Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

God se Woord word bevestig in Sy Skepping

Similar presentations


Presentation on theme: "God se Woord word bevestig in Sy Skepping"— Presentation transcript:

1 God se Woord word bevestig in Sy Skepping
Wetenskap en die Bybel Geloofsversterkend Beter wetenskap Goeie môre, dankie vir die voorreg om hier te mag praat. Julle sal beter doen om die skerm dop te hou as vir my; sit dus gerus nader sodat julle veral die prentjies kan sien wat ek dan en wan op die skerm gaan wys. Die hele kwessie van die wetenskap en die Bybel het ‘n beduidende rol gespeel in my lewe as gelowige. Toe ek begin ontdek het dat oorsprongswetenskappe, indien dit reg vertolk word, nie die Bybel weerspreek nie, maar dit bevestig, het dit my glo van die Bybel, beginnende by Genesis, geweldig versterk. En dis mos wat die Bybel sê: Ons moet God juis in Sy skepping kan sien; so die wetenskap behoort nie presies die teenoorgestelde te doen deur ons te laat twyfel aan God as Skepper nie. As dit gebeur, is dit vals wetenskap. ‘n Verdere ontdekking vir my was dat deur die Bybel te glo, beter wetenskap die gevolg kan wees. Ek sal later enkele voorbeelde hiervan gee, maar daar is talle.

2 Verstaan van die Bybel Feite as feite Geskiedenis as geskiedenis
Profesie as profesie Simboliek as simboliek Natuurlik moet die Bybel verstaan word op die manier wat dit geskryf is. Alles kan nie letterlik verstaan word nie. Feitelike gegewens moet as feitelike gegewens verstaan word, geskiedenis as geskiedenis, profesie as profesie, simboliek as simboliek. Feite en geskiedenis kan ook simboliese en projeksiewaarde hê, maar mens kan nie dit wat duidelik in die Bybel as feite en geskiedenis geskryf is, probeer hervertolk om die werklikheid daarvan te veronagsaam nie. Jy kan ook nie profesie probeer wegpraat asof dit eers na die gebeure geskryf is en dus geskiedenis is nie. As mens sulke dinge probeer doen, glo jy nie die Bybel nie. En as jy dink die oorsprongswetenskappe moet bepaal hoe en wat in die Bybel geglo moet word, eer jy nie vir God nie; God het immers in die Bybel laat opteken dat die hele Woord deur Hom geïnspireer is.

3 ’n Bietjie van my eie storie
Kinderbybel Self Bybellees Ek dink dit sal goed wees om eers net bietjie van my eie storie te vertel. Ons was 5 kinders, ek was die 2de. My pa en ma het van kleinsaf vir ons uit die Kinderbybel gelees. Ek het dus van vroegsaf die basiese verhale in die Bybel geken. In standerd 2 (graad 4) het ek my eie grootmensbybel gekry – die 1953-vertaling; die 1983-vertaling het eers baie jare later gekom. Daar is van ons verwag om elke aand op ons eie ook Bybel te lees; van voor na agter; ja ook al daardie name, offerandes, tempelgebruike ensovoorts waarvan ek maar bitter min verstaan het, het ek deurgeworstel. Ek sukkel nou nog met sommige gedeeltes, maar dit gaan darem al beter. Maar julle sal later sien dat die naamlyste vir my later groot betekenis gekry het.

4 ’n Bietjie van my eie storie
Lees en dink! daaroor, en praat met die Here My ouer broer het sy grootmensbybel natuurlik voor my begin lees, seker omtrent 2 jaar. Ek het duidelik meer getrou as hy gelees, want op ’n kol het ek hom ingehaal. Ons het saam in ’n kamer geslaap; met 5 kinders in die huis kan elkeen nie sy eie kamer hê nie. En toe word dit ’n kompetisie van wie gaan voor wees met die Bybellees. Een aand na ons sogenaamd Bybel gelees het, en gestry het of die ander een nou werklik alles gelees het, het my ma in die kamer gekom en vir elkeen van ons gevra watter stuk ons gelees het. Sy vra toe vir elkeen van ons ’n maklike vraag uit ons stuk. Nie een van ons kon reg antwoord nie. Ek onthou nou nog my vraag: ”Van watter dier het jy gelees”. Die antwoord was ”leeu”. Ek het nogal gedink dis dalk ”leeu”, maar was nie seker genoeg om dit te probeer antwoord nie. My ma was ’n onderwyseres, en geen antwoord het vir my beter gevoel as dalk ’n verkeerde antwoord. Dit is natuurlik ’n goeie gewoonte om gereeld Bybel te lees, maar daar is ’n baie belangrike vers in die Bybel wat praat van lees EN oordink. [ KLIEK ] Dit mag dus nie net ’n goeie gewoonte word en bly nie; ons moet probeer verstaan wat ons lees en daaroor dink, en leer om met die Here daaroor te praat.

5 ’n Bietjie van my eie storie
Die Bybel en wetenskap Die Oerknal Aapmense Miljoene en miljarde jare Heelwat dinge in die wetenskap het my van altyd af geïnteresseer. Op die manier het ek kennis gemaak met die sogenaamde ”Big Bang”-teorie. In Afrikaans word gepraat van die Oerknal. Duisende miljoene jare vir die ontstaan van alles is dadelik die groot gedagte. Ek het ook later Sterrekunde geswot, alhoewel ek nooit in daardie rigting gaan werk het nie. Geologie en paleontologie het my ook geïnteresseer; daaroor het ek maar net gelees; maar weereens is duisende miljoene jare die basis. Opsommend kan ek sê dat oorspronge my gefassineer het. Hoe het dinge ontstaan? Evolusie het ek nooit geglo nie; maar aapmense het my meer en meer begin pla. Waar pas hulle in? Rondom oorspronge het ek ’n redelike begrip gehad van wat die Bybel sê; en dit het al meer en meer vir my duidelik geword dat miljoene jare en aapmense nie versoenbaar met die Bybel is nie. So wat moet mens daarmee maak?

6 ’n Bietjie van my eie storie
Christelike Vereniging Prof David McMurtry Videos/DVD’s Aanbiedings Boeke Ek het uiteindelik vir 37 jaar vir Kentron, later Denel Dynamics genoem, in Centurion gewerk, voor ons Kaap toe gekom het. Daar was ’n Christelike Vereniging by Kentron, en toe hulle eendag sê dat iemand van Amerika die etenstyd gaan praat oor skepping en evolusie, was ek daar. Prof David McMurtry het so ’n halfuur lank gepraat; en dit het vir my absoluut sin gemaak; en die wonderlike was dat hy nie die Bybel probeer anders vertolk het as wat direk in die Bybel staan nie. Hy het die aand nog ’n praatjie gedoen by die Universiteit van Pretoria (definitief nie gereël deur die Universiteit self nie, maar wel in een van hulle lokale), en ek het dit ook bygewoon. Ek het agterna vir hom gevra oor aapmense; en sy antwoord was dat meeste daarvan duidelik bewese bedrog en misleiding is. Ek het sedertdien meer en meer uitgevind hoe waar hierdie stelling van hom was. Ek en ’n kollega, Koos van der Westhuyzen, het na Prof McMurtry se besoek, besluit om weekliks skeppingsvideos, en later DVD’s, te wys by ons werk. Ons het onsself ook probeer oplei om aanbiedings te kan doen, en dit het later gelei tot my skryf van ’n paar boeke oor die onderwerp. Ek dink Koos gaan nou, na meer as 20 jaar, nog steeds aan met die bediening in Denel Dynamics.

