Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Jesaja 62:6-12 6 Ek het wagte op jou mure uitgesit, Jerusalem, hulle sal dag en nag roep. Julle wat die Here aan sy beloftes moet herinner, julle moenie.

Similar presentations


Presentation on theme: "Jesaja 62:6-12 6 Ek het wagte op jou mure uitgesit, Jerusalem, hulle sal dag en nag roep. Julle wat die Here aan sy beloftes moet herinner, julle moenie."— Presentation transcript:

1 Jesaja 62:6-12 6 Ek het wagte op jou mure uitgesit, Jerusalem, hulle sal dag en nag roep. Julle wat die Here aan sy beloftes moet herinner, julle moenie stilbly nie. 7 Julle moenie stilbly nie totdat Hy Jerusalem herstel het, totdat Hy die hele wêreld die roem van Jerusalem laat sing het Die Here het ’n eed afgelê, en deur sy groot mag sal Hy dit gestand doen: Ek sal jou koring nie weer aan jou vyande gee om te eet nie, uitlanders sal nie weer die wyn drink waarvoor jy hard gewerk het nie Dié wat die koring oes, sal dit eet en hulle sal My loof; dié wat die druiwe oes, sal die wyn drink in die voorhof van my heiligdom Gaan uit, gaan uit by die poorte, maak die pad gereed vir die volk! Vul die grootpad op, vul dit op! Vat weg die klippe! Steek ’n banier op dat die volke dit kan sien! Die Here kondig dwarsoor die wêreld aan: “Sê vir Sion: Hy wat jou red, kom! Sy volk wat Hy Syne gemaak het, is by Hom, dié wat aan Hom behoort, loop voor Hom uit.” Hulle sal genoem word: “Gewyde volk, volk wat deur die Here verlos is." En jy, Jerusalem, sal genoem word: "Gewilde stad, stad wat nie verlate lê nie."

2 Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

3 “Thank you for the gift of peaches… and especially for the spirit in which they were given”
’n Engelse predikant van ’n sekere kerk was baie lief vir perske brandewyn! Maar die gemeente was baie konserwatief en die drink van alkoholiese drank was verseker nie goedgekeur nie. Daarom sou hy nooit droom om drank by enige winkel te koop nie. Daar was egter ’n gemeentelid, ’n goeie vriend van hom, Joe, wat elke jaar tuisgemaakte brandewyn gemaak het. Dit was van die heerlikste perske brandewyn wat hy al ooit in sy lewe gedrink het. Die predikant het weer daarna uitgesien om sy jaarlikse bottel rondom Kersfees te ontvang. Elke jaar, wanneer die predikant vir Joe net voor Kersfees gaan besoek, het hy gehoop hy sou huiswaarts keer met sy Kersgeskenk in die hand. Sy verwagting is nooit teleurgestel nie. “Hoe kan ek jou ooit genoeg bedank?” was die predikant se gebruiklike woorde. Maar hierdie een keer het Joe met ’n glimlag die predikant gevra dat hy hom hierdie keer van die kansel af moet bedank - anders kry hy nooit weer so spesiale Kersgeskenk nie. Hoe gaan die predikant dit regkry sonder om die gemeente kwaad te maak? Joe het met ’n glimlag die Sondag in die erediens gesit en gewonder hoe sy vriend uit die een sou kom! Toe begin die predikant die diens met die woorde: “Before we begin, I have an announcement. I would very much like to thank my friend, Joe, for his kind gift of peaches... and especially for the spirit in which they were given. Thank you, Joe!” In hierdie Kerstyd het ons die wonderlikste geskenk ontvang naamlik Jesus en veral die Gees (die “Spirit”) waarin Hy gegee is, maak ons vol vreugde!

4 Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

5 Vir die kinders: Vra die kinders wie lekkers wil hê. Sê egter vir hulle dat hulle hul hande moet uitstrek as hulle dit wil hê. Amper soos om vir iemand te waai (plat uitgestrekte vingers). Verduidelik dan vir hulle dat hulle hande amper soos ’n banier is. (Jy sou vir die kinders kon verduidelik wat ’n banier is deur self ’n banier met bv. BOKKE BO!! vir hulle te wys – verduidelik dan dat die banier iets van die persoon sê wat die banier vashou; in die geval, dat hy ’n Springbok-ondersteuner is). Hulle hande is ’n banier wat sê hulle is lief vir lekkers, hulle is lus vir lekkers. (Moenie vergeet om darem dan vir al die kinders lekkers in die diens of na die tyd te gee nie!) Verduidelik vir die kinders dat Jes 62:10 van ons verwag om dit vir Jesus ook te doen. Ons lewe moet ’n banier vir Jesus wees. Deel vir die kinders papier en penne/ Koki’s/ kryte uit en sê hulle moet ’n banier maak vir Jesus wat hulle dan iewers in hulle huis kan gaan plak (dalk op die voordeur of hulle kamerdeur). Of deel ’n prent uit wat hulle kan inkleur.

