Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
2
Die deurlopende PP-agtergrond
Die deurlopende PP-agtergrond (die PowerPoint Background Image) Die deurlopende agtergrond herinner ons aan die storie van die laaste sny koek. Die dissipels – en ons ook! - sit met ’n skaarste mentaliteit. Jesus werk egter met ’n oorvloed mentaliteit. Die deurlopende PP-agtergrond
3
Addisionele hulpmiddels en volledige preek- en PowerPoint is beskikbaar by of sluit aan by ons Facebook-groep, Nous – Common sense wysheid.
4
God versamel ons en ons is bly!
Teks Johannes 6:1-21 Teks
5
Johannes 6:1-21 Joh 6:1-21 Die vermeerdering van die brood
(Matt 14:13–21; Mark 6:30–44; Luk 9:10–17) 6 Hierna het Jesus na die oorkant van die See van Galilea toe gegaan, wat ook die See van Tiberias genoem word. 2’n Groot klomp mense het agter Hom aan gekom omdat hulle die wondertekens gesien het wat Hy aan die siekes gedoen het. 3Jesus het toe teen die berg opgegaan en met sy dissipels daar gaan sit. 4Die paasfees van die Jode was naby. 5Toe Jesus rondkyk en sien dat ’n groot klomp mense na Hom toe aankom, sê Hy vir Filippus: “Waar kan ons brood gaan koop sodat die mense kan eet?” 6Dit het Hy net gesê om hom op die proef te stel, want Hy het self goed geweet wat Hy gaan doen. 7Filippus antwoord Hom toe: “Twee honderd mense se dagloon is nie eers genoeg om elkeen van hulle ’n stukkie brood te laat kry nie.” 8’n Ander dissipel, Andreas, die broer van Simon Petrus, sê toe vir Hom: 9”Hier is ’n seuntjie met vyf garsbrode en twee vissies; maar wat is dit vir so baie mense?” 10Toe sê Jesus: “Laat die mense gaan sit.” Daar was baie gras op daardie plek en die mense het gaan sit. Die mans alleen was omtrent vyf duisend. 11Daarna het Jesus die brood geneem, God daarvoor gedank en dit uitgedeel aan die mense wat daar gesit het, en net so ook soveel van die vis as wat hulle wou hê. 12Nadat die mense versadig was, sê Hy vir sy dissipels: “Maak die stukke bymekaar wat oorgebly het sodat daar niks verlore gaan nie.” 13Hulle het dit toe bymekaargemaak. Daar was twaalf mandjies vol met die stukke wat van die vyf garsbrode oorgebly het nadat die mense klaar geëet het. 14Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.” 15Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen. Jesus loop op die see (Matt 14:22–33; Mark 6:45–52) 16Toe dit aand word, het Jesus se dissipels na die see toe gegaan, 17in ’n skuit geklim en weggevaar na Kapernaum toe, oorkant die see. Dit was al donker en Jesus was nog steeds nie by hulle terug nie. 18Daarby het die see onstuimig geword, omdat daar ’n sterk wind gewaai het. 19Toe hulle sowat vyf of ses kilometer geroei het, sien hulle Jesus op die see loop en naby die skuit kom, en hulle het bang geword. 20Maar Hy sê vir hulle: “Dit is Ek; moenie bang wees nie.” 21Hulle was toe gewillig om Hom in die skuit te neem, en daarna het die skuit by die land aangekom waarheen hulle op pad was.
6
God versamel ons en ons is bly!
Ons fokus op God Ons fokus op God
7
Die heel eerste ‘Happy Meal’
Vandag se Leesroosterteks vertel ons waarskynlik van die eerste “happy meal” wat mense geëet het, want so ’n wonder het niemand nog beleef nie - 2 vissies en 5 broodjies!
8
Jack Maguire vertel ’n aangrypende storie van ’n vrou wat in een van sy klasse was.
