Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Johannes 14:8-17 en 25-27 Agtergrond: “Jesus promised His followers that "The Strengthener" would be with them forever. This promise is no lullaby for.

Similar presentations


Presentation on theme: "Johannes 14:8-17 en 25-27 Agtergrond: “Jesus promised His followers that "The Strengthener" would be with them forever. This promise is no lullaby for."— Presentation transcript:

1 Johannes 14:8-17 en 25-27 Agtergrond: “Jesus promised His followers that "The Strengthener" would be with them forever. This promise is no lullaby for the faint-hearted. It is a blood transfusion for courageous living!” (Sien Luister na mekaar).

2 Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

3 Let wel dat jy slegs hierdie bladmusiek mag gebruik of die teks mag vertoon indien jy oor die nodige CCLI- en MRL-lisensies beskik.

4 Here van die Heiliges, U wat was en U wat is, Ek sal sing, ek sal sing U liefde sal vir ewig staan, U liefde sal ook my kom haal ek sal sing, ek sal sing

5 Die Gees en die Bruid roep uit, ons wag, ons smag ons verlang na U Heer, na U Heer

6 Kom, Jesus, kom vir u bruid vir hierdie mens wat voor u staan Kom, Heil'ge Gees, en reinig ons vir die bruilof van die Lam Jesus kom, Jesus kom, Jesus kom tog gou! Kom!

7 Here van die ewigheid, oorwinnaar van die laaste stryd Ek sal sing, ek sal sing U liefde sal vir ewig bly, die dag sal kom, die nag verdwyn Ek sal sing, Ek sal sing

8 Die Gees en die Bruid roep uit, ons wag, ons smag ons verlang na U Heer, na U Heer

9 Kom, Jesus, kom vir u bruid vir hierdie mens wat voor u staan Kom, Heil'ge Gees, en reinig ons vir die bruilof van die Lam Jesus kom, Jesus kom, Jesus kom tog gou! Kom!

10 Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

11 Familie-oomblik Sê vir die kinders dat jy iets op die kansel gaan doen, maar dat hulle nie sal kan sien wat jy doen nie, maar dat hulle wel sal kan agterkom wat jy gedoen het. Skyn dan met ‘n flits teen die muur, sodat hulle die lig sien, maar nie die flits nie. Vra hulle dan: “Wat het ek nou gedoen? (Flits aangesit) Hoe weet jy dat ek dit gedoen het? (Jy kon die lig sien). Kon jy die flits sien? (Nee). Alhoewel jy nie die flits kon sien nie, kon jy die effek van die flits sien. Die lig van die flits het jou gehelp om te weet dat daar ‘n flits is – selfs al kon jy nie die flits sien nie. Ons kan ook nie die Heilige Gees sien nie, maar ons weet dat Hy hier is, want ons sien die effek van sy werk. 1)        Hy laat mense in Jesus belangstel. Hy wys mense na Jesus toe, nie na Homself nie. Toe die flits op die muur geskyn het, kon ons die muur makliker sien. Die Heilige Gees help ons om Jesus te sien, help ons om te sien hoe nodig ons Jesus het. 2)        Hy help ons. Jesus het die Heilige Gees ‘n “ander helper” genoem, wat sy plek sou inneem wanneer Hy na die hemel toe opgevaar het. Het jy al gewonder wat maak dat mense aan Jesus getrou bly? Die Heilige Gees help ons. Hy help ons om die Here se stem in die Bybel te hoor.

12 Die Heilige Gees help ons om Jesus te sien
Die Heilige Gees help ons om Jesus te volg Familie-oomblik Sê vir die kinders dat jy iets op die kansel gaan doen, maar dat hulle nie sal kan sien wat jy doen nie, maar dat hulle wel sal kan agterkom wat jy gedoen het. Skyn dan met ‘n flits teen die muur, sodat hulle die lig sien, maar nie die flits nie. Vra hulle dan: “Wat het ek nou gedoen? (Flits aangesit) Hoe weet jy dat ek dit gedoen het? (Jy kon die lig sien). Kon jy die flits sien? (Nee). Alhoewel jy nie die flits kon sien nie, kon jy die effek van die flits sien. Die lig van die flits het jou gehelp om te weet dat daar ‘n flits is – selfs al kon jy nie die flits sien nie. Ons kan ook nie die Heilige Gees sien nie, maar ons weet dat Hy hier is, want ons sien die effek van sy werk. 1)        Hy laat mense in Jesus belangstel. Hy wys mense na Jesus toe, nie na Homself nie. Toe die flits op die muur geskyn het, kon ons die muur makliker sien. Die Heilige Gees help ons om Jesus te sien, help ons om te sien hoe nodig ons Jesus het. 2)        Hy help ons. Jesus het die Heilige Gees ‘n “ander helper” genoem, wat sy plek sou inneem wanneer Hy na die hemel toe opgevaar het. Het jy al gewonder wat maak dat mense aan Jesus getrou bly? Die Heilige Gees help ons. Hy help ons om die Here se stem in die Bybel te hoor.

