Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

en dank en loof Hom, prys sy Naam.

Similar presentations


Presentation on theme: "en dank en loof Hom, prys sy Naam."— Presentation transcript:

1 en dank en loof Hom, prys sy Naam.
100: 1 Juig almal tot Gods lof en eer, kom dien met blydskap God die Heer. Kom met gejubel voor Hom saam en dank en loof Hom, prys sy Naam.

2 Erken dié God en sy gesag. Hy hou oor ons, sy kudde, wag.
Psalm 100:2 Erken dié God en sy gesag. Hy hou oor ons, sy kudde, wag. Laat ons as volk die Heer aanbid. Hy't ons gemaak as sy besit.

3 Gaan by sy tempel in en sing en bring jul dank met jubeling.
Psalm 100: 3 Gaan by sy tempel in en sing en bring jul dank met jubeling. Sy goedheid, liefde en sy trou sal Hy vir altyd onderhou.

4 Ek wil 'n lied sing tot u eer, sing van u reg en liefde, Heer.
101: 1 Ek wil 'n lied sing tot u eer, sing van u reg en liefde, Heer. Kom U na my toe, kom, my Heer; wanneer kom help U my, wanneer?

5 Ek wil my huis bevry van kwaad; dit wat verkeerd is, sal ek haat,
Psalm 101:2 Ek wil my huis bevry van kwaad; dit wat verkeerd is, sal ek haat, hom uitwis wat in laster praat, en dit wat sleg is, sal ek laat.

6 Dié wat opreg van lewe is, op God vertrou, die eerbares,
Psalm 101:3 Dié wat opreg van lewe is, op God vertrou, die eerbares, mag vir my werk en by my bly; leuens en bedrog sal ek bestry.

7 Net hul wat eer aan U betoon word van vernietiging verskoon.
Psalm 101:4 Net hul wat eer aan U betoon word van vernietiging verskoon. Net hul mag in u stad bly woon. Ek maak die land van onreg skoon.

8 Here, luister en verhoor my, help my en ontferm U oor my.
102: 1 Here, luister en verhoor my, help my en ontferm U oor my. Elke dag verdwyn soos rook. In my word 'n vuur gestook.

9 Ek is uitgedroogde veldgras. Aan my bene kleef my vel vas.
Psalm 102:1 (vervolg) Ek is uitgedroogde veldgras. Aan my bene kleef my vel vas. Ek het in my pyn vergeet, Here, om my brood te eet.

10 Eensaam is ek en verslae soos 'n voëltjie wat sag klae.
Psalm 102:2 Eensaam is ek en verslae soos 'n voëltjie wat sag klae. Ek sal soos 'n pelikaan in die dor woestyn vergaan. Hoor hoe hul dit op my uithaal en my naam gebruik as vuiltaal. Hoor, die vyand gaan te keer, heeldag word ek verkleineer.

11 Omdat ek in diepe nood is, tewens, Heer, deur U verstoot is,
Psalm 102:3 Omdat ek in diepe nood is, tewens, Heer, deur U verstoot is, eet ek brood uit as berei, trane is die drank vir my. Opgetel en weggegooi weer maak U my tot barre strooi, Heer. In die laaste lig staan ek by my skadu, lank gerek.

12 Nogtans, Here, heers U ewig. In u hande rus als stewig.
Psalm 102:4 Nogtans, Here, heers U ewig. In u hande rus als stewig. Tot die laaste nageslag is U daar, Heer, elke dag. Kom die tyd van u genade, sien ons u verlossingsdade. Here, U sal U ontferm, U sal Sion steeds beskerm.

13 daaroor is ons hart bewoë; oor sy puin is ons begaan,
Psalm 102:5 Gun aan Sion mededoë, daaroor is ons hart bewoë; oor sy puin is ons begaan, elke klip daar gaan ons aan. Vrees Hom, konings, alle nasies, Hy herstel weer ons murasies. Op die tyd deur Hom gestel, sal Hy Sion weer herstel.

14 Sion is deur Hom herstel. Al die komende geslagte
Psalm 102:6 Loof Hom vir sy medelye nou en later, alle tye. Hou dan aan om te vertel. Sion is deur Hom herstel. Al die komende geslagte hou dit vas in die gedagte. Hul sal hom, van harte bly, weer opnuut 'n lofsang wy.

15 Dié wat naby aan die dood was, hul wat arm en ontbloot was,
Psalm 102:7 Dié wat naby aan die dood was, hul wat arm en ontbloot was, het Hy uit hul nood gered - Hy wat op die aarde let. Ons is naby Hom en veilig selfs al woon Hy ver en heilig. In sy oor was ons gekerm, in sy oog is ons beskerm.

16 Hoog sal God se Naam geroem word, in Jerusalem genoem word,
Psalm 102:8 Hoog sal God se Naam geroem word, in Jerusalem genoem word, waarheen al die volke kom om hul diens te wy aan Hom. Daar bring baie koninkryke aan Hom hulle huldeblyke. Dienend sal hul voor Hom buig as hul van hul lof getuig.

17 Breekbaar is ek en verganklik, heeltemal van Hom afhanklik.
Psalm 102:9 Breekbaar is ek en verganklik, heeltemal van Hom afhanklik. Vroeg reeds in my jeug moes ek deur beproewing dit ontdek. Maar, o Here, laat die lewe my nie in my fleur begewe. U wat ewig voortbestaan, laat my tog nie nou al gaan.

18 Alles gaan verslyt soos klere. U alleen is ewig, Here.
Psalm 102:10 Alles gaan verslyt soos klere. U alleen is ewig, Here. Wat bestaan het, gaan verby; U alleen, net U sal bly. Wie U dien se nageslagte hou U egter in gedagte. Hulle wat hul aan U wy, kry 'n land om in te bly.

19 God wil ek loof met alles
103: 1 God wil ek loof met alles wat in my is ek wil Hom prys omdat Hy goed vir my is.

20 Ek sal sy goedheid altyd bly onthou.
Psalm 103:1 (vervolg) Ek sal sy goedheid altyd bly onthou. Hom wil ek prys vir al sy goeie dade - Hy wat vergifnis skenk deur sy genade. Sy Naam is heilig en Hy is getrou.

21 en kroon my met sy liefde en ontferming;
Psalm 103:2 Hy bied teen dood en siekte my beskerming en kroon my met sy liefde en ontferming; van dit wat my bedreig, maak Hy my vry; Hy gee vir my die goeie so oorvloedig; in alles maak die Here my voorspoedig, en jeugdig soos 'n arend maak Hy my.

22 Die Here is vol liefde en lankmoedig.
Psalm 103:3 Die Here is vol liefde en lankmoedig. Hy is in sy geregtigheid oorvloedig. Aan Moses is sy wil bekend gestel; Hy het sy volk gelei na hu bevryding en Hy verlos verdruktes van hul lyding. Sy weg is voorgehou aan Israel.

23 Sy liefde, ver bo alle taal verhewe,
Psalm 103:4 Sy liefde, ver bo alle taal verhewe, sal al ons sondes onvergeld vergewe. Hy is onmeetbaar lief vir wie Hom dien, so groot,daar is geen maatstaf voor te kry nie. Hy sal nie kwaad vir ons vir altyd bly nie en sal na ons behoeftes om bly sien

24 beskrywing dit benader. Hy wil ons van ons sondelas genees.
Psalm 103:5 So ver neem Hy ons sondes weg as Vader ons kan met geen beskrywing dit benader. Hy wil ons van ons sondelas genees. Veel hoër reik sy liefde uit in waarde as wat die hemel uitstyg bo die aarde vir hulle wat Hom dien en eer en vrees.

25 Die Here is ons stoflikheid gedagtig,
Psalm 103:6 Die Here is ons stoflikheid gedagtig, ons is 'n korte lewensduur deelagtig, soos van 'n veldblom, kwesbaar, of soos gras.

26 Die Here weet waarvan Hy bly daar 'n leegte, altyd, waar ons was.
Psalm 103:6 (vervolg) Die Here weet waarvan Hy ons gemaak het. As die woestynwind ons eers aangeraak het, bly daar 'n leegte, altyd, waar ons was.

27 Maar ewig duur die liefde van die Here.
Psalm 103:7 Maar ewig duur die liefde van die Here. Hy heers tot in die hoogste, verste sfere. Vir wie Hom dien en sy gebooie hou, duur God se trou bestendig deur geslagte,en almal, alles leef in sy gedagte. Hy eis aan sy verbond voortdurend trou.

28 Engele, kom, kom hemelwesens magtig, dié wat Hom dien, kom
Psalm 103:8 Engele, kom, kom hemelwesens magtig, dié wat Hom dien, kom loof die Heer eendragtig, laat almal wat Hom eer die Here loof;

29 ons, mense wat deur Hom geskep is, almal,laat hoor jul lof daar
Psalm 103:8 (vervolg) ons, mense wat deur Hom geskep is, almal,laat hoor jul lof daar waar Hy heers, daar oral. Ek sal Hom loof. Laat ons die Here loof.

30 Ek wil die Here loof en prys. Beklee met luisterryke prag,
104: 1 Ek wil die Here loof en prys. Beklee met luisterryke prag, soos Hy sy grootheid aan ons wys, dra Hy die lig as koningsdrag.

31 U span die hemelhoë boog net soos 'n tentdoek teen die lig.
Psalm 104:2 U span die hemelhoë boog net soos 'n tentdoek teen die lig. Daarbo het U 'n woonplek hoog bo-oor die waters ingerig.

32 U swewe op die wind se vlerk. U laat die wind u boodskap sprei;
Psalm 104:3 Dis U wat op die wolke ry. U swewe op die wind se vlerk. U laat die wind u boodskap sprei; U laat die weerlig vir U werk.

33 Die aarde is onwankelbaar. Groot waters is deur U getem :
Psalm 104:4 Die aarde is onwankelbaar. Groot waters is deur U getem : In laagtes het U dit vergaar in plekke deur u krag bestem.

34 U het daaraan 'n grens gestel, U het die vloei daarvan bepaal,
Psalm 104:5 U het daaraan 'n grens gestel, U het die vloei daarvan bepaal, U wat fonteine op laat wel en water in 'n stroom laat straal.

35 U laat die wildedonkies drink, en voëls maak langs die water nes;
Psalm 104:6 U laat die wildedonkies drink, en voëls maak langs die water nes; hul kwetter vrolik en rinkink. Die diere kom hul dors daar les.

36 U laat dit op die berge reën, die gras loop vir die diere uit.
Psalm 104:7 U laat dit op die berge reën, die gras loop vir die diere uit. Met voedsel word die mens geseën wat uit die aarde vir hom spruit.

37 U laat die mens die goeie smaak as U hom laaf en U hom voed,
Psalm 104:8 U laat die mens die goeie smaak as U hom laaf en U hom voed, met wyn word harte bly gemaak, vir die gesig is olie goed.

38 Die bome is deur Hom geplant waar voëltjies hulle neste bou.
Psalm 104:9 Die bome is deur Hom geplant waar voëltjies hulle neste bou. Die hoë berg hou Hy in stand waar dassies skuil en bokke hou

39 U is die Skepper van die maan om vaste tye aan te gee;
Psalm 104:10 U is die Skepper van die maan om vaste tye aan te gee; die son weet hy moet onder gaan, U deel u wysheid aan hom mee.

40 Snags roer die diere in die bos deur U met duisternis bedek;
Psalm 104:11 Snags roer die diere in die bos deur U met duisternis bedek; die leeus wat brul gaan soek hul kos en ligdag sluip hul na hul plek.

41 Die mens begin dan met sy taak; tot teen die aand doen hy sy werk.
Psalm 104:12 Die mens begin dan met sy taak; tot teen die aand doen hy sy werk. Dis U wat oor die tye waak, ons kom en gaan vir ons bewerk.

42 U het die aarde vol geskep, in wysheid en in skone prag,
Psalm 104:13 U het die aarde vol geskep, in wysheid en in skone prag, die see, sy diere, vloed en eb; die skepe vaar daar met hul vrag.

43 Dis U wat lewensasem wek en plante uit die grond laat spruit,
Psalm 104:14 Dis U wat lewensasem wek en plante uit die grond laat spruit, maar word u hand teruggetrek, dan vloei die lewe uit hul uit.

44 Mag al u werk U vreugde gee, geen einde kom aan al U roem.
Psalm 104:15 Mag al u werk U vreugde gee, geen einde kom aan al U roem. U is met mag en krag beklee, U maak deur net te kyk en noem.

45 Ek wil die eer van God besing; ek wil my in die Heer verbly,
Psalm 104:16 Ek wil die eer van God besing; ek wil my in die Heer verbly, so lank ek leef my lof Hom bring. Mag wat ek peins sy guns verkry.