Sy het grootgeword in ’n unieke situasie. Sy was deel van ’n arm familie wat vir ’n tyd lank in ’n ryk buurt ’n huis gehuur het. As jong meisie het sy in die aande uitgeglip en die buurt se mooi huise bewonder. Op een van die middernagtelike uitstappies, het sy gesien dat een van haar bure se tuinhuisie oopstaan. Daar het sy ’n sak marshmallows ontdek. Marshmallows was ’n luukse wat haar familie nie kon bekostig nie! Sy het die hele sak gevat en alles opgeëet! Daarna het sy elke keer met haar middernag-uitstappies die tuinhuisie besoek en ’n sak marshmallows gekry. Jare later het sy as volwassene haar ou buurt besoek. Sy het gevoel sy moet aan haar bure bely dat sy die marshmallow dief was. Groot was haar verbasing toe die buur tannie vir haar sê: “Ons het daardie marshmallows uitgesit vir jou!” Sy het die klein meisie se behoefte raakgesien en omgegee.
9
In the feeding of the 5,000 Jesus simply short-circuited something that happens regularly in nature--though normally in nature it occurs over a long period of time. For example, wheat multiplies in the fields. Fish multiply in the sea. Jesus simply speeded up the process of what happens in nature every day. Rather than multiplying in the fields or the sea, Christ multiplied the bread and the fish as they were blessed and distributed to the multitudes of people. C. S. Lewis Dis hoe God met ons ook werk- met oorvloed! In the feeding of the 5,000 Jesus simply short-circuited something that happens regularly in nature--though normally in nature it occurs over a long period of time. For example, wheat multiplies in the fields. Fish multiply in the sea. Jesus simply speeded up the process of what happens in nature every day. Rather than multiplying in the fields or the sea, Christ multiplied the bread and the fish as they were blessed and distributed to the multitudes of people. (C. S. Lewis)
10
God versamel ons en ons is bly!
Familie-oomblik God versamel ons en ons is bly! Familie-oomblik
11
Vra vir die kinders wat hulle ma/pa maak as hulle agterkom daar het meer mense vir ete gekom as wat hulle verwag het. Daar is drie opsies: Jy ry gou vinnig en probeer iets koop (as iets naby genoeg is of nog oop is) Almal in die gesin word skelmpies eenkant geroep en ma versoek dat die gesin min na niks eet (ons het so ’n sêding gehad: “FHB” Family hold back) dan moet die gesin maar FHB! Jy vat die verleentheid en sê dat daar te min kos is. Jesus het ook die krisis na sy “familie” gebring. Hulle het dadelik opsie 2 gekies en eenkant skelmpies teen die berg opgegaan (vers 3) maar die FHB sou nie werk nie. Toe word daar aan opsie 1 gedink, maar Filippus het gesien daar’s nie genoeg geld nie. Wat bly oor? Van die ander evangelies (Matteus) vertel dat die dissipels ook opsie 3 gekies het, vgl. Matt. 14:15 “stuur die mense terug” Maar hulle het vergeet - met Jesus is daar altyd nog opsies! Gewoonlik is die opsies wat oor is baie moeilik om te sien, bv. gaan was jou sewe keer in die Jordaan, smeer die klei aan jou oë, kom raak aan my kleed se pand, ens. Hierdie keer – ’n kind met sy pouse-kos. Vra die kinders wat hulle alles in hulle kos blikkies en sakkies het vir pouse (laat die kinders alles opnoem). In Jesus se hande raak pouse-kos ’n magtige instrument. Hy maak mense wat honger is se honger minder. Daar is baie kinders by die skool wat ook baie honger is. Nie net aan kos nie, maar ook aan ’n bietjie vriendelikheid, aandag, vriendskap, liefde, iemand wat my raak sien, ens. (Deel nou aan elke kind ’n marshmallow vis uit wat hulle in hulle kos blikkie vir Maandag se pouse moet inpak.) Gaan gee die vissie vir iemand Maandag by die skool wat honger is aan ’n bietjie vriendelikheid en omgee en kyk hoe Jesus jou pouse-kos gebruik om ’n groot honger te stil!
