Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Jeremia 1:4-10 PowerPoint agtergrond

Similar presentations


Presentation on theme: "Jeremia 1:4-10 PowerPoint agtergrond"— Presentation transcript:

1 Jeremia 1:4-10 PowerPoint agtergrond
Die Here sê vir Jeremia: “5Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.” Ons kies ‘n ongebore fetus (9-10 weke) as agtergrond om by die idee aan te sluit- Jeremia word reeds as ongebore baba geroep in God se diens. Titel: Fetus, week 9-10 Notable in this fetus is an extraembryonic coelom in the umbilical cord. Loops of intestine are seen as a bulge of orange material in the cord near it's attachment to the abdominal wall. These loops will withdraw at arould week 11. If these do not return, the condition is called an omphalocele Eiendom van “lunar caustic” (skuilnaam), foto geneem op 20 Desember 2007 met ‘n Nikon D200, beskikbaar by Kopiereg gereël duer Creative Commons en laat plasing en verandering toe.

2 Alternatief 1: Jeremiah, 1511 deur Michelangelo
Alternatief 1: Jeremiah, 1511 deur Michelangelo. Fresco, 390 x 380 cm, Cappella Sistina, Vatican. Byskrif: The melancholy, abstracted Jeremiah, more than any other figure, is a deeply moving moral self portrait. Sorrowful unto death, he rests from his spiritual vision, to reflect on the hardship and frustration of earthly existence. We share the artist's pity for this noble being, prematurely aged and steeped in the anguish of the universe who, alone among the Prophets, must carry the weight of earthly existence. His hand grasps his beard with a saturnine gesture that seems to be second nature to him. The genii of Jeremiah are the strangest of the whole series. The one to the left is feminine and, as it were, an image of the Prophet's afflicted soul, painfully conscious of the absence of pure goodness and beauty on the earthly plane, unless it be in art; and even that was all too often suspect to the zealous among Christian and Jewish communities where iconoclasm was forever lurking in the dark recesses of the mind. In short, the genius is a symbol of Platonism defeated in Michelangelo's youth by Savonarola. Platonism itself found expression in the most sublime among the ignudi on the Prophet's left. The shaping of the limbs the perfect torso and magnificent, calmly musing profile surpass, if that be possible, the Greek ideal of beauty. The monkish, hooded figure on the Prophet's right is an unmistakable allusion to Savonarola; to the summons of duty and conscience, to the injunction not to linger unduly in the realms of Greek art. That is why the ignudo above resembles a bent Atlas straining under the weight of his cornucopia, bearing a world that casts a shadow upon his shoulders. Beskikbaar by Jeremia 1:4-10

3 Jeremia 1:4-10 Alternatief 2: Jeremia (1630) deur Rembrandt, bekikbaar by

4 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Toetrede Lied 526 Waar daar liefde is Flam 281. Hier Is Ek VONKK 102 Mag Die Woorde Van My Mond (Psalm 19:15) Votum U is my hoop, op U, Here, het ek van jongs af vertrou. 6U is my hulp van my geboorte af, reeds voor ek in die wêreld gekom het, het U my beskerm. U loof ek gedurigdeur. 7Ek is vir baie ’n wonder, want U is my veilige toevlug. 8Ek besing u lof en u roem gedurigdeur. (n.a.v. Psalm 71:5-8) Seëngroet Lofsang Flam 182 Herder Heer (Herder Jesus) Vonkk 41 verse 1-2 God is liefde laat ons lofsing Wet 1 Korintiërs 13:1-7 Toewyding Sing Psalm 71:1-3 Flam 370. Niks Kan My Skei Van Die Liefde Van Jesus Vonkk 41 vers 3 God is liefde laat ons lofsing Genadeverkondiging 1 Korintiërs 13:12-13 Geloofsbelydenis Ek glo dat die Bybel die Woord van God is. Ek glo dat God, die Vader, die Skepper van die hemel en aarde is. Ek glo dat die Here Jesus Christus vir my sondes gesterf het, en dat hy uit die dood opgestaan het; ek het hom life. ek glo dat die Heilige Gees in my woon en my lewe nuut maak. (Uit: Handleiding vir die erediens, Bybelmedia 2010)

