Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Romeine 11:1-2, PowerPoint agtergrond

Similar presentations


Presentation on theme: "Romeine 11:1-2, PowerPoint agtergrond"— Presentation transcript:

1 Romeine 11:1-2, 29-32 PowerPoint agtergrond
Ingesluit, nie uitgesluit of verwerp nie. Titel: a group of people with hands joined, eiendom van DG EMPL EU Social, foto geneem op 15 Mei 2009 met ‘n Nikon D3. Kopiereg gereë deur Creative Commons en laat bplasing sowel as redigering toe. Geredigeer met Picasa III. Dit is beskikbaar by nypipm-fLYwR8-7zDRUU-d7bU9N-81PyAd-eHZQUT-o9dBWL-auSLHB-dNkxoU-9b3wi7- nR83Rc-h7ZBkV-k9nL2t-auVHF5-9Aa9WA-7B5Yqg-dnzLA4-e2Vgzt-nBjd2z-fnxDaA- dGB93q-99wfZG-aqAKNw-bJC5qz-9sg3u8-cJHSpS-nheb5u-eXHUK2-fnivGc-i6v4DU- 7PjWUJ-fr49iU-dxSiPV-e31Xe5-bGkATc-8TutWG-ni3Aga-eBnuao-bZFiJq-dMpken- 7ynQ77-dhsQ2F-faPMvz-9QZxHj-8kLyap-8SW9Ty-eibJrt-9wE3g6-ioR5Nq-9yD9XT Romeine 11:1-2, 29-32

2 God nooi ons uit en ons kom tot rus Rus Toetrede
Lied 469 O diepte van die rykdom of VONKK 40 Kom En Vul Ons Met Vrede Flam 269 Hy Verwelkom My Votum (Romeine 11:33-36) 33O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë! 34“Wie ken die bedoeling van die Here? Wie gee Hom raad? 35Wie bewys Hom ’n guns, sodat Hy verplig is om iets terug te doen?” 36Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen. Seëngroet Lofsang Psalm 133 VONKK 94 Ek Het Die Here Lief (Psalm 116) Flam 40 Soms Wil Ek Net Jubel Wet (Romeine 12:1-3) En nou doen ek ’n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. 2Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. Verootmoediging Lied 497 Ek is u kind, U roep my, Heer of VONKK 146 My Gees, My Siel, My Liggaam Flam 260 Ek Bring ’n Offerlied (As Ek Sing) Genadeverkondiging (Op grond van Romeine 10) V: Die Here bring vanoggend vir ons almal die goeie boodskap dat ons gered is. G: Jesus is die Here en God het Hom uit die dood opgewek. V: Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; met die mond bely ons, en ons word gered. V: Niemand wat in Hom glo, sal teleurgestel word nie. V: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. (uit: Wepener, Cas Soos ’n blom na die son draai. Wellington, BybelMedia.) Geloofsbelydenis Voorganger: Wat glo jy van die heilige, algemene, Christelike kerk? Gemeente: Dat die Seun van God uit die hele menslike geslag vir Hom ’n gemeente wat tot die ewige lewe uitverkies is, deur sy Gees en Woord in die eenheid van die ware geloof van die begin van die wêreld af tot die einde toe vergader, beskerm en onderhou en dat ek daarvan ’n lewende lid is en ewig sal bly (HK Son 24 vr 54). (Uit Bybel-Media se Woord en fees - Preekstudies en liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar ) God nooi ons uit en ons kom tot rus

3 God praat met ons en ons luister God praat met ons en ons luister
Gebed Skriflesing Romeine 11:1-2, 29-32 God praat met ons en ons luister

4 Romeine 11:1-2, 29-32 Fokusteks: Romeine 11:1–2a, 29–32
Die oorblyfsel van Israel 11 "Het God dan nie tog sy volk verstoot nie?" sou iemand kon vra. Beslis nie! Ek is immers self ook ’n Israeliet, ’n afstammeling van Abraham, uit die stam Benjamin. 2God het sy volk, wat Hy lank tevore verkies het, nie verstoot nie. 29As God eenmaal aan mense sy genadegawes geskenk en hulle geroep het, trek Hy dit nooit weer terug nie. 30Vroeër was julle heidene, ongehoorsaam aan God, maar noudat die Jode ongehoorsaam geword het, het God Hom oor julle ontferm. 31Net so gaan dit ook met die Jode: omdat God Hom oor julle ontferm het, het hulle nou ongehoorsaam geword. Maar dit gebeur sodat hulle self ook nou ontferming kan vind. 32God het almal aan die ongehoorsaamheid oorgegee, sodat Hy Hom oor almal kan ontferm. Romeine 11:1-2, 29-32

