Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
Published byAlexandra Abrahamsson Modified over 5 years ago
1
Matteus 5:21-37 2.2 PowerPoint agtergrond Opsie 1: I’m sorry
Hierdie “PS” soetgoed is vryelik in die handel beskikbaar- miskien bedoel as ‘n makliker manier om verskoning te vra of te vergewe… Geen kopiereg nie, geredigeer met Picasa III. Opsie 2: Forgive, eiendom van Ross Griff, foto geneem op 13 Maart met ‘n Nikon Coolpix L4. Kopiereg word gereël deur Creative Commons en laat plasing en redigering toe. Geredigeer met behulp van Picasa III. Die woorde op die kennisgewingbord is verander van “forgive” na vergewe. Beskikbaar by Matteus 5:21-37
2
Matteus 5:21-37 2.2 PowerPoint agtergrond
Opsie 2: Forgive, eiendom van Ross Griff, foto geneem op 13 Maart met ‘n Nikon Coolpix L4. Kopiereg word gereël deur Creative Commons en laat plasing en redigering toe. Geredigeer met behulp van Picasa III. Die woorde op die kennisgewingbord is verander van “forgive” na vergewe. Beskikbaar by
3
God nooi ons uit en ons kom tot rus
Toetrede Lied 164 Ons is almal hier tesaam of Flam 184 Ons is almal hier tesaam Votum Psalm 119:1–8 119 Dit gaan goed met dié wat onberispelik lewe, dié wat wandel volgens die woord van die Here. 2Dit gaan goed met dié wat sy verordeninge gehoorsaam, dié wat met hulle hele hart sy wil doen, 3geen onreg pleeg nie en in sy weë wandel. 4U het u bevele gegee dat dit ten volle uitgevoer moet word. 5As ek tog maar net op ’n vaste koers kan bly en my aan u voorskrifte kan hou! 6As ek al u gebooie in ag neem, sal ek nooit raad-op wees nie. 7U bepalings is regverdig; as ek hulle ter harte neem, sal ek U loof met ’n opregte hart. 8Ek sal my aan u voorskrifte hou: moet my tog nooit verlaat nie. Seëngroet Lofsang Psalm 119:1-2 of Vonkk 110 Saam wil ons die Here (kanon) [Geen voorlesing van die wet hierdie week, aangesien die prediking grootliks daardie funksie vervul. Die liturg kan egter kies om Deuteronomium 30:15-20 te gebruik.] Genadeverkondiging Voorganger: Die Here bring vanoggend vir ons almal die goeie boodska dat ons gered is. Gemeente: Jesus is die Here en God het hom uit die dood opgewek. V: Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; met die mond bely ons, en ons word gered. V: Niemand wat in hom glo, sal teleurgestel word nie. V: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. (Uit: Wepener, Cas Soos ‘n Blom na die Son Draai. BybelMedia. Wellington.) V: Daarom kan ons bely dat ons glo… Geloofsbelydenis Of Flam 263 Ek glo (as geloofsbelydenis) Dankoffer as Toewydingshandeling God nooi ons uit en ons kom tot rus
4
God praat met ons en ons luister
Gebed Vonkk 98 U Woord is die lamp (kanon) Skriflesing Matteus 5:21-37 God praat met ons en ons luister
5
Matteus 5:21-37 1.2 Fokusteks: Matteus 5:21-37
Die vervulling van die wet 17“Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry. 18Dit verseker Ek julle: Die hemel en die aarde sal eerder vergaan as dat een letter of letterstrepie van die wet sal wegval voordat alles voleindig is. 19“Wie dan ook een van die geringste van hierdie gebooie ongeldig maak en die mense so leer, sal die minste geag word in die koninkryk van die hemel. Maar wie die wet gehoorsaam en ander so leer, sal hoog geag word in die koninkryk van die hemel. 20Ek sê vir julle: As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as dié van die skrifgeleerdes en die Fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie.” Versoening 21“Julle het gehoor dat daar van die ou tyd af aan die mense gesê is: ‘Jy mag nie moord pleeg nie; men elkeen wat moord pleeg, is strafbaar voor die regbank’. 22Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat vir sy broer kwaad is, is al strafbaar voor die regbank. Verder, elkeen wat sy broer uitskel vir ’n gek, is strafbaar voor die Joodse Raad; en wie hom uitskel vir ’n idioot, is strafbaar met die helse vuur. 23“As jy dus jou gawe na die altaar toe bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het, 24laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe. 25“As iemand ’n regsaak teen jou begin, kom betyds tot ’n skikking solank jy nog saam met hom op pad hof toe is, sodat hy jou nie voor die regter bring en die regter jou aan die polisie oorgee en dié jou in die tronk sit nie. 26Dit verseker Ek jou: Jy sal sekerlik nie daar uitkom voordat jy die laaste sent betaal het nie.” Kuisheid 27“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’ n 28Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na ’n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg. 29“As jou regteroog jou laat struikel, haal hom uit en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel gegooi word. 30Of as jou regterhand jou laat struikel, kap hom af en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel beland.” Egskeiding (Matt 19:9; Mark 10:11–12; Luk 16:18) 31“Daar is gesê: ‘Elkeen wat van sy vrou skei, moet aan haar ’n skeibrief gee.’ o 32Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat van sy vrou skei behalwe oor owerspel, maak dat sy egbreuk pleeg, en iemand wat met die geskeide vrou trou, pleeg ook egbreuk.” Die aflê van ’n eed 33“Verder het julle gehoor dat daar van die ou tyd af aan die mense gesê is: ‘Jy mag nie jou eed verbreek nie, en ’n eed in die Naam van die Here moet jy nakom.’ p 34Maar Ek sê vir julle: Moet glad nie ’n eed aflê nie, nie by die hemel nie, want dit is die troon van God; 35nie by die aarde nie, want dit is die rusplek vir sy voete; nie by Jerusalem nie, want dit is die stad van die groot Koning. 36Jy moet ook nie jou kop op die spel plaas as jy ’n eed aflê nie, want jy kan nie een haar wit of swart maak nie. 37Laat julle ‘ja’ eenvoudig ‘ja’ wees en julle ‘nee’, ‘nee’. Wat meer gesê word as dit, kom van die Bose.” Vergelding 38“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘’n Oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand.’ q 39Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen ’n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. 40As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. 41As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. 42Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen, nie afwys nie.” Liefde vir die vyand (Luk 6:27–28, 32–36) 43“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê ren jou vyand moet jy haat.’44Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, sen julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, 45sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen. 46As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie? 47En as julle net julle broers groet, wat doen julle meer as ander? Maak die heidene nie ook maar net so nie? 48“Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.” Matteus 5:21-37
6
Familie-oomblik 4.1 Familie-oomblik
Die Familie-oomblik werk met die konsep van liefde vir die vyand. Hoewel Matt. 5:43-47 buite die Leesrooster-gedeelte val, vorm dit tog deel van die geheel en sluit dit aan by die preek. Restore Ministries skryf onlangs in ’n artikel getiteld “How to Raise a Pagan Kid in a Christian Home” ( oor die gevaar van moralisering wanneer ons die Evangelie aan kinders oordra. Veral met ’n teks soos vandag s’n, moet ’n mens waak daarteen om dit net ’n etiese lessie te maak, maar juis moeite doen om dit te verbind aan wat Jesus gedoen hét en hoe Jesus ons krag gee om te doen wat hy vra. Jy kan die wonderlike storie van “Those Darn Squirrels!” vertel. Bestel dit by (daar is ook ‘n elektroniese weergawe beskikbaar. As jy dit reeds bestel het maar nie betyds gaan kry nie, kan jy ’n powerpoint met die prente en teks solank aflaai by “Those Darn Squirrels!” gaan oor Ou Oom Fookwire, ’n knorrige oom wat van niks behalwe voëls gehou het nie. Hy het in sy tuin voerbakke vir die voëls opgesit, maar die simpel eekhorings (besluit maar self wat ’n gepaste vertaling vir “darn” is in jou konteks – dalk “flippen”?) het