5 God praat met ons en ons luister
Gebed Skriflesing Jeremia 1:4-10

6 Familie-oomblik Familie-oomblik
Jeremia se roepingsverhaal leen hom uitstekend daartoe om met kinders te gesels oor hoe God oor hulle voel. Hy het ‘n plan vir elkeen van ons se lewens en Hy sal ons alles gee wat ons nodig het. Sermons4Kids het ‘n preek getiteld “Yes, you can!” wat gaan oor ‘n kind wat sukkel met wiskunde, maar met Juffrou se hulp dit regkry: Vertel vir die kinders dat God ons wil gebruik. ‘n Mens is nooit te klein dat God jou nie kan gebruik nie! Vertel die storie van Hattie May Wyatt. [Hierdie storie is al ‘n paar keer in preekstudies gebruik, o.a. tydens die Pinksterreeks oor Barnabas.] In die vroeg 1900’s het ‘n dominee haar huilend buite ‘n klein kerkie gekry. Sy is gevra om terug huis toe te gaan, want daar was nie plek vir haar nie. “Ek kan nie Sondagskool toe gaan nie” het sy huilend vir die predikant gesê. Hy het haar hand gevat en haar na ’n klassie geneem. So twee jaar later het dieselfde dogtertjie ernstig siek geword en gesterf. Die predikant is na haar ouers toe. Toe hy by die vervalle woonstelblok kom, het hulle hom gevra om hul dogter se begrafnis waar te neem. Hulle het aan hom ’n kleinerige beursie gegee. Binne-in was ’n briefie en 57 sent. In die briefie het die volgende woorde in kinderskrif geskryf gestaan: “Hierdie geldjie is om die klein kerkie te help om iets groter te bou sodat meer kinders daarnatoe kan gaan.” Vir twee jaar lank het die dogtertjie gespaar aan haar 57 sent! Die predikant het daardie Sondag die briefie van die kansel aan sy gemeente voorgelees. Hy het die gemeente uitgedaag om daarop te reageer. Dit was net die begin van die 57c se impak... Binne vyf jaar is daar toe genoeg geld ingesamel om ’n nuwe kerk te kon bou. As jy eendag in Philadelphia kom, gaan besoek gerus die Temple Baptist Church, met sy sitplek vir 3,300 mense. En ook die Temple Universiteit, waar honderde studente opgelei word. Kyk goed na die Good Samaritan Hospitaal en na die Sondagskool sentrum waar honderde kinders elke Sondag bymekaarkom. Niemand word ooit meer die deur gewys nie. Binne die Sondagskoolsentrum sal jy ’n skildery van ’n klein dogtertjie sien. Dis haar 57 sent wat God so wonderlik gebruik het. Ons bietjie word altyd baie in God se hand! Jy kan ook die storie van “Happy Feet” vertel – die klein pikkewyntjie, Mumble, wat nie so mooi kon sing soos die ander pikkewyne nie. Hier is ‘n oorsig vir diegene wat nie die fliek gesien het nie ( Every Emperor Penguin sings a unique song called a "heartsong" to attract a mate. If the male penguin's heartsong matches the female's song, the two penguins mate. Norma Jean, a female penguin, falls for Memphis, a male penguin and they become mates. They lay an egg, which is left in Memphis' care, while Norma Jean leaves with the other females to fish. While the males struggle through the harsh winter, Memphis briefly drops the egg. The resulting chick, Mumble, has no vocal talent, but can tap dance. Nevertheless, he is enamored with Gloria, a female penguin who is regarded as the most talented of his age. One day, Mumble encounters a group of hostile Skua, with a leader who is tagged with a yellow band, which he claims to have been from an alien abduction. Mumble narrowly escapes the hungry birds by falling into a crevice. Years later, an adult Mumble is now an outcast who is frowned upon by his elders. After being shunned during the graduates' song, he is attacked by a leopard seal. After escaping, he befriends a group of Adelie Penguins called "the Amigos", who embrace Mumble's dance moves and assimilate him into their group. After seeing a hidden human excavator in an avalanche, they opt to ask Lovelace, a Rockhopper Penguin, about its origin. Lovelace has the plastic rings of a six pack entangled around his neck, which he claims to have been bestowed upon him by mystic beings. For the emperor penguins, it is mating season and Gloria is the center of attention. Ramon tries to help Mumble win her affection by singing a Spanish version of "My Way", with Mumble lip syncing. When Gloria sees Ramon behind Mumble's back, she becomes angry and turns away. As a last resort, Mumble begins tap dancing in synch with her song. She falls for him and all the youthful penguins join in for singing and dancing to "Boogie Wonderland". The elders are appauled by Mumble's conduct, which they see as the reason for their lean fishing season. Memphis begs Mumble to stop dancing, for his own sake, but when Mumble refuses, he is banished. Mumble and the Amigos return to Lovelace, only to find him being choked by the plastic rings. Lovelace confesses they were snagged on him while swimming off the forbidden shores, beyond the land of the elephant seals. Not long into their journey, they are met by Gloria, who wishes to join with Mumble as his mate. Fearing for his safety, he ostracizes her, driving her away. At the forbidden shore, the group finds a fishing boat. Mumble pursues it solo to the brink of exhaustion. He is eventually washed up on the shore of Australia, where he is rescued and kept at Marine World with Magellanic Penguins. After a long and secluded confinement, he nearly succumbs to madness. When a girl attempts to interact with Mumble by tapping the glass, he starts dancing, which attracts a large crowd. He is released back into the wild, with a tracking device attached to his back. He returns to his colony and challenges the will of the elders. Memphis reconciles with him, just as a research team arrives, proving the aliens to be true. The whole of the colony engages in dance. The research team returns their expedition footage, prompting a worldwide debate. The governments realize they are overfishing, leading to the banning of all Antarctic fishing. At this, the Emperor Penguins and the Amigos celebrate. In the final scene, a baby penguin is seen dancing next to Mumble and Gloria, revealed to be their son Erik in Happy Feet Two. Jy kan die video wys: Hier is ‘n inkleurprent van Jeremia se roeping:

7 Jeremia 1:4-10 Fokusteks: Jeremia 1:4-10 Die tyd van sy optrede
1 Die woorde van Jeremia. Hy was ’n seun van Gilkija en ’n priester uit Anatot in Benjamin. 2Die woord van die Here het tot hom gekom tydens die regering van koning Josia van Juda, seun van Amon. Dit was in die dertiende regeringsjaar van Josia. 3Daarna het die woord van die Here tot Jeremia gekom tydens die regering van koning Jojakim van Juda, seun van Josia, en telkens tot die einde van die elfde regeringsjaar van koning Sedekia van Juda, seun van Josia. In die vyfde maand van daardie jaar is die inwoners van Jerusalem in ballingskap weggevoer. Jeremia word tot profeet geroep 4Die woord van die Here het tot my gekom: 5Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel. 6“Ag, Here my God,” het ek geantwoord, “ek kan nie goed praat nie, ek is nog te jonk.” 7Toe sê die Here vir my: Jy moenie sê: “Ek is te jonk” nie. Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur, en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê. 8Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou, Ek sal jou red. Dit is wat die Here gesê het. 9Hy het sy hand uitgesteek, my mond aangeraak en vir my gesê: Ek het nou my woorde in jou mond gelê. 10Kyk, Ek stel jou vandag aan oor nasies en oor koninkryke om af te breek en uit te roei, om te vernietig en plat te slaan, te bou en te vestig. 11Die woord van die Here het tot my gekom: Wat sien jy, Jeremia? Ek het geantwoord: “Ek sien ’n amandeltak.” 12Die Here het geantwoord: Jy het reg gesien. Ek staan gereed a om te doen wat Ek gesê het. 13Die woord van die Here het ’n tweede keer tot my gekom: Wat sien jy? Ek het geantwoord: “Ek sien ’n kokende pot in die noorde en dit kantel oor hiernatoe.” 14Toe sê die Here vir my: Van die noorde af gaan Ek ’n ramp stuur oor almal wat in hierdie land woon. 15Ek gaan alle volke, alle koninkryke van die noorde af roep, sê die Here. Hulle konings sal elkeen sy troon kom oprig voor die poorte van Jerusalem, by die mure rondom die stad en by al die stede van Juda. 16Ek sal die mense van Juda straf vir al hulle sondes: hulle het My verlaat, vir ander gode offers gebring en voor hulle eie handewerk in verering gebuig. 17Maak klaar, staan op, sê vir hulle alles wat Ek jou beveel. Moenie vir hulle skrik nie, want dan verpletter Ek jou voor hulle oë. 18Ek maak jou vandag ’n vestingstad, ’n ysterpilaar, ’n bronsmuur sodat jy staande kan bly teen die hele land, teen die koningshuis van Juda en al sy amptenare, teen sy priesters en teen die bevolking. 19Hulle sal teen jou veg maar hulle sal jou nie oorweldig nie, want Ek is by jou, sê die Here, a Die Hebreeuse woord vir “amandeltak” herinner aan die woord vir “gereed staan”.

