Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Matteus 25:14-30 Matteus 25:14-30 Die profetiese rede: die gelykenis van die muntstukke (Ook in Luk 19:11–27) 14”Verder gaan dit soos met ’n man wat op.

Similar presentations


Presentation on theme: "Matteus 25:14-30 Matteus 25:14-30 Die profetiese rede: die gelykenis van die muntstukke (Ook in Luk 19:11–27) 14”Verder gaan dit soos met ’n man wat op."— Presentation transcript:

1 Matteus 25:14-30 Matteus 25:14-30 Die profetiese rede: die gelykenis van die muntstukke (Ook in Luk 19:11–27) 14”Verder gaan dit soos met ’n man wat op reis wou gaan. Hy het sy slawe bymekaargeroep en sy besittings aan hulle toevertrou. 15Vir een het hy vyf goue muntstukke gegee, vir ’n ander twee, en vir ’n derde een. Hy het aan elkeen volgens sy bekwaamheid gegee en toe op reis gegaan. 16”Die een wat vyf goue muntstukke ontvang het, het dadelik daarmee gaan werk en ’n wins gemaak van nog vyf. 17So ook die een wat twee gekry het: hy het ’n wins gemaak van nog twee. 18Maar die slaaf wat een gekry het, het ’n gat in die grond gaan grawe en sy eienaar se geld daarin weggesteek. 19”Na ’n lang tyd het die eienaar van daardie slawe teruggekom en van hulle rekenskap gevra. 20Die een wat vyf goue muntstukke ontvang het, kom toe en bring die ander vyf saam, en sê: ‘Meneer, vyf goue muntstukke het u aan my toevertrou. Hier is dit met vyf ander wat ek wins gemaak het.’21Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Mooi so! Jy is ’n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’ 22”Toe kom die een met die twee goue muntstukke en sê: ‘Meneer, twee goue muntstukke het u aan my toevertrou. Hier is dit met twee ander wat ek wins gemaak het.’23Sy eienaar sê toe vir hom: ‘Mooi so! Jy is ’n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’ 24”Toe kom die een wat een goue muntstuk ontvang het, en sê: ‘Meneer, ek ken u en weet dat u ’n harde man is, wat oes waar u nie gesaai het nie, en pluk waar u nie geplant het nie. 25Omdat ek bang was, het ek u muntstuk in die grond gaan begrawe. Hier het u u geld terug.’26Toe sê sy eienaar vir hom: Jy is ’n slegte en ’n lui slaaf! Jy het geweet dat ek oes waar ek nie gesaai het nie, en pluk waar ek nie geplant het nie. 27Dan moes jy my geld in die bank gesit het, en ek sou dit by my koms met rente teruggekry het. 28Vat die muntstuk van hom af weg en gee dit aan die een wat die tien het. 29Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word. 30En gooi die nuttelose slaaf uit in die diepste duisternis daarbuite. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.”

2 Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

3 Harry von Zell vertel van die komediant, George Burns (foto), se liefde vir sang. Soos Von Zell dit gestel het “I know George is a great music lover, because a poet once said that every man kills the thing he loves, and I've heard what George does to a song.” Burns self was baie beskeie oor sy eie musiektalent. Hy vertel self tong in die kies dat hy na ’n partytjie toe gegaan het: “At twelve-thirty I said I was going to sing a few songs,” he recounts, “and all the guests formed a circle around the piano. By the time I broke through, I was too tired to sing.” Ons het almal gawes/talente van God gekry om te gebruik, nie om te begrawe nie…

4 “Hell begins on the day when God grants us a clear vision of all that we might have achieved, of all the gifts which we have wasted, of all that we might have done which we did not do… For me, the conception of hell lies in two words: ‘too late.’ ” Giano-Carlo Menottihet Giano-Carlo Menotti het gesê: “Hell begins on the day when God grants us a clear vision of all that we might have achieved, of all the gifts which we have wasted, of all that we might have done which we did not do… For me, the conception of hell lies in two words: ‘too late.’ “

5 Wat dink jy het God aan jou toevertrou om met die wêreld te deel?
Wat is jou gawe? Wat dink jy het God aan jou toevertrou om met die wêreld te deel? Jesus se gelykenis van die muntstukke wil ons daarmee help.