6 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

7 Agtergrond Hersiening: Die boek Jesaja speel af oor 250 jaar en omvat drie van Juda se moeilikste tye, te wete: voor die Assiriese ballingskap, daar tydens en daarna. Vandag se gedeelte is deel van die epiloog van Trito-Jesaja (56–66 ). Dit handel dus oor wat ná die ballingskap gaan gebeur. In die gedeelte word uitkoms vir die volk aangekondig uit die ellende van die ballingskap waarin hulle verkeer het. Die tyd toe die volk soos ’n verstote vrou was, is nou verby, want die Here het Sy volk lief. Die lied sluit af met ’n oproep om die pad gereed te maak, want die Here bring Sy volk na Jerusalem toe waar hulle ’n nuwe toekoms sal hê. Uitleg Vers 6-7 In die verse word die volk opgeroep om sonder ophou voorbidding te doen vir Jerusalem. Die gebedswagte moes 24/7 wees soos die “herinneraars” (die Mazkir) aan koninklike howe (vgl. 2 Sam. 8:16) wat “die Here aan Sy beloftes herinner” soos wat die "herinneraars" die koning aan syne moes herinner. Let op die dubbele klem dat die volk nie moet stilbly nie. Die volk moes aanhou worstel met God, totdat die Here Jerusalem herstel het en aan die stad weer roem besorg het. Let op dat die herstel iets is wat net God kan doen en daarom moet daarvoor gebid word. Vers 8-9 Die vers verskaf die rede waarom die volk tot God kan en moet bid. Die Here het naamlik Sy beloftes met ’n eed bevestig en Hy beskik oor die mag om dit te verwesenlik (vgl. 41:10; 45:23; 54:9). In die verse word die nuwe toekoms wat vir Israel voorberei word, uitgespel. Anders as in die verlede, toe hulle deel van die land se opbrengs aan hulle onderdrukkers moes afstaan, sou hulle nou die vrug van hulle oes kon geniet. Soos vroeër sal hulle die opbrengs van die land in die voorhof van die heiligdom kan geniet tydens dankfeeste en offermaaltye (vgl. Deut. 14:22v.; 16:9v.; 26:2v.). God se oordeel was nou verby gewees. Beter tye het vir Israel voorgelê. Vers 10-11 Die verse kondig die terugkeer van Israel na Jerusalem aan. Die pad vir die ballinge terug na Jerusalem sou gereed gemaak word. Dit moes met ’n banier aan al die volke bekend gemaak word, en ook Sion moet daarvan kennis neem dat die Here Sy volk gered het. Dwarsoor die wêreld moet die verstrooides van Israel hulle by die terugtog na Jerusalem toe aansluit (vgl. 11:12; 49:22). In vers 12 word Israel se toekoms uitgespel. Israel is nou ’n verloste (vgl. 35:10; 51:11) en gewyde volk: ’n volk wat sy taak uitvoer om ’n priestervolk te wees (vgl. 61:6; 63:18; Eks. 19:6). Verder is Jerusalem nou ’n gewilde stad, nie meer verlate soos tydens die ballingskap nie (vgl. 4; 54:6; 60:15).[1] [1] Van Zyl, A. 1997, c1993. Die Bybel verklaar : 1983-vertaling. Verklarings oorspronklik in 1989 uitgegee saam met die Bybelteks onder die titel: Verklarende Bybel. (Is 62:1). Lux Verbi: Kaapstad

8 Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

9 Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor
Luister na ander en die tye Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor

10 “As a child, I knew so little that I believed the Christmas story, just as Luke tells it.
Then I thought I knew so much - after studying everything - that I could not believe the miraculous story. But now, once again, I know so little, that I believe the story just as Luke tells it. Dr. Julius Modlenhawer “As a child, I knew so little that I believed the Christmas story, just as Luke tells it. Then I thought I knew so much - after studying everything - that I could not believe the miraculous story. But now, once again, I know so little, that I believe the story just as Luke tells it. (Dr. Julius Modlenhawer).