8 Lauren Blakemore Preekriglyn
Lauren Blakemore was dertien toe sy met 'n rare vorm van kanker, waar verskeie gewasse beenweefsel binnedring, gediagnoseer is. Dit lei dikwels tot die amputasie van 'n ledemaat. As behandeling het sy veertien rondtes chemoterapie ontvang en moes deur vyf-en-twintig sessies bestraling worstel. Regdeur haar stryd met kanker, was Lauren se trooskombersie, 'n veelkleurige kwilt, 'n bron van bemoediging. Die kwilt is deur 'n buurvrou, Mildred, vir haar gemaak toe sy nog 'n babatjie was. Lauren het haarself dikwels regdeur haar kinderjare snoesig in die kombersie opgekrul. Dit was ook dié kombersie wat haar troos was deur die naarheid, moegheid en slaaplose nagte wat met 'n stryd teen kanker so algemeen is. In hierdie tyd besoek Lauren se pa 'n kankersaal vir kinders in Indië. By sy terugkeer vertel hy van sy waarnemings in dié hospitaalsaal. Lauren is aangegryp deur die omstandighede van dié kinders. Sy het onmiddellik geld begin bymekaar maak. Sy het by skole en gemeenskapsorganisasies opgetree. Haar doel was dat elke kind in die Indiese kankersaal 'n Tant Mildred Kombersie moet kry. "Chemoterapie laat jou die hele tyd koud kry," het sy gesê. Die kombersies is uiteindelik in Bosnië vervaardig. Vroue van die Peace Crafts werkskeppingsprojek, 'n inisiatief van die Southeast Missionaries, het die komberse gemaak. Elke bed in die Indiese kankersaal het vandag 'n Tant Mildred Kombersie. "Toe ek met kanker gediagnoseer is, het ek geweet God het 'n plan vir my lewe," sê Lauren Blakemore. "Hierdie projek is deel van daardie plan."

9 Roeping Roeping In ons teks ontmoet ons nog 'n jongmens wat op 'n kragtige manier in kontak gebring word met God se roeping vir sy lewe. God se gesprekke met Jeremia word 'n kragtige raamwerk wat ons help om ons eie lewe voor God te verstaan. Ons leer verstaan hoe God se roeping ons identiteit stempel en rigting gee aan ons lewens.