12
Ons luister God praat met ons Luister na die Woord
13
- Die teken van die brood -
Johannes 6:1-21 - Die teken van die brood - Johannes 6: Die teken van die brood Agtergrond: Sowel die voeding van die skare, as Jesus se wandeling op die see, is deel van die sewe tekens of wonders wat Jesus in die eerste 12 hoofstukke van Johannes verrig het. Die benaming “boek van tekens” word dan ook dikwels vir die eerste twaalf hoofstukke van Johannes gebruik as gevolg van die sewe wondertekens wat daarin opgeteken is. Op ’n besondere manier het dié tekens (semeia) sowel Jesus se identiteit as die Seun van God en Messias bekendgemaak, asook iets van die oorvloed wat die nuwe lewe kenmerk wat deur Hom aangebreek het. Die lys van wonders en tekens wat Jesus verrig het in die Boek van Tekens, is: 2:1–11 - Jesus verander wyn in water 6:1–14 - Die voedingswonder 5:2–9 - Genesing van die verlamde man by die bad van Batesda 4:43–54 - Die genesing van die amptenaar se seun 6:16–21 - Jesus loop op die water 11:1–44 - Die opwekking van Lasarus 9:1–7 - Genesing van die blinde man In ooreenstemming met Johannes se belangstelling in die feeste van die Jode, skryf hy hier dat die Paasfees naby was. Dit was dus in die lentetyd en daarom was daar ook “baie gras” (vers 10). Teologies is die verwysing na die Paasfees ook belangrik aangesien kontemporêre Joodse literatuur dit duidelik maak dat die Jode spesifiek tydens dié fees die profeet soos Moses (sien onder) verwag het, wat onder andere aan hulle weer manna sou verskaf (vgl. 2 Baruk 29:3-30:1). Terloops: die vermeerdering van die vis en brood is die enigste van Jesus se wonders wat in al vier Evangelies opgeteken is. In die gedeelte word vertel hoedat Jesus deur ’n groot skare gevolg word wanneer Hy probeer om saam met Sy dissipels vir ’n oomblik van hulle af weg te kom (dié behoefte van Jesus aan stil oomblikke van rus - alleen of saam met Sy dissipels - is algemeen in die NT). Uitleg - Die voedingswonder (die 4de teken) Anders as in die Sinoptiese Evangelies, neem Jesus (en nie die dissipels nie) hier die inisiatief wanneer Hy die groot skare sien wat Hom na die afgeleë plek gevolg het. Hy vra vir Filippus (wat van die gebied afkomstig was - 1:44) om vir hulle te gaan kos koop ten einde hom te toets (vers 7 - net Johannes sien Jesus se gesprek as ’n toets). Johannes meld naamlik dat Jesus geweet het wat Hy gaan doen (die skare voed). Filippus doen die kosteberekening vir Jesus se impromptu piekniek (vers 7) en sê aan Hom dat 8 maande se dagloon nie genoeg sou wees om dié skare van tussen 10 en 20 duisend mense (die mans alleen was 5000 gewees) te voer nie. Tweehonderd denarii sou beswaarlik hulle honger stil! Dit is onwaarskynlik dat Filippus bedoel het dat die dissipels dié geld het en dis nog steeds te min (dit was ’n stewige bedrag geld). Hy bedoel eerder dat as tweehonderd denarii onvoldoende was, was die geld waaroor hulle wel beskik het, heeltemal onvoldoende. Filippus slaag hier die wiskunde toets, maar dop die gelooftoets. Andreas (wat ook van die gebied afkomstig was - 1:44) se opmerking dat daar ’n tiener met 5 garsbroodjies en twee vishappies was ook nie op die oog af van veel waarde nie. Daar was immers 1000 man per broodjie! (1) Jesus neem egter die arm jongman se vishappies, dank sy Vader daarvoor en deel dit uit aan die skare wat hulle plek op die gras ingeneem het (vers 11). Johannes beklemtoon hier dat, soos met Jesus se wynwonder (Joh. 2:1-11), Jesus oorvloedig voorsien het - almal was versadig deurdat hulle kon neem soveel as wat hulle wou (vers 11 tot 12). Wanneer die oorskiet opgeneem word (oorvloed beteken nie dat daar met die kos gemors kon word nie), vermeld Johannes dat daar twaalf mandjies brood was. Hy meld egter niks van die oorskiet vis nie. Waarskynlik dien die twaalf mandjies as ’n verwysing na die herstelde Israel en funksioneer die fokus op die brood alleen as ’n konseptuele skakel met Jesus se diskoers vanaf vers 26 waarin Hy Homself bekendstel as die brood van die lewe. Hy gee dus nie net soos Moses daaglikse brood in die woestyn nie - Hy is die brood wat mense se diepste honger vir ewig versadig (sien die riglyne by Joh. 6:24-35). Die reaksie van die skare op die teken (semeion) wat Jesus gedoen het, was om tot die gevolgtrekking te kom dat Hy waarlik die profeet was waarvan Deut. 18:15 getuig het. Jesus het immers, nes Moses, die skare in die woestyn op ’n wonderbaarlike wyse gevoel op ’n afgeleë plek. Uit die Qumran geskrifte is dit duidelik dat dié verwagting lewendig was in die tyd van Jesus. Die skare se reaksie op Jesus se wonder was gevolglik om Hom as 't ware te dwing om hulle koning te wees (vers 15). Jesus weet egter wat hulle bedoeling was en onttrek Hom na die nabygeleë berg toe. Die skare het dus die voedingswonder as teken (vers 14) reg verstaan - Jesus was die Messias, die een van wie Moses geprofeteer het. Hulle verstaan van die Messias as 'n nasionale leier (koning) was egter misplaas gewees. Hulle slaag dus die teologiese toets, maar dop die politieke een. Teen die aand het Jesus se dissipels besluit om per boot terug te keer na Kapernaum. Nadat hulle ’n paar kilometer geroei het op die onstuimige see, het hulle Jesus sien aanstap na hulle boot. Toe hulle Jesus sien, het hulle met vrees reageer (vers 19). Hulle skrik nie vir die storm nie, maar vir Jesus wat op die see loop. Jesus kalmeer hulle egter met die woorde “dit is Ek” waarop hulle wonderbaarlik by hulle bestemming aankom (onmiddellik was hulle by die land waarheen hulle oppad was - vers 21). Dit is opmerklik dat Johannes die gebeure aansienlik korter vertel as die Sinoptiese Evangelies. Uitleg - Jesus loop op die water (die 5de teken) Teologies is die bekendstelling van Jesus aan sy dissipels (“Dit is Ek” - eyō eimi) die wyse waarop Hy Homself aan Sy dissipels in die Johannes-evangelie bekendstel (vgl. 6:20, 8:24, 28, 58 en 13:19). Soms koppel Jesus dié bekendstelling van Homself aan ’n simbool (brood, deur, lewe, opstanding ens.) wat Sy rol in God se verlossing van Sy volk verhelder. Die formulering herinner aan Eksodus 3:14 wat beteken dat Jesus Homself solidêr verklaar het met die God wat Hom aan ons openbaar. Morris, L John Bronne Amper soos toe ons in die koshuis was! (1) Beasly-Murray, G John Köstenbeger, A John Groenewald, E P Die Evangelie van Johannes
14
Luister weer na die Woord
God praat met ons Ons luister Luister weer na die Woord Luister weer na die Woord
15
Wat sou Jesus gedoen het?
(Ons gaan die hoek inslaan van ’n oorvloed vs skaarste mentaliteit) ’n Mamma het die laaste sny sjokaladekoek aan haar 6-jarige seun gegee. Net toe kom haar 8-jarige seun ingestap en wil ook hê. Daar ontstaan ’n “mondgeveg” tussen die twee broers. Na ’n hele paar onsuksesvolle pogings om dit op te los, besluit die mamma om die geloofspad te volg in ’n poging om die 6-jarige te oortuig om te deel met sy ouer boetie: “Seun, wat sou Jesus in hierdie situasie gedoen het?” Die 6-jarige jonger boetie het dadelik geantwoord: “O, mamma, Hy sou dit net meer gemaak het!” Ja, dis presies wat Jesus sou doen. Hy sou dit net meer gemaak het! Dis wat hierdie wonderwerk (wat die enigste wonderwerk is wat in al vier evangelies oorvertel word) vir ons leer.