5 Familie-oomblik Familie-oomblik
Sluit aan by die gedagte van God se genade teenoor ongehoorsame mense. As jy die boek betyds in die hande kan kry, lees David Shannon se “No, David, No!” of wys die video daarvan: Dit is ’n reeks prente van ’n seuntjie wat stoute goed doen en sy ma wat die hele tyd met hom raas. Maar in die twee laaste bladsye sê die ma: “Yes David. I love you.” God ontferm hom oor ongehoorsame mense. Wanneer ’n mens die hele Romeine 11 lees, leer ons dat ons nie ons verlossing kan verdien nie – dit is ’n geskenk van God. David moet die hele tyd “nee” hoor, maar uiteindelik het hy berou en hardloop in sy ma se arms in, waar sy hom met liefde ontvang. Familie-oomblik

6 Preekriglyn Oor die afgelope weke is die wêreld geskok deur die hernude geweld tussen Israel en die Palestyne. Bomme hael oor en weer neer. Die lewensverlies is dramaties. Pogings om 'n suksesvolle skietstilstand te bewerkstellig, ly skipbreuk. Oor byna die afgelope 100 jaar was Israel en die Jode dikwels in die nuus. Van die skokkendste gebeure in die 20ste eeu was die wyse waarop sowat 6 miljoen Jode in strafkampe uitgemoor is. Die geboorte van die Joodse staat in 1948 was gebaai in die bloed van duisende mense. Sedert 1948 was Israel verskeie kere in oorlog gedompel met sy bure. Naas die sesdaagse oorlog van 1967 en die Jom Kippoer-oorlog van 1973, het daar nie 'n dekade verbygegaan sonder ernstige konflik nie. Mens dink aan die 1982-oorlog met Libanon, daarna weer in 2006; die Gasa-oorlog van , en nou weer die hernude geweld. Wikipedia gee 'n verstommende lys van oorloë waarin Israel sedert betrokke was. Israel en sy bure haal gereeld die nuus. Israel en die nasies bly 'n dramatiese, gespanne item op die wêreld-agenda. Grafika: Foto gepubliseer in Daily Mail Online In this Saturday, Aug. 2, 2014 photo, Sabreen el-Tartour, of the Palestinian Center for Human Rights, walks through a devastated area in Gaza City. From the first day of Israel-Hamas fighting on July 8, human rights groups operating in Gaza have been collecting detailed information about the aftermath of Israeli strikes, so far more than 4,600, according to the military, to lay the groundwork for future legal proceedings. (AP Photo/Dusan Vranic) Read more: prepare-new-Gaza-war-crimes-probe.html#ixzz39gNM8Cy7 Follow on Twitter | DailyMail on Facebook

7 God se mense God se mense
Die Bybel stel die Jode as God se mense aan ons voor. Vroeg-vroeg lees ons reeds dat God Abraham roep en 'n groot nageslag en 'n land aan hom belowe. Uit Abraham, Isak en Jakob, deur ellende en terugslae heen, groei daar inderdaad 'n groot nasie. Hulle is God se eiendomsvolk, gered uit al die nasies om die draer van God se heil en koningskap te wees. Die Ou Testament gee 'n eerlike blik op God se volk. Aan die een kant is daar wonderlike momente. Daar is egter ook sonde, hardkoppigheid en onwilligheid om God se wil te doen. Dit lei tot die grootste krisis in Israel se Ou Testamentiese bestaan: die verwoesting van Jerusalem en die ballingskap van die volk in Babilonië in die sesde eeu v.C. 'n Klein oorblyfsel van die volk kom terug na Jerusalem, herbou die stad en rig die tempel weer op. Herodes die Grote se glansryke tempel staan op Sionsberg wanneer Jesus, die Messias, gebore word. Die glorie van die tempel sou egter van korte duur wees. In 70 n.C. kom die Jode teen hulle Romeinse oorheersers in opstand. Die keiser reken eens en vir altyd met die opstandige volk af. Hy verwoes Jerusalem, slaan die tempel plat en keer die laaste opstandelinge op Masada vas, waar hulle selfmoord pleeg eerder as om hulle oor te gee. Sedertdien is die Jode oor die hele aardbol versprei. Tot in die 20ste eeu. Vir die eerste keer in byna 2,000 jaar het dié volk weer 'n eie staat nadat die moderne Joodse staat in 1948 gestig is. God se mense