10 Agtergrond Agtergrond
Jeremia is geroep in die tyd van Koning Josia van Juda in 626 vC. (Die ryk van Juda is die suidelike twee stamme van Israel wat na Salomo geskeur het.) In dié tyd het die Babiloniërs die eens magtige Assiriese ryk oorwin. Juda was vanweë sy geringe status as ryk ondergeskik aan Assirië en dus outomaties ’n vyand van Babilonië! Die gevolg was ’n gevaarlike politieke spel oor dekades heen, waar Juda ook vlerkgesleep het by Egipte en later ’n paar keer, polities onwys, in teen Babilonië opstand gekom het. Die gevolg was die Babiloniese ballingskap en verwoesting van die tempel en Jerusalem se stadsmure in 587 vC. Jeremia is God se profeet in hierdie onstabiele tyd. Hy dra God se boodskap in 'n tyd toe Jerusalem verwoes word en die Jode weggevoer word Babel toe. Behalwe die trauma om huis en stad te verloor, beleef die Jode ook 'n godsdienstige krisis. Die tempel was die simbool van God se teenwoordigheid. Hulle het aanvaar God sal hulle beskerm. Niemand kon rekening hou dat God hulle sou oorgee aan die vyand nie. Tydens die konflik en krisistye was Jeremia se boodskap dat God hulle oorgee aan Babilonië en hulle dit moet aanvaar. In hierdie proses bly God egter by hulle betrokke, bly God se beloftes geld, en het God 'n toekoms vir die volk. Jeremia moes hulle as ’t ware deurdra deur die tyd van vernietiging van die bekende, in ’n nuwe, vreemde tyd in. Die nuwe tyd was ook deel van God se inisiatief. Jeremia was ongeveer 40 jaar lank die draer van God se woord aan ’n hardkoppige volk.

11 Jeremia se roeping Jeremia se roeping
Jeremia 1:4-10 verwoord Jeremia se ervaring van sy roeping tot hierdie moeilike taak. Ons kan verskeie momente in sy roeping onderskei. Dit gee insig in hoe God in hierdie wêreld - ook ons wêreld - optree. Dit kan ons ook lei om ons eie identiteit as kerk en gelowiges dieper te verstaan en beter uit te leef.

12 Spesifieke tyd en taak Spesifieke tyd en taak
Jeremia is in ’n spesifieke tyd vir ’n spesifieke taak geroep. In vers 5 ervaar Jeremia dat God die inisiatief geneem het in sy lewe. Die beelde wat gebruik word om die kennis en roeping van God aan sy moederskoot te verbind, onderstreep juis God se inisiatief. Jeremia is eenkant gesit vir hierdie werk. En hy is eenkant gesit vir ’n taak binne ’n groter raamwerk as wat hy as jong seun tot op daardie stadium beleef het. Let op hoe die eerste verse van hoofstuk 1 die spesifieke plek en tyd van Jeremia se roeping onderstreep: 1 Die woorde van Jeremia. Hy was ’n seun van Gilkija en ’n priester uit Anatot in Benjamin. 2 Die woord van die Here het tot hom gekom tydens die regering van koning Josia van Juda, seun van Amon. Dit was in die dertiende regeringsjaar van Josia. 3 Daarna het die woord van die Here tot Jeremia gekom tydens die regering van koning Jojakim van Juda, seun van Josia, en telkens tot die einde van die elfde regeringsjaar van koning Sedekia van Juda, seun van Josia. In die vyfde maand van daardie jaar is die inwoners van Jerusalem in ballingskap weggevoer. Roeping is altyd verbind aan tyd en plek. God roep ons nie om vir die hele wêreld 'n verskil te maak nie. Hy roep ons nie om alles vir almal te doen en te wees nie. Roeping het met die beperking van tyd en plek te doen. Jeremia word geroep vir 'n tyd soos daardie. Hy is ook - en dis die punt - deur God voorberei vir hierdie spesifieke roeping. Vir Gereformeerde mense is plek en tyd daarom so belangrik. Ook gemeente is geroep vir die plek waar hulle hul bevind. Daarom ontleen baie gemeentes hul naam aan hul omgewing. Ons is nie toevallig waar ons is nie. Daarom is gesinne en werkplekke, die ruimtes waar ons leef, vir Gereformeerde mense die plekke waarheen ons geroep is. God roep en stuur ons na ons gesinne, ons bure, ons omgewing, ons werkplekke. Daar is natuurlik ook mense wat - soos Abraham - weggestuur word van hulle plek af na 'n ander plek toe om God dáár te gaan dien. Sommige mense word gestuur na lande waar die evangelie nie algemeen beskikbaar is nie. Dis soos Lauren Blakemore wat 'n inisiatief in Indië in 'n kankersaal geloods het. Of Jeremia wat God se boodskap aan die ballinge in Babel oordra. Deurgaans bly roeping egter gekoppel aan 'n tyd en 'n plek. Dit is 'n beperking, maar 'n heilsame beperking. Dit beteken ons kan onsself ten volle wye aan die taak wat God vir ons gegee het.