46 Laat sondaars voor sy oog verdwyn. Hy wat sy grootheid aan ons wys,
Psalm 104:17 Laat sondaars voor sy oog verdwyn. Hy wat sy grootheid aan ons wys, wat in sy kleed van lig verskyn - Hom wil ek loof, Hom wil ek prys.

47 Laat dit tot alle nasies uitgaan: Laat ons sy wonders bly besing
105: 1 Loof God se Naam en roep dit luid aan. Laat dit tot alle nasies uitgaan: Laat ons sy wonders bly besing

48 en onder hulle aandag bring. Wees bly en lewe met Hom saam.
Psalm 105:1 (vervolg) en onder hulle aandag bring. Kom, roem Hom, heilig is sy Naam. Wees bly en lewe met Hom saam.

49 Soek sy teenwoordigheid en almag. Dink aan die wonders van sy opdrag.
Psalm 105:2 Soek sy teenwoordigheid en almag. Dink aan die wonders van sy opdrag. Dink, Abraham se nageslag, dink aan die Here se gesag, hoe Hy met ons, sy volk, verkeer - ons, uitverkore deur die Heer.

50 Vir ewig leef in sy gedagte sy woord vir duisende geslagte -
Psalm 105:3 Vir ewig leef in sy gedagte sy woord vir duisende geslagte - met Abraham sy trou verbond, die eed aan Isak uit sy mond, soos ook vir Jakob ingestel. Hy gee die land aan Israel.

51 Toe hulle min was, vreemdelinge, 'n swerwersvolkie, 'n geringe,
Psalm 105:4 Toe hulle min was, vreemdelinge, 'n swerwersvolkie, 'n geringe, is niemand deur Hom toegelaat om hulle te verdruk of skaad. Selfs konings is deur Hom vermaan: "Dit is my volk, raak hul nie aan."

52 Dis tóé dat hul sy plan besef het toe hongersnood hul land getref het:
Psalm 105:5 Dis tóé dat hul sy plan besef het toe hongersnood hul land getref het: Die middelaar in God se hand was Josef in Egipteland As vreemdelinge is hul daar gevoed deur die Egiptenaar.

53 het Hy sý straf oor hul laat afstort. Tien plae het Hy uitgestuur
Psalm 105:6 Maar toe die hand wat voed 'n straf word, het Hy sý straf oor hul laat afstort. Tien plae het Hy uitgestuur om hulle lewens te versuur. Die sprinkaan het hul oes verteer; kaal was hul lande en niks meer.

54 Wat had hul van die weer te lye, hul wingerdstok en wildevye,
Psalm 105:7 Wat had hul van die weer te lye, hul wingerdstok en wildevye, hul diere, deur die hael geslaan... God het sy toorn sy gang laat gaan, hul eersgeborenes getref. Sy erns het hul tóé besef.

55 Hy het deur Moses en Aäron hul t'ruggebring na hulle oorsprong.
Psalm 105:8 Hy het deur Moses en Aäron hul t'ruggebring na hulle oorsprong. Hy het sy volk weer uitgelei, van die Egiptenaars bevry. Hy het gesorg vir hul behoud, belaai met silwer en met goud.

56 Van hulle het nie een beswyk nie,
Psalm 105:9 Van hulle het nie een beswyk nie, nie een het eers weer t'ruggekyk nie. 'n Wolk is oor ons uitgesprei terwyl Hy ons beskut en lei, en snags het Hy vir elke tree vir hul 'n vuur se lig gegee.

57 Sy honger volk het Hy genadig met kwartels en met brood versadig.
Psalm 105:10 Sy honger volk het Hy genadig met kwartels en met brood versadig. Hy het hul toe met hemelkos van hongersnood en dood verlos. Hy het, toe hul om water smeek, die rots vir hulle oopgebreek.

58 Sy volk kon juigend trek en veilig. Sy woord aan Abraham was heilig.
Psalm 105:11 Sy volk kon juigend trek en veilig. Sy woord aan Abraham was heilig. Hy het dit eerlik nagekom: 'n Land het hul gekry van Hom. Wees aan sy woorde steeds getrou en prys Hom wat ons onderhou.

59 Kom loof Gods liefde onbeperk, want groot en magtig is sy werk
106: 1 Kom loof Gods liefde onbeperk, want groot en magtig is sy werk en onbeskryflik is sy dade. Dié mense sal sy guns geniet wat doen wat God se reg gebied, en hulle deel in sy genade.

60 waarvan U, Heer, die redder is, wil hierdie liefde my ook toesê.
Psalm 106:2 U volk, u uitverkorenes, waarvan U, Heer, die redder is, wil hierdie liefde my ook toesê. Van daardie mense, u besit, hul vreugde, Here, gun my dit. Laat ek ook altyd daaraan deel hê.

61 Ons het gesondig teen u trou, teen wat ons dankbaar moes onthou
Psalm 106:3 Ons het gesondig teen u trou, teen wat ons dankbaar moes onthou tesame met die voorgeslagte. Ons moes, u Erenaam getrou, hoe U vergewe, bly onthou, u wonders en u reddingskragte.

62 U het hul deur die see laat gaan, deur die woestyn hul weg gebaan
Psalm 106:4 U het hul deur die see laat gaan, deur die woestyn hul weg gebaan waarheen U hul, verlos, gebring het. Maar dit was gou alweer vergeet toe daardie kalf, wat plante vreet, as afgod U by hul verdring het.

63 Hul het U, God van trou, verraai en die beloofde land versmaai
Psalm 106:5 Hul het U, God van trou, verraai en die beloofde land versmaai en U ten uiterste getreiter. Tog het U telkens weer gered, geluister na hul smeekgebed, hul ontrou en gemor ten spyte.

64 Al het hul dwalend weggesink, het Hy aan sy verbond bly dink
Psalm 106:6 Al het hul dwalend weggesink, het Hy aan sy verbond bly dink en hulle dan maar weer vergewe. Hul het geroep in hulle nood. Sy liefde is so trou en groot, dis bo die mens se kwaad verhewe

65 Laat ons u Naam en lof besing- uit al die volke saamgebring,
Psalm 106:7 Laat ons u Naam en lof besing- uit al die volke saamgebring, ter wille van dié lof versamel. Want heilig is die Heer se Naam. Prys dan die Here, prys Hom saam, en laat die volk dit uitsing: Amen.

66 Loof God, Hy wat getrou is
107: 1 Die mense wat behou is, moet sê: "Ons is bevry! Loof God, Hy wat getrou is hoe goed vir ons is Hy."

67 het hulle uit die noorde,
Psalm 107:1(vervolg) Sy liefde, grenseloos, het hulle uit die noorde, die suide, wes en oos gebring uit álle oorde.

68 hul na die stad gaan haal, van dors en van verdwaal.
Psalm 107:2 Hy het uit dor woestyne hul na die stad gaan haal, verlos van hongerpyne, van dors en van verdwaal. Hy het hul t'ruggevat, weg uit die onbekende na die bewoonde stad, bevry uit die ellende.

69 Hul noodroep is beantwoord; laat hul Hom dank bewys.
Psalm 107:3 Hul noodroep is beantwoord; laat hul Hom dank bewys. Hul is nou waar hul tuishoort; laat hul Hom loof en prys. Laat hulle dit onthou: Sy goedheid ken geen perke. Onthou sy liefdestrou, besing sy wonderwerke.

70 Party was ongehoorsaam, geboei, gevangenes. Hul is van Hom vereensaam
Psalm 107:4 Party was ongehoorsaam, geboei, gevangenes. Hul is van Hom vereensaam daar waar dit donker is. Hy het hul daar laat knak, laat swig vanweë die swaarkry, hul inmekaar laat sak; alleen moes hulle swaar ly.

71 Toe roep hul en Hy antwoord en breek die grendels oop.
Psalm 107:5 Toe roep hul en Hy antwoord en breek die grendels oop. Hul is nou waar hul tuishoort, hul kan weer vryuit loop. Laat hulle dit onthou: Sy goedheid is onpeilbaar. Besing sy liefdestrou; dit is en bly onfeilbaar.

72 Toe roep hul en Hy antwoord en breek die grendels oop.
Psalm 107:6 Toe roep hul en Hy antwoord en breek die grendels oop. Hul is nou waar hul tuishoort, hul kan weer vryuit loop. Laat hulle dit onthou: Sy goedheid is onpeilbaar. Besing sy liefdestrou; dit is en bly onfeilbaar.

73 Hul roep het Hy beantwoord; Hul het die dood ontkom.
Psalm 107:7 Hul roep het Hy beantwoord; Hul het die dood ontkom. Nou is hul waar hul tuishoort deur net één woord van Hom. Laat hulle dit onthou; wees bly en wees Hom dankbaar. Bring offers weens sy trou, sy dade onoortrefbaar.

74 Wie van die see bestaan het, het daarop uitgevaar,
Psalm 107:8 Wie van die see bestaan het, het daarop uitgevaar, en wáár hul uitgegaan het sy wonderkrag ervaar. Die wind het opgesteek en hulle rondgeskommel. Hul moed het Hy gebreek, die takelwerk verfrommel.

75 niks werd hul seemansraad; dít het hul met hul skepe
Psalm 107:9 Hul seile was in repe, niks werd hul seemansraad; dít het hul met hul skepe sleg in die steek gelaat. Hul roep na Hom oorstelp. hul smeek Hom uit die onweer. Hul kon, deur Hom gehelp, verheug hul rigting omkeer.

76 Die noodroep is beantwoord. Hy het die storm bedwing.
Psalm 107:10 Die noodroep is beantwoord. Hy het die storm bedwing. Na hawens waar hul tuishoort, het Hy hul t'ruggebring. Laat hulle dit onthou, getuig by die volksbyeenkoms getuig van God se trou en van sy hulp en uitkoms.

77 Hy maak dáár dor woestyne waar water was en groei
Psalm 107:11 Hy maak dáár dor woestyne waar water was en groei en laat ontspring fonteine wat deur die dorsland vloei. Hul hand bewerk die land, hul vee teel aan in oorvloed. Hul oes van wat hul plant, hul huise leef in voorspoed.

78 Die onderdrukkers tref Hy met sy vernedering.
Psalm 107:12 Die lydendes verhef Hy al was hul hoe gering, Die onderdrukkers tref Hy met sy vernedering. Hy sal hul rond laat dwaal, hul in verwarring dompel. Hul wêreld maak hy kaal, vervalle en verskrompel.

79 Hy maak die swakkes vrugbaar tot in hul nageslag.
Psalm 107:13 Hy maak die swakkes vrugbaar tot in hul nageslag. Hul sal in alles goed vaar; Hy maak hul lewe sag. Dié wat dit kon aanskou: Die onreg is beëindig. wees wys, let op sy trou, opregtes, wees verstandig.

80 Ek voel weer veilig by U, Heer; ek wil ‘n lied sing tot u eer;
108: 1 Ek voel weer veilig by U, Heer; ek wil ‘n lied sing tot u eer; my blydskap, Here, wil ek vier met mooi musiek van harp en lier.

81 Die rooidag wil ek wakker maak wanneer ek soggens vroeg ontwaak.
Psalm 108:2 Die rooidag wil ek wakker maak wanneer ek soggens vroeg ontwaak. U trou wat reik tot in die wolk besing ek onder elke volk.

82 Verhef u eer oneindig hoog, ver hoër as die hemelboog.
Psalm 108:3 Verhef u eer oneindig hoog, ver hoër as die hemelboog. Oor alles, Heer, voer U gesag; toon dan die grootheid van u mag.

83 Dit is die antwoord van die Heer: "Ek sal oor Sigem triomfeer,
Psalm 108:4 Dit is die antwoord van die Heer: "Ek sal oor Sigem triomfeer, k gee dit aan my volk as buit; die Sukkotlaagte deel Ek uit."

84 "Manasse en Efraim, albei, ook Gilead behoort aan My,
Psalm 108:5 "Manasse en Efraim, albei, ook Gilead behoort aan My, oor Juda heers Ek koninklik, oor Moab sal Ek ook beskik,"

85 "My juigkreet word ook uitgedra oor Edom en Filistea,
Psalm 108:6 "My juigkreet word ook uitgedra oor Edom en Filistea, oor elke streek waar Ek regeer en as oorwinnaar triomfeer."

86 Wie sal ons Edom toe kan vat en lei na sy versterkte stad?
Psalm 108:7 Wie sal ons Edom toe kan vat en lei na sy versterkte stad? Gaan U ons langer, Heer, verstoot, alleen laat uittrek in ons nood?