13 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

14 Jesus troos sy dissipels
Konteks: Reg aan die begin van die hoofstuk het Jesus bekend gemaak dat Hy hulle gaan verlaat. Vervolgens troos Hy hulle (vgl. vers 27). In vers 6 en 7 het Jesus gesê dat wie Hom ken en sien, ook die Vader ken en sien. Filippus vat dan die gaping wat ons almal sou wou vat en vra vir Jesus om God aan hulle te wys! Hy besef nie dat die vleesgeworde Jesus ‘n genoegsame openbaring van God vir ons heil is nie. Hierdie is een van talle misverstande in Johannes by mense wat hom dan in staat stel om verder te verduidelik (vgl. die Samaritaanse vrou by die put in Hfst 4). Alhoewel Jesus al só lank saam met die dissipels is, ken Filippus Hom nog nie. Dit behoort egter duidelik te wees: wie Jesus sien, sien ook die Vader (vgl. 12:45; 13:20), Jesus is immers die openbaring van die Vader. Daarom help Jesus Filippus vriendelik reg in vers 9 (let op hoe mooi Hy met hom praat). Dis nie nodig om God te sien nie want hulle sien immers vir Hom wat Jesus is. Daar is dus geen rede om meer te wil sien nie! Beasley-Murray stel dit treffend "The reality is greater than human language can express, but that to which it points is sufficiently clear: in the depths of the being of God there exists a koinonia, a “fellowship,” between the Father and the Son that is beyond all compare, a unity whereby the speech and action of the Son are that of the Father in him, and the Father’s speech and action come to finality in him.” [¹] Wie dus vir Jesus sien, sien waarlik vir God deurdat die verhouding tussen die Vader en die Seun een is van wedersydse inwoning (vers 11). Johannes gee egter aan die dissipels aan die einde van die vers ‘n ander, dalk makliker, manier om te glo. Hulle mag naamlik glo na aanleiding van sy wondertekens. Anders as in die Sinoptiese Evangelies dien die wonders van Jesus in Johannes as tekens wat mense tot opregte geloof in Jesus lei (en nie net ‘n oppervlakkige geloof in Hom as wonder werker soos in die SE nie). 'n Groot deel van Johannes 2-12 (die sg. "Book of signs") gaan dan ook oor die vertelling van die tekens (bv. water in wyn – Hfst. 2). Jesus vertel aan hulle dat gelowiges wat in ooreenstemming met sy wil leef (soos Hy met die Vader) (vers 13-14), groter tekens as Hy sal doen! Let op wie ook al glo (dus nie net die apostels nie) sal groter tekens doen! Hulle sal naamlik dit wat Jesus se tekens na wys (verlossing deur Hom) aktualiseer deur hulle verkondiging en dade na Pinkster. Deur hulle woorde sal mense deel van God se koninkryk word. Al gaan die kerk in die sin groter dade as Jesus doen, kan hulle dit nie in hul eie krag doen nie. Daarom moet hulle tot Jesus bid (vers 14), aan Hom gehoorsaam wees en vir Hom lief wees (vers 15). Op sy beurt sal Jesus sy Vader vra om die Gees te stuur om hulle te lei (vers 16). Jesus sal die Vader vra om ’n tweede Voorspraak (in 1 Johannes 2:1 word Jesus ons Voorspraak by die Vader genoem, maar Johannes bedoel hier eerder Jesus se rol as ons eerste Voorspraak tydens sy aardse optrede), die Gees van die waarheid (vgl. 15:26; 16:13) wat die waarheid aangaande Jesus Christus sal verkondig, na die dissipels te stuur. Hierdie is die eerste van ‘n reeks uitsprake in Johannes oor die komende Parakleet (vgl. 14:26; 15:26; 16:7–11, 12–15). Die parakleet (παρακεκλημένος) beteken letterlik "die een wat geroep word om langs jou te staan". In sekulêre Grieks het dit op die persoon wat jou in ‘n hof bystaan gedui (die Latynse vertaling advocatus het later ‘n tegniese term geword). Ons het dus regshulp op aarde (die Gees) en die hemel (Jesus). Ons is meer as legal wise. Die Gees is nie ‘n gawe aan die wêreld nie, maar slegs aan gelowiges. Daar is nie ‘n verhouding tussen die Gees en die wêreld nie. Maar op grond van die verhouding wat tussen Jesus en gelowiges bestaan, ken ons ook die Gees. In vers hervat Johannes sy leer oor die Parakleet. Die belangrikste is dat die Parakleet hulle aan die woorde van Jesus sal herinner en dit vir hulle sal uitlê. Die kern van Jesus se boodskap is die vrede - die geestelike seën en gemeenskap met God – wat Hy verkondig het. Daarom hoef hulle nie bang te wees nie (vers 27). [1]Beasley-Murray, G. R Word Biblical Commentary : John. Word Biblical Commentary. Vol. 36 (253). Word, Incorporated: Dallas.

