Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Bome wat kan buig ….breek nie…...

Similar presentations


Presentation on theme: "Bome wat kan buig ….breek nie…..."— Presentation transcript:

1 Bome wat kan buig ….breek nie…..

2 Iets trek my aandag

3 Oor bome en wind en water
Hoe bly palms staan in van die wêreld se mees gevaarlike sikloon areas, terwyl die sterke kameeldoring wat droogte kan deurstaan afbreek in Hoëveldstorms? Maar die palm oorleef nie in die Bosveld nie – te droog. Is die een swakker as die ander? Waarom breek die takke van Wattel bome wanneer dit sneeu in Natal, maar Denne bome staan regop en hoog bo die wit landskap uit? Waarom sien ek die wind aan die waaiende takke van ‘n wilger, lank voor ek dit sien in die takke van die Apiesdoring langs die rivier? As die water afkom, bly die wilger staan, al staan hy binne in die water met sy voete. Die palmboom troon vêr bo die doringboom uit, waar winde selfs sterker waai – maar hy breek nie. Die wilger staan op die oewer, maar is die laaste om te breek as die watermassa afkom.

4 Centurion – 3 Feb 2014

5 Die natuur is altyd gereed om ons iets te leer wat geestelik toepaslik is.
Jak 3:7 Want elke soort natuur van wilde diere en voëls en kruipende sowel as seediere word getem en is getem deur die menslike natuur. Jak 3:8 Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is ‘n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif. Jak 3:9 Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is. Jak 3:10 Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie. Jak 3:11 ‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie? Jak 3:12 ‘n Vyeboom, my broeders, kan tog nie olywe voortbring, of ‘n wingerdstok vye nie? So kan geen fontein brak en vars water voortbring nie. Jak 3:13 Wie is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon. Jak 3:14 Maar as julle bittere afguns en selfsug in julle hart het, moenie roem en lieg teen die waarheid nie. Jak 3:15 Dít is nie die wysheid wat van bo kom nie, maar is aards, natuurlik, duiwels; Jak 3:16 want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade. Jak 3:17 Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins. Jak 3:18 En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.

6 Ons is soos diere as….. Prd 3:17 Ek het in my hart gesê: Gód sal die regverdige en die goddelose oordeel, want dáár is ‘n tyd vir elke saak en vir elke werk. Prd 3:18 Ek het in my hart gesê: Ter wille van die mensekinders gebeur dit, dat God hulle kan beproef, en dat hulle kan insien dat hulle in hulleself vee is. Prd 3:19 Want die lot van die mensekinders is ook die lot van die veediere: hulle het een en dieselfde lot; soos die een sterwe, so sterwe die ander, en hulle almal het dieselfde asem, en ‘n voorkeur van die mens bo die veediere is daar nie; want alles is tevergeefs. Prd 3:20 Alles (vlees) gaan na een plek toe; alles is uit die stof, en alles keer na die stof terug. Prd 3:21 Wie bespeur dat die asem van die mensekinders opgaan boontoe, en dat die asem van die veediere neerdaal ondertoe in die aarde? Prd 3:22 So het ek dan gesien dat daar niks beters is as dat die mens hom verheug in sy werke nie, want dit is sy deel; want wie sal hom daartoe bring dat hy kan sien wat ná hom sal wees? 2Pe 2:12 Maar hulle sal, omdat hulle belaster wat hulle nie ken nie, soos redelose diere wat die natuur volg, gebore om gevang en vernietig te word, in hulle verdorwenheid te gronde gaan …… … ons dinge wat ons nie begryp, wat bo ons natuurlike verstand en logika is, bespot en minag.

7 Anders as vee het ons die vatbaarheid om verhef te word tot goddelike natuur
2Pe 1:1 Simeon Petrus, ‘n dienskneg en apostel van Jahshua Christus, aan die wat net so ‘n kosbare geloof as ons verkry het deur die geregtigheid van onse God en Saligmaker, Jahshua Christus: 2Pe 1:2 Mag genade en vrede vir julle vermeerder word deur die kennis van God en Jahshua, onse Here! 2Pe 1:3 Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, 2Pe 1:4 waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is. Om weer gebore te word in ʼn ander (nuwe) natuur in, wat nuwe denke oor ou dinge het…

8 En so bring die natuur my terug na die bome en wind
Joh 3:2 Hy het in die nag na Jahshua gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U ‘n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie. Joh 3:3 Jahshua antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Joh 3:4 Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? Joh 3:5 Jahshua antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Joh 3:6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees (natuurlik aards) ; en wat uit die Gees gebore is, is gees (natuurlik goddelik) . Joh 3:7 Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie. Joh 3:8 Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is. Joh 3:9 Nikodémus antwoord en sê vir Hom: Hoe kan hierdie dinge gebeur? Joh 3:10 Jahshua antwoord en sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie? Joh 3:11 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie. Joh 3:12 As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel? Joh 3:13 En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.