87 Die mens se hulp is ydelheid; staan by ons, Here, in die stryd.
Psalm 108:8 Die mens se hulp is ydelheid; staan by ons, Here, in die stryd. Ons steun op God se heerserskap. Hy sal die vyand self vertrap.

88 U wat ek loof, God, luister tog as ek u bystand vra.
109: 1 U wat ek loof, God, luister tog as ek u bystand vra. Ek word met woorde vol bedrog deur leuenaars aangekla.

89 My liefde word begroet met haat, die goeie word vergeld met kwaad,
Psalm 109:2 My liefde word begroet met haat, terwyl ek bid, o Heer, die goeie word vergeld met kwaad, en wraak vir my begeer:

90 "As regter oor hom aangestel, laat sy gebed selfs teen hom tel,
Psalm 109:3 "As regter oor hom aangestel, wil ons 'n booswig hê; laat sy gebed selfs teen hom tel, as klag teen hom gelê."

91 "Vind hom nou skuldig, vonnis hom, straf dié wat hom bemin;
Psalm 109:4 "Vind hom nou skuldig, vonnis hom, straf dié wat hom bemin; mag hy gou aan sy einde kom, laat ly sy huisgesin."

92 "Laat dan daarna die woekeraars, laat kom daarna die plunderaars
Psalm 109:5 "Laat dan daarna die woekeraars, wat hy besit, kom buit; laat kom daarna die plunderaars wat roof, en roei hom uit."

93 "Laat dan sy nageslag niks erf, laat niks hul lot versag.
Psalm 109:6 "Laat dan sy nageslag niks erf, laat niks hul lot versag. Laat hul op soek na kos rondswerf. Wis uit sy nageslag."

94 Die onreg van sy voorgeslag, die sondes van sy ma,
Psalm 109:7 Die onreg van sy voorgeslag, die sondes van sy ma, onthou dit tot die laaste dag, laat van hul naam niks na."

95 "Hy was teen mense liefdeloos hy het die mense hulpeloos
Psalm 109:8 "Hy was teen mense liefdeloos in armoede en nood; hy het die mense hulpeloos vervolg tot in die dood."

96 "Laat hy sy eie vloek beleef Laat dit soos klere aan hom kleef,
Psalm 109:9 "Laat hy sy eie vloek beleef oor ander uitgespreek. Laat dit soos klere aan hom kleef, laat seën hom ontbreek."

97 Dié mense wat só teen my praat, vergeld hul met hul eie kwaad,
Psalm 109:10 Dié mense wat só teen my praat, wat kwaad vir my begeer, vergeld hul met hul eie kwaad, laat kom dit op húl neer.

98 O Here, handel goed met my kom red my, God, en staan my by
Psalm 109:11 O Here, handel goed met my ter wille van u Naam; kom red my, God, en staan my by soos dit u trou betaam.

99 My hart is inmekaargetrek, en hulpeloos en arm is ek
Psalm 109:12 My hart is inmekaargetrek, lank is my skaduwee, en hulpeloos en arm is ek 'n sprinkaan, weggevee.

100 My knieë knak, my lyf is maer, meewarig word ek aangestaar
Psalm 109:13 My knieë knak, my lyf is maer, ek word bespot, verag; meewarig word ek aangestaar deur dié wat my belag.

101 Help my in liefde en in trou
Psalm 109:14 Help my in liefde en in trou dat mense dit kan merk: U het, o Here, my behou, u hand het dit bewerk.

102 Waar hulle vloek, daar sal U seën Hul kla my aan; U, daarenteen,
Psalm 109:15 Waar hulle vloek, daar sal U seën en U sal my verhoor. Hul kla my aan; U, daarenteen, sal hulle laat verloor.

103 Terwyl ek dan in blydskap leef, Mag dit soos klere aan hul kleef.
Psalm 109:16 Terwyl ek dan in blydskap leef, sal skande hul oordek. Mag dit soos klere aan hul kleef. U dienaar, Heer, is ek.

104 Ek prys Hom voor die skare luid. veroordeeldes dié laat Hy uit
Psalm 109:17 Ek prys Hom voor die skare luid. Hy staan die armes by; veroordeeldes dié laat Hy uit hul word deur Hom bevry.

105 Dit het die Heer belowe vir my koning: "Sit aan my regterhand,“
110: 1 Dit het die Heer belowe vir my koning: "Sit aan my regterhand,“ het Hy gespreek, “en in die stryd behaal jy die oorwinning; Ek sal jou vyande se mag verbreek."

106 As God aan u die septer in die hand gee,
Psalm 110:2 As God aan u die septer in die hand gee, uit Sion, as die teken van u mag, dan sê die Heer: "Regeer die vyand daarmee." U volk staan vir die stryd gereed en wag.

107 As u u krag wil monster op die stryddag, staan elke krygsman
Psalm 110:3 As u u krag wil monster op die stryddag, staan elke krygsman dagbreek aangetree. Hul staan daar jonk en sterk die dag en afwag, reeds vir die stryd wat heilig is, geklee.

108 eed van trou nie t'rugtrek, u priesterskap sal u vir altyd sier.
Psalm 110:4 Die Here sal sy eed van trou nie t'rugtrek, u priesterskap sal u vir altyd sier. As priester sal u dien soos Melgisedek, en God se toorn sal u laat seëvier.

109 Voor hom verdelg Hy elke ander koning.
Psalm 110:5 Voor hom verdelg Hy elke ander koning. Die water uit 'n stroom sal hom versterk; hy drink dit langs die pad na sy oorwinning. Oorwinnings word vir hom deur God bewerk.

110 Kom met die opregtes saam, loof sy werke, prys sy Naam.
111: 1 Kom met die opregtes saam, loof sy werke, prys sy Naam. Wie in vreugde daaroor dink, laat ‘n loflied oor Hom klink. Laat ons met ontsag Hom noem, in ons lied die Here roem

111 Luisterryk, vol majesteit is sy groot barmhartigheid.
Psalm 111:2 Luisterryk, vol majesteit is sy groot barmhartigheid. Al sy dade word onthou; Hy's standvastig in sy trou.  Laat ons met ontsag Hom noem, in ons lied die Here roem

112 Hy voed hulle wat Hom dien; in sy trou het Hy voorsien.
Psalm 111:3 Hy voed hulle wat Hom dien; in sy trou het Hy voorsien. Sy verbond hou altyd stand. Hy behoed sy volk se land.  Laat ons met ontsag Hom noem, in ons lied die Here roem

113 Hy's op trou en reg gesteld; wat Hy voorskryf, sal bly geld.
Psalm 111:4 Hy's op trou en reg gesteld; wat Hy voorskryf, sal bly geld. Aan Hom bly sy volk verbind. Wysheid is by Hom te vind.  Laat ons met ontsag Hom noem, in ons lied die Here roem

114 vind hy vreugde in sy God. God gee hom 'n nageslag
112: 1 Luister hy na sy gebod, vind hy vreugde in sy God. God gee hom 'n nageslag in die land, 'n sterke krag. God wat oorvloed het, voorsien; ryk is elkeen wat Hom dien.

115 en is blywend in die land. Ook aan ander doen hy reg;
Psalm 112:2 Al sy dade die hou stand en is blywend in die land. Ook aan ander doen hy reg; uit sy volheid gee hy weg.  God wat oorvloed het, voorsien; ryk is elkeen wat Hom dien.

116 veilig, seëvierend wees. Magteloos smag dié daarna
Psalm 112:3 Hy sal altyd onbevrees, veilig, seëvierend wees. Magteloos smag dié daarna wat hul goddeloos gedra.  God wat oorvloed het, voorsien; ryk is elkeen wat Hom dien.

117 Sing, halleluja, prys sy Naam. Sing, dienaars van die Here, saam,
113: 1 Sing, halleluja, prys sy Naam. Sing, dienaars van die Here, saam, Sing nóú, vanaf die son se opgang. Loof Hom wanneer die son verskyn, hou aan totdat hy weer verdwyn. Sing vir die Heer altyd 'n lofsang.

118 Hy het oor elke volk gesag; Hy het oor gans die skepping mag.
Psalm 113:2 Hy het oor elke volk gesag; Hy het oor gans die skepping mag. Het God se grootheid sy gelyke? Wie woon soos Hy so hemelhoog en kyk met sy alsiende oog in hemelse en aardse ryke?

119 Hy rig die armes op uit as, verhoog dié wat verneder was.
Psalm 113:3 Hy rig die armes op uit as, verhoog dié wat verneder was. Hy laat hul sit by die vernames. Die bar vrou kry 'n huisgesin, sy vind daar baie vreugde in. Sing, loof Hom wat so groot van Naam is.

120 Toe Israel weg uit Egipte trek, het Juda sy besit geword,
114: 1 Toe Israel weg uit Egipte trek, het Juda sy besit geword, en Israel het sy gewyde plek, sy magsgebied en land geword.

121 en t'ruggedraai het die Jordaan. soos lammers in verwondering.
Psalm 114:2 Die see het voor Hom op die vlug geslaan en t'ruggedraai het die Jordaan. Die berge het soos ramme rondgespring, soos lammers in verwondering.

122 Wat laat jou, see, van Israel af vlug,
Psalm 114:3 Wat laat jou, see, van Israel af vlug, en hoe, Jordaan, draai jy dan t'rug; wat is dit wat jul in beroering bring, wat, berge, rante, laat jul spring?

123 Die aarde bewe as die Heer verskyn, Hy wat oor berg en see regeer.
Psalm 114:4 Die aarde bewe as die Heer verskyn, Hy wat oor berg en see regeer. Die rots word kuil, die klip word 'n fontein. Dis alles onder sy beheer.

124 nie vir ons nie is die eer. Alle eer word U gegee;
115: 1 Nie aan ons nie, Here, nee, nie vir ons nie is die eer. Alle eer word U gegee; kom u Naam toe, God, ons Heer, U die God van egte trou, wat ons vas in liefde hou.

125 Hy wat in die hemel troon, wat Hy wil, dit kan Hy doen.
Psalm 115:2 Hy wat in die hemel troon, wat Hy wil, dit kan Hy doen. Maar 'n afgod kry gewoon uit 'n mens se hand fatsoen. Durf die heiden dan beweer: Nêrens is hul God en Heer.

126 daardie lippe, daardie mond? Blind is daardie blink gelaat,
Psalm 115:3 So 'n afgod, kan hy praat, daardie lippe, daardie mond? Blind is daardie blink gelaat, daardie oë groot en rond. Goud of silwer: die pupil en die mond is blind en stil.

127 Daardie ore, kan hul hoor? Daardie neus daar, kan dit ruik?
Psalm 115:4 Daardie ore, kan hul hoor? Daardie neus daar, kan dit ruik? Voete het hy, maar waarvoor? Kan hy daardie hand gebruik? Soos die beeld deur hom gehóú, Word hý wat dié god vertrou.

128 Hy beskerm en Hy help jou. Priesters van sy heiligdom,
Psalm 115:5 Israel, vertrou op Hom, Hy beskerm en Hy help jou. Priesters van sy heiligdom, julle kan op Hom vertrou. Goed word deur Hom omgesien na hul wat die Here dien.

129 Hy sal ons onthou en seën. Vromes, almal, klein en groot,
Psalm 115:6 Hy sal ons onthou en seën. Vromes, almal, klein en groot, volk en priesters, iedereen word gehelp in tyd van nood. Goed word deur Hom omgesien na hul wat die Here dien.

130 Mag Hy, waar hy woon, alleen, mag Hy oor die aarde waak.
Psalm 115:7 Mag Hy, waar hy woon, alleen, mag Hy oor die aarde waak. Mag Hy julle almal seën, mag Hy julle talryk maak. Óns, wat lewe, prys die Heer, Halleluja! Gee Hom eer.

131 God het ek lief, omdat Hy my verhoor.
116: 1 God het ek lief, omdat Hy my verhoor. Ek was beangs; het na my geluister. Toe ek Hom roep vanuit die dood se duister. "Heer, red my tog"; het Hy my stem gehoor.

132 God is genadig, Hy hoor my gebed.
Psalm 116:2 God is genadig, Hy hoor my gebed. Aan hulpeloses bied Hy sy ontferming. Die magtelose vind by Hom beskerming. Hy is regverdig, Hy het my gered.

133 Waar U my trane nou beëindig het,
Psalm 116:3 Waar U my trane nou beëindig het, moet ek my in u goeie guns verlustig. Ek moet nou onbekommerd wees en rustig. Van dood en struikeling is ek gered.