13 Voorberei en gevorm Voorberei en gevorm
Jeremia se roeping is 'n intense gebeure, omdat dit getuig van God se betrokkenheid by sy lewe, en die wyse waarop God hom voorberei het vir sy taak. God gebruik vier werkwoorde in vers 5, naamlik: "geken," "gevorm," "gewy" en "as profeet aangestel." Die Hebreeuse woord yada (ken) is meer as intellektuele kennis. Iets van ’n persoonlike verbintenis/toewyding is in die woord teenwoordig. Op ander plekke ook dui dit op die intieme ken van ’n man en vrou. Die Hebreeuse woord vir vorm herinner aan Genesis 2 en dui op die werk van ’n pottebakker wat iets uit klei vorm. Hierdie is ook ’n intieme handeling. Die woord wy dui op die eenkant sit van iemand, om iemand heilig te maak. In Engels kan mens ook praat van "consecrate," soos dit juis as “wy” vertaal word in Afrikaans (OAV, "jou geheilig"). Die persoon word eenkant gesit vir goddelike diens. Hy word aangestel vir ’n spesifieke taak (OAV, “Ek het jou tot ’n profeet vir die nasies gemaak”). Die twee maal "voordat" (sien OAV – “Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het . . .; voordat jy uit die liggaam voortgekom het”) onderstreep die inisiatief van God.

14 ’n Oorweldigende roeping 'n Oorweldigende roeping
God se roeping voel dikwels oorweldigend, buite jou vermoë , te veel vir jou. God se groter plan met Jeremia, en die uitdagings in 'n tyd soos daardie, laat voel hom hy is nie opgewasse vir die taak nie. Die redes wat hy aanvoer is geldig. Hy is nog ’n seun, 'n tiener. Binne die Joodse tradisie was mens eers volledig volwasse op ouderdom 20. Hy het nie die woorde nie en kan ook nie goed praat nie. Hierdie verskonings geld egter nie vir God nie. Ons word herinner dat die God van die Bybel juis die God is wat anders kies as wat ons kies. Dit is juis swak mense wat Hy kies om te herinner aan die manier waarop God in die wêreld werk – deur swakkes en geringes. Só doen God dit deur die eeue. Met 'n kinderlose Abraham en Sara, met 'n Maria en Josef, skaapwagters, 'n nederige stal. Dis vandag nog so. 'n Kankersaal vir kinders in Indië kry kombersies deur die toedoen van 'n dertienjarige kankerlyer, kombersies gemaak deur vroue in die geweldgeteisterde Bosnië. Só maak God.

