Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
Published byFrédéric Jean-Louis Blanchette Modified over 6 years ago
1
Markus 6:14-29 Salome with the head of John the Baptist. Agtergrond bekom met Goodle Advanced Search- geen kopiereg. Dit is beskikbaar by
2
Markus 6:14-29 Opsie 2: John the Baptist. Agtergrond bekom met Goodle Advanced Search- geen kopiereg. Geknip met Picasa III. Dit is beskikbaar by
3
Markus 6:14-29 Opsie 3 ook bekom met Goodle Advanced Search- geen kopiereg, beskikbaar by
4
God nooi ons uit en ons kom tot rus
Toetrede Flam 151 Wie Is Hy? of VONKK 103 Maak Oop Die Poorte Vir Die Koning (Psalm 24) [bekende melodie] of Psalm 24 Votum Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here, 2want Hy het die fondamente daarvan in die see gelê en dit stewig gevestig in die waters. 3Wie mag die berg van die Here opgaan en wie mag in sy heiligdom gaan staan? 4Dié een wie se hande rein en wie se hart suiwer is, wat alle bedrog vermy en geen vals eed aflê nie. 5So iemand sal van die Here seën ontvang, en God, sy redder, sal reg aan hom laat geskied. 6Die mense wat na sy wil vra en Hom dien, is die geslag van Jakob Sela 7Verbly julle, poorte, wees bly, eeue-oue deure, want die magtige Koning wil ingaan! 8Wie is hierdie magtige Koning? Die Here, sterk en geweldig, die Here, oorwinnaar in elke stryd. 9Verbly julle, poorte, want die magtige Koning wil ingaan! 10Wie is Hy, hierdie magtige Koning? Die Here, die Almagtige, Hy is die magtige Koning. Seëngroet Lofsang Lied 547 Alle volke, klap jul hande of Flam 382 Die Aarde En Alles Daarop (Psalm 24) Wet en genadeverkondiging Efesiërs 1:3-14 3Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. 4So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. 5In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. 6Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het. 7Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God 8wat Hy in al sy wysheid en insig so oorvloedig aan ons geskenk het. 9Hy het kragtens sy besluit en voorneme die geheimenis van sy wil aan ons bekend gemaak 10en dit deur Christus tot uitvoering gebring op die tyd wat Hy daarvoor bepaal het. Sy bedoeling was om alles wat in die hemel en alles wat op die aarde is, onder een hoof te verenig, naamlik onder Christus. 11Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit vooruit al bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem. Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit. 12Daarom moet ons, die eerstes wat ons hoop op Christus gestel het, die grootheid van God prys. 13Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël. 14Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys. Toewyding Flam 209 U Het My Vir Uself Gemaak of Lied 217 Verlosser, Redder, Heer en Hoof of Lied 167 Jesus, bron van al my vreugde Geloofsbelydenis
5
God praat met ons en ons luister
Gebed Skriflesing Markus 6:14-29 Familie-oomblik Preek
6
Markus 6:14-29 Fokusteks: Markus 6:14-29