134 Ek het in U steeds my geloof behou, selfs toe my moed en
Psalm 116:4 Ek het in U steeds my geloof behou, selfs toe my moed en krag my wou begewe. Sodat ek U kan dien, kon ek bly lewe. Op U alleen, o God, kon ek vertrou.

135 Van God se redding wil ek nou getuig.
Psalm 116:5 Van God se redding wil ek nou getuig. Wat bied ek Hom vir al sy wonderdade? Ek roem Hom voor sy volk vir sy genade. Ek sal my offers bring en voor Hom buig.

136 Ek sal getrou U met my lewe dien. Juis in my nood het U my raakgesien.
Psalm 116:6 Ek sal getrou U met my lewe dien. Ons dood sien U as geen geringe saak nie Het U, o Heer, my dan nie vrygemaak nie? Juis in my nood het U my raakgesien.

137 Voor almal sal ek Hom my dank bewys.
Psalm 116:7 Voor almal sal ek Hom my dank bewys. Ek sal voor God my hou by my beloftes, en ek betaal Hom altyd my geloftes. Daar in sy huis sal ek die Here prys.

138 Sing halleluja tot Gods eer, loof, alle nasies, prys die Heer;
117 Sing halleluja tot Gods eer, loof, alle nasies, prys die Heer; sy liefde is almagtig, sterk, sy trou is ewig, onbeperk. Loof, alle nasies, prys die Heer, sing halleluja tot sy eer.

139 Kom, loof die Heer se liefdesdade, getuig daarvan, o Israel,
118: 1 Kom, loof die Heer se liefdesdade, getuig daarvan, o Israel, en eindeloos is sy genade, laat almal dit bly oorvertel.

140 Ek het in swaar omstandighede en nood verkeer, ek was benoud;
Psalm 118:1 (vervolg) Ek het in swaar omstandighede en nood verkeer, ek was benoud; ek het geroep in my gebede, die Here God was my behoud.

141 God staan my by, ek ken geen vrees nie.
Psalm 118:2 God staan my by, ek ken geen vrees nie. Kan iémand ooit iéts doen aan my? In nood sal ek alleen nooit wees nie want God is altyd aan my sy. Vertrou jy op 'n mens, 'n hoë, vra jy dat hý jou hulp verskaf? Wie God vertrou, staan nooit bedroë, kom altyd beter daarvan af.

142 Van oral soos 'n swerm bye het nasies alkant my beleër.
Psalm 118:3 Van oral soos 'n swerm bye het nasies alkant my beleër. Maar God het in sy medelye van my hul aanval afgeweer. In vlamme van 'n vuur wat knetter, het hulle in sy gloed beland. In God se Naam is hul verpletter. Hul was nie teen sy krag bestand.

143 Hoe groot en kragtig is die dade van Hom deur wie ons triomfeer!
Psalm 118:4 Hoe groot en kragtig is die dade van Hom deur wie ons triomfeer! Hoe groot en kragtig sy genade! Hoor net hoe juig ons in die Heer. Hoe swaar en hard ook sy kastyding, ek is gespaar om te getuig: Uiteindelik gee Hy bevryding. Hoor hoe die laer oor Hom juig.

144 Die deur wat altyd vir ons oopstaan, vir almal wat regverdig is,
Psalm 118:5 Die deur wat altyd vir ons oopstaan, vir almal wat regverdig is, staan oop vir my dat ek kan ingaan na Hom met my getuienis. Ek wil Hom met 'n loflied toesing. Ek is verhoor in my gebed. Ek wil Hom loof vir my verlossing; Hy het my van die dood gered.

145 Die klip wat eers 'n plek ontsê is as bousteen in die groot gebou -
Psalm 118:6 Die klip wat eers 'n plek ontsê is as bousteen in die groot gebou - die steunpunt waar dit ingelê is, is later daaraan toevertrou. Dit is vir almal helder sigbaar, wie oë het, kan dit bemerk. Dit is alleen vir ons verklaarbaar as goddelike wonderwerk.

146 Dit is die dag wat Hy gemaak het.
Psalm 118:7 Dit is die dag wat Hy gemaak het. Kom, laat ons juig, want God is goed. Hy wat in nood oor ons gewaak het, laat ons Hom in sy huis ontmoet. Vra dat Hy voorspoed gee en loof Hom; vra om sy redding; kom, juig saam. Wees bly en prys wie in sy Naam kom, ontvang sy seën en prys sy Naam.

147 Hy is die God van alle lewe en Hy was goed vir ons gewees.
Psalm 118:8 Hy is die God van alle lewe en Hy was goed vir ons gewees. Hy het ons met sy lig omgewe. Wuif takke en begin die fees. U is my God, ek loof u grootheid, ek loof die wonders van u hand. Kom, loof die Here om sy goedheid; sy liefde hou vir ewig stand.

148 Salig is hulle wat so handel soos voorgeskrywe deur Gods wet;
119: 1 Salig is hulle wat so handel soos voorgeskrywe deur Gods wet; die wat opreg in hulle wandel, op sy verordeninge let. Aan u gebooie eis U trou. Ek moet van onreg my weerhou.

149 Laat van u wet my nooit nie los staan. Ag, as ek maar standvastig was.
Psalm 119:2 Laat van u wet my nooit nie los staan. Ag, as ek maar standvastig was. Op al u woorde wil ek ag slaan. Bind my aan u gebooie vas. Moet my tog nie verlaat nie, Heer. Ek wil U loof vir wat U leer.

150 Hoe leef 'n jongmens skoon en suiwer? Deur na te volg wat U bepaal.
Psalm 119:3 Hoe leef 'n jongmens skoon en suiwer? Deur na te volg wat U bepaal. Dan hoef hy nooit te staan en huiwer of ooit te vrees hy sal verdwaal. Wat U bepaal het, moet ek leer; dit is teen sonde my verweer.

151 my lippe sal elkeen herhaal; dis groter as die grootste rykdom;
Psalm 119:4 Al u bevele wil ek nakom, my lippe sal elkeen herhaal; dis groter as die grootste rykdom; hoe heerlik is wat U bepaal. Ek noem verruk dit oor en oor, met vreugde dink ek steeds daaroor.

152 Doen aan my goed, gun my die lewe, ek wil U dien; U kan my red.
Psalm 119:5 Doen aan my goed, gun my die lewe, ek wil U dien; U kan my red. Laat nooit dié insig my begewe, die wonderwerking van u wet. Ek is 'n vreemdeling op reis, wat smag dat U die weg my wys.

153 U straf dié wat hul van U afkeer en nie na u gebooie vra.
Psalm 119:6 U straf dié wat hul van U afkeer en nie na u gebooie vra. Wil hulle smaad tog van my afweer, want ek kom u bepalings na. Maghebbers kan komplotte smee, ek weet U sal my uitkoms gee.

154 O Heer, versterk, verdiep my insig in wat u woord verordineer.
Psalm 119:7 O Heer, versterk, verdiep my insig in wat u woord verordineer. Laat ek my hele lewe inrig volgens wat U bepaal en leer. Maak dan my hart daarop gesteld en nie op winsbejag en geld.

155 Here, laat niks my aandag aflei van die bepalings van u wet:
Psalm 119:8 Here, laat niks my aandag aflei van die bepalings van u wet: Gee dat ek my aan U sal toewy, help my, soos U belowe het. Laat loop my op die regte weg en maak my lewend deur u reg.

156 Ek sal u woord vertrou en huldig. U trou is my verweer, o God.
Psalm 119:9 Ek sal u woord vertrou en huldig. U trou is my verweer, o God. Red my van hul wat vals beskuldig en in hul hoogmoed my bespot. Ek sal u wet voor konings noem, my sonder skroom daarop beroem.

157 Ek hoop op U in tyd van swaarkry op die beloftes aan u kneg.
Psalm 119:10 Ek hoop op U in tyd van swaarkry op die beloftes aan u kneg. Ek wil my, Here, aan u diens wy, aan u getuienis geheg. Wat U beveel, bly ek betrag, selfs in die diepste van die nag.

158 God, U is goed, ook selfs in swaarkry.
Psalm 119:11 God, U is goed, ook selfs in swaarkry. Ek is verdruk, met smaad bejeën. So wou U my na U teruglei; dit was uiteindelik 'n seën. Ek volg u wet weer op die voet. Ook deur beproewing doen U goed.

159 Die mense wat u wette minag, dis hulle, Heer, wat my ontstel,
Psalm 119:12 Die mense wat u wette minag, dis hulle, Heer, wat my ontstel, maar ek hou my by elke opdrag, by elke voorskrif en bevel. Die strikke wat hul vir my stel, waarom sal dit my dan nog kwel?

160 Trotses mag my dan maar beledig, hul kom daar immers sleg van af.
Psalm 119:13 Trotses mag my dan maar beledig, hul kom daar immers sleg van af. Ek sal my met u woord verdedig en hulle sal hulself bestraf. Wat U verorden, laat hul koud; dit is vir my meer werd as goud.

161 Gee my in u gebooie insig - ek wat gemaak is deur u hand.
Psalm 119:14 Gee my in u gebooie insig - ek wat gemaak is deur u hand. Laat ek my lewe daarna inrig, gee U my daarvoor die verstand. En laat die ander saam met my hul in u diens, o Heer, verbly.

162 Ek word vervolg, in leed gedompel deur valses en hovaardiges.
Psalm 119:15 Ek word vervolg, in leed gedompel deur valses en hovaardiges. O Heer, gee uitkoms, ek verskrompel, tog hou ek aan u wette vas. Heer, laat my leef, dat ek ontroer al u bevele uit kan voer.

163 U woord is vas gegrondves, ewig, heg in die hemel waar dit staan.
Psalm 119:16 U woord is vas gegrondves, ewig, heg in die hemel waar dit staan. U het die aarde vas bevestig, wat U gebied, sal nooit vergaan. U trou duur van die voorgeslag, tot in die verste nageslag.

164 Nooit sal u wette my begewe; my redding lê in u gebod.
Psalm 119:17 Nooit sal u wette my begewe; my redding lê in u gebod. Dit gee aan my 'n nuwe lewe, red my, u eiendom, my God. Gebind is alles aan die tyd; u woord is grenseloos en wyd.

165 U woord is soet gevul met wysheid, dit hou my op die regte pad.
Psalm 119:18 U woord is soet gevul met wysheid, dit hou my op die regte pad. Vol liefde peins ek daaroor altyd om dit ten volle te bevat. Die wysheid wat ek daaruit haal, verhinder dat ek sal verdwaal.

166 Net soos 'n lamp wat my die weg wys, verlig u woord die pad vir my.
Psalm 119:19 Net soos 'n lamp wat my die weg wys, verlig u woord die pad vir my. Regverdig, Heer, is u verbondseis, en met 'n eed hou ek daarby. Dit is my dankbare besit; met vreugde onderhou ek dit.

167 Wie hink op twee gedagtes haat ek, maar liefdevol eer ek u wet.
Psalm 119:20 Wie hink op twee gedagtes haat ek, maar liefdevol eer ek u wet. U is my skild, U is my skuilplek, red my soos U belowe het. Heer, maak my vry en gee my krag. Dit is u woord waarop ek wag.

168 Alle bewerkers van die onreg, ontroues, bly hulself mislei.
Psalm 119:21 Alle bewerkers van die onreg, ontroues, bly hulself mislei. Die wederstrewiges, staan ver weg: ék wil aan U gehoorsaam bly. Hul is soos waardelose skuim en hul word uit die weg geruim.

169 Wanneer u woord vir mense oopgaan dan bring dit kennis, dit bring lig.
Psalm 119:22 Wanneer u woord vir mense oopgaan dan bring dit kennis, dit bring lig. Laat skyn, voor ek die nagwaak ingaan, oor my, o Heer, u aangesig. U woord bepeins ek deur die nag. Skenk my die lig waarop ek wag.

170 Dié wat oortree, is ongehoorsaam; dit laat my walg, dit staan my teen.
Psalm 119:23 Dié wat oortree, is ongehoorsaam; dit laat my walg, dit staan my teen. Dié wat u wette verontagsaam, dit laat my strome trane ween. Here, gryp in teen wie oortree; geen uitkomkans sal U hul gee.

171 Ek word nie deur die mag betower van hulle wat my wil verdruk.
Psalm 119:24 Ek word nie deur die mag betower van hulle wat my wil verdruk. Soos iemand wat 'n skat verower, so put ek uit u woord geluk. Wat U gebied, dit sal ek ag met vrees en bewende ontsag.

172 Ek haat die leuentaal met afsku maar het u wette lief, o Heer.
Psalm 119:25 Ek haat die leuentaal met afsku maar het u wette lief, o Heer. Ek prys U elke dag en loof U, ononderbroke, keer op keer. Diegene wat u wet bemin vind vrede, Here, steeds daarin.

