Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
1
1 Korintiërs 8:1-13 PowerPoint agtergrond
Antieke kuns van ‘n afgodsoffer. Google advanced search is gebruik wat kopiereg uitskakel. Dit is beskikbaar by 1 Korintiërs 8:1-13
2
God nooi ons uit en ons kom tot rus
Toetrede Psalm 111 verse 1-3 of Flam 23 verse 1-3 Prys Die Here [bekend] of VONKK 195 verse 1 en 3 Loof, Loof Die Heer Votum Psalm 111:1-4 111 Prys die Here! Met my hele hart wil ek die Here loof in die samekoms van die opregtes, in die gemeente. 2Die werke van die Here is groot, almal wat daarin vreugde vind, dink daaroor na. 3Sy dade is vol majesteit en luister, sy trou staan vir altyd vas. 4Hy sorg dat sy magtige dade nie vergeet word nie. of Liedboek Psalm 111 vv1-2 Kom met die opregtes saam, Loof sy werke, prys sy Naam. Wie in vreugde daaroor dink, Laat ‘n loflied oor hom klink. Luisteryk, vol majestyd Is sy groot barmhartigheid. Al sy dade word onthou; Hy’s standvastig in sy trou Seëngroet Liedboek Psalm 111 v3 Hy voed hulle wat hom dien; In sy trou het hy voorsien. Sy verbond hou altyd stand. Hy behoed sy volk se land. Of Psalm 111:4-5 Genadig en barmhartig is die Here. 5Hy voed dié wat Hom dien, Hy hou sy verbond altyd in stand. Lofsang Lied 334 “God is liefde!” juig ons harte of Flam 144 God Is Liefde VONKK 41 God Is Liefde! Laat Ons Lofsing Wil van God Psalm 111:7-10a 7Wat Hy doen, getuig van trou en reg, al sy voorskrifte staan vas, 8hulle is vir altyd geldig, hulle is gegee in trou en regverdigheid. 9Hy het vryheid vir sy volk bewerk, sy verbond vir altyd ingestel. Sy Naam is heilig, dit wek ontsag. 10Wysheid begin met die dien van die Here; almal wat dit doen, het ware insig. Die roem van die Here hou altyd stand. Skuldbelydenis Liedboek Psalm 111 vers 4 of Flam 23 vers 4 Prys Die Here [bekend] of VONKK 195 vers 2 Loof, Loof Die Heer Genadeverkondiging / Vermaning Psalm 111:10 Geloofsbelydenis Lied 332 God se liefde, so oneindig God nooi ons uit en ons kom tot rus
3
God praat met ons en ons luister
Gebed Lied 526 Waar daar liefde is of VONKK 7 Mag Ons U Liefde Ken Efesiërs 3:19 Teks: Jannie Hougaard 2003 © Melodie: FRANCÉ – Francé Ludik 2003 © © VONKK 2009 (admin Bybel-Media) RUBRIEK: Meditatief – Gebed Mag ons u liefde ken en ook vervul word met die volheid van God, heeltemal vol met die volheid van God! Amen, amen. Skriflesing 1 Korintiërs 8:1-13 Familie-oomblik Preek God praat met ons en ons luister
4
1 Korintiërs 8:1-13 Fokusteks: 1 Korintiërs 8:1-13
Die vraag oor vleis wat aan 'n afgod geoffer is 8 En nou julle vraag oor vleis wat aan 'n afgod geoffer is. Ons weet dat ons almal kennis het. Kennis maak verwaand, maar liefde bou op. 2As iemand meen hy het kennis van iets, het hy nog nie die kennis wat 'n mens behoort te hê nie. 3Maar as iemand God liefhet, ken God hom. 4Wat nou betref die eet van vleis wat aan 'n afgod geoffer is: ons weet dat daar geen afgod in die hele wêreld is wat iets beteken nie, en dat daar ook geen God is nie, behalwe Een. 5En al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is, soos daar trouens baie is wat "God" en baie wat "Here" genoem word, 6is daar nogtans vir ons net een God: die Vader, uit wie alles is en vir wie ons lewe; en net een Here: Jesus Christus, deur wie alles bestaan en deur wie ons lewe. 7Maar nie almal het hierdie kennis nie. Daar is party van julle wat so gewoond is aan afgode dat hulle nog altyd vleis eet asof dit 'n offer aan 'n afgod is. Daardeur word hulle gewete, wat reeds swak is, verder beswaar. 