7 ’n Bietjie van my eie storie
Die gevolg Die belangrike gevolg van al hierdie dinge vir my persoonlik was dat dit my geloof in die waarheid van die Bybel, geweldig begin versterk het. Dit het vir my sekere vraagtekens oor Bybelse gegewens laat verdwyn; en omgekeer in ’n opgewonde beter verstaan en glo van die Bybel. Op dieselfde manier is die prediking wat ons in hierdie gemeente kry, ook vir my meer en meer geloofsversterkend. Dit breek sekere Skrifgedeeltes stuk vir stuk oop; en natuurlik meer nog – dit daag mens uit om jou lewe daarvolgens te verander, al is dit nie altyd maklik nie. En nou is ek by die punt waar ek vir Tertius gaan aanhaal: ”Dit was die inleiding; ons kan nou begin met die boodskap.”

8 ’n Paar geselekteerde sake
Die ouderdom van die aarde (en die heelal) Die skepping in 6 dae Noag se vloed Die toring van Babel en kort daarna Ek wil vanoggend graag na ‘n paar sake kyk; dinge wat dikwels ter sprake kom as die Bybel en die wetenskap bespreek word. Hulle is [ KLIEK ]: Die ouderdom van die aarde, en die heelal, maar ek gaan net raak aan die saak van die heelal, want dit is eintlik ‘n volledige praatjie op sy eie, en baie tegnies. [ KLIEK ]: Die skepping in 6 dae; hoe het dit moontlik gebeur [ KLIEK ]: Noag se vloed; ek gaan net bietjie daarna verwys [ KLIEK ]: Die toring van Babel en gebeure kort daarna, soos die ontwikkeling van tale en nasies Ek gaan telkens by die Bybel begin; en dan wys hoe die wetenskap die Bybelse gegewens uitdaag as dit evolusionisties en liberaal vertolk word. En dan sal ek wys hoe die wetenskap die Bybel bevestig as die wetenskap, na my en baie ander slimmer wetenskaplikes as ek se mening, reg vertolk word. Hierdie opmerking impliseer dat die wetenskap ook verkeerd vertolk kan word; en daar bestaan talle voorbeelde hiervan, waarvan ons vandag enkeles sal sien.

9 ’n Paar geselekteerde sake
Die ouderdom van die aarde (en die heelal) Die skepping in 6 dae Noag se vloed Die toring van Babel en kort daarna ~ Geologie, Paleontologie, Radiometriese datering, Biologie Let wel, ek probeer nie in my aanbieding die Bybel waar bewys nie; ek aanvaar die Bybel is waar en wys dan dat behoorlike vertolking van wetenskaplike gegewens die Bybel bevestig. Die ouens hier wat meer weet van filosofiese logika as ek, sal miskien verstaan hoekom ek hierdie verklaring maak. Uiteraard raak die saak van skepping en oorspronge baie meer wetenskaplike velde as wat ek vandag gaan probeer aanspreek. Maar ek moes maar ‘n paar sake selekteer, want ek dink julle sal dit taai vind om veel langer as ‘n uur na my te probeer luister. [ KLIEK ] Aan Geologie, wat geweldig gekoppel is aan Noag se Vloed, want dit het grotendeels bepaal hoe die aarde se oppervlak vandag lyk, Paleontologie (maw fossiele), Radiometriese datering (insluitende C-14 datering), en Biologie, gaan ek vandag maar net ‘n bietjie raak. Na ‘n uur gaan julle waarskynlik dankbaar wees dat ek dit nie ook nog vandag probeer aanspreek het nie.

10 Voor ons verder gaan, wil ek net graag die volgende punt uitlig betreffende wetenskap, veral betreffende historiese of oorspongswetenskappe. Wetenskaplikes kan na dieselfde gegewens of data kyk, soos die 2 manne op die prentjie, maar heeltemal verskillende vertolkings mee vorendag kom. Dit hang af watter bril hulle opsit, of anders gestel – wat hulle voorveronderstellings is. Skeppingsleerwetenskaplikes kyk met ‘n Bybelse bril na die data. Evolusionistiese wetenskaplikes kyk met ’n bril van: alles moet ’n natuurlike verklaring hê, geen uitsonderlike dinge soos ‘n wêreldwye vloed het ooit gebeur nie, en die Bybel het geen belangrike wetenskaplike inligting nie. Fossiele CMI 10

11 Die Grand Canyon is ‘n treffende voorbeeld van hoe verskillende voorveronderstellings heeltemal verskillende bevindings tot gevolg het: Baie water en ‘n kort tyd (want die Bybelse gegewe oor Noag se Vloed word geglo), is die een bevinding Min water en ‘n baie lang tyd (want die Bybelse gegewe word dikwels doelbewus geïgnoreer), is die ander bevinding Uit ‘n wetenskaplike hoek, is die vraag watter vertolking die beste klop met al die data. 11

12 Hoekom is dit belangrik?
Geloofsversterkend Die gevaar van te gly Hoekom is hierdie saak belangrik? Ek glo kennis oor die Bybel en wetenskap kan baie geloofsversterkend wees; vir my was dit. Mens kan op ‘n glybaan beland as jy begin twyfel oor wat om in die Bybel te glo. Heelwat kerke in Suid-Afrika kan hier as voorbeelde gebruik word, maar ek gaan net een voorbeeld uit Amerika noem. Dit gaan oor Billy Graham en Charles Templeton.

13 Charles Templeton Deel massa-evangelisasie-aksies 1940’s in Amerika
1945 vise-president ‘Youth for Christ International’ Charles nomineer vriend Billy Graham. Duisende in Amerika en Europa vir Christus gewen Templeton beskou as veelsydigste Bywoning uit , kerkbywoning 17% toegeneem Templeton begin om Genesis te bevraagteken. Charles Templeton was deel van die massa-evangelisasie-aksies wat in die 1940’s in Amerika begin het. In 1945 is hy gekies as die vise-president van die pas gestigte ‘Youth for Christ International’-organisasie. Charles het sy goeie vriend Billy Graham as mede-evangelis genomineer. Templeton, Graham en paar ander het duisende in Amerika en Europa vir Christus gewen. Templeton is beskou as die veelsydigste van al hierdie jong evangeliste. Bv. in Evansville, Indiana, in slegs 2 weke, het 91 000 uit ‘n totaal van 128 000 mense sy dienste bygewoon. Kerkbywoning daarna het daar toe met 17% toegeneem. Maar tydens studies aan Princeton Teologiese Kweekskool, begin Templeton om Genesis se werklikheid te bevraagteken. Tydens ʼn gesprek met Billy Graham sê hy:

14 Charles Templeton “But Billy, it’s simply not possible any longer
to believe, for instance, the biblical account of creation. The world wasn’t created over a period of days a few thousand years ago; it has evolved over millions of years. It’s not a matter of speculation; it’s demonstrable fact.” Lees aanhaling …

15 Charles Templeton Na graduering by Princeton, Templeton pos in National Council of Churches, en lewer preke dwarsoor VSA en Kanada. Vraag “Is die Bybel heeltemal waar”, lei by Templeton tot siektetoestande. Uiteindelik het sy twyfel so erg geword, dat hy die bediening heeltemal verlaat het. Na graduering by Princeton, aanvaar Templeton ‘n pos in die National Council of Churches, en lewer hy preke dwarsoor VSA en Kanada. Maar die vraag: “Is die Bybel heeltemal waar”, gegrond op uitsprake van evolusionistiese wetenskap, saai soveel twyfel by Templeton dat hy allerlei siektetoestande begin kry. Uiteindelik het sy twyfel so erg geword, dat Templeton die bediening heeltemal verlaat het. En hy bring sy outobiografie uit:

16 Farewell to God – my reasons for rejecting the Christian faith
Hierdie artikel “A famous evangelist goes form hope to hopelessness” het enkele jare gelede in die “Creation”-tydskrif verskyn. Farewell book

17 Charles Templeton ‘Farewell to God: My reasons for rejecting the Christian faith’. In sy boek word al sy redes uitgespel – dit is almal evolusionisties wetenskaplike besware teen gegewens soos gegee in Genesis. Al sy besware kon deur skeppingsleerweten--skaplikes beantwoord word. So hoekom skepping teenoor evolusie belangrik? Omdat dit dodelik gevaarlik vir mens se geloof kan wees, soos die tragedie van Charles Templeton, en baie ander, gewys het. In sy boek word al sy redes uitgespel – dit is almal evolusionisties wetenskaplike besware teen gegewens soos gegee in Genesis. Die tragedie is dat al sy besware deur skeppingsleerwetenskaplikes beantwoord kon word. Maar soos in sy tyd, wil baie vandag, selfs in die kerk, steeds nie die antwoorde hoor nie. Charles Templeton is intussen oorlede en daar was ongelukkig geen aanduiding dat hy ooit in geloof deur Christus by God uitgekom het nie. So hoekom is die kwessie van skepping teenoor evolusie belangrik? Omdat dit dodelik gevaarlik vir mens se geloof kan wees, soos die tragedie van Charles Templeton, en baie ander, gewys het. Kom ons kyk dan nou na die ouderdom van die aarde – eerstens; “Wat sê die Bybel?”.; en dan tweedens: “Wat sê die evolusionistiese wetenskap?”. Ek sal dan heelwat later kom by baie beter vertolkings van die wetenskap.

18 Bybelse inligting oor ouderdomme
0 jare Adam 930 Set 912 Enos 905 Kenan 910 Mahalalel 895 Jared 962 Henog 365 Metusalem 969 Lameg 777 Vloed/Ystydperk Noag 950 Sem 602 Arpagsad 438 Selag 433 Eber 430 Peleg 239 Babel 100 Reu 239 Wat is die Bybelse tydskale? In kort; die Bybelse tydskale is ~ 6000 jaar van die skeppingsweek af tot nou. Dit kan feitlik direk uit die Bybel gesien word, met die volgende verse: [KLIEK] Adam was 130 jaar toe Set gebore is [Gen 5:3] Set was 105 toe Enos gebore is [Gen 5:6] Enos was 90 toe Kenan gebore is [Gen 5:9] … met soortgelyke verse kan mens gaan van Kenan tot by Lameg Lameg was 182 toe Noag gebore is [Gen 5:28] Noag was 502 toe Sem gebore is Noag was 600 toe die Groot Vloed begin het [Gen 7:6] Sem was 100 toe Arpagsad gebore is [Gen 11:10] Arpagsad was 35 toe Selag gebore is [Gen 11:12] Selag was 30 when Eber gebore is [Gen 11:14] Eber was 34 toe Peleg gebore is [Gen 11:16] Die skepping van tale het toe by Babel gebeur [Gen 10:25] Peleg was 30 toe Rehu gebore is [Gen 11:18] …met soortgelyke verse kan mens gaan van Rehu tot by Tera Tera was 130 toe Abram gebore is Abram was 75 toe hy Haran verlaat en na Kanaän en daarna na Egipte toe gegaan het Serug 230 Nahor 219 Tera 205 Abram 175 Isak 180 Jakob 147 Josef 110 Eksodus 430 Israel verdeel in 2 koninkryke 510 Val vanJerusalem 388 Christus se geboorte, kruisiging en opstanding 588

19 Bybelse inligting oor ouderdomme
0 yrs Adam 930 Set 912 Enos 905 Kenan 910 Mahalalel 895 Jared 962 Henog 365 Metusalem 969 Lameg 777 Vloed/Ystydperk Noag 950 Sem 602 Arpagsad 438 Selag 433 Eber 430 Peleg 239 Babel 100 Reu 239 Die volgende periodes kan van ander gedeeltes in die Bybel afgelei word: 430 jaar het verloop tussen Abram se aankoms in Egipte en die vertrek van die Israeliete uit Egipte, naamlik Eksodus 510 jaar het verloop tussen Eksodus en die verdeling van die koninkryk van Israel 388 jaar het verloop tussen die verdeling van die koninkryk van Israel en die verwoesting van Jerusalem Jerusalem is verwoes in 588 vC. Let daarop dat daar nie gapings in hierdie gegewens is nie: As daar in die Bybel geskryf is dat iemand die seun van iemand anders is, kan dit beteken die kleinseun van, of die agterkleinseun van, of selfs nog verder langs die lyn af. Maar geen jare kan ingevoeg word as daar geskryf is dat iemand so en so oud was, toe is die volgende gebore nie. En dit is hoe hierdie diagram saamgestel en die jaar van Adam tot by Christus afgelei is. Die tydskale lyk soos volg op ’n eenvoudiger diagram. Serug 230 Nahor 219 Tera 205 Abram 175 Isak 180 Jakob 147 Josef 110 Eksodus 430 Israel verdeel in 2 koninkryke 510 Val van Jerusalem 388 Christus se geboorte, kruisiging en opstanding 588

20 Slegs 8 mense en 2 of 14 van sekere soorte oorleef op die Ark
Bybelse tydskaal Christus 2de koms Globale vloed Christus 1ste koms Skepping in 1 week deur God wat praat Die sondeval Babel Nou ~6000 jr gelede jr gelede jr gelede Binnekort? Slegs 8 mense en 2 of 14 van sekere soorte oorleef op die Ark Volgens die Bybel het skepping plaasgevind (van die aarde en die heelal) in 1 week, omtrent jaar gelede. [ KLIEK ] Adam se sondeval het kort daarna gebeur (nog voor enige kinders gebore is). Die wêreldwye Vloed het gebeur in die tyd van Noag, omtrent jaar gelede. [ KLIEK ] Alle mense is dood, behalwe 8 mense en 2 of 14 van elke soort dier wat deur sy neus asemhaal, wat oorleef het op die Ark van Noag. Omtrent 100 jaar later, het God begin om die mense te versprei oor die wêreld, deur bonatuurlik waarskynlik omtrent 16 tale by Babel te skep. Ek sal later weer terugkom hiernatoe. Christus se 1ste koms was omtrent jaar gelede, en sy 2de koms is moontlik nie te ver in die toekoms nie. Maar wat sê die evolusionistiese tydskale?