8 ʼn Belang by Israel 'n Belang by Israel
Kom ons verlaat nou eers ons eie wêreld en sy stormagtige omstandighede. Kom ons klim as't ware in 'n tydmasjien en reis 2,000 jaar terug in die wêreld se geskiedenis. Die toneel is Paulus wat 'n brief aan die gemeente in Rome skryf. Hy is ook gespanne oor die Israel van sy tyd, en hulle optrede. Terwyl die Jode baie misluk as volk van God, het God nogtans die Redder van die wêreld, die ware Jood, die getroue medewerker van God, die Messias, uit die Jode voortgebring. Deur Jesus word God se koningskap bevestig, erken en gevestig, soos God se bedoeling was dat dit deur Israel moet gebeur. Deur Jesus se getroue bediening en gehoorsaamheid, kom God se regering naby. In Jesus, gebore uit die Jodedom, kom daar verlossing en 'n nuwe toekoms vir God se wêreld. Die meerderheid van die Jode verwerp egter die Messias. Vir Paulus is dit 'n bron van intense kommer. Hy het immers 'n direkte belang by Israel en sy toekoms: "Ek is immers self ook 'n Israeliet, 'n afstammeling van Abraham, uit die stam Benjamin." (1) Die Jode is Paulus se mense. Daarom is dit ontstellend om te dink dat hulle ongeloof voortkom uit die feit dat God hulle dalk verwerp het. ʼn Belang by Israel

9 God verstoot nie Sy volk nie
Met 'n sterk uitroep beantwoord Paulus sy eie vraag: "Beslis nie!" (1) Só 'n afleiding, dat God sy eie volk sal verwerp, kan nie oorweeg word nie: "God het sy volk, wat Hy lank tevore verkies het, nie verstoot nie." (2) In die Griekse teks is twee woorde hier van belang: Die woord "verkies" is ’n vertaling van die Griekse woord proegnō wat kan vertaal na "Hy het voorheen geken". "Ken" dui op 'n baie intieme, nabye verhouding. Die Letterlike Vertaling sê: "God het nie sy volk verstoot wat Hy reeds tevore gekies het nie." Die tweede Griekse woord is apōsato, wat met "verstoot" vertaal word. Dit kan ook vertaal word met "verwerp". God het dus die volk, wat Hy lankal reeds ken, beslis nie verwerp nie. Hiermee maak Paulus nie soseer 'n uitspraak oor Israel nie, maar oor God. 'n Diep, fundamentele karaktereienskap van God is God se trou aan God se beloftes. Die Here is nie onvoorspelbaar en 'n manteldraaier nie. God bly getrou. Hoe dwaas Israel se optrede ook al mag wees, God se wese en identiteit bly 'n bron van troos. God verstoot nie Sy volk nie

10 ʼn Oorblyfsel 'n Oorblyfsel
Hoewel ons teks so ingedeel is dat die opeenvolgende argument nie ingesluit is nie, troos Paulus homself in verse 2b tot 6 met die gebeure uit Elia se tyd, toe Elia gedink het hy is die enigste ware gelowige wat oorgebly het. Hy het Israel by God aangekla. Intussen was daar sewe duisend gelowiges. So is dit ook met Israel. Hoewel dit lyk of die hele volk God verwerp het, is daar tog diegene wat uit genade deur God uitverkies is (6). Dit is ook 'n teken van God se trou aan sy volk. ʼn Oorblyfsel

