Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Jesaja 50:4-9a Agtergrond van skyfies word by Skyfie 27 verduidelik.

Similar presentations


Presentation on theme: "Jesaja 50:4-9a Agtergrond van skyfies word by Skyfie 27 verduidelik."— Presentation transcript:

1 Jesaja 50:4-9a Agtergrond van skyfies word by Skyfie 27 verduidelik.

2 Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

3 Die lewe is soms in jou gesig en op jou rug
Vriende het besluit om ’n speelhok vir ’n vriendin te gee wat so pas geboorte gegee het aan haar vierde kind. Sy het hierdie dankie-sê briefie vir hulle geskrywe: “Baie dankie vir die speelhok. Dit is wonderlik. Ek sit elke middag daarin en lees. Die kinders kan nie naby my kom nie!” ’n Mens wens dat Christenskap ’n bietjie so met die lewe kan maak, dit net vir so rukkie van jou af kan weghou... maar Jesaja 50 vertel ons van die teendeel - die lewe is in jou gesig en op jou rug... Die lewe is soms in jou gesig en op jou rug

4 Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

5 “Hy laat my luister soos ’n leerling moet luister
Familie-oomblik Hou ’n Bybel vasvra. Laat ’n kind elke keer na een van die gemeente leiers gaan wat die antwoord fluister. “Hy laat my luister soos ’n leerling moet luister. 5 Die Here my God het my geleer om te luister”

6 Flam 13 Flam 13 “Tel my op” (Opgeneem op FLAM, vol 1) 1 & 2 Ek wil naby aan U wees, soos ’n seun op sy vader se skoot. Ek wil naby aan U wees, dit is die plek waar ek hoor. Refrein: En U tel my op, neem my in U arms; en U tel my op, druk my styf teenaan U vas. En U tel my op, dra my in U arms en U tel my op en laat my nooit weer gaan. Ek wil naby aan U bly, soos ’n kind op die vader se skoot. Ek mag naby aan U bly, Brug: Dra my deur die diepe water, waar ek self nie meer kan staan In U arms is ek veilig, wanneer U my dra as ek nie verder kan gaan. Koda: soos ‘n kind op die vader se skoot. En U tel my op en laat my nooit weer gaan.

7 Flam 13 “Tel my op” (Opgeneem op FLAM, vol 1) 1 & 2 Ek wil naby aan U wees, soos ’n seun op sy vader se skoot. Ek wil naby aan U wees, dit is die plek waar ek hoor. Refrein: En U tel my op, neem my in U arms; en U tel my op, druk my styf teenaan U vas. En U tel my op, dra my in U arms en U tel my op en laat my nooit weer gaan. Ek wil naby aan U bly, soos ’n kind op die vader se skoot. Ek mag naby aan U bly, Brug: Dra my deur die diepe water, waar ek self nie meer kan staan In U arms is ek veilig, wanneer U my dra as ek nie verder kan gaan. Koda: soos ‘n kind op die vader se skoot. En U tel my op en laat my nooit weer gaan.

8 Here, ek wil by U wees Voor u voete wil ek kniel meer en meer van U leer dat ek meer soos U kan wees. Flam 88 © 2006 Arno Mattheus Here, ek wil by U wees Voor u voete wil ek kniel meer en meer van U leer dat ek meer soos U kan wees.

9 Here, ek wil by U wees soos Dawid vir U sing en in verwondering laag voor U te buig.  

10  U is my lewe U is my alles Daarom sing ek tot U U is my Koning U is my beste Vriend Daarom sing ek tot U U is my lewe U is my alles Daarom sing ek tot U U is my Koning U is my beste Vriend