16
Die mense was honger Die skare het verseker met ’n doel na Jesus gekom - lees weer Johannes 6:2. Hulle wou naby Jesus kom sodat Hy hulle behoeftes kon bevredig. Toe etenstyd nader kom, was hulle honger- geestelik en fisies.
17
Skaarste vs Oorvloed mentaliteit
Jesus draai na Filippus toe en vra vir hom ’n toetsvraag: “Waar kan ons brood gaan koop sodat die mense kan eet?” Die dissipels sit met ’n skaarste mentaliteit in plaas van ’n oorvloed mentaliteit. Wat word daarmee bedoel? Mense met ’n skaarste mentaliteit dink altyd wen-verloor. Daarteenoor dink mense met ’n oorvloedsmentaliteit altyd wen-wen! Die meeste mense word gedryf deur skaarste mentaliteit - hulle sien die lewe as iets met net ’n sekere hoeveelheid bronne- net een pastei om van te eet. As iemand meer gaan kry as die ander, beteken dit dat die ander minder gaan kry - en dit moet ten alle koste verhoed word. Hulle sukkel om “gelukkig te wees en vreugde te hê” oor ander mense se suksesse - dis amper asof iets van hulle weggeneem is wanneer iemand anders iets kry of bereik. Volgens hulle kan net een persoon eerste wees - om te wen beteken om iemand anders te klop.
18
Skaarste mentaliteit Die skaarste-mentaliteit sê die ou wat tweede kom, is die eerste verloorder. Hulle wil dikwels hê dat ander mense moet wees soos hulle graag wil dink die mense moet wees. Hulle wil graag omring wees met “Ja-mense” - mense wat hulle nie sal uitdaag of mense wat swakker as hulle is, ja, mense wat sal maak soos hulle goed dink!
19
Oorvloed mentaliteit Oorvloed mentaliteit werk met die beginsel dat daar ’n oorvloed is daar buite en genoeg vir almal om vreugde te hê - hulle dink wen-wen! Hulle dink Johannes 1:16, Johannes 10:10.
20
Die dissipels dink skaarste…
…Jesus werk met ‘n oorvloed Die dissipels dink skaarste... Filippus doen dus ’n wiskunde som - 6 maande se loon sal nie eens genoeg wees dat al hierdie mense ’n stukkie kan eet nie! Dis ’n probleem wat vandag nog in die kerk is. Daarom probeer die dissipels die mense - kinders, blindes en lammes, ja, die skares - soms van Jesus weghou, want hulle dink Jesus kan nie almal hanteer nie - asof Jesus met skaarste werk. Maar Hy werk met ’n oorvloedmentaliteit!
21
Sacred cows make gourmet burgers
Kerke aanbid by die voete van die heilige koei van KONTROLE of BEHEER! William Easum is ’n kerkleier wat met hierdie goed werk. Hy het ’n boek geskryf met die veelseggende titel “Sacred Cows Make Gourmet Burgers”. Hy begin sy boek met hierdie stelling: “Kerke aanbid by die voete van die heilige koei van KONTROLE of BEHEER!” Hoe waar!
22
“Ons kan dit nie bekostig nie”
Persoonlik, een van die mees kontrollerende stellings wat in die gemeentes gehoor word: “Ons kan dit nie bekostig nie!” (wat dikwels eintlik beteken: Ons hou nie van dit nie! Ons hou van die dinge nes dit is.) Dis net ’n eggo van Fillipus se woorde wat vertel dat daar nie genoeg geld is om kos vir almal te koop nie - “Ons het nie genoeg geld nie”, “Of daar is nie genoeg leierskap potensiaal nie” – vissermanne was nie die hotste leiers nie, maar Jesus gebruik hulle. Dikwels is dit oor die skaarste mentaliteit in mense dat hulle sê: “Ons het net gewone mense” of “Ons kan dit nie doen nie” of die groot een: “Is daar daarvoor begroot?” Asof ’n mens altyd vir die Gees se werking kan begroot... die wind waai waar dit wil!