aanmekaar die kos gesteel. Fookwire het allerhande planne probeer. Uiteindelik het die voëls weggevlieg vir die winter. Toe die eekhorings sien hoe hartseer Fookwire is, het hulle hulleself as voëls vermom om vir Fookwire te laat beter voel. (Jy kan die storie verkort en aanpas in jou vertelling. Ek self sou bv. versigtig wees m.b.t. die uitbeelding van ouer mense – soos dat Fookwire stof nies, ens.) Die eekhorings laat ons dink aan Jesus wat gesê het dat ons ons vyande moet liefhê. Jesus vertel vir ons dat ons God se kinders is – en God se kinders tree anders op. God se kinders dink nie net aan hulleself nie, maar ook aan ander. Jy kan ook ’n paar voorbeelde noem bv. van boeties en sussies wat mekaar afknou en daaroor gesels. By is ‘n wonderlike illustrasie (jy kan dit aflaai en kopieë maak) van ’n kruis met ’n hart aan albei kante. Die arms van die kruis vou in, sodat die harte aanmekaar raak. Dit illustreer hoe Jesus mense bymekaarbring. Familie-oomblik
7
Preekriglyn The Forgiveness Project is 'n organisasie wat gebore is uit 'n uitstalling van woorde en beelde deur Marina Cantacuzino en fotograaf Brian Moody. Die uitstalling in 2003 in Londen met die titel ,The F Word, het kragtige verhale van vergifnis en die genesing wat daaruit vloei, met woord en beeld oorgedra. Die uitstalling het geweldige reaksie ontlok. Dit het gelei tot die organisasie The Forgiveness Project, wat die krag van vergifnis propageer. Op kan mens talle van hierdie verhale lees. Een van die onlangse verhale is dié van die Rwandese Tutsi, Jean Paul Samputu, wat vertel hoe sy ouers en ander familielede deur sy beste vriend, Vincent, 'n Hutu, tydens die 1994-volksmoord vermoor is. Uit skok en wraak het hy alkohol en ander dwelmmiddels begin gebruik, en is absoluut verteer deur woede en die behoefte aan wraak. Oor 'n tydperk van nege jaar het hy homself letterlik en figuurlik nader aan sy eie dood gedryf. Op 'n dag het hy, desperaat soos hy was, skielik 'n vreemde vrede ervaar en beleef hy moet die Here opsoek en helderheid uit die Woord van God kry. Na drie maande van afsondering was hy gereed om te vergewe. Hy het besef vergifnis gaan eintlik in die eerste plek oor homself. Deur te vergewe, kom hy self vry. Hy kon Vincent later weer ontmoet en hom persoonlik meedeel hy vergewe hom. Hulle kon aan 'n verhouding begin bou. Grafika: Kopiereg onbekend
8
Herstelde verhoudings
Ons teksgedeelte kom uit Jesus se toespraak op die berg in Galilea. Dit is die eerste van vyf preke of toesprake van Jesus wat die Matteus-evangelie vir ons opteken. In dié gesprek verduidelik Jesus die andersoortige lewensstyl wat in die koninkryk van God geld. Sy volgelinge moet dit verstaan. Jesus het gesê Hy het nie gekom om die wet op te hef of te kanselleer nie, maar om die wet sy volle betekenis te laat kry. In ons teksgedeelte doen hy presies dit. Hy neem die wet, en verwys na hoe die Joodse godsdienstiges dit uitlê. Hy verwys ook na drie gebooie soos dit van die ou tyd af oorgelewer is – jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie jou eed verbreek nie (vals getuienis aflê nie). Dit kom met die sesde, sewende en negende gebod ooreen, asook met die groot liefdesgebod. Jesus neem dan telkens hierdie gebooie en lê dit op 'n dieper vlak uit. Die wet gaan nie bloot oor uiterlike dade nie. Dit gaan dieper. Dit het met die hart, met gedagtes en met die wil te doen. Moord begin lank voor doodslaan. Egbreuk is veel meer as 'n skeibrief. Die praat van waarheid moet liewer bevestig word uit 'n lewe van diepe integriteit as uit die aflê van 'n uiterlike eed. In hierdie uitleg spel Jesus 'n ingrypende etiese heroriëntasie van ons lewens as sy volgelinge uit. Dit gaan oor drie verhoudinge, sê Bonhoeffer: met die broer (21-26), met die vrou (27-32), en verhoudinge vanuit waaruit en trou (33-37). Dit blyk telkens hoe belangrik gesonde, geneesde of herstelde verhoudinge is. Die etiek van die koninkryk vra verhoudinge van liefde, betroubaarheid en omgee. En waar dit in die slag bly, moet moeite gedoen word om herstel en genesing te bring. Herstelde verhoudings