11 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

12 Om te leer om te luister Om te leer om te luister
Normaalweg word dié gedeelte as die derde van die sogenaamde "kneg-liedere" beskou. Die eerste twee vind ons onderskeidelik in 42:1–9 en 49:1–7, terwyl die laaste een in 52:13-53:12 opgeteken is. As sulks is die lied (of ’n psalm) in Jes. 50:4-9 ten diepste een van vertroue in die sorg van die Here. Anders as die geval met Jesaja 43, is hierdie ’n ietwat problematiese gedeelte. ’n “Ek”-figuur tree op as kneg (עבד) van die Here, maar word nooit duidelik geïdentifiseer nie. Waarskynlik verwys die “ek”-figuur na die profeet self. As sulks word die kneg deur sommige geleerdes met deutro-Jesaja geïdentifiseer of geneem as geïdealiseerde verwysing na Jeremia of selfs Moses (Baltzer & Machinist)! Dit kan ook na die ballingskapsvolk verwys wat kollektief (vandaar die "ek") die opdrag van die Here aan sy dienaar Israel aanvaar het. Dit kan ook na ’n historiese figuur soos Serubabbel verwys wat ons in Nehemia 7 vind (Watts). Indien dit kollektief op die volk dui, verwys dit spesifiek na diegene wat die opdrag om uit Babel pad te gee (48:20–22) aanvaar het en nou diegene moed inpraat wat twyfel of hulle die lang tog terug na Juda moet aanpak (vers 4). Hoe ook al, dis baie moeilik om die kneg van die Here werklik te identifiseer. Belangriker as die identifisering van die kneg is egter die beskrywing van die persoon as ’n leerling of dissipel (לִמּוּד) van die Here wat aanhoudend en indringend deur die Here geleer word. As leerling moet hy vir God toelaat om die regte woorde aan hom te leer ten einde ander moed te kan inpraat. Dit was egter nie maklik nie. Hy is fisies aangerand en verneder deur diegene wat hom teengestaan het (vers 5-6). Die leerling van die Here is geslaan, sy baard uitgetrek (’n handeling van spot en vernedering), en hy is bespoeg. Tog het hy nie op die behandeling gereageer met geweld nie. Hy het nie net sy wang vir hulle gedraai nie, maar ook sy rug, sodat hulle hom maar kon slaan (vers 6). Hy kon die vervolging deurstaan omdat hy geweet het dat hy nie tevergeefs ly nie. Wie op God vertrou, word nie teleurgestel nie (vers 7-8). Die Here wat hom onskuldig sou verklaar, was immers naby. Daarom kan sy teenstanders maar ’n regsgeding teen hom voer (vers 8), hulle sal niks kan uitrig nie, want niemand kan Hom skuldig verklaar nie. Trouens dit is eerder sy teenstanders vir wie dit alles verby is, soos met ’n lap wat deur motte gevreet word (vers 9). Die gedeelte maak dit duidelik dat die Here sy profete skool vir hulle taak om namens Hom te praat. Van hulle word egter verwag om te kan luister, sodat hulle die regte woorde kan gebruik (vgl. 8:16; 49:2; 54:13) om dié wat moeg is, moed in te kan praat (vgl. 40:27; 49:14). Let net op hoeveel keer daar in verse 4-5 beklemtoon word dat die Here hom geleer het om te luister. Verder maak dit duidelik dat profete getrou aan die Here moet bly ondanks vervolging en valse aanklagte.

13 Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

14 Raak ’n oomblik stil. Dink terug oor die week wat verby is
Raak ’n oomblik stil. Dink terug oor die week wat verby is. Dink aan goed wat God deur mense en gebeure vir jou gesê het Raak ’n oomblik stil. Dink terug oor die laaste week wat verby is. Dink aan goed wat God deur mense en gebeure vir jou gesê het.