6 Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

7 Familie-oomblik Opsie 1: Legkaart bou
Neem ’n 8-stuk legkaart en roep 3 kinders vorentoe. Deel aan een 5 stukkies uit aan die ander een 2 en die laaste een net 1. Laat hulle die legkaart bou, maar sê vir die een met die een stukkie om nie deel te neem nie. Laat hy/sy die stukkie net vashou en eenkant staan en toekyk. Die ander twee behoort lekker te bou totdat hulle al hulle stukkies gebou het. Dan behoort hulle te vra dat die laaste stukkie ook gebring moet word. Die lewe is soos ’n legkaart. ’n 8-stuk legkaart is net klaar as al 8 stukkies legkaart gebou is. Dis natuurlik ook waar van ’n 750 stuk legkaart! Al is daar 749 stukkies is die legkaart net nog nie voltooi voordat die laaste stukkie nie ook gebou word nie. Dis ook waar van ’n stuk-legkaart. Al het jy 9999 stukkies en één kort dan is dit presies wat dit sê: “één kort!” Jy kan jou een eenvoudige gawe nie gering skat nie. Die liggaam van Christus gaan dit mis!

8 Watter een skuim die meeste?
Familie-oomblik Opsie 2: Badskuim! Jy het twee ewe groot glasbakke nodig - asook badskuim. Tap die twee glas bakke vol water en maak seker albei het ewe veel water in. Terwyl die mense kyk, neem dan die badskuim en gooi een proppie skuim in die een bak en 5 proppies skuim in die ander bak. Vra dan vir die kinders watter van die twee bakke die meeste skuim gaan maak. Hulle sal sê dis die bak met die 5 proppies badskuim in. Neem dan jou hand en roer die water van die bak met die een proppie in, totdat dit skuim. As daar lekker baie skuim is, staan terug en sê vir die mense: “Julle is verkeerd, dis die een met die een proppie badskuim.” Hulle behoort te protesteer en sê, dis omdat jy nog nie die ander bak geroer het nie. Sê dan iets soos: “Dis presies die punt van die gelykenis. Dit gaan nie oor die hoeveelheid talente/muntstukke/geleenthede nie, maar wat jy daarmee maak. Woeker jy, woel jy daarmee of los jy dit!”

