Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Offers t/nB;r]q;.

Similar presentations


Presentation on theme: "Offers t/nB;r]q;."— Presentation transcript:

1 Offers t/nB;r]q;

2 brq Om nader te kom

3 In ons moderne konsep is offers gelyk aan opoffer = iets wat jy afstaan vir 'n doel. Dit is nie die Bybelse konsep van offers nie - maar die oorgee van iets vir die bou van verhouding.

4 Gehoorsaamheid sonder 'n verhouding wat kom uit vergifnis, is wettiesheid en vergifnis sonder die natuurlike gevolg van gehoorsaamheid is wetteloosheid. Hulle werk saam om ons volmaak te maak na die beeld van hwhy wat in Yeshua gewys het.

5 Die offers demonstreer die belangrikheid van gehoorsaamheid
Die offers demonstreer die belangrikheid van gehoorsaamheid. Sonder gehoorsaamheid is dit ’n leë poging om Vader tevrede te stel. Ps 51:19,21 19 Die offers van God is ’n gebroke gees; ’n gebroke en stukkende binneste sal U, o God, nie verag nie! 21 dan sal U tevrede wees met die offers van onpartydige opregtheid, met brandoffers en volledige brandoffers; dan sal hulle geskenke offer op U altaar.

6 Offers vergewe nie sondes en is nie tot vergifnis nie, maar is vir die herstel van verhouding.

7 Die eerste offer is vir sonde wat onwetend gedoen word.
Die tweede offer is vir opsetlike sondes. Die derde offer is vir totale oorgawe. Die vierde offer is vir eenheid, fellowship en vrede met God. Die vyfde offer beeld transformasie uit.

8 Offers is reeds voor die Tabernakel gebring:
God namens Adam en Havah - klere te maak. Kayin en Hevel het offers gebring uit die opbrengs van die land en eersgeborenes van hul vee - Gen 4 Noag, nadat hy uit die ark uitgegaan het, het hy dadelik op 'n altaar geoffer. - Gen 8. Avraham, - Gen 22 Ya'akov - Gen 31, 35 Moshe, na 'n geveg met Amalek en aan die voet van Sina'i voor die gee van die Torah.

9 Offers is vir die mens se onthalwe - God put geen genot uit die doodmaak van diere nie en het nie ons offers nodig nie. As die mens daardeur sy ware berou toon, is die offer vir God 'n aangename reuk en aanvaarbaar. Sonder ware berou is dit net die stort van bloed. Sommige offers is net vir die gehoorsaamheid van die aanbidder, soos offers vir reiniging na geboorte ens. Dit is soos kinders wat geskenke aan ouers gee - iets wat hulle nie regtig nodig het nie en die geld kom meesal in elk geval uit die ouers se sak, maar die gee en ontvang van geskenke gaan oor Verhouding, Toewyding, Omgee en Liefde.

10 Die Offerstelsel gee vir ons ’n patroon van die verhouding wat hwhy met Yisra’el gehad het. Dit laat ons toe om die werk van die Gees van Afsondering in ons lewens vandag te sien deur die bloed-offer van Yeshua. Selfs al is daar geen geboude Tempel meer vandag nie, is die beginsel van ’n offer vir ons ’n geestelike werklikheid, want ons is die tempel.

11 Al die Levitiese offers is in Yeshua opgevang en volmaak gemaak
Al die Levitiese offers is in Yeshua opgevang en volmaak gemaak. Die eenmalige offer van Yeshua is die volmaakte plaasvervanger van al die Levietiese offers. Dit help ons om die volheid van Yeshua se offer te verstaan en wat die Gees van Afsondering vandag met ons wil doen.

12 Niemand is deel van die Verbond van God Tot redding, as hy nie deur YESHUA se offer die Verbond aanvaar het nie.

13 Offers was nie uniek aan Yisra’el nie
Offers was nie uniek aan Yisra’el nie. Alle volke nader hulle gode en aanbid deur offers. Geen Godsdienstige aksie was voltooid sonder ’n offer nie. Dit was net deur offers dat enige een tot die gode kon nader. Offers was sinoniem aan aanbidding en diens. Offers kos altyd iets – dit is nooit gratis nie.