15 Weerloos... Weerloosheid
Die jong Jeremia was intens bewus van sy eie weerloosheid. Dit kwalifiseer hom as iemand wat deur God gebruik kan word. Weerlose mense weet hoe afhanklik hulle van God is. Daarom kan hulle draers wees van God se seën. Die kerk, en lidmate van die kerk, bestaan vandag nog uit mense wat menslik gesproke ontoereikend is en voel. Ons is bloot menslik, gekraakte en breekbare erdekruike. Ons is vol sonde en gebrokenheid. Wie kan regtig verstaan hoekom God hierdie weerlose gemeenskap in die wêreld wil gebruik? God los nie die weerloses nie. Sy geroepenes word nie verlaat nie. Dit behels nie dat Jeremia meer as sy deel swaarkry in sy lewe sal ervaar nie, eerder dat God daar sal wees en op ’n intieme manier die woorde in sy mond sal plaas. God spreek sy werklike vrees aan.

16 Antwoord en aanvaar Antwoord en aanvaar
Dus, bewus van God se hand oor en op hom, word Jeremia uitgenooi om te antwoord, te aanvaar. Hy word nie gedwing nie. Hy verstaan sekerlik dat sy lewe nooit vervuld sal wees buite om dit wat God vir hom wil hê nie. In God se ekonomie word mense volledig as mense ingeskakel. Ons word medewerkers van God gemaak. Ons word genooi om deel te word van God se werk. Ons doen dit deur gehoorsaam te kies om te doen wat God aan ons opdra.

17 Jeremia in ’n krisis Roeping plaas Jeremia in 'n krisis
Plaas mens Jeremia se roeping binne die groter gebeure van die boek, wat ons reeds iets van verwag na aanleiding van die woorde in vers 10, weet ons dat Jeremia die afbreek en opbou van Juda gaan beleef. Ons moenie te maklik oor roeping praat nie, of maklik sê dat jy geroep is nie. Roeping is nie maklik nie. Dit behels die aanvaarding dat God mag oor jou lewe het. Dat Hy jou toekoms bestuur en jou lewe gebruik. Die teenkant is vervulling. Jy weet wie jou identiteit gee. Dis deel van God se doel. Dit is nie my wil wat bepalend is nie. Hierdie roeping sou Jeremia self in die maalkolk werp. Tog handel hy, bewus van God se belofte van trou en bystand. Die uitvoer van sy roeping word die weg waarlangs Jeremia 'n betekenisvolle lewe lei.

18 Ons is almal geroepenes Ons is almal geroepenes
Dus, al praat mens te maklik, moet jy besef dat as jy werklik verstaan wie jy in Christus is, jy nie kan wegkom van jou geroepenheid nie. Die konfrontering en aanspraak wat Jeremia ervaar is deel van ons almal. Alhoewel ons nie almal geroep is tot dieselfde werk nie, het God dieselfde aanspraak op ons lewe. Dit is nie ’n speletjie nie. In ’n tyd waar my eie planne vir die toekoms en my lewe sentraal kan staan, is dit moeilik om te erken daar is Iemand wat ’n groter sê het en dat my lewe deel is van ’n groter prentjie. Hierdie dialoog tussen die jong seun, amper profeet, en God nooi ons uit om weer God se aanspraak op ons lewe ernstig te neem, maar dan met die wete dat Hy wie se hand op my is, se arms ook altyd om my is.

19 God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Toewyding Gebed
Dankoffer Slotsang Lied 524 God roep ons om met woord en daad Flam 256. Ons Is U Liggaam VONKK 73 Soos Die Vader U Gestuur Het Seën Gaan dan nou na al die nasies toe en maak die mense dissipels van Jesus Christus. Doop hulle in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Leer hulle om alles te onderhou wat hy bevel het. En onthou: Hy is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld. (Wepener, Cas Soos ‘n blom na die son draai Bybelmedia 2011 Respons Lied 533 Stuur ons, Here Flam 302. Sonder U Gees VONKK 73 Soos Die Vader U Gestuur Het Keervers

20 Volgende Erediens: Eksodus 34:29-35

21


Download ppt "Jeremia 1:4-10 PowerPoint agtergrond"

Similar presentations


Ads by Google