173 Maak oop u woord, laat dit my voorlig; wil u beloftes, Heer, volbring.
Psalm 119:26 Maak oop u woord, laat dit my voorlig; wil u beloftes, Heer, volbring. Omdat u woord my lei tot insig, sal ek u lof, o Heer, besing. Gee op my smeking daarom ag, gee my die hulp waarna ek smag.

174 Sonder u woord, Heer, is ek raadop, ek laat my altyd daardeur lei;
Psalm 119:27 Sonder u woord, Heer, is ek raadop, ek laat my altyd daardeur lei; wat U gebied, dit stel ek voorop; dit rig my voet, dit maak my vry. As ek van u gebod afdwaal, kom soek my, Here, kom my haal.

175 God, my hulp, is daar soos altyd in die dag van my benardheid;
120: 1 God, my hulp, is daar soos altyd in die dag van my benardheid; Hy het my gebed verhoor: Red my, Heer, van die verraaier, "valsaard en die woordverdraaier. Gee my aan sy tong nie oor."

176 Jy, bedrieër, wat nie omgee hoedat God teen jou sal optree,
Psalm 120:2 Jy, bedrieër, wat nie omgee hoedat God teen jou sal optree, weet: Sy pyl tref raak en skerp. Hy sal soos 'n wakker krygsman boog en pyle teen jou styfspan - kole sal Hy op jou werp.

177 Hoe ellendig, Here, was ek daar in Kedar en in Mesek -
Psalm 120:3 Hoe ellendig, Here, was ek daar in Kedar en in Mesek - daar waar hul die vrede haat. Vrede bly my groot begeerte, maar hul praat van oorlog, Here, as my mond van vrede praat.

178 Ek sien die berge en ek vra waar kom my hulp vandaan?
121: 1 Ek sien die berge en ek vra waar kom my hulp vandaan? Die Here hoor my aan: Hy sal my vóór ek struikel dra; sy waaksame ontferming bied teen gevaar beskerming.

179 Oor jou is Hy altyd begaan. Hy't berg en see gemaak
Psalm 121:2 Oor jou is Hy altyd begaan. Hy't berg en see gemaak en kan oor jou ook waak; steek van die son, kwaad van die maan, al is dit hoe gevaarlik. Hy red jou wonderbaarlik

180 Die Here God waak dag en nag. Hy hou oor jou vir altyd wag.
Psalm 121:3 Die Here God waak dag en nag. Hy wat sy volk bewaar, red jóú ook van gevaar. Hy hou oor jou vir altyd wag. Hy is jou toegeneë, altyd, op al jou weë.

181 Met blydskap hoor ek roep 'n stem; Kom, ons gaan na Jerusalem.
122: 1 Met blydskap hoor ek roep 'n stem; Kom, ons gaan na Jerusalem. Hier is Gods huis, hier is ons nou; o stad, ons voete staan in jou.

182 Hoe stewig is die stad gebou, sterk saamgevoeg, goed saamgehou.
Psalm 122:1 (vervolg) Hoe stewig is die stad gebou, sterk saamgevoeg, goed saamgehou. Want soos die Here voorgeskryf het: Dis hierheen waar sy stamme kom, hier loof hul Hom, hier prys hul Hom, hier waar die koning sy verblyf het.

183 Onthou die stad in jul gebed, dié wat 'n liefde daarvoor het;
Psalm 122:2 Onthou die stad in jul gebed, dié wat 'n liefde daarvoor het; bid dat hul rustig daarin woon. Daar rig die regter op sy troon. Ek sal vir rus en vrede bid,

184 vir broers en vriende vra ek dit. Jerusalem, ek gun jou vrede,
Psalm 122:2 (vervolg) vir broers en vriende vra ek dit. Jerusalem, ek gun jou vrede, dis waar ons God se woning staan. Sodat dit met jou goed sal gaan dink ek aan jou in my gebede.

185 U, Here, heerser in die hemel hoog; wees vir ons toeganklik.
123: 1 U, Here, heerser in die hemel hoog; Op U rig ek my oog. Hoor ons dan aan en wees vir ons toeganklik.

186 Ons ken ons swakheid en ons onvermoë en pleitend is ons oë.
Psalm 123:1 (vervolg) Ons is van U afhanklik. Ons ken ons swakheid en ons onvermoë en pleitend is ons oë. Só sien ons vir ontferming op na Hom van wie ons hulp af kom.

187 Ons sien vir u ontferming op na U ons is van spot versadig.
Psalm 123:2 Ons sien vir u ontferming op na U ons is vir smaad al sku. Wees ons genadig, Heer, wees ons genadig ons is van spot versadig.

188 Vir ons was daar veragting in 'n oorvloed van mense in hul oormoed.
Psalm 123:2 (vervolg) Vir ons was daar veragting in 'n oorvloed van mense in hul oormoed. Meer as genoeg het ons gehad, o God, van trotsaards wat ons spot.

189 Het God die oormag nie vir ons bestry
124: 1 Het God die oormag nie vir ons bestry dit moet ons uit erkentlikheid bely vir seker het ons nie die stryd gewen. Laat ons as volk dit openlik erken: Hý het ons van die mensemag bevry.

190 So het die Heer ons ondergang verhoed.
Psalm 124:2 So het die Heer ons ondergang verhoed. Die wrede vyand was 'n watervloed. Gewis en seker het ons omgekom as ons alleen moes klaarkom sonder Hom. Hul aanvalswoede was 'n vlammegloed.

191 die vyand is deur daardie krag verslaan.
Psalm 124:3 Die ganse skepping het deur Hom ontstaan; die vyand is deur daardie krag verslaan. Hy het ons voor die vyand laat ontglip soos voëls ontsnap uit 'n gebreekte wip. Hy is ons hulp, Hy het ons bygestaan.

192 Wie op die Here bly vertrou sal altyd vas bly staan;
125: 1 Wie op die Here bly vertrou sal altyd vas bly staan; hul is net soos die Sionsberg, hul sal nooit ondergaan.

193 Net soos die berge alkant hoog só sluit die Heer altyd gevaar
Psalm 125:2 Net soos die berge alkant hoog Jerusalem omsluit, só sluit die Heer altyd gevaar van die opregtes uit.

194 God sal regverdiges bewaar van vreemde heerskappy -
Psalm 125:3 God sal regverdiges bewaar van vreemde heerskappy - 'n mag wat hulle tot verval en misdaad sal verlei.

195 Doen, Here, aan die goeies goed; maak dié wat dwaal tot niet;
Psalm 125:4 Doen, Here, aan die goeies goed; maak dié wat dwaal tot niet; en laat dan Israel, u volk, u vrede, Heer, geniet.

196 Soos Sionsberg onwrikbaar bly en onbeweeglik staan,
sal almal wat die Heer bely, nooit wankel of vergaan.

197 Jerusalem, deur berg omskans, Die Heer sal so sy volk omkrans, -
Psalm 125b:2 Jerusalem, deur berg omskans, is veilig teen gevaar. Die Heer sal so sy volk omkrans, - hul altyd trou bewaar.

198 'n Bose mag sal nie regeer So word die kwaad deur God beheer,
Psalm 125b:3 'n Bose mag sal nie regeer oor wie teen onreg stry. So word die kwaad deur God beheer, kan misdaad nie gedy.

199 Wie kwaad bedryf, die word verdoem - Mag Israel wat die goeie doen
Psalm 125b:4 Wie kwaad bedryf, die word verdoem - die Here tref hul swaar. Mag Israel wat die goeie doen sy vrede steeds ervaar.

200 Verander tog, o Heer, ons lot. Die nasies sal dit sien, o God,
126: 1 Verander tog, o Heer, ons lot. Die nasies sal dit sien, o God, en hulle sal daarvan getuig; hul hoor ons sing, hul hoor ons juig.

201 Dit maak ons bly, ons sing dit uit: U maak vir ons die droë spruit
Psalm 126:2 Dit maak ons bly, ons sing dit uit: U maak vir ons die droë spruit 'n ryk en volle waterstroom; ons lot verander in 'n droom.

202 Hy wat die saaisak huilend dra, hy oes al juigend agterna;
Psalm 126:3 Hy wat die saaisak huilend dra, hy oes al juigend agterna; dié wat met trane saai en sug, kom met die gerwe juigend t'rug.

203 Te swak is so 'n huis om stand te hou. Vergeefs word sonder Hom
127: 1 Vergeefs word sonder God jou huis gebou. Te swak is so 'n huis om stand te hou. Vergeefs word sonder Hom die stad bewaak. Vergeefs word alles sonder Hom gemaak.

204 slaap en moeitevol bestaan. Vir hulle wat Hy liefhet daarenteë
Psalm 127:2 Vergeefs word vroeg die môre opgestaan, word laat gaan slaap en moeitevol bestaan. Vir hulle wat Hy liefhet daarenteë sal Hy in hulle slaap dit alles gee,

205 Ook kinders is geskenke van die Heer;
Psalm 127:3 Ook kinders is geskenke van die Heer; en seuns kan dien as pyle van verweer, en dit sal goed met daardie vader gaan aan wie God seuns gee om hom by te staan

206 Met kinders leef hy altyd sonder vrees, want by die
Psalm 127:4 Met kinders leef hy altyd sonder vrees, want by die stadspoort sal hul met hom wees; in al sy onderhandelinge daar sal hy voorspoedig teen die vyand vaar.

207 soos God wil en Hóm vrees.
128: 1 Geseënd hy wat handel soos God wil en Hóm vrees. Wie op Sy weë wandel, hý sal gelukkig wees.

208 Jy word gevoed met goedheid, die opbrengs van jou arbeid,
Psalm 128:1 (vervolg) Jy word gevoed met goedheid, jy wat die Here dien; die opbrengs van jou arbeid, dít sal jou oë sien.

209 Net soos 'n wynstok, vrugbaar, is in jou huis jou vrou;
Psalm 128:2 Net soos 'n wynstok, vrugbaar, is in jou huis jou vrou; soos jong olywe staan daar jou kinders rondom jou. So sal jou huis in bloei staan, jý wat die Here dien. Mag dit met jou so goed gaan dat jy jou kindskind sien.

210 Dit alles wat jou deel word, Mag Hy sy seën dan uitstort
Psalm 128:3 Dit alles wat jou deel word, is God se gunsbetoon. Mag Hy sy seën dan uitstort uit Sion waar Hy woon. Mag jy dan ook belewe hoe bloei Jerusalem, hoe vréde hom omgewe vir Israel bestem.

211 Ek is steeds swaar verdruk, sê Israel, ek was van jongs af
129: 1 Ek is steeds swaar verdruk, sê Israel, ek was van jongs af reeds nie daarvan vry nie; hul het 'n ploegland van my rug gemaak maar hulle kon my tog nie onderkry nie.

212 Die Here het die toue losgesny waarmee die goddeloses my wou vasknoop.
Psalm 129:2 Die Here het die toue losgesny waarmee die goddeloses my wou vasknoop. Hy, wat regverdig is, het ons bevry; in hulle eie strikke hul laat vasloop.

213 groei maar gou tot niet gaan. En hulle sal geen seëngroet ontvang
Psalm 129:3 Laat dié wat Sion haat, verdroog soos gras wat op die kleidak groei maar gou tot niet gaan. En hulle sal geen seëngroet ontvang van dié wat toekyk en net daar verbygaan.

214 Uit dieptes van die duister
roep ek U smekend aan; as U vergewend luister, net dan kan ek bestaan.

215 U skenk aan my vergifnis
Psalm130a:1 (vervolg) U wat my sonde uitwis, my in die afgrond sien, U skenk aan my vergifnis sodat ek U kan dien.

216 - Hy wat sy woord sal hou - soos wagters op die môre,
Psalm130a:2 Só wag ek op die Here - Hy wat sy woord sal hou - soos wagters op die môre, omdat ek Hom vertrou. Op Hóm wat so getrou is, wag, Israel, ja wag! Verlossing en vergifnis kan Hy alleen vermag.

217 Uit donker dieptes roep ek; hier waar, aan leed gekluister,
130b: 1 Uit donker dieptes roep ek; U, Here, roep ek aan, hier waar, aan leed gekluister, ek vrees om te vergaan!

218 U wat uit nood en wanhoop
Psalm 130b:1 (vervolg) Sal U, o God, tog luister - u oor gedraai na my - U wat uit nood en wanhoop u gunsgenote lei?

219 Maar, Heer, van ons oortredings U, God van groot vergewing,
Psalm 130b:2 Oor sonde wat bly klewe, werp ek my voor U neer; teen U, o God verhewe, kan ek my nie verweer. Maar, Heer, van ons oortredings maak U geen optelsom; U, God van groot vergewing, laat sondaars na U kom.