14 Die eerste gelowiges het altyd die “Liggaam en die Bloed” herdenk wanneer hulle bymekaarkom omdat dit die offer van Yeshua weergee en herdenk.

15 Die persoon wat die dier bring besef en reflekteer dat die dier namens hom ’n plaasvervanger is. Dit beeld die erns uit om met hwhy in ’n verhouding te tree en voort te gaan. Die Levitiese offers is deur hwhy gegee. Hulle is vir Yisra’el – hule wat reeds met Hom in verbonds-verhouding is.

16 Wanneer die Yisra’eliet sondig, het hy nie nodig om ’n nuwe verbond met hwhy te sluit nie. Voorsiening is in die verbond gemaak om sonde te hanteer. Ons tree slegs EEN keer in Verbond. Die eenmalige volledige offer van Yeshua werk op dieselfde manier.

17 1 Yog 1:9 As ons ons sondes erken en laat staan, is Hy vertrouenswaardig en regverdig om ons ons sondes te vergewe en Hy sal ons van alle boosheid reinig.

18 Alle offers word eers gewas. Al die offers kry sout by
Alle offers word eers gewas. Al die offers kry sout by. Elke offer het ook sy Drank- en Graanoffer saam. Aangename aroma - Gen 8:21 - eerste genoem = Al die verwysings, insluitende by elke fees - verwys na die volkome offer van absolute oorgawe - dit is wat vir Vader ’n aangename geur is - Ook by die Wyn en graan offers. Lev 2:2, 9, 12; 6:8, 14; 23:13 en Num 15:7, 10, 13, 14; 28:24; 29:6.

19 Bloed - die lewe van die dier op die altaar is behoud van die lewe van die aanbidder - LEWE. Rook - opwaarts na Vader as aangename aroma. Priesters - Offers is nie DIY nie - het Tussenganger nodig as toegang tot God. Offer - word gesien as voedsel wat gedeel word met God in verhouding en vertroue. Ganse skepping word verteenwoordig deur nie-dierlike (sout wat in alle offers moet wees), plante (graan en drankoffer), diere (bul, ram bokke) en die mens. Sout - simbool van behoud en teken van ewige verbond (Num 18:19).

20 As daar meer as een offer gebring word, is daar ’n volgorde: Num 6: Sond- of oortredingsoffer, 2. Brandoffer, 3. Vredesoffer en Graan en wynoffer. Dit wys ook deel van die betekenis van die offersisteem. Die sonde moet eers hanteer word, dan moet die aanbidder homself ten volle oorgee en dan word die verhouding herstel.

21 1. Die Sondoffer: Hah-tah ‘om die teiken te mis’ Hahtah beeld die boogskutter uit wat skiet na die teiken met die doel om dit te tref, maar dit mis.

22 Lev 4: As iemand van die volk van die land onwetend sondig, deur enige iets te doen wat hwhy beveel het nie gedoen moet word nie en skuldig word, 28 as sy sonde wat hy gedoen het, aan hom bekend word, moet hy as sy offer ’n boklam bring, ’n ooilam sonder gebrek, vir die sonde wat hy gedoen het 29 en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en die sondoffer doodmaak op die plek van die brandoffer.

23 30 Die priester moet van haar bloed met sy vinger vat en dit aan die horings van die brandofferaltaar smeer, maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgooi; 31 al die vet moet hy verwyder, soos die vet van die vredesoffer af verwyder is en die priester moet dit op die altaar as ’n aangename geur tot hwhy in rook laat opgaan. So moet die priester dan vir hom toedekking doen en dit sal hom vergewe word.

24 Nie een van die offers wat hwhy ingestel het, behels ’n wilde dier nie
Nie een van die offers wat hwhy ingestel het, behels ’n wilde dier nie. Al die diere beeld die gewilligheid uit waarmee Yeshua Sy lewe neergelê het as die Lam van God.