9
Moord begin vroeër as doodslaan
Jesus beklemtoon in vers 22 dat woede wat uit sonde gebore is, daardie woede wat tot bitter woorde lei, alreeds die pleeg van moord in die hart van die mens is. Dit is nie slegs die uiterlike daad van moord – wat die vrug van woede of verwerping is – wat strafbaar is nie. Reeds die bose ingesteldheid van die hart is verkeerd, en moet vermy, opgelos en genees word. Dit is nie voldoende om nie dood te maak nie, maar woede en haat moet vermy word. Ons sal selfs vir ons gesindhede verantwoording moet doen. Indien jy vir jou medemens kwaad bly, as ’n gek beskou, of hom/haar as onnosel uitskel, is dit soos om ’n dolk in sy/haar hart te steek. Moord begin vroeër as doodslaan
10
Eerste saad van moord Eerste saad van moord
Om woede wat tot moord lei, te voorkom, moet mens versigtig wees vir die eerste saadjies, die klein begin, daarvan. Die saad moet glad nie toegelaat word om te ontkiem nie. Anders gebeur wat met die Hutus en Tutsis gebeur het. Anders gebeur wat met Jean Paul Samputu gebeur het. Sy woede en wrokke het hom byna tot moord, en tot op die rand van sy eie dood, gedryf. 'n Praktiese manier om hierdie ontkieming te keer is nodig. Jesus sê: • jy moet vrede met jou broer of suster gaan maak (verse 23-24), of • 'n skikking met jou skuldeisers bereik (verse 25-26). Jesus plaas konflik in verse binne die raamwerk van die liturgie van die gemeente. Jy bring 'n offer altaar toe, en onthou daar dat iemand anders met moordgedagtes teenoor jou rondloop. Help dan jou broer en suster, want die konflik tussen mense raak jou verhouding met God en met ander gelowiges. Dietrich Bonhoeffer skryf: When we come before God with hearts full of contempt and unreconciled with our neighbours, we are, both individually and as a congregation, worshipping an idol. So long as we refuse to love and serve our brother and make him an object of contempt and let him harbour a grudge against me or the congregation, our worship and sacrifice will be unacceptable to God. Pieter van Niekerk skryf dié teksdeel herinner hom aan Bybeltekste uit die profete, byvoorbeeld Jesaja 1:10-17 en Amos 5: Hulle beklemtoon die waardeloosheid van godsdienstige handelinge as dit nie met die gelowiges se daaglikse handel en wandel, versoening en geregtigheid, ’n menswaardige verhouding teenoor die ander klop nie. Vir Jesus weeg barmhartigheid, waarheid en geregtigheid die swaarste (Matt 23:23). Jou verhouding teenoor ander mense weeg swaarder as blote kerkbywoning; jou verhouding met ander weerkaats die liefde van God, maak God sigbaar en jou verhouding met God eg (vgl 1 Joh 4:7-21). Hierdie eienskappe het alles met egte versoening te make. Daar is nog meer. Verse plaas dit binne die raamwerk van gevangeneskap. Jesus se woorde is op die eindtyd gerig, soos in Lukas 12:57-59 (Nixon). Woede, konflik en vyandskap dompel jou in die hel. Dink aan Jean Paul Samputu wat in woede en wraak vasgevang was, met meer as genoeg rede daarvoor sou mens wou byvoeg. Tog was ander se oordele, etniese geweld en moord – waarvan hy aan die ontvangkant was – spoedig 'n tronk wat hom tot op die rand van 'n fisiese dood gedryf het. Hierdie soort gebeure het ook geestelike implikasies vir 'n mens: Be not surprised about the urgency of my command that you be reconciled; for should it be that you were to pass from this life with a heart still at variance with your brother, a condition which you have not even tried to change, that wrong would testify against you in the day of judgment. Moreover, dying with that spirit of hatred still in your heart, you will never escape from the prison of hell. (Hendriksen). Eerste saad van moord
11
Respek en sekuriteit in verhoudings