21 Geweldige tydskaalverskil
Bybelse tydskaal Christus 2de koms Globale vloed Christus 1ste koms Skepping Die sondeval Babel Nou ~6000 jr gelede jr gelede jr gelede Binnekort? Geweldige tydskaalverskil Evolusionistiese tydskaal Volgens evolusionistiese tydskale, het die heelal omtrent miljoen jaar gelede ontstaan. [ KLIEK ] Die aarde het omtrent miljoen jaar gelede ontwikkel. Die mens het so laat in die geskiedenis van alles verskyn, dat dit nie eens moontlik is om sy verskyning te onderskei van die “nou” op hierdie tydlyn nie. Al jaar van die Bybelse tydskaal sal in hierdie blou kolletjie onder die “nou” verdwyn, [KLIEK] as hierdie geweldige tydskale waar sou wees. Doodduidelik verskil die tydskale tussen hierdie twee wêreldsienings geweldig. [KLIEK] Dit is op geen manier versoenbaar nie. Ek gaan later kom by ander wetenskaplike vertolkings en bevindings wat nie die miljarde jare ondersteun nie, maar juis die Bybelse tydskale. Nou Die Oerknal Aarde 15 miljard jr gelede miljard jr gelede ??

22 Skepping in 6 dae? Wat sê die Bybel?
Indien dit waar is, wat moes gebeur het in elkeen van daardie 6 dae? Is dit logies moontlik? Ek wil nou net eers vir ‘n ruk lank fokus op die 6-dagskepping. Ek gaan kyk na die volgende vrae: [ KLIEK ] … Om dit net dadelik uit te klaar – dat God wonderwerke kan doen is totaal logies. Maar dinge kan nie strydig wees nie; dit sou onlogies wees. As die Bybel en sekere wetenskaplike vertolkings bots, kan altwee nie waar wees nie; dit sou onlogies wees. As goeie wetenskaplike vertolkings ooreenstem met die Bybel, bevestig dit dat sodanige wetenskaplike vertolkings reg mag wees, gegewe my geloofsaanname dat die Bybel reg is. Dit sou logies wees.

23 Wat sê die Bybel Gen 1:21-23  En God het die groot seediere geskape en al die lewende wesens wat beweeg, waar die waters van wemel, volgens hulle soorte; en al die gevleuelde voëls volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.  En God het hulle geseën en gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die waters in die see, en laat die voëls op die aarde vermeerder.  En dit was aand en dit was môre, die vyfde dag.  Ek gaan nou nie elke vers van Gen 1 lees nie, want dit gaan te lank vat, maar ek wil tog hierdie paar lees. Hierdie beskryf wat op die 5de dag gebeur het. Let daarop dat alle lewende dinge gemaak is volgens hulle soorte; dit word ook later gesê van die diere op die 6de dag. Die Bybel verklaar hier dat dit nie moontlik is vir een soort om ’n ander soort voort te bring nie. Dit opsigself is ’n duidelike verklaring in die Bybel dat evolusie onwaar is. Evolusie beweer dat alle lewende kreature ’n gemeenskaplike voorganger het; met ander woorde nie net het die mens en die aap ’n gemeenskaplike voorganger nie, maar selfs die mens en die vrugtevlieg het! Let ook daarop dat ’n Bybelse soort meer in lyn is met die biologiese kwalifikasie van ’n genus, wat ’n aantal spesies mag insluit. Die moontlikheid van sub-spesie ontwikkeling binne ’n spesie is dus nie strydig met Bybelse gegewens nie.

24 Wat sê die Bybel NIE Al probeer Al Debbo hoe hard, hy kon steeds nie soos ’n vrugtevlieg lyk nie [ KLIEK ]. Dit is belangrik om op die volgende te let: Evolusioniste beweer dikwels dat evolusie bewys is deurdat subspesie- of selfs spesieveranderings plaasvind. Bybelgelowiges behoort nie ’n probleem te hê met veranderings, soos byvoorbeeld natuurlike seleksie, binne ’n soort nie. Dit het plaasgevind en kan steeds plaasvind. Maar een soort het nooit in ’n ander soort verander nie. Onder andere het gedwonge seleksie, soos met hondeteling dit bewys. Mens kry vandag honde wat ongelooflik verskillend lyk, maar 2 honde se kleintjies was nog altyd weer honde.

25 Wat sê die Bybel? Skeppingsweek se dae? Aand en môre
Eksodus, 4de gebod Wat word bedoel met die dae van die skeppingsweek? Dit is moeilik om uit die Bybel, dit iets anders te laat beteken as gewone dae. Kyk byvoorbeeld na die volgende: [KLIEK] Elkeen van die skeppingsdae word gedefinieer as ’n aand en ’n môre. Die woorde „en dit was aand en dit was môre” word 6 keer herhaal, vir elkeen van die eerste 6 dae. In terme van dae kan ’n dag dus nie meer as een dag voorstel nie, nog minder jare of miljoene jare want dan sou daar baie aande en môres gewees het. Dit word later in Eksodus bevestig waar die Tien Gebooie aan Israel gegee word. Hulle moes 6 dae werk en 1 dag rus – definitief is geen lang tydperke hier bedoel of dat ’n klomp dae, weke, maande of jare oorgeslaan moes word nie. So die voorstel dat lang periodes tussen die skeppingsdae ingevoeg kan word, is strydig met die bedoeling van die gebod van 6 dae te werk en 1 dag te rus. Kom ons kyk nou bietjie nader na hierdie gedeelte in Eksodus.

26 Wat sê die Bybel? Eks 20:9-11  Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.  Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.  Die deel “in 6 dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is”, verwyder die moontlikheid van enige lang tydperke of gapings in die skeppingsweek. Daarom kan die sogenaamde gapingsteorie nie geldig wees nie. Dit bevestig ook dat gewone dae ter sprake is, want vers 9 verwys na gewone dae, en dieselfde woord vir dae word in vers 11 gebruik. Die woord ”gemaak” in ”die Here het gemaak” kan nie vertaal word uit die oorspronklike om ”openbaar” te beteken nie. Daarom is ook die ”6 dae openbaringsteorie” nie verdedigbaar nie. Dr Louw Alberts was ’n groot aanhanger hiervan – hy het geglo dat God in 6 dae geopenbaar het wat Hy miljoene jare vantevore al gedoen het. In Jesus het sekere God-gegewe reëls verander van die Ou Testament na die Nuwe Testament. Maar alhoewel Jesus die geskiedenis dramaties en onherroepelik verander het met sy koms na die aarde omtrent jaar gelede, het Hy nie die feite van die reeds afgeloopte geskiedenis verander nie. Daarom is die openbaring dat God in 6 dae geskep het nie herroep nie, maar inteendeel Jesus bevestig dit soos aangeteken in byvoorbeeld Markus.