25 : 29 die persoon wat die offer bring maak dit self dood - hwhy vereis dit van die sondaar. Die persoon wat die offer bring moet ’n rein verstand, wil en emosie hê en ’n begeerte om weg te draai van sy sonde. Dit is nie slegs ’n meganiese daad nie. Net God kan die binneste ken. Net omdat die prosedure gevolg is, beteken nie outomaties dat God hom vergewe het nie. Sy verstand, wil en emosie moet daarin wees. Gesindheid is deel van die prosedure.

26 Die onskuld van die dier word reflekteer in die onskuld van Yeshua, the Sondelose Lam van hwhy. Die onskudige het vir die skuldige gesterf. Hierdie offer spreek van die sonde van Yisra’el wat gelykstaande is aan DOOD. Dus moet die dier sterf want die lewe is in die bloed – maar ook van die behoefte aan ’n Plaasvervanger vir Yisra’el.

27 : 30 Die horings van die altaar simboliseer hwhy se vermoë om enige een te red wat Hom soek. Die bloed verteenwoordig ’n persoon wat verifnis ten volle begeer, wat sy lewe in die vlees sal gee daarvoor, wat in die bloed is wat uitroep tot vergifnis; smekend van hwhy om hom te red. Hierdeur verklaar hy dat sy volle wese in die uitroep is. Hulle wat net die prosedure gevolg het sonder berou, het nie waarlik die prosedure gevolg, wat ’n ware begeerte om met hwhy ’n regte verhouding te hê, insluit. hwhy sê self wat HY dink van meganiese metodes sonder berou. (Yes 1:11-17 en Amos 5:21-24)

28 Die bloed wat teen die voet van die altaar uitgegooi word, verteenwoordig die bloed van hulle wie se bloed gevloei het uit gehoorsaamheid aan God. Open 6:9 : 9 Toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die geeste van dié wat vermoor is ter wille van die boodskap van God en ter wille van die getuienis wat hulle van Yeshua gehad het '

29 Kinders van God verstaan nie dat vergifnis nie by die geboorte van Yeshua begin het nie, maar iets is wat hwhy aan Yisra’el gegee het deur offers en Sy diensknegte, die Priesterdom, met volvoering, uitvoering in Yeshua. Die diere wys heen na Yeshua, die Lam van God, as offer, reeds van voor die grondlegging van die wêreld af voorsien. Open 13:8 Die Priester wys na Yeshua ons Priester.

30 Die vet, wat op die altaar geplaas word, smelt en verteenwoordig die Gees (olie) van die Afgesonderde Een. Om vergifnis vir sonde te ontvang, moet die pesoon sterf aan self, uitgebeeld deur die dier wat sterf en God se Voorsiening aanvaar vir sonde, Yeshua, deur die Gees.

31 Yeshua as ons "sondoffer
Yeshua as ons "sondoffer." Die vertaling van 2 Kor 5:21, moet lees dat Yeshua ons sondoffer geword het - nie sonde nie want Hy wat geen sonde geken het nie, het Homself in jou plek ’n sondoffer gemaak sodat ons deur Hom, die onpartydige opregtheid van God kan word

32 2. Oortredingsoffer: Mah-ahl Die opsetlike breek van die verhouding deur sonde.

33 Lev 5 and 6 Lev 6: hwhy het met Moshe gepraat en gesê: 2 “As iemand sondig en ontrou handel teenoor hwhy deurdat hy lieg teenoor sy naaste aangaande iets wat in sy hand gesit is vir bewaring, of as ’n deposito gegee is, of geroof is, of as hy iets van sy naaste afgepers het, 3 of dat hy iets gekry het wat weg was en daaroor lieg en hy vals sweer; ten opsigte van enige van hierdie dinge wat ’n mens kan doen waardeur hy sondig, 4 sal dit wees omdat hy gesondig het en skuldig is, hy moet teruggee wat hy gesteel of deur afpersing gevat het, of wat aan hom toevertrou was vir bewaring, of verlore goed wat hy gevind het, 5 of alles waaroor hy vals gesweer het: hy moet dit ten volle vergoed en nog ’n vyfde van die waarde daarvan bysit en aan hom aan wie dit behoort teruggee, op die dag as hy sy oortredingsoffer doen. 6 Hy moet van die kleinvee, na jou skatting, as oortredingsoffer aan hwhy, ’n ram, sonder gebrek, as oortredingsdoffer na die priester bring. 7 Die priester moet vir hom toedekking doen voor hwhy en hy sal vergewe wees vir enige van die dinge wat hy gedoen het en waaraan hy skuldig is.”