8Wat ons eet, bring ons egter nie nader aan God nie. As ons nie eet nie, verloor ons niks nie; en as ons eet, wen ons niks nie. 9Maar pas op dat hierdie vryheid van julle nie vir dié wat swak is, 'n aanleiding tot sonde word nie. 10As jy wat hierdie kennis het, in 'n afgodstempel gaan eet en iemand met 'n swak gewete sien jou, sal dit hom dan nie aanmoedig om die vleis as afgodsoffer te eet nie? 11Dan gaan die swakke verlore deur hierdie kennis van jou, en dit 'n broer vir wie Christus gesterf het. 12Deur so teen die broers te sondig en 'n las op hulle swak gewetens te lê, sondig julle teen Christus. 13Daarom, as ek deur wat ek eet, my broer laat struikel, sal ek nooit weer vleis eet nie: ek wil nie my broer se val veroorsaak nie. 1 Korintiërs 8:1-13
5
Familie-oomblik Familie-oomblik
1 Kor. 8:1b sê: ἡ γνῶσις φυσιοῖ, ἡ δὲ ἀγάπη οἰκοδομεῖ· (Nestle, E. et al., The Greek New Testament 27th ed., Stuttgart: Deutsche Bibelgesellschaft.) Die NAV vertaal dit as: Kennis maak verwaand, maar liefde bou op. (BDV se vertaling is presies dieselfde.) ‘n Letterlike vertaling sal iets wees soos: Kennis blaas op, maar liefde bou op. Jy kan lekker gesels oor hoe arrogansie mense op blaas (stoot jou bors uit, trek jou arms terug, praat oor die uitdrukking “groot kop”) en hoe liefde opbou. ‘n Heerlike opsie is om dit te illustreer! Kyk hier vir ‘n volledige poppekas. Teken ‘n gesig op ‘n ballon. Blaas die ballon effens op met ‘n spesiale ballon-opblaas-thingmajig (wat jy by enige speelgoedwinkel kan koop). Trek vir die ballon ‘n jassie aan bo-oor die opblaas-thingmajig. Laat die ballon wys hoe baie hy weet – en blaas elke keer sy kop op. As die ballon dan iemand help, blaas sy kop weer af. (Jy hoef nie ‘n ekstra pop daarvoor te hê nie – die ballon kan die kinders help.) Enige storie wat vertel van twee mense wat iets verskillend gedoen het en wat toe geleer het by mekaar se verskille, kan ook goed werk. Jy kan die pragtige storie van Rupert Can Dance vertel, as jy dit betyds vanaf loot kan kry. Daarna kan kinders springmielies (opgeblaaste mielies) eet, of rice crispies. Of hulle kan gesiggies op ballonne teken, maar dan gaan jy vinnig moet preek voor die ballonne begin bars! Familie-oomblik
6
Inleiding Preekriglyn
In 1 Korintiërs 6 het Paulus na 'n belangrike riglyn verwys: "Alles is my geoorloof, maar nie alles is heilsaam nie" (12). Dan spel hy praktiese voorbeelde uit om te illustreer hoe hierdie beginsel in die Christelike geloofsgemeenskap werk. Die voorbeelde word in 1 Korintiërs 10:23v met 'n herhaling van die beginsel afgesluit: Daar is mense wat sê: "Alles is geoorloof." Ja, maar nie alles is heilsaam nie. "Alles is geoorloof," sê hulle. Ja, maar alles is nie opbouend nie. 'n Mens moet nie sy eie voordeel soek nie, maar dié van ander. Ons teks is 'n voorbeeld van hie hierdie riglyn toegepas word in 'n probleemsituasie in Christus se gemeente. Inleiding
7
Wat is heilsaam? Wat is heilsaam?
Hoe weet mens wat heilsaam en opbouend is? Wat is die toets wat jy daarvoor gaan gebruik? In vandag se teks is heilsaamheid dit wat opbouend vir die geloofsgemeenskap is. Die kwessie waaroor dit gaan is vleis wat aan afgode geoffer is (1). Min (indien enige) gemeentes worstel vandag met hierdie kwessie. Die beginsel wat Paulus neerlê geld egter vandag net so vir ons. Dit is net so aktueel soos wat dit was onder die lede van die gemeente in Korinte in die eerste eeu n.C. Wat is heilsaam?