27 Wat sê die Bybel? Mark 10:6  ... maar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak.  So die dag van die skepping van mense was in die begin van die skepping – nie duisende of miljoene jare later nie. Daarom bevestig al hierdie dinge dat die skepping volgens die Bybel in 6 normale tydperk dae plaasgevind het. Hoe lank na die skepping het God die man en vrou geskep? Volgens Gen 1 en hierdie woorde van Jesus: ”maar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak”, het dit nie ’n lang tyd na die begin van die skepping gebeur nie, maar in die begin van die skepping. [ KLIEK ] …

28 Wat behoort te gebeur het in elkeen van daardie 6 skeppingsdae?
Dag 1: Die hemelruim, die Aarde, waters om die Aarde, lig, tyd en die definisie van ’n dag. Dag 2: Skeiding van waters, een deel op Aarde, en die ander in of bokant die hemelruim. Dag 3: Skeiding van waters op Aarde – oseane genoem – en droë land. Plante en bome. Wat behoort te gebeur het in elkeen van daardie 6 skeppingsdae? Sou alles moontlik gewees het? Op die skerm is ’n opsomming van wat basies in die Bybel gegee word betreffende die skepping op elke dag. Sommige van die inligting is redelike afleidings vanuit die Bybel en die wetenskap, maar meeste kom direk uit die Bybel. Let daarop dat die detail in die Bybel wys dat bome moes gegroei het van saad na bome wat vrugte dra in een dag, naamlik die 3de dag. Dit vra dat ’n versnelde proses toe moes gebeur het, wat nie moeilik is om te glo nie, gegewe al die ander wonderbaarlike dinge wat God in die skeppingsweek gedoen het.

29 Wat behoort te gebeur het in elkeen van daardie 6 skeppingsdae?
Dag 4: Son, Maan, sterre en planete – alle hemelligame Dag 5: Alle see- en waterkreature, en alle vlieënde kreature Dag 6: Plaasdiere, wilde diere insluitend ape, reptiele en dinosourusse, kruipende kreature insluitende insekte en spinnekopagtiges, en laastens mense Maar meer dinge is geopenbaar in die Bybel oor die 6de dag. Phonetics: ᶕ’rᶏᶒchnᶖds

30 Wat sê die Bybel van die 6de dag?
God het al die landdiere en kruipendes geskep. (Gen 1:24-25) Hy het vir Adam geskep. (Gen 1:26-27 en Gen 2:7) Hy het die Tuin van Eden geskep. (Gen 2:8-9) Hy het vir Adam beveel om dit te versorg. (Gen 2:15) Hy het vir Adam verbied om te eet van die Boom van Kennis van Goed en Kwaad (Gen 2:16-17) God het genoem dat dit nie goed is vir Adam om alleen te wees nie. (Gen 2:18) Hy het vir Adam sekere diere en vlieënde kreature gebring sodat hy hulle name kon gee, en Adam het dit gedoen. (Gen 2:19-20) Wat sê die Bybel van die 6de dag? As mens Gen 1 en Gen 2 lees, het al die volgende dinge op die 6de dag gebeur. Was daar nie te veel goed om alles op een dag te kon laat gebeur nie?

31 Wat sê die Bybel van die 6de dag?
8. God het vir Adam laat slaap. (Gen 2:21) God het vir Eva geskep en vir Adam gesond gemaak  (Gen 1:27 en Gen 2:22) 10. Adam het vir Eva ontmoet en ’n paar kort waarderende opmerkings gemaak (Gen 2:23) 11. God gee die bevel dat mense moet vermeerder en moet heers oor die aarde. (Gen 1:28) 12. God het die mense vertel wat hulle en die diere se kos moes wees. (Gen 1:29-30) Kon al hierdie dinge in een dag gebeur het? ’n Verklaring, soos op die 3de dag, van versnelde prosesse kan gebruik word, maar vir hierdie dag is dit nie nodig nie. Ek kan dit aantoon, maar dit gaan te lank vat, so ek slaan dit oor, behalwe om net die volgende te noem: Die naamgewing van Adam aan al die diere is die saak wat die langste sou vat. Adam sou omtrent soorte in omtrent 7 ure kon name gee, en dit kan aangetoon word dat omtrent waarskynlik die aantal is wat oorsponklik geskep is van die tipes wat hy moes name gee. Maar ons moet teruggaan na die 4de dag.

32 Maar wat van Dag 4?! Dag 4: Son, Maan en planete – alle hemelliggame – is geskep op Dag 4 van die skeppingsweek Hoe kan meeste hemelliggame (bv. sterre, sterrestelsels en klosse van sterrestelsels) duisende van miljoene ligjare van ons af wees, maar hulle lig het ons bereik in ’n paar duisend jaar – die ouderdom van die aarde volgens die Bybel, of nog erger – in enkele dae sou mens glo Adam kon al die sterre sien? Dag 4 is die een wat die meeste bevraagteken word – die dag waarop die Son, die Maan en die sterre gemaak is volgens die Bybel. En die bekendste saak hier gaan oor die kwessie van ’n jong skepping (omtrent jaar) en baie ver sterlig. Daar is ’n paar moontlike antwoorde hiervoor, maar wat omtrent nooit deur oerknallers (mense wat in die oerknal – big bang – glo) en miljoene-jaar-aanhangers, erken word nie, is dat hulle modelle soortgelyke kwessies het. Ek sal later sommige hiervan uitwys. So as kreasioniste (ek praat graag van skeppingsleerders) moontlike oplossings moet voorstel vir hulle kwessie, behoort oerknallers ook oplossings te gee vir hulle kwessies. Die kwessie vir Bybelgelowige Christene rakende Dag 4 is die volgende: [ KLIEK ] … [ KLIEK ] Onthou 1 ligjaar is die AFSTAND wat lig trek in 1 jaar. 1 ligjaar is die AFSTAND wat lig trek in 1 jaar

33 Jong skepping; baie ver sterlig
Baie oplossings voorgestel: 6 dae was groot tydperiodes Baie oplossings vir die vraag van tyd en afstand is voorgestel oor jare en dekades. Ek het alreeds gewys dat baie van die voorstelle wat ek nou gaan wys, deur die Bybel weerspreek word, so ek gaan nou meer konsentreer op die wetenskaplike bevindings wat sommige van hulle weerspreek: [ KLIEK ] * Een voorstel was dat die 6 skeppingsdae nie dae was nie, maar groot periodes van tyd. So lang periodes sou genoeg tyd gegee het vir baie ontwikkeling, en sodat die sterlig van die verste sterre by ons kon uitkom. ** Hierdie voorstel bevredig glad nie die volgorde van gebeure in die ontwikkeling van die heelal en ons sonnestelsel volgens die oerknalwetenskap nie. ** Dit korreleer ook nie met die evolusionistiese volgorde van ontwikkeling van biologiese soorte nie.