34 : 2 mah-ahl(oortree), opsetlike korrupsie Letterlik beteken dit “bedrieg, mislei, lieg, roof.’ Al hierdie is vooraf bedink. Spreek van die ontrou teenoor hwhy eerste en dan teenoor die persoon.

35 : 5 die oortreder moet teruggee wat hy gevat het, plus 20% en dan kan hy regmaak met hwhy deur belydenis van sy sonde en offers. Yeshua verklaar dieselfde volgorde Mat 5: Dit geld steeds vandag – herstel eers wat gedoen is – vra dan God se vergifnis in Yeshua se Karakter en Outoriteit.

36 In Lev 5 word die volgende genoem: 1
In Lev 5 word die volgende genoem: 1. Getuie wat nie van waarheid wat hy ken getuig nie, 2. Raak aan onrein dinge. 3. Menslike onreinheid. 4. Maak ’n eed - goed of sleg - en kom dit nie na nie of vergeet. 5. Afgesonderde dinge v God en tempel verkeerd hanteer. :15 6. Mitzvot-opdragte verbreek :17 7. Korrup in deposito of sekuriteit aan jou toevertrou. 8. Korrup deur diefstal 9. Korrup in ’n verlore item wat gevind word. 10. Vals sweer.

37 :6 en :7 die ram wat gedood word het 2 funksies Die eerste gaan oor die eintlike daad van die oortreding self. Dit word toegedek deur die sondaar wat regmaak en die bloed van die offer.

38 Die tweede gaan oor die skuld van die sondaar (ah-sham), ontvang deur die doen van die misleiding. Gif word vrygestel in die wese van die oortreder wanneer die oortreding plaasvind en groei met tyd. Slegs vergifnis van hwhy kan dit neutraliseer. Die persoon word gereinig deur die bloed. Die daad is vergewe, die 3 partye se verhouding herstel (hwhy, die sondaar en die een teen wie gesondig) en die skuld is verwyder.

39 Die beginsel om na God toe te kom, met die bloed van Yeshua, ons sondes tot Hom te bely, is steeds vandag geldig. Dit geld egter slegs vir kinders van hwhy, hulle wat in ’n verbondsverhouding met Hom staan deur die bloed van Yeshua. Deur vertroue verskyn ons by die hemelse altaar met die Bloed van Yeshua.

40 In 1 Yog 1:5-2:2, verstaan ons dat beide die opsetlike en die onopsetlike sondes in Yeshua gehanteer is:

41 1 Yog 1:5 Dít is die goeie boodskap wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is Lig en daar is absoluut geen duisternis in Hom nie. 6 As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en ons loop in duisternis, dan lieg ons en is ons nie in die waarheid ingelig nie, 7 maar as ons in die lig loop soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar en die bloed van Yeshua, Sy Seun, reinig ons van al ons sondes. 8 As ons sou sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die Waarheid is nie in ons nie. 9 As ons ons sondes erken en laat staan, is Hy vertrouenswaardig en regverdig om ons ons sondes te vergewe en Hy sal ons van alle boosheid reinig. 10 As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot leuenaar en is Sy boodskap nie by ons nie.

42 1 Yog 2:1 Kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle nie moet sondig nie en as iemand sondig, is daar vir ons by die Vader die Loskoper vanuit die vloek, Yeshua, Die Gesalfde Een, die Onskuldige, 2 want Hy is die Vryspraak en Toedekking vir ons sondes en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld. 3 Hieraan weet ons dat ons Hom ken, as ons Sy opdragte uitvoer. 4 Hy wat sê: ‘Ek ken Hom’ en Sy opdragte nie uitvoer nie, is ’n leuenaar en die waarheid is nie in hom nie, 5 maar wie ook al Sy woorde voortdurend uitvoer, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword, want hieraan weet ons dat ons in Hom is: 6 hy wat sê dat hy voortdurend in Hom bly, vir hom is dit nodig om so te leef soos wat Hy geleef het.