9 Soos ‘n boom, so is die mens

10 Hy word beweeg deur dinge wat onsigbaar is:
Vrees Jes 7:2 Toe hulle aan die huis van Dawid berig stuur met die woorde: Die Arameërs het op Efraim toegesak! —het sy hart en die hart van sy volk gebewe soos die bome van die bos bewe voor die wind. Leringe Efs 4:11 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, Efs 4:12 om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, Efs 4:13 totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; Efs 4:14 sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; Efs 4:15 maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, Twyfel Jak 1:6 Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.

11 En soos bome, kan hul breek.
….as hul takke nie kan buig wanneer die wind waai, en die strome vloei nie… ….of hul wortels skeur los uit sagte sand sonder vastigheid… Bome met harde takke, en versteende stamme, soms skerp dorings – onbuigbaar vir enige wind, het een ding in gemeen: ….stadige groeiers, wat baie keer ook in lae reënval areas moet oorleef – gehard teen en verhard deur droogte… Boere mense is Afrika doringbome

12 Totius het ook so gedink:
Vergewe en vergeet Daar het ‘n doringboompie vlak by die pad gestaan, waar lange ossespanne met sware vragte gaan. En eendag kom daarlangs ‘n ossewa verby, wat met sy sware wiele dwars-oor die boompie ry. “Jy het mos doringstruikie my anderdag gekrap; en daarom het my wiele jou kroontjie plat getrap.” Die ossewa verdwyn weer agter ‘n heuweltop, en langsaam buig die boompie sy stammetjie weer op. Sy skoonheid was geskonde; sy bassies was geskeur; op een plek was die stammetjie so amper middeldeur. Maar tog het daardie boompie weer stadig reggekom, want oor sy wonde druppel die salf van eie gom. Ook het die loop van jare die wonde weggewis – net een plek bly ‘n teken wat onuitwisbaar is. Die wonde word gesond weer as jare kom en gaan maar daardie merk word groter en groei maar aldeur aan.

13 Verharde bome buig nie maklik, hul breek eerder voor hul kan buig
Spr 29:1 ‘n Man wat baie bestraf is, en sy nek verhard, sal onvoorsiens verbreek word sonder dat daar genesing is. En sommige kan uit hul aard nie buig nie Hnd 7:51 Julle hardnekkiges en onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees; net soos julle vaders, so ook julle. Hnd 7:52 Watter een van die profete het julle vaders nie vervolg nie? Ja, hulle het dié gedood wat vooraf die koms verkondig het van die Regverdige, van wie julle nou verraaiers en moordenaars geword het; Hnd 7:53 julle wat die wet deur die beskikkinge van engele ontvang het en tog nie onderhou het nie! WEERSTAAN - G496 - an-tee-pip'-to From G473 and G4098 (including its alternate); to oppose: - resist.

14 Weerstand teen die HG, breek takke af
Jes 63:10 Maar húlle was wederstrewig en het sy Heilige Gees bedroef; daarom het Hy vir hulle in ‘n vyand verander: Hy self het teen hulle gestry. WEDERSTREWIG - H maw-raw' A primitive root; to be (causatively make) bitter (or unpleasant); (figuratively) to rebel (or resist; causatively to provoke): - bitter, change, be disobedient, disobey, grievously, provocation, provoke (-ing), (be) rebel (against, -lious). Vyand VERANDER – H haw-vak' A primitive root; to turn about or over; by implication to change, overturn, return, pervert: - X become, change, come, be converted, give, make [a bed], overthrow (- turn), perverse, retire, tumble, turn (again, aside, back, to the contrary, every way).