34 Jong skepping; baie ver sterlig
Baie oplossings voorgestel: 6 dae was groot tydperiodes X So byvoorbeeld moes die Son ontwikkel het voor die Aarde. Dit is strydig met die Bybelse gegewens van die Aarde wat op Dag 1 gemaak is, droë land, plante en bome op Dag 3, en die Son eers op Dag 4. Die sterre en sterrestelsels moes ontwikkel het lank voor die Aarde. Dit is ook strydig met die skepping van die Aarde op Dag 1 en die sterre eers op Dag 4. Nog ’n voorbeeld is dat reptiele en dinosourusse voor voëls moes bestaan het volgens evolusionistiese denke. Dit is strydig met die skepping van voëls op Dag 5, en die diere, insluitende reptiele en dinosourusse, op Dag 6. Let daarop dat die Bybel stel dat vlieënde kreature gemaak is voor landkreature; wat 100% die teenoorgestelde is van evolusionistiese denke. So hoekom sal mens ’n oplossing voorstel wat strydig met die Bybel is, en wat nie klop met evolusionistiese wetenskap nie? [ KLIEK ] So hierdie oplossing dat die 6 skeppinsdae groot tydperiodes was, los geen probleem op nie.

35 Jong skepping; baie ver sterlig
Baie oplossings voorgestel: 6 dae was groot tydperke Lang gapings in en tussen die skeppingsdae Die afstande is baie kleiner – slegs ’n paar 100 ligjare op die meeste. X X * Nog ‘n voorstel is dat daar gapings van lang periodes in en tussen die skeppingsdae was. Die probleem van verkeerde volgorde van gebeure volgens evolusionistiese wetenskap is net so goeie verwerping van hierdie voorstel as die lang-periode-voorstel. Dit bevredig nie die bewerings van die evolusionistiese wetenskap nie, en dit kan nie verdedig word uit die Bybel nie. [ KLIEK ] So hierdie is ook geen oplossing van enigiets nie. * Sommige het voorgestel dat die afstande nie naastenby so groot is soos beweer word nie; daarom kon die lig van al die hemelliggame ons bereik het in ’n kort tyd van ’n paar 100 jaar. Ongelukkig was Kent Hovind ’n voorstander hiervan, en wou hy nooit ’n beter oplossing aanvaar nie. Daar is eenvoudig soveel soliede argumente om die enorme grootte van die heelal te aanvaar, dat hierdie voorstel onmoontlik is om te verdedig. By verre die meeste skeppingsleerwetenskaplikes aanvaar die geweldige grootte van die heelal. Een van die argumente is dat dit onmoontlik sou wees om die miljoene en miljoene vuurwarm hemelliggame, wat in alle rigtings om ons gesien word, in ’n relatief klein volume van selfs ’n paar ligjare om die Aarde in te pas. Ons sou uitgebrand het.

36 Jong skepping; baie ver sterlig
Baie oplossings voorgestel: 6 dae was groot tydperke Lang gapings in en tussen die skeppingsdae Die afstande is baie kleiner – slegs ‘n paar 100 ligjare op die meeste X X X ’n 2de argument teen die klein-heelal-voorstel het te doene met die afnemende gemiddelde intensiteit van hemelliggame naby genoeg aan ons dat hulle afstande met driehoeksmeting bepaal kan word. Dit word gedoen deur die aarde se wentelbaan om die son te neem as basis vir die driehoek. Hierdie nader hemelliggame pas gemiddeld die verwagte funksie van intensiteit teenoor afstand, so die afstande van die verder objekte kan afgelei word van hulle afname in intensiteit. Daarom kan die voorstel van ’n kleiner heelal nie aanvaar word nie. [ KLIEK ]

37 Jong skepping; baie ver sterlig
Baie oplossings voorgestel: 6 dae was groot tydperke Lang gapings in en tussen die skeppingsdae Die afstande is baie kleiner – slegs ‘n paar 100 ligjare Lig het baie vinniger getrek tydens die skeppingsweek, dus c >>> 3x108 m/s toe X X X * ‘n Baie gewilde voorstel in ’n stadium was dat lig baie vinniger in die Skeppingsweek getrek het as vandag, veral op Dag 4. Met ander woorde, c die spoed van lig, was toe >>> 3x10^8 m/s. Hierdie moontlikheid behoort nie vir Christene onaanvaar te wees nie, en dit los heelwat probleme op, en sekerlik is ons almagtige God in staat om dit te doen. Daar is ook wetenskaplike getuienis dat die spoed van lig in ’n vakuum nie altyd konstant was nie (die beroemde fisikus en kosmoloog Prof Paul Davies is bekend vir publikasies hieroor). Maar die probleem is dat hierdie voorstel nie genoeg van al die waarnemings verduidelik nie. ’n Paar van die probleme, is die volgende:

38 Baie strukture soos hierdie word gesien in die heelal.
Hulle is gelys deur die sterrekundige Halton Arp, en afgeneem deur die Hubble-teleskoop. Hulle is sterk aanduidend van materiaal wat beweeg het van hulle vroeër posisies tot waar hulle nou waargeneem word. As mens nou kyk na hulle afstande van ons af, en daarom die afstand wat van hierdie materiaal in die dwarste tov ons moes beweeg het, is dit nie net lig wat baie vinniger in die verlede moes getrek het nie, maar materiaal self moes ook baie vinniger as die spoed van lig beweeg het, sou ’n jong heelal waar wees. Hierdie laaste een, NGC4676, is bereken om omtrent 300 miljoen ligjaar van ons af te wees ( Die stert is agtergelaat toe die sterrestelsel beweeg het van regs bo na die middel van die skerm. [ KLIEK ] Die struktuur is omtrent ligjaar in die dwarste ( Daarom vra daardie stert, wat omtrent ligjaar lank is, dat materie baie vinniger as die spoed van lig moes beweeg het, sou die skepping slegs jaar oud wees. ~ lightyear

39 Jong skepping; baie ver sterlig
Baie oplossings voorgestel: 6 dae was groot tydperke Lang gapings in en tussen die skeppingsdae Die afstande is baie kleiner – slegs ‘n paar 100 ligjare Lig het baie vinniger getrek tydens die skeppingsweek, dus c >>> 3x108 m/s toe Versnelde prosesse in die 4de dag X X X * Die beste en kortste antwoord vir die kwessie van jong-skepping-maar-ver-sterlig, is na my mening dat God al die dinge op die 4de dag laat gebeur het volgens die natuurwette wat Hy geskep het (Wie anders het die natuurwette geskep?!!), maar teen geweldig versnelde prosesse. Dit is daarom soortgelyk in terme van die versnelde prosesse van die plante en die bome van die 3de dag, toe die sade gegroei het tot bome met saadgewende vrugte in een dag. Hierdie kan ook beskryf word as tyd wat teen verskillende spoede kan verloop, maar ek verkies om eerder te praat van prosesse wat vinniger of stadiger verloop. Dit maak die verstaan van die konsep eenvoudiger. Maar wat verstaan moet word is dat dit nie beteken dat alle prosesse orals gelyktydig vinniger of stadiger verloop het nie. Prosesse op byvoorbeeld die Aarde en in die heelal, en in die heelal op verskillende plekke kon almal teen verskillende spoede gebeur het. X