9 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

10 Matteus 25:14-30 Matteus 25:14-30 Konteks: Die gelykenis sluit aan by die vorige gelykenis (Verder … soos in vers 14 slaan terug op vers 1). Die eienaar wat ’n lang tyd weg was (vers 19), herinner ook aan die bruidegom wat lank weggebly het (vers 5). Beide gelykenisse handel dus oor die manier waarop die gelowige die lang wag voor die terugkeer van Christus moet deurbring. Die gelykenis: In die gelykenis verdeel ’n eienaar sy besittings onder sy drie slawe: hulle kry vyf, twee en een talente onderskeidelik (vers 15). Let daarop dat hulle elkeen ’n enorme bedrag kry. Een talentmuntstuk was gelykstaande aan die dagloon van ongeveer 6000 mense. Dis wat ’n dagloner omtrent in twintig jaar sou verdien het! Ons praat hier van ernstige geld! En dit word aan slawe toevertrou! Die groepie slawe het dus ’n enorme beleggingsportefeulje om te bestuur mense se dagloon. Al was daar wel sommige slawe wat hooggeskoold was, word daar niks wesenlik oor die slawe gesê nie, behalwe dat hulle wel bevoeg was. Hulle ontvang geen beleggingsadvies van hulle Heer nie. Let op dat hulle in Lukas minder geld kry (en almal dieselfde bedrag), maar meer wins maak (Luk 19:11 ev.) Daar was egter ’n dubbele catch aan hulle ontvang van die geld. Eerstens was die geld nie hulle s’n nie - dit bly die eienaar s’n wat hy slegs aan hulle toevertrou het (vers 14). Tweedens moes hulle met die geld wins maak. Die slawe wat onderskeidelik vyf en twee talente gekry het, het hulle opdrag goed begryp, want toe die eienaar terugkeer, het elkeen sy geld verdubbel (vers 19 tot 23). Daarom ontvang hulle lof, groter verantwoordelikheid en ’n uitnodiging om in hulle heer se vreugde te deel (vers 21 en 23). Hulle deel egter nie in die wins nie, maar kry eerder nog groter verantwoordelikheid (risiko?) en die lof van hulle meester (wat omtrent nooit in die antieke wêreld gebeur het nie). Die slaaf met die een talent, gee dit egter bloot aan sy eienaar terug (vers 25). Op die oog af het hy verantwoordelik opgetree - hy het niks gewen nie, maar ook niks verloor nie. Aan hom word egter net gesê hoe sleg en lui hy is (as hy werklik besorg was oor sy meester se geld sou hy dit gebank het en nie begrawe het nie - vers 27), en dat sy talent aan die slaaf met die tien talente gegee moet word (vers 28). Verder word hy in die diepste duisternis gegooi (vers 30). Hy was dus nie verkeerd in sy verstaan van sy heer as ’n harde man nie! In die antieke wêreld was banke waar jy geld kon deponeer vir rente net aan die ontwikkel in die tyd. Meestal moes jy dit egter by ouens gaan deponeer het wat ietwat riskant daarmee omgegaan het. Waarop dui die talente in die gelykenis? Die Griekse woord “talanton” wat in die NAV met “muntstuk” vertaal word (bv. 25:16), en in die OAV met “talent” was eintlik eerder ’n aanduiding van gewig as ’n geldeenheid per se (ongeveer 21 kg silwer). Dit het met tyd in Afrikaans en ander tale die figuurlike betekenis gekry van “natuurlike vermoëns”. Dis egter nie waaroor die gelykenis gaan nie (God gee aan ons natuurlike vermoëns wat ons moet ontwikkel, anders word dit van ons weggeneem - so oefen jou musiek ens.). Let wel die gelykenis praat wel van aanleg of talent, want elkeen ontvang volgens sy bekwaamheid ’n bedrag geld waarvoor hy verantwoordelik is (vers 15). Dis egter die rede vir die ontvang van die verskillende bedrae geld en nie die metaforiese betekenis van talanton nie. Ons moet die aspek van talent dus op die regte manier ter sprake bring in die gelykenis. Dit gaan naamlik hier eerder oor die verantwoordelikheid wat aan gelowiges gegee word op grond van hulle natuurlike vermoëns. Dit maak immers nie sin om na aanleiding van ons Afrikaanse verstaan van talent as metafories vir natuurlike vermoë (wat die getranskribeerde Griekse woord nie gehad het nie) vers 15 te lees asof die slawe natuurlike vermoëns ontvang het op grond van hulle natuurlike vermoëns nie! Hulle het eerder elkeen ’n bepaalde verantwoordelikheid ontvang wat in lyn was met hulle natuurlike vermoëns (bekwaamheid). Let ook op dat hulle loon nog méér verantwoordelikheid was. Talente dui dus op geleenthede wat ons ontvang om na aanleiding van ons bekwaamheid (geestelike gawes?) gehoorsaam op te tree en vrug te dra. As ons so ons betroubaarheid toon, word nog meer verantwoordelikheid aan ons toevertrou. Wat moet ons dus weet terwyl ons op die wederkoms wag? - Gelowiges verskil van mekaar. Nie almal is ewe bekwaam nie. Nie een het egter meer verantwoordelikheid ontvang as waarvoor hy of sy bekwaam voor is nie. Daarom verwag God van ons oorvloedige vrug na aanleiding van die verantwoordelikheid wat aan ons gegee is. - Ons beloning is nie ontslag uit God se diens nie, maar eerder nog verantwoordelikheid en die voorreg om in die Here se vreugde te deel (vers 21 en 23). - Ons sal van beide ons gawes, bekwaamheid en geleenthede moet rekenskap gee met die wederkoms. [1] [1] Bronne Combrink, HJB Die Evangelie volgens Matteus. Davies, W D & D C Allison Matthew. (Shorter Commentary). France, RT The Gospel according to Matthew. (NICNT) Nolland, J The Gospel of Matthew. (NIGTC). Louw, J P & Nida, E A 1988a. Greek-English lexicon of the New Testament based on semantic domains. Vol 1. Turner, D L Matthew. (ECNT).

11 Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

12 Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor

13 Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

14 Caretakers Undertakers Risktakers
Daar is drie soorte mense in enige organisasie: Caretakers: hulle glo in die status quo (Ronald Reagan het gesê: “‘status quo’ is Latyn vir “kom ons bly in die gemors wat ons is.”) Undertakers: hulle begrawe alles - veral nuwe idees! Risktakers: hulle waag deur nuwe dinge te doen!

15 “For when the One Great Scorer comes to write against your name, He marks not that you won or lost but how you played the game!” Grantland Rice se beroemde aanhaling kom nou in die gedagtes op: “For when the One Great Scorer comes to write against your name, He marks not that you won or lost but how you played the game!” Eendag gaan die Here nie vir jou vra hoeveel keer het jy gewen of verloor het nie, maar het jy jou beste gegee!

16 Die lewe is God se geskenk aan jou
Die lewe is God se geskenk aan jou. Wat jy daarmee maak, is jou geskenk aan Hom Vir my is die lewe God se geskenk aan jou en wat jy daarmee maak, is jou geskenk aan Hom.