Verskillende menings oor Jesus (Matt 14:1–2; Luk 9:7–9) 14Koning Herodes het van Jesus gehoor, want sy Naam het bekend geraak. Party mense het gesê: "Johannes die Doper is uit die dood opgewek. Daarom werk die kragte in hom." 15En party het gesê: "Dit is Elia." Ander het gesê: "Hy is 'n profeet soos een van die ou profete." 16Toe Herodes dit dan hoor, het hy gesê: "Die Johannes wat ek onthoof het, is uit die dood opgewek.„ Die dood van Johannes die Doper (Matt 14:3–12; Luk 3:19–20) 17Vroeër het Herodes self gestuur en Johannes laat vang. Hy het hom in die tronk opgesluit op aandrang van Herodias die vrou van sy broer Filippus. Herodes het met haar getrou, 18en Johannes het vir hom gesê: "U mag nie u broer se vrou vat nie." 19Herodias het daarna 'n wrok teen hom gekoester en wou hom laat doodmaak, maar sy kon nie, 20want Herodes was bang vir Johannes omdat hy besef het dat hy 'n opregte en godvresende man is. Hy het vir Johannes onder sy beskerming geneem en elke keer wanneer hy hom aangehoor het, het hy in 'n ernstige tweestryd geraak. Tog het hy graag na hom geluister. 21Op 'n dag het Herodias 'n goeie kans gekry. Toe Herodes op sy verjaarsdag vir sy hoofamptenare en die opperbevelhebbers en die hoëlui van Galilea 'n feesmaal gegee het, 22het die dogter van Herodias daar ingekom en vir hulle gedans. Dit het groot byval by Herodes en sy gaste gevind. Die koning het toe vir die meisie gesê: "Vra my net wat jy wil hê, en ek sal dit vir jou gee." 23Daarby het hy dit herhaaldelik met 'n eed vir haar bevestig: "Net wat jy my vra, sal ek vir jou gee, tot selfs die helfte van my koninkryk." 24Sy het toe uitgegaan en vir haar ma gesê: "Wat moet ek vra?" Dié het gesê: "Die kop van Johannes die Doper." 25Sy het haastig reguit na die koning toe geloop en vir hom gevra: "Ek wil hê u moet vir my dadelik in 'n skottel die kop gee van Johannes die Doper." 26Die koning was baie verslae, maar omdat hy dit voor die gaste met 'n eed belowe het, wou hy haar dit nie weier nie. 27Hy het dadelik iemand van sy lyfwag opdrag gegee en hom gestuur om Johannes se kop te gaan haal. Hy het hom in die tronk gaan onthoof, 28sy kop in 'n skottel gebring en dit vir die meisie gegee, en die meisie het dit vir haar ma gegee. 29Toe Johannes se volgelinge daarvan hoor, het hulle gekom en sy lyk weggeneem en begrawe.
7
Familie-oomblik Familie-oomblik
Soos altyd is dit goed dat kinders die Bybelverhale leer ken. Hulle het nie altyd ‘n morele lessie oor die verhaal nodig nie. Vandag se gedeelte het egter wel ‘n bietjie konteks nodig. Jy kan dalk begin deur hulle te herinner dat die Bybel nie ’n storieboek is nie. Dit vertel van die regte lewe. Die regte lewe is nie altyd net lekker en goed nie. Soms gebeur daar slegte goed, ook met God se kinders. Dan kan jy die gedeelte lees. Hier is ’n baie dramatiese kindervideo van die gedeelte, of gebruik hierdie prente. Hierdie storie is vir kinders net so ontstellend soos vir grootmense. Jy kan met hulle gesels oor die ervaring wat hulle ook goed sal ken, dat ’n mens soms tweede kom, al doen jy die regte ding. Om Jesus te volg, beteken soms dat mense lelik sal wees met ons.
8
Johannes en Herodus Preekriglyn
Ons teks vertel die verhaal van Johannes die Doper se konfrontasie met Herodes Antipas. Dit is 'n ongemaklike herinnering aan die gevaar om swaarde met 'n magtige koning te kruis. Selfs as die reg aan jou kant is. Dit is ook 'n kragtige verhaal wat die Here se volgelinge vandag nog moet hoor. Dit gaan oor getrouheid aan die Here en die waarheid van God. En die persoonlike koste wat getrouheid aan die Here meebring. Ons leer oor die gevare van lus, selfbedrog, ontrouheid in huweliksverhoudinge, hoe 'n leier misluk om verantwoordelikheid te aanvaar, en wat die gevolge is van sy gedrag. Ons ontdek hoe verskriklik die resultaat van mislukking op hierdie terreine van die lewe is.
9
Gelukkige einde? Gelukkige einde?