23
“I am looking for a lot of men who have an infinite capacity to not know what can't be done.”
Henry Ford het een maal gesê: “I am looking for a lot of men who have an infinite capacity to not know what can't be done.”
24
Wat KAN gedoen word? Dis Jesus se doel toe én ook vandag! Daar is te veel mense wat deskundiges is in wat nie gedoen kan word nie! Die vraag wat ’n oorvloedsmentaliteit sal vra, is “Wat kan gedoen word!” Want Fil 4:13 stel dit duidelik: “Ek is instaat tot alles deur Hom wat my krag gee!” Dis presies hoe Fillipus gereageer het in vers 7. Sien julle, Fillipus het presies geweet wat nie gedoen kan word nie. Hy was reg, maar die regte antwoord is nie die oplossing nie!
25
“For every complex problem there exists a solution that is straightforward, simple, and wrong.”
Soos H L Mencken dit skerp stel: “For every complex problem there exists a solution that is straightforward, simple, and wrong.”
26
“Leë sakke het nog niemand teruggehou nie - net leë koppe en leë harte kan dit reg kry!”
’n Jong man het een keer vir Norman Vincent Peale vertel dat hy sy eie besigheid wil begin, maar hy het nie die geld nie. “Leë sakke het nog niemand teruggehou nie”, was Norman Vincent Peale se reaksie, “net leë koppe en leë harte kan dit reg kry!” Fillipus fokus op leë sakke en besluit dit is onmoontlik om die doel te bereik - ons sal nie die mense kan voed nie. Fillipus se ware probleem is ’n leë kop en hart - Jesus is instaat tot oorvloed - Sy wonderwerke het nog nie by Fillipus kom nes maak nie.
27
Fokus op die Kragbron Andreas kom met ander oplossing - hier is ’n seuntjie met 5 broodjies en twee vissies wat hy na Jesus bring. Oorvloedsmentaliteit laat ons fokus verskuif van die probleem na die Kragbron. Mense wat met ’n oorvloedsmentaliteit werk, leer vir mense met ’n skaarste mentaliteit: Ons moet soek vir maniere om te slaag, nie vir verskonings om te misluk of om dit nie te doen nie!”
28
“Nothing is impossible for the person who will not listen to reason”
Een van die skerpste stellings hieroor kom van die komediant John Belushi, “Nothing is impossible for the person who will not listen to reason.” (Niks is onmoontlik vir die persoon wat nie na rede(s) wil luister nie).
29
Geloof werk nie altyd met gesonde verstand nie
Geloof werk nie altyd met gesonde verstand nie, anders sit jy met ’n Bybel soos wat Thomas Jefferson, een van die presidente van die VSA gehad het - net die goed wat hy verstaan het, het hy daarin gehad!
30
Moenie die stokkie laat val nie!
Ek is nogal bang dat, as ons nie begin om met ’n oorvloedsmentaliteit te kyk na die lewe soos wat dit van gelowiges verwag word nie, die volgende met ons sal gebeur: In die 1988 Olimpiese Spele het die wêreld aangeneem dat die VSA die 400 meter aflos sal wen! Hulle was eenvoudig die beste. Om die laaste draai was hulle 10 meter voor die ander spanne. Maar toe, met die oorwinning in sig, het die mees gevreesde aflosding gebeur. Hulle het die aflosstokkie laat val! Die VSA span het verloor... Ek is so bang ons laat val die aflosstokkie of vergeet om dit aan te gee omdat ons ’n skaarste mentaliteit het. God roep ons as Sy familie om Sy oorvloed liefde aan te gee (uit te leef) in ons huise, in ons buurt, in ons gemeenskap, in ons land, in die wêreld.