17 “You have the brush, you have the colors, you paint paradise, then in you go!” Nikos Kazanzakis
Dit was Nikos Kazanzakis wat iewers aangrypend geskryf het: “You have the brush, you have your colors, you paint paradise, then in you go!”

18 Wat maak ons met ons geleenthede?
God gee ons die moontlikhede om die beste uit die lewe te haal en so Sy naam groot te maak. Maar wat maak ons van die geleenthede?

19 Wat was die derde slaaf se probleem?
Ons is soms so bang om risiko’s te neem soos die derde slaaf van ons storie. Kom kyk na Jesus se storie. In die storie van Jesus was daar ’n derde slaaf - hy het een goue muntstuk ontvang. Wat was sy probleem?

20 Sy angs maak hom lam Eerstens, sy angs maak hom lam. Waarvoor is hy bang? Hy is bang vir ’n hemelse ouditeur wat sy lewensboek gaan nasien. Maar God is nie ’n ouditeur nie.

21 “The only bookkeeper in the story was the servant who had a fear for a non-existent audit en therefore hid his talent in the ground!” Daarom het een geleerde gesê: “The only bookkeeper in the story was the servant who had a fear for a non-existent audit en therefore hid his talent in the ground!”

22 Vrees maak dat ons ‘veilig speel’
Hierdie vrees laat ons veilig speel. Hierdie neiging om veilig te speel, kom by ons almal voor, ons is gedurig in die versoeking om nie ons self te gee nie. Onthou, jy kan nie ’n omelet maak as jy nie die eiers breek nie.

23 “Jy mis 100% van die houe wat jy nooit neem nie” Wayne Gretzky
Of soos Wayne Gretzky, beste yshokkiespeler ooit, heel tereg opgemerk het: “Jy mis 100% van die houe wat jy nooit neem nie!”

24 Die derde slaaf wou nie risiko’s neem nie
Tweedens, weier die derde slaaf om risiko’s te neem - dis die grootste gevaar van die lewe en die punt van die Jesus-storie - ’n persoon wat geen risiko neem nie, doen niks, het niks en is niks.

25 Jy moet uit die boot uit klim as jy op die water wil loop
’n Skilpad beweeg net as hy sy nek uitsteek! Gelowiges waag, soos Petrus - ten minste het hy uitgeklim terwyl die res bang in die boot bly sit het - wat op die water geloop het, al was dit net ’n paar treë. Ons moet uit die boot klim as ons op water wil loop. Jy moet uit jou dop kruip, jou nek uitsteek as jy wil beweeg. (Soos die vissie sal jy moet waag as jy regtig wil leef!)

26 Moenie ’n on-geleefde lewe vir God gee nie
Derdens, die gevolg van so ’n angs, is dat jy ’n on-geleefde lewe vir God teruggee. Jy het nooit geleef nie - wat ’n fiasko!

27 “You can’t be charged with an error, unless you touch the ball”
Daar is ’n ou bofbal gesegde: “You can't be charged with an error, unless you touch the ball.”

28 Leef asof God vandag terugkom!
Vierdens, jy moet dus jou lewe leef asof God vanmiddag terugkom. Môre is nie iets in ons woordeskat nie, want die Here gaan onverwags kom soos die eienaar in die gelykenis. Van uitstel kom afstel. Doen dit nou!

29 "Things You Didn't Do“ Leo Buscaglia Die aanhaling is beskikbaar in die vorm van ’n nous-clip by Om die clip af te laai, kliek op die internet-adres (die hyperlink) terwyl jy op die internet is. "Things You Didn't Do" Leo Buscaglia Remember the day I borrowed your brand new car and I dented it? I thought you'd kill me, but you didn't. And remember the time I dragged you to the beach and you said it would rain and it did? I thought you'd say "I told you so", Do you remember the time I flirted with all the guys to make you jealous, and you were? I thought you'd leave me, Do you remember the time I spilled strawberry pie all over your car rug? I thought you'd hit me, And remember the time I forgot to tell you the dance was formal and you showed up in jeans? I thought you'd drop me, Yes there were lots of things you didn't do. But, you put up with me, and you loved me, and you protected me. There were lots of things I wanted to make up to you when you returned from Vietnam. But you didn't.

30 Lewe voluit deur die goeie te doen!
Die Here wil hê ons moet voluit lewe deur die goeie te doen. Soos dit in die gelykenis verduidelik word. Liefde laat die goue muntstuk meer word. Dit is hoe ’n mens waak en wag op Jesus se koms: waag om lief te hê, al kry jy dit nie terug nie.