40 Versnelde en vertraagde prosesse
Wetenskaplike ondersteuning: Einstein se relatiwiteitsteorieë Metings met atomiese horlosies Is daar enige wetenskaplike bevindings wat hierdie konsep van versnelde en vertraagde prosesse ondersteun? * Ja, Einstein se relatiwiteitsteorieë laat toe dat tyd teen verskillende spoede verloop op verskillende plekke, en tot die ekstreem indien een plek naby of binne ’n swart holte is. * ’n Baie meer verstaanbare voorbeeld is die van metings wat met atomiese horlosies gedoen is met horlosies op die Aarde en horlosies in die hemelruim in satelliete. Die resultate het gewys dat verskillende tye volgens die horlosiemetings verloop het op aarde en in die satelliet, in ooreenstemming met Einstein se vergelykings. As mens verstaan dat die vinniger of stadiger antwoord van ’n horlosie maar doodeenvoudig beteken dat dieselfde proses in die een vinniger of stadiger verloop het as in die ander, kan julle sien hoekom dit heeltemal geldig is om van vertraagde of versnelde prosesse te praat. Daar is dus wetenskaplike bewyse daarvoor dat dieselfde natuurlike prosesse op verskillende plekke teen verskillende tempos kan verloop.

41 Skynbare struktuur van heelal
Nuutste waarnemings problematies vir Oerknalmodel: youngest oldest Sirkels (sfere) is areas van digter voorkoms van sterrestelsels Sonder om in besonderhede hierop in te gaan (dit sal te lank vat), wil ek net graag op 2 waarnemings wys wat vir die Oerknalmodel problematies is, maar wat heeltemal versoenbaar is met die skeppingsleermodel. 1. Waarnemings wys dat sterrestelsels in sfere (getoon as sirkels op ‘n plat vlak soos op die skerm) om ons omgewing in die heelal voorkom. Die Melkwegstelsel (waarin ons sonnestelsel lê) is in die middel van dié struktuur. Dit dui op ‘n doelbewuste plasing deur ‘n Skepper. Die toevallige kans hiervoor is statistiesgesproke nul. 2. Waarnemings wys dat daar nie ‘n oud indien naby, tot jonk indien ver, struktuur in die heelal rondom ons is nie. Dit is onverklaar vir die Oerknalmodel, maar kan verklaar word met die skeppingsleermodel wat aanvaar dat God tydens die skepping prosesse teen verskillende spoede laat verloop het. Ek los nou die heelal en praat volgende oor meer aardse wetenskap. Dieselfde skynbare ouderdom

42 Wetenskap en ouderdomme
Kom ons kyk nou na beter wetenskaplike vertolkings en ouderdomme as wat die evolusionistiese wetenskap gee betreffende die Aarde. As wetenskaplike getuienis gevind kan word betreffende ’n relatief jong ouderdom vir die Aarde, sou dit sterk getuienis wees vir die oorspronklike skepping in kort tyd. Eenvoudig gestel – as alles ’n paar duisend jaar oud is, kon die oorspronklike skeppingsproses nie lank gevat het nie. Dit sou nie die 6 skeppingsdae wetenskaplik bewys nie, maar dit sou bevestig dat dit waar kan wees. Ek weet van geen klinkklare wetenskaplike bewys dat die Aarde veel ouer as jaar is nie, en gaan nou ’n paar wetenskaplike bevindings uitlig wat die Bybelse ouderdom vir die Aarde bevestig. Dit wys dan terselfdertyd dat die evolusionistiese wetenskap se miljoene jare onwaar is.

43 Wetenskap en ouderdomme
Helium in die atmosfeer << 1.8 miljoen jaar Ek gaan 7 wetenskaplike bevestigings van die Aarde se jong ouderdom bespreek. * [ KLIEK ] Die eerste is dat die hoeveelheid Helium in die atmosfeer besig is om toe te neem. Dit kan gemeet word. Die huidige vlakke dui op ’n ouderdom van minder as 1.8 miljoen jaar. Dit kan baie minder wees as die oorspronklike atmosfeer nie begin het met geen Helium daarin nie, maar met ’n sekere hoeveelheid Helium teenwoordig. Let daarop dat jaar vir die Aarde binne hierdie bevinding val, maar dat die evolusionistiese miljoen jaar onmoontlik is.

44 Wetenskap en ouderdomme
Helium in die atmosfeer << 1.8 miljoen jaar Sout in die oseane << 62 miljoen jaar Magnetiese veld van Aarde < jaar * [ KLIEK ] Die hoeveelheid sout in die oseane is besig om toe te neem. Die huidige vlakke dui op ’n ouderdom vir die oseane van minder as 62 miljoen jaar. Die maksimum van 62 miljoen jaar aanvaar dat daar geen sout in die water aanvanklik was nie, wat net die tydperk kan verkort sou ’n nie-nul hoeveelheid sout in die begin aanvaar word. Hierdie maksimum tydperk sou dramaties verkort as die Vloed van Noag in ag geneem word, want souttoename het te doene met water wat soute vanaf die land afvoer na die oseane. Tydens Noag se Vloed was die afvloei van water in die nuwe oseaanbeddings geweldig meer as vandag. Die maksimum van 62 miljoen jaar kan dus baie kleiner gemaak word. Weereens maak dit die evolusionistiese ouderdom van miljoen jaar vir die oseane onmoontlik, maar dit bots nie met die Bybelse gegewens van oseaan vorming tydens Noag se Vloed sowat jaar gelede nie. * [ KLIEK ] Die magnetiese veld van die Aarde is besig om af te neem. As mens na metings kyk en terugwerk oor tyd, kan die Aarde nie ouer wees as omtrent jaar nie, anders sou die magneetveldverandering so groot gewees het dat die gepaardgaande elektriese stroom die Aarde sou gesmelt het. Dit dui op ’n maksimum ouderdom van jaar vir die Aarde.

