Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
1
Jesaja 6:1-13
2
Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God
3
Wys hulle sjampoe, seep en waslap
Wys hulle sjampoe, seep en waslap. Vra vir hulle waarvoor ’n mens dit gebruik? Dit word gebruik om ons skoon te maak. ’n Mens voel altyd beter nadat jy gebad het. Daar is sekere dinge wat ons doen – sonde – wat ons aan die binnekant vuil maak. Wat kan ons doen om ons skoon te maak aan die binnekant? Vertel hulle die storie van Jesaja wat tempel toe is en vir God gesê het dat hy vuil voel. Vertel hoe ’n engel sy lippe aangeraak het met ’n kooltjie vuur en hoe dit sy skuld verwyder het ( Jes. 6:7). Vra hulle of ons vandag nog kole gebruik om mense aan die binnekant skoon te maak? Nee, ons kan skoon kom deur ons sondes te bely. Die Here sal ons ons sonde vergewe. Hy verwyder die ‘vlekke’ in ons lewe, beter as wat seep en sjampoe en ’n waslap vlekke van ons af verwyder...
4
Besing die heiligheid van God (daar is soveel wat jy kan sing), maar hier is ’n paar voorstelle van FLAM: F8 Al die lof, aanbidding en ere Oorspronklike titel: Be unto Your Name Teks en Musiek: Lynn de Shazo & Gary Sadler Afrikaanse vertaling: Jan de Wet © 1998 Integrity’s Hosanna Music (Opgeneem op Worship Him van Jan de Wet) Ons is ’n oomblik; U is vir altyd – God van die eeue, God voor die tyd. Ons is ’n asem; U is vir ewig – U wat ons liefhet, altyd getrou. Refrein: Heilig, heilig, Heer God, Almagtig. Waardig is die Lam wat regeer. Al die lof, aanbidding en ere Kom U toe, o Heer Ons is gebroke; U die Geneser – Jesus, Verlosser, Redder en Vriend. Ons vra die vrae, U is die Antwoord. Ons die verdwaaldes, U is die Weg.
6
F18 Ek kyk op Musiek: Annalise Wiid Teks: Annalise Wiid en Jacques Louw © Annie’s song 1. Ek kyk op, op, op, op hoër as die berge En ek sien my God, waar Hy sit op sy troon. Ek buig laag, laag, laag, laag, laer in aanbidding, En saam met die engele daar rondom sy troon, Sing ek: “Heilig, heilig, heilig is die Here. Heilig, heilig, heilig is die Heer.” 2. Ek kyk ver, ver, ver, ver, tot in aller-ewigheid en ek sien my God sit nog steeds op sy troon, want Hy heers, heers, heers, heers, ewig oor sy skepping, in die nuwe hemel sing ons saam om sy troon: “Abba, Vader, Skepper van die heelal, ons aanbid U, U is heilig, Heer! Jesus Christus, Lam van God, Verlosser, Gees van Waarheid, Trooster en ons Leidsman ons aanbid U, U is heilig, Heer!”
8
Omdat U groot is en heilig, o Heer, buig ek my neer, buig ek my neer
Omdat U groot is en heilig, o Heer, buig ek my neer, buig ek my neer. Omdat U groot is en heilig, o Heer, buig ek my neer. F110 Omdat U groot is (’n Kinderlied – opgeneem op Lofliedere vir Jesus – 100 gunstelinge) Teks en Musiek: Jan de Wet © 2003 MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Lofliedere vir Jesus – 100 Gunstelinge) Omdat U groot is en heilig, o Heer, buig ek my neer, buig ek my neer. buig ek my neer. Omdat U wys en verstandig is, Heer,
9
Omdat U wys en verstandig is, Heer, buig ek my neer, buig ek my neer
Omdat U wys en verstandig is, Heer, buig ek my neer, buig ek my neer. Omdat U wys en verstandig is, Heer, buig ek my neer.
10
Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
11
Stil sal wees voor U - sodat ek U mag hoor.
God, gee dat ek Stil sal wees voor U - sodat ek U mag hoor. Tot rus sal kom in U – sodat U in my kan werk. Oop sal wees vir U - sodat U mag inkom. Leeg voor U sal wees - sodat U my kan vul. Laat ek bedaar sodat ek kan erken dat U my God is. .. Amen. God, gee dat ek Stil sal wees voor U - sodat ek U mag hoor. Tot rus sal kom in U – sodat U in my kan werk. Oop sal wees vir U - sodat U mag inkom. Leeg voor U sal wees - sodat U my kan vul. Laat ek bedaar sodat ek kan erken dat U my God is. Amen.