43 Kan jy jou voorstel hoeveel jou sonde jou sal affekteer as jy elke keer as jy sondig en om vergifnis wil vra, ’n dier moet gaan slag? Hoe pynlik dit ookal klink om elke keer ’n dier te gaan offer – is dit nou so dat ons met ons sondes, Yeshua aan die kruis spyker. Dit is hoe ernstig ons sondes is, hoe ernstig God na ons toe uitreik met Sy vergifnis.

44 Belangrike beginsels Alles vervat in Yeshua se finale offer
Belangrike beginsels Alles vervat in Yeshua se finale offer Yes 53:10, Mat 20:28, 2 Kor 5:21 Moet met die persoon regmaak. Mat 5:23,24 Leiers en Priesters stel die voorbeeld deur groter offers. 1 Tim 3:1-7; 5:19-20 Deel van die voorsiening vir voltydse aangesteldes. Fil 4:18, 1 Kor 9:13-14, 1 Tim 5:17-18

45 3. Brandoffer: Olah Die daaglikse volkome oorgawe en herstel van die verhouding.

46 Niks van hierdie offer word geëet nie – alles word verbrand – absolute totale oorgawe = Rom 12:1 My broers, daarom smeek ek julle, deur die guns van God dat julle jul liggame beskikbaar stel as lewende, afgesonderde en aanvaarbare offers vir God; dit is julle logiese dienswerk Vanaf 11:23 – Om Yisra’el te red deur volkome oorgawe van ander nasies.

47 Dit is die mees algemene offer en die een wat twee maal per dag, Eks 29:38-43 oggend en aand, namens die volk in die tempel gebring word, asook op Nuwe Maan, Spesiale feesdae en Shabbat, (Num 28-29; 2 Kon 16:15; 2 Kron 2:4; 31:3; Ezra 3:3-6). Na die geboorte van ’n kind, (Lev 12:6-8), vir afskeidings wat onrein is, (Lev 15:14-15) of bloeding, (Lev 15:29-30) of as ’n persoon wat ’n Natzireër belofte gemaak het onrein word, (Num 6:10-11) saam met ’n sondoffer.

48 Die priester neem die bloed en sprinkel dit op die 4 hoeke van die altaar en in die Afgesonderde Plek. 2 Sam 24:18-25 Offer net wat jou eie is want dit kos iets. Dit is tot Vader ’n aangename geur as die persoon ten volle oorgee.

49 Belangrike beginsels Oorgawe – Ps 51:16-17, Mat 26:39, Rom 12:1 Toewyding – Fil 2:17, 2 Tim 4:6-7 Vrywillige offer

50 4. Die Vredesoffer: Lev 3 zebagh sh'lamim; well-being - shared - fellowship of Dankoffer - Todah ’n Offer om dank te bring aan God vir Sy oorvloedige guns waardeur ons shalom het. Verwant aan die woord vir shalom of volledigheid.

51 ’n Verteenwoordigende porsie word geoffer, ’n gedeelte gaan na die priester (bors en regter boud (Lev 7:28-36)) en die res word deur die aanbidder en sy familie geëet as feesviering, (Lev 7:11-21). Verskeie soorte brood word saam geoffer en deur die priester gehou. Hierdie sluit Dankoffers (Todah), Vrywillige offers en offers nadat ’n gelofte nagekom is, in. Dit is ook dikwels saam met ander offers gebring.

52 Yog 16:33 "Hierdie dinge het Ek vir julle gesê sodat julle ín My vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid kan hê. In die wêreld sal julle lyding hê, maar wees versterk, Ek het die wêreld oorwin.” Ons het deel aan die offer deur volle vertroue in Sy voltooide aksies in ons lewe - ons leef in Sy volle vrede, want Hy het dit reeds gegee.

