for me. Thank you. You seem so holy, so close to God,

18 but I'm still very hungry, and lonely, and naked and homeless and imprisoned and cold..."
Ons roeping as gelowiges is om nou al ’n stukkie hemel van hierdie aarde te maak. Maar die volgende aantyging laat ’n mens dink: "I was hungry and you discussed my hunger. Thank you. I was imprisoned and you prayed for my release. Thank you. I was naked and you discussed my appearance. Thank you. I was sick and you knelt and thanked God for your health. Thank you. I was homeless and you preached to me of the shelter of the love of God. Thank you. I was lonely and you prayed for me. Thank you. You seem so holy, so close to God, but I'm still very hungry, and lonely, and naked and homeless and imprisoned and cold..."

19 “Look at the fingers of your hand and you will always remember that it is Christ whom you are touching in the poor…” Moeder Teresa het op ’n keer in Kalifornië die volgende eenvoudige boodskap gegee: "Jesus is found in the distressing guise of the poorest of the poor. What you do to them, you do to Him." Sy het haar hand uitgehou en elke vinger aangeraak terwyl sy gesê het: “What you do to Him; what you do with Him; what you do for Him. Look at the fingers of your hand and you will always remember that it is Christ whom you are touching in the poor… At the end of life we will not be judged by how many diplomas we have received how much money we have made, how many great things we have done. We will be judged by `I was hungry and you gave me to eat...I was naked and you clothed me...I was homeless and you took me in.' "Hungry not only for bread ” but hungry for love...Naked not only for clothing ” but naked of human respect and dignity...Homeless not only for want of a room of bricks ” but homeless because of rejection. This is Christ in distressing disguise."

20 Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor

21

22 Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

23

24 Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

25

26 Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

27 “I want to thank God I took time to see him real”
In die boek/toneelstuk/fliek van Richard Nash, Rainmaker, is daar ’n toneel waar Starbuck, die kansvatter vir wie niks wil uitwerk nie, in gesprek is met Lizzie: Starbuck sê: “Niks is so mooi in jou hande as wat dit in jou kop was nie. Daar is geen wêreld so goed of mooi soos die wêreld hier bo in my kop nie. Hoekom is dit so?” Lizzie antwoord hom: “Ek weet nie. Miskien omdat jy nie tyd neem om ordentlik daarna te kyk nie. Jy is altyd aan die hardloop en jy is net in jou eie geselskap ... miskien as jy ’n slag in geselskap is met die wêreld ...” Starbuck vra twyfelagtig: “Sal ek leer om dit lief te hê?” Lizzie sê: “Dit mag dalk net met jou gebeur, veral as jy dit sien soos dit werklik is. Sommige aande was ek skottelgoed terwyl Paps (“Pop”) en die manne poker speel. Wel, dan hou ek hom fyn dop. Aan die begin sien ek ’n gewone middeljarige man – nie baie interessant om na te kyk nie. Maar soos die minute verbyloop, sien ek goedjies in hom wat ek nog nooit in hom gesien het nie. Goeie en slegte dinge ... Skielik weet ek wie hy is – ek het hom so lief, ek wil sommer huil ... I want to thank God I took time to see him real.” Wanneer jy só na mense begin kyk, word jy ’n barmhartige in God se koninkryk. Jy begin na mense kyk soos God na hulle kyk ... met liefde. Dís hoe barmhartiges in God se familie maak – ons sien ander real soos God. Dan sorg jy vir ’n bietjie hemel op aarde...


Download ppt "Openbaring 21:1-7."

Similar presentations


Ads by Google