Die tweede manier waarop Jesus die wet verdiep het te doen met die waardes van selfbeheersing, respek en sekuriteit in huweliksverhoudings (verse 27-30). Dit is nie bloot die uiterlike instandhou van die huwelikstruktuur wat die wet tot sy reg laat kom nie. Daar is 'n innerlike verbintenis tot huwelikstrou en toewyding aan mekaar nodig. Die beeld van die oog en hand dui op sien en doen, op die geheel van die mens se integriteit. ’n Persoon is nie ’n seks-objek nie en haar regte moet gerespekteer word, haar waardigheid is heilig. Hiermee belig Jesus belangrike etiese vertrekpunte in huweliksverhoudings. Respek en sekuriteit in verhoudings
12
Betroubaarheid Betroubaarheid
Die derde wyse waarop Jesus die wet verdiep handel oor betroubaarheid (verse 31-37). Die opdrag om innerlik en uiterlik betroubaar te wees, is ten diepste wat dit beteken om 'n dissipel van Jesus Christus te wees. Mens kan nie in waarheid en betroubaarheid voor God leef, as jy dit nie ook teenoor jou medemens doen nie. Mens kan nie in waarheid voor die Here leef, sonder om in waarheid teenoor jou medemens te lewe nie. Valsheid en onbetroubaarheid vernietig gemeenskap, of bou gemeenskap op valse motiewe en fondamente. Die waarheid maak egte gemeenskap moontlik. Mense kan maklik 'n eed gebruik om die waarheid van hulle stellings te bevestig, terwyl dit ondeurdag, ongevraag en dikwels skynheilig is. Mense kan hoog en laag sweer om 'n beter indruk te probeer skep, of selfs net om 'n gewone gesprek bietjie op te kikker. Jesus waarsku hierteen. Hy beveel 'n eenvoudige bly by die waarheid aan in gedagtes, woord en daad. Betroubaarheid
13
God se regering God se regering
Met hierdie drie voorbeelde illustreer Jesus hoe mense leef wat Hom as dissipels navolg. Dit is die verdiepte waardes en optrede wat God se regering beliggaam. God maak mense nuut, en mense leef nuut op grond van God se aksie in hulle lewe. Dit bly uit: Respek vir die lewe van ander, eerder as konflik, geweld, en die aanblaas daarvan; 'n Lewe van respek, die erkenning van ander se waardigheid en trou in verhoudings, en 'n Bly by die waarheid. Elkeen van ons moet onsself ondersoek, ons waar nodig bekeer, en ons bly toewy aan die verdiepte navolging van Christus. Om te herhaal: Dit blyk telkens hoe belangrik gesonde, geneesde of herstelde verhoudinge is. Die etiek van die koninkryk vra verhoudinge van liefde, betroubaarheid en omgee. En waar dit in die slag bly, moet moeite gedoen word om herstel en genesing te bring. God se regering
14
God stuur ons om te leef 5 God stuur ons om te leef Voorbidding
Toewyding Voorganger: Here, maak my ‘n instrument van u vrede. Gemeente: Gee wat U vra en vra dan wat U wil V: Waar daar haat is, laat my liefde saai. V: Waar daar onreg is, vergifnis. V: Waar daar twyfel is, geloof. V: Waar daar wanhoop is, hoop. V: Waar daar duisternis is, lig. V: Waar daar droefheid is, vreugde. V: O goddelike Meester, gee dat ek nie soseer sal soek om getroos te word nie, as om te troos; om verstaan te word nie as om te verstaan; om liefgehê te word nie as om lief te hê. Want dit is deur te gee dat ons ontvang; dit is deur te vergewe da tons vergewe word; dit is deur te sterf da tons tot die ewige lewe gebore word. (Uit: Wepener, Cas Soos ‘n Blom na die Son Draai. BybelMedia. Wellington.) Slotlied Lied 284 Laat, Heer, u vrede deur my vloei Seën Mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak. So sal hy julle innerlik sterk maak dat julle onberispelik en heilig voor God ons Vader sal staan wanneer ons Here Jesus kom saam met al sy heilige engele. ((Uit: Wepener, Cas Soos ‘n Blom na die Son Draai. BybelMedia. Wellington. N.a.v. 1 Tess 3:12-13) Of as die liturgy mooi sing, kan Vonkk 144 Vrede van God as seën gebruik word. Respons Flam 361 Laat dit so wees (Amen) Vonkk 118 Mayenziwe / U Wil Geskied (Matteus 6:10) God stuur ons om te leef
15
Volgende erediens: Matteus 5:38-48 6 Volgende erediens Matteus 5:38-48
Familie-oomblik en Liturgie: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk
Similar presentations
© 2024 SlidePlayer.com Inc.
All rights reserved.