53 Belangrike beginsels God se vrede – Hand 10:36, Kol 1:20, Ef 2:14 God se fees – Luk 14:15-24, 1 Kor 11:16-27, Y’hu 1:12, Open 3:20

54 5. Maaltyd- en Drankoffers
5. Maaltyd- en Drankoffers. Lev 2 minghah (geskenk) en nesekh (uitgestort) ’n Offer om dank te bring aan God vir Sy oorvloedige guns waardeur ons shalom het. Verwant aan die woord vir shalom of volledigheid.

55 Die enigste offers wat nie bloed vereis het nie
Die enigste offers wat nie bloed vereis het nie. ’n Offer van die opbrengs van die land, verwerk met fyn meel en olie met wierook afsonderlik opgesit en soms verwerk in ongesuurde brode met sout (Lev 2:13) (verbond). ’n Gedeelte word voor God gewaai en dan geoffer (drie hande vol) saam met die wierook en die res gaan na die Priester. Daar is ook offers van onverdunde wyn. Tot erkenning van God se voorsiening en seën in die oes.

56 Die waaioffer is ’n voorstelling van al die graan wat geoes is, dat dit aan Vader behoort en dat die een wat dit bring dit van Vader af ontvang het. Die offer is aan God wat dan gee vir sy behoefte. Vs 11 - Geen suurdeeg (sonde wat opblaas) en Heuning.

57 Yes 53:10 is ’n voorstelling van Yeshua as ons graanoffer.
10 maar dit het hwhy behaag om Hom te vergruis, Hom te laat ly; Hy het Homself as ’n Oortredingsoffer gemaak sodat ewigheid dit sal sien; Hy sal Sy dae verleng en die goeie wil van hwhy sal deur Sy hand voorspoedig wees.

58 Die vergruising van die graan was Sy dood.
Die olie daarop uitgegooi, is die Gees. Die wierook is Sy lewe van gebed en eenheid met Vader. Die openbare waai van die offer was vanaf Sy vernederende blootstelling aan die kruis, maar Sy uitroep daardeur tot redding van almal het aanvaarding by die Vader ontvang - ook vir ons. Hy is die brood (ongesuurd) van lewe. Yog 6: Net soos die graan fyn gemaal moet word, so moet ons, nadat ons deur die ander 4 offers is, ons lewe gee vir Hom sodat ander kan sien.

59 Die Drank- en wynoffer is die ander helfte van hierdie offer, Eks 29:40.
Dit is ongeveer 750 ml en net soos die graan, word die druiwe vergruis. Die wyn is in die Tabernakel langs die altaar uitgegooi en later, met die tempel, in pype wat in die vallei afgeloop het.

60 Luk 22 en 1 Kor 11: Die hele offer word deur die instelling van die Liefdesmaal as verlenging van die Pesagmaal uitgebeeld in Yeshua: Sy liggaam en Sy bloed in die ongesuurde brood en wyn.

61 Belangrike beginsels Gee - Mat 26:6-10, 2 Kor 9:7-11 Lofprysing - Ps 100, Hebr 13: Dankbaarheid – Ps 147, Fil 4:6

62 Die Profete se ernstige waarskuwings:
Die Profete het hard gepraat oor die mense se houding oor die offers. Alles het oor die uiterlike gegaan en hulle het die VERTROUE, BELYDENIS EN TOEWYDING vergeet en gedink die daad en aksie van offer alleen bring vergifnis.

63 Die Profete het geen begeerte gehad om die Offers sleg te praat of af te skaf nie. Hulle het slegs deurgegee wat God dink van offers wat nie op Vader se metode met Vader se gesindheid gebring word nie. Die offers moet slegs ’n uiterlike weergawe wees van die hart en gebrokenheid van die aanbidder.

64 Yes 1:10-17 10 Hoor die woord van hwhy, heersers van S’dom
Yes 1: Hoor die woord van hwhy, heersers van S’dom! Luister na die instruksies van ons God, mense van `Amorra! 11 ‘Wat is julle vermenigvuldigde slagoffers vir My?’ sê hwhy. ‘Ek het genoeg gehad van die brandoffers van ramme en die vet van gevoerde kalwers; Ek het geen plesier in die bloed van bulle, lammers of bokke nie. 12 As julle kom om voor My Teenwoordigheid te verskyn, wie vereis dit van julle, hierdie vertrapping van My voorhowe? 13 Moenie langer julle waardelose offergawes bring nie; wierook is ’n gruwel vir My. Nuwemaan en Shabbat, die uitroep van byeenkomste; Ek kan nie oortredinge saam met die ernstige byeenkomste verdra nie!