11 Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes
Luister weer na God se Woord Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

12 Ons is advertensieborde
Advertensieborde is soms van jou beste maniere om te adverteer, dit vang dadelik jou oog... Jesaja stel dit duidelik in vers 10 (“steek ’n banier op”) dat dit ons besigheid is om te adverteer - ons moet sorg dat mense luister na die goeie vreugde boodskap van Kersfees. Dis wat die Here wil hê ons moet doen deur die krag van die Gees.

13 Watter tipe advertensiebord is ek en jy vir God?
Daarom is die volgende vraag so ’n knaende vraag: “Watter tipe advertensiebord vir God is ek en jy?” Ek en jy is God se lewende en bewegende advertensieborde, wat gestuur word om die goeie vreugde boodskap te bring. Somtyds is dit die enigste goeie nuus te midde van die leë nuus én die slegte nuus. Maar dis duidelik uit Jesaja 62 dat dit nie net gaan oor die saak van die goeie nuus bring nie, maar dis veel eerder om die goeie nuus te wees.

14 Wees die goeie nuus deur die pad gereed te maak
Wees die goeie nuus deur die groot pad gereed te maak... op te vul, asook al die struikelblokke (groot klippe) vir mense uit die pad te rol.

15 Hoe maak ons dit makliker vir ander om te glo?
Onthou weer, gelowiges is mense wat dit vir ander makliker maak om te glo.

16 Hoe maak ons dit makliker vir ander om te glo?
1. Herinneraars Hoe doen ons dit? 1. Herinneraars

17 Herinner God aan Sy belofte van vrede op aarde
In die verse word die volk opgeroep om sonder ophou voorbidding te doen vir Jerusalem. Die gebedswagte moes 24/7 wees soos die “herinneraars” (die Mazkir) aan koninklike howe (vgl. 2 Sam. 8:16) wat “die Here aan Sy beloftes herinner” soos wat die “herinneraars” die koning aan syne moes herinner. Miskien moet ons op hierdie Kersfees weer God herinner dat daar met Jesus se geboorte ’n belofte was: “Vrede op aarde vir die mense in wie Hy ’n welbehae het”.

18 Die rabbi se gebed Miskien moet ons maak soos hierdie rabbi gemaak het (nogal ’n swaar storie op ’n blye Kersdag, maar ’n tydige een...): Op die vooraand van die Ses-dae Oorlog, toe die Arabiere saamdrom op die grense van Israel en die luggolwe bewe van die dreigemente en wrede voornemens, het die Jode besef dat alles op die spel is. Hulle het geweet dat hulle hul moes verdedig teen ’n oormag. Hulle het geweet hulle durf nie verloor nie. Die Arabiere sou al die wreedhede pleeg wat hulle dreig om te doen; en die wêreld sou nie veel meer doen as om hulle te berispe nie. Hulle was op hulle eie. lewers het ’n rabbi homself in sy studeerkamer toegesluit, sy hande teen sy oë vasgeslaan en met sy smeking by God se voete neergeval: “Ek het nog nooit U regverdigheid, U genade bevraagteken nie, hoewel hulle my soms verstom het. Ek het my neergelê by alles, het alles aanvaar - nie net met berusting nie, maar met liefde en dankbaarheid. Ek het straf, slagtings, onsinnighede aanvaar, ja, ek het selfs in stilte die dood van 1miljoen kinders laat verbygaan. In die pik donkerte van die gaskamers - ’n beklemmende, onverstaanbare raaisel - het ek my uitroep, woede, behoefte terug gewurg om vir ewig met U en myself klaar te speel. Ek het gebed en toewyding gekies. Ek het probeer om die dolk wat U so dikwels in my gehoorsame hart gesteek het, in ’n lied te verander. Ek het nie my kop teen ’n muur gekap nie, ek het ook nie my oë uit my oog kaste uitgeskeur sodat ek tog nie meer van die ellende hoef te sien nie; ook nie my tong nie sodat ek nie niks meer hoef te sê nie. Ek het oor en oor vir myself gesê: Dit is makliker om vir U te sterf as om met U, vir U te lewe, want in die ganse heelal dra seëninge, sowel as vervloekings, U handtekening. Ek het daarom redes probeer uitdink vir lof sodat ek ’n verband kon skep na U en ook na myself. Maar...” Ten spyte van sy voorneme om die kraan van sy trane styf toe te hou, het hy gevoel hoe deur sy hande die trane vloei... onkeerbaar. Hy het sy trane hulle gang laat gaan. “Maar dis alles verby.” het hy met hernude krag voortgegaan “Hoor U my? Ek sê vir U, dis alles verby. Ek kan nie meer aangaan nie. As U hierdie keer weer U kinders in die steek laat, as U weer toelaat dat die slagters U kinders sinneloos vermoor en hulle getrouheid aan die verbond te beswadder, ja, as U weer toelaat dat ons belofte ’n bespotting word, dan moet U weet, O Meester van alles wat asemhaal, verdien U nie meer U kinders se liefde en hulle passie om U te heilig en te regverdig aan en teen almal nie. As U hierdie keer weer toekyk hoe die oorlewendes vermoor word en hulle dood as bespotting gesien word, weet dat ek my bedanking indien as U gids. Ek sal op die grond neerval, my voorkop oortrek met as, en ek sal huil soos ek nog nooit in my lewe gehuil het nie en voor ek sterf, sal ek skreeu soos geen slagoffer nog ooit geskreeu het nie... en weet dat elke traan van my en elke geskreeu van my U heerlikheid sal bevlek, elke gebaar van my sal U verkleineer, nes U U diensknegte verkleineer het.” Uitasem en gebroke het die rabbi sy kop, wat te swaar geword het, neergelê op die vloer, so asof hy wou wegkruip... Die oorlog was binne ses dae verby. Israel het vir die eerste keer in byna jaar beheer gekry oor Jerusalem en groot gedeeltes van die beloofde land. (Uit: "A beggar in Jerusalem" van Elie Wiesel)