220 Soos wagters na die ooste Wag, Israel, op verlossing
Psalm 130b:3 Soos wagters na die ooste die oog verlangend rig, so soek ek in gebede o, Heer, u aangesig. Wag, Israel, op verlossing totdat die môre straal en God na nag en lyding sy seën op ons laat daal.

221 Uit dieptes, gans verlore, van redding ver vandaan,
130c: 1 Uit dieptes, gans verlore, van redding ver vandaan, waar hoop se laaste spore in wanhoop my vergaan;

222 uit diep van donker nagte en laat my jammerklagte
Psalm 130c:1 (vervolg) uit diep van donker nagte roep ek, o Here, hoor, en laat my jammerklagte tog opklim in u oor!

223 wie sou een enk'le stonde voor U, o Heer, bestaan?
Psalm 130c:2 As U, o Heer, die sonde na reg wou gadeslaan, wie sou een enk'le stonde voor U, o Heer, bestaan? Maar nee, daar is vergewing altyd by U gewees; daarom word U met bewing reg kinderlik gevrees.

224 só wag my siel, en sterker, die nag in daagraad keer.
Psalm 130c:3 Soos een wat op die mure as wagter uitgestel, gedurigdeur die ure met sy gedagte tel – só wag my siel, en sterker, gedurig op die Heer, tot Hy, die Ligbewerker, die nag in daagraad keer.

225 Hoop, Isr'el, in jou klagte; vertrou, o volk, wat treur;
Psalm 130c:4 Hoop, Isr'el, in jou klagte; vertrou, o volk, wat treur; sy guns verduur die nagte, sy heil breek eind'lik deur. Dan skyn 'n soete vrede: gans Israel word vry van ongeregtighede. Heer, doen ook so aan my!

226 Geen strewe jaag ek na bo my vermoë,
131: 1 Geen strewe jaag ek na bo my vermoë, geen trots of hoogmoed is daar in my oë. Sal ek die groter dinge wil oortref en sal ek my, o Heer, teen U verhef?

227 'n Kind rus in sy moeder se beskerming.
Psalm 131:2 'n Kind rus in sy moeder se beskerming. So vind ek vrede, Heer, in u ontferming. Wag, Israel, vertrou Hom deurentyd. Wag op die Here tot in ewigheid.

228 Dink, Heer, aan Dawid, dink daaraan Hy het so baie deurgestaan.
132: 1 Dink, Heer, aan Dawid, dink daaraan Hy het so baie deurgestaan. Hy het voor U 'n eed gesweer ter wille van u Naam se eer:

229 "Geen slaap of sluimer gun ek my voor ek 'n plek vir Hom berei,
Psalm 132:2 "Geen slaap of sluimer gun ek my voor ek 'n plek vir Hom berei, 'n woning, 'n verblyf vir Hom, eers dán sal ek tot rus kan kom."

230 Die ark, gehaal bo uit Jaär ons sal dit in Gods huis bewaar.
Psalm 132:3 Die ark, gehaal bo uit Jaär ons sal dit in Gods huis bewaar. Kom laat ons waar die Here woon aanbiddend neerbuig voor sy troon.

231 Trek op na waar u rusplek wag; neem saam die ark, Heer, van u krag.
Psalm 132:4 Trek op na waar u rusplek wag; neem saam die ark, Heer, van u krag. Heer, laat u priesters triomfeer, u troue dienaars jubileer.

232 Verstoot nie u gesalfde, Heer, ter wille van u eed gesweer.
Psalm 132:5 Verstoot nie u gesalfde, Heer, ter wille van u eed gesweer. Ek weet U sal U wel getrou aan u verbond met Dawid hou:

233 "Jou eie seun, jou eie kind, voer ná jou koningskap bewind.
Psalm 132:6 "Jou eie seun, jou eie kind, voer ná jou koningskap bewind. Jou nageslag sal bly regeer, as hulle hou by wat Ek leer".

234 'n Huis is Sion vir die Heer. Hy het dit self verordineer:
Psalm 132:7 'n Huis is Sion vir die Heer. Hy het dit self verordineer: "Ek seën hom, Ek sorg vir hom, Ek sien ook na sy armes om."

235 "Sy priesters sal daar triomfeer, my troue dienaars jubileer.
Psalm 132:8 "Sy priesters sal daar triomfeer, my troue dienaars jubileer. Daar vestig Ek sy koninkryk, die vyand sal ontkrag toekyk."

236 as hulle saam in liefde heg verbind is,
Waar broers saam woon, as hulle eensgesind is, as hulle saam in liefde heg verbind is, hoe goed is dit, hoe mooi geaard.

237 vanaf die hare loop die oorvloed deur tot in die priesterlike baard.
Psalm 133a:1 (vervolg) Dit is soos olie, vloeiend, ryk van geur, vanaf die hare loop die oorvloed deur tot in die priesterlike baard.

238 Só is dit waar die eensgesindes lewe - soos dou wat op die
Psalm 133a:2 Só is dit waar die eensgesindes lewe - soos dou wat op die Hermon val en swewe en ver op Sion daal dit neer. So wonderlik is dit, so lieflik skoon, Gods seën rus waar eensgesindes woon, vir altyd leef hul by die Heer.

239 as broers in vrede saamwoon - soos salwingsolie van Aäron afstroom,
Hoe goed is dit as broers in vrede saamwoon - soos salwingsolie van Aäron afstroom, oor hoof en baard tot by sy soom.

240 die dou van Hermonsberg, wat daal op Sion, soos 'n sagte reën
Psalm 133b:1 (vervolg) Dit is soos dou, die dou van Hermonsberg, wat daal op Sion, soos 'n sagte reën waar broers só leef, gee God sy seën.

241 Kom prys die Here, prys sy Naam, dié wat Hom dien, kom loof Hom saam;
hef snags die hande op na Hom en prys Hom in sy heiligdom.

242 Jy kan van Hom, wat als vermag, uit Sion ryke seën verwag.
Psalm 134a:2 Jy kan van Hom, wat als vermag, uit Sion ryke seën verwag. Jy kan altyd op Hom vertrou - uit Sion seën die Here jou.

243 All people that on earth do dwell,
134b: 1 All people that on earth do dwell, sing to the LORD with cheerful voice. Serve him with joy, his praises tell, come now before him and rejoice!

244 Know that the LORD is God indeed; he formed us all without our aid.
Psalm 143b:2 Know that the LORD is God indeed; he formed us all without our aid. We are the flock he comes to feed, the sheep who by his hand were made.

245 O enter then his gates with joy,
Psalm 143b:3 O enter then his gates with joy, within his courts his praise proclaim. Let thankful songs your tongues employ, O bless and magnify his name.

246 Because the LORD our God is good, his mercy is forever sure.
Psalm 143b:4 Because the LORD our God is good, his mercy is forever sure. His faithfulness at all times stood and shall from age to age endure.

247 Prys die Here,prys sy Naam, tempeldienaars van die Heer.
135: 1 Prys die Here,prys sy Naam, tempeldienaars van die Heer. Dis wat elke kneg betaam. Hy is goed, bewys Hom eer. Lieflik is die Heer se Naam. Al sy dienaars prys Hom saam.

248 Hóm wat hul as God aanbid. Naas Hom is geen God soos Hy
Psalm 135:2 Jakob is sy eiendom, uitverkies as sy besit. Israel behoort aan Hom Hóm wat hul as God aanbid. Naas Hom is geen God soos Hy wie se grootheid ek bely.

249 Wat Hy wil, dit sal geskied, alles volg sy wil gedwee
Psalm 135:3 Wat Hy wil, dit sal geskied, alles volg sy wil gedwee wat Hy hul ook al gebied, hemel, aarde en die see. Wind en wolke gaan Hy haal; vir die reën die weerligstraal.

250 het die Here ons laat gaan. Veilig het Hy ons gelei;
Psalm 135:4 Van die farao bevry, het die Here ons laat gaan. Veilig het Hy ons gelei; baie nasies is verslaan. Hulle land is ons geskenk. Laat ons dan sy Naam gedenk.

251 oor ons saak voer U gesag. van geslag tot nageslag.
Psalm 135:5 Here, U is altyd daar, oor ons saak voer U gesag. U het ons as volk bewaar van geslag tot nageslag. U doen, Here aan ons reg, U ontferm U oor u kneg.

252 Wat die nasies het, is stom, blind en doof en van metaal.
Psalm 135:6 Wat die nasies het, is stom, blind en doof en van metaal. Werk wat uit hul hande kom, dít sal nie kan asemhaal. Hy wat so 'n afgod vrees, hy sal soos sy maaksel wees.

253 Daardie ore, kan hul hoor? Daardie neus daar, kan dit ruik?
Psalm 135:7 Daardie ore, kan hul hoor? Daardie neus daar, kan dit ruik? Voete het hy, maar waarvoor? Kan hy daardie hand gebruik? Soos die beeld deur hom gehóú, word hy wat dié god vertrou.

254 Loof God, elke Israeliet; Hy het na ons omgesien.
Psalm 135:8 Loof God, elke Israeliet; Hy het na ons omgesien. Loof Hom, priester en Leviet, almal wat die Here dien. Laat daar lof uit Sion kom; prys Hom in sy heiligdom.

255 Hy die God wat ons behoed. Deur sy liefde onbeperk
136: 1 Loof die Here, Hy is goed, Hy die God wat ons behoed. Deur sy liefde onbeperk het Hy wondere bewerk.

256 Deur sy liefde onbeperk
Psalm 136:2 Hy's almagtig, Hy alleen, in sy dade, in elkeen. Deur sy liefde onbeperk het Hy wondere bewerk.

257 Uit sy insig het ontstaan Deur sy liefde onbeperk
Psalm 136:3 Uit sy insig het ontstaan hemel, aarde, son en maan. Deur sy liefde onbeperk het Hy wondere bewerk.

258 uit die land van slawerny. Deur sy liefde onbeperk
Psalm 136:4 Israel is uitgelei, uit die land van slawerny. Deur sy liefde onbeperk het Hy wondere bewerk.

259 Deur die see, in die woestyn het Hy aan sy volk verskyn.
Psalm 136:5 Deur die see, in die woestyn het Hy aan sy volk verskyn. Deur sy liefde onbeperk het Hy wondere bewerk.

260 Konings het voor hom gesterf; Hy't sy volk hul land laat erf.
Psalm 136:6 Konings het voor hom gesterf; Hy't sy volk hul land laat erf. Deur sy liefde onbeperk het Hy wondere bewerk.

261 na bevryding t'ruggebring. Deur sy liefde onbeperk
Psalm 136:7 Ons is uit vernedering na bevryding t'ruggebring. Deur sy liefde onbeperk het Hy wondere bewerk.

262 Hy laat lewe, want Hy voed; Deur sy liefde onbeperk
Psalm 136:8 Hy laat lewe, want Hy voed; loof die Here, Hy is goed. Deur sy liefde onbeperk het Hy wondere bewerk.

263 daar in Babel, diep ontroer, het ons aan ons land gedink.
Ver van Sion weggevoer, daar in Babel, diep ontroer, het ons aan ons land gedink. Geen musiek het opgeklink.

264 Daar waar die riviere vloei, aan die wilgers wat daar groei,
Psalm 137a:1 (vervolg) Daar waar die riviere vloei, aan die wilgers wat daar groei, is ons harpe opgehang in ons hartseer en verlang.

265 Daar het hulle ons gepla en 'n Sionslied gevra.
Psalm 137a:2 Daar het hulle ons gepla en 'n Sionslied gevra. "Sing vir ons", het hul gesê, "vrolikheid, dit wil ons hê.“ Hoe besing jou hartseer mond Sion op dié vreemde grond? Hoe sing jy aan God die Heer in die vreemde lof en eer?

266 mag dit my dan swaar berou: Mag my hand homself vergeet,
Psalm 137a:3 O my stad, vergeet ek jou, mag dit my dan swaar berou: Mag my hand homself vergeet, van homself nie langer weet, mag my tong en mond verstom en geen lied meer daaruit kom. Mag my stad, o Sion, jý steeds my hoogste vreugde bly.

267 Babel, jy word straks beslis oor ons lyding uitgewis.
Psalm 137a:4 Wil, o Here, Edom straf. "Sion - breek sý mure af. Laat dit op die aarde lê." Só is van ons stad gesê. Babel, jy word straks beslis oor ons lyding uitgewis. Mag selfs vir jou nageslag ook 'n swaar vergelding wag.