15 Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor

16 “Magic Dragon” Te midde van die wêreld moet ons leer om ander te dien (vs. 4). Christus het ons geleer om te dien - diensknegte vir ander en die wêreld. Diens is nie ’n kollig werk nie... Daar is hierdie aangrypende storie van P.J. Dragan wat op 5 jarige ouderdom gediagnoseer is met leukemie. Kort daarna het hy ’n reeks opgewekte briefies en kaartjies, klein geskenkies en ander “goodies” ontvang om hom op te beur. Al hierdie geskenkies het van ’n anonieme vriend gekom wat elke kaartjie/briefie onderteken het met die woorde: “Magic Dragon.” Soos P.J. sieker geword het, het "Magic Dragon's" se aandag nooit afgeneem nie - briefies en geskenkies het gedurig hulle opwagting gemaak. P.J. het egter sy stryd teen leukemie verloor. Op sy begrafnis was die grootste ruiker ’n klomp vrolike daisies, "Magic Dragon's" se finale geskenk. Niemand het ooit die identiteit van “Magic Dragon” ontdek nie. Na aanvanklike navrae het P.J. se ouers besluit om “Magic Dragon” se anonimiteit te respekteer, “Magic Dragon” het ’n geleentheid gesien om in liefde uit te reik na iemand anders sonder enige gedagte aan belonings en handeklap. Dankie, “Magic Dragon.” Een van die moeilikste uitdagings vir diens, is hierdie stryd teen selfsug. Ons ego’s roep uit na erkenning en kollig! Ons wil graag ’n klop op die skouer ontvang... maar Jesaja 50 vertel ’n ander storie - “luister” neem uit die kollig, dit plaas die kollig op die persoon wat gedien word en uiteindelik op die Persoon wat jou inspireer om te dien... Dis so anders as die wêreld.

17 “Eddie and the Dragon” ’n Eksotiese restaurant wat net welgestelde mense bedien het, het die naam gehad van ‘Eddie and the Dragon’. ’n Bedelaar het eendag by die agterdeur geklop en hy het vir die vrou wat die deur oopgemaak het gevra: “Ek het vir dae nog nie iets geëet nie. Kan jy vir my ietsie gee?” “Gee pad, ons gee nie kos vir bedelaars nie!” skreeu die vrou op die arme bedelaar. Die man loop aanvanklik weg, maar is na ’n paar minute weer terug. “Wat wil jy nou hê?” vra die geïrriteerde vrou vir hom. Die bedelaar kyk op na die bordjie bo die deur, ‘Eddie and the Dragon’, en vra: “Ek wonder of ek hierdie keer met Eddie kan praat?” Watter kant gee ons vir mense: “ Magic Dragon” of vlam-spoegende “Dragon”?

18 Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

19 “Some people say it is glorious to die for your country
“Some people say it is glorious to die for your country. But I say that the objective of war is to make the other guy die for his country.” Genl. Patton

20 Sy rug (Jes. 50:6a). Deur jou rug te gee, besluit jy om “vulnerable” te wees en om terugbaklei onmoontlik te maak en op dié manier maak jy ander mense vuurrooi van skaamte (Rom 12:20). Luister na die storie (vertaal self): During the summer of 1778, a British battleship dropped anchor in the harbor of Nantucket Island, off the New England coast. William Rotch, a leader of the Quaker community on the island, knew that the ship's purpose was to plunder the town. With the consent of his fellow citizens, Rotch formed a one-man welcoming committee, and greeted Sir Conway-Etherege, the British commander, at the pier. He invited Conway-Etherege home to dinner. After a pleasant meal, the commander decided to get on with his business. “We're here to plunder,” he told Rotch. “As you can see, your little hamlet is completely at our mercy. Where shall we start?” “I don't know of a better place than here at my house,” said Rotch “I'm better able to bear the loss than anyone else. We have some silver plates, some good, serviceable blankets, and food supplies in the cellar.” Conway-Etherege didn't know what to do. He had never come across this response before! “Tell me,” he said, “are there any more men like you on Nantucket?” “Oh, yes, many better men,” said Rotch. “Well, I want to meet them,” Conway-Etherege answered. So Rotch took him around to meet a shopkeeper who had given 400 barrels of flour to the poor the winter before, and another one who had given away blankets and shoes. “Would you like to meet more of our people?” asked Rotch. “Oh, no,” replied Conway-Etherege. “I can hardly believe there are three such men as you in the world. A whole street full of them would be too much.” So Conway-Etherege went back to this ship, and Nantucket was saved.