15 Die weefsel van verharding in die stam en takke van ‘n boom:
Jak 4:6 Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. Jak 4:7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. Jak 4:8 Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges! Jak 4:9 Weeklaag, treur en ween. Laat julle gelag in treurigheid verander word en julle blydskap in bedruktheid. Jak 4:10 Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog. 1Pe 5:5 Net so moet julle, jongeres, aan die oueres onderdanig wees; en wees almal met ootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar, want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. 1Pe 5:6 Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd. 1Pe 5:7 Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle. 1Pe 5:8 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind. 1Pe 5:9 Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is. 1Pe 5:10 En mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jahshua, nadat ons ‘n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves!

16 Wat beteken dit in praktyk?

17 Die selfde les uit ‘n ander natuurbeeld
Water is lewe, maar as dit ys geword het, is dit die dood. As wat lewe moes wees, die dood word, is daar dan geen hoop op lewe oor, behalwe deur ‘n eksterne ingryping. Wanneer so ‘n ingreep dan weer die dooie water (ys) smelt, dan word dit lewe vir elk wat dit drink.

18 Nee, ek suig nie hierdie beelde uit my duim nie.
Psa 147:11 Die HERE het ‘n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op sy goedertierenheid hoop. Psa 147:12 o Jerusalem, prys JAHWEH! o Sion, loof jou God! Psa 147:13 Want Hy het die grendels van jou poorte sterk gemaak; Hy het jou kinders binne-in jou geseën. Psa 147:14 Hy wat aan jou grondgebied vrede verskaf, wat jou versadig met die beste van die koring, Psa 147:15 wat sy bevel na die aarde stuur—sy woord loop baie vinnig. Psa 147:16 Hy gee sneeu soos wol; Hy strooi ryp soos as. Psa 147:17 Hy werp sy ys heen soos stukke—wie kan bestaan voor sy koue? Psa 147:18 Hy stuur sy woord en laat hulle smelt; Hy laat sy wind waai—die waters loop. Psa 147:19 Hy maak aan Jakob sy woorde bekend, aan Israel sy insettinge en sy verordeninge. Psa 147:20 So het Hy aan geen enkele nasie gedoen nie; en sy verordeninge, dié ken hulle nie. Halleluja!

19 “Hy stuur Sy Woord”…..tussen ons in
Joh 4:13 Jahshua antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; Joh 4:14 maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe. Opn 21:5 En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar. Opn 21:6 En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet. Opn 21:7 Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees. Opn 22:1 En hy het my getoon ‘n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam. Opn 22:2 In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies. Opn 22:17 En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.

20 Die mens wedergebore in goddelike natuur, word beweeg deur ‘n ander wind – die HG.

21 “Sameswaai” met die HG beskut die boom van ander strome en winde.
Efs 4:30 En bedroef (weerstaan / verhard jou teen) nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing. Efs 4:31 Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid. Efs 4:32 Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het. VERSEEL - G sfrag-id'-zo From G4973; to stamp (with a signet or private mark) for security or preservation (literally or figuratively); by implication to keep secret, to attest: - (set a, set to) seal up, stop.

22 My geestelike les geleer van bome:
Soos ‘n boom wat beweeg die wind sigbaar maak, so word die HG sigbaar gemaak deur mense wat beweeg onder Sy werking. ‘n Verharde boom beweeg baie min in ‘n sagte bries – so is dit moeilik om die HG te sien in mense wat weerstand bied teen Sy werking. Maar min beweging beteken NIE dat die wind nie waai nie, so beteken “min bewegende” mense nie dat die HG nie teenwoordig is nie. Volgehoue weerstand teen die wind, breek takke – so beskadig mense wat weerstand bied teen die inwerking van die HG ook maar met tyd. Daar is baie winde wat aan bome ruk, rukwinde – so is daar vele geeste en leringe wat mense kan beweeg. Die wind wat konstant waai breek nie takke van buigbare bome nie – so beskadig die HG ook nie mense wat onder Sy inwerking beweeg nie, maar beskut hul van rukwinde wat skade kan doen. Hoë bome kry die meeste wind, maar verharde bome breek selfs in sagter winde. Die boom wat opgroei met sy voete in water van lewe, en sy vastigheid op die Rots, sal hoog word (nie hoogmoedig), en baie wind skep – maar nie breek as hy opgewonde sy takke waai in die vryheid van die hemele, sy vrug gee op sy tyd.

23 Amen


Download ppt "Bome wat kan buig ….breek nie…..."

Similar presentations


Ads by Google