11 Nogmaals: Die ontferming van God
Ons teksindeling tel Paulus se argument weer in vers 29 op. In vers 29 praat Paulus weer oor God se karakter:: "As God eenmaal aan mense sy genadegawes geskenk en hulle geroep het, trek Hy dit nooit weer terug nie." Paulus gebruik die Griekse woord ametamelēta, wat as "onherroeplik" vertaal kan word. God se besluite en keuses staan vas. God is genadig en getrou! Nogmaals: Die ontferming van God

12 Heidene kom ook in die prentjie
In die volgende drie verse het Paulus dit oor mense wat nie Jode is nie, maar tog nou deur God ingesluit word in die genade wat Hy deur die Jode bewerk het: In vers 30 rig Paulus hom tot die gemeente in Rome en hulle posisie voor God. Hulle was voorheen heidene, omdat hulle ongehoorsaam was aan God. Die Jode, Gods verbondsvolk, se ongehoorsaamheid en weerspannigheid het egter ’n deur vir die heidene oopgemaak, sodat hulle nou kan deel in God se ontfermende liefde. In vers 31 verduidelik Paulus sy stelling met ’n vergelyking tussen die posisie van die Romeine en die Jode. God het voorheen sy genade vir die Jode beskikbaar gemaak. Die Jode het volgens Paulus se argument hier ongehoorsaam aan God geword, in reaksie op sy genade en ontferming aan die heidene. Die indruk word gewek dat die Jode jaloers is dat God ook ander insluit. Daarom word hulle ongehoorsaam. Die tweede deel van die argument is dat God se oopstelling vir die heidene ’n aanmoediging vir die Jode moet wees om weer na God te soek en sy ontferming te ervaar. In vers 32 gee Paulus ’n samevatting oor mense se ongehoorsaamheid en God se hantering daarvan. Hier is twee aspekte ter sprake. God gee mense oor aan hulleself, aan hulle neiging tot ongehoorsaamheid aan Hom. Hy laat die mens begaan, gee hulle as ’t ware tou om hulleself op te hang. Die tweede aspek van God se handeling is sy ontferming oor almal wat verlore is vanweë hulle ongehoorsaamheid. Volgens Paulus se argument gee God mense aan hul eie drange oor sodat hulle sy ontfermende liefde en genade ten diepste kan ervaar en tot insig (inkering) kom. Heidene kom ook in die prentjie

13 ʼn Deur oopgemaak vir die heidene
Vir Paulus het Israel se verharding dus die deur oopgemaak vir die nie-Jode om gered te word. God se reddingsplan verloop langs die volgende kontoere: Daar vind 'n tydelike verharding van Israel plaas, totdat; die sending onder nie-Jode volvoer is wat die volle getal vanuit hulle midde tot redding begelei, sodat; die hele Israel gered sal word. ʼn Deur oopgemaak vir die heidene

14 Hier word oor ons gepraat
Dit is hier waar ons in die prentjie kom. Ook ons is meestal nie-Jode. Toe God die Jode uitgekies en begelei het, was ons voorgeslagte ver van die Here en sy beloftes. Tog het God die deur vir ons oopgemaak, het die evangelie ons voorouers bereik, en het ons deel gekry aan God se beloftes en sy regering. Die misterie is dat God se bedoeling met Israel slegs in vervulling gaan as die heidene ook ingebring word en tot geloof kom. Sonder die heidene is God se genadige bedoelinge nie afgehandel nie. Daarom sou Paulus sy eie lewe dikwels op die spel plaas om die evangelie aan nie-Jode te verkondig. Sy hoop en vaste wete is dat Israeliete ook weer in die toekoms ’n ommekeer sal maak en sal weet dat die ware Verlosser inderdaad van Sion af kom (11:26). Hier word oor ons gepraat