8
Offers en die slaghuis Offers en die slaghuis
Dit sal ons help om die wêreld waarin die Korintiërs geleef het beter te verstaan. In die destydse wêreld was feitlik alle kos (nie net vleis nie) wat te koop aangebied is, op een of ander stadium deel van 'n heidense godsdienstige ritueel. Daarom was die Joodse bevolking, wat destyds reg deur al die stede van die antieke wêreld versprei was, gekant teen die eet van kos wat aan 'n heidense God geoffer was. Die Joodse bevolking het in 'n heidense omgewing hulle eie markte gehad. Hulle was bekommerd dat Jode in heidense omgewings soos in Korinte, kompromieë hieroor sou aangaan. Teoloog NT Wright gee 'n eenvoudige beskrywing van wat in die antieke wêreld gebeur het: What people don't normally realize is that in the ancient world the temples normally were the restaurants. Each town or city had plenty of shrines to local gods and goddesses, to the great divinities like Apollo or Venus, and, in Paul's day, more and more to the Roman emperor and members of his family. And what people mostly did there was to come with animals for sacrifice. When the animal was killed, it would be cooked, and the family (depending on what sort of ritual it was) might have a meal with the meat as the centrepiece. But there was usually more meat than the worshippers could eat, and so other people would come to the temple and share in the food which had been offered to the god. Even that would often fail to use up all the sacrificed meat. So the temple officials would take what was left to the market, where it would be sold in the normal way. In fact, most of the meat available for sale in a city like Corinth would have been offered in sacrifice. In die Romeinse wêreld van die Nuwe Testament het die heidense godsdiens die rol gehad om die verhouding met die gode reg te hou, sodat die gode nie onheil oor die samelewing bring nie. Godsdiens was 'n absoluut publieke ritueel. Dit was dus feitlik onmoontlik om te eet sonder om deel te neem aan offers wat aan afgode gebring is. Mag Christene aan so 'n sisteem deelneem deur die vleis te eet wat aan 'n afgod geoffer is? Offers en die slaghuis
9
Kennis en liefde Kennis en liefde
Paulus begin die gesprek oor vleis wat aan afgode geoffer is met die kontras tussen kennis en liefde (1-3). Dit was algemene praktyk om vleis wat aan afgode geoffer is by die plaaslike slaghuis te verkoop. Wat daarvan? Elke Christene met 'n bietjie kennis weet dat afgode nie bestaan nie. Daarom weet Christene dat die offer van vleis aan afgode 'n sinnelose daad is en dat daar geen stigma of onreinheid aan die vleis self kleef nie. Niemand wat sulke vleis eet erken daarmee dat die afgode regtig bestaan nie. Almal weet jy vereer nie sinnelose afgode, of erken geloof in afgode, deur sulke vleis te eet nie. Mense wat hierdie vanselfsprekende kennis het, kan nogal superieur voel in vergelyking met mense wat bekommerd is oor die implikasies van die eet van vleis wat aan afgode geoffer is. Sulke mense kan neersien op diegene wat twyfel of vleis aan afgode geoffer geëet mag word. Ons voel tog so bietjie verhewe bo mense wat dinge uit bygeloof of vreemde fiksasies doen. Ons weet beter! Dit is menslik om trots te wees op die dinge wat ons weet, en wat ander nie weet nie. Ons kan dalk ingewikkelde projekte bestuur, moeilike tegniese werk doen of teoretiese probleme oplos terwyl ander net in verwondering na ons staar. Ons kry dalk beter punte as ander. Ons het die soort kennis wat veroorsaak dat ander ons raadpleeg omdat ons weet wat hulle nie weet nie. Ons is seker almal skuldig hieraan. Kennis maak verwaand, slaan Paulus die spyker op die kop (1). Paulus ken mense. Wat is die teenmiddel vir kennis wat verwaand maak? Liefde. Liefde bou op, sê Paulus (1). Om jou medemens met enigiets minder as liefde te benader, is om neerbuigend, verwaand, selfverheffend te wees. Mense wat meerderwaardig in terme van kennis voel, ken nog nie die ware kennis nie (2). Ware kennis begin met die wete dat God ons almal ken en dat God ons liefhet – almal van ons, vanaf die verstandelik gestremde kind tot die kernfisikus met die reeks doktorsgrade. Sodra ons God se liefde vir ons ken, is ons almal op dieselfde vlak. Slegs liefde sien die ander as 'n medemens, jou gelyke. Dit is eers wanneer ons God se liefde ken, teenoor menslike kennis wat tot meerderwaardigheid lei, dat ons volgens Paulus gereed is om (in hierdie geval) te praat oor die hantering van vleis wat aan afgode geoffer is. Kennis en liefde