12
Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord ’n Demonstrasie: Vir die tieners. Vra of daar nie ’n tiener is wat vir jou die stuk uit Jesaja 6 wil kom lees nie. Hopelik is daar niemand wat wil nie, want dan word die punt gemaak dat dit teen ons aard is om onsself aan te meld vir diens. (Indien daar wel ’n tiener is wat wil lees, het jy darem die voordeel dat meer as een generasie kans kry om iets te doen in die erediens) Die boek Jesaja speel af oor 250 jaar en omvat drie van Juda se moeilikste tye, te wete: vóór die Assiriese ballingskap, daartydens en daarna. Anders gestel, dis ’n ietwat langer storie as Tolstoy se War and Peace. Jesaja is nie ’n geskiedenis van Israel óf die outobiografie van die profeet nie, maar ’n verslag van God se verhouding met die volk in dié swaar tye. Die perikoop ter sprake handel oor die roeping van Jesaja as profeet. Die roeping kom in moeilike tye. Dis die sterfjaar van Ussia (iewers tussen 748 en 735 v.C.) wat ’n baie gerespekteerde koning was en wat in ’n tyd van ongekende voorspoed regeer het (2 Kon 15:1–7; 2 Kron 26:1–23). Troonverwisselings was uiters gespanne tye en het dikwels tot ’n nuwe tydvak gelei. Dit is ook wat nou gebeur; daar heers nou egter ’n ander klimaat onder God se volk – voortaan sal dinge moeiliker wees as in die verlede. Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
13
Die roeping van Jesaja Die roeping van Jesaja
In Jesaja se roepingsvisioen is hy in die tempel in God se teenwoordigheid. Hy sien vir God op ’n baie hoë troon sit met sy soom wat die tempel vul (vers 1). Dit is duidelik dat God groter is as die tempel. Hy word omring deur serafs, wie se taak dit was om Hom te dien (in die Hebreeus staan hulle wat die tipiese posisie was van diensknegte, terwyl Hy sit) en wat Sy grootheid besing met die woorde: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige”. Die serafs roep verder uit dat die grote God ook op die aarde werksaam is – trouens die hele aarde is vol van Sy magtige teenwoordigheid. Letterlik sê hulle dat God se gewig soos 'n kleed oor die aarde lê. Die woord wat hier in Hebreeus gebruik word, beteken “gewig” of dan spesifiek “dít wat gewig dra of wat tel” en word dikwels met “Majesteit” of “heerlikheid” vertaal. Met ander woorde: God kan nie geïgnoreer word nie – Hy rus op die hele aarde en op elke persoon - en Hy is te swaar om af te gooi. Vra maar vir diegene wat dit al probeer het! Terloops die serafs kom net hier in die OT voor en niemand weet lekker wat om met hulle te maak nie. Is hulle byvoorbeeld vlieënde slange of wesens wat aan die brand is (“bliksemgedaanten” in die Nederlands - seraf se stam beteken “brand”)? Ek hou van die Nederlandse titel vir die perikoop “Jesaja en de Slangewezens” – klink amper soos ’n Harry Potter boek. Wat wel duidelik is, is dat serafs tuis sal wees in ’n gemeente se jeugband want as hulle roep, rammel die deure van die tempel in hulle kosyne. Dis egter alles vir Jesaja te veel. Hy besef dat hy onrein is en daarom in die teenwoordigheid van die grote God behoort te sterf. Daarom roep hy uit “dit is klaar met my”! (vers 5-7). Hy word egter nie veroordeel nie, maar gereinig deur ’n seraf met ’n gloeiende kool. Die gloeiende kool is simbolies van die reinigende en vergewende krag van God. Sy sonde word versoen en sy oortredinge vergewe. So is hy reg om deur God gebruik te word. Dis dan dat Jesaja ’n werksaanbod kry om as boodskapper vir God op te tree (vers 8). God soek ’n gewillige ambassadeur. Jesaja aanvaar die roeping. Hy is die enigste volunteer in die ganse profetekorps. Al die ander – bv. Moses, Jeremia, Gideon en Esegiël - was teensinnig opgeroep vir diensplig in God se koninkryk. Eers na sy antwoord besef Jesaja hoe moeilik sy werk as profeet gaan wees – hy moes die totale ondergang van die volk gaan verkondig. Hulle land sou ’n puinhoop word danksy die oordeel van God (vers 11). Alles sou tot niet gaan. Hy sou lynreg teenoor die heersende koning standpunt moes inneem. En net om sy werk nóg ’n bietjie moeiliker te maak, sou God sorg dat die spul niks verstaan of glo van Jesaja se woorde nie (vers 9-10)! Letterlik gaan hulle harte vet word en hulle ore swaar. Wie se hart vet is, kan nie reageer op God se Woord nie. Jesaja kan maar weet hulle gaan hulle nie bekeer nie! Sy werk as profeet is eerder om hulle dazed and confused[1] te laat (vers 9-10). Teologies is dit sekerlik die problematiese deel van die perikoop. Kan God dit doen? Mense verblind en laat