65 14 Ek haat julle Nuwemaanfeeste en julle aangestelde feestye; hulle het vir My ’n las geword; Ek is moeg om dit te dra. 15 Wanneer julle jul hande uitsprei, sal Ek My oë vir julle toemaak; ja, selfs al vermenigvuldig julle gebede, Ek sal nie luister nie. Julle hande is oortrek met bloed. 16 Was julleself, maak julleself skoon; verwyder die boosheid van julle dade uit My sig. Hou op om boos te doen, 17 leer om goed te doen; soek regverdige oordeel, bestraf die gewetenlose, verdedig die weeskinders, verdedig die saak van die weduwee.

66 Amos 5:21-24 “Ek haat, Ek verwerp julle feeste en het ook geen vreugde in julle ernstige byeenkomste nie. 22 Selfs al offer julle vir My brandoffers en julle graanoffers, Ek sal hulle nie aanvaar nie en Ek sal nie eers kyk na die vredesoffer van julle vetgemaakte diere nie. 23 Verwyder van My die geraas van jou liedere; Ek sal nie eens luister na die klank van jou harpe nie, 24 maar laat die regverdige oordeel afrol soos water en onpartydige opregtheid soos ’n ewig vloeiende stroom.

67 Mik 6:4-12 Inderdaad, Ek het jou uit die land van Mitzrayim gebring en jou uit die huis van slawerny losgekoop en Ek het Moshe, Aharon en Miryam voor jou uitgestuur. 5 My volk, onthou nou wat Balak, koning van Mo’av beplan het en wat Bil’am, die seun van B’or, hom geantwoord het, vanaf Sheetim tot by Gilgal sodat jy die onpartydige en opregte dade van hwhy kan ken.” 6 Waarmee sal ek na hwhy toe kom en my neerbuig voor die God daar bo? Sal ek na Hom toe kom met brandoffers, met kalwers in hul eerste jaar? 7 Skep hwhy behae in duisende ramme en tien duisende strome van olie? Sal ek my eersgeborene gee vir my rebelse dade, die vrug van my liggaam vir die sonde van my lewe?

68 8 O mens, Hy het aan jou verklaar wat goed is en wat vra hwhy anders van jou as om regverdig te oordeel, goedheid lief te hê en nederig saam met jou God te loop? 9 Die stem van hwhy sal tot die stad roep en dit is suiwer wysheid om U Naam (Karakter en Outoriteit) respekvol te vrees: “Hoor en gee ag, o stam, Hy wat teen jou getuig. 10 Is daar steeds ’n man in die bose huis, met skatte van boosheid en ’n kort maatstaf van misleiding? 11 Kan Ek bose weegskale regverdig en ’n sak vol bedrieglike gewigte? 12 Die rykes in die stad is vol geweld, haar inwoners praat leuens en hulle tonge is misleidend in hulle monde.

69 Yir 7: Die woord wat van hwhy af tot Yirmeyahu gekom het: 2 “Staan in die poort van die huis van hwhy en verkondig hierdie boodskap en sê: ‘Hoor, luister en doen die boodskap van hwhy, die hele huis van Y’hudah, wat deur hierdie poorte ingaan om hwhy te aanbid!’” 3 So sê hwhy-Tzva’ot, die God van Yisra’el: “Verander julle lewenswyse en julle dade en Ek sal julle in hierdie plek laat bly. 4 Moenie vertrou op misleidende woorde wat sê: ‘Hierdie is hwhy se tempel, hwhy se tempel, hwhy se tempel,’ nie,