15 Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

16 Every time we say “I believe in the Holy Spirit,” we mean that there is a living God able and willing to enter human personality and change it J.B. Philips Every time we say “I believe in the Holy Spirit,” we mean that there is a living God able and willing to enter human personality and change it (J.B. Philips) Die Heilige Gees kom van God om ons te leer van God - dis waaroor geloof gaan.

17 “The word ‘Comforter’ as applied to the Holy Spirit needs to be translated by some vigorous term. Literally, it means ‘with strength’. Jesus promised His followers that ‘The Strengthener’ would be with them forever. This promise is no lullaby for the faint-hearted. It is a blood transfusion for courageous living!” E. Paul Hovey E. Paul Hovey het ‘n ongelooflike diep ding gesê: “The word "Comforter" as applied to the Holy Spirit needs to be translated by some vigorous term. Literally, it means "with strength." Jesus promised His followers that "The Strengthener" would be with them forever. This promise is no lullaby for the faint-hearted. It is a blood transfusion for courageous living!”. (Sien agtergrond).  

18 Christians travel the same ground that everyone else walks on, breathe the same air, drink the same water, shop in the same stores, read the same newspapers, are citizens under the same government, pay the same prices for groceries and gasoline, fear the same dangers, are subject to the same pressures, get the same diseases, are buried in the same ground. Eugene Peterson verduidelik dit so (vertaal self): "The Christian life is going to God. In going to God, Christians travel the same ground that everyone else walks on, breathe the same air, drink the same water, shop in the same stores, read the same newspapers, are citizens under the same government, pay the same prices for groceries and gasoline, fear the same dangers, are subject to the same pressures, get the same diseases, are buried in the same ground. The difference is that each step we walk, each breath we breathe, we know we're preserved by God, we know we're accompanied by God, we know we're ruled by God."

19 The difference is that each step we walk, each breath we breathe,
we know we're preserved by God, we know we're accompanied by God, we know we're ruled by God.” Eugene Peterson Eugene Peterson verduidelik dit so (vertaal self): "The Christian life is going to God. In going to God, Christians travel the same ground that everyone else walks on, breathe the same air, drink the same water, shop in the same stores, read the same newspapers, are citizens under the same government, pay the same prices for groceries and gasoline, fear the same dangers, are subject to the same pressures, get the same diseases, are buried in the same ground. The difference is that each step we walk, each breath we breathe, we know we're preserved by God, we know we're accompanied by God, we know we're ruled by God."

20 Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor

21 Calvin and Hobbes is een van my gunsteling strokiesprente
Calvin and Hobbes is een van my gunsteling strokiesprente. Een môre vroeg kom Calvin by die familie kamer ingeloop. Sy ma is besig om koffie te drink. Sy is verbaas oor hoe Calvin aangetrek is, want op Calvin se kop is ‘n ruimte hoed. ‘n Skouermantel hang oor hom en sleep op die vloer. In die een hand is ‘n flits en in die ander ‘n bofbalkolf. "Wat gebeur vandag?" vra sy ma. "Niks so ver nie," antwoord Calvin. "So ver?" vra sy. "Wel, jy weet nooit nie" antwoord Calvin. "Iets kan vandag gebeur.” Terwyl hy wegloop, praat Calvin verder: "En as dit gebeur, gaan ek verseker gereed wees daarvoor!” Calvin se ma kyk na die lesers en sê: "Ek benodig ook sulke klere!” Gelowige mense is soos Calvin - saam met God is jy gereed vir enigiets!

22 Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

23 “Vertrou die proses”? Ons word geleer “vertrou die proses”. Die probleem met “vertrou die proses” is dat die wêreld waarin ons lewe weier om die statiese proses reëls te volg. Ons kan nie die lewe so maklik kontroleer nie. Soos iemand gesê het: “You were going to finish high school, but your dad got sick. You had a great job, but a recession kicked in and kicked you out. You were in the middle of college – but your first child came along. You were never going to be in debt – but who knew there would be so many bills. You have always taken care of yourself physically – but suddenly a tumor shows up. You always drive so carefully – but that drunk driver came out of nowhere.” Ons lewens sal nooit in so ‘n proses verloop dat dit gemete, goed bestuurde stappe volg nie. Om “die proses te vertrou” sal ons nooit deur die oomblikke van chaos en moeilikheid wat ons pogings tot orde en stabiliteit omverwerp, bring nie.