Ons verkies almal 'n storie met 'n gelukkige einde. Daar is – sê die Bybel – 'n gelukkige einde vir diegene wat in die Here glo. Die verskrikking van Goeie Vrydag eindig in die heerlikheid van Paassondag, en vir ons wat glo eindig die wêreld se geskiedenis voor die troon van God. Dan spreek God diegene vry wat glo en maak ons deel van die oorwinning van die Lam. Op die korttermyn, in die hede, lyk dinge dikwels anders. Markus vertel die verhaal van Johannes die Doper se dood sodat ons besef dissipelskap kos 'n prys. Net soos Jesus uiteindelik met sy lewe sou boet, gebeur dit ook met Johannes. Dit sou ook met baie van die dissipelkring gebeur. Dit trek ons nie weg van die toekoms wat vir ons weggelê is nie. Die oorwinning behoort aan God. Maar daar is dikwels 'n prys om in die hede te betaal.
10
Herodus Antipas Herodes Antipas
Daar tree 'n paar konings met die naam Herodes in die Nuwe Testament op. Hierdie een was Herodes Antipas. Hy moet van Herodes die Grote onderskei word (laasgenoemde het die kindertjies van Bethlehem laat doodmaak met Jesus se geboorte). Dan was daar ook Herodes Agrippa I (wat Jakobus in Handelinge 12 laat doodmaak). Hoewel dit verskillende konings Herodes was, het hulle 'n gemeenskaplike kenmerk: hulle het 'n oormaat geweld gebruik, en dit gerig teen die koninkryk van God. Hulle het mag uitgebuit. Die Joodse geskiedskrywer uit die eerste eeu n.C., Josefus, vertel baie oor die persoon en optrede van Herodes Antipas, asook oor sy buite-egtelike verhouding met sy broer se vrou, Herodias.
11
Die affair Die affair Tipies van ons mense, wanneer ons in buite-egtelike verhoudings of ander sonde betrokke raak, is dat ons die gevolge van ons aksies wegpraat. Ons rasionaliseer daaroor. Herodes Antipas was ook so. Hy het sy broer, Filippus, se vrou gevat, Herodias, en met haar getrou. Hy maak toe of dit niks is nie. Die affair was ongewild onder sy volgelinge, vertel Josefus, maar wie sou dit vir die koning sê? Al sy amptenare het hul koppe op hulle skouers liefgehad. 'n Profeet soos Johannes die Doper kon nie hieroor stilbly nie. Volgens die wet van Israel was Herodes Antipas beide skuldig aan egbreuk en bloedskande. Hy het God se wet verbreek, en onreg gepleeg teen sy eerste vrou, teen sy broer en Herodias se eerste man, en teen enige ander persoon – soos kinders – wat daardeur geraak is. Herodes het baie daarvan gehou om na Johannes die Doper te luister (20), maar hy het nie sy optrede verander nie. Vandag nog is daar baie mense wat graag na 'n goeie prediker luister, en deur die prediking vermaak word. Moet hulle net nie vra om die Here se Woord uit te voer nie.
12
Die politiek Die politiek
Herodes Antipas was gedwing om Johannes in die tronk te hou weens politieke oorwegings. Sy eerste vrou was in Nabateaanse prinses. Nabatea was 'n Arabiese koninkryk wat sy hoofstad in Petra, vandag in Jordanië gehad het. Toe sy agterkom Herodes beplan om haar te skei ten gunste van Herodias, het sy na haar pa, Aretas IV, die koning van die Nabateane gevlug. Aretas was nie deur Herodes se troubreuk geamuseer nie. Dit het spanning tussen hom en Herodes gebring, maar ook tussen sy onderdane en die onderdane van Herodes. Baie Nabateane het in Herodes se gebied in Perea gebly. Sou daar ooit openlike konflik ontstaan, sou hulle die kant van hulle koning teen Herodes kies. Pleks het Herodes sy eie dwase troubreuk as die oorsaak van die probleem gesien. Aangesien Johannes sy sonde uitgewys het, het Johannes skielik die probleem geword. Johannes moes stilgemaak word. Herodes wou keer dat verdere ontevredenheid in sy ryk aangeblaas word. Profete is gewoonlik welkom, solank hulle nie die volle waarheid praat nie. Solank hulle politiek reg is, of hulle hulle uit die politiek hou. Solank die profesieë polities-korrek is, is die Kaap Hollands. Na Johannes se teregstelling het die spanning tussen Herodes en Aretas bly groei. Dit het op 'n oorlog uitgeloop waarin Aretas vir Herodes 'n ordentlike, vernederende pak slae gegee het. Die enigste rede waarom Herodes koning gebly het, is weens Rome se ingrype. Josefus vertel dat Herodes se onderdane gemeen het die vernedering was God se straf omdat Herodes Johannes die Doper doodgemaak het.