31
Klipsop Jesus het mense laat sit, die brood en vissies geneem en dit laat uitdeel. Toe almal genoeg geëet het, het hy vir die dissipels gesê: lees vers 12. Hule het toe twaalf maandjies volgemaak. Dis wat gebeur as Jesus by ’n projek betrokke is! Almal kry genoeg en daar bly nog oor! Daar bly selfs twaalf mandjies kos oor, wat die dissipels weer volgens gebruik aan die armes in die omgewing gaan uitdeel het! Dis hoe ’n oorvloed-mentaliteit werk - dis altyd wen-wen! Lank, lank gelede, het ’n soldaat op sy moeë perd van ’n geveg huiswaarts gekeer. Dit was laat middag en die man was moeg en honger. Voor hom was daar ’n klein dorpie in sig en hy het by homself gesê: “Ek sal daar iets te ete kry en sommer ook ’n slaapplek.” Skielik het die perd gestruikel en die soldaat het van die perd afgeval. Terwyl hy homself afskud, merk hy dat die perd oor ’n klip in die pad gestruikel het. Hy het met sy swaard die klip uitgehaal - dit was ’n pragtige klip - glad en rond. Die soldaat het van die klip gehou en dit in sy saalsak ingedruk. So het hy die dorpie ingery. Soos hy verby die eerste huise ry, het die inwoners opgehou werk. Hy het vir hulle gewaai, maar niemand het terug gewaai nie. Hy het van sy perd afgeklim en na die eerste huis gestap en die mense genader: “Goeienaand, het julle miskien kos vir ’n honger man?” Die vrou het gesug en gesê: “Ons het ’n baie swak oes gehad. Daar is skaars genoeg kos vir ons eie familie. Ek is jammer.” By elke huis het hy dieselfde storie gehoor. Hy het later onder ’n boom gaan sit en by homself gedink “Oor ’n paar weke is hierdie mense net so honger soos ek, ek wens ek kan hulle help om kos te vind.” Skielik kry hy ’n idee. Hy haal die klip uit die saalsak en praat met die dorpenaars. “Ek het hier in my hande ’n spesiale klip wat julle sal help om die lang winter te oorleef. Dit is ’n towerklip. Hiermee kan julle “klipsop” maak”. “Klipsop?” het ’n ou man herhaal. “Ek het nog nooit daarvan gehoor nie.” “Die wonder van klipsop”, het die soldaat verder gesê, “is dat dit nie net honger mense voed nie, maar dit help om mense bymekaar te bring. Nou wie het vir ons ’n groot, leë ysterpot?” Gou-gou is ’n groot ysterpot gevind en dit is met ’n kruiwa na die soldaat gebring. “Nie groot genoeg nie, maar dit sal die werk verrig - nou moet ons die pot vol water maak en ’n groot vuur maak.” Ywerige hande het emmers water en hout aangedra. Een, twee, drie was die pot vol water en het dit op ’n yslike, groot vuur gestaan. Toe die water begin kook, het die soldaat die klip sagkens in die pot gesit. “Klipsop het sout en peper nodig”. Na ’n tyd het hy dit geproe en gesê: “Hmmm, dit proe lekker, maar klipsop sal nog lekkerder proe met ’n paar wortels daarin.” “Ek is bereid om ’n paar wortels te gee” het ’n boer gesê en sy dogter het gegaan en teruggekeer met ’n voorskoot vol daarvan. “Dit is tog jammer dat die oes só sleg was, maar klipsop is altyd meer smaakvol met ’n bietjie kool.” “Ek het ’n idee waar ek kool kan kry” het ’n vrou gesê en na ’n rukkie met drie groot koolkoppe daar aangekom. Terwyl hy die kool en wortels in die sop insny, sê hy: “Toe ek laas die klipsop gemaak het, het ’n ryk man ’n paar aartappels en ’n stukkie beesvleis gegee.” Verskeie mense het onder mekaar gefluister: “Met ’n bietjie beesvleis by kan ons soos ryk mense eet.” Hulle is huis toe en het kort daarna teruggekeer met nie net beesvleis en aartappels nie, maar ook met melk, uie en gort. Teen die tyd dat die sop gaar was, het donkerte oor die dorpie gesak. Manne het groot tafels gebring, vrouens sopborde en ander het appel bier en brood gebring. Dit was die wonderlikste en smaaklikste sop wat hulle ooit geëet het. Die mense het gesing en gedans tot laat in die nag. Daardie volgende oggend het die soldaat die hele dorp gegroet en toe hy op sy perd klim, skreeu ’n seuntjie: “Jy het jou towerklip vergeet.” Die soldaat het met ’n glimlag gesê: “Ek los die towerklip as geskenk by julle.” Toe die soldaat wegry, sê ’n jong dogter aan haar oupa: “Solank as wat ons die towerklip het, sal ons nooit weer honger wees nie.” “Onthou” sê die oupa “die soldaat het nog iets belowe. Hy het gesê die klip sal mense ook bymekaar bring.” Hulle het met mekaar saamgestem dat die klip dit reggekry het.