10
Vryheid en liefde Vryheid en liefde
Vanaf vers 4 sluit Paulus by die Korintiërs se kennis aan, en erken dat daar eintlik niks aan die vleis verander as dit aan 'n afgod geoffer is nie. Om die waarheid te sê, daar is eintlik geen ander God, behalwe Een nie. En al sou mense dink daar is sogenaamde gode bestaan hulle nie vir ons nie, want ons het net een God, die Vader en Sy Seun deur wie alles bestaan en deur wie ons lewe. Maar nou is dit so dat nie almal dié kennis het nie, en uit liefde vir hulle, moet 'n mens hulle onkunde in ag neem, en nie iets doen waardeur hulle gewete, wat alreeds swak is, nog verder verswak sal word nie. Hulle is so gewoond aan afgode, dat die eet van afgodsvleis hulle uit hul geloof kan laat struikel, en kan laat terugkeer na afgodsdiens. Ons vryheid om te eet mag nooit 'n aanleiding vir ander word om te sondig nie. Onthou hoe Jesus ook hieroor in Matt 18:6 gepraat het: "Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig maak, vir hom is dit beter as hy met 'n groot meulsteen aan sy nek in die diep see verdrink." Om die waarheid te sê, jy sondig eintlik teen die onkundiges as jou vryheid hulle laat sondig. Daarom sal Paulus nie sulke vleis eet nie, want hy wil nie sy medegelowiges se val veroorsaak nie: Deur so teen die broers te sondig en 'n las op hulle swak gewetens te lê, sondig julle teen Christus. Daarom, as ek deur wat ek eet, my broer laat struikel, sal ek nooit weer vleis eet nie: ek wil nie my broer se val veroorsaak nie (12-13). Gelowiges wat hul vryheid gebruik om afgodsoffers te eet, maar 'n ander gelowige se val veroorsaak, het teen daardie gelowige gesondig. Liefde weeg dus swaarder as die uitoefening van my vryheid. Let ook op dat hierdie beginsel van die liefde na ander sake deurgetrek kan word – jou medegelowige se standvastigheid in die geloof is belangriker as jou eie kennis en vryheid in die geloof. Lees gerus in Romeine 14:19 en 15:2 hoe Paulus hieroor skryf. Vryheid en liefde
11
Boodskap vir vandag Boodskap vir vandag
Ons gemeentes worstel nie meer met vleis wat aan afgode geoffer word nie. Tog beteken die boodskap van kennis van God, liefde vir die naaste en die beperking van my vryheid terwyl van die sorg vir ander baie vir ons vandag. ('n Mens moet onthou dat Paulus hier natuurlik skryf oor mense wat pas uit die heidendom na Christus oorgekom het en nog die impak van die heidense gebruike sou ervaar. Hy praat nie oor mense wat eintlik net hulle eie bekrompe idees op ander van toepassing wil maak nie en van beter behoort te weet nie.) Daar is mense wat ernstig met alkohol worstel. Of met groot stryd uit ander verslawing of 'n losbandige lewe weggebreek het. Dit is nie so eenvoudig om maar net jou vryheid uit te oefen in die teenwoordigheid van ander nie. Daar is mense wat vanweë agtergrond of stryd afgesien het van sekere dinge. As jy nie van hulle stryd of agtergrond weet nie, mag jy dink hulle is wetties. Ons het nie hier te make met mense wat net wetties is nie. Dis mense wat die ander kant gesien en daaraan deelgeneem het. Dink weer aan ons teks en afgodsvleis as voorbeeld. As jy daaruit weggebreek het, is die blote reuk van die vleis wat jy in die afgodstempel geëet het, genoeg om jou te herinner aan die lewe van afgodery en immoraliteit wat daarmee saamgegaan het. Al ken jy die waarheid en het jy soveel jare daaruit weggebreek, is dit steeds 'n ernstige bedreiging vir jou. Vra enige persoon wat vasgevang was in een of ander sondige lewenstyl of dit goed is om in die omgewings te wees en dinge te doen wat jou aan die ou lewe herinner. Oor hierdie mense wat die donker kant van sonde ken, is Paulus bekommerd. As hulle sien ander Christene het geen probleem daarmee nie, kon dit hulle geloof wat nog nie sterk is nie, beïnvloed. Dit, sê Paulus, is sonde om ons vryheid so te gebruik. Ons mag dalk vry wees, maar nie almal ervaar dieselfde mate van vryheid nie. Andersyds was daar nie-Christene wat soms in Christene se geselskap was. Hulle het saam geëet en sou sien as Christene afgodsvleis eet (10:27-33). Ter wille van liefde vir hierdie mense wat nog in afgode geglo het en vir wie Christus gesterf het, moes hulle hulle eerder weerhou van hierdie gebruik. Ja, die waarheid maak vry, maar die waarheid leer ons ook wat ware liefde is. Boodskap vir vandag