31 Watter verskil het jy op aarde gemaak. Het jy die lewe geniet
Watter verskil het jy op aarde gemaak? Het jy die lewe geniet? Het jy goed gesorg vir jou naaste? ’n Man het vir ’n wyse man gevra: Hoe sal die oordeelsdag wees? Die wyse man het geantwoord: “Op die dag van oordeel sal God na jou kyk en vra: “Watter verskil het jou lewe op aarde gemaak? Het jy die lewe geniet? Het jy goed gesorg vir jou naaste?” Op die drie vrae moet ons vandag antwoord en die res van ons lewe dit uitleef…

32 Liefde is die ‘bottom-line’
Liefhê is die “bottom-line”. Die Here vra nie baie nie….net water, brood, ’n besoek, ens.

33 Die storie van die ‘glipsie’ in die klas
(Jy kan die agtergrond van die Powerpoint ook hieraan koppel) Daar is ’n storie oor ’n nege jarige seun wat nie meer kon knyp nie. Voordat hy kon keer, lê daar skielik ’n plassie op die grond en sy broek is nat! Hy besef as die seuns uitvind, sal hulle hom vir die res van sy skoolloopbaan spot en as die meisies uitvind, sal hulle verseker nooit weer met hom praat nie. Die seuntjie begin dadelik bid: “Liewe Jesus, hier is ’n noodgeval! Ek het dringend hulp nodig!” Toe hy opkyk storm die juffrou op hom af...sy het dit gesien! Dis koebaai met hom! Skielik struikel Suzie, een van die klasmaats, met die klas se goudvissie bak in haar hand. Sy keer die hele bak op die seun se skoot uit. Hy maak of hy kwaad is, maar bid: “Dankie, Jesus! Dankie!” Nou is almal simpatiek teenoor die seun. In plaas daarvan dat hulle hom spot as hulle van sy blaps sou uitvind. Terwyl die juffrou hom neem om droë klere aan te trek, vertel almal vir Suzie dat sy darem nou baie probleme veroorsaak het. Daardie middag by die bushalte stap die seun na Suzie en fluister: “Jy het dit met opset gedoen!” Sy fluister terug: “Ek het ook al in die klas ’n glips gehad!”

34 Hoe leef en praat jy ’n goeie woord?
Hoe leef en praat jy ’n goeie woord? Deur te onthou dat jy ook eenmaal daardeur was of as jy nog nie deur so iets is nie, is dit net deur die genade van God.

35 Hoe waag jy? Hoe waag jy?

36 “You dare your Yes -- and experience a meaning
“You dare your Yes -- and experience a meaning. You repeat your Yes -- and all things acquire meaning. When everything has meaning, how can you live anything but a Yes?” Onthou wat Dag Hammarskjöld gesê: “You dare your Yes -- and experience a meaning. You repeat your Yes -- and all things acquire meaning. When everything has meaning, how can you live anything but a Yes?” Daarom waag jy om jou ja vir Jesus uit te leef…

37 Goeie en getroue werker!
Eendag was daar ’n besigheidsman wat aan sy werkers die volgende toevertrou het: R (hy verdubbel dit), R (hy verdubbel dit), R (hy begrawe dit). ’n Vierde werker het R geneem en toe die besigheidsman hom vra wat daarvan geword het, antwoord hy: “Ek het met die geld gewoeker, ek het ’n risiko geneem, maar het misluk. Ek het R van U geld verloor…” Die eienaar het geglimlag : “Mooi so goeie en getroue werker. Jy het gedoen soos gevra is. Oor min was jy getrou en oor baie sal ek jou aanstel… Kom in en deel in my vreugde!”

38 Ons is nie geroep om dit ‘veilig te speel’ nie!
Christene word geroep om te lewe, nie ’n “speel veilig” lewe nie, maar ’n “neem waagstukke/risiko’s” lewe -- risiko’s vir God en ander. God het alles gewaag in Jesus. Ons word ook opgeroep om risiko’s te neem vir die lewe en die liefde. “For when the One Great Scorer comes to write against your name, He marks not that you won or lost but how you played the game!”

39 Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

40 Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

41 Volgende week: Matteus 25:31-46 Volgende week: Matt 25:31-46


Download ppt "Matteus 25:14-30 Matteus 25:14-30 Die profetiese rede: die gelykenis van die muntstukke (Ook in Luk 19:11–27) 14”Verder gaan dit soos met ’n man wat op."

Similar presentations


Ads by Google