19 Kan ’n vrou haar eie baba vergeet?
As jy nie vir bogenoemde kans sien nie, kan jy vanuit die volgende hoek inkom: Daar is die “scary” en “eerie” fliek, The Forgotten. Dit gaan oor “aliens” wat kinders steel en dan die herinnering van daardie kinders uit die ouers se gedagtes uitwis. Hulle wil kyk hoe sterk die band tussen ’n ma, pa en dié se kind is. Telly, gespeel deur Julianne Moore, gee hulle ’n harde tyd en daar is nogal heelwat naelbyt oomblikke in die fliek. Die groot vraag van die fliek: gaan hulle haar wen of gaan sy hulle wen? Kyk maar self, maar dit waaroor ’n mens in die fliek die hele tyd gedink het, was: “Kan ’n vrou haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie.” Jes 49:15 Daar was ouers in die fliek wat van hulle kinders vergeet het (en soms in die lewe is dit ook so), maar daar is nou een ding wat soos ’n paal bo water staan, God sal ons nooit vergeet nie! Kersfees het vir ons eens en vir altyd kom vertel God sal altyd met ons wees. Niks kan maak dat Hy ons ooit sal vergeet.

20 God bly dieselfde en Hy sal jou nooit vergeet nie
Op somerdae het Fred Craddock se ma op die voorstoep gestaan en hulle (sy broers, susters en hy) geroep om te kom eet. As hulle honger was, het hulle altyd aangehardloop gekom. Indien hulle lekker gespeel het, het hulle weggekruip! Later het hy besef dat of hulle dadelik gaan eet het of weggekruip het, het niks met hulle ma te doen gehad. God bly dieselfde en sal jou nooit vergeet! As “herinneraars” (die Mazkir) moet ons mense daaraan herinner, moet ons ook vir God aan Sy beloftes herinner.

21 Hoe maak ons dit makliker vir ander om te glo?
1. Herinneraars 2. Blye boodskap-agente 2. Blye boodskap-agente (vs 11) Die Heilige Gees werk in ons om ons te verander in agente van die goeie nuus in ’n slegte nuus wêreld.

22 Hulle lyk sommer gelukkig…
Daar is ’n storie van ’n man wat graag in St Louis, wat hy nie geken het nie, kerk toe wou gaan. Hy vra toe ’n polisieman watter kerk hý sou aanbeveel. Die polisieman het toe ’n kerk vir hom voorgestel. Die man vra toe hoekom die polisieman die kerk voorstel. En hier is die polisieman se antwoord: “I’m not a church man myself, but the people who come out of that church are the happiest looking church-people in St. Louis. I thought that would be the kind of church you would like to attend.” Dis ons Bybelse opdrag: wees altyd bly (1 Tes 5:16). Die Jesaja 62 nuus “Hy wat jou red, kom!” Op hierdie Kersdag weet ons, dit is in Jesus waar.