12
Teen drank en dans Teen drank en dans
'n Praktiese voorbeeld is Marius (nie sy regte naam nie) wat op die skoolkomitee ernstig teen die gedagte was dat die leerders 'n sokkie hou. Hy was vurig daarteen, iets wat die res van die komitee nie kon verstaan nie. Na die tyd het Marius vertel hoe sy pa altyd saans na werk gaan dans het (meestal met ander vroue), en daarna kroeg toe is. Laatnag het hy teruggekom, Marius se ma uitgeskel omdat sy lelik en versorg was en in sy dronkenskap sy kinders en vrou verneder. Vir Marius was 'n sokkie die eerste tree oor 'n afgrond. Teen drank en dans
13
Selfdegeslag Selfdegeslag
Annes Nel bring die huidige debatte in die kerk oor selfdegeslagverhoudinge met hierdie teks in verband. Hy skryf: Dit help nie om in hierdie verband weg te skram van een van die mees brandende debatte in die kerk nie. Die etikette wat op die oomblik in verskillende kerke om mense se nekke gehang word omdat hulle vir of teen homoseksualiteit is, word grootliks gebou rondom die manier waarop mense met teologiese argumente omgaan. Enersyds word diegene wat vir die ordening van homoseksuele mense in kerklike ampte staan en wil hê die kerk moet burgerlike verbintenisse aanvaar, as liberale afgemaak. Hulle eer nie die beginsels wat duidelik in die Skrif oor die huwelik en seksualiteit gegee word nie, sê sommige in die ander party. Andersyds word diegene wat glo dit is teen die beginsels van die Skrif om hierdie dinge te doen as biblisisties, fundamentalisties, verkramp en liefdeloos afgemaak. Soms is hierdie kritiek aan beide kante uiters liefdeloos. Ons moet erken die liefde word nie deur etikettering gedien nie. Inteendeel. Selfs die beste teologie op aarde het geen waarde as dit die gemeente verskeur nie. Een manier waarop ons mense kan help om hulle maskers te laat val, is om een belangrike versekering aan mekaar te gee: Jy is veilig as ek hier is. Anders gestel: Jy is veilig wanneer ek na jou luister. Wanneer die gemeenskap van gelowiges dit regkry om mekaar veilig te laat voel wanneer ons na mekaar luister, kan ons van mekaar verskil, mekaar bevraagteken, ons skuld teenoor mekaar bely en ons wonde se verbande afhaal. Wanneer ons veilig in mekaar se geselskap is, het ons vrymoedigheid om ons hart oop te maak. Selfdegeslag
14
Aanbidding Aanbidding
Baie gemeentes worstel vandag ook nog met verskillende style van aanbidding. Vir sommige word God onteer as daar nie absolute stilte in die kerk is nie. Vir ander word God onteer as mense nie vry is om deel te neem aan die aanbidding nie. Dit hel om te vra wat is tot voordeel van die opbou van die gemeente. Hoe help ons kinders om met Jesus en sy gemeente te konnekteer en opgebou te word in die geloof. Aanbidding
15
Medelye Die Joodse skrywer, Abraham Joshua Heschel skryf: "Toe ek jonk was, het ek slim mense bewonder. Noudat ek oud geword het, bewonder ek mense met medelye." Paulus gee toe dit wat die geleerde mense sê is die waarheid, maar ons moet vra of dit waarop ons soms staan as die waarheid opbouend of afbrekend vir die verhoudings tussen ons is. Om die waarheid saam te ontdek is 'n liefdevolle proses, 'n proses waar ons ontdek dat God ons eerste liefgehad het en Christus as offer vir elke mens gegee het. Die waarheid leer ons liefhê en die ander se belange eerste stel. Die soeke na hierdie waarheid verg geduld, liefde en opoffering. Mag ons leer om mekaar in alle opsigte te dien en mekaar se belange eerste te stel. Medelye
16
God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Dankoffer
Slotsang Lied 530 Praat ek mense, eng’letale of Flam 524 Praat ek mense-, Engeletale Seën Respons Lied 526 Waar daar liefde is God stuur ons om te leef
17
Volgende erediens: 1 Korintiërs 9:16-23
Liturgie en Familie-oomblik: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk Volgende erediens: 1 Korintiërs 9:16-23
Similar presentations
© 2024 SlidePlayer.com Inc.
All rights reserved.