stol in hulle sonde? Ja, vra vir Farao (Eks 9:12 ev.). Hier is die boodskap van Jesaja dus reeds deel van God se oordeel en nie deel van 'n uitnodiging tot bekering nie. Terloops, Jesus haal die verse in Mark 4:10-12[2] aan om die doel van gelykenisse te verduidelik! Daar kom dus ’n tyd dat jy nie meer God se aanbod om bekering kan aanvaar nie. Die roepingsverhaal maak dit duidelik dat Jesaja se oënskynlike mislukking as profeet, en God s’n as beskermer van Israel in die lig van die Assiriërs se oorwinning, deel van God se plan was. Laasgenoemde was maar net instrumente in God se hand. [1] ’n Welbekende homiletiese genre in die Ned. Geref. Kerk vandag [2] Toe hulle alleen was, het die mense wat saam met die twaalf by Hom was, Hom oor die gelykenisse uitgevra, 11en Hy het vir hulle gesê: “Aan julle is die insig in die geheim van die koninkryk van God gegee; maar vir dié wat daarbuite is, bly alles net by gelykenisse, 12sodat hulle kyk en kyk en tog nie sien nie, en hoor en hoor en tog nie verstaan nie, dat hulle hulle nie miskien bekeer en vergewe word nie.” c
14
Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons
15
Wat is die heel moeilikste opdrag wat jy al ooit van die Here gekry het?
Om oor na te dink: Wat is die heel moeilikste opdrag wat jy al ooit van die Here gekry het?
16
Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor
17
Fliek: Simon Birch “I am doomed to remember a boy with a wrecked voice, not because of his voice or because he was the smallest person I ever met … He is the reason I believe in God. What faith I have, I owe to Simon Birch... It’s Simon who made me a believer!” so begin die briljante fliek, Simon Birch! Simon is ’n twaalfjarige dwergie seun wat in ’n klein New England dorpie grootword. Ten spyte van sy probleme, bly Simon ’n hooptimis! Hy is ’n getroue vriend en is veral beskermend teenoor kleiner kinders. Hy glo God het ’n plan met sy lewe en Hy gaan hom vir iets groots gebruik! Selfs sy beste vriend, Joe, glo nie altyd vir hom nie. Simon: But things will be different when God makes me a hero! Joe: You shouldn’t talk about this hero stuff, Simon. Simon: Why not? It’s true! Joe: You have no proof! Simon: I don’t need proof. I have faith! God‘s got a plan for me! Joe, sy beste vriend, is ’n goedgemanierde en geliefde kind, maar ook ’n verworpene - die “town bastard”. Sy ma het hom buite die huwelik gehad en sy weier om te vertel wie sy pa is. Simon help en bemoedig hom om sy pa op te spoor. Sonder om die einde weg te gee, is Simon reg. God maak van hom ’n “hero” wanneer hy kinders uit ’n sinkende bus in ’n yskoue rivier red. Jy kan dit oorweeg om die einde in die bus te wys, waar die kinders na Simon luister...
18
Luister weer na God se Woord
Terwyl die teks weer gelees word, kan iemand gevra word om ’n “mimiek” interpretasie daarvan te maak- begin by Jesaja se verwondering en “awe”, na sy besef van sy sondigheid, sy vergifnis en uitstuur. Dit kan ’n kragtige ervaring wees. Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes
19
Waggel jy of vlieg jy? Soren Kierkegaard, die 19de eeuse Christen filosoof het ’n storie vertel van ’n dorpie waar net ’n klomp eende gebly het. Elke Sondag het die eende uit hulle huise gewaggel na die kerkdiens. Daar het die eende predikant ingestap en die eende Bybel oopgemaak! Hy het dan daaruit gelees: “Eende! God het jou vlerke gegee! Met vlerke kan eende vlieg soos arende. Niks kan jou terughou nie! Julle het vlerke. God het julle vlerke gegee en julle kan vlieg soos voëls.” Al die eende het uitgeroep “AMEN!”… en na die diens het hulle terug gewaggel huis toe! Niks het verander nie... Te dikwels waggel gelowiges by eredienste uit soos hulle dit binne gewaggel het - onveranderd! Miskien is dit omdat ons skepsels van gewoonte is. Week na week, sit lidmate op dieselfde plek, luister na preke wat hulle glo vir iemand anders bedoel is... Maar soms gebeur daar iets... onbepland, onbeheerbaar... te midde van ’n erediens gebeur daar iets... iemand se oë word geopen vir God se grootheid... nuwe ‘commitment’ word gebore – ’n behoefte om nie verder te “waggel” nie. Iemand herken sy lewens storie as die Bybel gelees word en ’n nuwe gelowige word gebore. Iemand snap vir die eerste keer hoe God se vergewend liefde werk en nuwe hoop word gebore. ’n Mens kan wonder hoekom sekere goed gebeur met sekere mense en nie met ander nie. Maar ervaring het geleer dat sulke ervarings nie verduidelik kan word nie, net beskrywe of vertel kan word!