268 traanblind het ons verlang
By Babel se riviere traanblind het ons verlang en in die wilgerbome ons liere opgehang:

269 Hoe kon ons vir ontvoerders, vir spotters sing van God;
Psalm 137b:1 (vervolg) Hoe kon ons vir ontvoerders, vir spotters sing van God; so met 'n lied van Sion sy heiligheid bespot?

270 laat dan my vingers stram raak, my hand verlam in leed;
Psalm 137b:2 Jerusalem, geliefde, o, as ek jou vergeet, laat dan my vingers stram raak, my hand verlam in leed; laat dan dié stem wat lofsing hees in my keel bly steek - oor jou het ek as balling my swye nooit verbreek.

271 u oordeel uit sal spreek: ontneem ook van die sange
Psalm 137b:3 O, God, dat U oor Babel u oordeel uit sal spreek: Hy het ons heiligdomme tot bouval afgebreek. Van u altare is ons deur sy geweld beroof, ontneem ook van die sange waarmee ons U kon loof.

272 na maat van al die smarte
Psalm 137b:4 Laat ook tog nou, o Here, oor Edom reg geskied. Maak die geweldenare deur u bevel tot niet: Gelukkig is diegene wat julle sal kasty na maat van al die smarte wat ons deur jul moes ly.

273 U loof ek met my hart wat sing en hulde bring u Naam ter ere.
138: 1 U loof ek met my hart wat sing en hulde bring u Naam ter ere. Laat al die gode dit maar hoor: ek buig my voor u tempel, Here.

274 Ek sal u trou en liefde noem, u Naam bly roem, so hoog verhewe.
Psalm 138:1 (vervolg) Ek sal u trou en liefde noem, u Naam bly roem, so hoog verhewe. U doen u Naam en woord gestand, U sterk my hand, dwarsdeur my lewe.

275 Die konings sal U almal prys, U eer bewys uit alle oorde.
Psalm 138:2 Die konings sal U almal prys, U eer bewys uit alle oorde. As hulle van u dade hoor sing hul daaroor en loof u woorde. Verhewe Heer, U gee tog om vir dié wat kom na U in ootmoed. Maar hulle kan U nie ontgaan wat selfvoldaan bly leef in hoogmoed.

276 Die dag toe ek in nood verkeer, toe red U, Heer, my van die vyand.
Psalm 138:3 Die dag toe ek in nood verkeer, toe red U, Heer, my van die vyand. Uit liefde reik U my u hand, u regterhand in troue bystand. U liefde, Heer, is onbeperk; wat U bewerk laat U nie daar nie. Hou dan die werke van u hand, o Heer, in stand, laat dit nie vaar nie.

277 U sien tot in my wesensgrond. U toets my hart, lees my gedagte
139: 1 O, Here, U ken my volkome, U sien tot in my wesensgrond. U toets my hart, lees my gedagte voor daar ’n woord kom uit my mond. Waar ek my ook al wend of keer, U is voortdurend by my, Heer.

278 Kon ek op vlerke my begewe na uiterstes van die heelal,
Psalm 139:2 Kon ek op vlerke my begewe na uiterstes van die heelal, ek sal U teëkom in die sfere, ook in die diepste aardse dal. Die donker hou vir U niks dig – dis soos die dag en stralend lig.

279 Ook was ek nooit vir U verborge, maar altyd voor U oop en bloot –
Psalm 139:3 Ook was ek nooit vir U verborge, maar altyd voor U oop en bloot – U het my meesterlik geskape in die geheime moederskoot. U sluit vanaf my vrugbegin my met u troue liefde in.

280 van voor my eerste daeraad. Slegs U bepaal my aantal jare,
Psalm 139:4 Bekend is U met al my tye van voor my eerste daeraad. Slegs U bepaal my aantal jare, die afsny van my lewensdraad. O, u gedagtes is soos sand, ontelbaar vir my klein verstand.

281 Verblind tog dan met al u luister die dwase wat U nie wil dien,
Psalm 139:5 Verblind tog dan met al u luister die dwase wat U nie wil dien, maar hou my uit die sondeduister deur altyd dwarsdeur my te sien; met u nabyheid steeds omgeef, deurgrond my hart, Heer, leer my leef

282 Beveilig my teen die geweld van mense ingestel op kwaad.
140: 1 Beveilig my teen die geweld van mense ingestel op kwaad. Op vyandskap is hul gesteld met tonge wat venynig praat.

283 Hou U my uit die mag en plan van goddelose mense, Heer,
Psalm 140:2 Hou U my uit die mag en plan van goddelose mense, Heer, wat strikke voor my voete span; laat hul nie oor my triomfeer.

284 Heer, luister na my smeekgebed. Aan U behoort ek, God, my Heer,
Psalm 140:3 U is my God en my verweer. Heer, luister na my smeekgebed. Aan U behoort ek, God, my Heer, U het die krag om my te red.

285 Die mense wat my dreig, o Heer, teen U wil hulle hul verhef.
Psalm 140:4 Die mense wat my dreig, o Heer, teen U wil hulle hul verhef. Voorsien daarin 'n ommekeer: laat hulle planne hulle tref.

286 Gooi hulle in 'n donker put, werp kole gloeiend op hul neer.
Psalm 140:5 Gooi hulle in 'n donker put, werp kole gloeiend op hul neer. Laat hulle daar lê, onbeskut. Roei uit die skindertonge, Heer.

287 Aan armes word u reg bewys, aan swakkes word u reg getoon.
Psalm 140:6 Aan armes word u reg bewys, aan swakkes word u reg getoon. Dié wat opreg is, sal U prys en in u huis, daar sal hul woon.

288 Kom gou! Na U, o Here, roep ek en neem dit as 'n offer aan,
141: 1 Kom gou! Na U, o Here, roep ek en neem dit as 'n offer aan, 'n wierookoffer, of van graan, as ek my hande na U uitstrek.

289 Heer, wil U oor my woorde waghou, Oor wat ek sê en wat ek praat,
Psalm 141:2 Heer, wil U oor my woorde waghou, Oor wat ek sê en wat ek praat, wil my gedagtes van die kwaad en van verkeerde dinge weghou.

290 Wie onreg doen en ander sonde, hou, Here, my van hulle weg,
Psalm 141:3 Wie onreg doen en ander sonde, hou, Here, my van hulle weg, ver weg van hulle feesgereg, die lekkernye van hul monde.

291 Laat die opregte my teregwys, laat hy in liefde my kasty;
Psalm 141:4 Laat die opregte my teregwys, laat hy in liefde my kasty; maar goddeloses word vermy, hoe gasvry ook, ek sal hul wegwys.

292 Ek bid aanhoudend teen die boosheid, die kwaad en onreg wat hul stig:
Psalm 141:5 Ek bid aanhoudend teen die boosheid, die kwaad en onreg wat hul stig: Heer, my gebede word gerig voortdurend teen die goddeloosheid.

293 As hulle leiers van 'n krans stort, "Dis goed", só sal hul my hoor sê;
Psalm 141:6 As hulle leiers van 'n krans stort, "Dis goed", só sal hul my hoor sê; laat hulle bene oral lê soos kluite waar 'n land geploeg word.

294 my skuiling - ek, u eiendom. Wil dat ek kwyn, o Heer, voorkóm;
Psalm 141:7 O Heer, op U rig ek my oë my skuiling - ek, u eiendom. Wil dat ek kwyn, o Heer, voorkóm; behou my deur u mededoë.

295 Dié wat 'n strik vir my gestel het, laat hulle self daaronder ly;
Psalm 141:8 Dié wat 'n strik vir my gestel het, laat hulle self daaronder ly; laat kom my ongedeerd verby, vang hulle in hul eie vangnet.

296 In nood roep ek die Here aan en smekend kom ek voor Hom staan;
142: 1 In nood roep ek die Here aan en smekend kom ek voor Hom staan; ek noem my nood vir Hom en kla as ek om sy genade vra.

297 U weet, Heer, ek het moed verloor, want wie het iets nog vir my oor?
Psalm 142:2 U weet, Heer, ek het moed verloor, want wie het iets nog vir my oor? Maar, Here, strikke is daar wel deur mense op my weg gestel.

298 Ek kan alleen na U toe kom. Wie anders gee nog vir my om?
Psalm 142:3 Ek kan alleen na U toe kom. Wie anders gee nog vir my om? En elke uitvlug is gesluit, net U help my uit strikke uit.

299 Heer, ek is swak en ingeperk en my vervolgers is te sterk.
Psalm 142:4 Heer, ek is swak en ingeperk en my vervolgers is te sterk. Ek roep na U: Net U kan my uit my gevangenskap bevry.

300 Doen goed aan my, ek sal U prys, ek sal U dankbaarheid bewys.
Psalm 142:5 Doen goed aan my, ek sal U prys, ek sal U dankbaarheid bewys. Regverdiges sal my omring en saam sal ons U hulde bring.

301 hoor tog hoe smeek u kneg. Van skuld is niemand vry nie,
143: 1 Hou nie gerig met my nie, hoor tog hoe smeek u kneg. Van skuld is niemand vry nie, o Heer, voor u gereg.

302 Vertrapte van die vyand, ek smag, Heer, na u bystand,
Psalm 143:1 (vervolg) Vertrapte van die vyand, is ek so goed as dood; ek smag, Heer, na u bystand, verslae in my nood.

303 Hoor hoe ek pleitend klae, hoe ek om liefde vra.
Psalm 143:2 Ek dink aan verre dae; dink oor u werke na. Hoor hoe ek pleitend klae, hoe ek om liefde vra. Ek roep U in my nood aan, U, Heer, wat ek vertrou. Ek is soos een wat doodgaan. Heer, antwoord my tog gou.

304 Psalm 143:3 Ek skuil by U; bevry my. Op U stel ek my hoop. Leer my u wil en lei my - wys my waar ek moet loop. Gun my dat ek mag lewe. Ruim húlle uit die weg wat na my einde strewe. Ek dien U as u kneg.

305 Hy leer my hoe om in die stryd te veg.
144: 1 Loof God die Heer, Hy gun my altyd bystand. Hy leer my hoe om in die stryd te veg. Hy ondersteun my altyd teen die vyand, vir oorlog voer, leer Hy my vingers reg.

306 Hy wat my volk trou onderdanig hou.
Psalm 144:1 (vervolg) Ek skuil by Hom, my rots, wat ek vertrou, Hy wat my volk trou onderdanig hou. Dit is die Heer wat my so vaardig maak. Hy is die skild wat veilig oor my waak.

307 Wat is die mens dat U tog U verwerdig
Psalm 144:2 Wat is die mens dat U tog U verwerdig om soveel aandag dan aan hom te gee? Wat steek daar in die mens wat dit regverdig dat u, Heer, liefde aan hom bly bestee?

308 'n Nietigheid, 'n skadu wat vergaan,
Psalm 144:2 (vervolg) 'n Nietigheid, 'n skadu wat vergaan, 'n asemstoot, oor hóm is U begaan. U hou, o Heer, dié nietigheid in stand, en U behoed hom seënend met u hand.

309 Laat skeur die hemelboog wanneer U afdaal,
Psalm 144:3 Laat skeur die hemelboog wanneer U afdaal, laat staan in rook die hoë berge, Heer, dié wat U straf, laat blitse op hul afstraal, jaag hul daarmee,

310 Strek uit u hand en laat u sterkte geld,
Psalm 144:3 (vervolg) laat pyl dit op hul neer. Strek uit u hand en laat u sterkte geld, ontruk my uit die waters se geweld en uit die mag van vreemdelinge, Heer, wat leuens vertel en wat bedrog prakseer.

311 Vir U sing ek 'n lied met eerbetoning
Psalm 144:4 Vir U sing ek 'n lied met eerbetoning en met die lier wil ek dit begelei. U wat beslis oor heersers en oor konings, wat Dawid red, my lied wil ek U wy.

312 U wat só red, U wat só kan bevry, maak my ook vry,
Psalm 144:4 (vervolg) U wat só red, U wat só kan bevry, maak my ook vry, red van die swaard ook my. Red my van hulle wat bedrog prakseer, die waarheid en die eerlikheid onteer.

313 Heer, maak ons seuns sterk bome, Maak elke skuur oorlopens
Psalm 144:5 Heer, maak ons seuns sterk bome, hoog, vol blare. Maak elke skuur oorlopens vol met graan. Ons dogters, Heer, maak hulle hoekpilare.

314 Laat teel ons vee in duisendtalle aan.
Psalm 144:5 (vervolg) Laat teel ons vee in duisendtalle aan. Laat niemand bresse in ons mure slaan, laat geen geskreeu óp uit ons strate gaan. Gelukkig is die volk en land gewis vir wie die Heer die God van goedheid is

315 Ek wil u lof getrou verkondig, Heer,
145: 1 Ek wil u lof getrou verkondig, Heer, dit uitdra oral, altyd, meer en meer. 'n Loflied kom U toe van dag tot dag van elkeen, van geslag tot ver geslag.