15 Israel se verwerping van Jesus dien ʼn goeie doel
Die Jode se optrede dien die verspreiding van die evangelie na die res van die wêreld. Die vervulling van God se bedoeling met Israel sou nooit voltooi wees sonder die inbring van die nasies nie. Dat baie van sy tydgenote nie die boodskap van Messias Jesus aanvaar het nie en die goeie nuus daarom na die heidene uitgedra is, was nie vir Paulus aanduiding van die finale verwerping van die Jode nie. Paulus argumenteer dat die inbring van die heidene deur sy sendingaktiwiteite jaloesie by die Jode sal opwek sodat die "hele Israel" – omvattend en insluitend van gelowige Jode en heidene – in die verlossing sal deel. Israel se verwerping van Jesus dien ʼn goeie doel

16 Geen witbroodjies nie Geen witbroodjies nie
Nie-Jode moet egter nie dink hulle is nou God se nuwe witbroodjies nie. In die verse tussen ons tekskeuse (16 tot 24) gebruik Paulus die beeld van 'n mak olyfboom waarop die takke van 'n wilde olyf ingeënt is. Die nie-Jode is net soos wilde olyftakke wat ingeënt is op die regte olyfboom, naamlik Israel. Die seën wat die heidene beleef, is seën wat deur Israel na hulle kom. Die boom self (wortels, stam en party van die boom se eie takke) is die gelowiges uit die volk Israel. Die afgekapte takke is dié uit Israel wat nie glo nie, en die ingeënte takke is die gelowiges uit die nie-Joodse nasies. Gelowiges uit nie-Joodse nasies moet besef dis nie deur hulle eie toedoen dat hulle op die boom ingeënt is nie, maar deur die goedheid van God. Geen witbroodjies nie

17 Nie hoogmoed nie maar dankbaarheid
Ook ons, gelowiges wat nie oorspronklik Jode is nie, moet hierdie woorde hoor. Dit is woorde wat ons tot nederigheid en dankbaarheid moet stem: Nederigheid omdat ons gered is uit God se werk deur die Jode. Nederigheid omdat ons nie sou kon glo anders as dat God die inisiatief geneem het om ook die wilde olyftakke op die mak olyf in te ent nie. Dankbaarheid omdat die sekerheid van ons verlossing berus op God se trou. Wanneer die wilde olyf (ons) sy plek in die groot skema van God met dankbaarheid en nederigheid raaksien, weet ons ons kan onsself nie so maklik teenoor ander opstel nie. Nie teenoor Jode nie, en ook nie teenoor ander groepe met ander aksente oor dit wat ons bely nie. Nie hoogmoed nie maar dankbaarheid

18 Die verharding sal tot einde kom
Die verharding oor Israel kom tot ’n einde (11:25-32). God red uit beide Israel en die nie-Joodse volke dié wat Hy sy kinders gemaak het. Die barmhartige God wou dat Israel hulle seëninge met die nie-Joodse volke deel. Israel het dit egter nie gedoen nie. God het toe die Messias gegee om hierdie werk van Israel te doen. Nou is die bordjies in ’n sekere sin verhang: die gelowige uit die nie-Joodse volke moet nou die Jode in hulle seëninge laat deel. Só kom God se plan tot uitvoer, en Hy ontferm Hom (betoon barmhartigheid) oor almal. Dit beteken dat daar steeds ook vir Jode plek in die kerk van die Here is. Prof Fika van Rensburg (Bybel A-Z) skryf: "Dit beteken egter nie daar is nie meer plek in die kerk vir Jode nie. Inteendeel, elke keer as ’n Jood Christus as Here erken, is daar groot vreugde." Die verharding sal tot einde kom