20
“Ek het nog geen ervaring van God gehad nie
“Ek het nog geen ervaring van God gehad nie. Maar ek hou aan om te gaan, want dit is vir my duidelik dat die mense wat by die kerk is God ervaar, en ek hoop dat ek ook eendag sal…” In die TV-reeks Murphy Brown, vra Murphy in een episode haar personeel uit oor hulle gedagtes en gevoelens teenoor God. Die een karakter, Jim, se reaksie bly by my. Hy het verduidelik dat hy ’n Presbiteriaan is en dat hy elke Sondag saam met sy vrou kerk toe gaan. Hy het toe die volgende gesê: “I haven't had any experience of God. I go because it is obvious to me that the people who attend are experiencing God, and I am hoping that one day I will too.” (“Ek het nog geen ervaring van God gehad nie. Maar ek hou aan om te gaan, want dit is vir my duidelik dat die mense wat by die kerk is, God ervaar en ek hoop dat ek ook eendag sal.”) Dis presies wat Jesaja ervaar tydens die jaarlikse viering van aanbidding: hy word geroep as profeet! Dis ’n God-oomblik! Vir Jesaja het dié God-oomblik gebeur toe sy menslike “inadequacy” (ontoereikendheid) en God se genade mekaar ontmoet. Heilige oomblikke gebeur wanneer daar ook al ’n dankbare respons op God se roeping is. Let op dat die vraag die vraag ‘Wie sal Ek stuur? En wie sal Ons boodskapper wees?’ nie nie aan Jesaja gerig was nie, maar aan die serafs! Jesaja het die vraag gehoor en dadelik nader gewaggel. Dis tyd vir waag... wat het hierdie “van waggel na waag’ veroorsaak? Dankbaarheid vir God se genade, vir God se vergifnis van sy sonde.
21
Tony Campolo vertel hierdie storie van Nancy wat dankbaar gereageer het op God se genade in haar lewe (vertaal asb. self): “Although Nancy has a handicapping condition and is confined to a wheelchair, she has an extraordinary ministry. Every week, in the personals section of her local newspaper, she runs an ad that reads, "If you are lonely or have a problem, call me. I am in a wheelchair and I seldom get out. We can share our problems with each other. I'd love to talk." She spends much of her day on the telephone talking with the more than 30 lonely and discouraged people who call each week. When I asked how she came to be confined to a wheelchair, Nancy revealed that she had tried to commit suicide by jumping from the balcony of her apartment. Instead of dying, however, she ended up in a hospital room paralyzed from the waist down. One night in the hospital, she said, Jesus came to her and very clearly said, "You have had a healthy body and a crippled soul. From this day on you will have a crippled body, but you will have a healthy soul." She said, "I gave my life to Jesus that night in that hospital room, and I knew that if I kept a healthy soul, it would mean that I would have to help other people. And so I do." Niemand wat so deur God aangeraak is, kan stilbly nie. Al reaksie is: “Hier is ek, stuur vir my!” Sulke oomblikke is God-oomblikke, in sulke oomblikke gebeur ‘worship’!