13
Die dronk partytjie Die dronk partytjie
Herodes kon dit regkry om Johannes te verduur, en sy boodskap te ignoreer. Die ander lede van sy huishouding se gewetens het hulle egter gepla. Daarom moes Johannes weg. Josefus, die geskiedskrywer, beeld Herodias as manipulerend uit. Sy was 'n slinkse, agterbakse plannemaker. Markus se weergawe stem presies met Josefus ooreen. Markus fokus op hoe 'n dwase Herodes die toneel voorberei vir Johannes se teregstelling deur sy dronkenskap, lus en trots voor ander. Tydens 'n verjaardagpartytjie wat hy vir homself reël, word Herodes verskriklik dronk. Hy kry Salome, Herodias se dogter, om suggestief voor sy manlike gaste te dans. Salome was waarskynlik in haar vroeë tienerjare. Sy sou weet dit is vernederend vir 'n vroulike lid van die koninklike huishouding om uitlokkend te dans voor die manlike gaste van die koninklike banket. Die boek Ester vertel trouens van 'n dronk Persiese koning wat sy vrou Vasti skei, presies omdat sy haarself nie op hierdie manier wou verneder nie. Hoewel sy 'n prinses was, word Salome onderwerp aan degradering en seksuele uitbuiting. Sy gee haarself ook daarvoor. In sy dronkenskap beloof Herodes vir Salome die helfte van sy koninkryk. Aangesien Herodes slegs 'n ondergeskikte regeerder was, ondergeskik aan Rome, kon hy nie regtig die helfte van die koninkryk weggee nie. Salome gaan vra daarom vir haar ma 'n meer praktiese voordeel. Herodias was nie by die dansery nie, want die destydse gebruik was dat die vroue in 'n afsonderlike vertrek feesvier. Herodias sien haar kans en vra Johannes die Doper se kop. Salome voeg 'n klein detail by, wat by die banket pas: sy wil Johannes die Doper se kop in 'n goeie opdienskottel hê. Herodes moes sy woord teensinnig gestand doen. Sy sondes van lus, ontrouheid en onbesonne beloftes het hom vasgevang. Herodes sou uiteindelik vir sy sondes ly, maar Johannes betaal onmiddellik 'n baie hoë prys daarvoor. Die huidige wêreld is nie altyd regverdig nie, en daar is baie slagoffers wat onregverdiglik ly. In hierdie geval was Johannes veel meer as 'n onskuldige slagoffer. Hy was 'm egte martelaar vir die geloof. As hy sy boodskap sou aanpas, sou Johannes die dood vryspring. Aangesien hy geweier het om die waarheid te verloën, ongeag die gevolge, het hy 'n voorloper geword van Jesus se eie dood – hy was die wegbereider van Jesus deur sy bediening en deur sy sterwe.
14
Die einde Die einde Markus fokus in sy verhaal op Johannes se getrouheid en Herodes se verdorwenheid. Deur Herodes 'n "koning" te noem (14) , verklap Markus dalk dat hy reeds geweet het hoe Herodes se lewenstyl hom ingehaal het. Anders as Herodes die Grote en Herodes Agrippa I, was Herodes Antipas nooit amptelik 'n "koning" nie. Hy was meer van 'n hooggeplaaste amptenaar, 'n "tetrarg" (Mat 14:1; Lukas 3:1). Toe Herodias se broer, Herodes Agrippa I, die koning van Judea word, het Herodias aangedring dat haar man, Herodes Antipas, ook 'n koning moet word. Koning was 'n titel wat die Romeinse keiser maar selde aan regeerders ondergeskik aan hom toegeken het. Herodias het egter bly aandring dat haar man die keiser moet vra om ook koning genoem te word. Keiser Gaius Caligula, wat aan bewind was, het Agrippa koning gemaak, omdat Agrippa sy drinkebroer in Rome was voordat Gaius keiser geword het. Toe Antipas ook vra om koning te word, was Gaius nie geamuseerd nie. Hy het dit as verraad, opstand, beskou. Herodes Antipas is toe saam met Herodias na Gallië verban, waar hulle hul laaste dae in ballingskap geslyt het. Het hulle ooit, daar in die vreemde, teruggedink aan die waarskuwings van Johannes die Doper, die profeet wat hulle stilgemaak het?