45 Wetenskap en ouderdomme
Helium in die atmosfeer << 1.8 miljoen jaar Sout in die oseane << 62 miljoen jaar Magnetiese veld van Aarde < jaar Alle steenkool < jaar Niagara-watervalle < jaar, Vloed * [ KLIEK ] Geen steenkool is nog ooit gevind met geen C-14 daarin nie. C-14 verval oor tyd terug na N-14, teen so ‘n tempo dat geen C-14 na omtrent jaar in die steenkool oor behoort te wees nie. Hierdie bevinding impliseer dat alle steenkoollae jonger as jaar behoort te wees. * [ KLIEK ] Daar is tans ‘n ravyn van 11 km lank van die Niagara-watervalle tot by die onderkant van ‘n platorant waarheen die water vloei. Die lengte van die ravyn word al groter, want die Valle vreet die rots voortdurend weg. As mens kyk na die tipes rots en die huidige tempo van wegkalwing, moes die Valle by die platorant begin het omtrent jaar gelede. Dit bevestig die Genesisvloed van omtrent jaar gelede, want die platorant was waarskynlik daar net na die Vloed.

46 Niagara-GoogleEarth 11 km
Hier is ‘n paar foto’s van die Niagara-valle. [ KLIEK ] Google Earth wys ‘n afstand van 11 km van die platorant waar die Valle moes begin het tot waar die Valle tans is. [ KLIEK ] Presies hier is waar die Valle nou is. 11 km

47 Niagara-GoogleEarth Hierdie is ‘n bietjie nader aan die Valle.

48 Niagara-GoogleEarth En nog nader.

49 Niagara- watervalle < 4 400 jaar
[ KLIEK ] Om te herhaal, minder as jaar was nodig om die rots weg te vreet om die Niagara-ravyn van 11 km te vorm. En die begin van die wegkalwingsproses, van die bestaande platorant, behoort net na die Genesisvloed te gewees het.

50 Wetenskap en ouderdomme
Helium in die atmosfeer << 1.8 miljoen jaar Sout in die oseane << 62 miljoen jaar Magnetiese veld van Aarde < jaar Alle steenkool < jaar Niagara-watervalle < jaar , Vloed Pre-Kambriese diamante < jaar (=> hele Geologiese Kolom, alle fossiele) * [ KLIEK ] ‘n Groep skeppingsleerwetenskaplikes het ‘n paar Pre-Kambriese diamante laat toets by gerespekteerde C-14-radiodateringlaboratoriums. Omdat hulle geneem is uit die heel diepste lae van die Geologiese Kolom, behoort hulle geen C-14 te bevat het nie, want evolusionistiese wetenskaplikes beskou die Pre-Kambriese lae as tenminste miljoen jaar oud. Alle C-14 behoort al na N-14 te verval het in so ‘n lang tyd; dit behoort al te verval het in jaar. Maar genoeg C-14 is gevind om die laboratoriums ‘n antwoord van omtrent jaar te laat gee het vir die diamante. Daar is goeie redes om te dink dat die C-14/C-12 verhoudings kleiner was voor die Genesisvloed as daarna. Daarom impliseer hierdie resultaat dat die hele Geologiese Kolom van die Pre-Kambriese laag tot bo, wat al die fossiele bevat, jonger as jaar moet wees.

51 Wetenskap en ouderdomme
Helium in die atmosfeer << 1.8 miljoen jaar Sout in die oseane << 62 miljoen jaar Magnetiese veld van Aarde < jaar Alle steenkool < jaar Niagara-watervalle < jaar , Vloed Pre-Kambriese diamante < jaar (=> hele Geologiese Kolom, alle fossiele) Aantal mense op Aarde jr na Vloed * [ KLIEK ] Slegs 8 mense het die wêreldwye Genesisvloed van omtrent jaar gelede oorleef volgens die Bybel. [ KLIEK ] Die huidige groeikoers van mense is omtrent 1.7% per jaar, en die Aarde het ‘n totale bevolking van omtrent miljoen mense. [ KLIEK ] Watter gemiddelde groeikoers per jaar was nodig om van 8 mense te gaan tot by miljoen in jaar? Slegs omtrent 0.47%. Dit is heeltemal realisties gegewe die huidige groeikoers van 1.7% per jaar. Daarom is die aantal mense van miljoen mense heeltemal versoenbaar met die gegewens in die Bybel. [ KLIEK ] Hoe realisties is die evolusionistiese scenario? Die Aarde moes ‘n bevolking gehad het van omtrent miljoen miljoen mense, as ons werk met die evolusionistiese groot-ouderdom-scenario van 2 mense, jaar gelede, en selfs ‘n gemiddelde onrealistiese lae groeikoers van slegs 0.017% per jaar. Ek het die groeikoers 100 maal laer gekies as die huidige 1.7%, net om die evolusionistiese syfers nie nog slegter te laat lyk nie. Die huidige aantal mense op Aarde klop dus baie goed met die Bybelse gegewens, teenoor die evolusionistiese syfers wat ordes verkeerd is. Huidige groeitempo % 8  in 4400 jaar teen 0.47% 2  in jr teen %.

52 Aantal mense op Aarde en waar het dit begin
??? Ek het op ‘n slag na die Wieg van die Mensdom gegaan, ‘n paleontologiese museum naby Krugersdorp, en hierdie vraag oor die aantal mense getoets met een van die manne wat daar uitgestal word. Ek het hom hierdie prente gewys [KLIEK, KLIEK] en omdat hy as een van die mens se oeroue voorouers beskou word [KLIEK], het ek hom gevra wat sy aandeel in hierdie saak was. Hy was sprakeloos. Ek was meer bekommerd oor sy nageslag wat ver meer as miljoen miljoen mense vermoor het, en hulle laat verdwyn het sonder ’n enkele teken dat hulle ooit bestaan het, maar hy het nie ‘n oog geknip nie. Stomgeslaan

53 Wetenskap en ouderdomme
Helium in die atmosfeer << 1.8 miljoen jaar Sout in die oseane << 62 miljoen jaar Magnetiese veld van Aarde < jaar Alle steenkool < jaar Niagara Watervalle < jaar, Vloed Pre-Kambriese diamante < jaar (=> hele Geologiese Kolom, alle fossiele) Aantal mense op Aarde klop met jr na Vloed Van al hierdie syfers op die skerm, kan gesien word dat geen van hierdie wetenskaplike bevindings strydig is met die gegewens in die Bybel oor die Vloed van ongeveer jaar gelede, en die Skeppingsweek van omtrent jaar gelede nie. Maar dit wys alle evolusionistiese aansprake betreffende miljoene en miljarde jare tydperke is verkeerd.

54 Afsluiting Joh 3:12  As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel? Joh 1:1-5  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God.  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.  In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.  Ek het nou baie gepraat oor aardse dinge, maar dit is ook van belang om die aardse dinge wat in die Bybel beskryf word, te glo. Jesus het immers gesê [ KLIEK ]: Joh 3:12  As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel? Anders gestel, as ons Genesis nie glo nie, wat gaan dalk gebeur met die res van ons geloof? Johannes, soos geïnspireer deur God, skryf die volgende oor Jesus se rol in die Skepping: Joh 1:1-5  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.  Hy was in die begin by God.  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.  In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie. 

55 Afsluiting Joh 1:9-13  Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.  Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.  Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.  Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is.  Joh 1:9-13  Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.  Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.  Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.  Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is. 


Download ppt "God se Woord word bevestig in Sy Skepping"

Similar presentations


Ads by Google