23 Elisabeth Kubler-Ross praat roerend oor haar besoek aan die kinderbarakke in een van die Duitse konsentrasiekampe. Sy het verwag om die bewyse van die aaklighede te sien. Maar in plaas daarvan het sy net tekeninge van skoenlappers gesien, ’n universele simbool van vreugde en hoop! (Die prente van die skoenlappers is geteken deur kinders in kinder-konsentrasiekampe by Lodz en Auschwitz) Die foto is geneem van Joodse kinders in een van die konsentrasiekampe.

24 Ons is God se graffiti kunstenaars wat orals in die wêreld met ons lewens skrywe: ‘Daar is hoop en vreugde en dis ’n Persoon...Jesus Christus’.

25 Sal iemand ’n vreemdeling na ons gemeente toe stuur omdat ons dit vir ander maklik maak om te glo of tree ons soms op dat mense eerder wil wegbly? Vraag: Sal iemand ’n vreemdeling na ons gemeente toe stuur omdat ons dit vir ander maklik maak om te glo of tree ons soms op dat mense eerder wil wegbly?

26 Hoe maak ons dit makliker vir ander om te glo?
1. Herinneraars 2. Blye boodskap-agente 3. Bemoedigers 3. Bemoedigers vs 12 Ons is bemoedigers - ons stop enige optredes wat mense ontmoedig eerder as bemoedig! Ons doen goeie goed sodat mense herinner kan word wie hulle alreeds in Christus is.

27 Uit ’n epos wat onlangs gesirkuleer is, kom die volgende storie:
’n Vrou skryf oor haar grootword jare in Nova Scotia net voor die Tweede Wêreldoorlog. Haar pa was ’n treindrywer. Sy vertel dat so ver as wat sy kan onthou, het haar pa elke jaar net voor Kersfees twee bokse lemoene gekoop. En in daardie stadium was lemoene ’n groot bederf, omdat dit so duur en skaars was. Haar pa het net een huis toe gebring. Hy het die ander een saam met hom op die lokomotief geneem. En sy het altyd gewonder wat haar pa met die hele boks lemoene gemaak het. Jare later was sy ’n verpleegster in ’n hospitaal in Boston, Massachusetts.  Een aand het een van haar kollegas haar vertel dat daar ’n pasiënt op haar vloer is wat ook van Nova Scotia afgekom het. En toe sy tyd kry, het sy by die vroutjie gaan sit en gesels. Deur die loop van hul gesprek het sy genoem dat haar pa op die spoorweg gewerk het. En die pasiënt vertel toe dat sy langs die spoorlyn grootgeword het. Sy was van ’n arm familie en sy en haar broers en susters het dikwels langs die spoorlyn geloop en goed opgetel wat van die treine afgeval het. Sy het egter een spesifieke treindrywer onthou wat dikwels iets lekkers vir hulle afgegooi het, soos wat hy verbygery het. Maar die beste tyd was Kersfees. Want dan het hy vir hulle lemoene in die sneeu gegooi.

28 Laat ons eerder Barnabasse wees…
Christene is nie hierdie kritiese mense nie, maar eerder Barnabasse (Hand 4:36 - iemand wat mense moed inpraat) - bemoedigers... liefde uitdelers.

29 “People need more to be reminded than instructed”
“People need more to be appreciated than criticized ” “People need more to be valued than evaluated”! Om CS Lewis se stelling “people need more to be reminded than instructed” verder te neem “people need more to be appreciated than criticized” of “people need more to be valued than evaluated”!

30 Ons sal nie kan stilbly nie!
Lees wat sê Jesaja 62:1-4 oor ons Op die drie maniere sal ons, soos advertensieborde, nie kan stilbly nie...

31 Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

32 Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

33 Nuwe luister-produk God praat – leef luisterryk
Vir gesprek oor sensitiewe kwessies + DVD Praat saam oor 15 issues wat krap Op die punt af In die kol Bestel by: 0860 BMEDIA Prys: R79.95


Download ppt "Jesaja 62:6-12 6 Ek het wagte op jou mure uitgesit, Jerusalem, hulle sal dag en nag roep. Julle wat die Here aan sy beloftes moet herinner, julle moenie."

Similar presentations


Ads by Google