70 5 want as julle waarlik jul lewenswyse en julle dade verander, as julle waarlik regverdige oordeel toepas tussen ’n man en sy naaste, 6 die vreemdeling, wees en weduwee nie onderdruk nie en geen onskuldige bloed in hierdie plek vergiet of agter ander gode aanloop tot julle eie vernietiging nie, 7 dan sal Ek julle laat bly in hierdie plek, in die land wat Ek aan julle vaders gegee het, vir ewig en ewig. 8 Let op, julle vertrou op misleidende woorde wat nie baat nie. 9 Sal julle steel, moor, owerspel pleeg, vals sweer, tot Ba’al offer en agter ander gode aan loop, wat julle nie geken het nie

71 10 en dan kom staan voor My Teenwoordigheid in hierdie huis, wat na My Naam (Karakter en Outoriteit) genoem word en sê: ‘Bevry ons?’ Tog doen julle al hierdie gruwels. 11 Het hierdie huis, wat volgens My Naam (Karakter en Outoriteit) genoem is, ’n grot van rowers in julle oë geword? Let op, Ek, Ek het dit gesien,” verklaar hwhy. 16 Wat jou betref, bid nie vir hierdie volk nie en lig geen uitroep of gebed op vir hulle nie en moenie by My intree nie, want Ek hoor jou nie

72 18 Die seuns maak hout bymekaar, die vaders steek die vuur aan en die vroue knie deeg om koeke te maak vir die koningin van die hemel en gooi vir ander gode drankoffers uit om My uit te lok tot woede. 22 want Ek het nie met julle vaders, op die dag dat Ek hulle uit die land van Mitzrayim uitgelei het, gepraat of bevel gegee in verband met brandoffers of offers nie,23 maar dít is wat Ek hulle beveel en gesê het: ‘Gehoorsaam My stem en Ek sal julle God wees en julle sal My volk wees en julle moet loop in al die lewenswyses wat Ek julle beveel sodat dit met julle goed kan gaan.’

73 Mal 1:7-14 Julle bring onrein kos op My altaar, maar julle vra: ‘Waardeur het ons U onteer?’ Deurdat julle sê: ‘Die tafel van hwhy is veragtelik.’ 8 Wanneer julle egter die blinde as offer aanbied, is dit nie boos nie? Wanneer julle die kreupele of sieke aanbied, is dit nie boos nie! Hoekom dit nie aan julle goewerneur offer nie! Sal hy gelukkig wees met julle of julle goedgesind ontvang?” vra hwhy-Tzva’ot.

74 9 “Sal julle egter nie nou God se guns afsmeek dat Hy goedgunstig tot ons kan wees nie? Met so ’n offer van julle kant af, sal Hy enige van julle goedgesind wees?” vra hwhy-Tzva’ot. 10 “Ag, was daar maar iemand onder julle wat die deure wou sluit sodat julle nie tevergeefs vuur op My altaar kan aansteek nie! Ek is nie tevrede met julle nie,” sê hwhy-Tzva’ot “en Ek sal ook nie ’n offer uit julle hand aanvaar nie,

75 11 want van die opkoms van die son tot by sy ondergaan, sal My Naam groot wees onder die nasies en in elke plek sal wierook en ’n rein graanoffer tot eer van My Naam (Karakter en Outoriteit) geoffer word, want My Naam (Karakter en Outoriteit) sal groot wees onder die nasies,” sê hwhy-Tzva’ot.

76 12 “Julle verontreinig dit egter deurdat julle sê: ‘Die tafel van hwhy is onteer en wat sy opbrengs betref, sy kos is veragtelik.’

77 13 Julle sê ook: ‘Ag, hoe vermoeiend is dit
13 Julle sê ook: ‘Ag, hoe vermoeiend is dit!’ Julle snuif veragtend daarvoor,” sê hwhy-Tzva’ot “en julle bring wat deur diefstal gevat is en die kreupele en sieke; so bring julle die offer! Moet Ek dit uit julle hand ontvang?” sê hwhy. 14 Vervloek is die bedrieër wat ’n manlike dier in sy trop het en dit belowe, maar ’n verminkte dier aan hwhy offer, want Ek is ’n groot Koning,” sê hwhy-Tzva’ot “en My Naam (Karakter en Outoriteit) word gevrees onder die nasies.”


Download ppt "Offers t/nB;r]q;."

Similar presentations


Ads by Google