22
Toe Everest die eerste keer gewen is, was daar ten minste een Christen en een Boeddhis daar! Toe hulle vir Hilary, die Christen, vra hoe het dit gevoel om op die piek van Mount Everest te staan, was sy antwoord: “Damn good!” Maar Tensing, sy Nepalese, boeddhistiese gids, het geantwoord: “I thought of God and of the greatness of his work. I have a feeling of making worship more close to Buddha god, not same feeling like English sahibs who say they want to conquer mountain. I feel like I make pilgrimage.” Een het gewaggel soos ’n eend, die ander het gevlieg... (Die foto is van Hilary en Tensing bo-op Everest)
23
3 dinge wat ons motiveer om God se opdragte uit te voer:
Die Gesag van God Die beloning Die gemeente ’n Alternatiewe demonstrasie: Roep kinders vorentoe om iets vir jou te doen waarvan jy weet hulle nie sal hou nie, iets wat jy weet hulle nie uit hul eie voor sal volunteer nie, (bv. om ’n dansie saam met musiek voor die hele gemeente te doen). As niemand kom nie, stap na twee kinders en vra hulle persoonlik om jou te kom help. Wanneer jy twee het, wys ’n groot beloning (’n groot blok sjokolade werk altyd) vir die volgende twee wat kans sien om jou te kom help. Wanneer daar vier is, vra of daar nie dalk nog twee is wat sal kom help nie. Sê vir hulle jy het nie meer belonings oor nie, maar jy vra baie mooi. Hoop maar dat nog twee sal kom sodat jy ses in totaal het. As daar 6 voor staan, verduidelik die drie redes wat ons motiveer om God se opdragte uit te voer: Die Gesag van God ons Vader – ons doen iets omdat Hy dit persoonlik van ons vra/vereis Die beloning – daar wag vir ons ’n beloning in die hemel en dit laat ons die opdragte wat aan ons gegee is, doen (Hebr. 12:2) Die groot groep – ons kom makliker vorentoe as daar alreeds ’n paar ander ook daar is. Dis waarom ons aan ’n gemeente behoort (Hebr. 12:1)
24
Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig
25
Net ’n stomp sal oorbly Daar is hoop – soos met ’n akkerboom of ’n terpentynboom wat afgekap word, sal ’n stomp oorbly. En met so ’n stomp, ’n oorblyfsel (vgl 1:27; 4:2–6) gaan God ’n nuwe begin maak. Al is hulle minder as 10% van die volk (vers 13). God gee dus altyd hoop. Hoop Jy kan dit oorweeg om die laaste toneel uit die fliek A walk in the clouds te wys, net nadat die wingerd afgebrand het, waar die hoofkarakter, (gespeel deur Keanu Reeves) ’n stukkie van die wingerd gaan haal wat nog lewe – ’n brandende stomp wat oorgebly het. Hoop vir ’n nuwe begin.
26
Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
27
Wys vir die kinders ’n kaart van die wêreld
Wys vir die kinders ’n kaart van die wêreld. Vra vir hulle om van die lande in die wêreld te noem. Vra of hulle Suid Afrika op die kaart kan wys. Of selfs waar hulle bly. Vra vir hulle of hulle weet wat ’n sendeling is? Verduidelik vir hulle dat ’n sendeling iemand is wat deur God gestuur word. Vertel vir hulle dat almal van ons deur God gestuur word. God stuur vir hulle na hulle huise, buurt en skole om God se liefde vir mense te deel.
28
In die fliek Cinderella Man wat handel oor die boks kampioen James Braddock en wat afspeel in die 1930’s tydens die groot depressie, is daar ’n klassieke snit van werkers wat by tralies saamdrom in die hoop om werk te kry. Almal, jong, sterk mans, skreeu en stamp mekaar uit die pad in die hoop dat hulle gekies sal word vir die dag se werk. By ons werk dit net die teenoorgestelde, as my seuns in die huis agterkom dat ek een van hulle soek om vir my iets te doen, dan is almal weg of verskriklik besig. Maar dit gebeur ook dat ons dink God moet iets doen (aan armoede, aan die geweld) terwyl ons self nie bereid is om iets daaraan te doen nie. Anders as Jesaja wil ons nie die aandag op ons vestig deur te sê: “Hier is ek. Stuur/kies my! nie”.
29
God wil jou mond ook vandag aanraak
Jy wil nie eintlik stukkies steenkool of “charcoal” onder die mense uitdeel nie - dis te vuil, maar jy kan klein swart klippies by een van hierdie tuin plekke koop en vir elke lidmaat een gee as herinnering dat hulle vergewe is om te dien en dat God hulle stuur. Jy kan met ’n oomblik afeindig waar almal hulle lippe aanraak met die swart klippie...
30
Luister-produkte Ontmoetings Coenie Burger Bestel by: 0860 BMEDIA
Uitsonderlike Bybelstudie-pakket oor die wil en plan van God met elke gelowige Leierspakket: R150.40 Handboek Deelnemersgids Dubbel-DVD Deelnemerspakket: R139.72 8 x Deelnemersgidse Bestel by: 0860 BMEDIA
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com Inc.
All rights reserved.