15
Die boodskap Die boodskap
Om God se wil te doen, bring dikwels vir gelowiges lyding mee. Wanneer ons populêre vorme van ongeregtigheid of immoraliteit uitdaag, ervaar ons teenstand en selfs aktiewe vervolging. Wat met Johannes gebeur het, is 'n voorbeeld van gehoorsaamheid aan die Here, maar ook 'n waarskuwing dat mense wat Jesus wil volg die prys moet bereken. Dissipelskap is nie 'n projek om jou gewildheid te verbeter nie. In die onmiddellike konteks van ons teksgedeelte, stel Markus dissipelskap – navolging van Jesus – aan die orde. Hy vertel van die hoogtepunte van die dissipels se bediening (6:12-13, hulle het siekes genees en duiwels uitgedryf; 6:30, hulle kon die mense leer). Die grootste gedeelte in hierdie hoofstuk gaan egter oor die lyding van Jesus se voorloper, Johannes die Doper. Hy doen dit om te beklemtoon die dissipels het op daardie stadium nog nie verstaan wat hierdie bediening hulle gaan kos nie. Sonder dat hulle dit besef, is Johannes se lyding 'n voorloper van Jesus se lyding en sterwe. Jesus se lyding en sterwe is weer 'n voorloper van die dissipels s'n. Tog beklemtoon Markus waartoe die dissipels in staat is, in hierdie geval Johannes se dissipels. Nadat hy tereggestel is, het Johannes se volgelinge sy liggaam kom haal en Johannes 'n behoorlike begrafnis gaan gee. Dit het moed gekos, omdat eerbetoon aan die oorskat van 'n tereggestelde die woede van die betrokke leiers wat dit gemagtig het, kon ontketen. Johannes se volgelinge tree soveel anders as Jesus se dissipels op wanneer Jesus in die moeilikheid beland en tereggestel word. Hulle vlug. Die taak om Jesus te begrawe word oorgelaat aan 'n dapper lid van die Sanhedrin, met die dissipels skoonveld. Die voorbeeld van Johannes en sy volgelinge moedig ons aan om Jesus dapper te volg, om moed te hê, om vir die waarheid van Jesus op te staan. Ons word opgeroep tot 'n dieper vlak van dissipelskap. Ons moet fokus op dit wat saak maak – in die lig van die ewigheid.
16
Moderne Suid-Afrika Moderne Suid-Afrika
Binne ons Suid-Afrikaanse konteks van swak leierskap, staatskaping, wanbestuur, nepotisme, haatspraak, rassisme, misbruik van politieke mag, swak dienslewering en skending van menswaardigheid, is Johannes se profetiese stem broodnodig. Ons leef in 'n gebroke wêreld leef. Gewondes hunker om die genade van God binne hulle trauma te ervaar, want geweld en immorele gedrag wond mense op alle lewensterreine. Daar is op elke lewensterrein 'n Herodes of Herodias! Ons moet meer en meer mense word wat geloofwaardig en soos Johannes die Doper met morele gesag kan praat en handel.
17
God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Dankoffer
Slotsang Flam 307 Ons Draai Terug of VONKK 159 Heer. Ons Dink Aan Afrika (PLEA FROM AFRICA) [bekend] VONKK 272 Heer, ons bid as reënboognasie Lied 282 Terwyl ons bid vir elke volk Seën Respons Enige van Lied 312 tot 315
18
Volgende erediens: Efesiërs 2:11-22
Liturgie en familie-oomblik: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk
Similar presentations
© 2024 SlidePlayer.com Inc.
All rights reserved.