19 Oop vir God se werk Oop vir God se werk
Kom ons reis met ons tydmasjien terug na ons eie tyd. Ons sien weer die gevegte in Israel raak, Jood en Palestyn wat teen mekaar opgestel is. Ons beleef weer die ontsettende menslike lyding wat voor ons oë afspeel. Dink ook aan al die geweld wêreldwyd, oorloë, gerugte van oorloë, en onskuldige mense wat in die vuurlinie van missiele beland. Dink aan die twintigste eeu. Een en 'n halfmiljoen Armene uitgewis deur die Turke. Ses miljoen Jode deur die Nazi's. Dink aan die etniese suiwering in die Balkanstate. Geboue wat platgevlieg en lande wat platgeskiet is sedert September 2001. Hoe sou dit ons wêreld verander as ons deur God se oë na die nasies kyk. God het die verlossing deur die Jode bewerk, die olyfboom wat Hy deur die eeue voorberei het. Deur die getuienis van sy kerk is die wilde olyf, die heidennasies, die nie-Jode deur geloof in die Messias ingeplant op die mak olyf. Só het daar ook vir ons genade gekom. Hoe sou die Tweede Wêreldoorlog anders verloop het as Christene Jode kon eien as die stam waarop hulle in die geloof geënt is? Ons krisis is dat ons onsself in kampe teenoor mekaar opstel en dan nie langer die menslikheid van die ander raaksien nie. En ook nie verstaan dat die verharding van sommige, deure oopmaak dat die boodskap van die Here ander bereik nie. En as die boodskap ander bereik, en hulle glo, kan ons dit nie herken nie, want hulle geloof neem nie presies dieselfde vorme aan as by ons nie. As God, die barmhartige Koning, Hom oor almal ontferm, waarom sal daar van ons verwag word om anders op te tree? In Romeine 12 gaan Paulus hierdie argument verder voer. Hy gaan sê ons het kopskuiwe nodig oor die mense saam met wie ons in die gemeente is. As ons van mekaar verskil, moet ons mekaar nie veroordeel nie. As ons tussen die oerwoud van verstrengelde belange en strydpunte mekaar se menslikheid, mekaar se behoefte aan verlossing, en God se ontfermende liefde vir ons almal kan raaksien, kan daar verandering in ons wêreld kom. Oop vir God se werk

20 Wat is die toekoms van Israel?
Het hierdie woorde iets te sê vir die huidige konflik in Israel? Daar is baie gelowiges wat meen God is steeds aan die Jode se kant, dat die Jode die reg op Israel het, en dat hulle daarom die reg het om hulle bestaan hand en tand te verdedig. Natuurlik is dit 'n geweldige komplekse situasie, en daar is nie onskuldige engeltjies te vind by die verskillende partye in die konflik nie. Maar die lydende Messias, die Jood deur God voorsien, uit Wie die verlossing kom, het nie geweld gekies nie. Om die waarheid te sê, Hy het geweld vir alle tye vernietigend oorwin. Hy toon dat geweld ons nêrens bring nie, behalwe in die hel wat ons deur ons geweld skep. Aan die kruis het geweld sy Moses teëgekom. Geweld kan ons van niks verlos nie. Ook nie vir Israel nie. Ook nie die VSA, Rusland of die plofbare situasie in die Oekraïene nie. Geweld se nek is omgedraai. Dit lei tot die dood. Die ware Jood leer en demonstreer dat wie sy lewe wil wen, homself of haarself moet gee tot in die dood vir ander. Wie sy of haar lewe verloor, sal dit verkry. Letterlik en figuurlik. Geweld is 'n doodloopstraat. Laat ons daarom bly getuig en bly bid dat die verharde mak olyf, en ook die werklike wilde olywe van hierdie wêreld hulle Messias sal vind, en Hom navolg. Daar is hoop, want God bly getrou. Wat is die toekoms van Israel?

21 God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed
As jy dit nie verlede week gebruik het nie (of selfs al het jy), kan jy by by prayer-in.html ‘n skakel na ’n dokument met spesiale gebedsriglyne vir Israel en Palestina kry. Dankoffer Slotsang Lied 58 O God van hoop, gee ons u vrede Flam 142 Kom, Jesus, kom! Seën Psalm 133 Respons Flam 142 Refrein of VONKK 90 Maranata! Nav I Korintiërs 16:22b Teks: Jannie Hougaard 2004 © Melodie: MARANATA – Jannie Hougaard 2004 © © 2009 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media) RUBRIEK: Meditatief – Hoop en Voleinding Maranata! Kom, Heer, kom weer! (Alternatiewe teks;) Kom, Heer Jesus! God stuur ons om te leef

22 Volgende erediens: Romeine 12:1-8 Volgende erediens Romeine 12:1-8
Familie-oomblik en Liturgie: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton Proses en ekstra stof: Chris van Wyk Volgende erediens: Romeine 12:1-8

23


Download ppt "Romeine 11:1-2, PowerPoint agtergrond"

Similar presentations


Ads by Google