32
Wegsendingslied Seënbede
God stuur ons uit Ons is gasvry Wegsendingslied Seënbede Wegsendingslied / Seënbede
33
Ons word uitgestuur met hierdie gebed
Moontlike gebed om iewers in die diens, dalk aan die einde, te gebruik: Gee ons vandag, Here, ’n proeseltjie van ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde. Gee ons die verwondering van ’n kind wat vir die eerste keer haar oë oopmaak vir die wonders van U wêreld! Gee ons die vreugde van ’n kind wat U skoonheid in elke objek ontdek. In elke mens wat ontmoet word, ’n refleksie van U grootheid te sien! Gee ons die blydskap van een vir wie elke tree nog ’n nuwe ontdekking is Gee ons die geluk van een wie se lewe elke dag vars en onskuldig en hoopvol is omdat ons met ’n skoon bladsy begin! Gee ons die kinderlike vertroue van een wat weet vir U is enigiets moontlik Gee ons dat ons Christus in alles en ook alles deur Hom sal sien - bome en velde, huis en werk, diere en mense - om 24/7 dankbaar te wees! Amen (’n verwerking van ’n gebed van Michael Bouttier, Prayers for My Village) (Nashville: Upper Room Books, 1994).
34
FLAM-bladmusiek kan afgelaai word by www.flam.co.za
Lied FLAM-bladmusiek kan afgelaai word by FLAM-bladmusiek kan afgelaai word by
35
(Let wel: is tans onder her-konstruksie - Alle FLAM-liedere sal egter weer na 1 Aug’ beskikbaar wees by – jy mag slegs die liedere projekteer of kopieer indien jou gemeente oor die nodige CCLI-lisensies beskik.) F50 getuig van God se oorvloedsmentaliteit. In Sy Naam maak selfs ons onvermoë plek vir Sy voorsiening. F50. In Sy Naam (RUBRIEK: Kontemporêr – Lof /Geloof en Vertroue) Teks en Musiek: Rick Moser © Spirit & Truth Music (STM) (Opgeneem op Nuwe Lied, vol 4 en FLAM, vol 1) 1. In Sy Naam word die blydskap van die Here my beskerming. In Sy Naam kan ek selfs deur donker nagte jubel en sing. In Sy Naam word ‘n struikelblok ‘n vastrapplek vir oorwinning. In die Wondernaam bo elke naam 2. In Sy Naam sal siekte buig en plek maak vir genesing In Sy Naam kan ek selfs teen donker magte staan en oorwin In Sy Naam word my onvermoë ‘n deur vir Sy voorsiening In die wondernaam bo elke naam In die naam van Jesus Is jy moeg gesit in ’n donker put van mislukking en berou? Voel jy vasgespin in ’n web van leuens wat jou moedeloos wil hou? Wel, God het belowe om daar te wees waar sy volk sy lof besing. So hef op jou stem, kyk op en sien die verlossing wat Hy bring!
36
Omdat ons lank vooruit werk aan die PP, kry ons dikwels nader aan die Sondag nog waardevolle idees en voorstelle. Ons het egter geen manier om jou te laat weet as ons nie jou e-posadres het nie. Indien jy op ons e-poslys wil wees, stuur vir ons ’n e-pos na met die woord ‘Nous -’ in die ‘Subject’-lyn. Jy kan ook aansluit by ons Facebook-groep ‘Nous – Common sense wysheid’.
37
Volgende week: Joh 6:22-35 Joh 6:22-35
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com Inc.
All rights reserved.