21 You can't have an omelet without breaking eggs
You can't have an omelet without breaking eggs. The same is true in confronting evil. Martin Luther King Jr., and Gandhi took some amazing risks, they had to go through a lot of suffering and hardship, there's no way out of that. Utah Phillips Sy wang (50:6b). Dis om daar te wees - om die kwade met die goeie te oorwin (Rom 12:21) You can't have an omelet without breaking eggs. The same is true in confronting evil. Martin Luther King Jr., and Gandhi took some amazing risks, they had to go through a lot of suffering and hardship, there's no way out of that. (Utah Phillips)

22 Handdoek ingooi, is nie waarvoor handdoeke gemaak is nie
Handdoek ingooi, is nie waarvoor handdoeke gemaak is nie. Opgee is nie waarvoor gelowiges gemaak is nie Sy gesig (50:6c). Kyk die lewe vol in die oë - byt vas. Handdoek ingooi, is nie waarvoor handdoeke gemaak is. Opgee is nie waarvoor gelowiges gemaak is.

23 Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

24 Die Laaste Lydensweek Verduidelik die laaste Lydensweek en vra hulle om elke dag te fokus op wat God gedoen het en besig is om te doen. Kyk elke dag terug en dink na oor wat God op daardie dag vir jou geleer het deur mense en gebeure.

25 ’n Gebed Jy kan dié gebed bid (Jesaja 50:4-9a aangepas)
4 U het my geleer om die regte woorde te gebruik sodat ek dié wat moeg is, kan moed inpraat. Elke môre laat U my opnuut weer luister, U laat my luister soos ’n leerling moet luister. 5 U het my geleer om te luister: ek was nie teen U opstandig nie, ek was nie ontrou aan U nie. 6 Ek het my rug gehou vir dié wat my slaan, my wang vir dié wat my baard uittrek. Ek het my gesig nie weggedraai toe ek bespot en bespoeg is nie. 7 U help my, ek sal nie teleurgestel staan nie; ek sal my nie ontstel nie, ek weet ek sal nie in verleentheid kom nie. 8 U wat my onskuldig sal verklaar, is naby; wie wil ’n aanklag teen my inbring? Laat ons elkeen sy saak stel. Wie wil my aankla? Laat hom vorentoe kom. 9 U, my God, help my; wie sal my dan skuldig verklaar?

26 Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

27 “We were prepared for anything that night, for everything
“We were prepared for anything that night, for everything. Everything except candles and prayers.” (Hierdie verhaal sal die agtergrond verduidelik). The movement to topple the Berlin Wall began in the churches of East Germany. One of the central churches in this activism was St. Nicholas Lutheran Church in Leipzig, where Luther preached and Bach played the organ. As the movement grew, there were evening prayer services. One particular night, not only were hundreds entering the church for prayer but thousands were gathering on the street outside. Seeing such a large crowd forming and well aware of the potentially explosive situation, the communist government moved troops into place according to its contingency plans. Inside the church the pastor led the congregation in prayers for freedom and peace, praying for the destruction of the Berlin Wall and all barriers to freedom but also for non-violence, especially that night. As the people came out and joined the demonstration, thousands of candles were passed around -- so many that it took two hands to hold them all. Soon the inner city ring street was circled with burning candles, the singing of songs and hymns, the offering of prayers. There was no riot, and the police did not move in to disperse the crowd. It was not long until the movement succeeded and the hated wall came down. Afterward the chief of police commented, “We were prepared for anything that night, for everything. Everything except candles and prayers.”

28 Belydenis en toewyding
“Liefdevolle Here, dit is makliker vir ons om populêre wysheid te volg wat sê: “Hy wat 50 liefhet, het 50 pyne. Hy wat niks liefhet nie, het geen pyne nie.” Want dit maak seer om om te gee, om uit te reik, om toe te laat dat ander se lewens saak maak, want hulle kry swaar, hulle misluk, hulle sterf. En ons wil liewers nie so seerkry nie. Maar ons word ontstel deur U Heilige Dwaas wat huil oor Jerusalem, wat ween oor Lasarus, wat elke pyn en almal se seer voel, wat ly saam met elkeen en hulle liefhet soos Sy eie. Ons het baie om te bely, meer om te leer, maar die meeste om te voel – om Christus ontwil. Amen”. -- vrye vertaling van ’n gebed van Frederick Ohler


Download ppt "Jesaja 50:4-9a Agtergrond van skyfies word by Skyfie 27 verduidelik."

Similar presentations


Ads by Google