24 “Jesus' church is not a "processed" church but a "possessed" church.”
Daarom vier ons vandag op Pinkstersondag hierdie werklikheid: “Jesus' church is not a "processed" church but a "possessed" church.” Dit is die dag wat ons moet onthou dat ons as dissipels nie die proses moet vertrou nie, maar eerder die Gees moet vertrou.

25 Pinkster het alles kom verander
Op Pinkster het die Heilige Gees besit geneem van die stadige, sukkelende dissipels- hulle geskud, verander. Toe hulle besit is, was hulle ingeprop tot die hemelse krag en daar was geen keer aan hulle nie. Pinkster was die gebeurtenis wat hulle lewens omgekeer het en alles in hulle verlede verander het ‘n nuwe Gees gevulde toekoms. Daar was geen proses om te vertrou nie, alles was nuut in Christus. Waarom soveel kerke troos en vergenoegdheid vind deur net die “proses te vertrou” jaar na jaar, geleentheid na geleentheid, is onverklaarbaar, want meer van dieselfde is hulle voorland.

26 “Will you live a processed life or a possessed life?
Will you live a managed life or a guided life? Will you live a self-directed life or a God-directed life? Today you've won the Heavenly House Spiritual Sweepstakes! How can your life ever be the same again?” Leonard Sweet Jesus leer ons dat as ons Hom liefhet en Sy gebooie gehoorsaam sal ONS een met Hom en God die Vader wees en dit sal ons “empower” ver bo ons wildste drome Dis ‘n Pinkster oomblik. Dis jou keuse. Soos Leonard Sweet vra: “Will you live a processed life or a possessed life? Will you live a managed life or a guided life? Will you live a self-directed life or a God-directed life? Today you've won the Heavenly House Spiritual Sweepstakes! How can your life ever be the same again?”

27 Parakleet Die Heilige Gees-die Voorspraak en Gees van die waarheid sal vir ewig by ons wees en ons alles leer en herinner aan wat Jesus gesê het... Voorspraak (Parakleet) kan ook vertaal word as Trooster, wat ons bemoedig

28 Daar word vertel van die beroemde Noorweegse ontdekker Roald Amundsen (foto), die eerste persoon om die Noord en Suid Pool te ontdek. Op een van sy reise het hy ‘n “homing pigeon” saam met hom geneem. Toe hy uiteindelik die Noordpool bereik, het hy die duif uit sy hok vrygelaat. Verbeel jou die vreugde wat Amundsen se vrou daar in Noorweë beleef het toe die duif bo haar huis sirkel en land. Sy het geweet haar man lewe! Sy is getroos deur die teenwoordigheid van die duif!

29 Net vir so tikkie humor.

30 Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

31 Daarom weet gelowige mense die Here laat dinge in my lewe en Sy koninkryk op Sy tyd gebeur en ryp word. Daar is mos hierdie interessantheid oor die Chinese bamboes boom (foto). In die eerste jaar plant die Chinese die saad, gee dit water en bemesting, maar NIKS gebeur nie! Die tweede, derde en vierde jaar gebeur daar nog steeds niks noemenswaardig nie. Maar in die vyfde jaar, skiet die bamboes boom op met 30 meter in 6 weke! Die plant het egter nie in 6 weke gegroei tot 30 meter nie, maar in 5 jaar- met die nodige water en bemesting. Dis hoe God werk… en gelowige mense is nooit verras nie, want hulle verwag dit!

32 Daar is die storie rondom die “blues” meester, Jimmy Reed
Daar is die storie rondom die “blues” meester, Jimmy Reed. As jy fyn geluister het na sy opnames sal jy iets vreemd opgemerk het. Baie sag in die agtergrond sou jy ‘n vrou se stem die woorde van die volgende vers hoor fluister het. Dit was blykbaar so dat hy so vasgevang was in sy kitaarspel dat hy nooit die woorde van sy liedjies kon onthou nie. Hy het hulp nodig gehad met die lirieke en die vrou se stem was niemand anders as sy eie vrou nie, wat blykbaar tydens die opnames die volgende vers se woorde in sy oor gefluister het! As Christene kan ons die konneksie met die Gees sien. Jesus vertel vir ons as Sy volgelinge dat die Gees Jesus se woorde in ons ore sal fluister.

33 Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het


Download ppt "Johannes 14:8-17 en 25-27 Agtergrond: “Jesus promised His followers that "The Strengthener" would be with them forever. This promise is no lullaby for."

Similar presentations


Ads by Google