316 My Koning, U is ondeurgrondelik;
Psalm 145:2 My Koning, U is ondeurgrondelik; u Naam is groot, u maaksels wonderlik. U werk is magtig, magtig is u daad. Die mense moet dit hoor en daarvan praat

317 Ek wil getuig van al u majesteit, u luisterrykheid en u heerlikheid.
Psalm 145:3 Ek wil getuig van al u majesteit, u luisterrykheid en u heerlikheid. U grootheid moet ek aan die mense stel sodat hul sonder ophou dit vertel.

318 U is genadig en vir almal goed. Dit is u grote liefde wat ons voed.
Psalm 145:4 U is genadig en vir almal goed. Dit is u grote liefde wat ons voed. U is oor al u maaksels steeds begaan, want almal, alles het uit U ontstaan.

319 Ons almal as u skepsels loof u mag;
Psalm 145:5 Ons almal as u skepsels loof u mag; u troue dienaars prys u grote krag. Ons noem u koningskap met diep ontsag, u heerskappy geslag steeds na geslag.

320 Dié wat geval het kan weer op Hom leun.
Psalm 145:6 Dié wat geval het kan weer op Hom leun. Hy sal dié wat bedruk is, ondersteun. Wie honger is, dié word deur Hom gevoed. Sy hand is oop, vir almal is Hy goed.

321 Geregtigheid word deur Hom onderhou. Hy is regverdig in sy handeling.
Psalm 145:7 In alles wat Hy doen, is Hy getrou. Geregtigheid word deur Hom onderhou. Hy is regverdig in sy handeling. Laat ons 'n loflied oor sy grootheid sing.

322 Hy sal in sy genade hulle sien maar dié wat goddeloos is,
Psalm 145:8 Hy sal in sy genade hulle sien wat voor Hom buig en Hom met liefde dien, maar dié wat goddeloos is, gaan tot niet; verdelging word deur Hom oor hul gebied.

323 Ek sal die lof verkondig van die Heer,
Psalm 145:9 Ek sal die lof verkondig van die Heer, dit uitdra, altyd, oral, keer op keer. Laat al wat leef Hom prys en almal saam sing van sy heilige en grote Naam.

324 Prys die Here, loof en prys Hom. Ek wil God se lof besing.
146a: 1 Prys die Here, loof en prys Hom. Ek wil God se lof besing. Hy is magtig; loof en prys Hom. Ek wil God my loflied bring, en so lank ek leef Hom eer. Loof die groot en troue Heer.

325 Van die mens bly niks behoue, sonder asem word sy mond.
Psalm 146a:2 Van die mens bly niks behoue, sonder asem word sy mond. Stel in hom dan geen vertroue, selfs die magtigste word grond. Al sy planne gaan tot niet. Hoe kan hy jou redding bied?

326 Hy is goed, die God van Jakob, vestig ook op Hom jou hoop.
Psalm 146a:3 Hy is goed, die God van Jakob, vestig ook op Hom jou hoop. Hulpeloses rig Hy weer op, blinde oë maak Hy oop. Hy wat als geskape het, Hy alleen sal jou kan red.

327 Gans sy skepping sonder grense word deur Hom steeds onderhou.
Psalm 146a:4 Gans sy skepping sonder grense word deur Hom steeds onderhou. So bly Hy ook aan die mense as sy maaksels steeds getrou. Hy die bron van wat bestaan, is ook oor die mens begaan.

328 God gee uitkoms en bevryding, hongeriges gee Hy brood.
Psalm 146a:5 God gee uitkoms en bevryding, hongeriges gee Hy brood. Hy genees ons van ons lyding en verlos uit elke nood. Die verdrukte in gebed hoor Hy aan, sy liefde red.

329 Hy sal altyd trou ons Heer bly; deur Hom sal daar redding kom.
Psalm 146a:6 Hy sal altyd trou ons Heer bly; deur Hom sal daar redding kom. Maar die goddelose stuit Hy en versper sy pad vir hom. Hy sal altyd bly regeer. Halleluja! Prys die Heer.

330 Prys die Heer met blye galme, o my siel, daar 's ryke stof!
'k Sal, solank ek leef, my psalme vrolik toewy aan sy lof en Hom, wat sy guns my bied, altyd groot maak in my lied.

331 sonder hulp en sonder raad, as hom alles wil begewe,
Psalm 146b:2 Salig hy wat in die lewe, sonder hulp en sonder raad, as hom alles wil begewe, vlug tot God, sy toeverlaat; en ook in die swartste nag op die Here alleen bly wag.

332 Dis die Heer wat aan die arme in sy druk laat reg geskied,
Psalm 146b:3 Dis die Heer wat aan die arme in sy druk laat reg geskied, wat uit liefderyke erbarme hongeriges spyse bied; wat gevang'nes vryheid skenk en hul in hul smart gedenk.

333 Dis die Heer wat vreemdelinge met 'n wakende oog aanskou,
Psalm 146b:4 Dis die Heer wat vreemdelinge met 'n wakende oog aanskou, weduwees in twisgedinge, met hul wese, staande hou. Maar sy arm, hul steun en hoop, stuit die bose in sy loop.

334 Moet op prinse nie vertrou nie, by wie niemand heil kan vind -
Psalm 146b:5 Moet op prinse nie vertrou nie, by wie niemand heil kan vind - op die mens jou hoop nie bou nie; want as God hul gees ontbind, keer hul na die aarde weer en hul raadslag stort terneer.

335 Dis die Heer wat aarde en hemel, die getuies van sy mag,
Psalm 146b:6 Dis die Heer wat aarde en hemel, die getuies van sy mag, met die see en wat daar wemel, voortgebring het deur sy krag; wat, onwrikbaar in sy trou, altyd sy beloftes hou.

336 wat die blinde oog verlig; wie in stof lê neergeboë,
Psalm 146b:7 Dis die Heer se mededoë wat die blinde oog verlig; wie in stof lê neergeboë, word deur Hom weer opgerig. Hy bemin dié wat opreg wandel in sy woord en weg.

337 Dis die God der leërmagte, troue Bondsgod van weleer,
Psalm 146b:8 Dis die God der leërmagte, troue Bondsgod van weleer, God van wordende geslagte, tot in ewigheid die Heer. Sion, sing dié God ter eer, prys sy grootheid, loof die Heer!

338 Dis goed om God se lof te sing; om Hom te loof, gee ons genot.
147: 1 Dis goed om God se lof te sing; om Hom te loof, gee ons genot. Die lof wat ons aan Hom moet bring, dit kom Hom toe. Hy is ons God.

339 Hy bou Jerusalem weer op. Ons tuiste het ons t'ruggevind.
Psalm 147:1 (vervolg) Hy bou Jerusalem weer op. Ons tuiste het ons t'ruggevind. Genees is weer ons hart se klop. Ons wonde is weer sag verbind.

340 Die sterre het Hy afgetel en elkeen met 'n naam benoem.
Psalm 147:2 Die sterre het Hy afgetel en elkeen met 'n naam benoem. Geen taal kan van sy mag vertel, sy grenselose kennis noem. Die swakkes word weer opgehef, God sal vir hulle uitkoms bring. Die goddeloses word getref deur God se fel vernedering.

341 Sing nou 'n danklied tot die Heer; Die aarde word met reën besproei,
Psalm 147:3 Sing nou 'n danklied tot die Heer; Die aarde word met reën besproei, Hy reël die wolke en die weer, die bergland word met gras begroei. Hy wat vir mens en dier voorsien, het niks aan die vertoon van krag, maar is gesteld op wie Hom dien en prys stel op sy trou en mag.

342 Sing, Sion, sing, Jerusalem. Jou poorte is deur Hom versterk.
Psalm 147:4 Sing, Sion, sing, Jerusalem. Jou poorte is deur Hom versterk. Prys God, jou God, met blye stem. Hy't voorspoed in jou land bewerk. Die aarde doen wat Hy beveel. Hy't alles onder Hom gestel. Hy het sy woord jou meegedeel. Kom, prys die Here, Israel.

343 Prys uit die hemele die Heer, gee, engele, aan Hom die eer.
148: 1 Prys uit die hemele die Heer, gee, engele, aan Hom die eer. Prys, son, prys, maan, en prys Hom, ster dié hemelwesens hoog en ver.

344 Deur net 'n enkel woord te sê, is wat bestaan reeds vasgelê.
Psalm 148:2 Deur net 'n enkel woord te sê, is wat bestaan reeds vasgelê. Georden is op sy bevel die dinge in hul plek gestel.

345 Geen enkel ding in die heelal sal uit sy vaste hegting val.
Psalm 148:3 Geen enkel ding in die heelal sal uit sy vaste hegting val. Loof Hom, want binne sy bestek het elke ding sy grens en plek.

346 Juig, dinge in die atmosfeer, sing halleluja, loof die Heer:
Psalm 148:4 Juig, dinge in die atmosfeer, sing halleluja, loof die Heer: Die seedier en die oseaan, die sneeu en wolk wat Hom verstaan.

347 Die berg en hemel respekteer al die bevele van die Heer;
Psalm 148:5 Die berg en hemel respekteer al die bevele van die Heer; gehoorsaam, julle, God se taal. Loof Hom en prys Hom, weerlig, hael.

348 Die bome wat die berge sier, die vrugteboom, die wilde dier,
Psalm 148:6 Die bome wat die berge sier, die vrugteboom, die wilde dier, en als wat kruip, wat vlieg, wat spring, sal meegevoer hul loflied sing.

349 Loof, volke, heersers, regters saam, loof, jonges, oues, God se Naam,
Psalm 148:7 Loof, volke, heersers, regters saam, loof, jonges, oues, God se Naam, loof Hom, want in sy majesteit heers Hy oor alles wyd en syd.

350 Laat ons dit in ons lof vertel: Hy het sy volk in eer herstel.
Psalm 148:8 Laat ons dit in ons lof vertel: Hy het sy volk in eer herstel. Aan hulle het Hy mag gegee, sy volk het Hy met roem beklee.

351 Kom prys die Heer met dankbaarheid. Prys hom in al sy majesteit.
Psalm 148:9 Kom prys die Heer met dankbaarheid. Prys hom in al sy majesteit. Die volk wat naby aan Hom staan, hef hoog 'n halleluja aan.

352 Prys met 'n nuwe lied die Heer, sing halleluja, tot sy eer,
149: 1 Prys met 'n nuwe lied die Heer, sing halleluja, tot sy eer, ons Koning en ons Maker. Getroue dienaars, Israel, kom loof by instrumentespel

353 Juig waar ons saamkom tot sy eer; loof met die tamboeryn en lier
Psalm 149:2 Juig waar ons saamkom tot sy eer; loof met die tamboeryn en lier die Sionsvolk se Koning; Die hulpeloses triomfeer deur dié almagtig sterke Heer, Hy kroon ons met oorwinning.

354 Die roem van God klink uit hul mond; daar is 'n swaard in elke hand,
Psalm 149:3 Die roem van God klink uit hul mond; daar is 'n swaard in elke hand, geslyp, gereed, bevrydend. Hul durf die volke daarmee aan, die nasies word daarmee verslaan, met swaarde skerp tweesnydend.

355 en konings word gevangenes, die Heer se Naam ter ere.
Psalm 149:4 Die volkere se edeles en konings word gevangenes, die Heer se Naam ter ere. Hul word gestraf op Gods bevel, sy gunsgenote word herstel. Getroues, prys die Here.

356 loof Hom in sy heiligdom. Prys Hom met die harp en lier
150: 1 Prys die Here, almal kom, loof Hom in sy heiligdom. Prys Hom met die harp en lier hier op aarde, prys Hom hier.

357 Prys sy dade sterk en kragtig; Sing jul loflied in 'n koor.
Psalm 150:1 (vervolg) Prys sy dade sterk en kragtig; Sing jul loflied in 'n koor. Jubel so dat almal hoor: Hy is groot en Hy is magtig.

358 Laat ons God se grootheid vier. Loof en prys Hom met die lier.
Psalm 150:2 Laat ons God se grootheid vier. Loof en prys Hom met die lier. Bring die tamboeryn en snaar en die horing bymekaar. Prys met musikale rykdom, harp en fluit en die simbaal. Almal wat kan asemhaal, Halleluja, loof en prys Hom.


Download ppt "en dank en loof Hom, prys sy Naam."

Similar presentations


Ads by Google